WOUWTJIENUUS Laerskool Anton van Wouw Weeklikse Nuus Nuusbrief 12 13 April 2018 DAGBOEK! REVUE: Oefennaweke: 13-14 April, 20-21 April, 4-5 Mei, 11-12 Mei, 18-19 Mei; 25-26 Mei. Kleedrepetisie en fotodag vir die program: 1 Junie REVUE OPTREDES: Ma. 18 Junie Di. 19 Junie Wo. 20 Junie OUPA- en OUMADAG Gr.1-3: Vry. 22 Junie (terwyl Oupa en Ouma hier is vir die groot Revue…) VEREFEES: 15 September (Omdat die Revue in Junie plaasvind, skuif ons dié saamkuier effens later) Byvoorbaat dankie vir u ondersteuning! KASKAR Woensdag, 18 April - 17:00
10
Embed
WOUWTJIENUUSwouwtjies.co.za/wp-content/uploads/2018/04/Nuusbrief-12-13-April... · Dinah Motileni Ons weet dat julle Laerskool Anton van Wouw se naam hoog gaan hou! SKIET ... nog
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Transcript
WOUWTJIENUUS Laerskool Anton van Wouw Weeklikse Nuus Nuusbrief 12 13 April 2018
DAGBOEK! REVUE:
Oefennaweke: 13-14 April, 20-21 April,
4-5 Mei, 11-12 Mei,
18-19 Mei; 25-26 Mei.
Kleedrepetisie en
fotodag vir die program:
1 Junie
REVUE OPTREDES: Ma. 18 Junie
Di. 19 Junie
Wo. 20 Junie
OUPA- en
OUMADAG
Gr.1-3: Vry. 22 Junie
(terwyl Oupa en Ouma
hier is vir die groot
Revue…)
VEREFEES: 15 September (Omdat
die Revue in Junie
plaasvind, skuif ons dié
saamkuier effens later)
Byvoorbaat dankie
vir u ondersteuning!
KASKAR Woensdag, 18 April - 17:00
2
MUSIEKSENTRUM
Daar is nog plek vir SANGLESSE by ons nuwe
sangjuffrou, Alta van Huyssteen (0825774991).
Skakel haar gerus vir meer inligting.
Vir blokfluitles, skakel gerus vir Nico Pienaar
(079 889 5774).
Klavierlesse: Skakel gerus vir Mariana du
Toit (082 570 5411) indien u belangstel.
NB! PRAATJIE Gevare van sosiale media met betrekking tot kinders Datum : Ma. 23 April
Tyd : 17:30
Plek : Skoolsaal
Die skool en die Voortrekkers het hande
gevat om hierdie inligtingsessie/praatjie
moontlik te maak. Ons nooi álle Gr. 4 tot
7 ouers uit om na hierdie belangrike
onderwerp te kom luister, aangebied deur
Carla de Beer van The Digital Law Co.
LW: Die Intersenfase-oueraand begin
direk ná die praatjie om 19:00 en sal
duur tot en met 20:30.
LIEF & LEED Lief:
Hartlik geluk aan juf. Felicia Bornman (Pre-primêr) wat die afgelope vakansie getroud is.
Ons wens haar en haar eggenoot baie seën op hul huwelik toe.
Hartlik geluk aan juf. Marista Pearson (Pre-primêr) met die geboorte van haar seuntjie,
George Charles.
Hartlik welkom aan juf. Marisa Pollard wat vir die volgende ses maande Kinetika by
Pre-primêr sal aanbied.
Leed:
Dit is met groot leedwese dat ons verneem het van die afsterwe van me. Carolie Kruger,
ouer van Ana-Kari (Gr.4) en me. Helene Gelderblom, ouer van oud-Wouwtjies Emma en
Magdalene.
Ons dink met opregte meegevoel en simpatie aan hierdie twee gesinne.
OUERMIDDAG - GR. 1 TOT 3
Maandag, 16 April 2018.
Afspraaklyste is by elke klas opgeplak.
Afsprake is ingedeel in tydsgleuwe van 10
minute en duur van 15:30 tot 18:30.
Kom maak gerus ‘n afspraak!
SKOOLHEKKE: TYE Die hek in Langestraat Suid sal in die
middae om 12:45 oopgesluit word vir
toegang tot die parkeerarea. Die hek
op die hoek van Lange- en Deystraat,
sowel as alle ander toegangshekke tot
die skoolterrein, sal voortaan eers om
13:00 oopgesluit word.
3
-KULTUUR- Ons versoek ons u om alle prestasies (soos aangedui) voor of op die gegewe datums, by me. Gerda Jacobs in te handig. Gebruik die vorm wat in die Nuusbrief verskyn en ook op ons webtuiste en Skoolkommunikeerder beskikbaar is. Die afsny-datums is soos volg: Vrydag, 11 Mei, vir prestasies behaal ná die 2017-Kultuurmerieteaand, tot op hede. Vrydag, 22 Junie, vir prestasies behaal vanaf 1 Mei tot gegewe datum. Vrydag, 7 September, vir prestasies behaal vanaf 16 Junie tot gegewe datum. Vrydag, 5 Oktober, vir prestasies behaal vanaf 1 September tot gegewe datum. Donderdag, 2 November, vir prestasies behaal vanaf 25 September tot op datum. Die finale afsnydatum sal gekommunikeer word sodra die datum van die merieteaand vasgestel is. U sal sien dat die datums (effens) oorvleuel, omdat sertifikate nié altyd dadelik beskikbaar is nie. Ons rig ʼn vriendelike, dog dringende versoek dat u ons hande sterk en moeite doen om by hierdie sperdatums te hou. Die volgende kultuuraktiwiteite se uitslae word nié ingehandig nie. Dit word van die betrokke personeel ontvang. 1. Wouwtjie Kunstefees : Me M Bakkes 2. Speech Festival : Me T Lagerwall 3. Juniorkoor : Me A Friedrich 4. Seniorkoor : Me L Botha 5. Musieksentrum (eksamens): Me M du Toit 6. Voortrekkers : Mnr P vd Zwaard 7. Redenaars : Me N McCord 8. Toastmasters : Me L Bowker Proses: 1. Ouers voltooi die vorm volledig. 2. Plaas afskrifte van sertifikate in dieselfde volgorde as wat die prestasies gelys is, saam met die vorm in ʼn plastiek A4-sakkie. 3. Handig vóór of op die afsnydatum by me. Gerda Jacobs in. 4. Prestasies word in die amfi-teater gelees en verskyn in die Nuusbrief. 5. Medaljes en trofees moet in ʼn duidelik gemerkte sakkie/houer ingehandig word, indien dit in die amfi oorhandig moet word. 6. MOET ASB. GEEN OORSPRONKLIKE SERTIFIKATE SKOOL TOE STUUR NIE.
Die volgende prestasies word deur ouers ingehandig: (Kunswedstryde; Eisteddfods; Eksamens; Optredes) 1. Kuns 2. Drama 3. Dans 4. Musiek (klavier/solo-instrumente) 5. Sang 6. Enigiets nié genoem nie
HOKKIE Ons is opgewonde oor die hokkieseisoen wat reeds dié week afgeskop het. Ons nuwe Astro word in drie aparte velde verdeel. Spelers moet dus asseblief betyds by die Astro aanmeld. Laerskool Anton van Wouw kan met trots sê dat die volgende Wouwtjies in die Noord-Gautengse oefengroep speel: o.12 Dogters Anouk du Plessis o.12 Seuns Sekgotha Dikgale Ethan Rademeyer Sebastiaan Steenkamp o.13 Dogters o.13 Seuns Mosa Phoka Reuven Ferreira Dinah Motileni Ons wens dié leerders geluk met hierdie uitsonderlike prestasie. Ons weet dat julle Laerskool Anton van Wouw se naam hoog gaan hou!
SKIET Baie geluk aan Rouxhan Roux en Karmi Roux wat kranige skuts
(buite-skoolverband) is.
Albei leerders het aan die o.13 drukluggeweer (pellet) en