Top Banner
HET JY GEWEET? JUIG! TYDSKRIF 65 —deur Peter Hammond Die Eerste Wereldoorlog 64 JUIG! TYDSKRIF Augustus 2014 is die 100ste herdenking van die Eerste Wêreldoorlog. Katastrofiese keerpunt Die belangrikste eeu van sending het in 1914 tot ’n einde gekom en die erg- ste eeu van vervolging is ingelui. Die gevolge van die Eerste Wêreldoor- log het vandag steeds verreikende gevolge. Toe Christene regeer het In 1914 het Christene bykans die hele wêreld regeer. Buiten China, Japan en die Turkse Ryk, het Protestantse, Roomse, of Ortodokse Christen- magte die wêreld oorheers. Vervulling van die Groot Opdrag Aan die begin van die 20ste eeu het die Christendom gegroei namate Eu- ropese sendelinge elke stam en nasie geëvangeliseer het en dissipels gewerf het. Tydens die eerste wêreldsending- konferensie in 1910 in Edinburgh, het afgevaardigdes voorsien dat die Groot Opdrag binne hulle leeftyd uitgevoer sou wees. Niks sou die wêreldwye op- mars van die Christendom kon stuit nie, behalwe dat Christene toe oor- reed is om mekaar so entoesiasties en doeltreffend uit te roei. Die mense het dit destyds die ‘Groot Oorlog’ genoem omdat dit groter as enige oorlog was wat tot in daardie stadium gevoer is. In terme van die aantal soldate en sterftes en die rampspoedige nagevolge, was dit die mees katastrofiese gebeurlikheid in die geskiedenis van die beskawing. Lewensverwagting in die loopgrawe was ongeveer 6 WEKE lank. Die sluipmoord op aartshertog Franz Ferdi- nand en sy vrou, Sophie, op 28 Junie 1914 in Sarajewo, was die vonk wat aanleiding tot WO I gegee het. SLUIPMOORD IN SARAJEWO DIE GROOT OORLOG TROEPEMOBILISASIE Rusland 12 miljoen Duitsland 11 miljoen Frankryk 8,4 miljoen Groot Brittanje 8,9 miljoen Italië 5,6 miljoen Oostenryk 7,8 miljoen Amerika 4,3 miljoen Gedurende die Eerste Wêreldoorlog is tegnologiese vordering in oorlogvoering gemaak met die gebruik van duikbote en vliegtuie, vlammewerpers, gas en tenks. Hierdie 20ste eeuse wapens is naas 19de eeuse taktiek gebruik. Van die 65 MILJOEN Europese soldate het 9 miljoen gesterf, is 9 miljoen permanent vermink en 15 miljoen ernstig gewond. TEGNOLOGIESE INNOVASIES Dit is onwaar dat chemiese en biologiese oorlogvoering die eerste keer tydens WO I gebruik is. Die Spartane het in 500 v. C. swael en teer gebruik om hulle vyande in die Peloponnesiese-oorlog te oorweldig. Die Franse weermag het die eerste van gas tydens oorlogvoering gebruikge- maak; hulle het tydens die eerste maande van die oorlog gasgranate teen Duitse troepe gebruik. In Januarie 1915 het die Duitsers traangas teen die Russe op die Oostelike Front gebruik, maar die gas het in die koue lug gekonden- seer. In April 1915 is chloorgas naby Ypres op die Westelike Front gebruik. Die Britte, Franse en Duitsers het meer as 130 duisend ton gas op die Westelike Front gebruik, wat 1,2 miljoen soldate aangetas het met 91 198 sterftes. POEL VAN VREDE Die Poel van Vrede in België is ’n 12 m diep krater wat in 1917 ontstaan het toe die Britte ’n myn met 45 ton plofstof laat afgaan het. Die ontploffing is tot in Londen gehoor. CHEMIESE OORLOGVOERING STERFTELYS Die nagevolge van die oorlog was verwoestend. Persentasie bevolking gedood of gewond 8% Brittanje (908 371 gedood) 9% Duitsland (1 773 700 soldate gedood) 11% Frankryk (1 357 800 gedood) Rusland (1 700 000 gedood) Meer mans het op die laaste dag van WO I (11/11/18) gesterf as op D-Dag van WO II (6/6/44) Met so baie mans wat tot die oorlog opgeroep is, moes miljoene vroue hulle plek in die werkplek, in fabrieke en op plase vol- staan. Dit het die sosiale stand van sake ver- ander en die stabiliteit van gesinne verweer omdat ’n generasie kinders die invloed van beide hulle vader en moeder tuis ontneem is. VROUE IN FABRIEKE Ruïnerende kostes Brittanje se oorlogkoste het £6 miljoen per dag beloop. In een 24-uur- tydperk is koeëls ter waarde van £4 miljoen deur Britse soldate op die Westelike Front afgevuur. Die totale koste van die oorlog vir Brittanje was 186,3 biljoen Amerikaanse dollar. Die verlammende skuld as gevolg van die oorlog en verlies aan produktiwiteit, het tot armoede en honger- snood gelei. Belasting het wêreldwyd gestyg om die oorlogskulde te dek. »
2

Wêreldoorlog. Wereldoorlog Articles/WW1.pdf · Die Versailles-verdrag Die wraaksugtige Verdrag van Versailles het tot die ekonomiese en politieke val van Duitsland gelei en uiteindelik

Aug 18, 2020

Download

Documents

dariahiddleston
Welcome message from author
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Transcript
Page 1: Wêreldoorlog. Wereldoorlog Articles/WW1.pdf · Die Versailles-verdrag Die wraaksugtige Verdrag van Versailles het tot die ekonomiese en politieke val van Duitsland gelei en uiteindelik

HET JY GEWEET?

JUIG! TYDSKRIF 65

—deur Peter Hammond

Die Eerste Wereldoorlog

64 JUIG! TYDSKRIF

Augustus 2014 is die 100ste herdenking van die Eerste Wêreldoorlog.

Katastrofiese keerpuntDie belangrikste eeu van sending het in 1914 tot ’n einde gekom en die erg-ste eeu van vervolging is ingelui. Die gevolge van die Eerste Wêreldoor-log het vandag steeds verreikende gevolge.

Toe Christene regeer hetIn 1914 het Christene bykans die hele wêreld regeer. Buiten China, Japan en die Turkse Ryk, het Protestantse, Roomse, of Ortodokse Christen-magte die wêreld oorheers.

Vervulling van die Groot OpdragAan die begin van die 20ste eeu het die Christendom gegroei namate Eu-ropese sendelinge elke stam en nasie geëvangeliseer het en dissipels gewerf het. Tydens die eerste wêreldsending-konferensie in 1910 in Edinburgh, het afgevaardigdes voorsien dat die Groot Opdrag binne hulle leeftyd uitgevoer sou wees. Niks sou die wêreldwye op-mars van die Christendom kon stuit nie, behalwe dat Christene toe oor-reed is om mekaar so entoesiasties en doeltreffend uit te roei.

Die mense het dit destyds die ‘Groot Oorlog’ genoem omdat dit groter as enige oorlog was wat tot in daardie stadium gevoer is. In terme van die aantal soldate en sterftes en die rampspoedige nagevolge, was dit die mees katastrofiese gebeurlikheid in die geskiedenis van die beskawing.

Lewensverwagting in die loopgrawe was ongeveer 6 weke lank.

Die sluipmoord op aartshertog Franz Ferdi-nand en sy vrou, Sophie, op 28 Junie 1914 in Sarajewo, was die vonk wat aanleiding tot WO I gegee het.

SluipmoorD in SarajEWo

DiE Groot oorloG

TROEPEmOBIlIsAsIE

Rusland 12 miljoen

Duitsland 11 miljoen

Frankryk 8,4 miljoen

Groot Brittanje 8,9 miljoen

Italië 5,6 miljoen

Oostenryk 7,8 miljoen

Amerika 4,3 miljoen

Gedurende die Eerste Wêreldoorlog is tegnologiese vordering in oorlogvoering gemaak met die gebruik van duikbote en vliegtuie, vlammewerpers, gas en tenks. Hierdie 20ste eeuse wapens is naas 19de eeuse taktiek gebruik.

Van die 65 miLjoen Europese soldate het 9 miljoen gesterf, is 9 miljoen permanent vermink en 15 miljoen ernstig gewond.

tEGnoloGiESE innovaSiES

Dit is onwaar dat chemiese en biologiese oorlogvoering

die eerste keer tydens WO I gebruik is. Die Spartane het in

500 v. C. swael en teer gebruik om hulle vyande in die Peloponnesiese-oorlog te oorweldig. Die Franse weermag het die eerste van gas tydens oorlogvoering gebruikge-maak; hulle het tydens die eerste maande van die oorlog gasgranate teen Duitse troepe gebruik. In Januarie 1915 het die Duitsers traangas teen die Russe op die Oostelike Front gebruik, maar die gas het in die koue lug gekonden-seer. In April 1915 is chloorgas naby Ypres op die Westelike Front gebruik. Die Britte, Franse en Duitsers het meer as 130 duisend ton gas op die Westelike Front gebruik, wat 1,2 miljoen soldate aangetas het met 91 198 sterftes.

POEl VAN VREDEDie Poel van Vrede in België is ’n 12 m diep krater wat in 1917 ontstaan het toe die Britte ’n myn met 45 ton plofstof laat afgaan het. Die ontploffing is tot in Londen gehoor.

ChEmiESE oorloGvoErinG

sTERFTElYsDie nagevolge van die oorlog

was verwoestend.Persentasie bevolking

gedood of gewond

8% Brittanje (908 371 gedood)

9% Duitsland (1 773 700 soldate gedood)

11% Frankryk (1 357 800 gedood)

Rusland (1 700 000 gedood)

meer mans het op die laaste dag van wo i (11/11/18) gesterf as op D-Dag van wo ii (6/6/44)

Met so baie mans wat tot die oorlog opgeroep is, moes miljoene vroue hulle plek in die werkplek, in fabrieke en op plase vol-staan. Dit het die sosiale stand van sake ver-ander en die stabiliteit van gesinne verweer omdat ’n generasie kinders die invloed van beide hulle vader en moeder tuis ontneem is.

vrouE in fabriEkE

Ruïnerende kostesBrittanje se oorlogkoste het £6 miljoen per dag beloop. In een 24-uur-tydperk is koeëls ter waarde van £4 miljoen deur Britse soldate op die Westelike Front afgevuur. Die totale koste van die oorlog vir Brittanje was 186,3 biljoen Amerikaanse dollar. Die verlammende skuld as gevolg van die oorlog en verlies aan produktiwiteit, het tot armoede en honger-snood gelei. Belasting het wêreldwyd gestyg om die oorlogskulde te dek. »

Page 2: Wêreldoorlog. Wereldoorlog Articles/WW1.pdf · Die Versailles-verdrag Die wraaksugtige Verdrag van Versailles het tot die ekonomiese en politieke val van Duitsland gelei en uiteindelik

HET JY GEWEET? FlAGs

Die Eerste Wereldoorlog

logistieke nagmerrieGedurende die eerste vier jaar het Brittanje 25 miljoen ton voorrade verskeep: (3 miljoen ton kos; 5 miljoen ton hawer

en hooi vir perde; 2 biljoen briewe aan soldate aan die front en 114 miljoen pakkies.

GriEppanDEmiEDaar het meer mense gesterf tydens die Spaanse griepepidemie wat

sommige van die gedemobiliseerde soldate saam met hulle terug huis toe geneem het, as wat daar in die oorlog omgekom het.

Dood aan griep: • 15 miljoen in Europa • 12 mil-joen in Indië • 3-5% van die wêreldbevolking • 25 mil-joen mense het binne 25 weke in die pandemie gesterf.

• Die helfte van die slagoffers was 20 – 40 jaar oud.

mEDiESE vooruitGanG vliEGkorpS

Groot mediese vooruit-gang is gemaak: wond-bestuur, bloedoortap-pings, bloedbanke, spalk van bene, veloorplant-ings, plastiese chirurgie en gesigsrekonstruksie.

loopgraafdieetDie gewone maaltyd vir soldate aan die Westelike Front: bredie met rape, aartappels, wortels soms aangevul met boeliebief en marmite. Tee het sleg gesmaak weens die chloor en kalk om die water te suiwer.

DIERE DEuR DIE BRITsE WEERmAG GEBRuIK

100 000 posduiwe 870 000 perde

Honde is gebruik om telefoonkabels tussen loopgrawe te lê

sekularisasie van EuropaDie skade aan die geestelike lewe van Europa was selfs meer verwoestend as die sterftes en ernstig beseerde mense. Europa het van ’n kerkbywonende be-volking verval in ’n kontinent waar die meeste mense nie meer ’n kerk bywoon nie. Die optimisme van die 19de eeu het gewyk voor die diepgaande pessi-misme ná die Eerste Wêreldoorlog.

selfvernietigende ideologiemaatskaplike Darwinisme het gewild geword onder Europese regerings. Hierdie denke het klem gelê op gewa-pende stryd tussen nasies as gesond en noodsaaklik vir ewolusie en vooruit-gang.

Die Versailles-verdragDie wraaksugtige Verdrag van Versailles het tot die ekonomiese en politieke val van Duitsland gelei en uiteindelik on-vermydelik tot die Tweede Wêreldoor-log.

PessimismeKort na WO I het baie mense na ’n post-Christen-era begin verwys. met oorloë en rewolusies wat die wêreld in wanorde gedompel het, het pessimiste en kritici die dreigende verdwyning van die Christendom voorspel. Tog het Protestantse Christene merkwaar-dige lewenskragtigheid teen alle ver-wagtinge in openbaar.

Oorwin alle teenkantingChristene het die Romeinse Ryk, die invalle deur die Vikings en Barbare-dom, en die Turke, tot die omwenteling van die Franse rewolusie oorkom. Hulle het aangepas en oorwin.

DR. PeTeR HAmmonD is ’n sendeling, outeur en spreker. Skakel: 021 689 4480; [email protected]; www.frontline.org.za

DiE kErSfEES WapEnStilStanD

Op Oukersaand 1914 is daar oor die hele Westelike Front ’n wapenstilstand gehou. Duitse soldate by Ypres in België het ’n Kersboom op hulle loopgraafmure geplaas en Stille Nag begin sing. Britse soldate het ingeval en spoedig het soldate van verskillende lande saam Kersliedere gesing, geskenke gegee en saam kerk-dienste gehou. Op Kersdag het die strydende leërs op niemandsland sokkerwedstryde gespeel en selfs oor en weer by mekaar se loopgrawe gekuier.

Die Royal Flying Corp (RFC) van Brittanje het sportiewe jong manne vir vlieënieropleiding ge-werf. Agtduisend het gedurende opleiding gesterf, wat beteken dat meer Britse vlieëniers as gevolg van ongelukke gesterf het as deur vyande-like aksie. Die meeste het skaars drie weke op die Westelike Front oorleef.

DiE DuiWEl SE WouDTydens een veldslag, die Slag van Delvillebos op 15 Julie 1916, het die Suid-Afrikaanse infanteriebrigade onder

generaal-majoor Lukin opdrag ontvang om Delvillebos te beset en die flank van die Britse

brigade te beskerm. Ná ses dae was daar slegs 750 van die brigade se 3 433 soldate

oor. Van die 146 000 Suid-Afrikaners het 7 000 gesterf en is 12 000 gewond.

Die Rooi BaronDie suksesvolste vegvlieënier was ’n Duitse kavallerie-offisier, baron Manfred von Rich-thofen (1892-1918). Hy het 80 vliegtuie van die vyand in net 16 maande afgeskiet.

luggevegteDie term ‘dog’fights’ het in WO I ontstaan. Gedurende luggevegte het vlieëniers soms die masjien afgeskakel wanneer hulle skielik swenk sodat die masjien nie moes stol nie. Wanneer die masjien dan weer aangeskakel word, het dit soos ’n blaffende hond geklink.

JUIG! TYDSKRIF 67

Wat van Delvillebos oorgebly het

PasschendaeleTydens een veldslag in Vlaandere, België, het die Britse artillerie binne drie dae vyf miljoen bomme oor ’n tienmylfront (16 km) afgevuur. Gemiddeld 5 ton plofstof per m² het die grond in ’n modder-pappery ver- ander wat Britse en Kanadese eenhede, kavallerie en artillerie wat by Passchendaele in hierdie moeras ingestuur is, in die geheel verswelg het.

Loopgrawe van meer as 25 000 myL (40 234 km) lank is aan die westelike Front oor Frankryk en België gegrawe.

66 JUIG! TYDSKRIF