Top Banner
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 39 17 - 24 November 2017 OUERS: NUWE AANSTELLINGS: Die volgende persone is vir die nuwe jaar (2018) by ons Skool aangestel: Sportorganiseerder: Adéle Lübbe Faktotum: Giel de Beer Leerkrag Intermediêre Fase: Adré Badenhorst Leerkrag Fondasiefase: Mariska Marais Leerkrag Fondasiefase: Chantell Deetlefs Ons hoop hulle gaan ‘n lang en suksesvolle verbintenis met Jacobsdal Primêre Skool hê. AGTERSTALLIGE SKOOLGELDE: Ouers moet asseblief kennis neem van die finansiële state wat saam met u kinders gestuur is. Bring asseblief so gou as moontlik agterstallige gelde op datum. Die skool het ook verantwoordelikhede wat afgehandel moet word. RAPPORTE: Rapporte kan op Woensdag, 6 Desember tussen 9:00 en 10:00 by die skool afgehaal word. Ouers kan ook met ander ouers reël dat hulle u kinders se rapporte saamneem. Ons wil so min as moontlik rapporte pos. Leerderrapporte van agterstallige ouers (skoolgeld) kan tussen 10:00 en 11:00 by die Skoolhoof en Beheerliggaamvoorsitter besigtig word. Hierdie rapporte gaan nie gepos word nie. Koshuisouers wat agterstallig is met 2017 se fooie, se kind/ers verbeur sy/haar/hulle plek in die koshuis vir 2018. KENNISGEWING AFWESIGHEID: [AFSKEURSTROKIE] Die laaste dag waarop eksamen geskryf word, is Vrydag, 24 November. Ouers moet asseblief met die afskeurstrokie bevestig dat hulle kinders nie ná 24 November terugkom skool toe nie. Leerders wat nie afskeurstrokies inhandig nie, gaan tot 6 Desember afwesig gemerk word en die afwesige dae verskyn so op hulle laaste rapport. LEIERS 2018: Baie geluk aan die volgende leerders wat in 2018 bevoorreg is om leiers in ons skool en koshuis te wees. Ons stel ons vertroue in julle om ware Jakkie ambassadeurs te wees. Sterkte met die harde werk en ekstra verantwoordelikhede wat vir julle in 2018 voorlê. Baie geluk aan die ouers van hierdie leerders. SKOOL: Hoofleier/leidster: JJ Engelbrecht Anica Ueckermann Onderhoofleier/ leidster: Phillip Noeth Elsje Jacobs Leier: Wessel van Niekerk Carlé van Zyl Leier: Shaun-Michael Zondagh Mariné Cloete Leier: Rian Steenkamp Anneline de Wet Leier: Nico Geldenhuys Marlien Smith Leier: Handré Jacobs Cayla Da Camara KOSHUIS: Hoofleier/leidster: Nico Geldenhuys Anica Ueckermann Onderhoofleier/ leidster: Phillip Noeth Elsje Jacobs Leier: Christopher Beylefeld Mariné Cloete Leier: Jùhan Swanepoel Marlien Smith Leier: Shaun-Michael Carlé van Zyl
9

JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - Web viewFaktotum: Giel de Beer. Leerkrag Intermediêre Fase: ... Rapporte kan op Woensdag, 6 Desember tussen 9:00 en 10:00 by die skool afgehaal word

Feb 06, 2018

Download

Documents

ledieu
Welcome message from author
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Transcript
Page 1: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL -    Web viewFaktotum: Giel de Beer. Leerkrag Intermediêre Fase: ... Rapporte kan op Woensdag, 6 Desember tussen 9:00 en 10:00 by die skool afgehaal word

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOLNUUSBRIEF: 39 17 - 24 November 2017OUERS:NUWE AANSTELLINGS:Die volgende persone is vir die nuwe jaar (2018) by ons Skool aangestel:Sportorganiseerder: Adéle LübbeFaktotum: Giel de BeerLeerkrag Intermediêre Fase: Adré BadenhorstLeerkrag Fondasiefase: Mariska MaraisLeerkrag Fondasiefase: Chantell DeetlefsOns hoop hulle gaan ‘n lang en suksesvolle verbintenis met JacobsdalPrimêre Skool hê.

AGTERSTALLIGE SKOOLGELDE:Ouers moet asseblief kennis neem van die finansiële state wat saam met u kinders gestuur is. Bring asseblief so gou as moontlik agterstallige gelde op datum. Die skool het ook verantwoordelikhede wat afgehandel moet word.

RAPPORTE:Rapporte kan op Woensdag, 6 Desember tussen 9:00 en 10:00 by die skool afgehaal word. Ouers kan ook met ander ouers reël dat hulle u kinders se rapporte saamneem. Ons wil so min as moontlik rapporte pos.Leerderrapporte van agterstallige ouers (skoolgeld) kan tussen 10:00 en 11:00 by die Skoolhoof en Beheerliggaamvoorsitter besigtig word. Hierdie rapporte gaan nie gepos word nie.Koshuisouers wat agterstallig is met 2017 se fooie, se kind/ers verbeur sy/haar/hulle plek in die koshuis vir 2018.

KENNISGEWING AFWESIGHEID: [AFSKEURSTROKIE]Die laaste dag waarop eksamen geskryf word, is Vrydag, 24 November. Ouers moet asseblief met die afskeurstrokie bevestig dat hulle kinders nie ná 24 November terugkom skool toe nie.Leerders wat nie afskeurstrokies inhandig nie, gaan tot 6 Desember afwesig gemerk word en die afwesige dae verskyn so op hulle laaste rapport.

LEIERS 2018:Baie geluk aan die volgende leerders wat in 2018 bevoorregis om leiers in ons skool en koshuis te wees. Ons stel ons vertroue in julle om ware Jakkie ambassadeurs te wees. Sterkte met die harde werk en

ekstra verantwoordelikhede wat vir julle in 2018 voorlê. Baie geluk aan die ouers van hierdie leerders.

SKOOL:Hoofleier/leidster: JJ Engelbrecht Anica UeckermannOnderhoofleier/leidster: Phillip Noeth Elsje Jacobs

Leier: Wessel van Niekerk Carlé van Zyl

Leier: Shaun-Michael Zondagh Mariné Cloete

Leier: Rian Steenkamp Anneline de WetLeier: Nico Geldenhuys Marlien SmithLeier: Handré Jacobs Cayla Da Camara

KOSHUIS:Hoofleier/leidster: Nico Geldenhuys Anica UeckermannOnderhoofleier/leidster: Phillip Noeth Elsje Jacobs

Leier: Christopher Beylefeld Mariné CloeteLeier: Jùhan Swanepoel Marlien Smith

Leier: Shaun-Michael Zondagh Carlé van Zyl

Medialeiers en Monitors (as gevolg van die verdeling van klasse, gr 3 - 7) sal met die eerste skooldag in 2018 tydens saalperiode aangewys word.

SPANLEIERS:Baie geluk aan die SPANLEIERS wat vir 2018 verkies is:GEELSPAN:Hoofleiers: Wessel van Niekerk en Anica Ueckermann Onderhoofleiers: Jùhan Swanepoel en Carlé van ZylBLOUSPAN:Hoofleiers: Rian Steenkamp en Elsje Jacobs Onderhoofleiers: Nico Geldenhuys en Kayla van der LindenHierdie leiers sal by die Kleurgala en Kleuratletiek in 2018 diens doen.

SKOOL- EN SPORTFOTO’S:Al die foto’s wat tydens fotodag geneem is, is by Maryka in die boekstoor te koop. Foto’s kos R10 elk en daar is slegs een foto van elke klas/span/leerder. Geen verdere bestellings word gedoen nie. “First come first serve!”

ATLETIEK EN PRYSUITDELINGFOTO’S:Leerders het tot Vrydag, 24 November om hulle foto’s by die boekstoor te bestel.

SWEMBAD: Ons swembad is vir ons skool ‘n groot bate en voorreg. Kom ons pas dit

Page 2: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL -    Web viewFaktotum: Giel de Beer. Leerkrag Intermediêre Fase: ... Rapporte kan op Woensdag, 6 Desember tussen 9:00 en 10:00 by die skool afgehaal word

mooi op. Chloorhouers moet asseblief in die swembad gelos word. Sluit asseblief die badkamers en die hekke as jy die swembadterrein verlaat. Geen troeteldiere op die terrein of in die swembad nie!Daar is steeds ouers wat nog nie hulle swembadsleutels kom hernu het nie. Doen dit asseblief so gou as moontlik anders sal u gevra word om u sleutel in te handig.

RUGBY- KRIEKET EN ATLETIEKAFRIGTERS:Indien daar ouers is wat ons behulpsaam kan wees met 0/9, 0/11 en 0/13 rugbyafrigting en 0/11 krieketafrigting volgende jaar, kan met Adéle Lübbe kontak gemaak word. Haar nommer is: 082 462 6146Ons het ook iemand nodig om met spiesgooi en diskus te help.

LEERDERDEELNAME: TWEEKAMP:Baie geluk aan Leo Wilkinson wat ‘n 5de plek by die Interprovinsiale Tweekampbyeenkoms in Kimberley vir seuns 0/9 behaal het.

NETBALPROEWE:Netbalproewe vir 0/12 en 0/13 spelers (ouderdomme in 2018) vind op Woensdag, 22 November om 10:30 plaas. Spelers wat belangstel moet asseblief oefenklere (as hulle nie met hulle sportdrag wil speel nie), tekkies, water en ‘n hoed saambring skool toe.

TENNIS: [AFSKEURSTROKIE]Die Suid-Vrystaat/Xhariep tennisproewe vind op Saterdag, 20 Januarie 2018 plaas. Spelers wat wil inskryf moet die afskeurstokie invul en saam met R200 inskrywingsgeld by die Sportorganiseerder inhandig. Hy moet die kontant by die bane inbetaal. Elke speler moet ‘n ID-fototjie ook inhandig wat op die geboortesertifikaat vasgeplak moet word. Spelers neem onder volgende jaar se ouderdomme - 2018 (0/10, 0/12 en 0/14) deel. (Dit is elke jaar so)Sluitingsdatum vir inskrywings: Maandag, 20 November

SONE ATLETIEK:Die Sone-atletiekspan is op die drukbord by die trappe opgeplak. Die eerste twee plekke op die Kleuratletiek gaan volgende jaar aan die Sone-atletiekbyeenkoms deelneem. Atlete moet asseblief deur die vakansie fiks probeer bly (ook plekke 3 en 4). Nuwe leerders wat volgende jaar in ons skool kom, sal ook getoets word om in hierdie span te kan kom. Net daarna sal die finale span bekendgemaak word.

RUGBYRAMME DVD’S:0/9 en 0/13 Rugbyspelers wat in die Rugbyramme toernooi gespeel het, en wat nie ‘n DVD bestel het nie, kan een by mnr Hodgson koop @ R100 elk. Daar is ‘n paar beskikbaar.

ALGEMEEN:Leerders mag op Vrydag, 24 November “sivvies”@ R3 aantrek.

………………. PW Tait SKOOLHOOF

GEBEDSLYSHeymans gesin (oupa oorlede)

Zoé-Lee Zondagh (arm oopgesny)

Page 3: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL -    Web viewFaktotum: Giel de Beer. Leerkrag Intermediêre Fase: ... Rapporte kan op Woensdag, 6 Desember tussen 9:00 en 10:00 by die skool afgehaal word

AFSKEURSTROKIE:

LEERDER/S AFWESIG NA 24 NOV

OUER: ____________________________________

HIERMEE BEVESTIG EK DAT:

LEERDER: ____________________________ GR. _____

LEERDER: ____________________________ GR. _____

LEERDER: ____________________________ GR. _____

NIE NA VRYDAG, 24 NOVEMBER TERUGKEER SKOOL TOE NIE.

EK NEEM MY KIND OP EIE VERANTWOORDELIK UIT DIE SKOOL.

HANDTEKENING VAN OUER:

__________________________

DATUM:

_____________________

Handig asb. by klasonderwysers in

CHIHUAHAU HONDJIES

Pragtige opregte Chihuahua hondjies

te koop.R650 elk

Skakel: 0834179933

AFSKEURSTROKIE: SV/XHARIEP TENNISKAMPIOENSKAPPE

OUER: ________________________________________

SPELER: _______________________ OUD 2018: ________

SPELER: _______________________ OUD 2018: ________

(0/10 0/12 0/14)

WIL GRAAG VIR DIE SUID-VRYSTAAT TENNIS-KAMPIOENSKAPPE OP 20 JANUARIE 2018 INSKRYF.

INGESLUIT ‘N BEDRAG VAN: R__________

HANDTEKENING: _________________________

Sluitingsdatum: 20 Nov

Page 4: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL -    Web viewFaktotum: Giel de Beer. Leerkrag Intermediêre Fase: ... Rapporte kan op Woensdag, 6 Desember tussen 9:00 en 10:00 by die skool afgehaal word

KOMPETISIE!!!! Die graad 7-leerders (van 2018) `en hulle ouers loot volgende week ‘ n JJRC “Drone” ter waarde van R3085.00 uit.

Kaartjies kos R50 en is vanaf Maandag, 20 November by juffrou Delene beskikbaar.

Trekking: Vrydag, 24 November

Page 5: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL -    Web viewFaktotum: Giel de Beer. Leerkrag Intermediêre Fase: ... Rapporte kan op Woensdag, 6 Desember tussen 9:00 en 10:00 by die skool afgehaal word

PIONEER 1690BR SAAD

TE KOOPR3 500 PER SAK

(5X SAKKE BESKIKBAAR)

KONTAK:

PIETER GROENEWALD OF KOSHUISOUERS

TEN BATE VAN:

KAREEHOF KOSHUIS!!

Page 6: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL -    Web viewFaktotum: Giel de Beer. Leerkrag Intermediêre Fase: ... Rapporte kan op Woensdag, 6 Desember tussen 9:00 en 10:00 by die skool afgehaal word

BOOMERANG TASDaar is ‘n voorbeeld van ‘n Boomerang tas in

Page 7: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL -    Web viewFaktotum: Giel de Beer. Leerkrag Intermediêre Fase: ... Rapporte kan op Woensdag, 6 Desember tussen 9:00 en 10:00 by die skool afgehaal word

BOOMERANG TASDaar is ‘n voorbeeld van ‘n Boomerang tas in

Page 8: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL -    Web viewFaktotum: Giel de Beer. Leerkrag Intermediêre Fase: ... Rapporte kan op Woensdag, 6 Desember tussen 9:00 en 10:00 by die skool afgehaal word

TWEEDEHANDSE BOEKEJakkies Opwaarts Sentrum het ± 3000

tweedehandse boeke wat hulle vir R5 ‘n boek verkoop.

As iemand lus is om ‘n tweedehandse boekbedryf te begin kan al hierdie boeke oorgeneem word.

Maak ‘n aanbod!

Kontak juffrou Rina van Zyl:0835626915