Top Banner
24

Slingervel se adresse - Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervel... · 2018. 9. 10. · Posbus 6433, Flamwood 2572 Bydraes en briewe Posbus 6433, Flamwood 2572

Mar 02, 2021

Download

Documents

dariahiddleston
Welcome message from author
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Transcript
Page 1: Slingervel se adresse - Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervel... · 2018. 9. 10. · Posbus 6433, Flamwood 2572 Bydraes en briewe Posbus 6433, Flamwood 2572
Page 2: Slingervel se adresse - Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervel... · 2018. 9. 10. · Posbus 6433, Flamwood 2572 Bydraes en briewe Posbus 6433, Flamwood 2572

2 slingervel maart 2013

REDAKTEURDr Nico vd Merwe

e-pos: [email protected]

Tipografi e en uitlegJoey Fourie

e-pos: [email protected]

MEDEWERKERSDr. Nico van der MerweOordenkings vir tieners en

laerskoolkindersMarina Kotze

Junior Rubrieke en PenmaatsRiana Jonker

VerjaardaghoekieSusan Lourens

BoekebladTersia van der Merwe en Rina My-

burgh Blokkiesraaisels en Kopkrappers

Attie VenterWetenskap-Artikels

Rika du Plessis en Sophia van der Walt

Stories

Artikelskrywers dié uitgaweDr. Nico van der Merwe

Basjan

Eienaars en uitgewersDeputate vir Kerklike Tydskrifte

Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaPosbus 20008, Noordbrug 2522

DrukkersV & R Drukkery

Tel. 012 333 2462

IntekeningAdministratiewe BuroAfdeling Publikasies

Posbus 20008, Noordbrug 2522Tel: 018 297 3986

IntekengeldR177,00 per jaar

(posgeld en BTW ingesluit)

AdvertensietariefOp aanvraag beskikbaar

by Wymie du Plessis tel. 018 297 3986

Die RedakteurPosbus 6433, Flamwood 2572

Bydraes en briewePosbus 6433,

Flamwood 2572

Jaargang 54 Nommer 945,

April 2013

ISSN 0037 685 X

3 Die redakteur skryf4 Verjaardaghoekie6 Spreuke vir die

tiener verklaar7 Bybelleesrooster vir

Mei8 Oordenkings vir

laerskoolkinders10 Mammas weet altyd

beter!12 Noag-raaisel Salomo se

streeksbestuurders13 Die gelykenis van

die saaier14 Blokkiesraaisel 44615 Pas bymekaar Slingervel se eie

lawwe woordeboek16 'n Wonderlike

estuarium (3)18 Die Bybel deur die

eeue19 Boekeblad22 Oordenkings vir

tieners24 Jerusalem in Jesus

se tydSlingervel, Jaargang 54 Nommer 945, April 2013

in hierdie uitgawe ...in hierdie uitgawe ...

Page 3: Slingervel se adresse - Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervel... · 2018. 9. 10. · Posbus 6433, Flamwood 2572 Bydraes en briewe Posbus 6433, Flamwood 2572

slingervel maart 2013 3

Die redakteur skryf ...

Slingervel se adresse

[email protected] Posbus 6433, Flamwood 2572Tel/faks 018 468 1782

Dit maak nie saak hoe oud of hoe jonk iemand is nie, ’n Christen moet standpunte hê! Wat is ’n standpunt? ’n Standpunt is

jou uitkyk op die lewe. Jou standpunt is die wyse waarop jy na die lewe en die wêreld rondom jou kyk.

’n Gelowige mens kyk met ander oë na die lewe as ’n ongelowige mens. Die Christen het ’n totaal ander uitkyk op die wêreld as die heiden. ’n Mens wat aan God gehoorsaam is, sien die dinge van die lewe heeltemal anders as ’n mens wat nie aan God gehoorsaam is nie. Iemand wat uit die Woord van God lewe, bekyk dinge in geheel anders as iemand wat nie uit God se Woord lewe nie.

Hoe raak hierdie dinge jou? As gelowige kind van God moet jy kan sê wat jy dink van alles en nog wat, en of dit reg of verkeerd is. Jy moet begin selstandpunt kan inneem ten opsigte van die dinge wat daagliks gebeur, byvoorbeeld:

Wat is die doel en betekenis van die lewe? Wat is die belangrikste wat in jou mensever- houdinge gesien moet word?Wat is jou standpunt oor sonde, ongeregtigheid, onreg, barmhartigheid, liefde.Wat dink jy van dobbel, lotery en kansspele? Wat is jou standpunt oor Sondagsport en Sondaghandel; Sondagviering?Wat dink jy van naaktheid en pornografi e? Hoe moet ’n partytjie wees om suksesvol te wees?Wat sê jy van dwelmmiddels en rook? Wat is jou standpunt oor vloek en vuil grappe?

Elke gelowige mens sal antwoorde op hierdie vrae moet hê en jou antwoord op die vrae is jou standpunt, jou opinie, jou oortuiging. ’n Gelowige moet kan rekenskap gee van sy standpunte.

Kommunisme, liberalisme, sosialisme, ek sis-tensialisme, Calvinisme is almal sekere stand-punte oor die lewe. Van ’n gelowige word ’n Christelike standpunt oor alles in die lewe verwag. Jy moet na die lewe en die wêreld rondom jou kyk deur die bril van die Bybel.

Dit beteken dat jy alles moet oordeel en meet aan die waarheid van die Bybel. Die wil van God moet jy toepas in alles fasette van jou lewe, dit is die belangrikheid van ’n Christelike standpunt in die praktyk van die lewe. Jy strewe in alles om in pas te wees met die Woord van God, dit is die enigste rigsnoer.

Deur jou omgang met die Bybel, die prediking, katkisasie, Bybelstudie, geskrewe artikels word jou standpunte gevorm soos dit wortel in die Woord van God. God verwag van jou om standpunt in te neem.

’n Gelowige mens kan nie anders lewe as om in alles te vra: Wat verwag die Here van my in dit wat ek doen of wil doen? nie. In alles vra jy eers of dit in die oë van die Here reg of verkeerd sal wees, dit wat jy wil doen. DK

Page 4: Slingervel se adresse - Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervel... · 2018. 9. 10. · Posbus 6433, Flamwood 2572 Bydraes en briewe Posbus 6433, Flamwood 2572

4 slingervel maart 2013

verjaardag

hoeki

e

Die volgende maats verjaar gedurende

APRIL 2013. Geluk aan almal van julle wat 'n jaar ouer gaan word. Mag die nuwe jaar wat kom,

net geluk en voorspoed bring.

Hernu asseblief self julle verjaardae, of vra een van julle kategete om dit aan my te stuur.

My adres is Posbus 614, Paardekraal 1752, of

e-pos [email protected]

Groete, Tannie Riana Jonker

1 Christine Visser (Krugersdorp), Cornel Smit (Warmbad), Jaco Steyn (Kathu), Jason Rheeder (Vanderbijlpark-

Trinitas), Jessica van Zyl (Randburg).

2 Bertus Kruger (Randburg), Chané Moolman (Vanderbijlpark-Trinitas), Elsje de Vries (Randburg), Jade Ferreira (Rand-

burg), Kobus Pretorius (Wolmaransstad), Leandre Vorster (Botswana), Leo Erasmus (Benoni), Margierite Snyman (Zeerust).

3 Benco Allers (Messina), Brenda van der Sandt (Kathu), Craw ford Joubert (Middelburg Mpumalanga), Karolien

Dey sel (Krugersdorp), Kemieke Derwig (Vanderbijlpark-Trinitas), Mia Grobler (Randburg), Paul Kruger (Randburg), Stefan Bester (Kuruman), Stephan Verhoef (Vereeniging-Oos).

4 Ané Vorster (Boksburg-Suid), Bernard Maritz (Randburg), Chris Mostert (Reitz), Clarissa Kriese (Secunda), Jan-Jac

Grobler (Welkom-Noord), Mia Poolman (Kathu), Nick Motswiri (Randburg), René Maritz (Randburg), Roelof Taljaard (Magol), Sulet van der Walt (Duineveld), Veruchka Kirsten (Middelburg Mpumalanga).

5 Crina van Staden (Waterkloofrand), Francois Joubert (Kru-gers dorp), Hannes Burger (Bethal), Marcell van der Merwe

(Kaapstad), Marnus Meyer (Lydenburg), Nina Ras (Vaalpark), Ruan Kruger (Nylstroom), TC van der Steen (Upington).

6 Bernard van Tonder (Hermanus), Tjaart Nortje (Buffel-doorns), Virginia Miles (Warmbad), Wilmari Louw (Magol).

7 Anelda Pieterse (Wolmaransstad), Anica van der Zwaard (Bloemfontein-Suid), Anja Coetsee (Potchefstroom-Oos),

Anneri Pretorius (Secunda), Christian Few (Rustenburg), Corzel Yssel (Potchefstroom-Oos), Danika de Klerk (Krugersdorp), Elan dré Heunis (Rustenburg), Emile van der Walt (Randburg), Hanrew Wallace (Wolmaransstad), Hardus Voges (Vanderbijlpark-Trinitas), Jana Erwee (Messina), Juan Potgieter (Middelburg Mpumalanga), Leah Malan (Randburg), Petrus Jacobus Rudman (Kathu).

8 Armand Grobbelaar (Barberton), Coetzee du Plessis (Kathu), Daniël du Plessis (Warmbad), Daniël Pienaar

(Van der bijlpark-Trinitas), Ina-Mari Roos (Magol), NF van Tonder (Van derbijlpark-Trinitas), Rohan du Plessis (Laeveld), Vaughn Cook (Wolmaransstad), Zané Wegner (Kaapstad).

9 Andro Schutte (Zeerust), Carli le Roux (Lydenburg), Carmen Olivier (George), Gerhard Smit (Nylstroom), Gerhard

Steenekamp (Potchefstroom-Die Bult), Karen Ehlers (Zeerust), Mashohla Mojela (Randburg), Wian van Werkhoven (Vaalpark).

10 Adriaan du Plessis (Laeveld), Ané Voges (Vanderbijlpark-Trinitas), Anke Venter (Duineveld), Annemay Fogwill

(Waterkloofrand), Cailyn Pretorius (Krugersdorp), Deidre Hechter (Vaalpark), Edrich Hutcheons (Bloemfontein-Suid), Heindrich Hutcheons (Bloemfontein-Suid), Janet du Plessis (Vaalpark), Kate lynn Scholtz (Kathu), Kristin Schutte (Krugersdorp), L’relda Laufs (Randburg), Lindie Venter (Brackenhof), Lizaan van Heer-den (Burgersdorp), Marietjie Visser (Krugersdorp), Stefan van

Page 5: Slingervel se adresse - Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervel... · 2018. 9. 10. · Posbus 6433, Flamwood 2572 Bydraes en briewe Posbus 6433, Flamwood 2572

slingervel april 2013 5

der Walt (Randburg), Talita Kruger (Gobabis), Talitha Steyn (Ka-thu), Tinah van Tonder (Benoni).

11 Anje Delen (Kleinmond), Anne van Tonder (Herma-nus), Carmi van der Walt (Potchefstroom-Die Bult),

Hugo Benadé (Brackenhof), Jana Novella (Randburg), Luze Bar-nard (Heilbron), Marnus du Plessis (Nylstroom), Otto Janse van Rensburg (Kuruman), Thinus Buys (Lichtenburg).

12 Abram Adrian Venter (De Aar), Adriaan Nel (Vander-bijlpark-Trinitas), Cassie Fouché (Port Elizabeth),

Chris tiaan Jordaan (Vanderbijlpark-Trinitas), Ebert van Blerk (Nyl stroom), Handri Uys (Middelburg Mpumalanga), Lisa Venter (Port Elizabeth), Martin Brotherton (Vanderbijlpark-Trinitas), Wy nand van der Merwe (Reitz).

13 Divan Bruwer (Brackenhof), Eugenie Nagel (Laeveld), Hardus Potgieter (Zeerust), Marcus van der Merwe

(Rand burg).

14 Divan du Toit (Krugersdorp), Emmarentia Kotze (Wol-maransstad), Henry Ackerman (Krugersdorp), Juandri

Strydom (Laeveld), Stephanie Nagel (Laeveld).

15 Antonie Pelser (Secunda), Carlien van Krieken (Boks-burg), Christiaan Snyman (Vanderbijlpark-Trinitas),

Jaco Groothof (Warmbad), Janré Horn (Burgersdorp), Melandri de Beer (Rustenburg), Mioné Hartzenberg (Randburg), Schalk Erasmus (Magol), Stefan le Roux (Waterkloofrand).

16 Daniël Viljoen (Randburg), Francois Scholtz (Berg-bron), Johan Muller (Heilbron), Lee-Ann Venter (Mid-

del burg Mpumalanga), Leon van Tonder (Kathu), Möritz Herbst (Secunda), Palesa Mbewe (Randburg), Renschie Engelbrecht (Lae veld), Sune Coetzee (Brackenhof), Thamsanqa Sondlo (Rand burg), Wihan Jacobsz (Laeveld).

17 Christiaan Mol (Lydenburg), Cielie Rudman (Kathu), Edgar van der Spoel (Randburg), Elsje von Briel (Berg-

bron), Jamie Smith (Kaapstad), Marcques Hansen (Lydenburg).

18 Anneke van Rooy (Port Elizabeth), Jurgens Bence (Buf feldoorns), Marliné Vos (Magol), Merike Lange

(Berg bron).

19 Hanco van der Berg (Krugersdorp), Marli Erasmus (Se-cun da), Marna Smit (Rustenburg), Phiané Oosthuizen

(Randburg), Steven Smid (Vanderbijlpark-Trinitas).

20 Anja du Plessis (Randburg), Anneke Steyn (Randburg), Anrie van der Merwe (Barberton), Ansunell van Nie-

kerk (Vereeniging-Oos), Jade du Toit (Randburg), JC Viljoen (Boksburg), Louis du Plessis (Krugersdorp), Louise MacDonnell (Randburg), Magda du Plooy (Vanderbijlpark-Trinitas), Mynette Robberts (Secunda), Shanel Nunes (Bethal).

21 Adriaan Kruger (Secunda), Annené van Zyl (Benoni), Carla van der Walt (Kuruman), Ilze van Heerden (Bur-

gersdorp), Julanie de la Rey (Suidkus), Morné Bezuidenhout

(Ly denburg), Pieter Broersma (Vanderbijlpark-Trinitas), Siné Gro bler (Vanderbijlpark-Trinitas), Xavier Coetsee (Randburg).

22 Adéle Smith (Waterkloofrand), AJ van der Walt (Magol), Cara Dunne (Lydenburg), Dehan van der Walt

(Middelburg Kaap), Elmarie Borcherds (Middelburg Mpuma-langa), Frederik Aucamp (Magol), Jan Adriaan Erasmus (Bethal), Lize-Marie Joubert (Krugersdorp), Marno Botha (Bethal).

23 Bianca Retief (Bloemfontein-Suid), Davin Mitchell (Vaal park), Emma Nel (Randburg), Hannes Rademeyer

(De Aar), Juan Roos (Randburg), Mia Dreyer (Port Elizabeth), Rina-Anel Potgieter (Zeerust), Sarel Henrico (Waterkloofrand).

24 Almari Viljoen (Boksburg-Suid), Andries Venter (Se cunda), Arend Wijma (Laeveld), Dave Harman

(Zee rust), Janco Opperman (Hermanus), Jean-Jaques van Zyl (Krugersdorp), Kamogele Morake (Randburg), Kayla du Plessis (Kathu), Lenee Terblanche (Randburg), Marli Hartzer (Lydenburg), Max Celliers (Krugersdorp), Nicoleen Moatshe (Warmbad), Ralph Wellmann (Randburg), Rochelle van Emmenis (Lichtenburg), Sune Venter (Bothaville), Willem Celliers (Warmbad).

25 Albert Nel (Lyttelton), Eric Clark (Krugersdorp), Ger hard Potgieter (Magol), Morné Hattingh (Buffel-

doorns), Rochelle Volschenk (Laeveld), Simoné Stemmet (Se-cunda), Zene Kriel (Wolmaransstad).

26 Ailene Galloway (Bethal), Chantelle van Heerden (Rand burg), Johane Engelbrecht (Heilbron), JP van

Staden (Magol), Karla Scheepers (Welkom-Noord), Lollie Fou-ché (Vereeniging-Oos), Mariska Jonker (Vanderbijlpark-Trinitas), Marthinus du Preez (Potchefstroom-Oos), Reinie Stander (Chin-hoyi), Ruan Taljaard (Magol), Ruan van Staden (Alberton-Wes), Suné Minnaar (Laeveld), Tyla-Ann Wasmuth (Welkom-Noord.

27 Chanté Dreyer (Krugersdorp), Christelle Venter (Rus-tenburg), Gawie Pretorius (Heilbron), Madelein Pre-

torius (Rustenburg), Mike Steyn (Secunda), Righard de Scande (Burgersdorp), Schalk Snyman (Kuruman).

28 Danie Aucamp (Lydenburg), Denise van der Schyff (Vand erbijlpark-Trinitas), Heinrick du Toit (Boksburg-

Suid), Juan Farrel (Magol), Marni Coetzee (Lindley), Michael Meredith (Bethal), Michelle Bezuidenhout (Potchefstroom-Oos), Pieter (jr.) Kruger (Bloemfontein-Suid), Vlooi Dreyer (Pot-chefstroom-Oos).

29 Annika Fourie (Bethal), Christoffel Schutte (Secunda), Hade-Mari van Graan (Randburg), Hendriena Nel (Se-

cunda), Joaniska Visser (Vanderbijlpark-Trinitas), Johan Coetzee (Lindley), Lanelle Fouché (Port Elizabeth), Susanna van der Linde (Warmbad), William Shaw (Magol).

30 Adelia Schonken (Laeveld), Anri Jansen van Vuuren (Totiusdal), Cecilia Hearn (Kuruman), Liné du Ples sis

(Lichtenburg), Mikayla van der Merwe (Benoni), Pieter Jan sen (Secunda), Werner Vorster (Botswana), Zantoné Brand (Boks-burg-Suid).

Page 6: Slingervel se adresse - Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervel... · 2018. 9. 10. · Posbus 6433, Flamwood 2572 Bydraes en briewe Posbus 6433, Flamwood 2572

6 slingervel april 2013

dr. nico van der merwe

Lees Spreuke in 2013 op 'n sinvolle

wyse

Spreuke vir die tiener verklaar

In hierdie rubriek moet ons vanjaar, 2013, Spreuke met julle jongklomp saamlees en

die inhoud van Spreuke toepas in die lewe van elke Chris tentiener. Spreuke moet egter op ’n besondere en verantwoordelike wyse gelees en oordink word. Spreuke is nie ’n boek met ’n klomp onsamehangende gesegdes en spreekwoorde nie. In Spreuke sit daar orde en indeling. Daar is vyf groot gedeeltes wat jy in gedagte moet hou by die ver staan van Spreuke. Die hoofi ndeling van Spreuke is:

Spreuke 1:1 – 9:18 – Dit gaan oor die voordele om wys en verstandig te lewe.Spreuke 10:1 – 22:16 – ’n Klomp kernagtige spreek- woorde met waarheid vir die lewe.Spreuke 22:17 – 24:34 – Die woorde van die wyse manne saamgevat.Spreuke 25:1 – 29:27 – Los spreuke oor die politiek, natuur en landbou.Spreuke 30:1 – 31:31 – Die mens is klein en God is groot.In Spreuke 3 leer God die lesers wat die waarde

en betekenis van sy se wysheid is. Jou sukses en jou sekerheid op aarde is in God se wysheid saamgevat. Spreuke 3 vestig die aandag op drie hoofgedagtes:

Spreuke 3:1-12 – Die aard en natuur van God se wysheid.Spreuke 3:13-26 – Die waarde en betekenis van God se wysheid.Spreuke 3:27-35 – Die doel van God se wysheid. Vir die lesers word in Spreuke 3 ingeskerp dat God

se wysheid van onskatbare waarde is:God se wysheid gee aan jou ’n ryk en vol lewe (vs.1 & 17).God se wysheid kan jou gesondheid bevorder (vs. 2 & 18).God se wysheid kan jou besittings vermeerder (vs. 9-10 & 14).Spreuke 3:13-26 leer dat God se wysheid vir die

mens groot waarde en betekenis is. Dan hoor jy die waarde en betekenis van God se wysheid vir jou:

God se wysheid is beter as goud (vs. 13-15). God se wysheid gee ’n lang lewe (vs. 16-18). God se wysheid is in God gesetel (vs. 19-20). God se wysheid het baie voordele (vs. 21-26). Die vraag is watter voordele God se wysheid vir

die mens het. Dit kan die mens, wat aan die waarheid vashou, teen die kwaad beskerm en ellende voorkom. Dit gaan dus om die voorkomende funksie wat die wysheid van God in die lewe van die gelowige het (Spr 4:6, 12; 14:26).

Die wysheid van God het ’n waarskuwingsfunksie in jou lewe. As jy aan die wysheid van God vashou, sal jy vooraf gewaarsku word teen die sonde en die vernietigende uitwerking daarvan.

Spreuke 4 pas in in die hoofdeel waarin dit gaan om die voordele wat ’n wyse en verstandige lewe het. Die tema van hoofstuk 4 is: Wat Salomo self as kind van sy vader Dawid geleer het.

Dan vestig Spreuke 4 die aandag op drie hoofge-dagtes:

Spreuke 4:1-9 – Die wysheid wat te vind is in die op voeding van kinders.Spreuke 4:10-19 – In die lewe is daar twee maniere van lewe.Spreuke 4:20-27 – Dit gaan alles om jou innerlike oortuigings.In Spreuke 5 leer God die gelowige dat jy nie be-

tyds kan voorsien wat met jou gaan gebeur nie. So baie dinge is op die oog af onskuldig, maars eers la-ter, wanneer jy terugkyk op jou lewe, kan jy sien wat-ter groot skade dit aan jou gedoen het.

Spreuke 5 het vier hoofgedagtes:Spreuke 5:1-6 – Woorde kan ’n mens maklik mislei om verkeerde besluite te neem.Spreuke 5:7-14 – Bly by wat jy geleer het en ontvlug die lewensgevare.Spreuke 5:15-20 – God verduidelik sy waarhede deur ’n vergelyking.Spreule 5:21-23 – Die keuses wat jy maak, is be- palend vir jou lewe. SV

Page 7: Slingervel se adresse - Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervel... · 2018. 9. 10. · Posbus 6433, Flamwood 2572 Bydraes en briewe Posbus 6433, Flamwood 2572

slingervel april 2013 7

God se wonderwerke

dr. nico van der merweBybelleesrooster vir Mei

1 Mei – Lees: Psalm 105:1-11 (vs 5)Ons moet aan God se wonderwerke dink.

2 Mei – Lees: Genesis 1:1-7, Psalm 33: 6God het alles uit niks geskep.

3 Mei – Lees: Genesis 11:1-9 (vs 7)God verwar mense se spraak.

4 Mei – Lees: Genesis 18:1-15 (vs 14)Sara is onvrugbaar en al baie oud. Tog gee die Here

vir haar ’n kind: Isak.

5 Mei – Lees: Genesis 25:19-27 (vs 21)Rebekka kan nie kinders hê nie. Tog word Jakob ge-

bore.

6 Mei – Lees: Eksodus 2:1-10 (vs 10)Moses moes sterf. Tog laat God hom lewe.

7 Mei – Lees: Eksodus 9:1-7 (vyfde plaag)God straf Egipte met ’n wonderwerk.

8 Mei – Lees: Eksodus 12:21-23, 29-30 (tiende plaag)God straf Egipte, maar spaar sy volk.

9 Mei – Lees: Eksodus 14:15-31 (deurtog deur die Rooi See)

God red sy volk, maar tegelyk verdelg Hy die Egiptenaars.

10 Mei – Lees: Deuteronomium 29:2-8 (vs 5)God sorg op ’n wonderbaarlike manier vir Israel op

hulle woestynreis.

11 Mei – Lees: Eksodus 3:13 – 4:3Israel trek op droë grond deur die Jordaanrivier.

12 Mei – Lees: Josua 6:1-6, 20-21 (vs 20)Die Here laat Jerigo se mure val.

13 Mei – Lees: 1 Konings 18:30-39 (vs 38)Die Here se vuur verteer die offer.

14 Mei – Lees: 2 Konings 2:19-22 (vs 21)Die Here maak water weer bruikbaar.

15 Mei – Lees: 2 Konings 4:1-7Die Here gee vir die weduwee olie.

16 Mei – Lees: 2 Konings 4:38-41Die Here maak giftige kos weer eetbaar.

17 Mei – Lees: Jesaja 38:1-8, 21-22Die Here verleng koning Hiskia se lewe met 15 jaar.

18 Mei – Lees: Jona 1:1-16 (vs 16)Die Here red Jona met ’n groot vis.

19 Mei – Lees: Matteus 18-25 (vs 18)Jesus se moeder Maria het met Hom deur die

werk van die Heilige Gees swanger geword.

20 Mei – Lees: Johannes 2:1-11Jesus verander water in wyn.

21 Mei – Lees: Lukas 13:10-17Jesus genees ’n gebreklike vrou.

22 Mei – Lees: Lukas 17:11-19Jesus genees melaatses.

23 Mei – Lees: Matteus 9:27-31Jesus laat blindes sien.

24 Mei – Lees: Matteus 9:32:34Jesus laat ’n stom man praat.

25 Mei – Lees: Matteus 9:1-9Jesus laat ’n verlamde man loop.

26 Mei – Lees: Matteus 8:23-27Jesus maak ’n storm stil.

27 Mei – Lees: Johannes 6:1-15Jesus vermeerder brood.

28 Mei – Lees: Johannes 6:16-21Jesus loop op die see.

29 Mei – Lees: Johannes 21:1-11Die wonderlike visvangs.

30 Mei – Lees: Johannes 20:1-10Jesus staan Self uit die dood op.

31 Mei – Lees: Efesiërs 3:14-21God kan meer doen as waarvoor ons bid of dink.

Page 8: Slingervel se adresse - Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervel... · 2018. 9. 10. · Posbus 6433, Flamwood 2572 Bydraes en briewe Posbus 6433, Flamwood 2572

8 slingervel april 2013

dr. nico van der merwe

25. Die Bybel in jou leweLees in jou Bybel 2 Timoteus 3:10-17 (vs 15)

Paulus skryf hierdie brief aan Timoteus. Paulus sê een baie

belangrike ding van Timoteus: “Jy ken van kleinsaf die hei-

lige skrif.” Dit beteken dat Timoteus van sy klein kindertyd af die

Woord van die Here gehoor het. Sy ouma Loïs en sy ma Eunice

(2 Tim 1:5) het hom van kleinsaf groot gemaak as ’n kind van

die Here. Nou is Timoteus ’n jongman en Paulus vra van hom

om met die werk in die gemeente te help. Dit behoort nie vir

hom ’n probleem te wees nie, want omdat hy van sy kleuterjare

af in die Bybel onderrig is, is hy die regte man om vir die Here

te werk.

Hier sien ons dat ’n kind nie vroeg genoeg uit die Bybel geleer

kan word nie Jy moet ernsti g wees, en die Here verwag van jou

om gehoorsaam te wees aan jou ouers en hulle opvoeding te

aanvaar. Dit is die enigste manier om ’n gemors op te los.

26. Bekeer jou daagliks van jou sondeLees in jou Bybel Psalm 2:1-12 (vs 11-12)

As in vers 12 staan dat die Here se “toorn ontvlam” het of dat

Hy “toornig” word, dan beteken dit in ons gewone taal dat

die Here baie kwaad word. Hoe dink jy vir wie word die Here

baie kwaad? Hy word kwaad vir elke mens wat Hom nie dien

nie en nie na sy Woord en sy wet luister nie. Dink net daaraan

dat God in die tyd van Noag so kwaad was oor die sonde van die

mens (Gen 6) dat Hy die sondvloed gestuur het waarin al die

mense behalwe Noag en sy gesin dood is. Dit gebeur later ook

met die goddelose dorpe Sodom en Gomorra (Gen 19).

As jong kind moet jy weet dat God nie tevrede is as jy sonder

berou in sonde leef nie. ’n Mens kan nie aanhou en aanhou in

sonde en ongehoorsaamheid leef sonder dat die Here jou uit-

eindelik sal tug daaroor nie. Jy moet jou elke dag tot God be-

keer!!

27. ’n Kind moet sy ouers eerLees in jou Bybel Eksodus 20:1-17 (vs 12)

In die vyfde gebod sê die Here wat die verhouding tussen ’n

gelowige kind en sy ouers moet wees: “Eer jou vader en jou

moeder” (vs 12). Om jou ma en pa te eer, beteken om aan hulle

gehoorsaam te wees. Dit beteken verder dat jy respek moet

hê vir jou ouers. ’n Kind kan nie sy ouers kies nie. Net so kan

ouers ook nie hulle kinders kies nie. Dit is die Here wat jou aan

Mamma en Pappa gegee het; daarom is dit ook die Here wat

hulle aan jou gegee het. Behalwe jou verhouding met die Here,

is jou verhouding met jou ouers die belangrikste verhouding op

aarde waarin jy staan. Dit alles is die rede waarom jy aan jou

ouers gehoorsaam moet wees. Die Here het dit aan jou ouers

opgedra om jou in die Naam van die Here groot te maak en op

te voed. Daarom is dit jou plig om vir die Here gehoorsaam te

wees aan jou ouers.

28. Is jy ’n flop in die lewe?Lees in jou Bybel Lukas 12:1-7 (vs 7)

Het jy dalk al vir jou vriende gesê dat jy ’n fl op is? Daar het

sekerlik al oomblikke in jou lewe gekom waartydens jy besef

het dat jy in sekere dinge misluk het en in baie ander dinge nie

sukses kon behaal nie. Dan kan niemand jou kwalik neem as

jy voel dat jy ’n fl op is nie. Dit het ook sekerlik met jou gebeur

dat jy kyk na jou maats en na ander kinders se prestasies kyk,

en dan dink dat jy ’n fl op is omdat jy nie soveel sukses behaal

nie. Jy moet baie versigti g wees! Moet jou nie met jou maats

of ander kinders vergelyk nie. Jou waarde en sukses in die lewe

hang nie van ander af nie, maar van jou verhouding met die

Here. Jy moet dus na Jesus Christus kyk as jy jouself vergelyk.

Dan is jy nie ’n fl op nie, want die Here sê dat Hy vir jou sorg soos

wat Hy vir die voëltjies sorg. Want jy is vir die Here meer werd

as die mossies.

29. Wat doen ’n mens met jou foute?Lees in jou Bybel Daniël 6:1-21 (vs 20)

Omdat koning Darius ’n wet gemaak het dat niemand in die

land tot ’n god mag bid nie, het hy Daniël in die leeukuil laat

gooi. Daniël het nie opgehou om tot God te bid nie, daarom is

hy in ’n kuil gegooi waarin daar honger leeus was. Koning Darius

het besef dat hy ’n fout gemaak het, want hy was baie lief vir

Da niël. Hy het die volgende oggend na die leeukuil gegaan om

te kyk wat gebeur het. Daar hoor hy dat dit nie Daniël se ver-

moë was wat gekeer het dat die leeus hom nie opeet nie. Daniël

sê dat God hom gered het. Daar moet koning Darius leer dat jy

met jou foute wat jy maak, nie na mense toe moet gaan nie.

Men se kan aan jou niks doen as om jou net te kriti seer nie.

Maar die Here verstaan.

As jy in die gebed met God oor jou foute gesels, sal dit Here

vir jou wys hoe om die foute reg te stel of te verhoed.

30. Respek teenoor ouer menseLees in jou Bybel Levitikus 19:30-34 (vs 32)

As ons deur die Bybel, blaai dan leer God ons onder andere hoe

jy moet optree teenoor ander mense. Omdat jy ’n sondaar

is, kan jy nie teenoor ander mense optree soos jy dink dit is goed

en reg nie. Jy moet telkens teruggaan na die Woord van die Here

en gaan lees wat God daaroor sê. God vertel hoe jy moet optree

teenoor jou ouers en ook teenoor jou broers en susters en jou

maats. Die Here sê ook hoe jy moet optree teenoor ou mense.

“Uit eerbied vir jou God moet jy eerbied bewys aan oumense en

hulle met respek behandel. Ek is die Here” (Lev 19:32).

As jy wil hoor wat God met kinders maak wat met oumense

spot, lees 2 Konings 2:23-25. As jy uit die Bybel hoor wat die

Here daaroor sê, sal jy nie anders kan nie as om jouself te dwing

om oumense met eerbied te behandel. Maak nie saak wie hulle

is nie.

Page 9: Slingervel se adresse - Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervel... · 2018. 9. 10. · Posbus 6433, Flamwood 2572 Bydraes en briewe Posbus 6433, Flamwood 2572

slingervel april 2013 9

31. Jesus is die Brood van die leweLees in jou Bybel Johannes 6:22-40 (vs 35)

Ek is seker dat julle huis nooit sonder brood is nie. Mense kan

hoe arm wees, maar daar sal darem altyd brood in die huis

wees om te kan eet. Brood is ’n baie belangrike voedselsoort

oor die hele wêreld. Dit is noodsaaklik vir die mens om te eet.

As jy nie kos het om te eet nie, gaan jy dood.

In die Bybel sê God dat die mens nie van brood alleen kan

lewe nie. Jy het ook die Woord van die Here nodig. Die Bybel

vertel ons van Jesus. Jesus sê self dat Hy die Brood van die lewe

is. Daarmee bedoel Hy dat ons as mense Hom nodig het indien

ons die ewige lewe wil ontvang. Dit beteken dat jy deur die

ge loof die Here Jesus Christus as jou Verlosser en Saligmaker

moet aanvaar. Dan voed Hy jou en gee Hy aan jou geestelike

krag om die geloofspad te kan loop wat eenmaal uitloop op die

ewigheid.

32. Die tye as ek baie groot skrikLees in jou Bybel Lukas 2:9-20 (vs 9-10)

Ons kan ons voorstel dat die skaapwagters baie groot geskrik

het en baie bang was toe die engele aan hulle verskyn om

van Jesus se geboorte te vertel. Die engel het vir hulle gesê:

“Moenie bang wees nie!” (vs 10). As kind kan jy seker vertel van

al die kere waar jy bang was. Jy kan ook vertel van al die dinge

waarvoor jy bang was. Jy sal sê die lewe is vol dinge wat ’n kind

bang maak. Daar word 365 keer in die Bybel gesê: “Moenie bang

wees nie!” Jy moet daaraan dink dat as jy ’n kind van die Here is,

beskerm die Here jou.

Dit beteken nou nie dat jy maar onverskillig kan wees op

plek ke en tye waar dit gevaarlik is nie. Natuurlik moet jy ook

sorg vir jou eie veiligheid deur gevaarlike plekke te vermy. Maar

in alles moet jy op God vertrou en op sy krag waarmee Hy sy

kin ders oppas en beskerm.

33. Jesus is die Goeie HerderLees in jou Bybel Johannes 10:1-21 (vs 11)

As jy in die stad woon, het jy seker nog nooit iemand gesien

wat skape oppas nie. Die maats wat op plase bly, sal weet

waar van gepraat word. In die Bybel se tyd was dit onmoontlik

om met skape te boer as daar nie iemand was wat hulle kon

oppas terwyl hulle in die veld was nie. Dit was destyds baie

ge vaarlik, want daar was wilde diere wat die skape kon vang

en daar was ook diewe wat die skape kon steel. Daarom moes

iemand die skape oppas en vir die gevaar keer.

Die grootste vyand wat ons as gelowiges het, is Satan. Hy is

soos ’n leeu wat iets soek wat hy kan aanval en verskeur. Jesus

sê dat ons nie bang moet wees nie, want Hy is die skaapwagter

wat oor die gelowiges waak en hulle oppas dat Satan hulle nie

in die hande kan kry nie. In Psalm 23 sing ons mos dat die Here

ons Herder is.

34. Gebruik die Bybel soos ’n spieëlLees in jou Bybel Psalm 119:9-16 (vs 9)

As jy wil kyk hoe lyk jy, gaan kyk jy in ’n spieël. Vrouens en

dogters gebruik ’n spieël om hulleself te grimeer en seuns

en mans gebruik ’n spieël om hulle hare te kam of hulle dasse

aan te sit. As jy aan jou gesig of kop seergekry het, neem jy ’n

spieël om te sien hoedanig die besering is. Die belangrike vraag

is nou: Hoe kan ek my geestelik sien? Die Here het vir ons ’n

gees telike spieël gegee! Dit is die Bybel. As jy die Bybel lees, is

dit asof jy jou in ’n geestelike spieël sien. Dan kan jy sien hoe jy

gees telik lyk. Jy kan ook sien wat aan jou is verkeerd.

Die Bybel wys jou nie net hoe jy geestelik lyk nie, maar God

wys jou ook hoe móét jy lyk. Daarom is dit nodig dat jy daagliks

in die Bybel lees soos wat jy daagliks ’n spieël gebruik. Net so

ge reeld soos jy ’n gewone spieël gebruik, moet jy die spieël van

God se Woord gebruik.

35. Kies vir jou die regte maatsLees in jou Bybel Spreuke 27:11-17 (vs 17)

Aanvaar jy jou maats as vanselfsprekend? Wil jy beweer dat

as jy maats vir jou kies, dit met niemand anders enigsins iets

te doen het nie? Nie met die Here nie, en ook nie met jou ouers

nie, en ook nie met jou onderwysers nie? Dit is nie waar nie!

Waar om nie? Omdat jy onder die invloed van jou maats kom!

God sê: “Yster slyp yster, vriende vorm mekaar” (Spr 27:17). God

sê dus dat mense op mekaar invloed uitoefen – in ’n positi ewe

sin en ook in ’n negati ewe sin. As jy dus maats kies wat jou verlei

om in sonde te lewe en die lelikste dinge te doen – dan raak dit

almal rondom jou. Jy moet jou maats dus so kies dat dit kin ders

is wat in die Here glo en jou ook sal help op die pad van ge-

hoorsaamheid aan die Here. Kies jou maats ook deur tot God te

bid daaroor. As jou maats jou negati ef beïnvloed, sal jy jou van

hulle moet afskei!

36. Jesus maak die storm stilLees in jou Bybel Lukas 8:22-25

Jesus se dissipels het storms op die see geken. Tog was hulle

baie bang. Jesus is egter sterker as enigiets in die skepping.

Want Jesus is God. Daarom kan Hy die natuur beheer. Jesus het

net gepraat en die storm het bedaar. Jesus verwyt die dissipels

omdat hulle nie geglo het nie en bang geword het.

Watt er krisis ook al in jou lewe kom, jy kán die Here vra om

jou te help. Hy hét die mag om dit te doen. Maar dan moet jy

regti g in die Here glo, en nie net maak asof jy glo nie. Deur sy

krag red die Here jou. As jy dus bang word vir iets, kan jy die

Here vra om jou te help.

Die Here help sy kinders op verskillende maniere. Elkeen

wat in die Here glo en op Hom vertrou, word deur Hom gehelp.

Hy help nie altyd soos jy dit vra nie, maar op sy eie manier. En

God se manier is altyd die beste.

Page 10: Slingervel se adresse - Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervel... · 2018. 9. 10. · Posbus 6433, Flamwood 2572 Bydraes en briewe Posbus 6433, Flamwood 2572

10 slingervel april 2013

RoeLien is omgekrap. Sy wil nie nou al slaap nie. Sy is nie móég nie, en sy is ook nie vaak nie.

“Kom uit daar agter die boomstam! Dink jy ek kan jou nie sien nie?” raas Mamma Kangaroe. Sy is raadop met hierdie koppige kind van haar. Sy’s skaars nege maande oud, maar wil al maak net soos sy wil.

“Dis sommer símpel dat kangaroes in die dag slaap … ek wil nog speel!” RoeLien wil nóg teëpraat, maar … Mamma gryp haar aan die nekvel en trek haar langsaan haar neer.

RoeLien is glad nie van plan om te slaap nie. Sy het ’n belangrike afspraak … ’n bááié belangrike afspraak. Sy wag net totdat Mamma slaap. Met haar arms styf teenaan haar lyf, wurm sy haarself onder Mamma se warm lyf uit. Eers suutjies … treetjie vir treetjie, en toe … bons! bons! en daar gaan sy. Reguit rivier toe! Dis waar haar vriende wag.

RoeLien is so haastig om weg te kom dat sy oor haar eie voete val … amper bo-op Hasie en sy ma wat in ’n holte rus.

“Haai!”skree Hasie. “Kyk waar jy trap! Jy hardloop al weer vir jou ma weg, nè!”

“En jý gaan nie verklik nie! Ek’s nou-nou terug,” wys RoeLien met ’n vinger voor haar mond.

“Ai! Daardie stout kind gaan nog in groot moeilikheid beland,” brom Mamma Haas.

Bo, vanaf ’n steil heuwel, sien sy hulle. Veldmuis, Eekhoring, Padda, Eend en sommer nog ’n hele paar ander dierekinders, wag al van vroeg af. Hulle brand van nuuskierigheid oor daai dra-sakkie waarin ’n mamma-kangaroe haar kleintjie dra. Dit lyk na baie pret as RoeLien en haar ma verby hulle bons. Vandag gaan sý, RoeLien, hulle wys. Sy’s mos

Tannie Marjorie Whatley

Mammas weet altyd Mammas weet altyd beter!beter!

al groot, en kan dit nét so goed soos Mamma doen. Miskien nog beter!

“Jy’s laat RoeLien! Ons ma’s gaan ons velle aftrek. Óns moet ook in die middae rus,” kla hulle.

“Nou-já, ek ís mos nou hier! Wie’s eerste?”

“Ek!”“Ekke!”“Nee, dis ek!””Nee, ek was voor jou!”Dis omtrent ’n gestryery en ba-

kleiery.“Haai julle! Hou op met baklei!

Het julle gekom om te rý of om te strý?”skree RoeLien. “En waar is my beloning? Ek het mos gesê dit gaan julle kos.”

“Ons het dit … hier’s bessies, neute, vars blare, knolle en kruie. Ek het twee bossies kruie gepluk … so onthou, ék kry twee beurte,” kwaak Eend.

“Staan in ’n ry!” beveel RoeLien“Kom Veldmuis, jy is eerste. Styf

vashou, hoor!” Veldmuis se snor-retjie bewe en hy knyp sy oë styf toe. “Hier gaan ons!” skree Roe-Lien.

Veldmuis is lig en RoeLien bons sommer vinnig heuwel op en heuwel af. Sy maak sommer ’n eks tra paar draaie ook.

“Ek het mos gesê dis maklik … ek is al nét so goed soos my ma, miskien nog beter!” spog RoeLien toe sy vir Veldmuis neersit.

Padda is volgende. Hy lyk tog te snaaks daar voor RoeLien se bors. Twee groot uitpeul oë steek net-net uit, en met elke bons, kwaak hy van lekkerkry. Hy gaan nóg vars blare pluk. Hy wil nóg ’n beurt hê.

Page 11: Slingervel se adresse - Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervel... · 2018. 9. 10. · Posbus 6433, Flamwood 2572 Bydraes en briewe Posbus 6433, Flamwood 2572

slingervel april 2013 11

“Nou’s dit ek!” kwaak Eend. “Ons gaan eers tot op daardie hoog ste heuwel, dan weer af on-der toe … dan oor die rivier, en dan weer al die pad terug. Ek het mos twéé bossies kruie gegee!” Hy spring amper RoeLien se wind uit van opgewondenheid.

RoeLien sukkel om tot bo op die heuwel te kom. Eend is swaar, en haar bene is lam.

“Vinniger, vinniger!” por Eend haar aan.

RoeLien kom kreunend en steu nend tot bo op die heuwel.

“Nou weer af, en dan oor die rivier!” kwaak Eend.

“RoeLien struikel en verloor haar balans. Holderstebolder, kop oor stert, tuimel sy die heuwel af. “Splosj!!” Koppe eerste, plons hulle in die rivier.

Watter gemors! Sy’s besmeer met modder en Eend lyk nie veel beter nie.

“Kwaak, kwaak, kwaak!” skel Eend. “Jy’s sommer ’n simpel mei-sie kind. Gaan leer eers behoorlik by jou ma, voordat jy op ons kom eksperimenteer!” Hy duik onder die water, skud sy vere reg, en swem wal se kant toe.

Eindelik, en hinke-pinke, kom RoeLien weer by die ander aan.

“Waar’s Eend?” wil hulle weet. “En hoekom is jy so vol modder?” wil hulle óók weet.“Uhm, uhm … Eend wou nog so ’n bietjie swem. Hy kom nou-nou,”

jok RoeLien.“En die módder?” vra hulle weer.“Die módder? Oo-ja … ’n klomp stuitige ape het ons met modderkluite

bestook … nét toe ek oor die rivier bons,” jok RoeLien wéér.“Nou-ja! Wie’s volgende?” vra RoeLien, alhoewel sy glad nie meer vir

hierdie speletjie kans sien nie.“Nie ek nie!”“Ook nie ek nie!”“Defi nitief nie ek nie!”Nie een van hulle wil dit waag nie. Een vir een draai hulle om, en maak

hulle uit die voete uit.“Sy gaan ons nie óók verongeluk nie … of miskien verdrink, soos vir

Eend nie,” stem hulle saam. Hartseer, moeg en verleë, gaan sit RoeLien teen ’n klip. Haar bene is

lam, haar knieë is seer, en haar neus is vol skrape. Én, sy’s hónger en sy’s dórs. Sy stop ’n hand vol bessies in haar mond Sy het dit mos verdíén, dalk laat dit haar beter voel, hoop RoeLien.

“Jig!”dis bitter, en dit brand, en dit laat haar oë traan. Dalk is dit giftig! Wat as sy hier alleen doodgaan?

“Ooo!” sy verlang na haar mamma. Sy is moeg en sy wil slaap.“RoeLieeen! RoeLieeeeen!” Dis Mamma Kangaroe wat daar bo van die

heuwel af roep.“Mamma! Dis my mamma! Sy’t my kom haal!” snik RoeLien.“Waar was jy? Wat het gebeur? Kyk hoe lyk jy!” babbel en huil Mamma

deurmekaar van verligting. Mev. Haas het haar kom wakker maak en gewys in watter rigting RoeLien koers gevat het.

“Mamma! Mamma! Ek wil huis toe gaan!” Met een sprong is RoeLien in Mamma se arms.

Mamma raas nie … dis nie nou die tyd nie.RoeLien is nou elf maande oud. Sy slaap nog gereeld elke middag en

sy praat nóóit meer teë nie. SV

Page 12: Slingervel se adresse - Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervel... · 2018. 9. 10. · Posbus 6433, Flamwood 2572 Bydraes en briewe Posbus 6433, Flamwood 2572

12 slingervel april 2013

RINA

Lees in Genesis 6 die geskiedenis van hoe Noag die ark gebou het. Kleur nou die woorde in die ondergaande blokkies in, wat in Genesis 6 voorkom. Daar is 26 woorde

wat gesoek moet word. Kyk na die voorbeeld!

Soek die name van die 12

streeksbestuurders van Salomo, wat

voorkom in 1 Konings 4, in die kopkrapper.

RINA

Page 13: Slingervel se adresse - Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervel... · 2018. 9. 10. · Posbus 6433, Flamwood 2572 Bydraes en briewe Posbus 6433, Flamwood 2572

slingervel april 2013 13

Die gelykenis van die saaier Lukas 8:4-8, 11-15)

Ons moet ons lewe vergelyk met die saad wat op verskillende plekke geval het ... Mense wat kliphard is, weier om God se Woord te glo. Mense wat min diepte het, erken dat wat God

sê, waar is, maar maak dit nie deel van hulle lewe nie. “Onkruid”-mense se lewens word deur aardse goed beheer, en daar is geen plek vir God nie. “Goeie grond”-mense lewe volgens God

se Woord. (Kleur die prentjie van die saaier in.)

MARINA

Page 14: Slingervel se adresse - Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervel... · 2018. 9. 10. · Posbus 6433, Flamwood 2572 Bydraes en briewe Posbus 6433, Flamwood 2572

14 slingervel april 2013

TERSIA

Pos julle antwoorde aan: Slingervel Blokkiesraaisel, Posbus 6433, Flamwood 2572

DWARS1. Dié plek was vroeër bekend as Kirjat-

Sefer (Rigt 1:11).3. Uit dié stad het Dawid ‛n groot

hoeveelheid brons gebring (1 Kon 18:8).5. Die eerste een uit die Paros-familie (Esra

10:25).7. Die tweede seun van Jehallel (1 Kron 4:16).8. Elifas se tweede seun (Gen 36:11).10. Artemis word hier ‛n groot _____ genoem

(Hand 19:27).12. Tirhaka was koning van hierdie land (2 Kon

19:9).13. Joktan se sewende seun (Gen 10:27).

AF1. Moses het gesê hierdie man is ‛n jong leeu

(Deut 33:22).2. Baesa het die bouwerk hier gestaak (1 Kon

15:21).4. Simeon is ook _____ genoem (Handelinge

13:1).5. Beria se oudste seun (1 Kron 7:25).6. Mefi boset se broer (sonder die i) (2 Sam

21:8).7. Hy was ‛n Ammoniet (2 Sam 23:37).9. Asarja se pa (2 Kron 15:1).11. Ruben was haar oudste seun (Genesis

29:32).

Page 15: Slingervel se adresse - Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervel... · 2018. 9. 10. · Posbus 6433, Flamwood 2572 Bydraes en briewe Posbus 6433, Flamwood 2572

slingervel april 2013 15

Page 16: Slingervel se adresse - Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervel... · 2018. 9. 10. · Posbus 6433, Flamwood 2572 Bydraes en briewe Posbus 6433, Flamwood 2572

16 slingervel april 2013

Oom Attie Venter

’n Wonderlike estuarium (3)

Ons het laas keer gedagtes gewissel oor die abiotiese faktore (water en wind) en

biotiese faktore (organismes) wat die aard van lewe in ons estuarium beïnvloed. Die belangrikste hiervan is produsente (plante wat fotosinteer en dus as voedsel vir die verbruikers dien), fi toplankton en seegras, asook wat elkeen se rol in die voedselketting is.

Ons gee ook aandag aan oewerplante wat breë stroke net buite die hoogwatermerk vorm. Sarcocornia (’n litjies-agtige, vlesige plant) kom byvoorbeeld in breë stroke voor en gee dikwels ’n rooi skynsel aan moerasagtige gebiede. Hierdie plant het groot waarde deurdat dit die deurnat grond bind. Dit bied ook ’n tuiste vir talle mikro- (baie klein) verbruikers.

Digby die pad en spoorlyn kom talle staande “vars”-waterpoele voor. Die water spoel met reëns vanaf omringende gebiede in en meng glad nie met die soutwater van die res van die estuarium nie. As produseerders kom volop alge en diatome voor, sowel as plate biesies en fl uitjiesriet. Die verbruikers in hierdie geval is verskillende protosoë, vlieë, krappe, paddas en strandlopervoëltjies.

Diere (verbruikers)Detritus-voedselketting: Relatief min herbivore (plant-etende diere) kan al die

bestanddele van die plantevoedsel (bv. sellulose) wat hulle inneem, verteer. Dooie seegras se reste word byvoorbeeld deur ontbinders (veral bakterieë en swamme) afgebreek tot ’n meer verteerbare vorm. Dit word ook verder verryk deurdat die proteïen-inhoud verhoog word. Detrivore (garnale, steurgarnale, krappe, nematofe) vreet hierdie reste, tesame met die bakterieë-inhoud, wat intussen geweldig vermeerder het. Omtrent 80% van alle invertebrata in ’n estuarium is detrivore.Filter-voeders : In die water is daar gesuspendeerde (“hangende”) voedseldeeltjies sowel as plankton wat deur verskillende diertjies uitgefi ltreer (uitgesif) word. Die kluisenaarskrap het byvoorbeeld fyn haartjies op hulle antennas (voelers) wat die water deurlaat. Die deeltjies wat agterbly, dien dan as voedsel vir die diertjie. Nog voorbeelde is die potloodmossel, wit- en bruinmossel wat in modder grawe en die water fi ltreer.Predatore (roofdiere):

Strandlopertjies kom in groot getalle - voor, hoewel hulle eintlike jaggebied die seestrande is. Hulle verorber inverte-brata (wurmpies, insekte, garnale en slakkies).Seemeeue is aasdiere en fl oreer op die - oorblyfsels van visse wat hengelaars in die water of aan die waterkant agterlaat.

Page 17: Slingervel se adresse - Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervel... · 2018. 9. 10. · Posbus 6433, Flamwood 2572 Bydraes en briewe Posbus 6433, Flamwood 2572

slingervel april 2013 17

’n Soort wit reier kom ook voor wat met - lang bene in die water waad en klein vissies met sy skerp snawel oppik.Duikers maak ook jag op visse deur - onder die water in te duik.Die sone tussen hoog- en laagwater-- merke waar mossels en ander diertjies tuis is, vorm ’n gewilde weiveld vir baie voëlsoorte. Die voeding van die voëls is ook waardevo in dié opsig dat omtrent 20% van die gevrete massa weer in die estuarium beland as feses (uitwerpsels), wat ryk is aan veral fosfate.

Visse en hulle broeigewoontes: Die meeste estuaria dien as broeiplek vir heelparty vissoorte, omdat dit skuiling sowel as voed sel vir die jeugvorme bied. Oor hierdie onderwerp is daar baie interessante leesstof wat julle gerus kan raadpleeg.

Die invloed van menslike aktiwiteiteBegrensing: Aangesien die estuarium in ’n - beboude gebied geleë is, word dit aan alle kante op kunsmatige wyse begrens. Die mure aan die noorde- en suidekant (wat ook as vasmeerplekke vir motorbote dien) voorkom dat plantegroei aan die oewers ontwikkel. Die oewerplante (waarvan ons hierbo gepraat het) kom langs slegs ’n klein gedeelte oos van die treinbrug voor. Dus: minder broei- en skuilplek vir klein diertjies en visse en minder suiwering van water. Die brûe is natuurlik so kort as moontlik gebou om koste te besnoei, en gevolglik is ’n groot deel aan die ooste- en westekant opgevul. Die vloei van rivier- en seewater word dus tot ’n breedte van 100 meter beperk. Waar water só vinnig vloei, kan geen gevestigde gemeenskappe ontstaan nie. Groot gebiede wat vroeër die tuiste en broeiplek van ’n ryke verskeidenheid van organismes moes gewees het, is nou drooggelê.Motorbote: Die lawaai van die engins - en gemaal van die skroewe verjaag nie alleen die vis nie, maar is ook nie juis bevorderlik vir die voortbestaan van die plantegemeenskap nie. Dit geld ook vir die olie uit die masjiene.Nywerhede langs die rivier: Navraag by die -

Uitenhaagse munisipaliteit het aan die lig gebring dat die verskillende fabrieke wat langs die Swartkopsrivier geleë is, geen water wat skadelike afval bevat, in die rivier mag stort nie (anders as wat etlike jare vantevore die geval was). Dit was die situasie omtrent 30 jaar gelede, toe ek nog in Despatch gewoon het. Julle Vellies wat belangstel, kan gerus die saak ondersoek en vertel hoe dinge vandag daar uitsien. Julle kan dan in verbinding tree met tannie Joey Fourie per e-pos of andersins. Die adres verskyn voor in Slingervel.Landbou word ook langs die rivier beoefen. - Die verwydering van natuurlike plantegroei werk onvermydelik verslikking van die rivier en dus ook van die estuarium in die hand. Tydens vloedrampe (iets wat elke paar jaar plaasvind) word groot stukke van die rivierwal meegesleur.Riviersand word teenoor Despatch vir - bou doeleindes verwyder. Dat dit ook tot verslikking van die riviermond bydra, is voor die handliggend.

Nagedagte’n Rukkie gelede het die TV-program 50-50

ons kaalkop die waarheid vertel, en dit was nie so mooi nie. Vroeër, sê hulle – omtrent in die tyd waaroor in die artikels geskryf is – was dit ’n gewilde, veilige hengeloord waarin allerlei gewilde strandbedrywighede beoefen is. Die estuarium was een van die laaste “lewendiges” in die wêreld, en het ’n gesonde ekosisteem gehuisves.

Daarna het dinge begin gebeur: Die waterweë het in rioolslote verander. Hoër op in die Swartkopsrivier gaan die rioolpompe wat Uitenhage se afval behoort te hanteer, gereeld staan. Daar word glo nie vir die gebreekte pompe begroot nie. As ’n reënstorm bo in die Winterhoekberge losbars, is dit eens so erg. Dan spoel alles af na die estuarium in Redhouse se omgewing, en word dit ’n risiko vir mense om deur die water na byvoorbeeld ’n bushalte toe te stap. Die stank is glo iets ysliks. Die pompe moet seker maar vanself regkom! Ai, dis jammer! SV

Page 18: Slingervel se adresse - Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervel... · 2018. 9. 10. · Posbus 6433, Flamwood 2572 Bydraes en briewe Posbus 6433, Flamwood 2572

18 slingervel april 2013

Uit: Die verhaal van die Bybel, Lux Verbi.BM

Page 19: Slingervel se adresse - Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervel... · 2018. 9. 10. · Posbus 6433, Flamwood 2572 Bydraes en briewe Posbus 6433, Flamwood 2572

slingervel april 2013 19

Browne, Anthony. 2012. Ek hou van boeke. Pretoria: Protea Boekhuis. Prys: R90,00.

ISBN: 978-1-86919-516-8.

Ek hou van boeke is ’n uitstekende boek om kleuters en jong kinders ’n liefde vir

lees en boeke te laat ontwikkel. Sonder dat dit enigsins soos ’n les klink, word gepoog om jong lesers se belangstelling te prikkel vir die verskillende onderwerpe en genres wat boeke bied – verhale oor verskillende temas, humor- en spanningsverhale, strokiesverhale, rympies, opvoedkundige boeke, leerboeke, musiekboeke en nog vele meer.

Klein lesertjies/hoorders se nuuskierigheid word geprikkel deur die eenvoudige, maar skerp en treffende illustrasies wat deel van die inhoud van die boek uitmaak. Dit maak van die boek ’n heerlike “leeservaring”. Hierdeur kan hulle ’n liefde vir boeke en lees ontwikkel.

Anthony Browne is die outeur en illustreerder van hierdie boek. Hy het in 2000 die Hans Chris-tiaan Andersenprys vir kinderboeke ontvang en so wêreldfaam onvang. Hy is ook in 2009 aan-gewys as die Verenigde Koninkryk se beste kin-der boekillustreerder.

Oxenbury, Helen. 2012. Dis my verjaarsdag. Pretoria: Protea Boekhuis. Prys: R90,00.

ISBN: 978-1-86919-518-2.

Wanneer ’n mens verjaar, is dit heerlik indien al jou maats by jou kom kuier en

ver jaars dagkoek eet. Al sy dieremaats het die verjaarsdagmaatjie gehelp om die nodige be-stand dele bymekaar te kry vir ’n heerlike ver-jaars dagkoek: eiers, meel, sout, botter, sui-

ker, melk en kersies vir versiering. Almal het saam gehelp en gou-gou was die koek klaar gebak en kon almal heerlik smul aan ’n stukkie verjaardagkoek. Vriendelike maats wat vrygewig, hulpvaardig en meelewend is, is die mooiste verjaardaggeskenk ooit!

Kleuters sal hierdie kostelike storieboek met sy verruklike illustrasies baie geniet en die boek sal ’n geliefde gunsteling word.

Die skrywer en illustreerder, Helen Oxenbury, is geen onbekende nie en het al die Kate Green away-medalje en ook nog vele ander toe-kennings vir haar werk ontvang.

Dirks, Cor. 2012. Die Uile by die see. 5e uitg. Pretoria: Protea Boekhuis. 140 p. Prys:

R100,00. ISBN: 978-1-86919-563-2. (Die Uile-reeks, 8.)

Die vyf bendemaats het saam met Jorsie Neethling se ouers by die see gaan kamp

en hulle vere reggeskud vir ’n heerlike, luilekker vakansie by die see.

Toe ’n groep jong seuns hulle buurman se vleis wou steel, kon hulle nie anders as om in te gryp en te red nie – al het hulle vantevore met hierdie einste buurman koppe gestamp. Min het hulle geweet dat hierdie onderonsie met Piet en sy maats na ’n vulletjie sou lyk teen die genadelose behandeling wat hulle nog van Piet-hulle te wagte kon wees.

Jorsie en sy maats se lojaliteit, kameraadskap en speurvernuf, met ’n tikkie avontuurlustigheid daarby, het heel waarskynlik hulle lewens ge-red – en vir ’n naelbyt-avontuur gesorg. Geen

Wat kan ek lees?Wat kan ek lees?tannie susan

Page 20: Slingervel se adresse - Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervel... · 2018. 9. 10. · Posbus 6433, Flamwood 2572 Bydraes en briewe Posbus 6433, Flamwood 2572

20 slingervel april 2013

diamantsmokkelaar kan in elk geval met der-duisende rande se gesteelde diamante wegkom wanneer die Uile naby is nie!

Die Uile by die see is nog ’n heerlike lees-avontuur wat tieners nie kan misloop nie.

Burpo, Colton. 2012. Die hemel is werklik – vir kinders. Illustrasies deur Wilson Ong. Vertaal deur Gerda-Mari Zietsman. Vereeniging: Christelike

Uitgewersmaatskappy. Prys: R99,95.ISBN: 978-1-4316-0403-6.

Die hemel is werklik is die vertelling deur die 12-jarige Colton Burpo van sy ervaring wat

hy as vierjarige van die hemel gehad het. Hy vertel van sy gewaarwordings en waarnemings van hoe dit daar gelyk het, wie en wat hy daar gesien het, hoe die engele gelyk het en wat hulle gedoen het, en ook van God.

Op ’n kinderlik-eenvoudige manier vertel Col-ton van God se liefde vir kinders en hoe won-derlik alles in die hemel was tydens sy besoek. Die illustrasies is geskep soos Colton dit aan die illustreerder verduidelik het.

Aan die einde van die boek is ’n aantal vrae wat kinders moontlik oor die hemel sal vra met Colton se antwoorde daarop. Oral in die boek word Colton se vertellings met tersaaklike Skrif-verwysings ondersteun. Hierdie boek kan ouers moontlik help om die werklikheid en wonder-likheid van die hemel aan hulle kleuters en jong kinders te help oordra.

Van Rooyen, Nanette. 2012. ek was hier. Pretoria: LAPA Uitgewers. 176 p.

Prys: R100,00. ISBN: 978 0 7993 5496 6.

Frankie en Milan woon dieselfde hoërskool by en is albei geïnteresseerd in kunsfl ieks

en “old school”-musiek. Albei se gesinsopsette is ook nie dié van tradisionele tienergesinne nie. Hulle word van mekaar bewus en besef na ’n rukkie dat hulle eintlik verlief is. Hierdie

liefdesverhaal is egter heeltemal anders as die normale tienerromanse; dit is verrassend nuut.

Frankie en Milan kommunikeer hulle liefde en toegeneentheid vir mekaar deur middel van graffi ti wat hulle in die nag op strategiese plekke in die stad gaan “post”. Lees hierdie verhaal en sien ook watter plek die papierrot en die Banksy-graffi tiboek in hulle verhouding inneem.

ek was hier se persverklaring deur LAPA Uit gewers som hierdie “moderne straatkuns-liefdesverhaal” treffend op: “In hierdie jeugroman word graffi ti as ’n buitengewone kommuikasiestyl van liefde en opstand aan die karakters en leser geopenbaar ... Die wipwaentjierit van emosies wat die uitheemse, waaghalsige karakters er-vaar, betrek die leser ten volle. Beslis ’n boek vir slim tieners wat op soek is na ’n ‘anderse’ lees ervaring.”

Van Rensburg, Roelf. 2012. Sowaar, sowaar, Van Hunks is ’n towenaar! Illustrasies deur Theo Krynauw. Pretoria: Protea Boekhuis. Prys: R110,00. ISBN: 978-1-86919-550-2.

Die ou volksverhaal oor die rookwedstryd tus-sen Van Hunks en die duiwel op Tafelberg

word hier nuut en met humor vanuit ’n ander hoek aangebied. Die hele verhaal word treffend in rym (kwatryne) vertel en handel hoofsaaklik oor die stryd van Jan van Riebeeck en sy kom-panjie om van Van Hunks met sy vreeslike ro-ken de pyp ontslae te raak.

Op humoristiese wyse word vertel van die verskeidenheid planne wat gemaak en uitgevoer is om van hom ontslae te raak. Aan die einde van hierdie treffende aanbieding word die ver-haal wel aan die ou volkslegende gekoppel. Die volkleurillustrasies dra by tot die prettige speels-heid wat die boek uitstraal.

Jong kinders sal baie pret hê om van al die slim planne te lees en heerlik lag oor al Van Hunks se manewales om Van Riebeek-hulle te uit oorlê. Hierdie boek is ’n prettige, lekkerlees ju weeltjie! SV

Page 21: Slingervel se adresse - Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervel... · 2018. 9. 10. · Posbus 6433, Flamwood 2572 Bydraes en briewe Posbus 6433, Flamwood 2572

slingervel maart 2013 21ssssssslllllllininnnininininingegegegeeegeggegegeeggeeegg rrvrvvvvvvvrvvvvvvvvvvrvrvvrvvvvvvrvvvvvvvrvvvvvvvvvvvvvvvvrrvveellleleleelelleleleelleleleeleleee mmmmmmmmmmm mmmmmmmmmmmmmmmmmmmmmmmmmmmmmmmmmmmmmmmmmmmmmmm mmmmmmm mmm mm mmmmmmmmaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaa ttrttrtrtrtrtrtttrtrtrtrttrrtrtrtrtrrtrtrtrrtrtrrtrttrtrrttrrt 22222222222222222222222222222222222 222222222222222222222222222222222222 222222222222222 22220010010100100010101010111111111111111111111111111111111113333333333333333333333333333333333333 22222222222111111111111111111

Page 22: Slingervel se adresse - Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervel... · 2018. 9. 10. · Posbus 6433, Flamwood 2572 Bydraes en briewe Posbus 6433, Flamwood 2572

22 slingervel maart 2013

dr. nico van der merwe

33. Die doringkroon op Jesus se kopLees: Matteus 27:27-31 Teks: Matteus 27:29

Dorings is ’n teken van die sonde. Toe Adam en Eva sonde gedoen het, was een van die gevolge daarvan dat daar meteens dorings ontstaan

het (Gen 3:18). Dorings is iets wat ’n mens steek en seermaak. Jy het seker al een of ander tyd met kaalvoete buite geloop waar dorings jou gesteek het, en dit was baie seer. Dorings is die gevolge van die mens se sonde. Maar Jesus Christus is gestuur om die sondestraf van die mens te dra en die sondeskuld te betaal. Die spott ende soldate het vir Jesus ’n doringkroon gevleg en op sy kop vasgedruk. Hulle wou spot. Maar God sê dat Jesus eintlik ’n Koning is wat oor die sonde heers en dit wegneem.

Jou sonde was ook ingevleg in Jesus se doringkroon, en daarom het Hy ook vir jou sondes gesterf. Omdat jy in Jesus verlos is, moet jy elke dag stry teen die sonde in jou hart en lewe.

34. Jesus het die dood en die graf oorwinLees: Jesaja 53:9-11 Teks: Jesaja 53:9 & 11

Jesaja was ’n profeet van God eeue voordat Jesus op aarde was. Tog het Jesaja onder leiding van die Heilige Gees toe al voorspel dat Jesus

sal kom as die Verlosser van sondes, dat Hy baie op aarde sou ly en ook gekruisig word. In Jesaja 53:9 &11 profeteer die profeet dat Jesus ná sy kruisdood begrawe sou word, maar weer uit die graf sou opstaan. Jesus het Satan, wat verantwoordelik was vir die sonde aan die kruis, verslaan. Jesus het met sy kruisdood die sondestraf gedra en die sondeskuld betaal. Maar Hy het ook die dood en die graf oorwin.

In jou plek is Jesus aan die kruis dood en vir jou het Hy die ewige dood oorwin. Omdat Jesus dit gedoen het, word die gelowiges nie deur die dood vernieti g nie, maar kry jy die ewige lewe. Jesus gee aan almal wat in Hom glo lewe, omdat Hy die dood vernieti g het.

35. Jesus is werklikLees: Matteus 28:1-10 Teks: Matteus 28:9

Jesus Christus het nie alleen die sondestraf aan die kruis gedra en die sondeskuld betaal nie, Hy het ook die dood en die graf oorwin. Nadat Hy

drie dae in die graf was, het Hy opgestaan uit die dood en aan verskillende mense verskyn. Sy verskyning was na sy liggaam, dit was nie net ’n gees of oëverblindery nie. Maar die vyande van Jesus wou dit nie aanvaar nie en ook nie glo nie. Hulle het gesê Hy het nie regti g uit die dood opgestaan nie. Toe Hy aan die vroue verskyn het, het hulle voor Hom neergeval, sy voete gegryp en Hom aanbid. Hulle kon voel en sien dat dit werklik Jesus is. Dit is vir jou ook die bewys dat Jesus werklikwaar aan die kruis vir jou sonde gesterf het en dat Hy werklikwaar uit die dood opgestaan het. Jou ver lossing is nie kamma-kamma nie. Dit is werklik en dit is waar.

36. Jy moet Jesus Christus vertrouLees: Lukas 24:13-31 Teks: Lukas 24:21

Nadat Jesus uit die graf opgestaan het, het Hy werklik aan mense ver-skyn. Hy het ook gekom by hierdie twee manne wat besig was om van

Jerusalem na die dorpie Emmaus te stap, so ongeveer 12 kilometer ver. Die twee manne was baie verward oor wat alles in Jerusalem gebeur het. Jesus is gevang, verhoor en ter dood veroordeel om aan die kruis te sterf. Hy is begrawe, en hulle hoor nou dat Hy uit die graf opgestaan het en hulle verstaan dit nie. Hulle het so gehoop dat Hy die Verlosser is, maar nou weet hulle darem nie meer nie. Jesus herstel hulle geloof en vertroue. Hy wil nie hê dat mense hieroor sal twyfel nie.

Vandag loop Hy nie meer saam met ons nie, maar Hy het sy Woord vir ons gegee waarin die waarheid opgeskrywe staan. Lees in die Bybel van Jesus en vertrou elke woord oor Hom.

37. Die geseënde ontbyt by die seeLees: Johannes 21:1-14 Teks: Johannes 21:9

Na sy opstanding uit die dood het Jesus vir sy dissipels gesê om na Galilea te gaan waar Hy hulle sou kry (Matt 28:10 & 16). Hulle het

toe gegaan, en terwyl hulle vir Jesus wag, het hulle solank visgevang op die Galilea See. Deur ’n wonderteken laat Jesus hulle ’n groot klomp visse vang (vs 6). Toe hulle op die strand kom, het Jesus klaar vir hulle ontbyt gemaak – Hy was besig om vir hulle vis te braai en daar was brood ook. Hulle het gedink dat Jesus hulle nodig het, daarom het Hy hulle hier by die Galilea See ontmoet. Nou kom hulle agter dat dit net andersom is: dit is hulle wat vir Jesus nodig het, nie net wat die ontbyt betref nie, maar ten op sigte van hulle hele lewe.

Dit is nie net met die dissipels so nie, maar met elke mens, ook jy. Moet nooit vergeet dat jy Jesus nodig het vir die wegneem van jou sondes nie.

38. Die pad met die minste verkeerLees: Matteus 7:13-14 Teks: Matteus 7:13

As ti ener het jy seker ook probleme en vrae waarmee jy daagliks worstel. Hoe sal ek optree as my vriende vir my kwaad is? Wat moet ek doen as

ek my ouers teleurgestel het? Wat is die antwoord vir my skoolwerk wat so bitt er swak is? Die antwoord is een van twee: Of ek neem die maklikste pad en steur my nie aan die dinge nie, of ek neem die regte pad en doen wat God van my vra.

Daar is net hierdie twee paaie deur die lewe, sê die Here Jesus Chris-tus. Die breë pad waarop Satan jou van raad bedien, of die smal pad waarop die Here vir jou die regte raad gee uit die Bybel. Dit is ook die rede waarom jy so gereeld moontlik jou Bybel moet lees, sodat jy God se antwoorde op jou lewensvrae kan hoor. Maar dan moet jy met oorgegewe aandag en onverdeelde gedagtes die Bybel lees en daaroor nadink.

39. Die lewe soos dit normaalweg verloopLees: Spreuke 22:1-12 Teks: Spreuke 22:6

Spreuke is ’n boek in die Bybel waarin vertel word hoe dit normaalweg in die lewe gaan. Maar in hierdie saak is daar altyd uitsonderings. Ons

teks vers vir vandag klink asof daar geen uitsonderings is nie. (Lees weer die teks!) Jy kan seker aan baie gesinne en families dink waar dit nie so uitgewerk het nie. Mense wat goed grootgemaak is, maar as volwassenes die spoor totaal byster geraak het. Is dit teleurstellend vir jou? Is Mamma en Pappa se opvoeding van jou dan tevergeefs? Gaan jy dalk ook eendag ont spoor en alles in jou lewe skeefl oop?

Onthou, daar is uitsonderings. Maar Spreuke leer ons dinge soos dit normaalweg is. Dit beteken dat die goeie dinge wat jy in jou ti enerjare leer en aanleer, vir jou baie gaan beteken as jy eendag ’n volwasse mens is.

40. God het jou ouers vir jou gegeeLees: Spreuke 1:8-19 Teks: Spreuke 1:8

Spreuke is vir alle mense geskrywe: bejaardes, jonges, ti eners, adoles-sente, wyses, dommes, slimmes ... Vir elke mens op die aarde wat sy

persoonlikheid, karakter of temperament ook al is, beteken Spreuke baie. Salomo, wat die grootste gedeelte van Spreuke geskryf het, het mense ge ken. Ook jongmense soos jy!

Deur Salomo gee die Here nou vir jou die allerbeste raad wat daar is: om gehoorsaam ag te gee op die wyse waarop jou ouers jou opvoed. As ti ener wat in die Here glo, moet jy vir Mamma en Pappa sien as mense wat jou moet opvoed en grootmaak vir die Here, want in werklikheid is jy ’n kind van die Here. In die Bybel gee die Here vir jou ouers ook riglyne van hoe hulle hul kinders moet grootmaak. Eendag as jy getroud is met eie kinders, sal dit ook jou opdrag wees van die Here.

Page 23: Slingervel se adresse - Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervel... · 2018. 9. 10. · Posbus 6433, Flamwood 2572 Bydraes en briewe Posbus 6433, Flamwood 2572

slingervel maart 2013 23

41. Jy kry jou lewenswysheid van die HereLees: Spreuke 1:20-23 Teks: Jakobus 1:5

Onthou jy dalk hoekom koning Salomo so ’n wyse koning was? Hy het dit van die Here gevra (1 Kon 3:9-10 & 1 Kon 5:29-34). God het aan

Salomo wysheid gegee. Wysheid is nie net om slim te wees nie, maar om met die kennis wat jy het, daagliks te lewe tot eer van God (Spr 1:7; Ps 111:10). Daarom skryf die apostel Jakobus dat elke mens wat graag wysheid wil hê, die Here daarom moet vra. Wysheid beteken om die dinge van die lewe so te ken dat jy in staat is om die Here deur hierdie dinge te vereer.

Om wysheid te kry, moet jy nie heel eerste na boeke gryp of op die in ternet gaan soek na wysheid of kennis nie. God gee vir jou ’n kortpad, jy kan wysheid van die Here vra, maar dan moet jy van jou kant gereeld jou Bybel lees, die eredienste bywoon om na die preke te luister en ook gereeld katkisasie toe gaan.

42. Die eerste dinge moet eerste komLees: Spreuke 2:1-22 Teks: Genesis 1:1

In Genesis 1:1 maak die Here bekend dat Hy die Skepper is van alle dinge. Daar is niks onder die son wat God nie geskep het nie. God kon dit doen,

want Hy is almagti g. ’n Mens kan die vraag vra: Hoekom is Genesis 1:1 so verskriklik belangrik? Dit beteken dat as jy enigiets in die skepping wil verstaan, as jy jouself reg wil ken, as jy ander mense wil begryp, as jy wil weet hoe die wêreld en die lewe werk, moet jy begin by God as die Skep-per van alles.

In Spreuke 2 staan dat, as jy dit in gedagte hou, sal baie dinge vir jou ver staanbaar wees. Jy sal weet wat is regverdig en reg en billik (Spr 2:9). Jy sal oordeelkundigheid ontvang (Spr 2:10-11 & 20-21). Jy sal die verkeerde paaie van die lewe ken en dit ook vermy (Spr 2:12-19 & 22).

43. Vertrou die HereLees: Spreuke 3:5-8 Teks: Spreuke 3:5

As ti ener word daar seker baie keer en met baie geleenthede vir jou gesê dat jy selfvertroue moet hê. Hoeveel keer het jou ouers of jou maats al

vir jou gesê dat jy nie bang moet wees om een of ander ding te doen nie, want jy kan – jy moet vertroue in jouself hê, jy moet in jouself glo!! Nou gaan jy ’n snaakse ding hoor: selfvertroue is presies die teenoorgestelde wat God in die Bybel van jou vra! In Spreuke 3:5 sê God dat jy nie op jou eie insigte moet staatmaak nie, jy moet volkome op die Here vertrou. Jy vind dus die krag om iets te doen nie in jouself nie, maar in die Here.

God alleen kan jou in staat stel om jou gawes en talente suksesvol te kan gebruik. Vertrou dus allereers op die Here, en terwyl jy sy hulp en by-stand vra, span jy jou vermoëns in om op aarde te presteer, maar dit alles om die Here daarin te vereer.

44. Erken die HereLees: Spreuke 3:5-10 Teks: Matteus 10:32

Mense loop vandag met bondels sleutels saam met hulle. Dit is sleutels vir die huis, die elektroniese hek, die motorhuis, die pakkamer, die

werkplek, die posbus ensovoorts. In die Bybel sê die Here dat die gelowiges Hom moet volg. Jy moet in die voetspore van die Here loop. Die Here Jesus sê dat jy die bos sleutels van jou lewe vir Hom moet gee. Hy vra meer. Hy vra dat jy jou hele lewe aan Hom sal oorgee sodat Hy as Koning oor jou kan regeer. Dan kan jy teenoor alle mense getuig dat Jesus Christus in jou hele lewe teenwoordig is. ’n Gelowige mag nooit skaam wees om te sê dat sy hele lewe in die hande van die Here is nie. Jou verbintenis met God moet jy onder alle lewensomstandighede voluit erken en dan ook so lewe dat die Naam van die Here deur jou geloof en geprys word.

45. Die veilige pad deur die leweLees: Spreuke 4:10-19 Teks: Matteus 7:14

Dit gebeur nogal dikwels dat ’n mens na programme oor diere op die TV kan kyk. Tieners wat op plase grootgeword het, het dit ook seker

al opgemerk dat diere soms een-een agter mekaar stap. Dikwels sien ’n mens die beeste wat laatmiddag stal toe stap vir melktyd, dat hulle so een-een agter mekaar aanstap. ’n Boer het vir my gesê dit is omdat dit vir hulle ’n bekende paadjie is. Daar is niks gevaarlik vir hulle nie, daarom stap hulle rusti g agter mekaar.

In Matt eus 7:14 praat Jesus Christus ook van so ’n pad. Dit is ’n gees-telike pad waarop die gelowiges rusti g en sonder vrese kan stap. Dit is die smal pad van die lewe waarop Jesus voorloop en die koers aandui. Die ander pad deur die lewe is dié van Satan wat vol gevare en die dood is. Maak seker dat jy op hierdie pad van die Here is, agter Hom aan.

46. Hou wag oor jou hartLees: Spreuke 4:20-27 Teks: Spreuke 4:23

Jy hoor seker heel dikwels hoe jou ouers en ander volwassenes praat oor die gesondheid van ’n mens se hart. ’n Gesonde dieet en mati ge

oefe ning word aanbeveel vir mense om die gesondheid van hulle hart te verseker. Die hart waarvan hier sprake is, is die hart in die borskas van die mens wat die bloed deur jou liggaam pomp.

God praat net so ernsti g oor jou hart, maar dan praat die Here in gods-diensti ge sin. Hy praat van jou hart, die sentrum van jou lewe. Dit is ook jou gedagtes en emosies. Dan sê God dat jy moet oppas wat in hierdie hart van jou gebeur. Hoekom? Want wat in jou hart aangaan, bepaal jou hele lewe. As jou hart vuil en lelik en vol sonde is, sal jou lewe ook so wees. As daar in jou hart haat en woede is, sal jou lewe daardeur beheers word. Jy moet wagstaan by jou hart en alle kwaad keer wat wil inkom.

47. Soeter as heuning, so bitter soos galLees: Spreuke 5:1-14 Teks: Spreuke 5:8-9

Mense kan sekere dinge soms nie weerstaan nie. Vir die een is dit lek-ker sjokolade, vir ander een ’n gebakte aartappel, vir nog een is dit

melktert ensovoorts, ensovoorts. So kan sport of ontspanning of TV kyk of fl iek vir jou ook onweerstaanbaar wees. Jy kan jou nie keer as jy dit kan doen nie. Alhoewel Simson, die sterk rigter, in die Here geglo het, kon hy nie ’n mooi vrou weerstaan nie. In Spreuke 8 word die sonde vergelyk met ’n “slegte vrou” (vs 3). Daar staan dat haar lippe drup van heuning.

Sonde lyk altyd baie lekker en begeerlik as jy daaraan dink. Jy dink dit sal soeter as heuning proe. Die teenoorgestelde is waar. Sonde bring bit-terheid, slegte gevolge, ongeluk. God sê bly weg van die sonde af, want dit gaan jou lewe verwoes en jou verhouding met God verbreek. Weerstaan die sonde deur die geloof!

48. Die mier is vir jou ’n goeie voorbeeldLees: Spreuke 6:6-11 Teks: Spreuke 6:6

In Spreuke 6:6 stel die Here twee dinge teenoor mekaar: Die luiaard en die mier. Aan die een kant is daar die lui mens wat net niks wil doen nie,

en aan die ander kant is daar die mier wat heeldag vlyti g en ywerig besig is. Die miere kan vir enige lui mens ’n goeie voorbeeld wees. Miere doen die regte ding op die regte tyd. Sonder dat iemand vir hulle sê om iets te doen of dat iemand hulle gedurig moet aanpor, is hulle ywerig besig om hulle werk te doen. Hulle het nie opsigters of konings of regerings wat hulle dwing om te werk nie. Hulle doen dit vanself, omdat dit deel is van hulle natuur. Die mens word aangemoedig om soos die miere te wees.

God het jou op aarde geplaas met ’n sekere doel. Jy moet optree tot eer van God en tot nut van jou naaste. Kom, gaan steek kers op by die miere en doen jou plig.

Page 24: Slingervel se adresse - Welkomgkwnoord.weebly.com/uploads/2/5/8/2/25824877/slingervel... · 2018. 9. 10. · Posbus 6433, Flamwood 2572 Bydraes en briewe Posbus 6433, Flamwood 2572

24 slingervel maart 201322222224444444 slingervel maart 2013

Jerusalem in Jesus se tyd - Uit: Die Atlas van die Bybel, Lux Verbi.BM