Top Banner
Koning van die voëls Fanie Viljoen Wiehan de Jager Afrikaans
14

Koning van die voëls - African Storybook

Nov 25, 2021

Download

Documents

dariahiddleston
Welcome message from author
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Transcript
Page 1: Koning van die voëls - African Storybook

Koning van dievoëlsFanie ViljoenWiehan de Jager

Afrikaans

Page 2: Koning van die voëls - African Storybook

Eendag, lank gelede, het die voëls ’nvergadering gehou. Hulle wou ’nkoning hê, nes die mense en diere.

Watter voël sou koning word?

1

Page 3: Koning van die voëls - African Storybook

"Arend, want hy is sterk en koninklik!"het een voël gesê.

"Nee, hy het nie ’n kroon nie. En as hyroep, klink hy te hartseer," het ’n andereen gesê.

"Dan moet dit volstruis wees, want hyis die grootste en hy brul soos ’n leeu,"het ’n voël uitgeroep.

"Nee, hy kan nie vlieg nie. Die koningvan die voëls moet kan vlieg."

2

Page 4: Koning van die voëls - African Storybook

"Ek dink ek moet koning wees," hetPou voorgestel. Hy het met sy stertgepronk. "Ek is so mooi."

"Jy is te trots," het Uil gekeer. "Ek hetdie grootste oë van enige voël. Ekmoet koning wees."

"Nee, nie jy nie Uil," het die ander voëlsgeroep. "Jy gaan slaap as die sonskyn!"

3

Page 5: Koning van die voëls - African Storybook

Hulle het nie baie ver gekom om ’nkoning te kies nie.

Toe kry ’n voël ’n idee. "Die een wat diehoogste kan vlieg sal koning word,"het sy voorgestel.

"Ja, ja," het al die voëls geroep. Almalhet die lug in gevlieg.

4

Page 6: Koning van die voëls - African Storybook

Gans het ’n dag lank regoor diehoogste berge in die wêreld gevlieg.

Arend het twee dae lank in die hemelbo die berge gevlieg.

Maar Aasvoël het vir drie volle dae,sonder om te stop, reguit na die sontoe gesweef. Ver bokant almal het dievoëls vir Aasvoël hoor roep, "Ek is diehoogste. Ek is die koning!"

5

Page 7: Koning van die voëls - African Storybook

Maar net bokant hom hoor Aasvoël ’nsagte stemmetjie. "Tink, tink, tink! Ek isdie hoogste. Ek is die koning." Dit wasTinktinkie, die kleinste voëltjie vanalmal.

Hy het aan Aasvoël se groot stertverevasgeklou toe hy die lug in sweef.

6

Page 8: Koning van die voëls - African Storybook

"Jy sal my nie weer wen nie," hetAasvoël gesê en pylreg die lug ingevlieg.

Hy het hoër en hoër gestyg totdat hynie meer kon vlieg nie. "Ek is hoër asenige ander voël. Ek is julle koning!"het hy geroep.

7

Page 9: Koning van die voëls - African Storybook

Maar van onder Aasvoël se vlerk hetdie klein voëltjie gekruip. "Tink, tink,tink! Dit is ek, die kleinste een! Ek isjulle koning."

Aasvoël was te moeg om verder tevlieg.

8

Page 10: Koning van die voëls - African Storybook

Hy sweef toe af, met die klein voëltjiesteeds onder sy vlerk.

Die ander voëls was baie kwaad virTinktinkie. Hulle het vir hom gewag omal sy vere uit te pluk.

9

Page 11: Koning van die voëls - African Storybook

Maar die ratse klein Tinktinkie hetgesien hoe kwaad die ander voëls was.Vinnig het hy in ’n leë slanggat ingevlieg.

Die wagtende voëls het vir Uil gesê, "Jymoet met jou groot oë waghou by diegat totdat hy uitkom."

Uil het voor die gat gaan sit.

10

Page 12: Koning van die voëls - African Storybook

Maar die son was warm en gou het Uilaan die slaap geraak.

Klein Tinktinkie het uit die slanggatgeloer. Toe hy sien Uil slaap, het hyweggevlieg.

11

Page 13: Koning van die voëls - African Storybook

Uil was baie skaam omdat hy die kleinvoëltjie laat ontsnap het.

Nou jag hy net saans. In die dag slaaphy waar die ander voëls hom nie kansien nie.

12

Page 14: Koning van die voëls - African Storybook

You are free to download, copy, translate or adapt this story and use the illustrations as long as you attribute in the following way:

Koning van die voëls

AuthorAuthor -- South African FolktaleTTrranslationanslation -- Fanie Viljoen

IllustrIllustrationation -- Wiehan de JagerLanguageLanguage -- Afrikaans

LeLevelvel -- Longer paragraphs

© African Storybook Initiative 2014Creative Commons: Attribution 4.0SourSourcece www.africanstorybook.org