Naam: - Graad 3 | Leer Afrikaans 123€¦ · haai laai maai taai waai raai paai Ek is „n kwaai haai!! Lees die aai-woorde en skryf jou werkboek. 4 Visuele Diskriminasie Omkring

Post on 18-Oct-2020

2 Views

Category:

Documents

0 Downloads

Preview:

Click to see full reader

Transcript

1

Naam: ____________________________

2

Kyk op watter bladsye jy Rob die Robot kan sien wegkruip?

Waar jy die sterretjie sien is daar „n opdrag. Kyk mooi!!

Hallo maats. My naam is Rob die Robot. In hierdie boek gaan ons die volgende klanke aanleer.

3

Woordlys

baai haai laai maai taai waai raai paai

Ek is „n kwaai haai!!

Lees die aai-woorde en skryf die woorde netjies in jou werkboek.

4

Visuele Diskriminasie Omkring die woord in elke ry wat dieselfde is as eerste een.

baai waai baai laai

haai baai raai haai

laai laai taai kaai

maai taai maai laai

saai saai waai taai

waai taai laai waai

taai raai taai laai

raai baai raai saai

paai paai kaai laai

5

San en die kraai. San lê op haar bed en lees. Sy gaap en draai haar op haar sy, vinnig is San in droomland.

San droom sy sit op „n groot kraai se rug. Hulle swaai en draai en vlieg na Mosselbaai.

Daar ver onder in die baai sien San „n kwaai haai.

“Ek is bly, ek is nie sy ma, want dan sou ek hom moes paai.” sê San vir kraai.

Die kraai swaai en draai, hulle vlieg oor die kaai.

Die kraai land op die kaai. San sien hoe hulle koring op „n vragskip laai. Die kraai smul aan „n taai vrug .

6

San klim weer op kraai se rug en daar vlieg hulle. Oor die kaai waar hulle koring laai. Oor die kwaai haai wat San nie wil paai. San waai vir die haai.

“San!” roep ma. San skrik wakker.

Dit was darem „n lekker droom dink San.

1. Waarheen vlieg San en die kraai?

2. Wat sien San onder in die baai?

3. Kyk in jou woordeboek en skryf die betekenis van die woord

paai neer.

4. Wat is „n kaai?

5. Wat eet kraai op die kaai?

6. Wie maak vir San wakker?

Lees die leesstuk weer sorgvuldig en beantwoord dan die vrae in jou werkboek..

7

Kom ons bou nou die –aai woorde.

1. _________________________

2. _________________________

3. _________________________

4. _________________________

5. _________________________

6. _________________________

Aai, Aai die witborskraai, hiervandaan na Mosselbaai Hoog gevlieg en laag geswaai by die groot see omgedraai.

aai

8

HOU OOP VIR KNIP VAN BLADSY!

9

Lees die nonsens rympie en skryf al die –eeu woorde in jou spelboek.

Kom ons kyk na al die –eeu woorde.

Watter sin pas by watter prentjie.

„n Eeu gelede het die meeu en die leeu in die sneeu geloop. Vandag vlieg die meeu en die leeu loop nog in die sneeu.

Kies die regte sin wat by elke prentjie pas. Knip die prente en sinne uit en plak dit in jou werkboek.

„n Eeu is „n 100 jaar.

„n Meeu vang vis in die see.

Die leeu vang „n bokkie in die veld.

Dit sneeu in die Alpe.

10

HOU OOP VIR KNIP VAN BLADSY!

11

Kom ons lees die gediggie en beantwoord dan die vrae.

Die haan die kraai Die wind die waai

Die bok staan op sy tone En vreet die boer se bone Die boer kom uit met sy kweperlat En slaan die bok op sy linkerblad.

1. Watter word rym met kraai ?

2. Hoekom is die boer kwaad vir die bok?

3. Waarmee slaan die boer die bok?

12

mooi strooi gooi looi hooi nooi tooi rooi sooi kooi

Strooibesem

Pa gooi die groot rooi bal hard in die paadjie af.

Onthou om die –ooi woorde in jou werkboek.

13

Lees die sinne en skryf nou dan jou eie “strooi” storie.

Die mooi nooi is in rooi getooi. Sy maak die kooi mooi op

en looi die stout seun wat die besem van strooi gebreek het.

Die mooi nooi wat in rooi getooi is en haar kooi mooi opgemaak het, lei vir Kol Koei na sy mooi kooi van hooi in die Baai. Sy gooi die mooi rooi bal hoog op die strooi en

plant „n sooi.

14

boei koei loei stoei roei foei

“Ag, foeitog!” sê Kol Koei terwyl sy hard loei. “Die seuns wat stoei het seer gekry!” “Sjoe! Dit is darem nie te erg!” loei Kol Koei. “Julle kan nou met die boot gaan roei.”

Skryf die woorde in jou Werkboek.

15

Skryf nou jou eie storie of „n gediggie in jou werkboek. Gebruik –aai, -ooi, -oei en –eeu woorde. Lees die sinne en onderstreep dan die woord wat in die sin pas.

1. San se rok is (rooi/gooi). 2. Die polisie sirene (boei/loei) hard.

3. Die siek seun lê op die (kaai, kooi). 4. Die (sneeu/meeu) vlieg oor die see.

5. Die wind (waai/laai).

6. Die haan (saai/kraai).

7. Die bok staan op sy (bone/tone) en vreet die

(boer/loer) se (bone/tone).

16

Self-evaluering

1. Ek verdien „n pluimpie vir al my harde werk.

2. Ek het goed gevaar, maar sukkel nog hier en daar.

3. Ek ken al die –aai, -oei, -eeu en –ooi woorde.

4. Ek sal nog aandag moet gee aan die woorde.

5. Ek het nog baie hulp nodig gehad.

Skryf die bladsy nommers hier neer waarop ek wegkruip.

top related