africa’s JULY 2015 VOL 16 - ISSUE 07 SOUTH AFRICA R34.00 [incl VAT] USA $6.50 OTHER COUNTRIES R29.82 [Tax excl] Broadheads Bowhunter Baits Arrows for women Eland- en vlakvarkjag Archery equipment, form and practice Tom Miranda: Scrub bulls Africa’s most demanding animals Bowhunting impala Bow test: Bowtech’s Boss
This is a free sample of AFRICA's BOWHUNTER issue "July 2015" Download full version from: Apple App Store: https://itunes.apple.com/us/app/id808732465?mt=8&at=1l3v4mh Magazine Description: AFRICA's BOWHUNTER is the magazine for the bowhunter, archery enthusiast and game farmer. We mainly publish news and articles of interest to the bowhunter in Southern Africa and any bowhunter in the world who hunts or plans to hunt in Southern Africa. You can build your own iPad and Android app at http://presspadapp.com
Welcome message from author
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Transcript
afric
a’s
JULY 2015VOL 16 - ISSUE 07SOUTH AFRICAR34.00 [incl VAT]USA $6.50OTHER COUNTRIES R29.82 [Tax excl]
Broadheads
BowhunterBaitsArrows for womenEland- en vlakvarkjagArchery equipment, form and practiceTom Miranda: Scrub bulls
Africa’s most demanding animals
Bowhunting impala
Bow test: Bowtech’s Boss
Navrae: Nico 082 442 4506
3de laan 243, Bredell, Kempton Park
GPS-koördinate: S 26 05 min 31 sekE 28 18 min 19 sek
Dit is die punt van die pyl wat die belangrikste is. Wat heel voor is, is immers wat saak maak. Of wat dink jy?
Hier praat ek van jagtoerusting. Natuurlik is skootplasing baie belan-grik, maar as ’n mens dit reeds onder die knie het, dán is dit jou toerust-ing wat die deurslag gee.
Jy moet ’n boog gebruik waarin jy vertroue het en wat akkuraat kan skiet. Jy moet ook skootplasing oefen om seker te maak die pyl tref waar jy mik. Jy moet jou prooi met oorleg kies, een wat reg staan, en jy moet weet waar om te mik om ’n doodskoot te skiet. Maar al doen jy alles reg, kan jou pyl jou steeds kelder. Die pyl is miskien te lig of te slap, of dalk is jou jagpunt stomp.
As jy nie ’n goeie skut is nie, jou boog erg stadig is of al jou pyle te slap of te lig is, kan sake nog reg verloop indien jy ’n nabyskoot doen en jou jagpunt vlymskerp is. Maar al is al die ander dinge reg en skiet jy met die nuutste en vinnigste boog, maar jou jagpunt werk nie, het jy probleme. Dan gaan jou bok baie ver hardloop voor jy hom kry. Die keuse van ’n jagpunt is daarom van die uiterste belang.
In hierdie uitgawe vertel dr. Adrian de Villiers hoe ’n jagpunt ’n bok doodmaak. Met dié inligting in die hand kan jy self besluit watter jagpunt die taak die beste gaan verrig en maak dit hopelik jou keuse makliker. Jan Herholdt skryf waarom hy dink ’n meganiese jagpunt ’n beter keuse as ’n vastelemjagpunt is. Jagpunte is gewis ’n baie emosiebelaaide onderwerp en ons voorsien heelwat kommentaar op laasgenoemde artikel.
Harry Marx skryf oor die Bowtech Boss wat hy getoets het, asook oor ’n groot eland wat hy met die boog geskiet het. Watter bok is die moeilikste om plat te trek? Lees gerus op bladsy 8 wat Fritz Rabé daaroor skryf en besluit of jy saamstem. Hy skryf ook oor die sesde sintuig – daardie gevoel wat ’n mens soms kry; ’n krieweling in jou nek wat jou op jou hoede stel. Het jy dit al ervaar of is dit net verbeelding?
Jeanine van Kradenburg skryf in haar derde aflewering dat goeie toerusting baie belangrik is vir ’n boogskut wat goed wil vaar in kom-
petisies. Sy vertel ook meer oor skietvorm en hoe om te reg te oefen. Ander interessante
artikels is Tom Miranda se vertelling oor sy jagervarings, Cleve Cheney s’n
oor hoe om rooibokke te jag en Malcolm Thomas oor sy voorliefde
om vlakvarke plat te trek. Lees gerus ook meer oor dr. De Villiers se siening oor duurder wild en die fantastiese aan-bod wat hy maak aan jagters wat regtig nie ’n jagtog kan bekostig nie.
Geniet die res van die jagseisoen!
Rean SteenkampRedakteur
AFRICA’S BOWHUNTERAfrica’s Bowhunter [ABH] is an independent monthly publication for the archer, bow hunter, game farm owner and nature lover. Copyright on all articles and material published in ABH resides with the publisher. No part of ABH may be copied or reproduced without permission of the publisher. Opinions expressed in articles or advertisements do not necessarily reflect those of the editor, editorial committee or publishers. Submission of articles for publication is welcome, but although care is taken, the publisher can accept no responsibility for loss or damage to any material submitted.