Dunrose Trading 186 (PTY) Ltd H/A Shango Solutions HHK House h/v. Ethel laan en Ruthsingel Northcliff Gauteng Posbus 2591 Cresta 2118 Foon: +27 11 678 6504 Faks: +27 11 678 9731 E-pos: [email protected]Webtuiste: www.shango.co.za White Rivers Exploration (Pty) Ltd Prospekteerregverw.: FS 30/5/1/1/3/2/1/10519 EM Prospekteerreg en Omgewingsmagtiging vir die voorgenome Kroonstad-Suid Prospekteerregprojek Julie 2018 Hierdie agtergrondinligtingsdokument (AID) bied aan u, as 'n belanghebbende en geraakte party (B&GP), 'n oorsig van die voorgenome projek. Die AID nooi u, as 'n B&GP, om deel te neem aan die vereiste openbare deelnameproses (ODP). Die AID bied aan u, as 'n B&GP, 'n geleentheid om by te dra tot en deel te neem aan die formulering van die basiese assesseringsverslag (BAV) en die omgewingsbestuursprogramverslag (OBPV). Die AID bied ook aan u, as 'n B&GP, 'n geleentheid om die projekspan te voorsien van u kommentaar, bekommernisse en beswaar rakende die voorgenome projek.
11
Embed
White Rivers Exploration (Pty) Ltd...1.3 Analise en interpretasie van historiese data [Jaar 1: 3 maande] Die saamgestelde databasiss, soos uiteengesit in afdeling 1.2, sal ondersoek
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
White Rivers Exploration (Pty) Ltd (White Rivers Exploration) het 'n aansoek om prospekteerreg en omgewingsmagtiging ingedien om vir die volgende kommoditeite te prospekteer:
Silwer • Yster • Seldsame aardelemente
• Goud • Mangaan • Swael
• Steenkool • Molibdeen • Uraan
• Kobalt • Nikkel • Wolfram
• Koper • Lood • Sink
• Diamante (Alluviaal) • Platinumgroepmetale
Die aansoek om prospekteerreg is aanvaar deur die Departement van Mineralehulpbronne (DMH): Vrystaatse
Streekskantoor op die 25ste
Junie 2018. Die voorgenome projek sal bekendstaan as Kroonstad-Suid en dit poog om
die potensiële minerale hulpbronne te verken en te kwantifiseer. Ten einde prospekteeraktiwiteite te onderneem,
benodig White Rivers Exploration ʼn prospekteerreg kragtens die Wet op die Ontwikkeling van Minerale- en
Petroleumhulpbronne, 2002 (WOMPH, Wet 28 of 2002). Daar word ook van White Rivers Exploration vereis om 'n
omgewingsmagtiging (OM) te verkry kragtens die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur, 1998 (WNOB, Wet 107
van 1998) wat die voorlegging van 'n basiese assesseringsverslag (BAV) en 'n omgewingsbestuursprogramverslag
(OBPV) behels, asook dat hulle 'n openbare deelnameproses (ODP) onderneem. Shango Solutions is deur White
Rivers Exploration aangestel as die omgewingsassesseringspraktisyn (OAP) om te help om aan hierdie vereistes te
voldoen.
2. DOEL VAN DIE AID
Openbare deelname maak 'n integrale deel uit van die basiese assesseringsproses. Die AID bied die leser die
geleentheid om inligting te verkry, kommentaar te lewer, kommerwekkende kwessies te opper en met die
ontwikkeling van die proses saam te werk. Die verspreiding van hierdie dokument is noodsaaklik om die leser in te
lig oor hoe om by die proses betrokke te raak.
Hierdie dokument is daarop gemik om die leser van basiese inligting rakende die voorgenome projek te voorsien,
wat die volgende insluit:
'n Bekendstelling van die projek, asook besonderhede oor die ligging.
'n Aanduiding van die voorgenome aktiwiteite en die regsraamwerk waarbinne die projek uitgevoer word.
'n Oorsig van basislyn-omgewingsinligting en omgewingsimpakte wat potensieel kan voorkom.
'n Verduideliking van die openbare deelnameproses (ODP) wat gevolg sal word.
ʼn Verduideliking van hoe om as ʼn belanghebbende en geraakte party (B&GP) betrokke te raak.
3. LIGGING
Tabel 1 dui die eiendombesonderhede aan van die prospekteerreg-aansoekgebied. Die gebied waarin daar
belanggestel word, dek altesaam ongeveer 22 202.78 hektaar (ha) wat oor 88 plaasgedeeltes strek en is geleë
in die Kroonstad-Magistraatsdistrik, ongeveer 13 kilometer (km) oos van Kroonstad, in die Vrystaatprovinsie van
Indringende en nie-indringende prospekteeraktiwiteite sal onderneem word as deel van die voorgenome
prospekteerwerkprogram. Die omvang van hierdie aktiwiteite is soos volg:
Fase 1 1.1. Vind en verkry historiese eksplorasiedata [Jaar 1: 3 maande] Alle historiese data wat die posisie en ekonomiese potensiaal van die teikenhorisonne uiteensit, sal verkry word. Die
data wat verkry word, sal wees in die vorm van historiese boorgatinligting, kadasterkaarte, geologiese kaarte,
magnetiese, seismiese data, afstandwaarnemingdata, asook enige inligting ten opsigte van vorige eksplorasie of
mynbou, sal geraadpleeg en geïntegreer word).
1.2 Datavaslegging, GV/GB en vestiging van databasis [Jaar 1: 3 maande] Die data-inventaris sal opgestel word in Microsoft Access-databasiss vir toekomstige verwysing en vir maklike
toegang tot die relevante inligting. Die historiese data sal op gepaste elektroniese databasiss vasgelê word. Die
vasgelegde data sal 'n streng GV/GB-proses ondergaan om te verseker dat dit van die hoogste gehalte en
akkuraatheid is. Wanneer die databasiss hersien is, sal hulle oorgeskakel word in formate wat vir
interpretasiedoeleindes gebruik kan word. Hierdie databasiss sal die grondslag vorm van geologiese inligting wat die
geologiese model en hulpbronskatting van inligting sal voorsien.
1.3 Analise en interpretasie van historiese data [Jaar 1: 3 maande] Die saamgestelde databasiss, soos uiteengesit in afdeling 1.2, sal ondersoek word deur 'n span van Witwatersrand-
geologiedeskundiges. Die doel van die oefening is om nomenklatuur te standaardiseer, geologiese verhoudings te
ondersoek, die geologiese omgewing te bepaal en om die afsettingsomgewing van die gouddraende horison te
herkonstrueer om sodoende die faktore wat die mineralisasie beheer, beter te verstaan.
1.4 Lessenaarstudie [Jaar 1: 3 maande] Die uitkomste van die interpretasie tesame met die mineralisasie-model sal voorgelê word in die vorm van 'n
geologiese lessenaarstudieverslag. Die bevindinge van hierdie verslag sal die grondslag vorm vir die toekomstige
eksplorasiestrategie.
1.5 Aanvanklike veldbesoek [Jaar 1: 2 weke] 'n Veldbesoek sal onderneem word om die applikant vertroud te maak met die oppervlakkenmerke (soos historiese
myne, infrastruktuur, dagsome, waterliggame en moeraslande) in die projekgebied en om die
oppervlakgrondeienaars te ontmoet. Gedurende hierdie besoek sal plaasgrense en plaasaktiwiteite binne die
projekgebied geverifieer word. 'n Poging sal aangewend word om enige faktore te identifiseer wat 'n impak kan hê
op die eksplorasieprogram. Daarbenewens sal daar 'n poging aangewend word om die krae van die historiese
boorgate te vind.
Fase 2 2.1 Opsporing en verkryging van toegang tot die historiese kern [Jaar 2: 3 maande] Sleutelboorgate wat voorheen in die gebied gesink is, sal geïdentifiseer word en daar sal met die eienaars
onderhandel word om toegang tot die kern te verkry.
2.2 Aantekening en hertoetsing van relevante kern [Jaar 2: 5 maande] Wanneer toegang tot die historiese kern verkry is, sal die kern weer aanteken en, indien nodig, hertoets word.
Hierdie aktiwiteit sal toelaat dat historiese boorgat-logboeke geverifieer word en sodoende vertroue verhoog in die
data wat die geologiese model ondersteun.
7
2.3 Interpretasie en integrasie van data in 'n databasis [Jaar 2: 4 maande] Wanneer die aantekening en toetsing voltooi is, sal die vasgelegde inligting ingesluit word in die databasis vir
verdere gebruik in geologiese modellering en hulpbronskatting.
Fase 3 3.1 Geofisiese opname (indien nodig) [Jaar 3: 2 maande] Geofisiese opnames wat in die verlede deur mynmaatskappye uitgevoer is, is beskikbaar en kan verkry word sonder
dat verdere opnames gedoen moet word. Aëromagnetiese streeksopnames is toeganklik en, op grond van ʼn
gunstige uitkoms vir die werk in jaar 1 en 2, sal die besluit geneem word om hierdie opnames aan te koop. Die
geofisiese opname se resultate (indien aangekoop) sal geïntegreer word by die geologiese databasis en in digitale
formaat voorgelê word.
3.2 Vestiging van ʼn voorlopige geologiese model [Jaar 3: 5 maande] Die historiese data sal gebruik word om 'n voorlopige 3-dimensionele geologiese model te ontwikkel. Hierdie model
sal gebruik word om die eksplorasieprogram verder te verfyn.
3.3 Doen teikenontwikkeling en baken boorgatliggings af [Jaar 3: 5 maande] Die voorlopige geologiese model sal gebruik word om die hoofboorgatliggings te identifiseer om vertroue verder te
verhoog in die geologiese model.
Fase 4: 4.1 Boor van 2 diamantboorgate tot op ʼn diepte van 800m [Jaar 4: 11 maande] Afhangende van die aanvanklike geologiese model wat vasgestel is, sal 'n boorprogram van twee boorgate
onderneem word. Vir hierdie fase sal diamantboorgate oorweeg word (Figuur 2 en 3).
4.2 Aantekening en toetsing van boorgate [Jaar 4: 11 maande] Wanneer die boorgate gesink is, sal die boorgatinligting getoets en in die databasis aangeteken word.
4.3 Verfyning van die geologiese model [Jaar 4: 1 maand] Die data wat uit die boor en aantekening van die gate bekom word, sal by die geologiese model geïntegreer word
om die geologie te bevestig en toekomstige boorteikens te verfyn. Die bygewerkte geologiese model sal gebruik
word om die terrein vir die boorgate wat vir Jaar 5 se boorprogram beplan word, vas te stel.
Fase 5: 5.1 Boor van 2 diamantboorgate tot op ʼn diepte van 800m [Jaar 5: 9 maande] Afhangende van die aanvanklike geologiese model wat vasgestel is, sal 'n boorprogram van twee boorgate
onderneem word.
Sou die boorprogram suksesvol wees, sal bykomende gate gesink word. Dit sal in die vorm van ʼn S102-aansoek,
saam met die voorgenome hersiene prospekteerplan en OBPV, aangedui word.
5.2 Aantekening en toetsing van boorgate [Jaar 5: 9 maande] Wanneer die boorgate gesink is, sal die boorgatinligting getoets en in die databasis aangeteken word.
5.3 Finalisering van die geologiese model [Jaar 5: 1 maand] Die data wat verkry word van die sinking en aantekening van die gate sal geïntegreer word in die geologiese model
ten einde die model te finaliseer. Die gefinaliseerde geologiese model sal gebruik word om die 3D-posisie van die
ertsliggaam te bepaal, wat sal help as 'n inset vir die hulpbronskatting.
5.4 Hulpbronskatting [Jaar 5: 2 maande] Die geologiese databasis tesame met die toetsingdata sal gebruik word om 'n hulpbronskatting te doen.
8
5. GEOLOGIESE FORMASIE EN PROSPEKTEERTEIKENS
Die gebied waarvoor aansoek gedoen is, is hoofsaaklik gekies op grond van die historiese data wat vir die streek
beskikbaar is, en hierdie data dui op die moontlikheid dat ekonomies lewensvatbare hulpbronne voorkom. Die
Vrystaatse Goudveld is gedurende die 1930’s op geofisiese wyse ontdek, toe dr. R Krahmann die rand van die
Witwatersrandkom afgebaken het deur die magnetiese skalie van die Wes Rand-groep met ʼn magnetometer te
karteer. Dit is gevolg deur uitgebreide eksplorasieboorwerk vir diamante, wat die goudhoudende konglomeraat van
die Sentrale Rand-groep (Figuur 4) gesny het. Die gevolg was die ontwikkeling van een van die grootste goudvelde
op aarde.
Welkom, die grootste dorp in die Vrystaatse Goudveld, lê ongeveer 270 kilometer suidwes van Johannesburg, en
ongeveer 1 370 meter bo gemiddelde seevlak. Welkom se goudveld het elf myne in die driehoek tussen Allanridge,
Welkom en Virginia opgelewer. Hierdie myne het gesamentlik meer as 9.6 miljoen kilogram goud gelewer.
Die Sentrale Rand-groep van die Witwatersrand-supergroep is binne die voorgenome Kroonstad-Suid
Prospekteerreg teenwoordig, met vier moontlike ekonomiese spoelertsafsettings, naamlik Basaalrif, Big
Pebblekonglomeraat, A-rif en B-rif. Die hoofteikens vir prospekteerwerk is die moontlike gouddraende konglomerate
(riwwe) van die Sentrale Rand-groep binne die Witwatersrand-supergroep.
Die Witwatersrand-supergroep, wat goud dra, is oor die algemeen bedek deur 500 meter Karoo-supergroepstrata,
wat hoofsaaklik bestaan uit horisontale lae sandsteen en skalie van die Ecca-groep. Die Ecca-groep bevat
steenkool op lae vlakke, wat ontginbaar kan wees. Bykomend tot goud, is die primêre prospekteerteiken silwer,
uraan, swael, diamante, seldsame aardelemente en metale in die platinumgroep tans en ook histories as
neweprodukte van goud onttrek. Basismetale (kobalt, koper, mangaan, molibdeen, nikkel, lood, wolfram en sink)
kan moontlik in mafiese intrusies teenwoordig wees.
.
Figuur 3: Tipiese diamantboorpunte. Figuur 2: ʼn Tipiese boormasjien.
9
Figuur 4: Kaart van die Witwatersrandkom (Pretorius, 1964), asook dieptes vir die Sentrale Rand-groep.
6. REGULATORIESE VEREISTES
Suid-Afrikaanse wetgewing vereis dat omgewingsmagtiging vir sekere aktiwiteite verkry word voordat daar met
prospekteerwerk begin word. As deel van die aansoekproses vir omgewingsmagtiging, is dit nodig om die
omgewings en maatskaplike impakte wat met die aktiwiteite gepaard gaan vas te stel, sodat enige moontlike
negatiewe en/of positiewe gevolge wat daaruit kan spruit, geïdentifiseer kan word. Maatreëls moet voorgestel word
om hierdie impakte te vermy of tot die minimum te beperk.
Kragtens die WNOB en sy OIA-regulasies (GN 324/GN 325/GN 327), kan die volgende gelyste aktiwiteit vir die
voorgenome projek geld, en as sodanig is die aansoek aan ʼn basiese assesseringsverslagproses onderhewig:
RK R. 327 (van 2017), Aktiwiteit 20: Enige aktiwiteit, ingeslote die bedryf van daardie aktiwiteit wat ʼn
prospekteerreg kragtens artikel 16 van die Wet op die Ontwikkeling van Minerale en Petroleumhulpbronne, 2002
(Wet 28 van 2002), vereis, ingeslote (a) gepaardgaande infrastruktuur, strukture en grondwerk, wat direk verband
hou met prospektering vir ʼn mineraal, of (b) die primêre verwerking van ʼn minerale hulpbron, ingeslote winning,
onttrekking, klassifikasie, konsentrasie, vergruising, sifting of was; maar uitgeslote die sekondêre verwerking van ʼn
minerale hulpbron, ingeslote smelting, veredeling, reduksie, raffinering, kalsinering of vergassing.
RK 324 (van 2017), Aktiwiteit 12(b): Die uithaal van inheemse plantegroei oor ʼn gebied van 300 vierkante meter of
meer, buiten waar sodanige uithaal van sodanige inheemse plantegroei vir onderhoudsdoeleindes, onderneem in
ooreenstemming met die onderhoudsbestuursplan, nodig is (i) binne enige kritiek-bedreigde of bedreigde ekostelsel
wat ingevolge artikel 52 van die WNOB gelys is, of voor die publisering van so 'n lys, binne ʼn gebied wat as kritiek-
10
bedreig in die Nasionale Ruimtelike Biodiversiteitsassessering 2004 geïdentifiseer is en (ii) binne kritieke
biodiversiteitsgebiede soos in biostreeksplanne geïdentifiseer
7. TIPIESE IMPAKTE WAT MET HIERDIE AKTIWITEITE VERBAND HOU
Die volgende impakte sal, onder andere, deur die basiese assesseringsverslag beoordeel en daarby ingesluit word:
Veiligheids en sekuriteitsrisiko’s vir grondeienaars en wettige bewoners
Inmenging met grondgebruik
Sin vir die plek
Verlies aan/vernietiging van habitat
Skade aan bestaande infrastruktuur
Persepsies en verwagtinge
Verwydering van plantegroei
Grond-onstabiliteit/ saampersing/besoedeling
Erosie en sedimentasie
Versteuring van/skade aan erfeniskenmerke
Geraas
Bekendstelling van uitheemse spesies
Vlugtige vrystelling (stof)
Koolwaterstofstortings/kontaminasie
Besoedeling van oppervlak en grondwater
Opwekking en storting van afval
8. BASIESE ASSESSERINGSPROSES
Die sleutelstappe wat in ʼn tipiese basiese assesseringsproses wat gevolg word, word hier onder beskryf. Aanvang en toepassing
Stel aansoekvorm(s) op en dien dan in by DMH
Openbare deelnameproses
Identifisering van B&GPs
Voorbereiding van kennisgewingdokumente (AID, brief, advertensie, terreinkennisgewing, registrasievorm)
Kennisgewing aan B&GPs en relevante belanghebbendes van die projek
Plasing van terreinkennisgewings en advertensie
Basiese assesseringsverslag (BAV) en omgewingsbestuursprogramverslag (OBPV)
Saamstel van basislyn-omgewingsdata en identifisering van potensiële impakte wat met die projek verband
hou
Assessering van alternatiewe projekaspekte
Spesialisstudies onderneem (indien van toepassing)
Potensiële impakte word getakseer en versagtende maatreëls voorgestel
Moniteringsprogramme word voorgestel om seker te maak dat versagtende maatreëls doeltreffend is
Voorlopige BAV/OBPV word aan die publiek en die owerhede beskikbaar gestel vir openbare oorsig en kommentaar
Finale BAV/OBPV word bygewerk en sluit alle kommentaar in voordat dit voorgelê word aan die DMH
DMH aanvaar die BAV/OBPV of vra vir bykomende inligting
Ons is
hier
11
Rekord van beslissing
DMH neem 'n besluit en keur die aansoek vir omgewingsmagtiging goed of af
Alle B&GPs word in kennis gestel van die uitslag van die aansoek en van hulle reg om appèl aan te teken
9. TYDPERK WAARVOOR DIE OMGEWINGSMAGTIGING VEREIS WORD
Die omgewingsmagtiging word vir vyf (5) jaar vereis.
10. BEHOEFTE EN WENSLIKHEID VAN DIE PROJEK
Indien die prospekteerwerk suksesvol is en ʼn hulpbron gekwantifiseer word, sal dit op ʼn moontlike lewensvatbare
ekonomiese aktiwiteit in die vorm van mynbou dui. Mynbou sal grootliks tot plaaslike ekonomiese groei bydra deur
middel van direkte indiensneming, toekomstige sakegeleenthede, mynreggelde en belastinginkomste.
11. OPENBARE DEELNAMEPROSES
Die leser word hiermee genooi om vrylik deel te neem, en enige vrae of inligting wat tot die basiese
assesseringsproses kan bydra, in te dien. Openbare deelname is ʼn noodsaaklike komponent van die proses. Dit
spreek tot die reg van B&GPs om oor die voorgenome aktiwiteite ingelig te word en betrokke te wees by die besluite
wat hulle raak. Dit bied ook aan die OAP die geleentheid om die kwessies en bekommernisse wat deur B&GPs
geopper word, aan te spreek, wat die OAP in staat stel om al die moontlike impakte van die voorgenome projek te
assesseer.
12. UITNODIGING OM TE REGISTREER
Indien u as 'n B&GP wil registreer en op hoogte gehou wil word van hierdie projek, moet u asseblief die aangehegte
vraelys invul en terugbesorg aan Shango Solutions teen nie later nie as die 31ste
Augustus 2018.
Enige navrae, kommentaar of bekommernisse ten opsigte van hierdie aansoek kan gerig word aan Shango