Stamouers in Roelf en Sarie se voorgeslagtefamiliestories.co.za/wp-content/uploads/2017/06/02...o Die kolomme vir die man en vrou dui die stamouers aan, ongeag daarvan of hulle getroud
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Oriëntering As Suid-Afrikaanse stamouers word diegene geneem wat die eerste geslag was wat in Suid-Afrika kinders gehad het of met kinders in die Kaap aangekom het. In sommige gevalle, soos met die slawe, is dit dikwels moeilik om die eerstes wat hier kinders gehad het, te bepaal. Daar is oor die Suid-Afrikaanse stamouers se voorgeslagte in hulle lande van herkoms tot 'n sekere mate reeds gegewens bekend. Daar mag hier en daar na hierdie voorsate verwys word, maar hierdie storie word beperk tot die Suid-Afrikaanse stamouers. As die voorouers van Roelf en Sarie geneem word en telkens weer die man en vrou van die voorgeslagte, kom 'n mens by baie stamouers uit. In 'n redelik geslote gemeenskap, soos aan die Kaap, kom dieselfde stamouers dikwels meer as een keer in ’n voorouerlys voor.
Roelf en Sarie se voorouerlys Heelwat persone wat familiegeskiedenis navors, stel 'n voorouerlys op. Dit bestaan meesal uit die name en genealogiese gegewens van al die betrokke voorouers. So 'n voorouerlys word nie hier verstrek vir Roelf en Sarie nie en wel om die volgende redes:
o Dit kan nie op een bladsy uiteengesit word nie. Inderdaad kan dit baie bladsye met baie gegewens beslaan wat vir die leser verwarrend kan wees.
o Die genealogiese gegewens oor die persone in so 'n voorouerlys is in 'n groot mate reeds beskikbaar in navorsing oor bepaalde vanne of algemene publikasies soos die Suid-Afrikaanse Geslagsregisters. Om al die gegewens hier te verstrek sal in die meeste gevalle 'n herhaling wees van wat reeds beskikbaar is.
o Dit val nie binne die bestek van hierdie navorsingsprojek om die voorouerlys met al sy gegewens na te vors en op te stel nie.
Die Vereenigde Oostindische Compagnie
(VOC)
Die VOC het vanaf 1602 tot 1799 bestaan. Dit het die Kaap as 'n verversingpos tussen Nederland en die VOC se Oosterse besittings, met Batavië as hoofkwartier, gestig in 1652. Die VOC het ook Ceylon, Java, Malakka (Maleisië), Makassar, Ternate, Banda en Ambon beheer. Dit het handelstasies in Ceylon, Bengale, Soerat, Thailand en aan die Persiese Golf gehad. Die VOC het die Kaap regeer. Hier was 'n Politieke Raad wat die hoogste gesagsliggaam was. Afhangende van rang het die Kaapse Goewerneur of iemand op die besoekende skepe as voorsitter van die Politieke Raad opgetree. Die Raad van Justisie het regs-aangeleenthede hanteer. Strawwe wat die VOC kon oplê, het die doodstraf ingesluit. Die VOC het ook sake soos die toekenning van grond aan nedersetters en die heffing van belastings hanteer. In 1799 het die VOC ontbind a.g.v. sy bankrotskap en die bates en laste is deur die Nederlandse Regering oorgeneem.
Die raamwerk van so 'n voorouerlys is wel opgestel om te bepaal wat die vanne van al die voorouers van Roelf en Sarie was. Die voorouerlys is teruggewerk tot by voorouers wat aan die Kaap aangekom het en wat hier die stamouers genoem word.
ʼn Gedeelte van die voorouerlys van Roelf en Sarie du Preez se kinders. Hieronder is 'n gedeelte van die voorouerlys van Roelf en Sarie se kinders. Daar is by hulle kinders begin om gegewens oor beide Roelf en Sarie in te sluit. Soos uit die voorbeeld gesien kan word, word die ouers van iemand telkens verstrek. So hou die lys aan vertak tot by die stamouers. Afhangende van die getal geslagte wat daar in die land was, kan die lys voorsiening vir 1022, 2044, ens. moontlikhede vir voorouers maak. Daar sal egter nie soveel verskillende voorouers wees nie, omdat dieselfde voorouers op verskeie plekke voorkom.
2
(Roelf)
Roelof Johannes du Preez
h3
4
Gerhardus Stephanus
Christoffel du Preez g14
8 Roelof Johannes du Preez f7
16 Andries du Preez e4
17 Sara Catharina Oelofse d3
9 Susanna Johanna Scheepers f1
18 Gerhardus Stephanus Scheepers e6
19 Johanna Isabella Servacina Potgieter e7
1 1. Gerhardus Stephanus Christoffel du Preez 2. Johanna Jacoba du Preez 3. Johannes Lodewyk du Preez 4. Rudolf Johannes du Preez 5. Andries Johannes du Preez
5
Cornelia Maria Jansen van Vuuren
g6
10 David Schalk Jansen van Vuuren f5
20 Stephanus Petrus Jansen van Vuuren e3
21 Cornelia Maria van der Merwe f5
11 Gertruida Johanna Dorothea Magdalena du Plessis f1
22 Frederik Willem Jacobus du Plessis e7
23 Susanna Catharina Potgieter e10
3
(Sarie)
Susara Catharina Johanna
Magdalena van der Walt
g1
6
Johannes Lodewikus
van der Walt f8
12 Andries Johannes van der Walt e4
24 Andries Johannes van der Walt d5
25 Susanna Lasya Kruger e5
13 Martha Helena van der Walt e5
26 Nicolaas van der Walt d2
27 Levina Catharina Lessing c11
7
Johanna Jacoba
Strydom g7
14 Daniel Jacobus Strydom f4
28 Johannes Mathys Strydom e11
29 Anna Dorothea Bekker e5
15 Susara Catharina Johanna Magdalena Lindeque e7
30 Petrus Lindeque d1
31 Martha Maria du Preez f8
= Voortrekkers en diegene wat die Groot Trek as kinders meegemaak het.
Suid-Afrikaanse stamouers wat van Roelf en Sarie se voorouers is. Roelf en Sarie se voorouers wat ook Suid-Afrikaans stamouers is, word in die tabel hieronder weergegee. Notas:
o Die kolomme vir die man en vrou dui die stamouers aan, ongeag daarvan of hulle getroud was of nie. Heelwat van die stamouers het meer as een huwelik aangegaan, maar hier word slegs die man en vrou genoem wat die ouers van die voorsate van Roelf en Sarie was. Waar daar voorouers uit beide huwelike is, word die huwelike afsonderlik aangetoon, soos ten opsigte van Jean Prieur du Plessis.
o In die eerste twee kolomme word alternatiewe name ook aangedui en die tydstip waarop die betrokkenes in die Kaap aangekom het.
o Die kolomme “DUP” en “VDW” verwys na Du Preez en Van der Walt. Die kolom waarin daar 'n kruisie voorkom dui aan van wie van Roelf en Sarie se kante van die gesin die stamouers is.
o Die kolomme oor die herkoms dui aan waarvandaan die persone afkomstig was. Grense het baie gewissel oor tyd.
ROELF EN SARIE SE STAMOUERS IN SUID-AFRIKA
MAN VROU DUP VDW Herkoms Man
Herkoms Vrou
Andresen, Johann (Van Arensdorp, Jan Andriesz/Jan de Jonker) Kaap: Nie vermeld
Lijsbeth Jansz X Königsberg
Kaap
Bekker, Pieter Kaap: 1695
De Klerk, Jannetje (Jeanne/ Johanna) Kaap: 1688
X X Duitsland (Poolse gebied ?
1)
Nederland2
Bezuidenhout, Wynand Leenderts Kaap: Vermeld in 1668
Gerrits, Jannetje X Nederland Nederland
Boshouwer, Pieter3
Kaap: Was reeds in 1683 in Kaap
Gabrielsz, Adriaenje (Arriaantje van Cathryn van de Caeb
4)
X Nederland Kaap
Bosman, Hermanus Kaap: 1707
De Villiers, Elizabeth X Nederland Kaap
Botha, Frederik (Both) Kaap: 1678
Kickers, Maria Weesmeisie
X X Duitsland Nederland
Bouwer, Johann Ludwig (Bauer) Kaap: 1724
Burger, Cornelia X Duitsland Kaap
Brits, Hans Jacob Kaap: 1682
Olivier, Dina (Kina) X X Duitsland Kaap
Bruwer, Estienne Kaap: 1688
Du Puy, Susanna Kaap: Kom saam met weduweemoeder aan.
X X Frankryk Frankryk
Burger, Barend (Burcherdt, Berndt) Kaap: Vermeld in 1691
Daar is dus 117 egpare stamouers wat deel vorm van die voorsate van Roelf en Sarie in Suid-Afrika. Uit die tabel hierbo is dit duidelik dat Roelf en Sarie se voorsate of hul ouers hoofsaaklik uit Europa gekom het en wel uit die Nederlande, Duitsland en Frankryk. Daar is in die verlede gepoog om met die gegewens oor die herkoms van die voorsate uit te werk watter bydrae verskillende groepe gemaak het tot 'n nasaat – bv. hy of sy is x% Nederlands, y% Frans en z% Duits.
23 Die
berekenings is egter gebaseer op soveel aannames dat die geldigheid daarvan minstens verdag is. Wat wel interessant is, is dat een of albei lede van 36 van die bogenoemde egpare van die stamouers vanaf Frankryk afkomstig was. Enkeles het voor of na die Hugenote aan die Kaap aangekom, maar die oorgrote meerderheid van hierdie stamouers was Franse Hugenote.
Klasse mense aan die Kaap “Die Kaap het die Kompanjie se administratiewe strukture in die Ooste oorgeneem.”
24 Dit was kleurblind en
was gebaseer op die volgende werklike statusgroepe: Kompanjieamptenare, burgers en slawe met 'n tussengroep van vryswartes – vrygestelde slawe. Saam met die onderskeid tussen Christen en heiden, Europeër en nie-Europeër “...het die onderskeie statusgroepe die belangrikste invloed uitgeoefen op die manier waarop die mense in die Kompanjie se gebiede oor hul plek in die samelewing gedink het.”
25
Die Khoi-Khoi was beskou as 'n groep mense buite die “Nederlandse” gemeenskap en die Hollandse regstelsel was ook nie op hulle van toepassing nie.
1 Kowalski, Mariusz. 2006. Polish Boer Families. Familia Jaargang 43 nr. 2. Bl. 38.
2 De Klerk, Eben. 1989. Die herkoms van die De Klerks. Familia Jaargang XXVI/1989 nr. 1. Bl. 2. Eben de Klerk meld dat die
De Klerks wel van Franse oorsprong was, maar reeds drie geslagte in Nederland was voordat hulle na die Kaap gekom het. 3 Nie in SAG-reeks nie.
4 Robertson, Delia A. Compiler. The First Fifty Years Project. Geraadpleeg 2010. Webwerf http://www.e-family.co.za/ffy.
5 Kowalski, Mariusz. 2006. Polish Boer Families. Familia Jaargang 43 nr. 2. Bl. 38.
6 Booyens, Harry. 2009. Jacob and Fijtje Cloeten “van Ut in ‘t Land van Ceulen”. Familia Jaargang 46/2009 nr. 1. Bl. 24 en 40.
Jacob Cloete het omstreeks 1671 teruggekeer na Europa en weer omstreeks 1680 in die Kaap aangekom. 7 Booyens, Harry. 2009. Jacob and Fijtje Cloeten “van Ut in ‘t Land van Ceulen”. Familia Volume 46/2009 nr. 1. Bl. 37. Haar
van is op verskillende wyses gespel, waaronder Radegoertgens. 8 De Klerk, Eben. 1989. Die herkoms van die De Klerks. Familia Jaargang XXVI/1989 nr. 1. Bl. 2. Eben de Klerk meld dat die
De Klerks wel van Franse oorsprong was, maar reeds drie geslagte in Nederland was voordat hulle na die Kaap gekom het. 9 Colenbrander, H. T. 1964. De Afkomst der Boeren. Tweede Uitgawe. Kaapstad: C. Struik, Gothic Printing Company. Bl. 26.
10 Pama, C. 1983. Die Groot Afrikaanse Familienaamboek. Kaapstad: Human en Rousseau. ISBN 0 79811 618 8. Bl. 113.
11 Robertson, Delia A. Compiler. The First Fifty Years Project. Geraadpleeg 2010. Webwerf http://www.e-family.co.za/ffy.
12 SAG 4, bl. 236. Cecilia Swerisse: Moontlik die dogter van Lourens Sweris. Sy trou te Kaapstad op 10.11.1709 Jacob Jans
van Vliet van Harlingen. 13
SAG 8. Bl. 216. Daar word aangedui dat sy van Nederland is en haar eerste man Nicolaas Vechtman van Merano, Suid-Tirool, was. 14
Volgens die omskrywing van stamouers wat in die hoofstuk toegepas word, is Hans Christoffel Snijder en Catharina van Paliacatta die Snyman stamouers. 15
Christoffel Snyman word vry algemeen as die stamouer van die Snymans aangetoon en daarom word sy naam hier verstrek. Volgens die omskrywing van stamouers wat in die hoofstuk toegepas word, is Hans Christoffel Snijder en Catharina van Paliacatta die Snyman stamouers. 16
Robertson, Delia A. Compiler. The First Fifty Years Project. Geraadpleeg 2010. Webwerf http://www.e-family.co.za/ffy. 17
Kowalski, Mariusz. 2006. Polish Boer Families. Familia Jaargang 43 nr. 2. Bl. 38. 18 Robertson, Delia A. Compiler. The First Fifty Years Project. Geraadpleeg 2010. Webwerf http://www.e-family.co.za/ffy.
19 Robertson, Delia A. Compiler. The First Fifty Years Project. Geraadpleeg 2010. Webwerf http://www.e-family.co.za/ffy. (E-mails from Mansell Upham to Delia Robertson, 1 Aug 2010 (Personal Library, Email Upham) "This was based on the confession [CA: CJ 291, no. 251 (Confession of Elisabeth van de Caep, 6 April 1689)] by Lijbeth Sanders herself where she admits being pregnant with Teerling's child (4 months pregnant on 6 April 1689). No baptism for Clara can be found - maybe, just maybe (but wrong area) at Drakenstein (or maybe as an adult before marriage) and these records were destroyed in a fire. At some point after Teerling was convicted, Lijsbeth Sanders shacked up with Herbst - as did Anna van Guinea or he with Anna (1688 muster roll confirms this) and Teerling disappears until his recorded death in 1714 at Stellenbosch. I have considered Clara as a possible biological daughter of Herbst given the fact that there is a gap (1690-1702) between the birth of Teerling's child (if no miscarriage) and that of Gerbregt who is on record as daughter to Herbst and baptized but discounted this on the basis of the clear age difference between Clara and Gerbregt if you look at the years in which they both married and had children. Clara is clearly a lot older than Gerbregt. I get the impression that Teerling was totally disgraced and probably prohibited from having anything further to do with Lijsbeth Sanders. Lijsbeth Sanders lost custody of her three daughters by Louis to the biological father and then started a new life with Herbst in company with Maria Everts, Hoena and Paaij Claes which was also badly disrupted by her 1696 3-years hard labour conviction and punishment. With Teerling effectively removed from their lives, Clara probably grew up as adopted daughter of Herbst."). 20
Robertson, Delia A. Compiler. The First Fifty Years Project. Geraadpleeg 2010. Webwerf http://www.e-family.co.za/ffy. “NGK G1 1/1, Nederduitsch Gereformeerde Kerk, Kerken Boek (Bapt.), 1665-1695: Anno 1671 Den 5 Juli Een Comp. slaafinne kint half van een christen vader de moeder genaamt Claasje t' kint Sara, tot getuyge stont in plaatze van den E.Command. en den raat, Alexander Carpius Schoolm', transcribed by Richard Ball, Norfolk, England, (May 2006), Genealogical Society of South Africa, eGSSA Branch.” Asook: “Sara het die van Van Gyselen geneem en dus word dit aanvaar dat sy die buite egtelike kind van Leendert Jansz van Gyselen was. . .”. Bogemelde inligting is gestaaf. Dit word egter gemeld dat daar ook ’n ander sienswyse oor haar moeder is: SAG 2, Bl. 602 verwys na haar moeder as Maria Willemsdogter van die Kaap. Rinken, Lucas G: Electronic SA Genealogical Index e-SAGI - V5.0: DVD verwys na haar moeder as Maria Willemsz van Hamburg, Duitsland. 21
Robertson, Delia A. Compiler. The First Fifty Years Project. Geraadpleeg 2012. Webwerf http://www.e-family.co.za/ffy. Dit gaan hier oor wie die moeder was van Helena Vosloo, die dogter van Johann Vosloo. By die inskrywing oor Johann Vosloo word haar moeder aangedui as ’n onbekende slavin van die VOC. By die inskrywing oor Helena Vosloo word daar verwys na Helena van Malabar as haar moontlik moeder. 22
Rinken, Lucas G: Electronic SA Genealogical Index e-SAGI - V5.0: DVD. Daar word volgens ‘n bron op e-SAGI aangedui dat Heinrich Weyers gebore is te Olfen, Nordrheim-Wesfale, Duitsland. SAG I6 dui egter aan dat hy van Epe in Nederland afkomstig was. Die Epe kon egter ook in Duitsland gewees het. 23
Colenbrander, H. T. 1964. De Afkomst der Boeren. Ble. 106 -127. 24
Giliomee, Hermann. 2004. Die Afrikaners: ‘n Biografie. Kaapstad: Tafelberg Uitgewers. ISBN 0 624 04181 6. Bl. 4. 25
Giliomee, Hermann. Die Afrikaners: ‘n Biografie. Bl. 4.