Top Banner
PRG Atletiekspan Nommer Een in SA By die pasafgelope Top- 20-atletiekbyeenkoms in Bloemfontein het Paul Roos se atletiekspan 25 ander skole landwyd oortref en eerste geëindig. Grey Kol- lege was derde, Paarl Gim vierde, Boishaai vyfde en Boland Landbou sesde. Van die dag se 10 topprestasies op die SASOL-stelsel is drie deur PRG-atlete behaal: Stephan Brits, o/18 verspring (2de beste); Du- wayne Boer, o/15 verspring (7de beste) en Ruaan van Wyk, o/18 paalspring (10de beste). Paul Roosers het ook vyf goue medaljes verower. ’n Paar dae vroeër het nog ’n geskiedkundige byeenkoms op Coetzenburg plaasgevind. Die ou Driehoekige Byeenkoms tussen PRG, Boishaai en Boland Landbou het ’n geleidelike dood gesterf toe eers Boland Landbou en later Boishaai onttrek het. Om te voorkom dat PRG net met homself sou moes speel, is ’n nuwe verbintenis in die lewe geroep – PRG en Bloemhof gekombineer teen twee ander voorste atletiekskole, Paarl Gim- nasium en DF Malan – en die dramatiese eerste byeenkoms het plaasgevind op Dinsdag 9 Februarie. Op ’n snikhete dag het dit aan- vanklik baie gelykop verloop, met DF Malan se uitstekende atlete en Gimmies se besondere hek- kieslopers teen die Stellenbosse Konfederasie, maar gaandeweg het laasgenoemde die oorhand begin kry, en toe die laaste item om ongeveer 21:00 onder die spreiligte afgehandel is, was PRG en Bloemhof die wenners met 883 punte teen Paarl Gim se 755 en DF Malan met 569. ’n Mens moet in ag neem dat DF Malan se atlete die vorige Vrydag aan ’n baie intense MTBS-byeenkoms deelgeneem het, en hulle dalk aan die moeë kant was. Maar op die pawiljoen was die DF-ondersteuners se openingseremonie iets besonders om te sien. Kloksgewys van bo: Die PRG- Bloemhofspan kom by die by- eenkoms aan; Stephan Brits, verspring-silwermedaljewenner by die Wêreld Jeugspele, wen die 200m; Emile Pieterse eerste in die 800m; Karla Brönn van Bloemhof vlieg oor die hekkies; en hoofseun Renier Marais met die vlag. SUIDWAL • STELLENBOSCH • 7600 • OSU/OBU T/F: 021 883 8627 • PRG T: 021 887 0017 • www.paulroos.co.za • [email protected] Maart/March 2010 Foto’s: Nic de Jager/INTERAKT JAARGANG 29 • NOMMER 1 oudskoliere-nuusbrief old boys’ newsletter
14

SUIDWAL • STELLENBOSCH • 7600 • OSU/OBU T/F: 021 883 8627 ...

Dec 18, 2021

Download

Documents

dariahiddleston
Welcome message from author
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Transcript
Page 1: SUIDWAL • STELLENBOSCH • 7600 • OSU/OBU T/F: 021 883 8627 ...

JAN

UA

RIE

200

7

PRG Atletiekspan Nommer Een in SABy die pasafgelope Top-20-atletiekbyeenkoms in Bloem fontein het Paul Roos se atletiekspan 25 ander skole landwyd oortref en eerste geëindig. Grey Kol-lege was derde, Paarl Gim vierde, Boishaai vyfde en Boland Landbou sesde.

Van die dag se 10 topprestasies op die SASOL-stelsel is drie deur PRG-atlete behaal: Stephan Brits, o/18 verspring (2de beste); Du-wayne Boer, o/15 verspring (7de beste) en Ruaan van Wyk, o/18 paalspring (10de beste).

Paul Roosers het ook vyf goue medaljes verower.

’n Paar dae vroeër het nog ’n geskiedkundige byeenkoms op Coetzenburg plaasgevind.

Die ou Driehoekige Byeenkoms tussen PRG, Boishaai en Boland Landbou het ’n geleidelike dood gesterf toe eers Boland Landbou en later Boishaai onttrek het.

Om te voorkom dat PRG net met homself sou moes speel, is ’n nuwe verbintenis in die lewe geroep – PRG en Bloemhof gekombineer teen twee ander voorste atletiekskole, Paarl Gim-nasium en DF Malan – en die dramatiese eerste byeenkoms

het plaasgevind op Dinsdag 9 Februarie.

Op ’n snikhete dag het dit aan-vanklik baie gelykop verloop, met DF Malan se uitstekende atlete en Gimmies se besondere hek-kieslopers teen die Stellenbosse Konfederasie, maar gaandeweg het laasgenoemde die oorhand begin kry, en toe die laaste item om ongeveer 21:00 onder die spreiligte afgehandel is, was PRG

en Bloemhof die wenners met 883 punte teen Paarl Gim se 755 en DF Malan met 569.

’n Mens moet in ag neem dat DF Malan se atlete die vorige Vrydag aan ’n baie intense MTBS-byeenkoms deelgeneem het, en hulle dalk aan die moeë kant was. Maar op die pawiljoen was die DF-ondersteuners se openingsere monie iets besonders om te sien.

Kloksgewys van bo: Die PRG-Bloemhofspan kom by die by-een koms aan; Stephan Brits, ver spring-silwermedaljewenner by die Wêreld Jeugspele, wen die 200m; Emile Pieterse eerste in die 800m; Karla Brönn van Bloemhof vlieg oor die hekkies; en hoofseun Re nier Marais met die vlag.

SUIDWAL • STELLENBOSCH • 7600 • OSU/OBU T/F: 021 883 8627 • PRG T: 021 887 0017 • www.paulroos.co.za • [email protected]

Maa

rt/M

arc

h 2

010

Foto’s: Nic de Jager/INTERAKT

JAA

RG

AN

G 2

9 •

NO

MM

ER 1

oudskoliere-nuusbriefold boys’ newsletter

Page 2: SUIDWAL • STELLENBOSCH • 7600 • OSU/OBU T/F: 021 883 8627 ...

PRG • OSU NUUSBRIEF • 03/2010 • OBU NEWSLETTER2

PRG se 2009-jaarblad is aan die einde van verlede jaar ge-druk. Onder die leiding van mee Hesti van der Mescht en Alet Conradie gee dit ’n voortreflike beeld van die skool, en in die besonder die jaar 2009. 128 pages, full colour throughout, with close on 600 colour photographs. As u wil sien wat u alma mater deesdae doen, skakel met Louise Carstens by die Be mar-kings kantoor en bestel ’n eksemplaar. Dit kos net R50.00 elk. This is truly a wonderful collector’s piece. (Full bragging rights included). Click here to order.

Those of us who still use snail-mail from time to time wil realise how costs have escalated over the past few years.

This is a problem that plagues the Old Boys Union, because we have now reached the point where it virtually costs more to mail the newsletter than to print it. In the case of overseas post-age, the Union has to fork out nearly R25 for each newsletter.

Our salvation (!?) will prob-ably lie in technology. Most of the younger guys have internet connections, and we are work-ing on an interactive PDF format that will be hosted on the PRG website.

Die voordele hiervan is veel-vuldig – afgesien daarvan dat ons die posgeld spaar, is al die foto’s in kleur en as jy op som-

The school leaders for 2010. With the number of pupils pushing 1200, it has become necessary to appoint two vice head boys. In the middle is Renier Marais, head boy for 2010, with left, Elisha Rhode and right, Gys Steyn.

Internet or Snailmail?miges kliek, is daar ’n vergrote weergawe van die foto sodat ’n mens darem al die mokkels by ’n reünie duidelik kan sien en in watter toestand hulle was toe die foto geneem is.

Daar word ook beplan om skakels (links) in die PDF te plaas sodat oorsese manne weer die skoollied kan hoor; ’n dokkie oor PRG kan sien en kan inskakel op die presiese sportprogram vir daardie spesifieke week.

Terwyl ons sal aanhou om die gedrukte weergawe uit te stuur, sal dit baie help as van die jonger manne dit verkies om dit op die internet te ontvang. Maar ons móét weet, sodat ons minder gedruktes kan uitstuur. Dié wat tans op die internet kyk, kan hier kliek om die OSU te laat weet hoe hulle voel.

Rhodesbeurs vir 2009 aan Pieter Koornhof

Daar is net vier skole in die wêreld (almal in SA) wat in Cecil John Rhodes se testament uit-gesonder is om ’n Rhodesbeurs vir twee jaar studie aan Oxford toe te ken – SACS en Bishops in die Kaap, St. Andrew’s in Grahamstad en Paul Roos Gim-nasium in Stellenbosch.

Die ontvanger van die beurs vir 2009 is Pieter Koornhof, wat in ...... in matriek was.

Pieter is a third-generation Rhodes Scholar, following in the footsteps of his father, Dr AJ Koornhof (South Africa at Large and Hertford, 1980) and his grandfather, Dr PGJ Koornhof (Paul Roos Gymnasium and Hert-ford, 1948)

Pieter has already completed Part 1 of the Qualifying Examina-tion for Chartered Accountants, and he is currently lecturing at

the University of Cape Town, while doing a Masters in Finan-cial Management.

At Oxford, he will read for an MSc in Economics for Develop-ment and an MSc in Financial Economics.

Nic de Jager/INTERAKT

Nic de Jager/INTERAKT

Page 3: SUIDWAL • STELLENBOSCH • 7600 • OSU/OBU T/F: 021 883 8627 ...

PRG • OSU NUUSBRIEF • 03/2010 • OBU NEWSLETTER 3

PRG se 48ste en 49ste Rugbyspringbokke. Links is Schalk Brits (’99, Nr 48) met ’n kenmerkende breekslag tydens ’n wedstryd tussen Transvaal en die Griekwas. Tans speel Schalk sy rugby in Brittanje. Op die foto regs is Francois Hougaard (’06, Nr 49), op die punt om

die bal uit te gee na sy spanmaat, Stephan Dippenaar, in ’n wedstryd teen Paarl Gim in 2006. Albei is tans Blou Bulle in die Super 14-reeks – Francois as vleuel en skrumskakel en Stephan as senter – en hulle is al van skooldae af boesemvriende.

Olimpiese swembad voltooi (wel, amper ...)Die ou sêding dat sekere swem-

badbouers na ’n spesiale hemel toe gaan, het hier dalk ’n spesiale betekenis gekry.

Na buitengewoon frustrerende oponthoude is die eerste fase van PRG se nuwe Akwatiese Sentrum nou voltooi – in so ’n mate dat die eerste waterpolowedstryd op

Woensdag 24 Februarie in die nuwe bad gespeel is.

Die tweede en derde fases – die verhitting van die bad, bou van pawiljoene en dak bo-oor – word eersdaags aangepak.

Watersport en in die besonder waterpolo is besig om met rasse skrede te groei, en Paul Roos se

spanne word reeds nasionaal as van die topspanne beskou.

Die Direkteur van Watersport, Rob MacLean, is oortuig dat die nuwe bad, wat internasionale kompetisies sal kan aanbied, baie sal bydra om PRG se statuur as watersportskool nog verder uit te dra.

Kloksgewys van bo: • ’n Paar uitbundige mokkels geniet die nuwe swembad; • die eerste waterpolospan na die heel eerste wedstryd wat in die bad gespeel is; • ’n wyer blik op die Akwatiese Sen-trum, met die kleedkamers en beheersentrum agter.

Nic de Jager/INTERAKT

Nic de Jager/INTERAKTNic de Jager/INTERAKT

Nic de Jager/INTERAKTFOTO: BEELD

Page 4: SUIDWAL • STELLENBOSCH • 7600 • OSU/OBU T/F: 021 883 8627 ...

PRG • OSU NUUSBRIEF • 03/2010 • OBU NEWSLETTER4

Afgesien van PRG se prestasies op die atletiekbaan is dit tans heel moontlik die voorste tennisskool in die land. Hier is vier van die top-10 o/16-tennisspelers in Suid-Afrika – Marc van der Merwe (2), Wayne Montgomery (1), Christiaan van der Burgh (7) en Jan-Willem Kleynhans (10).

Schalk van Wyk (’08), tans besig met ’n BSc Sport-wetenskap aan die UP, ontvang die “2009 Man van die Jaar”-trofee van die Tuks Krieketakademie, wat deel is van die “UP High Performance Centre”.Die toekenning word gemaak aan ’n kandidaat wat nie net op die veld presteer nie, maar wat van die veld af sterk leierskap, morele waardes en onself-sugtigheid teenoor sy spanmaats toon. Schalk het ook ’n krieketsak vol toerusting, geskenk deur die Nieu-Seelandse krieketheld, Daniel Vettori, as deel van die toekenning ontvang.

Op Z-dag 2009 het die seuns van old boy pa’s en oupa’s weer kom regstaan vir die tradisionele foto. Hier staan, heel voor: Martin Booyens (’74); Bunna Booyens; Sebastiaan Johnson. Tweede ry: Gustav Potgieter jnr; Johan de Kock jnr; JP du Preez; Xander Daneel; Colin Johnson (met blokkieshemp). Derde ry: Johan de Kock snr (’79); Gustav Potgieter snr (’81); Gustave du Bois; John Daneel (’66). Vierde ry: Pierre du Preez (’72); Boet du Preez (oupa, ’40); Cuan Human; Rhys Human (’85); Johann Ferreira jnr; Andries Janse van Rensburg jnr; Andries Janse van Rensburg snr (’76); Niel du Bois (’73). Heel agterste drie: Bazil Liebenberg snr (’79); Bazil Liebenberg jnr; Johann Ferreira snr (’86).

Brightest Young Minds™ (BYM) started out in 2000 with the vi-sion “to create a platform that showcases the potential of the Brightest Young Minds and fast track their development for the benefit of South Africa.” It started out just as a conference aiming to bridge the gap between students and the outside world and giving students a platform to share their ideas amongst inspiring peers.

Today it has become a vibrant organisation that brings together South Africans across all divides of race, colour and gender.

Ralph Baumgarten (’06), head boy of his matric year and son of Gary (’74) has been appointed CEO of the international organi-sation, taking over from another old boy, Dirk Visser (’99).

Ralph Baumgarten appointed World CEO of BYM

Alet Conradie

Alet Conradie

Nic de Jager/INTERAKT

Foto verskaf

Page 5: SUIDWAL • STELLENBOSCH • 7600 • OSU/OBU T/F: 021 883 8627 ...

PRG • OSU NUUSBRIEF • 03/2010 • OBU NEWSLETTER 5

Die Calitz-familie het heel moontlik ’n rekord opgestel deurdat Coenie Calitz se 7 seuns almal old boys of nog in Paul Roos is. Hierdie foto van die 7 is ’n jaar of wat gelede geneem. Van links na regs: Ekhard, tans in graad 11, Werner (’86), Steyn (’77), Andries (’76), Hanno (’82), Nico (’09) en Ters (’80). Nico was verlede jaar se Dux-leerling met 7 onderskeidings en 5 vakke bo 90%. Ters (en Mien) se seun, Carel, is Coenie se kleinseun en ook ’n old boy wat in 2008 gematrikuleer het.

Toe CJ Borstlap (toe in graad 9) in die tweede helfte van 2009 erge buikpyne begin ontwikkel, kon medici aanvanklik nie vasstel wat dit veroorsaak nie, en is hy vir ’n verskeidenheid oorsake behandel.

Op 24 Des 2009, terwyl hulle gesin in PE vakansie hou, word die pyn onuithoudbaar en word hy in die hospitaal opgeneem.

Na CT Scan word ’n reuse gewas in sy buik ontdek wat sy nierpype toedruk. Op Kersdag 2009 word ’n noodoperasie op hom uitgevoer om sy niere, wat toe reeds dubbel hul grootte was, te beveilig en ’n biopsie van die gewas te neem.

Drie dae later word hy met Birkett’s Limfoom gediagnoseer – kanker van die wit bloedselle en een van die aggressiefste kan kers bekend aan die mediese weten-skap. Een van die eienskap pe is dat dit gewasse aan die limfkliere vorm wat binne 24 uur in grootte kan verdubbel.

Uit PE word hy inderhaas per vliegtuig na die Constantia-bergkliniek in Kaapstad oorge-plaas om met ’n kursus strawwe chemo terapie te begin.

CJ, in die middel, by sy klasmaats wat hom met spesiale T-hemde kom ondersteun en bemoedig het.

10 dae se intense chemo, met net drie dae rus tussenin, het hom só uitgeput dat hy net die eerste 10 minute van die eerste skool-dag van 2010 kon meemaak.

Op 20 Jan word ontdek dat sy witbloedtelling na ’n lewens-gevaarlike 0,3 verlaag het en

hy word weer in hospitaal op-geneem vir 2 eenhede bloed. ’n Dag later begin hy weer baie erge buikpyne ervaar en ’n tweede noodoperasie word op hom uitgevoer toe ontdek is dat sy dunderm gebars het.

Sonder ’n immuunstelstel (wit-

bloedselle) was sy kans op oor-lewing baie skraal. Na week in die hoësorgeenheid en ’n verdere week in hospitaal kon hy tuis gaan aansterk.

Hy het op 8 Maart die laaste intensiewe chemo gehad, maar skyn baar reageer hy goed op die terapie, ten spyte van die ver-woestende newe-effekte van die behandeling – onop houdelike pyn in sy bene en spiere, intense moegheid en mondsere.

Tenspyte van al die terugslae en geweldige hoeveelheid liggaams-gewig wat hy verloor het, baklei hy elke dag teen sy siekte. Hy kry emosioneel baie swaar maar put baie krag uit sy PRG-alma mater. Hy mis sy skool en sy vriende by die skool op die oomblik die meeste.

Een van CJ se onderwysers, mnr. Ben Puddu, het vir hom ’n ondersteunerswebblad op FACE-BOOK geskep en daar is reeds 2,700 ondersteuners van oor die hele wereld.

Kliek hier om te kyk.Ons is vas oortuig dat hierdie

jong swemmer (W-Kaap kleure en verteenwoordig die W-Kaap by die SA kampioenskap), o/14A rugbyspeler, A-span waterpo-lospeler en akademiese presteer-der (altyd tussen 75% en 80%, een van die dae terug sal wees op PRG se skoolbanke om sy toekoms ideaal as suksesvolle argitek te verwesenlik.

Ons dink aan hom, sy ouers, Neels en Hanlie en hulle gesin.

– Nic de Jager

CJ staan sterk

Foto verskaf

Foto verskaf

Page 6: SUIDWAL • STELLENBOSCH • 7600 • OSU/OBU T/F: 021 883 8627 ...

PRG • OSU NUUSBRIEF • 03/2010 • OBU NEWSLETTER6

Prof Louis du Plessis (’63, bekend as Snoekie), kolonel in die Fakulteit Krygskunde van die Universteit van Stel-lenbosch het onlangs die De-korasie van die Goue Protea (iPhrothiya yeGolide) namens die Staatspresident van die weermag se mannekraghoof, luitenant-generaal DM Mgwe-bi, ontvang. Dit is die hoogste dekorasie vir verdienste wat die President aan ’n weermag-lid kan toeken.

In die sitaat benadruk die SANW die omvattende bydrae tot navor sing en ontwikkeling

Remembrance Day 2009 – a special occasionThe origin of Remembrance

Day lies nearly a century ago, at the 11th hour of the 11th day of the 11th month – 11:00 on 11 November 1918, the moment when the Armistice was signed ending the First World War.

It has subsequently become a day of reflection and honouring the memory of all those who had fallen in wars since then.

It is also a day when Paul Roos remembers all its boys lost in battle.

Last year PRG was honoured to host the family of Anton Lubowski, old boy of 1970, one of the first whites to join SWAPO in Namibia and who was later assassinated by South African agents.

Anton Franck (’69), a very close friend of Anton’s, was the guest speaker. He spoke from the heart

The photograph on top shows the boys listening to the guest speaker in front of the Japie Krige Hall. Below are the guests in the PRG Ar-chives – the rector, Mr Jannie van der Westhuizen, Anton Franck (old boy of 1969 and close friend of Anton Lubowski), Anton’s daughter, Nadia, his son, Almo and his father, Mr Wilfried Lubowski.

with such spellbinding honesty that one could barely hear the assembled close on 1200 boys breathing.

“Paul Roosers always strive for excellence,” he said. “Paul Roos-ers never accept mediocrity as a norm. The world is full of nor-mal and average people – Paul Roosers are neither normal nor average.

“If you intend being average, you are at the wrong school. The famous men that went before you, demand from you to strive for excellence – always.”

“You will be forgiven for enter-ing this school as an average pupil, but to leave it as an aver-age pupil is a crime; it is treason committed against the incredible legacy of this school over nearly a century and a half.”

Words to be remembered.In ’n vorige Nuusbrief is daar

navraag gedoen oor die “Pirates” – die o/19E rugbyspan – wan-neer dit ontstaan het en ’n bietjie geskiedenis.

Jacobus (Gees) Geustyn (’77) en pa van Casper (’06) skryf:

“Ek was in 1976 in die bevoor-regte posisie om kaptein van die trotse span te wees – 33 jaar terug – so die geheue is al bietjie vaag.

“Ek het eers in 1976 in PRG aan gekom, in Prima Nova, en kan nie veel help met van wanneer af die span bestaan nie – ek weet net dat toe ek in 1976 aanland, was dit reeds berug, beroemd, en het ’n trotse rekord gehad. As ek reg is was Erik van Tonder die kap tein in 1975, met ’n rekord van alle wedstryde gewen.

“Die 1976-span was ’n erg he-gte klomp (met ’n hele paar ko-shuisbrakke in die geledere) met vele verskuilde talente, onder an-dere om bietjie rugby te speel.

“Mnr Visser (Bok), inwonende assistent in Prima Nova en onder-wyser (ek dink Boekhou) by PRG was die afrigter, vriend en mentor van die span.

“Aangesien PRG oor so baie o/19 spanne beskik het en min skole genoeg spanne gehad het om tot by die E-span opponente te verskaf, moes ons baie kere teen C-spanne speel, of alleen met een van J J Du Preez-Bus-

diens se witbroodbussies (’n sto-rie op sy eie, bv. ’n rathefboom wat los was en al in die gang af aangegee kon word – die “back seat” drivers het baie keer “gear gechange”) na bv. Seepunt reis. Nodeloos om te sê het dit vir baie plesier, sports en spangees gesorg.

“Ons was onoorwonne en het die hele seisoen net 3 punte af gestaan – ’n strafskop teen Milnerton Middelbare Skool op hulle veld.

“(Die twee spanne is voor die wedstryd deursoek vir skerp goed, bv. studs! – wat tot vandag toe nog as ’n oordeelsfout van die ref beskou word.)

“’n Drie het 3 getel, en as ek nie te veel oordryf nie, was ons gemiddelde telling iets in die dertig – onder andere 90-0 teen SACS met “Wintersday” op hul velde – so ietwat meer as ’n punt per minuut.

“As ek reg onthou was daar in ’n stadium sprake (1977) dat die Pirates nie meer as sulks mag speel nie omdat dit te veel aans-ien geniet het en nie gesond was vir die skool se rugby as geheel nie. Ek lei af dat die Boekanier-gene gewen het – dit bestaan vandág nog!

“Ek het nooit goeie rugby gespeel nie, maar het in totaal seker 15 of 16 jaar probéér om

Die Pirates van die Suidwes-Kaap ...

Old Boy ontvang orde van Goue Protea

wat die Universiteit van Stel-lenbosch oor ’n lang tyd lewer. Onder die projekte waarin prof Du Plessis, as die direkteur van die Sentrum vir Militêre Studie, ’n leidende rol gespeel het, word verwys na navorsing oor militêre diensstelsels, oor ras en etnisiteit in die weer-mag, en oor beleidsrigtings vir buitelandse militêre operasies waaronder vredesmissies.

Du Plessis word uitgesonder vir talle boekhoofstukke en arti kels oor ’n verskeidenheid militêre sake wat hy gepubli-

– na Bls 8, kolom 2 – na Bls 8, kolom 1

Nic de Jager/INTERAKT

Nic de Jager/INTERAKT

Foto verskaf

Page 7: SUIDWAL • STELLENBOSCH • 7600 • OSU/OBU T/F: 021 883 8627 ...

PRG • OSU NUUSBRIEF • 03/2010 • OBU NEWSLETTER 7

“Honger” sê Michael Jordaan. “Dis die één ding wat ek onthou van die koshuislewe in Prima. Dié wat nog geld gehad het, het dit ‘gepool’ en dan het ons saans uitgebunk om te gaan kos koop in die dorp. Hamburgers, en so aan.”

(Nou wonder ’n mens of daar enige koshuisbrak is wat nié on-versadigbaar honger is nie. En ook nie nét vir kos nie.)

Dié ontbering het skynbaar nie blywende skade aangerig nie, want ’n paar jaar later is die hongerige seun gekies as een van die “Global Economic Forum” se Jong Wêreldleiers, met die poten-siaal om die wêreld se toekoms te beïnvloed.

Op 36 was Dr Michael Jor-daan seker een van die jongste bankhoofde in die land toe hy in 2004 aangewys is as die Hoof Uitvoerende Beampte van Eerste Nasionale Bank.

We are sitting on the wide veranda of Bartinney, Michael and Rose’s wine farm in the Hels-hoogte area with a spectacular view of the whole Banhoek val-ley. On a clear day you can see the future here. (With apologies to Barbra Streisand.)

Two new puppies, acquired from the Stellenbosch Animal Society are causing quite a stir among the three daughters, with puppies being carried around en-thusiastically in all directions and in all positions, accompanied by the occasional lachrymose cross-purposes of siblings. The puppies don’t seem to mind, be-ing smothered by youthful and energetic love. This is an animal-loving family.

Michael is still relaxing before heading back to Johannesburg to resume his banking duties for 2010.

“I am totally non-corporate today” he says, holding a glass of Bartinney’s acclaimed Sauvignon Blanc.

While he is in Johannesburg during the week, Rose (née Or-pen), ex-Rhenish and an architect by professsion, runs the wine farm.

“I’ve always been fascinated by banking” he says. “I can remem-ber how, as a kiddie, I used to take the cents that I have saved to the Stellenbosse Distriksbank. It was quite an occasion.”

The farm Bartinney was bought

Michael and Rose with the three daughters, Lauren, Jeanne and Juliette.

by Michael’s eponymous grand-father, a medical specialist who moved to Stellenbosch from Namibia in the previous century. He had one look at the magnifi-cent view of the valley and was instantly smitten.

After many years, the farm was sold, but the grandson thought it to be his duty to regain the prop-erty high up against the slopes of Helshoogte.

After matriculating at Paul Roos in 1985, Michael completed his MComm (Economics) in 1992 and his PhD (Banking Supervi-sion) in 1997, both at Stellen-bosch University. He had a stint in the SA Navy, becoming a com-missioned officer and winning the SAS Simonsberg Trophy for Best Officer on Course in 1990.

A brace of years followed with Deutsche Bank in Hamburg and Frankfurt and on his return to SA he joined Rand Merchant Bank in Johannesburg.

In 1996 he became CEO of Origin Bank, now called RMB Private Bank. Three years later he was appointed CEO of FNB Homeloans. Before his appoint-ment as CEO of First National

Bank, he was CEO of eBucks.com and FNB’s Customer Solu-tions Division.

Iets anders wat moontlik byge-dra het tot Michael se finansiële bedrewenheid is die feit dat hy ’n kleinseun is van Dr Nic Diederichs, voormalige Minister van Finansies, ook bekend as “Doktor Goud”, en later ook seremoniële staats president van die Republiek.

Despite all the stress of a wine farm and being a tall banking tree that can catch a lot of wind, Michael and Rose are very re-laxed and convivial hosts.

Attention to detail seems to be a code word – from the tasteful Bartinney wine label (Kentridge-esque) to the style of the new buildings.

One assumes that with the

exactitude required of banking combined with architecture, any-thing less would be disastrous.

Rose designed all the new ad-ditions on Bartinney – the cellar and tasting complex – while the original thatched roof house was retained and spruced up very tastefully.

On leaving I am presented with a few bottles of Sauvignon Blanc.

“How serious are you about wine making?” I ask.

“I love it.” says Michael. “It’s a challenge, especially in Stellen-bosch where there are so many excellent wine makers. But wine farming tends to head in the di-rection of a bottomless pit as far as money is concerned.”

Followed by a rueful smile.– Nic de Jager

The Laird of Bartinney and FNB

A news snippet in the Stockport Advertiser:

“In a recent report of a competition held at one of Pontin’s holi-day camps, it was inadvertently stated that it was for ‘elephant’ grandmothers instead of ‘elegant’ grandmothers. We apologize to Mrs Helen Ponsonby, who gained the third place, for any embarrassment this may have caused.”

Nic de Jager/INTERAKT

Page 8: SUIDWAL • STELLENBOSCH • 7600 • OSU/OBU T/F: 021 883 8627 ...

PRG • OSU NUUSBRIEF • 03/2010 • OBU NEWSLETTER8

Naomi Bruwer

Hertzogpryswenner Etienne van Heerden (’72) se jongste ro-man “30 Nagte in Amsterdam” het ’n literêre roering van die waters in Suid-Afrika veroorsaak en dit het reeds drie groot pryse ontvang. Die Universiteit van Johannesburg-prys vir die beste skeppende skryfwerk van 2008 is in Mei verlede jaar aan die boek toegeken. Dit is gekies uit ’n kortlys van 5 en die prysgeld bedra R60 000. Ander skrywers op die kortlys was gerekende name soos Jaap Steyn, JC Kannemeyer en PG du Plessis. Die WA Hofmeyr-prys en die MNet-prys vir 2009 is ook aan die werk toegeken. Die regte van “30 Nagte in Amsterdam” is ook deur die internasionale Penguin-groep verkry, wat dit in ’n Engelse vertaling wêreldwyd sal versprei.

rugby te speel. Ek kan dit onom-wonde stel dat my lekkerste en beste rugbyjaar wat ek óóit beleef het (en as ek van die spanlede se opmerkings as ons mekaar raak-loop moet glo, voel hulle dieself-de) was saam met die Pirates – en as ek so luister is dit vandag nog steeds waar – die rugby is belang-rik – maar die kameraderie, sa-me syn, ensovoorts – die wérklik belangrike dinge – is éintlik waar oor dit gaan.”

Aldus Gees Geustyn.Magnus Joubert het ook van

hom laat hoor oor die Pirates. Hy skryf: “Ek was in 1996 kaptein en sovêr ek kan onthou was Paul Kruger in 1995 kaptein en Uland Pack in 1997.”

Welgevallen Trustfonds gestig vir PRG se 150ste verjaardagIn 2015 vier Paul Roos Gimnasium sy 150ste bestaans-jaar. Na dié eeu en ’n half word die skool dwarsdeur die land en selfs internasionaal erken as een van die uitnemendste seunskole in SA - ’n reputasie wat deur die jare verdien is deur die prestasies van sy huidige en oudskoliere en onbaatsugtige diens van sy onderwysers en ouers.

Johann Rupert (’67), internasionale sakeman en voorsitter van Riche-mont en Remgro, is pas aangewys as die US se Kanselier. Nog steeds ’n geesdriftige old boy en oud-Matie, het hy reeds onskatbare bydraes tot die skool en die universiteit gemaak. Johann het reeds ere-dok-torsgrade van die US en die Nelson Mandela Metropolitan University ontvang. PRG het reeds twee vorige kanseliers opgelewer – dr JD Kestell (1 Feb 1939 tot 9 Feb 1941) en dr DF Malan (7 April 1941 tot 7 Feb 1959). Twee voormalige rektore van die universiteit was ook old boys – prof SFN Gie in 1926 en prof RW Wilcocks (1 Januarie 1935 tot 31 Des 1954). Laasgenoemde was ook Voorsitter van die Senaat. (Inligting deur Mariena Kotze, PRG Argief.)

seer het onder meer oor militêre opleiding; die historiese ver-moëns, rolle en funksies van Afri-kaweermagte; oor veiligheidsteo-rie; en oor die ingewikkelde ver hou ding tussen veiligheid en ontwikkeling in Afrikasamele-wings.

Hy is mederedakteur van werke wat die militêre gemeenskap intensief benut, soos Protecting sub-Saharan Africa: the Military Challenge, en Managing African Conflicts: the Challenge of Mili-tary Intervention.

Naas konferensies wat die uni-versiteit en weermag saam gereël het, soos oor die beginsels van oorlog en rol van die Afrika-unie, het Du Plessis feitesendings na weermagte en strategiese sen-tra op al vyf vastelande onder-neem, onder meer as die gas van oosterse weermagte soos die Australiese weermag en die Sjinese Volksbevrydingsleër, en het ’n kernrol gespeel tydens die

feitesending aan Europese veilig-heidsinstellings deur die huidige Hoof van die Nasionale Weermag genl. Godfrey Ngwenya.

Anton Jordaan: Stellenbosse Sentrum vir Fotografiese Dienste

In order to maintain our levels of academic excellence and our reputation as one of the top boys’ schools, we need the support and cooperation of all those who sup-port our aim of upholding stand-ards in a sea of mediocrity.

You might be aware of the shortage of quality and well-trained teachers. One of our greatest concerns is the dearth of top quality educators.

For this reason we have es-tablished the Welgevallen 150 Trust Fund, with trustees dr Max Loubser, and Mrr Wouter Pienaar and Ben Momberg.

The sole purpose of the Trust Fund is to uphold and improve

educational standards by:1. attracting quality young and/

or experienced teachers;2. retain experienced and well-

qualified teachers; and3. making available affordable

housing on the school grounds for young staff members, as it has become near to impossible to find affordable accommodation in Stellenbosch.

Ons het vir onsself die uitda-ging gestel om teen die jaar 2015 twee duisend en vyftien old boys, oud- en huidige ouers te kry wat hulle verbind om ten minste R50 per maand vir elke jaar wat hulle of hulle seuns met PRG verbind was, aan die Trustfonds te skenk.

...Protea ...Pirates

– Terug na bls 6

– Terug na bls 6

Page 9: SUIDWAL • STELLENBOSCH • 7600 • OSU/OBU T/F: 021 883 8627 ...

PRG • OSU NUUSBRIEF • 03/2010 • OBU NEWSLETTER 9

Reünies • Reunions

Só lekker was die partytjie dat besluit is dat nou elke twee jaar feesgevier moet word én ook met die normale intervalle van vyf jaar.

Mike het, in samewerking met die immer ywerige en bekwame Heléne van Wyk en Hilda Swartz, ’n aangename program saamge-stel.

Die storie het begin met ’n ge-sellige ontmoeting by die skool se argief om elfuur, waar tee gedrink is en die nuwe rektor, mnr. Jannie van der Westhuizen, ons vertel het hoe sake by die skool staan. Hy lyk na net so ’n bekwame voorslag soos sy voorganger. Hulle is die kaliber opvoedkundige bestuurders wat in die anderster tye van van dag die wa nie net deur die drif sal trek nie, maar die uitdagings

met vernuwing én behoud van die stewige waardes en tradi sies van Paul Roos Gimnasium sal hanteer.

Ons was behoorlik beïndruk met die prestasies en vordering van die afgelope jare. Paul Roos is in goeie hande en lewer uit-stekende werk.

Ons het ’n draai by die akwa-tiese sentrum wat in aanbou is, gestap, waar die adjunk-rektor Frans van Niekerk ons vertel het hoe ‘grand’ die skool nou gaan wees met hierdie besonderse gerief. Kyk, ‘bragge rig’ is nie ’n naam nie! Nou ja, as ’n skool darem amper 1 200 leerlinge, ’n Graad 12-klas van 250 (teenoor ons 57 van destyds) en by die 70 onderwysers het, dan hét hy seker die reg om so ’n bietjie te spog.

Dit was lekker om die skoolter-rein te bekyk en baie stories is so in die wandel opgehaal van die dae wat ons in LO-periodes gras vir die rugbyvelde moes plant – nie sooie soos vandag nie, maar met die hand lootjies in die klip-perige grond. Die skool het glo nou sewe waterpolospanne. Al wat ons daarvan weerhou het om dieselfde te doen was natuurlik die feit dat ons nie destyds ’n swembad gehad het nie.

Die boompie wat tydens die 1994-reünie by die westelike in-gang van die skoolgebou geplant is, het intussen lyf begin kry en kon as genoegsame agtergrond vir die groepfoto dien. Wat lekker was, is dat die twee leiers van die leerlingraad ons op ons toertjie vergesel het en van trots op die skool oorgeloop het.

Ons Matriekklas van 1954 – of die oorblyfsels daarvan – het vir die derde keer reünie gehou, hierdie keer op Vrydag 16 en Saterdag 17 Oktober 2009.

Die getal manne wat opgedaag het, het sedert die eerste by-eenkoms pal gedaal: van 19 in 1994 en 18 in 2004 na 11 hierdie keer. Die gelukkige bende het bestaan uit Mike Carinus, David Garisch, Kosie Wium, Rich ard Loeber, Louis van Niekerk, Ernst Stals, Kristo Stofberg, Rikus Schoonees, Charlie Meyer, Kobus Swart en John Uys.

Almal het saamgestem dat dit ’n geleentheid is wat niemand moet misloop nie en dat moeite gedoen moet word om soveel moontlik van die oorblywende manne oor te haal om toekom-stige reünies by te woon.

Die staat dra al min der by tot die sogenaamde “Model C-skole”, en as daar nie in die toekoms ’n sterk mate van finansiële onaf-hanklikheid by hierdie skole is nie, sal hulle ook wegsink in die moeras van gemiddeldheid.

Hoe melodramaties dit ookal mag klink, u hou die toekoms van u of u seun se alma mater as sentrum van uitnemendheid in u hande. PRG moet ’n sentrum van uitnemendheid bly, ten spyte van radikale veranderings in die onderwysstelsel.

Ons skuld dit aan ons gemeen-skap, ons kinders en old boys.

’n Aantreklike en doeltreffende toonbank en ingeboude stoorkas is onlangs in die Oudskolierekan-toor geïnstalleer deur twee onderne mings wat behoort aan drie old boys – Loubser Wood Components van Evert (’88, links) en Hannes (’93) Loubser en Veneer Concepts van Werner Theron (’82, regs). Hulle het die hele installasie as ’n bydrae teen heelwat minder as kosprys voorsien.

OSU-kantoor opgegradeer

Daar bestaan feitik geen afbeel-ding van Simon van der Stel, die stigter van Stelle nbosch nie. Die enigste waarvan ons weet, is ’n herskildering van ’n jagtoneel waarop hy voorkom en wat in 1669 deur die bekende Neder-landse kunstenaar Jan Weenix geskilder is.

Die oorspronklike skildery was in die Napier-versameling in Ierland – ’n versameling wat in 1962 deur ’n brand vernietig is.

’n Nasaat van Van der Stel, Leo van der Stel, het die skilder Simon Balyon opdrag gegee om die oorspronklike van foto’s te herkonstrueer.

Op die skildery staan Simon van der Stel met Willem-Adriaan op die perd en ’n kneg met honde voor die twee. ’n Deel van die Kaapse kasteel (of soos die kunstenaar gedink het dit lyk) is in die agtergrond.

Mariena Kotze, die PRG Ar-givaris het die skildery opgespoor waar dit in Caledon Villa, in Stel-lenbosch hang.

Skaars afbeelding van VD Stel

Foto verskaf

Foto: PRG Argief

Page 10: SUIDWAL • STELLENBOSCH • 7600 • OSU/OBU T/F: 021 883 8627 ...

PRG • OSU NUUSBRIEF • 03/2010 • OBU NEWSLETTER10

Heel agter: Deon Malherbe. Vierde ry: Dagga Smit, Francois Lintvelt, Appie Louw, Japie van der Merwe, Bernard de Clerck. Derde ry: Du Toit Visser, Polla Roux, Cobus Eksteen, Hartmut Böhm, Louis Fourie. Tweede ry: Chris Joubert,David Marais, Leonico Erasmus, Johan Roux, Johan Swanepoel. Voor: Piet Bruwer, Wilhelm Smit, Tokkie Scholtz, Drikus van der Westhuizen, André de Klerk.

Reüniedatums 2010

1950-klas eers 2011

1960-class 10/11 Sept

1970-klas 27/28 Aug

1980-class 14/15 May

1990-klas 16/17 April

2000-class 23/24 July

2005-klas 17 April

Die 1950-matrieks het besluit om te wag tot 2011 vir hulle 60-jarige reünie, omdat prof Vincent Brüm-mer, wat tans in Nederland woon, dan in die land sal wees.

Die 1954-klas voor die boom wat hulle in 1994 geplant het. Agter: John Uys, Louis van Niekerk, Kristo Stofberg, David Garisch, Koos Wium, Kobus Swart, Richard Loeber. Sittende: Ernst Stals, Charlie Meyer, Mike Carinus, Rikus Schoonees. Voor: Renier Marais (hoofseun), Elisha Rhode (onderhoofseun).

1954

1959

Vir alle oud-Dagbrekers sal dit goeie nuus wees van drie oud-Paul Roosers vanjaar op Dagbreek se HK – primarius Johan Stofberg, (onderhoof-seun, 2005), Stephan van der Merwe, (onderhoofseun, ’06) en Jaco van Vuuren (’07).

Laat berig

Nic de Jager/INTERAKT

Nic de Jager/INTERAKT

Page 11: SUIDWAL • STELLENBOSCH • 7600 • OSU/OBU T/F: 021 883 8627 ...

PRG • OSU NUUSBRIEF • 03/2010 • OBU NEWSLETTER 11

Names provided by Danie Steytler, Jr. Starting left to right: Back row – following the heads even though it is kind of two rows: Hugo vd Merwe, Garth Rulofser, Barney, Brad Franklin, Darian Raad, Jarret Geldenhuis, Bastiaan vd Merwe, Brett Wood, Johnny Brom, Ian Pollard, John de Villiers, Can’t see who that is, Werner Cloete, Hennie Venter, Marius Vos, Dirk Visser, Chris Lochner, Gerry Wagner, Du Toit Serdyn, Willa du Toit, Mauritz Kriek, Riaan Dietrichsen, Neil Joubert, Gert Ehlers, Jonathan King, Chris du Toit, Simon Ackermann, Andrew Kilian, Wallace Albertyn, Claude Krige, Johann Nel. Third row, guys still standing: Gerald Hector, Valentino Carolus, Edrich Engelbrecht, Kooi Botha, Christo vd Spuy, Fritz Rauch, Dalain Roets. Second row: Chris de Lange, Danie Steytler, Petrus Bosman, Jean de Kock, Ashley Dhelminie, François Krynauw, Jacques Langenegger, Pieter Kruger, Anri Truter, Roelie Feenstra, Samuel Moor, Morné Steenkamp. Front row: Dylan Delahunt, Ulrich Adendorff, Guy De Graeff, Josebus Van Zyl, Jaco Le Roux, Kyle Kristal, Adriaan M Botha, Bryce Hepburn.

1999

1969Foto verskaf

Foto verskaf

Page 12: SUIDWAL • STELLENBOSCH • 7600 • OSU/OBU T/F: 021 883 8627 ...

PRG • OSU NUUSBRIEF • 03/2010 • OBU NEWSLETTER12

AVE ATQUE VALE

Frederick Jacobus (Frikkie of Takkie) Uys is op 4 Mei 1919 op Klaasvoogds anderkant Swellen-dam gebore. Sy hoërskoolloop-baan voltooi hy in 1937 aan die destydse Hoër Jongenskool Stel-lenbosch terwyl hy by sy suster op die plaas Vredenburg buite Stellenbosch tuisgaan.

In 1938 is die jong Frikkie met die trein na Pretoria, waar hy die volgende 42 jaar leef en werk. Hy het by die staatsdiens aangesluit, met Marie Strauss van Harrismith getrou en 2 dogters is uit die huwelik gebore.

In 1980, met sy aftrede, het die Uyse hulle op Somerset-Wes gevestig waar hy tot sy dood op 11 Julie 2009 gebly het.

Hy het nooit die vriendskaps-bande met twee van sy skool-maats verbreek nie. Frikkie, Erik du Toit en Danie du Toit (nie familie nie) was werklik vir ’n leeftyd goeie vriende.

Prof Herwil Dürr (’38) was van 1959 tot sy aftrede in 1986 hoogleraar aan die US.

Ná matriek aan die Stellenbosse

Hoër Seunskool het hy die grade BSc Landbou, MSc Soölogie en Insektekunde en DSc Soölogie aan die US behaal. Van 1951 was hy betrokke by die Vrugtestasie, Stellenbosch tot hy in 1956 as senior lektor aangestel is.

Herwil is van hy 5 jaar oud was grootgemaak deur Bessie Uys, ’n suster van sy vader, en haar man, Dirk.

Hulle het op die destydse mu-nisipale plaas “Bergzicht” ge-woon, wat tot ver anderkant die treinspoor gestrek het. Waar vandag talle geboue en strate is, was destyds koringlande, ’n peer- en ander vrugteboorde, hoen ders, eende, perde en esel-waens vir munisipale werk. Die groot ou bloekombome was toe ook reeds daar.

Sy eerste skooljare (tot std 3) was hy in die Laerskool Bloem-hof.

Toe sy Oom Dirk oorlede is, moes hulle die plaas verlaat en in standerd 9 het Herwil in Prima kom woon.

Herwil was ook betrokke by die Burgermag, waar hy tot die rang van majoor gevorder het, en ook as majoor tree hy in 1986 uit as hoof van die Reserwe Polisiemag van die Stellenbosse Distrik na 23 jaar diens.

Hy is in 1951 met Marietjie van Ryswyk getroud, en vier kinders, Johan, Elzabé, Eunice en Petro is uit die huwelik gebore.

Herwil is op 11 Augustus ver-lede jaar oorlede.

Louis van Niekerk (’54) se geliefde oom Chris Ackermann (’38) is in November oorlede. Louis skryf:

“Chris is op 16 Februarie 1921 in Stellenbosch gebore – die

jongste kind van Johanna Acker-mann, ’n formidabele vrou wat in die dorp bekend gestaan het as die vrou wat nie nonsies van enigeen verdra het nie. Sy het ’n losieshuis in Dorpstraat gehad wat bekend was vir die goeie kos maar ook die streng reëls, soos dat die voordeur saans op ’n sekere tyd gesluit word en geen besoekers van die teenoor-gestelde geslag in die slaapka-mers nie!

“Dit is waarskynlik sy streng moeder wat daartoe bygedra het dat Chris Ackermann ’n wil van staal en ’n eie kode van streng dissipline ontwikkel het.

“Nadat hy matriek met ’n eerste-klas geslaag het het hy, vreemd genoeg, besluit om nié univer-siteit toe te gaan nie. ’n Ingebore sin vir verantwoordelikheid het hom genoop om nie verder van sy ma afhanklik te wees nie maar uit te spring en sy eie geld te gaan verdien.

“In daardie dae moes jy ’n toe-latingseksamen skryf om werk in die staatsdiens te kry en Chris het dit met die eerste probeer slag geslaag. Hy is aangestel in die personeelafdeling in die kantoor van die Landmeter-Generaal in Kaapstad. Hier het hy van die begin af uitgeblink en teen 1950

Willie Alheit Herwil Dürr

Frikkie Uys

het hy reeds die hoogste sport in die Kaapse kantoor bereik en was hy verplig om bevordering en ’n oorplasing na Pretoria te aanvaar.

“Dit kon nie vir hom maklik ge wees het nie want teen hierdie tyd was hy getroud met Ellen Malan, hulle het huis opgesit in Belville en daar was reeds twee seuns, Paul en Malan.

“In Pretoria se Department van Lande het die jong amptenaar hom in ’n japtrap onderskei as ’n toegewyde en nougesette werker wat met elke meriete-beoordeling ’n A-klassifikasie verwerf het.

Hy is uiteindelik bevorder as Departementele Personeel-beampte by die Department van Kleurlingsake, waar hy as Adjunk Sekretaris afgetree het.

“’n Man wat alles wat hy aan-gepak het met energie en entoe-siasme uitgevoer het: sy werk as amptenaar, ’n liefdevolle en hulpvaardige pa en oupa en vriend. Niks was ooit vir hom te veel moeite nie en daar was vir hom net één manier van ’n ding doen en dit was die régte mani-er. Ons, sy familie en vriende gaan sy warmte, menslikheid en opregte geloof in sy Skepper altyd onthou as ’n ideaal vir ons om na te streef.”

Sons of the fathers ...Among the recent crop of new Paul Roosers who joined as Grade 8s, there were quite a few who are the scions of old boys – some

old boys being fathers, others grandfathers and even a great-grandfather.

A few old boys, with Lionel Claassens (’00) in the vanguard, have established Facebook groups for Paul Roosers who would like to stay in contact.

PRG OLD BOYS NORTHERN CAPE CLICK

PRG OLD BOYS, UNITED KINGDOM CLICK

PRG OLD BOYS WESTERN CAPE CLICK

PRG OLD BOYS NAMIBIA CLICK

PRG OLD BOYS PORT ELIZABETH CLICK

PRG OLD BOYS JOHANNESBURG, PRETORIA CLICK

Facebook linksNic de Jager/INTERAKT

Page 13: SUIDWAL • STELLENBOSCH • 7600 • OSU/OBU T/F: 021 883 8627 ...

PRG • OSU NUUSBRIEF • 03/2010 • OBU NEWSLETTER 13

Hans-Erik Staby Jurian Prins Jaco Basson

Ds Willie Alheit (’40) was ’n baanbreker-vervaardiger van rol-prente wat vroeër jare landwyd in skool- en kerksale vertoon is.

Ná sy legitimasie in 1947 was hy leraar by vier gemeentes voor dat hy in 1972 by Carfo, die christelike rolprentvervaardiger aangesluit het. In 1980 het hy ook by MEMA Films betrokke geraak, tot sy eerste aftrede in 1987.

Maar stilsit kon hy nie, en hy het weer begin werk by die CAD tot sy tweede aftrede in 1992.

Maar nog was’t einde niet. Hy het nog ’n paar jaar op Stanford gewerk en in werklikheid sy hele lewe betrokke gebly by die ge-meenskap van sy omgewing.

Hy was ’n agterkleinseun van Christoph Wilhelm Alheit, een van die eerste Rynse sen delinge wat hier aangeland en ’n skool-tjie op Stellenbosch in die lewe geroep het. Met die stigting van die Stellenbosch Gymnasium in 1866 is Eerwaarde Alheit se skooltjie by die Gymnasium in-geskakel en het hulle 55 van die eerste 88 leerlinge uitgemaak.

Ds Alheit is op 30 Julie verlede jaar in Hermanus oorlede.

Hans-Erik Staby (’54) was ’n Namibiër van formaat – argitek, gesins- en gemeenskapsmens, sportgees, politikus en medeskry-wer van die Namibiese Grond-wet. Hy is op 30 November verlede jaar aan ’n hartaanval in Windhoek dood.

In 1977 was hy een van die stigterslede van die Duitse be-langegroep in Namibië, die Inter-essengemeinschaft Deutschspra-chiger Südwester en hy het hom ’n jaar later in die aktiewe poli-tiek bevind toe hy by die Republi-keinse Party aangesluit het.

As voorsitter van die Windhoek-takkomitee van die RP is hy verkies tot lid van die Blanke Wetgewende Vergadering vanaf 1980 tot 1988. Hy was ook

Nols Cloete

besluit hy om die lewe rustiger te neem en word hy ’n konsul tant by sy ou firma waar hy elke dag van agt-tot-vyf gewerk het.

Hans-Erik word oorleef deur sy vrou, Erika Staby (née Kassbaum), vier seuns wat almal in die buite-land woon en 11 kleinkinders.

Hy is op die familieplaas, Om-buru-Süd, langs sy ouers te ruste gelê.

– Inligting uit ’n berig in Die Republikein.

Ryk (Nols) Cloete completed

his school career at Paul Roos Gymnasium and then obtained his B Eng (Mech) degree from the University of Stellenbosch in 1977.

He was appointed at Iscor’s Newcastle Works, where he worked in various services and production sections, but also in the Projects section. He then set up a condition monitoring function, specialised in vibration analysis and delivered several technical papers, before taking over the drawing office of the Works and initiating the move from board to electronic draw-ings. Later, when responsibility for maintenance management systems was added, he shaped the maintenance philosophy of the Works, and working towards optimising the maintenance effort of the Works, using the principles of RCM and TPM. Responsibility for the instrumentation function was added later.

Nols retired from Iscor/Arcelor/Mittal Steel in 2006, and contin-ued working as an independent consultant in the field of mainte-nance effort optimisation.

He passed away on 1 October 2008. He was married to Dor-othy Cloete abd had two beauti-ful daughters – Elize en Helene.

Van Jurian Prins (’92) het ’n skool maat gesê: “Daar was een ou wat vriende was met al-

vanaf 1985 tot 1989 lid van die Nasionale Vergadering van die oorgangsregering.

Voor onafhanklikheid was hy ’n lid van die Grondwetskrywende Vergadering en is hy verkies as lid van die land se eerste Nasio-nale Vergadering.

Hans-Erik was ook die woord-voerder van die amptelike oppo-sisie oor finansies en ekonomiese sake. Hy dien sewe jaar lank as lid van die Parlement tot 1997 tot hy bedank om meer aandag aan sy argitekspraktyk te gee.

Hy was ook voorsitter van die Namibiese Instituut vir Demokra-sie (NID) en voorsitter van die Namibies-Duitse Stigting.

Sy politieke loopbaan en daarna is gekenmerk deur sy onverbid-delike stryd teen korrupsie en hy was lid van die plaaslike tak van Transparency International, die wêreldwaghond teen korrupsie.

Afgesien van sy aktiewe deel-name aan tennis, was hy meer as ’n dekade lank president van die Namibiese Krieketraad en ook beskermheer van die raad.

In sy beroep het hy die hoogste sport bereik deur aangewys te word as president van die Insti-tuut van Argitekte en die instel-ling se navolger, die NIA.

Hans-Erik Staby is op 8 Septem-ber 1935 op Otjimbingwe in die Erongo-streek gebore en het sy laerskoolloopbaan op Omaruru voltooi. Hy matrikuleer aan die Paul Roos Gimnasium verwerf sy graad in argitektuur aan die Universiteit van Kaapstad.

Nagraads het hy aan die Tech-nische Universität in Berlyn stu-deer en was ook ’n ontwerp-argitek by Doormann & Nie-meyer in Kiel, Wes-Duitsland van 1960 tot 1962.

Hy begin werk in 1964 as argitek by Stauch & Vennote in Windhoek en word in 1968 ’n vennoot in die praktyk wat hy dan ook in 1992 oorneem. In 2006, op 70-jarige ouderdom,

mal, wat die rykes en die armes bymekaar gebring het, wat die slimmes en die minder slimmes met pouse onder dieselfde boom gekry het, wat die sportmanne en die minder sportiewe ouens saam laat sokker speel het, daar was een ou wat gelowiges en minder gelowiges laat saam ge-sels het ...”

Jurian het sy matriek met ’n A-gemiddeld geslaag, en ná hy in 1995 en 1996 onderskeidelik die grade BRek en BHons Rek aan die US verwerf, kwalifiseer hy as geoktrooieerde rekenmeester.

Na drie jaar in Londen en ’n jaar in die Kaaiman-eilande keer hy terug na SA en begin werk hy in die afdeling Private Bankiers van Eerste Nasionale Bank. Hy trou ook in 2004 met Sally Simp-son, en hulle eersteling, James, word in 2007 gebore.

Tydens sy vier jaar by ENB onderskei hy hom as so ’n knap sakeman dat hy drie jaar agter-eenvolgens bekroon is as die bank se Uitlener van die Jaar.

Hy was ook ’n uitstekende sportman wat ’n paar wedstryde vir die WP-rugbyspan gespeel het voor beserings sy sportloopbaan in die wiele gery het.

’n Kollega het hom só beskryf: “Jurian took the time to not just chat to people, but to listen to them and to build a real relation-ship with every one in the office, which I think is incredible.”

Jurian is op 8 September verlede jaar in ’n motorongeluk oorlede.

Jaco Basson (’05), broer van Coenie (’00), wat tans in Frank-ryk rugby speel is op 24 Oktober verlede jaar tra gies oorlede. Jaco was ook ’n uitstekende sportman en lief vir sy medemens.

Ander old boys van wie se afsterwe ons verneem het, is SP Mouton (’43), JC (Jan) Engel-brecht (’60) en De Villiers (Div) Lötter (’78).

Chris Ackermann

Page 14: SUIDWAL • STELLENBOSCH • 7600 • OSU/OBU T/F: 021 883 8627 ...

PRG • OSU NUUSBRIEF • 03/2010 • OBU NEWSLETTER14

Tshotsho Mbovane (17, en vanjaar in matriek) laat die losskakel van Grey Kollege na lug gryp tydens verlede jaar se Inter-skole. Hierdie besondere vlugvoetigheid is opgemerk deur Paul Treu, afrigter van die Blitsbokke, wat Tshotsho na die Blitsbokke se oefenkamp in Stellenbosch genooi het. Volgens Treu het die jongeling heelwat potensiaal om ’n uitstekende “sweeper” te wees, veral nadat die Blitsbokke se “sweep-ers” tydens die vorige twee toernooie beseer is. Tshotsho het van sy o/13-dae af nog elke jaar die 15-man WP-span in sy ouder-domsgroep gehaal.

ATLETIEK • ATHLETICSVry/Fri 23 Jan Interhuis • Interhouse Markötter

Vry/Fri 30 Jan HJS Paarl Uitnodigings Paarl

Dins/Tues 10 Feb Interskole vs HJS Paarl Coetzenburg

Don/Thu 12 Feb Top 20 Bloemfont’n

Sat 28 Feb Boland Champs/Kamp Coetzenburg

Vry-Maan 8-11 Okt Grey/Oranje Bloemfont’n

CRICKET • KRIEKETSat 31 Jan Paarl Gim Paarl

Sat 7 Feb Wynberg BHS Wynberg

Sat 14 Feb HJS Paarl Paarl

Vry/Fri 20 Feb Colfes School Tuis/home

Sat 21 Feb Boland Landbou Tuis/home

Vry/Fri 27 Feb Affies Tuis/Home

Sat 6 Mrt SACS Tuis/homeRUGBYSat 13 Mrt Boland LS Rugbydag Boland LS

Sat 20 Mrt Diamantveld Rugbydag Kimberley

Woe 24 Mrt Toyota Rugbydag Nuweland

Wo-Ma 31 Ma - 5 Apr St John’s Rugbyfees Johannesburg

Sat 18 Apr Grey PE Tuis

Sat-Ma 24-26 Apr Wildeklawer Rugbyfees Pretoria

Sat 2 May Bishops Away

Sat 9 Mei Paarl Gimnasium Weg

Sat 16 May SACS Home

Sat 23 May Rondebosch BHS Home

Sat 30 Mei Brackenfell Home

Sat 6 Junie HJS Paarl Tuis

So-Sa 27 Jun - 1 Jul Cravenweek Welkom

Sat 18 Jul Oakdale Weg

Sat 25 Jul Boland Landbou Tuis

Sat 1 Aug HTS Drostdy Weg

Sat 22 Aug Grey Kollege Bloem Weg

HOCKEY • HOKKIEFri 17 Apr Grey PE Home

Di 21 Apr Parel Vallei Tuis

Fri 1 May Bishops Away

Vry 8 Mei Paarl Gimnasium Away

Fri 15 May SACS Home

Fri 22 May Rondebosch BHS Home

Vry 29 Mei DF Malan Weg

Vry 5 Junie HJS Paarl Tuis

Fri 17 Jul Somerset College Home

Fri 24 Jul The Settlers HS Home

Tue 4 Aug Wynberg BHS Home

Fri 14 Aug Pinelands HS Home

Vry 21 Aug Grey Kollege Bloemfontein Weg

WATERPOLO • WATER POLOFri/Sa 22, 23 Jan Rondebosch BHS Away

Wed 28 Jan Reddam College Away

Do-So 28 - 31 Jan Grey Kollege-toernooi Weg

Fri/Sa 5,6 Feb Wynberg BHS Home

Thu 11 Feb Bishops Home

Fri/Sa 12,13 Feb Rondebosch BHS Home

Fri/Sa 19, 20 Feb Reddam/Westerford Home

Wed 25 Feb Herzlia HS Home

Fri/Sa 26, 27 Feb SACS Away

Fri-Su 26, 28 Feb King Edwards u/19 Tournament Away

Thu 5 Ma SACS Home

Thu 5 Ma OPENING VAN NUWE BAD TUIS

Fri-Su 24 - 26 Sept SACS u/19 Tournament Away

Die Nuusbrief is uitgesweet, aanmekaargetimmer, afgeskaaf, ontwerp en met bewende hande aan die drukker oorhandig deur Nic de Jager, Stel-lenbosse bergie wat in die omgewing van die Eersterivier woon.

Tshotsho laat hom nie vang nie

The dates provided here mainly concerns the respective first teams. Other teams might play at different times. For the fix-tures for this week, click here. For results of the previous weeks, click here.

Nic de Jager/INTERAKT