Top Banner
HOOFSTUK 2 ONDERWERP: GASVRYHEIDSEKTORE EN BEROEPE Daar is TWEE hoof sektore in die gasvryheidsindustrie, naamlik: 1. Die akkommodasie sektor Verskaf ‘n plek om te bly 2. Die voedsel – en dranksektor Verskaf kos en drinkgoed 1. Die akkommodasie sektor: (Plekke om te bly) Wanneer mense as toeriste of vir werksdoeleindes rondreis, benodig hul ‘n tydelike plek om te bly. Hierdie tydelike blyplek voorsien aan hulle ‘n bed, linne, ‘n badkamer en ‘n plek om hulle besittings te kan bêre. Die mense moet vir hierdie diens betaal. 1.1 Tipes akkommodasie: Hotelle, motelle, koshuise, gastehuise, bed en ontbytinstellings(B&B’s) Kulturele dorpies Self–sorg chalets en woonstelle
12

  · Web viewHotelle verskaf akkommodasie wat gediens word, kos en drinkgoed aan toeriste. Hotelle is gewoonlik groot geboue met baie kamers, ‘n ontvangskantoor, restaurante, ‘n

Aug 04, 2020

Download

Documents

dariahiddleston
Welcome message from author
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Transcript
Page 1:   · Web viewHotelle verskaf akkommodasie wat gediens word, kos en drinkgoed aan toeriste. Hotelle is gewoonlik groot geboue met baie kamers, ‘n ontvangskantoor, restaurante, ‘n

HOOFSTUK 2ONDERWERP: GASVRYHEIDSEKTORE EN BEROEPE

Daar is TWEE hoof sektore in die gasvryheidsindustrie, naamlik:1. Die akkommodasie sektor

Verskaf ‘n plek om te bly

2. Die voedsel – en dranksektor

Verskaf kos en drinkgoed

1. Die akkommodasie sektor:

(Plekke om te bly)Wanneer mense as toeriste of vir werksdoeleindes rondreis, benodig hul ‘n tydelike plek om te bly. Hierdie tydelike blyplek voorsien aan hulle ‘n bed, linne, ‘n badkamer en ‘n plek om hulle besittings te kan bêre.

Die mense moet vir hierdie diens betaal.

1.1 Tipes akkommodasie: Hotelle, motelle, koshuise, gastehuise, bed en ontbytinstellings(B&B’s)

Kulturele dorpies

Self–sorg chalets en woonstelle

Kampterreine en karavaanparke

Wildsplase

Koshuise en jeughostelle

1.1.1 Hotelle:

Page 2:   · Web viewHotelle verskaf akkommodasie wat gediens word, kos en drinkgoed aan toeriste. Hotelle is gewoonlik groot geboue met baie kamers, ‘n ontvangskantoor, restaurante, ‘n

Hotelle verskaf akkommodasie wat gediens word, kos en drinkgoed aan toeriste. Hotelle is gewoonlik groot geboue met baie kamers, ‘n ontvangskantoor, restaurante, ‘n kroeg en ‘n swembad.

Die Toerisme Graderingsraad gradeer hotelle met behulp van ‘n stersisteem (*). Die hoogste aantal sterre wat ‘n hotel mag hê is 5. (*****).

Hoe beter die diens en hoe duurder dit is om in die hotel te bly, hoe meer sterre sal dit hê. Aan die ander kant sal ‘n een ster (*) hotel ‘n basiese diens vir ‘n heelwat goedkoper prys verskaf.

1.1.2 Gastehuise en Bed en Ontbyt instellings:

(B & B’s – Bed and Breakfasts):

Dit is plekke soos huise waarin toeriste of besigheidsmense vir ‘n kort tydperk kan bly. Hulle sal ‘n kamer, sekere maaltye en drinkgoed ontvang.

1.1.3 Kulturele dorpies:

Page 3:   · Web viewHotelle verskaf akkommodasie wat gediens word, kos en drinkgoed aan toeriste. Hotelle is gewoonlik groot geboue met baie kamers, ‘n ontvangskantoor, restaurante, ‘n

Plekke waar toeriste die kulturele praktyke van die area wat hulle besoek kan ervaar.Hulle leef soos hierdie mense, eet wat hulle eet en neem deel aan hulle gebruike.

1.1.4 Self–sorg chalets en woonstelle:Rondawels of kamers waarin mense kan bly, met fasiliteite soos braaigeriewe of ‘n klein kombuisie waar hulle hul eie kos kan berei.

Die kamers mag skoongemaak of gediens word.

1.1.5 Kampterreine en karavaanparke:Hier bly mense wat met vakansie is in hulle eie tente of karavane en maak hulle eie kos.

1.1.6 Koshuise en jeughostelle:

Page 4:   · Web viewHotelle verskaf akkommodasie wat gediens word, kos en drinkgoed aan toeriste. Hotelle is gewoonlik groot geboue met baie kamers, ‘n ontvangskantoor, restaurante, ‘n

Dit is goedkoop akkommodasie vir jongmense waar mense dikwels kamers deel en gemeenskaplike badkamers het. Eie linne en kos moet voorsien word. Soms mag ontbyt ingesluit word of ‘n volledig toegeruste kombuis vir selfsorg voedselbereiding.

2. Die voedsel – en dranksektor:(Plekke om iets te eet en te drink)Die voedsel – en dranksektor kan verder in twee sektore verdeel word:

2.1 Die Kommersiële sektor

Besighede in die kommersiële sektor se doelwit is om voedsel en drinkgoed te voorsien en ‘n wins te maak. Sekere besighede funksioneer op hulle eie om slegs voedsel en drinkgoed te verskaf, terwyl ander deel van hotelle vorm waar voedsel, drinkgoed en akkommodasie verskaf word. Restaurante, kroeë, koffiewinkels en spysenieringsbesighede is voorbeelde in hierdie sektor.

2.2 Die Nie - Kommersiële sektor

Besighede in die nie – kommersiële sektor het die doelwit om gesonde voedsel en drinkgoed aan mensemet verskillende behoeftes te verskaf eerder as om ‘n wins te maak. Hulle moet binne die grense van ‘n beperkte begroting funksioneer. Huislike (tuis) – of kontrak spyseniering word dikwels gebruik.Hospitale, tronke, ouetehuise en skoolkoshuise is van die voorbeelde in hierdie sektor.

2.1 Die Kommersiële sektorTIPE DIENSTE GELEWER

Page 5:   · Web viewHotelle verskaf akkommodasie wat gediens word, kos en drinkgoed aan toeriste. Hotelle is gewoonlik groot geboue met baie kamers, ‘n ontvangskantoor, restaurante, ‘n

2.1.1 Besighede vir kos en iets om te drink.

Fynproewer restaurante Hierdie is baie deftige restaurante waar gaste baie geld betaal vir die kos en drinkgoed wat bestel word.

Kinders onder die ouderdom van 12 jaar is gewoonlik nie welkom nie.

Kos word op ‘n baie professionele en deftige manier deur kelners bedien.

Meeste alkoholiese drankies soos wyn, brandewyn, bier, koeldranke soos Coke, Fanta, vrugtesappe en koffie/tee word hier bedien.

Familie restaurante Hierdie is plekke wat mense kan besoek om iets te eet. Kos kan in die restaurant of buite op die stoep geëet word.

Die kos word deur kelners aan die gaste bedien.

In familierestaurante soos die SPUR, is kinders welkom. Die kos en drinkgoed is nie te duur nie.

Sekere alkoholiese drankies, soos bier asook vrugtesappe, melkskommels en koffie/tee word hier bedien.

Kitskos restaurante Kos word baie vinnig by kitskos restaurante soos Kentucky Fried Chicken en McDonalds voorberei. Hierdie kos kan by die restaurant geëet word of weggeneem word om op ‘n ander plek geëet te word. Dis nie te duur om by hierdie tipes restaurante te eet nie.Kitskos restaurante het geen kelners nie. Kos word oor die toonbank deur die verkoopspersoneel bedien. Kinders is welkom en kan gewoonlik in ‘n spesifieke speelarea by kitskos restaurante rondspeel.Geen alkoholiese drankies word bedien nie; slegs vrugtesappe, melkskommels en koffie/tee.

Kuierplekke ( Pubs)

Alkoholiese drankies sowel as kos word bedien. Kelners mag dit aan die gaste bedien.

Koffiekroeë Koffie, tee, vrugtesappe en ander koeldranke, tesame met koek en ligte maaltye word deur kelners bedien.

Syseniers Spyseniers berei voedsel en bedien dit saam met drinkgoed aan gaste tydens spesifieke funksies soos troues, sport geleenthede en musiekkonserte of as kontrakspyseniers in kantiens by ‘n werksplek. Kos mag op die perseel of êrens anders berei word en dan na die onthaalplek vervoer word.

Straat verkopers ‘n Informele voedseldiens word verskaf deur kos soos pap, vrugte en versnaperings vanaf tafels, bokse en klein waentjies langs die pad te verkoop.

Page 6:   · Web viewHotelle verskaf akkommodasie wat gediens word, kos en drinkgoed aan toeriste. Hotelle is gewoonlik groot geboue met baie kamers, ‘n ontvangskantoor, restaurante, ‘n

Vervoer spyseniering Op treine ‘n Goed toegeruste eetwa en

kombuis word gebruik. Spyseniering kan baie informeel of baie formeel wees. Maaltye mag ook aan passasiers in hulle kompartemente bedien word.

Op vliegtuie Die maaltye wat vooraf gaargemaak, verpak en soms gevries is, word slegs in ‘n baie klein kombuisie verhit en dan aan passasiers in hulle sitplekke deur lugwaardinne bedien.

Op busse Baie beperk tot slegs drinkie en versnaperings.

Op skepe Baie informele tot uiters formele maaltye word berei en aan duisendepassasiers op skepe bedien. Baie goed toegeruste kombuise is beskikbaar. Kos word in deftige eekamers of op die dek bedien.

2.1.2 Besighede wat slegs iets te drinke verskaf

Page 7:   · Web viewHotelle verskaf akkommodasie wat gediens word, kos en drinkgoed aan toeriste. Hotelle is gewoonlik groot geboue met baie kamers, ‘n ontvangskantoor, restaurante, ‘n

Kroeë Sterk alkoholiese drankies, soos brandewyn, whiskey en bier word oor die toonbank deur die kroegman bedien. Gewoonlik word geen kos bedien nie.

Belangrike inligting rakende die verkoop en bediening van drank (Die Drankwet)

Drank (alkoholiese drankies), mag slegs bedien of verkoop word deur instansies met ‘n geldige en wettige dranklisensie.

Volgens wet, mag geen persoon onder die ouderdom van 18 jaar enige alkoholiese drankies koop nie.

Volgens wet, mag geen alkohol aan enige persoon onder die ouderdom van 18 jaar in enige Gasvryheidsinstansie bedien word nie.

Drink en bestuur – Wat presies ids oor die limiet?In Suid – Afrika is die wettige limiet ‘n asem alkoholinhoud van 0.24mg per 1,000ml, of ‘n bloed alkohol limiet van 0.05g per 100ml.

Dit is ‘n feit wat in elke bestuurder se geheue ingeprent behoort te word.

Die duimreël is ‘n maksimum van een eenheid alkohol per uur wat 10 ml suiwer alkohol bevat, gebasseer op ‘n volwassene wat 68 kg weeg. Ons liggame kan slegs een eenheid alkohol per uur verwerk. Dis belangrik om te weet dat as jy minder as 68kg weeg, ‘n langer tyd benodig sal word dieselfde hoeveelheid alkohol te kan verwerk.

Wat beteken een eenheid in leke terme? Dit is gelyk aan twee derdes van ‘n bier of ‘n alkoholiese drankie met 5% alkohol inhoud. Vir dié wat wyn drink is 75 ml wit - of rooiwyn per uur met ‘n akoholinhoud van 12% tot 14% aanvaarbaar. Whisky en brandewyn drinkers kan tot een 25 ml sopie alkohol per uur drink.

Die reël is eenvoudig: moet dit net nie doen nie!

2.2 Die NIE – Kommersiële sektor

Page 8:   · Web viewHotelle verskaf akkommodasie wat gediens word, kos en drinkgoed aan toeriste. Hotelle is gewoonlik groot geboue met baie kamers, ‘n ontvangskantoor, restaurante, ‘n

Hospitale Groot hoeveelhede kos word in groot industriële kombuise, vir ‘n klomp pasiënte op ‘n keer gaargemaak.Die kos word in hospitaalkamers aan pasiënte bedien. Die kos word deur kokke in die kombuis voorberei. Daar is geen kelners wat die kos bedien nie.

Skool - en universiteits-koshuise

Groot hoeveelhede kos word in groot industriële kombuise, vir ‘n klomp leerders en studente op ‘n keer gaargemaak.Die kos word in groot eetkamers aan hulle bedien. Kos kan ook in kafeterias aan student bedien word.Die kos word deur kokke in die kombuis voorberei. Daar is geen kelners wat die kos bedien nie.

Korrektiewe dienste (tronke)

Polisiedienste

Weermag

Groot hoeveelhede kos word in groot industriële kombuise, vir ‘n klomp mense op ‘n keer gaargemaak.Die kos word in eetsale bedien. Die kos word deur kokke in die kombuis voorberei. Daar is geen kelners wat die kos bedien nie.

Ouetehuise

Verlossingsleër

(Salvation Army)

Hospice

Kos word gratis of teen ‘n baie lae koste aan sommige minder bevoorregte mense voorsien. Daar word op borgskappe og staats subsidies staatgemaak om voedselkostes te dek.

Sommige besighede word onder maatskaplike syseniering geklassifiseer.