Gemeenteverjaarsdag “Ek maak ‘n verskil”-koeverte Die verbeeldingryke projek het asemrowende verhale hoe R50 ‘n groot verskil gemaak het of ‘n groot opbrengs gelewer het. Geniet en vier saam die pragtige stories wat lidmate met die R50 gedoen het! • Hout gom gekoop, houtwerk gedoen en verkoop. Loof die Here. • Ek het lekkers gekoop om vir die kinders by die robotte [wat so in die winter bedel] staan om vir hulle 'n 'sugar rush' te gee om weer lus vir die lewe te voel. Ek ry daarmee in my kar. • Ek het met my R50 by Sungardens Hospice twee warm jasse en 'n warm trui gekoop. Ek het besluit om dit vir die mense wat langs die straat bedel te skenk. • Ek studeer tans B.Kommunikasiepatalogie, spraakterapie by Tukkies. My pa het ure by my gekoop om gratis terapie-sessies aan minder bevoorregte kinders te gee, sodra ek klaar gestudeer het – Tasha Lemmer • Paar rand bygedra en 'n kombers gekoop vir 'n man langs die pad. • Ek en my suster Anri het ons R50'e gebruik en fudge gemaak. Die fudge het ons verkoop en 'n wins van R240 gemaak. Anri het haar R120 gebruik en Hospice ondersteun deur boeke te koop. Ek het my R120 aan my skool geskenk vir liefdadigheidsweek – Dereen en Anri. • Ek het nie iets met my R50 gedoen nie, maar dit he my geïnspireer om 'n Bybeltjie mooi te maak en iewers op straat uit te deel. Aangesien die kerk heel moontlik 'n verlies gaan maak sit ek nog R50 by, omdat ek onlangs werk gekry het. Groete, 'n Gr-10 leerder. • Het baba klere gekoop vir 'n ses maande oue dogtertjie wat nie wintersklere gehad het nie. Dit was 'n voorreg. Gebruik asb dié R50 vir kollekte. • Het 'n Zulu Bybel vir die hekwag in Delawarestraat Lynnwood gekoop met dié R50 – Kobus Eksteen. • Ek en my vriendin het vir 'n kliënt vir wie ons terapie gee, 'n spesiale Bybel gekoop wat groot gedruk is. Sy het nie 'n Bybel gehad nie en wou so graag een hê. Sy is blind in haar een oog en die ander oog sien baie sleg, dit is hoekom ons die groot gedrukte een geloop het. Sy was baie dankbaar vir die Bybel! • Met ons gesin se 'R50' x 2 koevertjies, het ons kruideniersware gekoop vir die plaaslike Laerskool se koskas – kruideniersware word aan behoeftige gesinne in die Gemeenskap versprei. Ons sê elke dag dankie vir die seën in ons eie lewe en Loof God omdat Hy so goed vir ons sorg. • Groep 7 het deur die jare gewoeker met dit wat tot hul beskikking was. Ons glo dat ons 'n klein verskil gemaak het. Ons hoop dat ons vir oulaas met die oorskot in ons kas, R300, 'n verskil kan maak – voorsitter Sue Visser. • Die Here is goed vir ons, en daarvoor dank ons Hom! • Liewe Dominee, hierdie Rooi Leeu-nootjie het so lank alleen in die koevert geslaap en toe alleen geword. Dit het toe rand maatjies gaan soek en self amper soek geraak. Ons is bly om weer by die Kerk te wees. Hoop ons gee vir iemand wat honger is 'n vol magie. Liefde van M. • Liewe Gemeente Lynwnood! Dit was nou 'n interessante projek wat julle geloods het! Ek is nou nie juis iemand wat geld genereer en vermeerder, ek is beter met die uitgee daarvan. Maar, saam met die uitgee van geld, investeer ek graag in die lewens van mense. Hierdie R50 het my 3 geleenthede gegee om saam met iemand te gaan koffie drink. Met 2 van hulle drink ek wel meer saam koffie ('n Ma van 'n Kinderhuis, om haar bietjie weg te kry van haar 13 seuns) en 'n Ma van 'n huis van Veiligheid, om haar bietjie weg te kry van haar 20 kinders). Dit was so lekker om
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Transcript
Gemeenteverjaarsdag “Ek maak ‘n verskil”-koeverte
Die verbeeldingryke projek het asemrowende verhale hoe R50 ‘n groot
verskil gemaak het of ‘n groot opbrengs gelewer het. Geniet en vier
saam die pragtige stories wat lidmate met die R50 gedoen het!
• Hout gom gekoop, houtwerk gedoen en verkoop. Loof die Here.
• Ek het lekkers gekoop om vir die kinders by die robotte [wat so in die winter bedel] staan om vir
hulle 'n 'sugar rush' te gee om weer lus vir die lewe te voel. Ek ry daarmee in my kar.
• Ek het met my R50 by Sungardens Hospice twee warm jasse en 'n warm trui gekoop. Ek het
besluit om dit vir die mense wat langs die straat bedel te skenk.
• Ek studeer tans B.Kommunikasiepatalogie, spraakterapie by Tukkies. My pa het ure by my
gekoop om gratis terapie-sessies aan minder bevoorregte kinders te gee, sodra ek klaar
gestudeer het – Tasha Lemmer
• Paar rand bygedra en 'n kombers gekoop vir 'n man langs die pad.
• Ek en my suster Anri het ons R50'e gebruik en fudge gemaak. Die fudge het ons verkoop en 'n
wins van R240 gemaak. Anri het haar R120 gebruik en Hospice ondersteun deur boeke te koop.
Ek het my R120 aan my skool geskenk vir liefdadigheidsweek – Dereen en Anri.
• Ek het nie iets met my R50 gedoen nie, maar dit he my geïnspireer om 'n Bybeltjie mooi te maak
en iewers op straat uit te deel. Aangesien die kerk heel moontlik 'n verlies gaan maak sit ek nog
R50 by, omdat ek onlangs werk gekry het. Groete, 'n Gr-10 leerder.
• Het baba klere gekoop vir 'n ses maande oue dogtertjie wat nie wintersklere gehad het nie. Dit
was 'n voorreg. Gebruik asb dié R50 vir kollekte.
• Het 'n Zulu Bybel vir die hekwag in Delawarestraat Lynnwood gekoop met dié R50 – Kobus
Eksteen.
• Ek en my vriendin het vir 'n kliënt vir wie ons terapie gee, 'n spesiale Bybel gekoop wat groot
gedruk is. Sy het nie 'n Bybel gehad nie en wou so graag een hê. Sy is blind in haar een oog en
die ander oog sien baie sleg, dit is hoekom ons die groot gedrukte een geloop het. Sy was baie
dankbaar vir die Bybel!
• Met ons gesin se 'R50' x 2 koevertjies, het ons kruideniersware gekoop vir die plaaslike Laerskool
se koskas – kruideniersware word aan behoeftige gesinne in die Gemeenskap versprei. Ons sê
elke dag dankie vir die seën in ons eie lewe en Loof God omdat Hy so goed vir ons sorg.
• Groep 7 het deur die jare gewoeker met dit wat tot hul beskikking was. Ons glo dat ons 'n klein
verskil gemaak het. Ons hoop dat ons vir oulaas met die oorskot in ons kas, R300, 'n verskil kan
maak – voorsitter Sue Visser.
• Die Here is goed vir ons, en daarvoor dank ons Hom!
• Liewe Dominee, hierdie Rooi Leeu-nootjie het so lank alleen in die koevert geslaap en toe alleen
geword. Dit het toe rand maatjies gaan soek en self amper soek geraak. Ons is bly om weer by
die Kerk te wees. Hoop ons gee vir iemand wat honger is 'n vol magie. Liefde van M.
• Liewe Gemeente Lynwnood! Dit was nou 'n interessante projek wat julle geloods het! Ek is nou
nie juis iemand wat geld genereer en vermeerder, ek is beter met die uitgee daarvan. Maar,
saam met die uitgee van geld, investeer ek graag in die lewens van mense. Hierdie R50 het my 3
geleenthede gegee om saam met iemand te gaan koffie drink. Met 2 van hulle drink ek wel meer
saam koffie ('n Ma van 'n Kinderhuis, om haar bietjie weg te kry van haar 13 seuns) en 'n Ma van
'n huis van Veiligheid, om haar bietjie weg te kry van haar 20 kinders). Dit was so lekker om
hierdie keer te kon sê: NG Kerk Lynnwood stuur liefde en groete, dis húlle koppie koffie! Die 3de
koppie koffie was nuut. Ek ry saam met 'n lidmaat van ons gemeente en sy vra of ek haar kan
help in haar verhouding met God. Ons stop by die eerste die beste koffieplek en uit hierdie
koffiedrink geleentheid het 'n afspraak gegroei om weekliks by mekaar te kom om saam Bybel te
lees en te bid. En albei van ons groei hierdeur in ons verhouding met God. Baie dankie!!! Noëlla.
• Ek het aan my dogters gesê hulle kan hulle R50 gebruik vir kleiner uitreike nou. Ek sal die bedrae
namens hulle nou aan die kerk terugbetaal, maar koop in die proses 'n dag se terapie by hulle
wanneer hulle afgestudeer het (spraak-; oudiologie; fisio). Hulle sal dan die dag aan die kerk
'skenk' by een van die uitreike bv. Mabopane – kleuterskool!
• Ek het die R50 belê in Imuniti (kode IMU) aandele teen 5c/aandeel. Teen Vrydag 10 Junie het
Imuniti verhandel teen 7c/aandeel. Die opbrengs is dus R20 – Kobus van Eeden.
• Ons het vir 'n vriendin, wat baie swaarkry, met 'n bos blomme bederf. (2 Koeverte se geld).
• Neem R50 en koop 2x bestandele vir sop en verkoop.
• R50 gebruik om bestandele te koop om beskuit te bak en verkoop teen wins. Kontant terug:
R300.
• R50 terugvoer: Ekskuus ek het die oorspronklike koevert vergeet. Ek het my R50 vir my huishulp
gegee om geletterdheidsklasse hier by te woon. Sy sukkel, maar sy STRAAL oor elke nuwe
letter/syfer wat sy by leer en weer reg kry. Dis wonderlik.
• Ek het krale gemaak en dit verkoop.
• Johann en ek het besluit om ons 2x R50 rande in plante en arbeid te laat groei. Ons het die Suid
Oostelike tuintjie op die kerk terrein met kompos en kunsmis beplant sodat dit oor 18 maande 'n
lushof behoort te wees. Die plante wat ons gebruik het is meestal inheems en die volgende: