VANOGGEND SE EREDIENS DR WILHELM BURGER (LUK 6:6-11) WAARSKUWING: KERKMENSE KAN BITTER GEVAARLIK WEES! Die ellende met grense wat mense trek om hulself te beskerm, is dat dit mure word wat ons versmoor. Die Bybel is vol voorbeelde daar- van en die kerk se geskiedenis vertel hartseer verhale van uitsluiting. Mense kan ook in die kerk versmoor as die vars lug van genade afgesluit word deur skanse om die kwaad buite te hou. So word godsdiens vermorend. So word die reël belangriker as die mens, die vrees groter as die liefde en die hart uit die evangelie geruk. Jesus het op elke moontlike geleentheid die godsdiens van sy tyd hieroor uitgedaag. Ons sien dit gebeur in Luk. 6:6-11. Kunstenaars het deur die geskiedenis ook teen die soort onreg reageer. Sulke kunstenaars bring aan ons klein loergaatjies op die Onsienlike. As ons maar net waag om dit raak te sien... Ons almal saam in diens van JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles H ARTKLOP TEKS VIR SON 9 JUL DS MICHIEL DE KOCK 2 KOR. 4:6 – 2 KOR. 5:10 Ons dink na oor ons eie broosheid. Wie kan sê dat die winterkoue hom/haar nie raak nie. Wie kan sê dat die brande by Knysna jou nie tog bang ge- maak het nie? Wie kan sê dat siekte jou geensins raak nie? Ons raak almal bewus van ons eie broosheid. Die van ons wat begin ouer word nog soveel meer. So word jonk en oud in ons gemeenskap geraak deur ons eie en ons geliefdes se broosheid. Lees asb. die skrifgedeelte en dink na oor die troos wat ons Vader ons daarin gee. Onderstreep die bemoediging wat jy kry wan- neer jy dit lees en let op die VERNUWINGSPROSES waarmee God besig is te midde van ons eie broosheid. Deel dit met jou geliefdes. Kom gerus volgende Sondag want daar is nog HOOP wat die Gees ons gaan gee. Michiel GEEN AANDDIENS 2 JULIE 2017 HARTLIK WELKOM! Daar is groot name binne die parlement en mamparas buite (aldus die Sunday Times) wat ons beroof van ‘n positiewe en selfs blymoedige karakter. Maar daar is tog ook „n ander Sunday, die bekende hell, fire and brimstone evangelis met die paslike naam van Billy Sunday. Billy Sunday het die skares gemaan teen lange gesigte, want ‟n lang gesig is „n mosie van wantroue in God. En dan vertel hy graag die volgende.: „Lag weer. Satan kan nie lag nie, maar God kan. God hou van humor. Dink só daaraan – God het die aap gemaak, én die papegaai én die donkie .... én sommige van hulle‟ (vrylik oorvertel.) Die swaar teologiese boeke teken vir ons soms „n somber prentjie van „n God wat humorloos en dood-ernstig is. Die digter van Psalm 104 skets vir ons „n ander God. Die digter vertel vir ons van God wat die leviatan gemaak het om mee te speel. (Waarskynlik ‘n groot en onbekende seedier vergelykbaar met ‘n walvis?). Die psalmdigter vertel eers hoe hard God werk en hoe Hy die skepping onderhou. God sorg vir die wolke, die winde, die weerlig, die fonteine, die wilde diere, die voëls, die reën, vir die wyn om mense se harte mee bly te maak, olie vir die dames om hul gesigte mee te versorg, kos om aan die mense nuwe krag te gee, ensomeer. En in vers 26 vertel die digter weer van God se groot en uitbundige leviatan waarmee Hy speel (soos „n man met sy hond?) Die psalmdigter wil vir ons sê God sorg vir ons, ten spyte van diegene wat ons beroof van „n positiewe en selfs blymoedige karakter. En God mak selfs tyd vir speel! Dit is Julie-maand. Kan jy nie ook „n plan maak om „n bietjie weg te breek en iewers te gaan ontspan, saam lag en speel nie? Ja? Dan bid ons vir julle almal op die paaie. Mag julle reis voorspoedig wees. Mag dit goed gaan. Mag die Here met u saam gaan. Mag u ook kan speel en lag. Nee? Dan is julle vanoggend weer welkom en so ook in die week. Ons is hier! Wees LIG! DEURKOLLEKTE VANOGGEND Spes Koll. Omgeefonds (finansiële hulp aan gemeen- telede) Baie dankie!
8
Embed
JESUS CHRISTUS HARTKLOP LIG! 2 JULIE 2017 · bemoediging wat jy kry wan-neer jy dit lees en let op die VERNUWINGSPROSES waarmee God besig is te midde van ons eie broosheid. Deel dit
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Transcript
VANOGGEND SE EREDIENS DR WILHELM BURGER (LUK 6:6-11)
WAARSKUWING: KERKMENSE KAN BITTER
GEVAARLIK WEES!
Die ellende met grense wat mense trek om
hulself te beskerm, is dat dit mure word wat
ons versmoor. Die Bybel is vol voorbeelde daar-
van en die kerk se geskiedenis vertel hartseer verhale van uitsluiting. Mense kan
ook in die kerk versmoor as die vars lug van genade afgesluit word deur skanse
om die kwaad buite te hou.
So word godsdiens vermorend. So word die reël belangriker as die mens, die vrees groter as die liefde en die hart uit
die evangelie geruk. Jesus het op elke moontlike geleentheid die godsdiens van sy tyd hieroor uitgedaag. Ons sien dit
gebeur in Luk. 6:6-11.
Kunstenaars het deur die geskiedenis ook teen die soort onreg reageer. Sulke kunstenaars bring aan ons klein
loergaatjies op die Onsienlike. As ons maar net waag om dit raak te sien...
Ons almal saam in diens van
JESUS CHRISTUS
oral, altyd en in alles
HARTKLOP TEKS VIR SON 9 JUL DS MICHIEL DE KOCK
2 KOR. 4:6 – 2 KOR. 5:10
Ons dink na oor ons eie
broosheid. Wie kan sê dat die
winterkoue hom/haar nie raak
nie. Wie kan sê dat die brande
by Knysna jou nie tog bang ge-
maak het nie? Wie kan sê dat
siekte jou geensins raak nie?
Ons raak almal bewus van ons
eie broosheid. Die van ons wat
begin ouer word nog soveel
meer. So word jonk en oud in
ons gemeenskap geraak deur
ons eie en ons geliefdes se
broosheid. Lees asb. die
skrifgedeelte en dink na oor
die troos wat ons Vader ons
daarin gee. Onderstreep die
bemoediging wat jy kry wan-
neer jy dit lees en let op die
VERNUWINGSPROSES
waarmee God besig is te midde
van ons eie broosheid. Deel dit
met jou geliefdes. Kom gerus
volgende Sondag want daar is
nog HOOP wat die Gees ons
gaan gee. Michiel
GEEN AANDDIENS
2 JULIE 2017
HARTLIK WELKOM! Daar is groot name binne die parlement en mamparas buite (aldus die Sunday Times) wat ons beroof van ‘n positiewe en selfs blymoedige karakter. Maar daar is
tog ook „n ander Sunday, die bekende hell, fire and brimstone evangelis met die
paslike naam van Billy Sunday. Billy Sunday het die skares gemaan teen lange
gesigte, want ‟n lang gesig is „n mosie van wantroue in God. En dan vertel hy graag
die volgende.:
„Lag weer. Satan kan nie lag nie, maar God kan. God hou van humor. Dink só
daaraan – God het die aap gemaak, én die papegaai én die donkie .... én
sommige van hulle‟ (vrylik oorvertel.)
Die swaar teologiese boeke teken vir ons soms „n somber prentjie van „n God wat
humorloos en dood-ernstig is. Die digter van Psalm 104 skets vir ons „n ander God.
Die digter vertel vir ons van God wat die leviatan gemaak het om mee te speel.
(Waarskynlik ‘n groot en onbekende seedier vergelykbaar met ‘n walvis?).
Die psalmdigter vertel eers hoe hard God werk en hoe Hy die skepping onderhou.
God sorg vir die wolke, die winde, die weerlig, die fonteine, die wilde diere, die
voëls, die reën, vir die wyn om mense se harte mee bly te maak, olie vir die dames
om hul gesigte mee te versorg, kos om aan die mense nuwe krag te gee, ensomeer.
En in vers 26 vertel die digter weer van God se groot en uitbundige leviatan
waarmee Hy speel (soos „n man met sy hond?)
Die psalmdigter wil vir ons sê God sorg vir ons, ten spyte van diegene wat ons
beroof van „n positiewe en selfs blymoedige karakter. En God mak selfs tyd vir
speel!
Dit is Julie-maand. Kan jy nie ook „n plan maak om „n bietjie weg te breek en iewers
te gaan ontspan, saam lag en speel nie?
Ja? Dan bid ons vir julle almal op die paaie. Mag julle reis voorspoedig wees.
Mag dit goed gaan. Mag die Here met u saam gaan. Mag u ook kan speel en lag.
Nee? Dan is julle vanoggend weer welkom en so ook in die week. Ons is hier!
Wees
LIG!
DEURKOLLEKTE VANOGGEND
Spes Koll. Omgeefonds
(finansiële hulp aan gemeen-
telede) Baie dankie!
DINSDAG 4 JUNIE SOPKOMBUIS
11:00 - 12:00 ONDERSTEUNINGSGROEP (DIENSSENTRUM): Ons nooi almal wat aan MNS, MS, spierdistrofie, Parkinsons, Alzheimer en alle vorme van Demensie ly en hulle familielede na 'n ondersteuningsgroep in die sitkamer van die Dienssen-trum gehou sal word. Dit is nie maklik om hierdie siektes en hulle simptome te hanteer nie. 'n Mens het nodig om daaroor te praat! Kom na die Dienssentrum en kom gesels saam of sit net agteroor en luister na die res van die groep en kry weer motivering!
WOENSDAG 5 JUNIE 24EEN GEBEDSWAG - BID GERUS SAAM BY U HUIS
VRYDAG 7 JUNIE 09:30 - 11:30 KOLWYNTJIE TEETUIN
SONDAG 9 JULIE 08:30 GEBEDSKAMER: Ons bid saam vir die erediens, die Leraar aan diens en die gemeente. Kom bid asb saam! WYKE DIENSBEURTE Teebeurt (Maalruimte) (Wyk 8 A & B)
09:00 EREDIENS Ds Michiel de Kock gaan voor. Welkom! ** Geen Rooitrein, Bybelgroepe of Teentrix agv Vakansie.
18:00 GEEN AANDDIENS
WAARNA KAN ONS UITSIEN? TRANS WÊRELD RADIO ONTBYT 15 JULIE 2017 @ 09:00 BY DIE NG KERK HERMANUS TWR wil graag meer inligting deurgee oor wat hulle tans mee besig is in Suid-Afrika en nooi u na ‘n ontbyt om die oggend met hulle te geniet en saam te gesels oor sending. Toegang is gratis. Bespreek asb net u plek vooraf by Connie Jordaan (021) 856 4836 / 082 512 0554 / [email protected]
BYBELSKOOL 2017 Geen agv Skoolvakansie. Navrae: Clifford Heys by 028 316 4895. Skool heropen weer 26/27 Julie 2017.
ONTHOU! HUIS LETTIE THERON BASAAR
SATERDAG 29 JULIE 2017 OM 09H00, IN DIE
GROBBELAARSAAL, HERMANUS
Ons benodig donasies vanaf kontant, gebak soos
koeke, beskuit, koekies, brood en nageregte tot wit-
olifant-items (skakel en ons sal kom afhaal) asook
leë 2L roomysbakke. Alle donasies welkom. Plaas op
basaarlyste in sirkulasie of lewer af by die tehuis
voor die basaar. Baie dankie vir u ondersteuning!
AANDAG ALLE BYBELSTUDIEGROEPE
In die Mediateek is daar „n leêr beskikbaar
met verskillende boeke / studiemateriaal /
kleingroep toerusting vir u bybelstudiegroep.
Kom kyk gerus en kies „n 6 weke reeks uit wat u as
groep saam kan geniet. Welkom!
STAPGROEP
Die winterkoue en vroeg uit die
vere het die dapperes die
berge aangepak met Lisa en
die 2 poedels vooraan wat die
tempo aangegee het. Die vol-
gende stap is die 8ste Julie
om 8uur die oggend. Ons kom
by Fernkloof se ingang
bymekaar. Baie dankie aan
Sandri vir al die reëlings!
Navrae: 082 907 4060
PINKSTERREEKS DVD‟S
Het u DVD‟s van die Pinkster deur Stephan Joubert
bestel? Dit is nou Beskikbaar by die kerkkantoor.
Welkom!
GEBED VIR NOOD EN SIEKTE Vader, daar ruis langs die wolke ʼn lieflike Naam, wat hemel en aarde verenig. Geen
naam is so dierbaar en soet vir ons, dit balsem die wonde en heel alle smart. Die Naam is ons Heiland, Jesus Christus. U koms was om alles reg te kom maak op hierdie aarde. Uit liefde vir sondaars het U hier gesterf en lewe by ons God deur U soendood. Dankie Jesus vir U liefde.
WEEK 3 - 9 JUL
MAANDAG 3 JULIE
Here, seën die sendelinge, ver van hulle vriende en familie. Ons bid vir hulle wat ook
in ons land sending werk doen en vir die wat ver uit hulle vaderland werk. Ons dra hulle families op aan U. Behoed en bewaar elke sendeling. Hou U hand oor hulle gesondheid Vader en hou hulle veilig. Dit bid ons alleen uit genade en liefde vir hulle.
DINSDAG 4 JULIE
Here, leer ons hoe om te bid, waar ons op U wag. Here, maak ons harte stil, gee ons
kalmte en laat ons U nabyheid voel. Maak ons U wil bekend, versterk ons swak geloof en laat ons u stem hoor. Neem intrek in ons hart, in elke skuilhoek, en Here laat U Heilige Gees daar woon. Ons bid dit in Jesus se Naam en leer ons om elke dag steeds in U heilige Naam te leef en te bid.
WOENSDAG 5 JULIE
Dierbare Vader, ons bid vir elke persoon wat siek is in hospitale, ouetehuise en by
huise. Here, ons bid vir genesing, ons bid vir vrede en rustigheid in hulle harte. Bly by hulle, Here, waar daar nie genesing plaasvind nie. Hulle wat na U Hemel-huis toe gaan, bid ons vir familie en vriende om saam te jubel oor hulle lewensjare wat verby is en vir die tyd wat hulle kon saamwoon.
DONDERDAG 6 JULIE
GEBED
GEBEDSVERSOEKE Annette McMillan
072 903 9189
NOODKETTING
Sheila du Toit 082 895 9479
CHEMO / BESTRALING / BEHANDELING
Nonnie Blignaut, Piet Haumann, Elize Hardy,
Amanda Symington, Marietjie Pietersen,
Sumien Warwick, Jakes Jacobs se kleinseun,
Hoepie Howell, Willie Slabbert, Mariska Wage-
naar, Chantelle Theron, Krappies Carstens,
Ineke McClaghlan
AANSTERK NA OPERASIES / SIEKTES:
Jean Burger, Sarika Uys, Lorna de Villiers,
Titia Ballot, Johan van Schalkwyk,
Ananda Burger, Johan Acker
Sakkie & Joyce du Toit
Mev van Schoor Verswak
Jannie vd Westhuizen Hartklep
Boma vd Westhuizen Geval
Madelief Koekemoer Siek
Estelle Snyman Geval
Antoinette Wiggens Scleroderma
Hanlie Chambers – wag op Lewer oorplanting
(Hanlie is Ina & Rassie Erasmus se dogter)
GEBED VIR SENDELINGE: Johan & Rita
Bloemhof (Frankryk), Rahul & Lorette Jaguasi
(Indië), Christo & Deleste Wooding (Transkei),
Niehan & Carmen Koekemoer (Mosambiek),
CAVA (Zimbabwe), Chookie Naude, Lubabalo
Gecwa & Brine Nofotyo (Plaaslik)
Liewe Jesus, daar is bemindes in die hemel, ons mis hulle. Ons gebede is dat ons saam
met hulle die wonderlike erfenis met hulle sal deel wanneer dit ons tyd is om te gaan. Ons bid vir U genade, U liefde en U barmhartigheid. Jesus, U het vir ons plek gaan voorberei, en daarvoor is ons ewig dankbaar. Wees saam met ons elke dag, help ons om op die regte pad te bly en om ander net so lief te he soos U vir ons is.
VRYDAG 7 JULIE
NUUS UIT FRANKRYK: Die laaste paar jaar het God die deur begin oopskuif om die
Evangelie orals op die eiland te versprei. “Elkeen behoort te weet wie Jesus is” is die woorde
op verskeie kerkleiers se lippe. Die Hoofstad Ajaccio is met behulp van Suid-Afrikaners reeds
gedoen. Ook „n groot deel van die Weskus het die Goeie Nuus gekry. In hierdie maand word uitgereik met „n klompie
Suid-Afrikaners na die 2e groot stad BASTIA. Vir donkiejare al probeer ʼn predikant ʼn gemeente daar begin.
Miskien breek God se tyd van Genade in ons tyd aan soos met NOYON, Johannes Calvyn se geboortedorp.
Jesus het gesê : “Julle sal julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees
in Jerusalem… en tot in die uithoeke van die wêreld.” (Sluit Korsika in).
Asseblief kom saam in gebed, glo en vertrou God vir die redding van „n klomp gesinne en vir die kerkplanting. Glo
saam dat die saad honderdvoudig sal vrug dra.
Baie dankie vir die gemeente se GROOT aandeel aan die Franse Sending. Mag die Here julle ryklik seën. Saam in
diens van God en Sy Koninkryk. Ds Johan en Rita BLOEMHOF
LOFPRYSING EN AANBIDDING Prys die Heer met blye galme, o my siel, daar ryke stof! „k Sal, solank ek leef, my
psalme vrolik toewy aan sy lof en Hom, wat sy guns my bied, altyd groot maak in my
lied.
SONDE-EN SKULDBELYDENIS Jesus, Verlosser, ek sit by U voete en vra dat u die stof van my sal afwas. Maak my
nou bewus van enigiets wat tussen ons staan en verwyder dit asb Jesus, sodat die
kanaal tussen ons oop is. Dankie Heilige Gees vir U influistering.
BID DIE SKRIF (DIE WARE WINGERDSTOK - JOHANNES 15: 5 - 8) MAAK HIERDIE JOU EIE
Vers 5: Ek is die wingerdstok, julle die lote. Wie in My bly en Ek in hom, dra baie vrugte, want sonder My kan julle
niks doen nie.
Vers 6: As iemand nie in My bly nie, word hy weggegooi soos ʼn loot en hy verdroog. Die mense maak sulke lote
bymekaar en gooi dit in die vuur, en dit verbrand.
Vers 7: As julle in My bly en my woorde in julle, vra dan nie net wat julle wil hê, en julle sal dit kry.
Vers 8: My Vader word juis daardeur verheerlik dat julle baie vrugte dra en my dissipels is.
WAG OP DIE HERE Ons sit nou net stil in die teenwoordigheid van ons Vader en luister na HOM, na SY stem.
VOORBIDDING Ons bid om in Christus te lewe, dit beteken om te glo en te bely dat Jesus die Seun van God is. Help ons Here om
nie skaam te wees waar ons moet praat nie, maar dat die Heilige Gees ons sal vul met krag en moed.
Ons gebede is om Jesus as Verlosser en Here te ken. Ons bid vir elke persoon vir wie dit nog nie waar is nie.
Om te doen wat God aan ons opdra en om in die geloof te volhard. Here hou ons getrou aan ons stiltetyd met U.
Ons bid vir die skoolvakansie, vir ons kinders, onderwysers en ouers dat hulle sal uitrus en dat hulle ʼn geseënde
vakansie gaan geniet. Ons bid ook vir alle vakansieprogramme vir die jeug wat aangebied word in die dorp.
Ons bid vir ons Kerke, Leraars, Gemeente en almal wie betrokke is by die kerke. Ons bid vir hul beskerming, vir
die uitdra van die evangelie aan almal wat nog nie gehoor het nie. Ons bid vir die inspraak van die Heilige Gees.
Ons dank U dat U groot en goed is en ons nie na verdienste straf nie. Neem u seën nie van ons weg nie.
Ons vra dit in die Naam van u Seun wat ons vrygekoop het met Sy bloed. Amen
DANKSEGGING EN SANG (BELOFTE VAN ONS GOD EN VADER - GESANG 46)
Ons kom loof U, onse Vader, omdat ons u kinders is; ons mag U in Christus nader, wat by U ons voorspraak is. Ons, in
sonde eens gebonde en bedorwe van natuur, neem Hom aan, deur U gestuur; is deur Hom aan U verbonde – niemand
kan ons van U skei, by U mag ons altyd bly.
OORDENKING, MEDITASIE EN LUISTER
Raak weer stil in God se teenwoordigheid, en luister na SY stem.
Luister na opdragte, woorde, dade waarvan HY jou bewusmaak.
Tyd om in te neem.
LOFPRYSING
Jesus, dankie dat U die wingerdstok is en dat ons lote vas ingeplant
is in U. Ons gee vandag vir U al die lof en eer en dank as die ware
wingerdstok! Amen!
EEN GEBEDSWAG 5 JUL 2017 Onrusgemeente bid saam met die VGK Gemeentes van Hawston, Zwelihle en Mount Pleasant. Bid asb saam met ons! Vir enige navrae, kontak Annette op 072 903 9189.
VOORBIDDING VIR DIE CALITZDORP UITREIK
15 - 21 JULIE 2017
Die voorbereiding vir Calitzdorp het alreeds begin, maar geen pro-
gram kan suksesvol afgehandel word indien die fondasie nie in plek
is nie. Ons wil U graag vra om vir die span te bid (as „n groep indi-
widue, maar dan ook as „n eenheid). Dit is elke uitreiker se verant-
woordelikheid om self geestelik voor te berei en tyd saam met Je-
sus te spandeer voor hierdie uitreik, sodat almal met „n diensbare
hart op die bus kan klim Saterdag, 15 Julie. Die span bestaan uit
die hele gemeente – maar slegs „n paar verteenwoordigers kan hierdie keer die Calitzdorp gemeenskap gaan besoek.
Daardie mense is Almarie, Ariska, Bernadine, Bianca Kloppers, Cornel, Curwin, Deon, Gia, Inge, Lismari, Marlize,
Marnus, Micheala, Ds Michiel, Milia, Nadja, Nellis, Oom Jannie, Tania, Tayla, Yzane en myself. Al is dit nie moontlik
vir die hele gemeente om te gaan nie, wil ons U graag aanmoedig om hierdie reistog saam met ons aan te pak deur
middel van voorbidding!
ONS BID VIR:
* Meer Jesus/minder ons. * „n Dienskneg ingesteldheid. * Teen die aanslae van die duiwel.
* Ontvanklike harte in Calitzdorp. * Beskerming op die pad.
Ons sien baie uit na die uitreik – ons kan nie wag om te sien wat God besig om in
Calitzdorp te doen nie.
Baie dankie vir U gebede, Ds Anton
KONINKRYKSTYD - WAT BETEKEN DIT VIR MY?
Koninkrykstyd breek net na Pinksterfees aan en strek tot net voor Adventstyd. In hierdie seisoen word God se
koninklike heerskappy en handelinge in elke faset van ons lewe en in die wereld op baie maniere en met verskeie
geleenthede gevier.
Met Epifanie-, Paas- en Pinksterfees en die seisoene wat daarmee saamval, is ons herinner aan alles wat God ons
skenk en het ons dit gevier. Gedurende Koninkrykstyd sit ons hierdie vierings voort en bely ons dat God nie net
Koning is van die wat in Hom glo nie, maar oor die ganse mensdom en skepping regeer. God is nie net in die kerk by
ons betrokke nie, maar Hy is elke dag in ons alledaagse lewe betrokke. God bemagtig en betrek elkeen van ons
individueel en gesamentlik as gemeentes en kerk om sy koninkryk in die wêreld sigbaar en tasbaar te maak. Die
koninkryk omvat ons leefwêreld.
Alhoewel géén leerstelling God volledig kan verklaar of verduidelik nie, help die beskouing oor die Drie-eenheid ons
in ons denke oor en belewenisse van God en die goddelike. Omdat God meer is as óf Vader óf Seun óf Gees, help
Drie-eenheidsondag ons om holisties en sistemies oor God te dink. Die viering wil ons veral daaraan herinner dat
alles oor God nie in Jesus en die Gees klaar gesê is nie. Dit kan maklik gebeur dat ons só op Jesus fokus, dat die
Bybel verskraal en hanteer word asof dit net met ons verlossing te make het en verder niks vir ons te sê het nie.
Dit kan ook gebeur dat daar só op die Gees gefokus word, dat ons heeltemal individualisties en “geestelik” raak en
óns verstaan van die Bybel verhef tot die enigste ware vertolking daarvan. In die viering van die Drie-eenheid
erken ons dat God groter is as ons denke, belewing en woorde en kan ons verwonderd raak oor God.
Ons dink weer kreatief oor Christus en Christenwees in „n wereld waarin amper alles verander en plooibaar en
relatief is. Ons is Christene en glo dat Jesus, wat Messias en Christus genome is, uit die dood opgestaan het en in
ons léwe. In en deur Christus het God se koninkryk aangebreek. Hy is ons Koning. Hy bou sy koninkryk en betrek
ons aktief daarby, nie as sy slawe of loonwerkers nie, maar as sy kinders. Alle werk in die koninkryk is dienswerk.
Ons dien God, mekaar en ander mense. Dit doen ons nie om eendag, wanneer ons sterf, God se koninkryk te beërwe
nie, maar omdat ons nou reeds daarin leef.
SIMBOLE EN KLEURE IN KONINKRYKSTYD
Die liturgiese kleur gedurende Koninkrykstyd is groen en skake-
rings van groen kan deurgaans gebruik word. Dit dui op die groei wat
plaasvind in hierdie seisoen. Bekende simbole is „n boot met „n kruis
daarin („n teken dat ons “gestuur” is om die evangelie te verkondig en
te leef) „n oop Bybel (wat dui op ons eie persoonlike groei), ‟n hart
(wat dui op hierdie tydperk van omgee en dien).
10h00 - 12h00 HAARKAPPER: Kontak Ester 081 453 8130. KLERE VERSTEL deur Rita Ferreira (Rita is met verlof vir 3 weke). Lekker rus Rita!
KLINIEK 10h00 – 12h00: Kontak vir sr. Calitz by 073 152 5623 (Maandag - Vrydag: 08h00 - 13h00) en maak 'n afspraak. Indien u 'n versorger (iemand om na u of u geliefde of u moeder en vader om te sien/ of iemand wat u kan help met hantering van u en u huishouding) benodig kontak asb vir sr. Calitz. 10H00 KOM WEES KREATIEF: Kom wys vir ons watter tipe handewerk jy kan doen. Kom leer ons en ons is gereed om saam te leer. Ons hou daarvan om met ons hande te werk en kreatief te wees. Ons groep hou daarvan om nuwe dinge/kuns/handwerk aan te leer. Almal is baie welkom.
11H00 ONDERSTEUNINGSGROEP (SITKAMER) Ons nooi almal wat aan MNS, MS, spierdistrofie, Parkin-
sons, Alzheimer en alle vorme van Demensie ly en hulle familielede na hierdie groep.
TRIMGIM WOENSDAGMIDDAG IN DIE ONSTEATER OM 15h00: Trimgim deur Mathilda Roos (bio-kinetikus). Trimgimfooie is R45pm vir lede (R60pm vir nie-lede) Kontak no: 082 339 1085.
VOETE- EN HANDE VERSORGING Voete- en hande versorging in die Dienssentrum vanaf 8h00. Kontak vir Marilyn by 082 532 6931 en maak 'n afspraak. Ons voete en ons hande is baie belangrik - Marilyn versorg dit baie mooi en goed.
10H00 SPELETJIESOGGEND: Kom speel speletjies soos rummikub saam met ander mense. Daar is 'n hele reeks speletjies beskikbaar. Kom sit agteroor met 'n koppie tee/koffie en speel saam.
ONRUSRIVIER DIENSSENTRUM
Deur die
genade van God
DIENSSENTRUMNOMMER
028 316 1745
KONTAK VIR JOAN
OF HANNIE
(09H30 – 12H30)
MAANDAG 3 JULIE (DIENSENTRUM GESLUIT)
DINSDAG 4 JULIE
WOENSDAG 5 JULIE
DONDERDAG 6 JULIE
DIENSSENTRUM ALGEMENE INLIGTING
JAARGELD: Onthou om u jaargeld te betaal. R400 vir 'n enkelpersoon en
R600 vir 'n egpaar.
OPLEIDING ALZHEIMER EN DEMENSIE: Ons wil graag 'n behoefte-
bepaling doen vir wie belangstel in opleiding hoe om 'n persoon met Alzheimer en Demensie te hanteer. Indien dit 'n familielid/eggenoot/huishulp is - ons wil probeer om u te help. Kontak asseblief vir Joan/Hannie by 028 316 1745 of vir Erika by 079 322 0998 (los SMS) of epos u naam en van vir my by [email protected]. Dit is belangrik dat ons die getalle kry sodat ons die nodige opleiding kan reël.
DIE KOLWYNTJIE TEETUIN IS OP SOEK NA 'N KOÖRDINEERDER. Marie en Joep Korf wil graag uittree en soek
iemand om in hulle plek beheer van die teetuin oor te neem. Die Kolwyntjie Teetuin is die belangrikste bron van inkomste vir die dienssentrum. Ons soek iemand met 'n liefde vir mense, 'n gasvryheidshart en iemand wat kan organiseer. Marie en Joep het al die inligting hoe om so iets te organiseer en sal met die grootste liefde al die vrae beantwoord. Indien u belangstel om die Teetuin oor te neem kontak asseblief vir Marie/Joep by 083 457 1896 of Erika by 028 316 3115 of Hannie/Joan by 028 316 1745.
KOLWYNTJIE TEETUIN
VRYDAG 7 JULIE
09:30 - 11:30
Kom verdryf die koue met 'n
warm beker filterkoffie en 'n soet of sout
te ete vir net R30.
Kontak Marie by 083 457 1896 as jy
belangstel om die teetuin oor te neem.
Dis 'n pragtige geleentheid om mense te
leer ken en tot diens vir HOM te wees.
SIEN JULLE ALMAL VRYDAG!
TROETELDIERSKOU BY DIENSSENTRUM
DINSDAG 11 JULIE @ 10H00
Inskrywingsfooi - gee ons net 'n donasie. Ons gaan kyk na die
vriendelikste, die mooiste, die vierbeen wat die meeste na sy/haar
Groot dank en waardering vir ons Hartklop borg van die maand (‘n besigheid in ons
dorp wat verkies om nie genoem te word nie, maar dit net uit dankbaarheid te
doen). Ons eer God vir julle gehoorsaam-heid en liefde en bid Vader se seën oor jul
besigheid en gesinne.
KOSPAKKIES 17 JULIE DV Konfyt, sopmengsels, tamatiesous
en tandepasta sal BAIE WAARDEER word! Maar BAIE DANKIE
vir al die ruim skenkings wat in die KOSPAKKIE-KRATTE geplaas
word. WAARDEER! wees ARE YOU COLD, HUNGRY AND HOMELESS? If you are reading this then probably not but thousands of dogs and cats are. You can help these animals in distress by donating a meal or a blan-ket to our welfare drive for BARC. We have collection boxes for BARC at our Vetshops in Hermanus and Onrus. Please support this outreach effort. Every donation warms the body and soul of an animal in need.
CALITZDORP UITREIK (15 - 21 JULIE)
Calitzdorp raak gedurende
die wintermaande ysig koud
en ons vra dat die
gemeente serpe en
"beanies" brei vir die
die kinders van die
Gemeenskap wat ons kan
saamvat op die uitrek. BAIE DANKIE!
Navrae: Ds Anton.
BROOD VIR DIE
SOPKOMBUIS
Ons het dringend hulp
nodig by die sopkombuis
asb. Ons verskaffers
van brood is redelik uitgeput en ons het asb u hulp
nodig. Ons sal dit baie waardeer indien u brood
(snye of rolletjies) kan bring na die kerk (enige dag
is welkom, ons het vrieskaste) Hierdie sop en brood
gaan uit na kinders en bejaardes in ons gemeenskap