Top Banner
3

Telefoon: 011 362 6858 Posbus 11401 Faks: 086 607 1075 … · 2019-03-12 · RESEP VIR KLEI 500ml Meel 200ml Sout 30ml Kremetart Plaas in ‘n kastrol. Voeg volgende by: o 500ml Water

Jun 19, 2020

Download

Documents

dariahiddleston
Welcome message from author
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Transcript
Page 1: Telefoon: 011 362 6858 Posbus 11401 Faks: 086 607 1075 … · 2019-03-12 · RESEP VIR KLEI 500ml Meel 200ml Sout 30ml Kremetart Plaas in ‘n kastrol. Voeg volgende by: o 500ml Water

Telefoon: 011 362 6858 Posbus 11401

Faks: 086 607 1075 Selcourt

1567

E-Pos: [email protected]

Web: www.laerskoolselectionpark.co.za Laerskool Selectionpark

Ons kommunikeer met die ouers deur middel van die “kommunikeerder”. Ons vra

vriendelik dat u die “D6 Communicator” aflaai op u foon of rekenaar – “Kies

Laerskool Selectionpark”. Op hierdie manier sal u altyd op hoogte wees van wat

aangaan by die skool

Page 2: Telefoon: 011 362 6858 Posbus 11401 Faks: 086 607 1075 … · 2019-03-12 · RESEP VIR KLEI 500ml Meel 200ml Sout 30ml Kremetart Plaas in ‘n kastrol. Voeg volgende by: o 500ml Water

2

INHOUDSOPGAWE

1. Boodskap vir nuwe maatjies ……… Bl 3

2. Gebed van ‘n kleuter …………………… Bl 4

3. Doel van Gr RR ………………………….. Bl 5

4. Personeelinligting …………………… Bl 5

5. Kostes ………………………….. Bl 6

6. Lys van benodigdhede …………………… Bl 7

7. Werkkaarte ………………………….. Bl8

8. Klerewinkeltye ………………………….. Bl 8

9. Skooltye ………………………….. Bl 9

10. Algemene reëls vir Gr RR …………….. Bl 9

11. Buitemuurse aktiwiteite …………….. Bl 10

12. Skoolkwartale vir 2020 …………….. Bl 11

13. Kleiresep ..................... BL12

Page 3: Telefoon: 011 362 6858 Posbus 11401 Faks: 086 607 1075 … · 2019-03-12 · RESEP VIR KLEI 500ml Meel 200ml Sout 30ml Kremetart Plaas in ‘n kastrol. Voeg volgende by: o 500ml Water

3

Spesiale boodskap vir ons nuwe maatjies!

Ons hoop dat jy van jou nuwe skool hou! Hier by ons

gaan jy slim word saam met jou nuwe maatjies!

Ons het 3 goue reëls by ons Parkie Karnallie-skool:

➢ Luister

➢ Dink

➢ Doen

Sjoe, dit is darem nie te moeilik nie né! As jy dit kan

doen gaan skool BAIE LEKKER wees!

Jy moet nooit bang wees nie, ons juffrouens is daar

om jou handjie styf vas te hou!

Ons sien uit daarna dat jy een van ons TROTSE Parkie

Karnallies word!

Groete

Graad RR Personeel

Page 4: Telefoon: 011 362 6858 Posbus 11401 Faks: 086 607 1075 … · 2019-03-12 · RESEP VIR KLEI 500ml Meel 200ml Sout 30ml Kremetart Plaas in ‘n kastrol. Voeg volgende by: o 500ml Water

4

GEBED VAN ‘N KLEUTER

Liewe Juffrou

Jy ken my nie regtig nie.

Jy ken nie my diepste gedagtes

en diepste vrese nie.

Jy weet nie hoe ek worstel om

gewild en aanvaarbaar te wees nie.

Jy weet nie hoe graag ek wil hê

iemand moet my raaksien en in my glo nie.

Maar wanneer jy vir my glimlag en sê: “Jy kan dit doen, ek weet jy kan,”

voel ek spesiaal ....

en dan dink ek dat jy my

beter ken as wat ek dink.

Page 5: Telefoon: 011 362 6858 Posbus 11401 Faks: 086 607 1075 … · 2019-03-12 · RESEP VIR KLEI 500ml Meel 200ml Sout 30ml Kremetart Plaas in ‘n kastrol. Voeg volgende by: o 500ml Water

5

DOEL VAN GRAAD RR

Graad RR maak u kind gereed vir Graad R en daarom werk ons aan die volgende:

✓ Perseptuele ontwikkeling ✓ Groot motoriese ontwikkeling ✓ Roetine ✓ Higiëne ✓ Vryspel ✓ Taalvaardighede ✓ Luistervaardighede ✓ Selfvertroue

PERSONEELINLIGTING

HOOF : Mnr A.F. du Plessis

ADJUNK-HOOF : Mnr O.J. van Schalkwyk

DEPARTEMENTSHOOF : Me Suzan Joubert

Jy is spesiaal!

!!

Ons kan nie wag om

julle, groot, sterk en

slim te maak nie!!

Ons gaan inkleur, knip

en plak, met klei speel

en julle gaan baie

nuwe maatjies kry!

Page 6: Telefoon: 011 362 6858 Posbus 11401 Faks: 086 607 1075 … · 2019-03-12 · RESEP VIR KLEI 500ml Meel 200ml Sout 30ml Kremetart Plaas in ‘n kastrol. Voeg volgende by: o 500ml Water

6

KOSTES:

Fooie: ‘n Registrasiefooi van R750-00 is betaalbaar. R200 is

betaalbaar sodra u die Aansoek om Toelatingsvorm met

die nodige dokumentasie inhandig – Balans van die fooie

kan maandeliks afbetaal word. Die volle fooi van R750

moet vereffen wees, voor of op 30 September 2019

HIERDIE FOOI IS NIE TERUGBETAALBAAR NIE!! Die maandelikse fooie van R900-00 is betaalbaar voor of op die

vyfde dag van elke maand vir elf maande vanaf Januarie tot

November. Alle skoolfonds is vooruitbetaalbaar

Omdat kontant ‘n veiligheidsrisko inhou verkies ons dat alle betalings per

Internet gedoen word. Debietorder fasiliteite kan gereël word.

❖ Onthou asseblief om u rekeningverwysingskode te

gebruik as verwysing wanneer u ‘n betaling maak (Verwysingskode op die rekening is, links bo, direk bokant u Van en Adres)

Graad RR en Gr R vorm nie deel van verpligte onderwys nie daarom is daar

geen subsidies beskikbaar vir Graad RR en Gr R nie.

➢ Fooie sluit die volgende in:

❖ U maandelikse skoolfonds

❖ Bak-en-broufooi

❖ Handboeke

❖ Afgerolde werkkaarte

Sodra u bewys lewer dat u fooi vir Januarie 2020 betaal is sal u kind ‘n

skryfbehoeftepakket ontvang (Bly skool se eiendom)

Alle handboeke en afgerolde werk BLY te alle tye DIE SKOOL SE

EIENDOM

➢ Naskoolsentrumfooie:

Naskoolsentrumfooie is betaalbaar oor 11 maande Eerste leerling : R870-00 per maand

Tweede leerling : R800-00 per maand

Derde leerling : R750-00 per maand

➢ Spesiale pakket vir GRAAD RR EN GRAAD R: Hierdie pakket sluit u Klasfooie en Naskoolsentrumfooie in!!

Fooi: R1 700-00 per maand, betaalbaar oor 11 maande

Hierdie is voorlopige fooie, alle fooie sal bekragtig word op ‘n Ouervergadering later vanjaar!

Page 7: Telefoon: 011 362 6858 Posbus 11401 Faks: 086 607 1075 … · 2019-03-12 · RESEP VIR KLEI 500ml Meel 200ml Sout 30ml Kremetart Plaas in ‘n kastrol. Voeg volgende by: o 500ml Water

7

SKRYFBEHOEFTEPAKKET – SKOOL VOORSIEN, bly die

skool se eiendom

1 Amos (Groot)

1 Houer Houtlym

1 Skêr – (Een kleiner gaatjie vir die duim en aan die ander

kant

‘n groter gaatjie waar daar ± 3 vingertjies kan inpas)

1 Witbord

2 Witbordpenne – Swart (Maxiflo White Board Marker)

1 A4 160g Board Bright Pad Assorted 20’s – Kartonne

1 Pak Gekleurde gompapier

1 Boksie Jumbo Vetkryte

2 x 12’s Daniel Jumbo Twist Crayons of Mon-Ami

1 Pennesakkie – materiaal ± 35cm lank

1 Houer Waterverf

1 Kwas – Rond Nr 12

1 Denim Stoelsakkie

1 Deurskynende waterdigte boeksak met ritsluiter _____________________________________________________________________

SKRYFBEHOEFTES – U KOOP SELF AAN

Die volgende items vorm nie deel van die pakket nie

daarom vra ons u om dit asseblief self aan te koop:

(Al die items wat u aankoop is vir die hele jaar, ons gaan nie

later in die jaar van u vewag om iets aan te koop nie)

❖ Toiletpapier – 4 rolletjies per kwartaal

❖ 1 Doos sneesdoekies per kwartaal

❖ 1 Houer vloeibare handseep per kwartaal

❖ 1 Houer / pak “Wet Wipes” per kwartaal

❖ 1 Groot bal (Skryf asseblief u kind se naam op)

❖ 1 Inkleurboek ± 100 bladsye

❖ 24 Stuk legkaart – Merk asseblief elke legkaartblokkie

❖ Stoflappie

❖ 1 Plekmatjie

❖ Soutklei (Resep is op bladsy 12) Nie gekoopte klei nie

❖ 1 Pakkie Ziplock sakkies – enige grote

❖ 1 Witbordpen ❖ 1 A4 72p Blanko skrif (trek self oor met mooi papier en plastiek)

Page 8: Telefoon: 011 362 6858 Posbus 11401 Faks: 086 607 1075 … · 2019-03-12 · RESEP VIR KLEI 500ml Meel 200ml Sout 30ml Kremetart Plaas in ‘n kastrol. Voeg volgende by: o 500ml Water

8

WERKKAARTE

KLEREWINKELTYE Maandae tot Donderdae 13:00 tot 14:30

Vrydae 13:00 tot 13:45

Die winkel sal ook op die volgende dae en tye oop

wees: ➢ Saterdag 11 Januarie 2020 09:00 tot 13:00

➢ Maandag 14Januarie 2020 09:00 tot 13:00

➢ Dinsdag 15 Januarie 2020 09:00 tot 13:00

SAL VANAF 3 Desember 2019 GESLUIT WEES!

In Gr RR fokus ons op perseptuele ontwikkeling.

Ons maak gebruik van handboeke en werkkaarte wat

afgerol word.

Die skool voorsien al die handboeke en werkkaarte

Ons Gr R maatjies kom elke dag skooltoe met die

hempie wat gemerk is vir die betrokke dag van

die week. (Nie verpligtend nie)

U kind leer nou die verskillende kleure asook die

dae van die week ken

Al die klere is beskikbaar in die “Kleretrommel”

Page 9: Telefoon: 011 362 6858 Posbus 11401 Faks: 086 607 1075 … · 2019-03-12 · RESEP VIR KLEI 500ml Meel 200ml Sout 30ml Kremetart Plaas in ‘n kastrol. Voeg volgende by: o 500ml Water

9

SKOOLTYE

Gr RR, Gr R:

➢ Maandae tot Vrydae:

Skool begin STIPTELIK om 07:25 tot 13:05

➢ Wagklas:

▪ Indien u nie u kind om 13:05 kan kom haal nie

kan die kind, onder toesig, in die wagklas wag

tot 13:35

▪ ‘n Kind mag hier wag vir ‘n ouer broer of suster

totdat die skool uitkom

▪ GEEN WAGKLAS OP VRYDAE!!

ALGEMENE REËLS VIR GRAAD RR

✓ Vir die eerste twee weke verdaag die kinders om 12:00. Om veiligheidsredes mag die kinders slegs by die klas afgehaal word

✓ Na twee weke verdaag ons om 13:05. Daar sal toesig wees tot 13:35

✓ Merk asseblief al u kind se klere, kosblikke, waterbottels ens. ✓ GEEN SPEELGOED WORD TOEGELAAT NIE BEHALWE

VRYDAE! ✓ Die kleinhekkie by die Gr R klasse word om 07:25 gesluit en

eers weer om 13:05 oopgesluit ✓ Hou D6 Kommunikeerder dop vir inligting oor die draaihekke ✓ Om orde en dissipline in die klas te handhaaf versoek ons u

asseblief vriendelik om u kind in die oggend by die wagklas te besorg en dan asseblief dadelik te verdaag

✓ Indien u iets met die Onderwyseres wil bespreek moet u asseblief vooraf ‘n afspraak maak vir na 13:15 – Juffrou kan ongelukkig nie soggens ouers te woord staan nie!

✓ Pak asseblief elke dag vir u kind ‘n voedsame kospakkie ✓ Geen gaskoeldranke nie asseblief – slegs vrugtesap of water

Page 10: Telefoon: 011 362 6858 Posbus 11401 Faks: 086 607 1075 … · 2019-03-12 · RESEP VIR KLEI 500ml Meel 200ml Sout 30ml Kremetart Plaas in ‘n kastrol. Voeg volgende by: o 500ml Water

10

✓ Om higiëniese redes vra ons u asseblief om u kind van sy eie waterbottel te voorsien (verpligtend). Merk asb. die bottel

✓ Kinders mag op elke tweede DONDERDAG van die maand snoepiegeld bring- snoepiekaarte kan ook gebruik word, inligting sal volg. Die ander twee Donderdae “Bak en Brou” ons

BUITEMUURSE AKTIWITEITE

Atletiek: Alle Gr RR leerlinge neem deel aan die interhuisatletiek

(Nie verpligtend)

Playball: Word een keer per week vir 30 minute gedurende skooltyd

aangebied (Betaling direk aan Playball) Kontak

Me Mandie Wagner – 011 811 6329

Ballet: Lesse word by die skoolsaal aangebied.

(Betaling direk aan afrigter) Kontak

René – 082 304 8191

Rugga Kids: Word een keer per week vir 30 minute

gedurende skooltyd aangebied.

(Betaling direrk aan Rugga-Kids)

Kontak Mnr Johan van Schalkwyk -

082 327 0846

Petite Netbal: Word een keer per week vir 30 minute gedurende

skooltyd aangebied. (Betaling direk aan Petite

Netbal) Kontak Mnr Johan van Schalkwyk –

082 327 0846

Drama: Lesse word by die skool aangebied gedurende

skooltyd. Kontak Elize by 082 457 6169

Braingym: Lesse word by die skool aangebied gedurende

Skooltyd. Kontak Thys Lourens by 082 254 1188

Tennis: Lesse word by die skool aangebied gedurende

Skooltyd. Kontak Gary by 082 774 4364

Young Engineers: Lesse word by die skool aangebied gedurende

skooltyd. Kontak vir Ronel by 083 715 3339

SKOOLKWARTALE VIR 2020 KWARTAAL 1 KWARTAAL 2 KWARTAAL 3 KWARTAAL 4 VAN TOT VAN TOT VAN TOT VAN TOT

15/01 20/03 31/03 12/06 07/07 18/09 29/09 02/12

Page 11: Telefoon: 011 362 6858 Posbus 11401 Faks: 086 607 1075 … · 2019-03-12 · RESEP VIR KLEI 500ml Meel 200ml Sout 30ml Kremetart Plaas in ‘n kastrol. Voeg volgende by: o 500ml Water

11

Liewe Pappa en Mamma

Hiermee gee ons vir u ‘n paar riglyne wat ons wil hê u moet

toepas om u kind se taal en spraakvaardighede te ontwikkel:

❖ Praat soveel as moontlik met u kind. PRAAT, PRAAT,

PRAAT! (Jou kind leer deur te luister hoe jy woorde

uitspreek)

❖ Praat soveel as moontlik oor dinge wat vir jou kind belangrik

is en luister na wat jou kind sê

❖ Praat stadig en duidelik

❖ MOENIE BABATAAL PRAAT NIE!

❖ Praat in ‘n eenvoudige taal en verduidelik moeiliker begrippe

❖ Leer jou kind om te luister na wat ander mense sê

❖ Verkeerde taalgebruik behoort reggestel te word. (Herhaal

die regte sin - jou kind moet dan luister wat jy sê sodat hy

die korrekte taalgebruik kan hoor)

❖ Werk daaraan om spraakprobleme reg te stel. As ‘n kind

klanke of woorde verkeerd uitspreek, kan dit dalk later

probleme veroorsaak wanneer hy leer lees en skryf

Page 12: Telefoon: 011 362 6858 Posbus 11401 Faks: 086 607 1075 … · 2019-03-12 · RESEP VIR KLEI 500ml Meel 200ml Sout 30ml Kremetart Plaas in ‘n kastrol. Voeg volgende by: o 500ml Water

12

RESEP VIR KLEI

500ml Meel

200ml Sout

30ml Kremetart

Plaas in ‘n kastrol. Voeg volgende by:

o 500ml Water

o 30ml Olie

o 2,5ml Geursel of Kleursel

Roer oor vinnige hitte in kastrol tot klonte vorm.

Verlaag hitte. Roer tot klammigheid verdwyn. Wag

tot afgekoel is voor begin knie. Knie vir 5 minute –

(Gee elastisiteit)

NB: Moet asseblief nie enige van die bestanddele

(veral die kremetart) uitlaat nie - dit verleen

elastisiteit aan klei!!

Speel asseblief self met die klei om te kyk of dit aan

die hande klou – as te pap is, kook nog ‘n rukkie