Roodeparkskool – COVID-19 Werkkaarte – DCAPS
Lewensorientering: W1&2Termyn3: Prep
Welkom by COVID – 19 Tuisonderrig
Hoop almal is gesond en veilig. Is julle reg om HARD te
werk??
Liewe leerders die werkkaart bevat die volgende leerinhoud.
1. Publieke veiligheid.
2. Grondbesoedeling
3. Ruimtereise
4. INSTRUKSIES:
· Voltooi al die aktiwiteit op ‘n apartepapier of in jou
huiswerkboek.
· Skryf die datum, opskrif en aktiwiteitnommer op elke werkkaart
.
· Jou ouers/ voog mag jou help wanneer jy sukkel, maar jy moet
die werk self voltooi.
· Bring asseblief alle voltooide werkkaarte saam wanneer die
skool weer heropen.
· STERKTE en geniet dit !!!
Groete
Mev Z de Witt
Gevaarlike speelplekke:
Op treinspore of treinstasies – Treine ry baie vining en jy kan
dalk nie betyds wegkom nie.
Vullishope - Jy kan seerkry of siek word
Moenie in die pad speel nie.-. Motors ry vinnig en jy kan dit
dalk nie eers hoor nie.
Moet nooit op ‘n bouterrein speel nie. – Die toerusting kan
gevaarlik wees.
REIS VEILIG
Sit of staan altyd binne-in die trein. Moet nooit aan dele van
‘n trein hang om saam te ry nie, selfs al is dit vol. Sit stil
wanneer jy in’n taxi ry. Dra ‘n veiligheidsgordel as daar een is.
Moenie die bestuurder se aandag aftrek nie. Moenie by die deure of
vensters uithang nie.
WEES VEILIG MET ELEKTRISITEIT
Moet nooit ‘n lig of elektriese toestel aanskakel as jy nat is
nie.
Wys ‘n volwassene as ‘n elektriese koord verslyt is en die drade
wys.
Moet nooit iets anders as ‘n kragprop in die kragpunt druk
nie.
Moenie naby kragpale of substasies gaan nie.
GEVAARTEKENS
Waarskuwingstekens: (Ken jou tekens)
Baie gevaarlike chemikalieë of gifstowwe het lang name. Ons hoef
nie te weet hoe om die name uit te spreek nie maar ons moet weet of
dit gevaarlik is.
Bly weg van plekke waar jy die teken (gevaar: hoë spannieng )
sien.
ASSESSERING 1
Ontwerp jou eie waarskuwingsteken om mense te wys hulle mag niks
uit ‘n motor strooi nie. Verduidelik jou ontwerp:
Rubriek vir waarskuwingsteken
1
2
1. Teken toon waarskuwing aan
2. Korrekte kleure word gebruik
3. Voltooi in tydsgleuf
4. Genoeg aandag gegee aan projek
5. Verduideliking voldoende
Totaal: /10
Giftig
Irriteermiddel Vlambaar
Bogenoemde tekens word gebruik om mense oor gevaarlike stowwe te
waarsku.
Almal kan dit lees en verskillende tale weet wat dit
beteken.
Vlambaar beteken dit kan baie maklik aan die brand slaan.
Irriteermiddel beteken dit kan die lyf, veral die vel of longe,
irriteer.
Giftig beteken dit is ‘n gif.
Dink aan ‘n stof tuis waaraan jy elk van die simbole kan
heg.
VLAMBARE STOWWE
Baie dinge wat elke dag om ons is, kan aan die brand slaan en
baie vinnig brand. Party stowwe brand vinniger as ander.
Chemikalieë word gebruik om baie produkte te maak wat ons by die
huis gebruik kan ook vlambaar wees.
Bv. Verf en olies en nog baie ander.
ASSESSERING 2
Knip of teken prentjies van vlambare stowwe / produkte rondom
die huis.
1
2
Is prentjies voldoende
Is alle prentjies en sketse van vlambare stowwe
Waar bêre ons vlambare stowwe
Werk netjies gedoen.
Werk ingehandig betyds.
Totaal : /10
GEVAARLIKE SITUASIE RONDOM ONS:
Hoe veilig is jou huis en situasies rondom die huis.
6