Top Banner
Uit die HEV-kantoor Voorspoed aan almal vir 2020. Ons vertrou dat u ’n heerlike kuiertyd saam met familie en vriende geniet het. Die verskuiwing van die biblioteek agter die HEV kantoor is afgehandel en is nou weer oop. Kennis- gewings oor die tye sal aan u deurgegee word. Ons sê dankie aan Inneke Verwey vir haar dienslewering die afgelope 2 jaar. Geniet jou vrye tyd en mag jy sommer baie boeke lees sonder om verveeld te raak! Die dames verantwoordelik vir die biblioteek is Riana Viljoen en Laetitia Ludwick. Daar kan met tevredenheid gesê word dat die noodknoppiestelsel goed funksioneer. Die prosedures vir optrede deur die aangewysde persone het seepglad verloop tydens die insidente wat in Desember plaas- gevind het. Inwoners kan met vertroue aangaan met hul dag-tot-dag take en verseker wees dat die sekuriteitsbeamptes ’n wakende oog oor die landgoed hou. Inwoners bly egter in die eerste plek aanspreeklik vir hul eie veiligheid binne hulle huise. Sien ook die terugvoer deur die sekuriteit- en veiligheidsbelan- gegroep elders in hierdie uitgawe van die Sterrelig. Baie dankie aan diegene wat die vraelyste oor die behoefte aan gesondheidsdienste voltooi het. Daar is insiggewende inligting terug ontvang en dit word verwerk vir voorlegging aan die direksie. Terugvoer oor die uitslag en optrede sal beskikbaar wees na afloop van die vergadering in Maart 2020. Laetitia Ludwick Klubhuisopening: 22 Feb 7:00 Aankoms 7:45 Opening in kuiertent 8:00 Jukskeitoernooi Kunsmark & kosstalletjies 9:00 Boswandeling: Bome en voëls 11:00 Boswandeling: Bome en voëls 12:00 Wateroefeningdemonstrasie 14:00 Prysuideling vir jukskei 14:30 Kaas en wynproe 18:00 Aandete in die kuiertent (Waterbergstereo en Fame Productions verskaf agtergrondmusiek vanaf 08:00 tot 20:00) 19:00 Aandprogram begin by klubhuis 20:00 Openingseremonie deur Sonél Brits & Frikkie Lloyd 20:45 Lyndansdames open dansvloer Inwoners “dance the night away” (Gaskunstenaars, Juba Broers, verskaf musiek tot laataand!) STERRELIG Nuusbrief van Negester Klein-Kariba Huiseienaarsvereniging “…en mag die Suiderkruis en Negesterre witter as die stedeligte in jou siel bly skitter” – D.J. Opperman Ons bedank die volgende persone / instansies vir finansiële bydraes tot die Sterrelig Nuusbrief: Majestic Silver Trading 279 (Edms) Bpk Donateurs FEBRUARIE 2020 JAARGANG 2 | UITGAWE 4
12

JAARGANG ˛ ˝ UITGAWE ˙ STERRELIG9:00 Boswandeling: Bome en voëls 11:00 Boswandeling: Bome en voëls 12:00 Wateroefeningdemonstrasie 14:00 Prysuideling vir jukskei 14:30 Kaas en

Sep 03, 2020

Download

Documents

dariahiddleston
Welcome message from author
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Transcript
Page 1: JAARGANG ˛ ˝ UITGAWE ˙ STERRELIG9:00 Boswandeling: Bome en voëls 11:00 Boswandeling: Bome en voëls 12:00 Wateroefeningdemonstrasie 14:00 Prysuideling vir jukskei 14:30 Kaas en

Uit die HEV-kantoorVoorspoed aan almal vir 2020. Ons vertrou dat u ’n heerlike kuiertyd saam met familie en vriende geniet het.

Die verskuiwing van die biblioteek agter die HEV kantoor is afgehandel en is nou weer oop. Kennis- gewings oor die tye sal aan u deurgegee word. Ons sê dankie aan Inneke Verwey vir haar dienslewering die afgelope 2 jaar. Geniet jou vrye tyd en mag jy sommer baie boeke lees sonder om verveeld te raak! Die dames verantwoordelik vir die biblioteek is Riana Viljoen en Laetitia Ludwick.

Daar kan met tevredenheid gesê word dat die noodknoppiestelsel goed funksioneer. Die prosedures vir optrede deur die aangewysde persone het seepglad verloop tydens die insidente wat in Desember plaas- gevind het. Inwoners kan met vertroue aangaan met hul dag-tot-dag take en verseker wees dat die sekuriteitsbeamptes ’n wakende oog oor die landgoed hou. Inwoners bly egter in die eerste plek aanspreeklik vir hul eie veiligheid binne hulle huise. Sien ook die terugvoer deur die sekuriteit- en veiligheidsbelan- gegroep elders in hierdie uitgawe van die Sterrelig.

Baie dankie aan diegene wat die vraelyste oor die behoefte aan gesondheidsdienste voltooi het. Daar is insiggewende inligting terug ontvang en dit word verwerk vir voorlegging aan die direksie. Terugvoer oor die uitslag en optrede sal beskikbaar wees na afloop van die vergadering in Maart 2020.

Laetitia Ludwick

Klubhuisopening: 22 Feb7:00 Aankoms

7:45 Opening in kuiertent

8:00 Jukskeitoernooi Kunsmark & kosstalletjies

9:00 Boswandeling: Bome en voëls

11:00 Boswandeling: Bome en voëls

12:00 Wateroefeningdemonstrasie

14:00 Prysuideling vir jukskei

14:30 Kaas en wynproe

18:00 Aandete in die kuiertent (Waterbergstereo en Fame Productions verskaf agtergrondmusiek vanaf 08:00 tot 20:00)

19:00 Aandprogram begin by klubhuis

20:00 Openingseremonie deur Sonél Brits & Frikkie Lloyd

20:45 Lyndansdames open dansvloer Inwoners “dance the night away” (Gaskunstenaars, Juba Broers, verskaf musiek tot laataand!)

STERRELIGNuusbrief van Negester Klein-Kariba Huiseienaarsvereniging

“…en mag die Suiderkruis en Negesterre witter as die stedeligte in jou siel bly skitter”

– D.J. Opperman

Ons bedank die volgende persone / instansies vir finansiële bydraes tot die Sterrelig Nuusbrief:

Majestic Silver Trading 279 (Edms) Bpk

Donateurs

FEBRUARIE 2020JAARGANG 2 | UITGAWE 4

Page 2: JAARGANG ˛ ˝ UITGAWE ˙ STERRELIG9:00 Boswandeling: Bome en voëls 11:00 Boswandeling: Bome en voëls 12:00 Wateroefeningdemonstrasie 14:00 Prysuideling vir jukskei 14:30 Kaas en

2

Veiligheid en sekuriteitNa aanleiding van die drie ongelukkige voorvalle in Desember, wil ons graag die volgende aan u voorhou:

Die ondersoek wat deur die HEV, buurtwag en SAPD onderneem is, duur steeds voort en nog geen nuwe leidrade vir verdere ondersoek is geïdentifiseer nie. Ons het die sekuriteitsmannekrag met twee addisionele, tydelike wagte vergroot. Ons het die gedeelte van die lyndraad, wat aan die pad en privaatgrond grens, met meer gevorderde toerusting opgegradeer, wat beteken dat onderbrekings in die draad meer doeltreffend en vinniger opgespoor kan word.

Die energieversterkers wat tans op die lyn gebruik word, is deur weerlig vernietig en is deur geleende eenhede vervang, terwyl ons wag vir goedkeuring en a�andeling van ’n versekeringseis. Die uitbetaling van die eis sal deur die HEV met ’n bedrag aangevul word en gebruik word om die energieversterking op te gradeer deur meer gevorderde toerusting.

Tot dusver het ATKV Klein-Kariba ons voorsien van ’n nagwagskoftoesighouer, maar het nou kennis gegee dat dit nie moontlik is om hiermee voort te gaan nie.

Die Sekuriteit- en veiligheidskomitee is tans besig met ’n medium- en langtermynbeplanning wat onder andere voorsiening sal maak vir ’n nagwagtoesighouer en die opgradering van die grensdraad tussen Negester en ATKV Klein-Kariba. Dit sal verseker dat die landgoed oor voldoende sekuriteit en veiligheid beskik, veral met die oog daarop wanneer al die woonhuise gebou is. Die sekuriteitsituasie is tans onder beheer en stabiel met geen verdere voorvalle wat voorgekom het nie. Lood is besig om die registrasie- en identifiseringsvereistes van al die werkers van die boukontrakteurs en inwoners, te hersien en te hernuwe.

Die nuwe skanderingstelsel wat vir besoekers ingestel is, werk goed en beheer inkomende en veral uitgaande verkeer baie effektief.

Dankie vir almal se geduld in hierdie tyd en ons versoek dat almal sal voortgaan om hul eie veiligheid eerste te stel en waaksaam te wees.

Frikkie, Roelf, Laetitia en Lood

Kerssangaand op 7 Desember 2019Op ’n heerlike reënerige Saterdagaand, wat reeds die stemming daargestel het vir ’n feestelike en geestelike atmosfeer, het ons Negesterre bymekaar- gekom by ons pragtige nuwe klubhuis, vir nie net ons kerssangaand nie, maar ook vir ons heel eerste geleentheid in ons pragtige nuwe saal. Ds. Otto Clasen van die NG Kerk Warmbad (Moedergemeente) het die verrigtinge met skriflesing en gebed geopen. Frikkie Lloyd, ons direksie- voorsitter het ’n mooi vol saal welkom geheet en die opgewondenheid van die gebruik van die klubhuis vir die eerste keer, beklemtoon veral gesien in die lig dat ons ’n gewyde geleentheid gebruik hiervoor. Die kersliedere, wat netjies en groot vertoon het op ’n skerm, was maklik leesbaar en goed voorberei met die hulp van Marita Blom. Die kerse is aangesteek om by te dra tot die atmosfeer en het ’n baie mooi prentjie geskep.

Baie dankie aan Annemie Erasmus en almal wat haar gehelp het; die kerssangaand gereël het en vir haar moeite om van hierdie aand ’n sukses te maak. Baie dankie aan elkeen wat teenwoordig was asook vir elke bordjie eetgoed wat bygedra is. Dankie ook aan die HEV wat die koffie en tee geskenk het en wat hierdie geleentheid vir ons moontlik gemaak het. Dit was ’n heerlike saamkuier deur ons inwoners en ons glo daar gaan nog vele Kerssangaande, asook ander geleenthede hier aangebied word.

Derek Grobler

Februarie 2020 | Jaargang 2 | Uitgawe 4

Page 3: JAARGANG ˛ ˝ UITGAWE ˙ STERRELIG9:00 Boswandeling: Bome en voëls 11:00 Boswandeling: Bome en voëls 12:00 Wateroefeningdemonstrasie 14:00 Prysuideling vir jukskei 14:30 Kaas en

3Februarie 2020 | Jaargang 2 | Uitgawe 4

Jukskei Met die sluiting vir die bouersreses in Desember 2018 was vier jukskeibane voltooi wat sommer die eerste Saterdag daarna in gebruik geneem is. Daar word lekker sosiaal saamgespeel. Gou vind ons uit dat die temperature deur die dag ietwat warm is en dat oggende om 7 uur die meeste inwoners pas. Oom Henk en Angus reël vir die baanopening. Dit bring mee dat ons baie vining iets van jukskei moet weet, en hoe die reëls werk. Die opening was op 6 Februarie 2019. Hulle reël selfs dat die die president van SA Jukskei, Nico Nel ook teenwoordig is. Die groen hemde waarin ons gespeel het en wat ons dan ook daarna as ons kleur aangeneem het, is deur M & S geborg – Dankie Marius.

Van toe af word daar sommer elke dag gespeel. Ons word ook genooi om by ander klubs te gaan speel. By plekke soos Die Oog, Naboom en Nylstroom het ons baie geleer, en het Gert en Hannes sommer eiehandig toerusting aanmekaar gesit wat ons met danbaarheid en met groot vrug gebruik. In April 2019 het ons ’n pare kompetisie gehou, wat d.m.v. ’n naamtrekking bepaal was. Daar was 7-pare wat deelgeneem het. Dit was dan ook omtrent die somtotaal van ons klub se grootte op daardie stadium. Intussen het die getalle gegroei en speel ons nou al goeie jukskei. Op ons WhatsApp-groep is ons al 31 lede. Die jaar was met ’n lekker ontbyt afgesluit. Weer eens dankie Alida vir die reëlings.

Dankie ook aan elkeen wat sy/haar deel gedoen het. Daar is baie vriendskappe gevorm. Kom ons bou op die

goeie gees wat gevestig is. Nou lê 2020 met al sy uitdagings en gebeure voor. Op Woensdag 8 Januarie 2020 om 8:30, na die oggend jukskei, het ons gesels oor die pad vorentoe. Die volgende word bevestig of word nog verder uitgebrei:

1. Ons gaan as ’n sosiale klub funksioneer waarvan slegs Negester-inwoners lede kan wees. Vir die maande wat daar ’n “R” in die maandnaam voorkom, speel ons elke oggend om 7 uur. Die ander maande pas ons die tye aan om darem van die koue te ontsnap. Ons nooi al die inwoners om saam te kom speel en deel te wees van ’n vreugdevolle geselskap. As jy nog nooit gespeel het nie, sal ons jou gou wys.

2. Om meer struktuur aan die “klub” te gee is die volgende persone as bestuur verkies: Flip Snyders, Hannes du Plessis en Alida Meyer.

3. Ons gaan spanne van omliggende dorpe en klubs uitnooi om ook hier teen ons te kom meeding. Datums waarop dit gaan plaasvind sal deur die WhatsApp-groepe bekend gemaak word.

4. Die reëlings vir die Negester-sosiale dag, 22 Feb- ruarie 2020, en jukskei se betrokkendheid daarby, word verduidelik en bespreek.

Flip Snyders

Page 4: JAARGANG ˛ ˝ UITGAWE ˙ STERRELIG9:00 Boswandeling: Bome en voëls 11:00 Boswandeling: Bome en voëls 12:00 Wateroefeningdemonstrasie 14:00 Prysuideling vir jukskei 14:30 Kaas en

Kersvader kuier by NegesterHierdie ouma het haar kleinkinders gehelp om briefies namens hulle vir Kersvader te skryf. Wenslysies en natuurlik duidelike aanwysings dat hulle nie in Pretoria sal wees nie, maar by ouma en oupa by Negester, is ook bygevoeg. So 2 dae voor Kersfees waag ek dit en vra op die groepie: “Is daar nie miskien ’n Kersvader wat geskenkies kan uitdeel in Negester nie?” Vinnige reaksie van Henk Hoogenboezem volg dadelik. Hy het ’n ghol�arretjie maar nie die regte klere of liggies nie. Rouel Beukes laat weet uit Korea dat hy ’n kersvaderpak het en reël met Henk en daar gaan ons! Weet net daar was musiek, liggies en sweeties! So ken ons die Negesterre, saamstaan en meelewend. Baie, baie dankie Henk, ook Mari (bestuurder van die ghol�ar, musiek ens.), Rouel en almal wat ’n bydrae gemaak het om Negester se kinders (van 1 tot 85) se harte bly te maak. Geskenkies is afgelewer tot laataand. Ek hoop Kersvader het darem bietjie melk en koekies gekry! Namens ons Negesterre, BAIE DANKIE liewe Kersvader.

Elma Appel

4

Piet-my-vrou

Cuculus solitarius

Eng: Red-chested Cuckoo

Somer in die Bosveld sal nie dieselfde wees sonder die piet-my-vrou se roep nie. Veral nie sy aanhoudende, dag-en-nag geroep hier in Desember nie. Dit voel soms of hy nooit ophou nie! Word hy dan nie moeg nie? Tog word die piet-my-vrou bykans nooit gesien nie, want dit is ’n baie skugter voël, en ’n alleenloper wat daarvan hou om hoog in die bome te sit en roep. Die mannetjie neem meer as een wyfie, wat broei parasiete is, en hulle eiers in ander voëls se neste lê. Dan moet die peetouers maar die kleintjies grootmaak. Hulle verkies die janfrederik of ’n lyster om die kleintjies groot te maak, maar sal ook in die nes van die gewone kwikkie lê. Die peetouers se kleintjies oorleef dit gewoonlik nie want die piet-my-vrou sal die ander kleintjies in die nes doodmaak.

Die piet-my-vrou is ’n somerbesoeker uit Sentraal- Afrika, wat stil-stil in die lente by ons aankom om te broei. Hy begin eers roep wanneer die broeiseisoen begin. Die ou mense het altyd gesê die reënseisoen begin sodra ’n mens die piet-my-vrou hoor roep. Die driftige roep neem af soos wat die seisoen verloop en vroeg in die nuwe jaar word die note langer, meer uitgerek en minder kenmerkend, soos ’n koekoek-

horlosie wat besig is om af te loop. Teen einde Januarie is hy feitlik stil en teen einde Februarie is hy weer weg na Sentraal-Afrika.

Die voël se Zulu-naam, ‘Uphezukomkhono’ wat letterlik ‘bo-aan die arm’ beteken en wat verwys na die skoffels wat lande toe gedra moet word, om die lande voor te berei sodat daar geplant kan word. Die grys piet-my-vrou se kastaiingbruin bors is kenmerkend en dit is ook waar sy Engelse naam, ‘Redchested Cuckoo’, vandaan kom. Die geslagte lyk eenders en die onvolwassenes is sonder die rooierige bors en is gewoonlik swart bo-op, en het wit onderste dele met duidelike swart dwarsstrepe.

Daar is ’n groot aantal parasitiese broeiers en daar is nogal interessante ooreenkomste in hulle gedrag. Meeste van hulle sal ’n eier lê maar terselfdertyd sal hulle ’n eier verwyder, sodat die (Vervolg op bl. 5)

Februarie 2020 | Jaargang 2 | Uitgawe 4

Voël van die maand

Piet-my-vrou ’n Janfrederik voer ’n piet-my-vrou

Foto: Wikipedia

Page 5: JAARGANG ˛ ˝ UITGAWE ˙ STERRELIG9:00 Boswandeling: Bome en voëls 11:00 Boswandeling: Bome en voëls 12:00 Wateroefeningdemonstrasie 14:00 Prysuideling vir jukskei 14:30 Kaas en

5Februarie 2020 | Jaargang 2 | Uitgawe 4

Voël van die maand (vervolg)

Die ystervark is ’n kenmerkende knaagdier (nie ’n lid van die varkfamilie nie) wat in groot dele van Afrika (suid van die Sahara) voorkom, buiten die suidwestelike woestyngebiede van dié kontinent. Die ystervark is die grootste knaagdier in Suid-Afrika. Ystervarke word maklik uitgeken aan die swart-en-wit, harde, skerppuntige penne wat hul rûe en agterlywe bedek. Die res van die liggaam is met lang, stywe borselhare bedek. Die wyfie is ses tot sewe weke dragtig, waarna een tot vier kleintjies gebore word. Ystervarke het ’n moontlike lewensduur van 20 jaar – baie langer as meeste ander knaagdiere.

Ystervarke is plantetend, met ’n dieet wat grootliks bestaan uit wortelstokke en ander ondergrondse plantdele. Hulle is uiters vernielsugtige eters en is dikwels ’n probleem in groente- en blomtuine aangesien hulle lief is vir veral aartappels en ander ondergrondse groente. Die diere kom ook op Negester voor, soos sommige inwoners al moes ervaar. In die veld trek hulle die bas van bome af wat die bome laat doodgaan.

Die Suid-Afrikaanse ystervark is bekend daarvoor dat hy bene bymekaar maak en daar is lank geglo dat hy daaraan knaag om sy tande te slyp. Navorsing deur die Soogdiernavorsingsinstituut het egter aangetoon dat die ystervark beenmateriaal moontlik verteer om ’n kalsium- en fosfaatwanbalans in sy dieet reg te stel.

Wetenskaplikes het vir baie jare lank geglo ystervarke skiet hulle penne na vyande. Dit is ’n vergissing: ystervarke beskerm hulself deur in werklikheid hul aanvaller agteruit te bestorm en hul nagenoeg 40-sentimeter lange penne dan in die vyand se liggaam agter te laat. Hierdie stap word slegs geneem as die aanvaller hom nie aan die waarskuwende gegrom, gestamp van pote en die ratelende uitgespreide penne steur nie.

Die naglewende ystervark slaap bedags in die aangepaste erdvarkgate, of in die gate wat hyself gemaak het, of in rotsskeure. As hy hom eers in ’n gat ingewikkel het, is dit byna onmoontlik om hom daar uit te kry. Die uitgespreide penne anker hom aan die kante van die gat en vorm ’n skerp versperring teen indringers. Ystervarke is sterk paargebonde en dit wil voorkom dat hulle monogaam is. Een of twee kleintjies word gebore, wat met sagte stekeltjies oortrek is wat baie gou hard word.

Die inligting relevant tot die bydraes oor soogdiere wat op Negester voorkom, kom van die volgende bronne:

Stuart’s Field Guide to the larger Mammals of Africa (Chris & Mathilde Stuart); The Mammals of the Southern African Subregion (Reay H.N. Smithers); en Wikipedia.

Arrie Schreiber

NS: Laat weet gerus indien jy weet waar is ’n ystervark se spene?

Ystervark (Hystrix africaeaustralis)

gasheer nie meer eiers in die nes kry as wat daar was toe hulle die nes verlaat het nie. Die parasiet se eiertjies lyk ook baie dieselfde as die gasheer s’n. Die wyfie van die parasiet lê ook baie vinnig sodat hulle vinnig in die nes kan inbeweeg en lê en dan weer verkas.

Die parasiet se eier broei ook vinniger uit as die gasheer s’n. Dit het tot gevolg dat die parasiet se kleintjie sterker en groter is as die gasheer s’n. Hulle kan die gasheer se kleintjies dan maklik doodmaak. Dit gee hulle ook ’n voordeel wanneer die gasheer ouer nes toe kom met kos.

ALTRA JUWELIERSHORLOSIES & SLEUTELS

VERKOOP EN HERSTEL HORLOSIES,SNY EN VERKOOP SLEUTELS

SPAR SentrumLuna Straat, Bela-Bela

014 736 2712

‘STAINLESS STEEL’ JUWELEGEEN ALLERGIESE REAKSIE

VERKLEUR NIEROES NIE

KOM KYK NA ONS NUWER REEKS!!!

Page 6: JAARGANG ˛ ˝ UITGAWE ˙ STERRELIG9:00 Boswandeling: Bome en voëls 11:00 Boswandeling: Bome en voëls 12:00 Wateroefeningdemonstrasie 14:00 Prysuideling vir jukskei 14:30 Kaas en

6Februarie 2020 | Jaargang 2 | Uitgawe 4

KioskIn die middel van Desember 2019, het my droom waar geword en maak ek die kiosk se deur wawyd oop. Piepklein binne, maar vol gepak van allerhande benodigdhede, lekkernye en yskoue koeldranke. Selfs Die Pos-koerant maak sy verskyning op my self- gemaakte toonbankie!

Ek lag, gesels, verkoop, maak koffie en tee, sny koek, bedien en kuier baie lekker onder die twee groot bome voor die kiosk. Ons hou selfs een Saterdagoggend ’n verjaarsdagtee, terwyl dit saggies reën, en almal kuier lekker.

Hierdie is hoe my goeie vriendin my winkeltjie opsom terwyl sy haar koffie drink: “’n Lekker koffie, en ’n stukkie tert..... Reinette se koffie winkel, die moeite werd, dankie ou ding, laat jou ketel sing”. Baie dankie aan almal wat kom ondersteun het, of selfs net “hallo” kom sê het.

Kiosk-ure: Maandag tot Vrydag 11h00 – 14h00.

Reinette Holtzhouzen

Probleemdiere?’n Tydjie gelede het van ons inwoners nogal besig geraak op die Negester-inwonersgroep i.v.m. njalas, en sommige wou omtrent spitbraai hou, of die bokke omskep in biltong. Hoekom het ons hier op Negester belê? Die wilde diere was hier van die begin af, insluitend die njalas, klipspringers, grysduikers, bos- en vlakvarke, om maar net ’n paar te noem. Dis was tog deel van die pakket as ons dit nie mis het nie? Dit spreek ook vanself dat wilde diere hulle nie altyd sal gedra soos ons dit wil hê nie. Ons plant dan lekker/smaaklike plante, grasperke en skep sodoende ook kunsmatige bronne vir die diere en stadig maar seker begin van die diere hul natuurlike vrees vir mense verloor.

Nou word dit ’n probleemdier en soms word ons nogal kwaad wanneer die njalas ons struike opvreet en die kolhase ons grasperke kolle invreet. Baie dakke beteken noodwendig baie kransduiwe. Nou mis die arme voëls ook nog op die dakke, hulle kloutjies raas op die dakke en hulle maak ons soggens vroeg wakker met hulle geroep. Leer om saam met die diere te leef en dankie aan diegene wat planne beraam het om ’n balans te kan handhaaf. Dit gaan nie help om die kransduiwe of kolhase – soos wat wel al gebeur het – te skiet nie.

Indien probleme met diere ondervind word, kontak gerus enig lid van ons omgewingsbelangegroep. Ons help graag. Hier volg ’n paar idees wat dalk kan help:

Kransduiwe

Moenie die duiwe skiet nie! Oorweeg eerder “bird spikes”. Kry net eers toestemming. Sien bv: www.sabirdspikes.co.za

Oorweeg ook om draadjies te span oor balke sodat die duiwe nie kan land nie. Skuins kante by ventilasie- drumpels sal ook help dat hulle nie kan land nie.

Kolhase

Die diertjies is volop maar dit kan verwag word dat hulle meer verspreid sal raak na goeie reën. Intussen, hou die gras groen want hulle verkies droeër gras. Oorweeg om gras met vetplante te vervang, ens. Moenie die hase skiet nie!

Njalas en ander boksoorte

Die bokke benut nie alle soorte plante nie. Voorbeelde hiervan sluit in aalwyne, sekere spekbome en plante

met redelike skerp geure soos watersalies. Hoor by mense wat al planne kon maak in die verband.

Eekhorings en nagapies

Eekhorings is nie “boomrotte” nie, en sal nie huiwer om op jou plafon nes te maak nie. Seël die dak, maar moenie gif uitsit nie. Dieselfde geld vir nagapies. Kontak Jaco Meyer vir ’n kwotasie om dakke te seël by 082 572 8113.

Ten slotte

Dit is ook so dat sommige mense dan die houding wil openbaar van “as ’n ding roer gryp die boer sy roer en skiet hom in sy xxxx in” en dis nogal nie die oplossing nie. Kom ons leer saam om met die natuur te leef en te werk – daar is altyd ’n oplossing.

Omgewingsbelangegroep

Skopsuile kampeerdersDie Skopsuile kampeerders skop die nuwejaar af met ’n kamp by Bosfontein vanaf 23 Februarie tot 27 Februarie 2020. Soos gewoonlik gaan dit gepaard met heerlike kuiertyd saam met ons kampfamilie. Vir verdere inligting kontak asseblief vir Dawid Appel op selfoon nommer: 082 775 0260.

Page 7: JAARGANG ˛ ˝ UITGAWE ˙ STERRELIG9:00 Boswandeling: Bome en voëls 11:00 Boswandeling: Bome en voëls 12:00 Wateroefeningdemonstrasie 14:00 Prysuideling vir jukskei 14:30 Kaas en

Kom ons begin met jou Pieter. Vertel ons jou geskiedenis.

Ek is in 1945 gebore in Nelspruit. My pa was in die bosboubedryf en ek het in my kinderjare in die bos grootgeword. Op laerskool was ek op Tweespruit naby Sabie en ook op Blyde. Ek was in Lydenburg en Nelspruit op hoërskool en het aan die Afrikaanse Hoërskool in Pretoria gematrikuleer. Na skool het ek by die Kriminele Buro gaan studeer en toe by die veilig- heidstak van die SAP aangesluit. Daar het ek etlike jare gewerk en na my bevordering as kaptein, was ek genomineer om as die destydse eerste minister, P. W. Botha, se lyfwag te gaan werk. Na 5 jaar in sy diens is ek terug na die veiligheidsafdeling waar ek die BBP (Baie Belangrike Persone) beskermingseenheid gestig het, en ook die bevelvoerder daarvan geword het. In 1994/95 was ek baie betrokke by F. W. de Klerk se veldtog en ook die vrylating van Nelson Mandela. Na die verkiesing is ek terug Noord-Transvaal toe waar ek as brigadier hoof was van sigbare polisieëring.

Gedurende daardie tyd is ek deur my bevelvoerder opdrag gegee om die inhuldiging van Mandela te hanteer. Ek het 10 dae tyd gehad om dit te doen. Dit was ’n geweldige taak maar my oorlede vrou het my baie gehelp en ons het dit gedoen. Terloops, daar was 17000 veiligheidsmagte betrokke en 600 BBP’s na wie se veiligheid ons moes omsien. Dit was absoluut die hoogtepunt in my loopbaan. Daarna is die polisiemag geherstruktureer en het ek besluit om op vervroegde pensioen te gaan. Ek het toe op Gansbaai gaan “aftree”. Daar het ek ’n beton besigheid begin en ook ’n forensiese besigheid saam met my seun. In 2000 het ek myself beskikbaar gestel as raadslid vir Gansbaai en omgewing se munisipale bestuur. Ek is toe verkies en het vir 5 jaar gedien as onderburgermeester vir Overstrand.

Ans, jou verhaal?

Ek het glad nie so ’n indrukwekkende storie nie. Ek is gebore in Warmbad maar het grootgeword in Vaal- water, skoolgegaan op Nylstroom, en is toe na matriek Pretoria toe waar ek vir die gevangenisdiens gewerk het. Vandaar is ek na die polisie-veiligheidsdiens se hoo�antoor toe. Ek het maar al my jare in Pretoria deurgebring, my 4 kinders grootgemaak, my eie ver- huringsmaatskappy begin en ook my eie landskapont- wikkelingsbesigheid gehad. Dit was my groot liefde. Ek het baie tuine in Johannesburg en Pretoria gedoen.

Rouel Beukes gesels met: Pieter en Ans Scholtz

Wanneer is julle getroud?

In Januarie 2006. ’n Baie interessante storie. Ek het na my vrou se afsterwe sommer eendag besluit om ou vriende van my weer te probeer opspoor. So het ek begin dink aan die van Emmenisse wat ek 35 jaar laas gesien het. ’n Oproep of twee later beland ek toe by ’n van Emmenis in Ellisras en die deel my toe mee dat almal omtrent al oorlede is. Hy was toevallig ’n familielid en deel my toe o.a. mee dat Ans se man aan keelkanker oorlede is. Hy is in 2005 oorlede, dieselfde tyd as my vrou. Nou ja, ek het haar toe gekontak en die res is geskiedenis. 35-jaar later, en ’n feeverhaal herhaal homself weer.

Kinders?

Pieter het ’n seun en ek het 4 kinders. Tussen die klomp het ons 10 kleinkinders.

Julle het nou finaal afgetree. Wat hou julle besig?

Ons is baie lief vir toneelspeel, inteendeel, dis waar ons mekaar die eerste keer ontmoet het. In ons jonger dae was ons albei lede van ’n amateur toneelgeselskap. So, ons is lief vir teater, baie lief vir voëlkyk en fotografie, ry baie kilometers agter hulle aan en is albei lief vir die woonwa-lewe. Pieter het ’n pragtige stem, en het in baie kore gesing en wil graag nog steeds optree, hy is egter te beskeie daaroor. Terloops, Pieter en Eugene Terreblanche was die stigterslede van die toneelgesels- skap en ook die polisie se mannekoor. Ans maak ook videos van al ons ekskursies en dit hou haar baie besig.

Is julle gelukkig op Negester?

Baie. Ons het wonderlike vriende hier en die natuur is pragtig. Natuurlik is hier baie voëls, ons groot liefde, net jammer hier is nou so min diere. Dit was van die begin af die groot aantrekkingkrag en nou mis ons hulle teenwoordigheid. Maar oor die algemeen bly ons baie lekker. Dis net vrek warm!

7Februarie 2020 | Jaargang 2 | Uitgawe 4

Pieter en Ans Scholtz

Page 8: JAARGANG ˛ ˝ UITGAWE ˙ STERRELIG9:00 Boswandeling: Bome en voëls 11:00 Boswandeling: Bome en voëls 12:00 Wateroefeningdemonstrasie 14:00 Prysuideling vir jukskei 14:30 Kaas en

8Februarie 2020 | Jaargang 2 | Uitgawe 4

Inheemse tuinplanteOns wil almal graag mooi tuine hê, en elkeen van ons het onderneem om slegs inheems te plant. Gelukkig is daar regtig baie, en baie mooi, inheemse tuinplante. Hier is drie voorbeelde van pragtige blomplante wat goed in ons tuine aard en ook algemeen by kwekerye beskikbaar is. Dit lyk ook of die njalas nie graag hierdie plante vreet nie.

Die wilde-iris (Dietes grandiflora) is ’n klein struikie wat goed in die son en die skaduwee groei en boonop droogte bestand is. Dit het lintagtige blare en is in die somer oortrek met pragtige delikate wit blomme. Hierdie plante, op die groot sirkel by ons ingang, begin juis nou mooi groei. Die geel wilde-iris (Dietes bicolor) is net so mooi.

Die katstert of balsemkopiva (Bulbine frutescens) is ’n grondbedekker met geel of oranje blomme. Dit is ook droogte bestand en groei ook maklik in skadu of volson. Die helder jel in die blare is ’n wonderlike geneesmiddel vir oppervlakkige wonde.

Die gemmerbos (Tetradenia riparia) het pragtige geil groen blare wat na gemmer ruik. Dis egter die massas ligpers blomme aan die einde van die winter wat die plant besonders maak – die bos lyk dan soos ’n sagte ligpers wolkie. Die struik groei baie vinnig, tot 80cm in ’n jaar en kan tot 3m hoog word. Hulle kom natuurlik in die klowe hier in die Waterberge voor. Dis ook ’n plant wat nie baie water nodig het nie, ideaal vir Negester. Steggies hoef net in die grond gedruk te word, hulle groei altyd. Die van ons wat reeds gemmerbosse in ons tuine het, deel dan ook graag steggies uit wanneer ons die plante na die blomtyd snoei.

As jy graag ’n kleurvolle tuin wil he, is hierdie drie plante wat algemeen beskikbaar is, met min water kan klaar-kom en goed in ons warm klimaat aard, net reg vir jou.

Boombrokkies:Bome van die jaar vir 2020Essenhout (cape ash) Ekebergia capensis, en kremetart (boabab) Adansonia digitata.

Al lê Negester Klein-Kariba nie in een van hierdie twee bome se natuurlike verspreidingsgebied nie, groei hier tog ’n mooi voorbeeld van elk hier naby ons. Vorige inwoners het ’n essenhout op die oop stuk grond noord van die HEV-kantoor geplant. Al is hierdie boom nog nie naby die 15 meter hoogte wat dit kan bereik nie, is dit ’n mooi voorbeeld van hierdie immergroen bome met hulle blinkgroen blare. Die vrugte word deur voëls en soogdiere geëet terwyl die wortels en blare as medisyne gebruik word vir ’n uiteenlopende reeks van kwale. Ongespesifiseerde dele van die boom het blykbaar towerkrag om hoofmanne teen heksery te beskerm. Die ligte hout word as meubelhout benut.

Die kremetart se natuurlike verspreidingsgebied is noord van die Soutpansberge en die Blouberg. In ons omgewing groei hier egter by Hoërskool Warmbad ’n yslike kremetart wat omtrent 70 jaar gelede deur ’n onderwyser van ’n saadjie gekweek is. Die kremetart kan baie oud word en koolstofdatering het al voorbeel-de wat heelwat ouer as 1000 jaar is, uitgewys. Hierdie eienskap kan waarskynlik toegeskryf word aan die feit dat hulle bestand is teen droogte, vuur en termiete en omdat die bas teruggroei as dit gestroop is. Die blomme verskyn saans en word deur vlermuise bestuif. Daar is wel vrugtevlermuise by die hoërskool, gevolglik dra die boom reeds vir etlike jare vrugte. Hierdie “onderstebo bome” word deur sommiges beskou as towerbome want as jy een van sy blomme pluk sal ’n leeu jou opvreet en as jy van die water drink waarin die sade geweek is sal die krokodille jou uitlos.

Ons is dus gelukkig dat hierdie besondere bome wel in ons omgewing voorkom.

wilde-iris(Dietes grandiflora)

balsemkopiva(Bulbine frutescens)

Essenhout (cape ash)Ekebergia capensis

Kremetart (boabab)Adansonia digitata

by Hoerskool Warmbad

Page 9: JAARGANG ˛ ˝ UITGAWE ˙ STERRELIG9:00 Boswandeling: Bome en voëls 11:00 Boswandeling: Bome en voëls 12:00 Wateroefeningdemonstrasie 14:00 Prysuideling vir jukskei 14:30 Kaas en

’n Emmerlys vir 2020

Stories agter woorde ...

9Februarie 2020 | Jaargang 2 | Uitgawe 4

Daar is altyd ten minste een of dalk meer persone in ’n mens se lewe wat ’n vormende invloed op ’n mens het. Hul sêgoed, doen-en-late of leefstyle vind blywende inslag in ons lewens.

Dus, lewenswaarhede word ingeskerp deur vertellings, stories, legendes, gesegdes, ens. Die slimmes het baie interessante waarhede oor woorde:

• “Woorde is die kragtigste dwelmmiddel wat die mensdom gebruik”. Rudyard Kipling 1865-1936

• “Kleure verbleik, tempels verkrummel, ryke kom tot ’n val, maar wyse woorde oorleef alles”. Edward Thorndike 1874-1949

So kom ek toe af op ’n boekie wat my ma gemaak het ongeveer 24 jaar gelede. Die makery en plakkery kom ’n ver pad! Die koerant wat sy gebruik het was Die Vader- land – ’n koerant uit ons jonger dae, en dié het ’n kolom gehad genaamd: “Gedagte vir die dag”. Ja, jy glimlag. Dalk onthou jy dit ook… wonderlike gesegdes wat ek daarin raakgelees het. Ek deel graag ’n paar met jou.

• “Die lewe is vol kaktusse, maar jy hoef nie daarop te sit nie”. Anoniem

• “Jy sal nooit tyd “vind” om iets te doen nie. As jy wil tyd hê, moet jy dit maak”. Charles Buxton – Engelse skrywer 1823–1871

• “’n Mens lewe om goed te word, jy’t nie ander take nie”. Dalene Matthee – Afrikaanse skrywer

• “Dis nie wat hulle oor jou sê nie, dis wat hulle fluister”. Errol Flynn – akteur 1909–1959

• “Vreugde is om reenboë te sien, maar dit nie te begeer nie”. Vader Frans Claerhout – skilder

• “Vriendskap is heuning, maar moenie alles eet nie”. Marokkaanse gesegde

• “Ons dink volgens die natuur. Ons praat volgens reëls. En ons tree op uit gewoonte”. Francis Bacon – Britse filosoof

• “Waardigheid is soos parfuum; die wat dit gebruik, is skaars bewus daarvan”. Koningin Christina van Swede 1626–1689

• “Wat ons in die lewe sien, hang af van waarna ons soek”. John Lubbovk – Britse sterrekundige 1803–1865

• “Doen wat jy kan, met wat jy het, waar ook al”. Theodore Rooseveldt – President VSA 1858–1919

Ek hoop jy put ook lewenswaardes uit die paar gedagtes. Onthou: die uitleef van lewenswaardes maak dalk net ’n krakie in die muur van iemand anders se hart, maar ’n klomp krakies kan ’n rots laat oopbreek.

• “Sukses is om te kry wat jy wil hê, geluk is om dit wat jy het, graag te wil hê”. Anoniem

Vir die nuwe jaar wat voorlê:

• “Waak daarteen om oor jouself te wanhoop”, so waarsku Sint Augustinus reeds in 354–430.

Volg eerder die raad van Ingrid Jonker (1933–1965) “Moenie slaap nie. Kyk! Agter die gordyn begin die dag dans met ’n pouveer in sy hoed”.

Kom ons dans saam…

Voorspoed vir 2020

Gusta Hoare

Jy het ook seker herinneringe aan vele nuwejaars- voornemes of besluite. Natuurlik slaag min juis in hierdie voornemens. Gebruik nou eerder hierdie nuwe jaar en maak herinninge en bederfies bymekaar – gebruik hierdie nuwe jaar as ’n hoogtepunt deur jou eie wenslys neer te skryf. Nuwejaar is ’n simboliese dag wat nuwe tye en nuwe hoop en vooruitsigte bring.

1. Maak elke dag ’n gesonde affêre

Kerfees het ons onsself dalk vrygespreek van dieet en ons het weggelê aan alle lekkernye. Januarie swoeg ons van voor af om van die oortollige gewig ontslae te raak.

Hier is ’n paar goeie wenke om weer “oor” te begin:

• Begin elke oggend met gesonde ontbyt wat vrugte, laevetmelk en jogurt insluit. Sluit ook eiers of sardyne in want dit hou jou langer versadig en keer dat jy peusel.

• Berei vars slaaie en groentegeregte voor vir middagete.

• Skep eerste van die gesonde kosse en los minder plek vir die ongesonde kosse.

• Let op na porsiegroottes. (Vervolg op bl. 10)

Page 10: JAARGANG ˛ ˝ UITGAWE ˙ STERRELIG9:00 Boswandeling: Bome en voëls 11:00 Boswandeling: Bome en voëls 12:00 Wateroefeningdemonstrasie 14:00 Prysuideling vir jukskei 14:30 Kaas en

10Februarie 2020 | Jaargang 2 | Uitgawe 4

Lag ’n slag ...Die HAT (Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal) verklaar die woord LAG as volg: “Uitdrukking gee aan vrolikheid, ’n besef van iets wat snaaks is, deur die mondhoeke te vertrek en klokgeluide te maak”. Kom ons lees wat het die slim mense vir ons te filosofeer oor die woordjie LAG.

• “LAG is ’n kalmeermiddel sonder newe-effekte”. Arnold Glasow

• “LAG is die son wat die winter van mense se gesigte afvee”. Victor Hugo

• “Ons het almal net een werklik doeltreffende wapen

teen die aanslae van mense en die wêreld, en dit is die vermoë om te LAG”. Mark Twain

Op julle merke … is jy gereed?

Hoop op Hoop1ste seuntjie: “Ek hoor jou ouboet het masels. Dink jy, jy sal dit ook kry?”2de seuntjie: “Ek dink so – as dit vir hom te klein word!”

Hoe meer haas …Ryloper aan boer: “Sal ek die trein om 06:05 nog haal as ek met die kortpad deur u veld gaan?”Boer: “As my Friesbul jou gewaar, sal jy nog die vroeër trein haal!” (Vervolg op bl. 11)

’n Emmerlys vir 2020 (vervolg)

• Soek resepte vir gesonder variasies van jou gunstelingdisse.

2. Beproef ’n resep van ’n ander land of kultuur

Beproef ’n tradisionele resep van ’n land of kultuur wat jou nog altyd gefassineer, het óf kyk na jou eie herkoms vir inspirasie. Lees meer oor daardie land en deel die nuutverworwe kennis met jou gaste wat saam aan die gereg smul. Stel aan jou gaste voor dat die volgende ete by hul huis gaan wees waar julle ’n gereg en inligting uit ’n ander land gaan geniet.

3. Gee aan ander

Bring vreugde in iemand se lewe deur op die een of ander manier vrywilligerswerk te doen soos by ’n oue- tehuis stories voor te lees of iemand in ’n rolstoel bietjie na buite in die tuin uit te stoot. Daar is werklik baie van hierdie projekte wat vrywilligers nodig het. Doen hierdie jaar ten minste een ding om ander te help – nooi iemand wat alleen is oor vir ’n verfrissende koppie tee; besoek ’n sieke en vra of jy die inkopies kan gaan doen.

4. Maak ’n collage

Kry ’n plakkaat, plakboek of bord, skêr en gom…en die kleinkinders. Gebruik ou foto’s van geliefdes, foto’s van vorige vakansies, spesiale tye saam met jou eie kinders, uitknipsels uit tydskrifte, lint en versierings – gebruik enigiets en skep so ’n “onthou jy nog” bundel vol herinneringe. Probeer om jou eie familiestamboom na te vors en inligting bymekaar te sit vir die nageslag.

5. Gee iets, ook aan jouself

Vergewe, want vergifnis word met belangrike aspekte van fisieke en geestelike gesondheid verbind. Vergifnis word in die algemeen positief met beter gesondheid

geassosieer. Dit lei tot verminderde stres wat help om woede te verminder.

6. Leer jouself beter ken

Een van die beste voornemens of besluite wat jy jouself kan gee, is om meer oor jouself te leer – belê in jouself, jou eie identiteit. Voeg waarde toe aan wie jy is en wie jy wil wees. Vind uit waarvan jy regtig hou en nie hou nie, want dit sal jou help om jou standaarde en grense te stel. Jou missie behoort te wees om nie net te oorleef nie, maar om te floreer met passie, deernis, humor en bietjie styl.

7. Belê in jou talente

Deur koekies uit te ruil is ’n eenvoudige manier om ’n verskeidenheid soorte koekies en resepte te bekom. Sit ’n dag opsy om koekies te bak (saam met jou klein- kinders/wederhelfte). Reël ’n spesifieke dag om koekies uit te ruil tussen vriende en dan saam te kuier. Doen daardie “iets” wat jy gedink het jy nie kan doen nie – dalk borduur; skilder; skryf ’n gedig; tuinmaak; visvang; kettie maak vir kleinseun – enigiets wat jyself nog nooit gedoen het nie of gedink het jy nie kan doen nie.

8. Moenie van pret vergeet nie!

Foto’s is kosbaar en groot pret. Doen moeite om meer gereeld gesins- of familiefoto’s te neem, sommer met baie “props” uit ouma en oupa se kas. Doen iets wat heeltemal teen jou persoonlikheid is – laat almal om jou vir jou en saam met jou lag. Dìt gaan die beste onthou van jou nuwejaarsvoorneme wees!

… maar bowenal, moet jy elke stap met beplanning en voorbereiding vir hierdie nuwe jaar geniet!

Laetitia Ludwick

Page 11: JAARGANG ˛ ˝ UITGAWE ˙ STERRELIG9:00 Boswandeling: Bome en voëls 11:00 Boswandeling: Bome en voëls 12:00 Wateroefeningdemonstrasie 14:00 Prysuideling vir jukskei 14:30 Kaas en

11

Nuusbriefplasings en advertensiesOns doen ’n beroep op alle belangstellendes, asook die organiseerders van die verskillende belangegroepe, om ons op hoogte te hou van die aktiwiteite, sodat dit geplaas kan word in die nuusbrief en kalender. Berigte en foto’s oor aktiwiteite wat plaasgevind het, is ook welkom. E-pos dit aan [email protected]. Bydraes moet asb. voor of op die 20ste van elke maand ge-e-pos word vir die volgendemaand se plasing.

Belangegroepestruktuur

SOSIAAL

SameroeperDerek Grobler

BiblioteekRiana Viljoen

LyndansAnnette Swart

KampeerklubDawid Appel

SpeletjiesAnnemie Erasmus

Sosiale funksiesAnnemie Erasmus

HandwerkRita Coetzee

SwemoefeningeMa tot Do, 15h00Negesterswembad

LyndansMa & Do, 15h00Klubhuissaal

HandwerkDi, 14h00HEV-raadsaal

BiblioteekDi & Do, 12h00 – 16h00Biblioteek

Vroue BybelstudieWo, 09h00 – 10h00

FietsryDaagliks, 06h45Huis nr. 222

JukskeiMa tot Sat, 07h00

GholfDi & Do, 07h00Koro Creek

AKTIWITEITE

ONDERSTEUNING

SameroeperVakant

Lief en LeedAnnetjie Meets

Maatskaplike DiensAnnatjie Moore

Geestelike Ondersteuning Herklaas Viljoen

OMGEWING

SameroeperArrie Schreiber

VoëlklubJan de Beer

PlanteJohan Heydenrych

DiereVakant

TerreinJan van Biljon

FINANSIES

SameroeperFrikkie Loyd

Addisionele lidChris Schoeman

SPORT

SameroeperTino Erasmus

GholfCoenie Louw

TennisHannes Adendorff

RolbalHerklaas Viljoen

FietsryMarius Blom

WateroefeningeTino Erasmus

JukskeiFlip Snyders

HengelRassie Erasmus

KOMMUNIKASIE

SameroeperAngus Hughes

NuusbriefHenk Hoogenboezem

Februarie 2020 | Jaargang 2 | Uitgawe 4

Lag ’n slag ... (vervolg)

Dis tog moontlik…Onderwyser: “Koos, hoeveel gee een en een jou?”Koos: “Sewe meneer.”Onderwyser: “Maar dis mos onmoontlik, Koos!”Koos: “Meneer het nog net nie met konyne geboer nie!”

Die gelag betaalEerste belastingbetaler: “Almal behoort hul belasting met ’n glimlag te betaal.”Tweede belastingbetaler: “Ek het probeer, maar hulle wou kontant gehad het!”

Goeie maniereGriet: “Ma, gee my die brood aan.”Ma: “Asse…”Griet: “Asse jy kan bykom!”

Nou toe… hoop die LAGspiere is geprikkel! Geniet die LAG wat na jou kant toe kom…

Gusta Hoare

Page 12: JAARGANG ˛ ˝ UITGAWE ˙ STERRELIG9:00 Boswandeling: Bome en voëls 11:00 Boswandeling: Bome en voëls 12:00 Wateroefeningdemonstrasie 14:00 Prysuideling vir jukskei 14:30 Kaas en

NoodnommersRudi J v Vuuren 082 333 9635(Slange)Hoo�ek 072 213 2225

Ambulans 086 0112 911Medwell 072 312 3499Sekuriteit 060 751 8490

Hansie BoshoffSel: 082 419 4642E-pos: [email protected]

Carin BoshoffSel: 071 612 9129E-pos: [email protected]

KantoorSel: 076 791 3083E-pos: [email protected]

13h30 – 18h30BloedskenkNGK Wes

12Februarie 2020 | Jaargang 2 | Uitgawe 4

SONDAG MAANDAG DINSDAG WOENSDAG DONDERDAG VRYDAG SATERDAG

1

6 7 832 4 5

13 14 15109 11 12

20 21 22

29

1716 18 19

27 28262423 25

07h00 Klubhuis dag20h00 Klubhuis opening

Interhoër NylstroomHoërskool

09h00 Handwerkgroep

FEBRUARIE 2020