Top Banner
Nuusbrief van die Vriende van Afrikaans Jaargang 22 | Nommer 6 | Maart 2018 In ’n neutedop: 2018 sover Januarie Die onderwysers en leerders van R.R. Franks Laerskool in Eersterivier is baie opgewonde oor die boektrommel wat hulle ontvang. Die boektrommel is moontlik gemaak deur ‘n skenking van die Bergheim Trust. LEES BINNE Die storie van die tog Richtersveld toe Beter Afrikaans
6

Januarie - ATKV...Maart 2018 Bladsy 4 Laerskool Stephan Malherbe op Eksteenfontein is ʼn multigraadskool met 61 leerders en drie onderwy-sers. Die grade 1-, 2- en 3-juffrou neem met

Dec 31, 2019

Download

Documents

dariahiddleston
Welcome message from author
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Transcript
Page 1: Januarie - ATKV...Maart 2018 Bladsy 4 Laerskool Stephan Malherbe op Eksteenfontein is ʼn multigraadskool met 61 leerders en drie onderwy-sers. Die grade 1-, 2- en 3-juffrou neem met

Nuusbrief van die Vriende van Afrikaans

Jaargang 22 | Nommer 6 | Maart 2018

In ’n neutedop: 2018 soverJanuarie

Die onderwysers en leerders van R.R. Franks Laerskool in Eersterivier is baie opgewonde oor die boektrommel wat hulle ontvang. Die boektrommel is moontlik gemaak deur ‘n skenking van die Bergheim Trust.

LEES BINNE

Die storie van die togRichtersveld toe

Beter Afrikaans

Page 2: Januarie - ATKV...Maart 2018 Bladsy 4 Laerskool Stephan Malherbe op Eksteenfontein is ʼn multigraadskool met 61 leerders en drie onderwy-sers. Die grade 1-, 2- en 3-juffrou neem met

Februarie

Bladsy 2Maart 2018

Akkerboompie Kleuterskool en Boempie Pre-Primêr in Centurion het elk ‘n boek-trommel in Februarie ontvang.

Van Wyksvlei Primêr het ‘n boektrommel ontvang. Chareldine lees vir die kinders ‘n storie en praat met hulle oor hoe om met boeke te werk.

Page 3: Januarie - ATKV...Maart 2018 Bladsy 4 Laerskool Stephan Malherbe op Eksteenfontein is ʼn multigraadskool met 61 leerders en drie onderwy-sers. Die grade 1-, 2- en 3-juffrou neem met

Op Sondagoggend 18 Februarie ver-trek ons douvoordag uit Stellenbosch met ʼn volgepakte Isuzu: 14 boek-trommels, padkos en ʼn kamera. En water, natuurlik.

Ons ry heerlik en is reeds 14:30 in McDougallbaai. Die pragtige ou ge-restoureerde huisie voor op die see met ʼn lewende troetelperd op die grasperkie, steel dadelik ons harte. Ons gaan slaap vroeg uit afwagting vir die rit die volgende dag, die on-bekende in.

Ons eerste afspraak is met mnr. Kaptein in Sanddrif by die Laerskool Dryfsand. Eers leer die grondpad ons ʼn les – ʼn pap band. Gelukkig is my metgesel bedrewe met dié soort dinge.

Dis ʼn klein skooltjie met feitlik geen boeke nie. Ons trommel is nie naas-teby genoeg nie, en die behoefte aan leesondersteuningsopleiding kom

sterk deur. En gedurig drup daar mense uit die dorpie in om fotostate by die skool te kom maak.

Kuboes is ons volgende stop. Kuboes is ‘n afgeleë dorpie in die Richtersveld en was ‘n eertydse sendingstasie van die Rynse Sendinggenootskap. Dit is ‘n mooi dorp rondom ‘n eenvoudige kerkkompleks wat dateer uit 1893. Kuboes word hoofsaaklik bewoon deur Namas en Basters. Die skool is vernoem na ʼn sendeling, Johan Hein, wat in 1844 vir die nomadiese bevolking gepreek het. Die skool hou die rekord as die enigste skool in die wêreld waar die Nama-taal onderrig word.

Tog was dit vir my interessant dat die skoolhoof, me Cloete, sê dat die kinders baie tuis is in Engels en ook beter vaar daarin as in Afrikaans. Daar is ʼn geweldige tekort aan boeke en ‘n dringende behoefte aan onder-houd wat die infrastruktuur betref. Onderwysers vra ook hulp met beplanning.

Sonder ʼn noodwiel ry ons versig-tig terug rigting Alexanderbaai. Wat ʼn oasis is die Laerskool Gaffie Maree nie. Dis of die groen van die Oranjerivier aansteeklik is. Die kinders blink en reageer op my

stories soos kinders wat gewoond daaraan is om na stories te luister en nooit genoeg kan kry nie. Die skool-hoof, me Gesina Schreuder, volg ons na die Graad 3-klassie en kan nie haar hande van die boeke afhou nie.

Ons vertrek die volgende dag voor die son opkom uit McDougallbaai om betyds 8:00 by die Elizabeth Wimmer Laerskool in die dorpie met die pragtige naam Lekkersing te wees. Tussen die berge wat verkleur met ʼn pad wat uitgestrek voor ons lê, word ons by ons kar gehaal deur me Saal, die skoolhoof. Ook hier kan ʼn mens sien watter invloed ʼn hoof op ʼn skool het. Me Saal weet wat kinders nodig het. Sy het selfs ʼn tiental ouers ook opgekommandeer. Ons het groot pret met ʼn storie oor ʼn leeu wat ons saam opmaak. Met vrolike harte ry ons verder met die wete dat elke kind se potensiaal hier na waarde geskat word.

Die storie van die tog Richtersveld toe

Bladsy 3Maart 2018

Page 4: Januarie - ATKV...Maart 2018 Bladsy 4 Laerskool Stephan Malherbe op Eksteenfontein is ʼn multigraadskool met 61 leerders en drie onderwy-sers. Die grade 1-, 2- en 3-juffrou neem met

Bladsy 4Maart 2018

Laerskool Stephan Malherbe op Eksteenfontein is ʼn multigraadskool met 61 leerders en drie onderwy-sers. Die grade 1-, 2- en 3-juffrou neem met sorg nota’s van alles wat ek met die kinders doen, en is baie dankbaar vir die boeke. Sy wil ook baie graag verdere opleiding hê om die die kinders met lees te help. Hulle vra hulp om ʼn mediasentrum in te rig – miskien kan ʼn ATKV-tak help?

Ons gaan op ʼn kort namiddagrit in die Richtersveld Nasionale Park. Die mense van hierdie streek is nie groot op padaanwys nie en ook nie op padaanwysers in afgeleë dele nie. So neem ons die verkeerde pad by ʼn vurk in die pad wat daartoe lei dat ons in die sand vassit en noodged-wonge die nag in die veld deurbring. Die volgende oggend om 7:30 kom daar twee Iere, Venetia en Michael Ryan, verby wat ook die verkeerde pad geneem het en help ons uit. En, glo dit as jy wil, dis twee onderwy-sers waarvan een ʼn leeskundige is! Ons sal hulle volgende jaar onthaal wanneer hulle weer in Suid-Afrika is.

Ten spyte van die drama met die “gedwonge oornagting” in die middel van nêrens, het ons tog ‘n wonder-like ervaring gehad van die prag-

tige, maar ook harde landskap wat die mense in die Richtersveld definieer.

By Port Nolloth Laerskool en Port Nolloth RK gesels ek

lekker met die onderwysers oor Doen en Leer en almal is baie gretig dat ons in Mei moet kom opleiding doen. Oor die boeke is hulle baie dankbaar. Baie van die boeke sluit heerlik aan by die kurrikulum – dwelmmisbruik, molestering, emosies, nasiebou en vreemdelingehaat.

Op 22 Februarie groet ons McDougallbaai en ry op ʼn mistige oggend – kenmerkend van hierdie

streek – in die rigting van Steinkopf. Die pad lê reguit voor ons met die bergwoestyn in die verte.

Steinkopf is ʼn groot dorp, veel groter as die dorpe tot dusver. Die Laerskool Ferdinand Brecher is ʼn skool met 447 leerders. Me Cloete, die skoolhoof, verduidelik dat die skool ʼn voldiensskool is wat alle leerprobleme self moet hanteer. Leesondersteuningsopleiding sal hulle dus ook baie help.

Toe ons stop by De Kleine Bewaarskool in Steinkopf, is mnr Donald Cloete onmiddellik by die

bakkie met “Julle kom om ʼn groot behoefte te vervul. Ons het baie min hulpmiddels!”. Desondanks kuier ons lekker saam met ʼn vrolike groepie van honderd 3 – 5-jariges wat oop-mond sit en luister na die stories van Babalela en Parmant. Mnr Cloete vra ook leesopleiding vir hom en sy personeel.

Die volgende stop is Bulletrap se Babbelbekkies Kleuterskool. Dis ʼn baie klein skooltjie (10 Kinders) met

baie speelgoed en bitter min boeke. Die voorsitter, Marolene Snyders, beman die aangrensende dorpbib-lioteek waar kinders in die middae kom lees en huiswerk doen.

“Verder op teen die bult, om die

volgende draai net om die hoek” lê Bulletrap Laerskool, ook ʼn multi-graadskool met 87 leerders. Mnr Makatees neem ons na die klas van me Van den Heever se grade 1-, 2- en 3-klas toe. Wat ʼn entoesiastiese groepie bekkige kinders. Dié groepie toekomstige dokters, onderwysers, “mekenieks” en ʼn horde polisie-manne luister met aandag na die verhaal van die drie ll’e wat mens se drome verwesentlik: luister, lees en leer.

Ons slaap lekker in die Springbok Inn en is 7:15 by Springbok Laerskool. Mnr Sadie, die hoof van hierdie skool met 516 leerders, neem ons na die grondslagfase-klassies wat ons net daar in die vierkant trakteer met die drie ll’e en “Die Groot Boek van Emosies”.

Page 5: Januarie - ATKV...Maart 2018 Bladsy 4 Laerskool Stephan Malherbe op Eksteenfontein is ʼn multigraadskool met 61 leerders en drie onderwy-sers. Die grade 1-, 2- en 3-juffrou neem met

Daar is nou iets wat dit beter as die Bybel regkry om mens nederig te hou. En dit is Beter Afrikaans se taalvrae elke oggend op jou nugter maag.

Probeer dit gerus. Dit verbeter jou Afrikaans en die stand van jou nederigheid.

WWW.BETERAFRIKAANS.CO.ZA

Beter Afrikaans

Bladsy 5Maart 2018

Toe ek ʼn juffrou daar uitvra oor die rassamestelling van haar klas, antwoord sy: “Ek weet nie, ek het net kinders in my klas.” En snaaks genoeg, toe ek terugdink aan die groep kinders met wie ek gepraat het, het ek dieselfde gewaarwording gehad. Ons hoop dat dit die toekoms van die meeste skole in SA gaan wees binne die volgende jare. Mens mag droom.

Okiep Laerskool (739 leerders) floreer, weereens as gevolg van ʼn besielende hoof, mnr Saal. Hy vertel van sy voorleggings en pogings om “die onderwys terug te kry”, bedoelende dat ondinge soos die aanskuif van leerders sonder prestasie uitfaseer moet word. Hier sal ons boeke beslis benut word.

Bimbo Kleuterskool in Okiep het 87 leerders. Hier is opleiding beslis baie

nodig en die mense sien uit na ons moontlike terugkeer in Mei.

Alle kinders word met potensiaal gebore. Omgewing en lewensom-standighede is uiteraard bepalend. Die kinders van hierdie streek met die pragtige melodieuse Afrikaans met ʼn eiesoortige klem en uitspraak, verdien al ons steun. Die gevaar bestaan dat hulle gaan migreer na

Engels as gevolg van die stigma gekoppel aan Afrikaans en die idee dat Engels meer geleenthede bied. Hulle bloot-stelling aan Engels d.m.v. televisie en die sosiale media maak dat ons baie meer sal moet doen om te keer dat

Engels Afrikaans ook hier verdring.

Ons oorweldigende indruk na hierdie wonderlike reis? In die Richtersveld en omstreke woon daar sout-van-die-aarde-mense wat met groot toewyding baie vermag met min in ‘n harde, maar pragtige landskap. Daar is groot behoefte aan die soort steun wat die ATKV met sy boektrommel-projek bied.

Ons ontvang die volgende onder-steuningsbrief van Christien Neser vir ons reis na die Richtersveld:

“Dis ‘n droom wat waar word. Julle gaan op ‘n hengse uitgebreide trek. Ek wens baie dinge:

- dat ek kon saamgaan

- dat julle veilig sal reis

- dat julle reën bring

- dat dit nie te warm is nie

- dar die boeke waardeer sal word

- dat verhoudings gebou word en welwillendheid gekweek word

- dat kinders sal lees

- dat Afrikaans ‘n sterker staanplek sal kry.”

DIPLOMA

ʼn Kassier hoor ʼn ouma in ʼn winkel haar kleinseun hot en haar stuur: “Diploma, gaan haal gou suiker” en “Diploma, nog 6 eiers ook, hoor”.

Die nuuskierige kassiere vra: “En waar kom dié naam vandaan?”

Die ouma antwoord: ”Ek het my dogter universiteit toe gestuur en toe kom sy met hóm terug!”

Page 6: Januarie - ATKV...Maart 2018 Bladsy 4 Laerskool Stephan Malherbe op Eksteenfontein is ʼn multigraadskool met 61 leerders en drie onderwy-sers. Die grade 1-, 2- en 3-juffrou neem met

Bladsy 6Maart 2018

DOENDINGE INAFRIKAANS

NUUSBRIEFRedakteur: Amanda de Stadler

Assistentredakteur: Chareldine van der Merwe

Bladuitleg: Sunflood Studios

ALGEMENE INLIGTING Straatadres:

Eenheid 2013, Datevoice House,Elektronstraat 16, Tegnopark Stellenbosch 7600

Posadres: Posbus 1209, Stellenbosch 7599

Telefoon: 021 880 1761/ 021 880 1743

Faksnommer: 021 880 1946

E-posadres:

Amanda de Stadler:[email protected]

Chareldine van der Merwe:[email protected]

Webtuiste: www.atkv.org.za

Bank:

ABSA, TjekrekeningRekeningnaam: ATKV

Rekeningnommer: 0170166728Takkode: 632005

Vir buitelandse inbetalings gebruik die volgende“Swift Code”: ABSA ZA JJ

As verwysing gebruik asb: VVA en die item(bv. naam van CD, gedenkbundel, boektrommel ens.)

E-pos of faks dan net die bewys van betaling, naamen van en ook bedrag wat inbetaal word.

KOOPDINGEIN AFRIKAANS

DIE VOLGENDE ITEMS IS BY DIEKANTOOR TE KOOP:

1. Dubbel-CD: Ou Vriende van Afrikaanse kunstenaars soos Laurika Rauch, Lucas Maree en bekende kore teen R100

2. Voetslaankaart van Tafelberg in Afrikaans geskep deur Peter Slingsby teen R20

3. Pieter van der Westhuizen-huldigingsbundel (277 pp. bladmusiek van gewyde musiek) teen R160

4. CD: Vespers van Rachmaninof in Afrikaans teen R120

5. Basic Afrikaans – the top 1000 words and phrases teen R135

6. Joernaal van Jorik – in klank (toonsetting deur Roelof Temmingh) teen R120

7. Die Nagbiblioteek deur Amanda de Stadler, ‘n A3-formaat voorleesboek vir kinders onder 8 jaar teen R120

(R65 posgeld per bestelling moet ongelukkig gehef word)

VERSPREI GERUS DIE NUUSBRIEF