Top Banner
Bok, die Valse Koning Alice Nakasango Marleen Visser Fanie Viljoen Afrikaans Level 4
20

Alice Nakasango Marleen Visser Fanie Viljoen Afrikaans Level 4 - … · 2020. 3. 6. · Al die diere het gelag en saamgestem dat die bok kos vir die nuwe koning moet vat. Koning Kat

Feb 16, 2021

Download

Documents

dariahiddleston
Welcome message from author
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Transcript
  • Bok, die Valse Koning

    Alice Nakasango Marleen Visser Fanie Viljoen Afrikaans Level 4

    https://global-asp.github.io/storybooks-southafrica/

  • Eendag was daar ’n bok. Die bok was die koning vanplaasdiere en voëls. Op ’n dag roep die bok al diediere en voëls bymekaar vir ’n vergadering.

    2

  • “My vriende, ek het julle laat roep, want ek het ’ndroom gehad,” het die bok gesê. Al die diere envoëls het stilgebly. Hulle het mooi na hul koninggeluister.

    3

  • “Ek het gedroom dat daar nie meer kos of water indie land oor is nie. Baie van ons familielede hetgesterf!” het die koning gesê. Toe die diere en voëlsvan die droom hoor, was hulle baie bekommerd.“Wat sal ons doen?” het die kat gevra.

    4

  • Die hen en die eend het ’n plan gehad. “Ons moetalmal kos bring en dit in die koning se stoor bêre.”Al die diere het met die plan saamgestem.

    5

  • Die koning het ’n wet gemaak. “Kry toue,” het hygesê. “Bind almal vas wat nie kos na my stoor toebring nie. Dra hulle dan na my toe.”

    6

  • Kort hierna was dit tyd om ’n nuwe koning vir dieplaas te kies. Al die diere en voëls het saamgekomen die kat tot nuwe koning verkies.

    7

  • Maar die bok het geweier dat die kat koning word.“Ek is die koning. Daar is geen ander koning nie. Ekkan nie enige ander dier gehoorsaam nie,” het hygesê.

    8

  • Die diere het kos na die nuwe koning se stoorgebring. Maar die bok het niks gebring nie. “Toe diebok koning was, het ons almal hom gehoorsaam.Nou wil hy nie die nuwe koning gehoorsaam nie.Wat moet ons met hom doen?” het die koei gevra.

    9

  • Al die plaasdiere en voëls was kwaad. “Hy dink hy isanders as ons,” het hulle gebrom.

    10

  • Die hond het gesê: “Ek het hom gehelp toe hykoning was. Ek het saans nie geslaap nie. Ek wasaltyd by hom, gereed om te help.”

    11

  • Die skaap het gesê: “Ek het my wol gegee om sykinders aan te trek.”

    12

  • Die vark het gesê: “Toe hy koning was, het ekgereeld in sy tuin gewerk en bossies uitgetrek.”

    13

  • Die skaap het gesê: “Hy moet verstaan hy is niemeer die koning nie. Ek weet nie hoekom hy dink hyis so belangrik nie.”

    14

  • Al die diere het gelag en saamgestem dat die bokkos vir die nuwe koning moet vat. Koning Kat hetbeveel dat die bok na hom toe gebring moet word.

    15

  • Toe die diere die bok gaan haal, het hy kruisbeen in’n stoel gesit. “Ek sal nie na die kat toe gaan nie.Daar is nie ’n ander koning as ek nie. As jy eens ’nkoning was, is jy altyd ’n koning!” het die bok gesê.

    16

  • “Ons sal jou met toue vasmaak en na die nuwekoning toe vat,” het die skaap gesê.

    17

  • Uiteindelik maak die koei die bok aan haar stert vas.Toe trek sy hom na die koning toe. Die skaap, dieeend, die hond, die vark en die haan het gejuig toedie koei die bok trek. Hulle het almal geroep: “Vathierdie hardkoppige bok na ons nuwe koning toe!”

    18

  • Van daardie dag af weier alle bokke om te loopwanneer hulle getrek word. Hulle dink jy vat hullena die koning se hof toe nie.

    19

  • Storybooks South Africaglobal-asp.github.io/storybooks-southafrica

    Bok, die Valse KoningWritten by: Alice NakasangoIllustrated by: Marleen VisserTranslated by: Fanie Viljoen

    This story originates from the African Storybook ( africanstorybook.org) and isbrought to you by Storybooks South Africa in an effort to provide children’s stories inSouth Africa’s many languages.

    This work is licensed under a Creative Commons Attribution 4.0 International License.

    https://global-asp.github.io/storybooks-southafrica/https://global-asp.github.io/storybooks-southafrica/https://africanstorybook.orghttps://global-asp.github.io/storybooks-southafrica/https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/