SESDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 13 AUGUSTUS 2014 INHOUDSOPGAWE Brief van die hoof 2-3 Interskole 2014 4-5 Chris Willemse Durbie Dash 6-9 Akademie 10-13 Kultuur 14-15 Sport 16-22 Sosiaal 23-26 Durbie-ondersteunersdrag 27 Advertensies, skenkings, borgskappe 28-30 Kwartaalprogram en kontakbesonderhede 31 NUUSBRIEF VAN DIE HOËRSKOOL DURBANVILLE Die skool waar elkeen iemand is! www.durbanvillehs.co.za TEL: 021 976 3188 / FAKS: 021 976 3189 [email protected]Belangrik: Moet asseblief nie “reply” op sms’e wat u van die skool ontvang nie. Kontak die persoon wat betrokke is vir die spesifieke kode. Dankie! Let wel: Die nuus in hierdie nuusbrief bevat alle nuus tot en met 8 Augustus. Enigiets wat daarna plaasgevind het, sal in die volgende nuusbrief dekking ontvang.
31
Embed
SESDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 13 AUGUSTUS 2014 · SESDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 13 AUGUSTUS 2014 INHOUDSOPGAWE Brief van die hoof 2-3 Interskole 2014 4-5 Chris Willemse Durbie Dash 6-9
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
weer reg vir die volgende reeks toetse en die graad 12’s
se September-eksamen. Die graad 12-leerders se
eksamenrooster vir September verskyn hierdie week.
Hou maar vir u ook ’n afskrif byderhand.
Ek wil net weer eens onderstreep dat akademiese sukses die gevolg is van harde werk. Daar is geen
kortpad nie. Ekstra klasse is goed, maar dit vervang nie ure voor die boeke nie. Maak seker dat u
kind genoeg tyd aan sy tuiswerk en hersiening bestee. ‘n Minimum van drie en ‘n half uur per dag is
nodig om suksesvol te wees. Hier teen die eindstreep se kant moet dit ook maar meer raak.
Onthou ook van die hulpklasse wat ons aanbied op Dinsdag- en Donderdagmiddae.
Baie geluk aan al die leerders wat die onderskeie top-tiene gehaal het. Die akademiese kompetisie is
straf en om die lys te haal, moet die leerders besonder hard werk.
Geluk ook aan almal wat hulle persoonlike prestasies verbeter het. Uiteindelik is die wenner die
leerder wat elke keer daarna streef om sy eie prestasie te verbeter en elke keer die dwarslat bietjie
hoër lig.
Me Claassen help ons die volgende paar maande in die wiskunde-departement. As gevolg van
verskeie faktore het die een klas te groot geraak en ons kon, met haar hulp, die klas aansienlik
kleiner maak.
Interskole is om die draai en oral oefen ons sportspanne weer hard om die beste moontlik op die
spesiale dag in ons winterprogram te wees.
Onthou die Opskop op 23 Augustus ( die Saterdag van Interskole). Vir kaartjies bel asseblief vir
Leonie Nel by 021 976 3188. Die winste van die dans gaan weer direk terug na die sportsoorte van
die skool.
Ons toneelgroep was al by drie kompetisies betrokke en is die week te sien by ons eie toneelfees.
By hierdie fees tree daar vanjaar 26 stukke op: 19 van hierdie stukke is nuwe tekste! Dit beloof dus
om regtig ‘n geleentheid te wees vir elke toneelliefhebber. Kaartjies is by die deure beskikbaar vanaf
17:30 elke aand.
Ons orkes is tydens die Kaapse Eisteddfod aangewys as die beste orkes en het Sondag by die
Pryswennerskonsert gespeel. Baie geluk aan elke orkeslid en natuurlik hulle energieke dirigent: me
Theron. Die orkes gaan tydens die Septembervakansie aan die S.A. Kampioenskappe in Gauteng
deelneem.
Baie dankie aan almal wat gereeld ons verskillende aktiwiteite ondersteun. Almal van ons waardeer
dit – u kind die meeste van almal.
Ons wil langs en op die sportveld die waarde van goeie sportmanskap onderstreep. Ons wil u vra om
ons daarmee te help. Ons wil regtig as ’n skool bekend staan wat hard kompeteer, maar te alle tye
ons opponente, die wedstrydbeamptes en ons besoekers respekteer.
Ons is tans besig met ’n verfprogram by die skool. Ons gaan die volgende klompie maande die skool
se buitekant mooi maak en dan die binnekant takel.
Ons is ook in die proses om ’n nuwe bussie aan te koop om die een wat al uit die negentigs dateer te
vervang. Ek sal later verder daaroor berig.
Ek wil u herinner aan die Durbie Dash op 25 Oktober. Dit gaan werklik iets besonders wees. Indien u
wil deelneem of betrokke raak, skakel vir Leonie Nel by 021 976 3188. Al die wins wat ons maak,
gaan terug na die leerders.
Voorspoed tot volgende keer.
G.L. Germishuys
INTERSKOLE 2014
Soos Meneer Germishuys in sy brief gesê het, lê Interskole 2014 voor. Dis ‘n baie opwindende tyd vir
die leerders en daar word behoorlik gees gebou in die skool.
Hierdie jaar kan leerders ‘n sonbril in HSD se kleure aanskaf teen R90 ‘n bril. Bestelvorms is pouses
beskikbaar in Me Elaine Kok se klaskamer. Kontant moet saam met die bestelvorm ingehandig word
en bestellings kan net tot Vrydag 15 Augustus geplaas word. Daar is een weergawe vir leerders en ‘n
ander een vir ouers, onderwysers en ondersteuners.
LET WEL: Leerders mag hierdie bril slegs met sportbyeenkomste dra en nie as skooldrag nie.
Hier is Rian Laubscher en Shay Burger (hoofdirigente tydens interskole) met die leerders se bril:
Hier is Me Maria Rademann met die ouers, onderwysers en ondersteuners se bril:
Die brille word verskaf deur OPTIKA Paarl, Geregistreerde Oogkundiges.
Sien ook die volgende bladsy vir die geleenthede wat tydens die Interskolenaweek by die skool
aangebied word: Rocking the Durbies (spesifiek vir oudleerders) en die Interskole-opskop (vir
enigeen bo 18).
INTERSKOLE 2014
CWC Durbie Dash: Ons herinner u
Ons herinner u graag aan die Chris Willemse Durbie Dash wat op 25 Oktober plaasvind. Dit is op
24 Julie amptelik bekendgestel tydens ’n funksie by Diemersdal Wynlandgoed. Dit is onder meer
bygewoon deur die oud-Springbokrugbyspeler Marius Joubert, wat saam met nog ’n oud-
Springbokrugbyspeler, De Wet Barry, aan die wedren gaan deelneem. Die projekleier van die
prettrap, Dr Neil van Tonder, het almal welkom geheet waarna hy die voorsitter van die skool se
beheerliggaam, Mnr Deon Fabel, aan die woord gestel het. Hy het alle betrokkenes, in besonder die
eregaste en borge, bedank. Gaste kon ook die twee fietse (een padfiets en een bergfiets) besigtig
wat maar net twee van die meer as R100 000 se pryse is wat op die spel is in die gelukstrekking wat
na afloop van die prettrap gaan plaasvind. [Foto’s op volgende bladsy]
As daar enige ouer is wat graag betrokke wil raak by die prettrap, laat weet ons gerus! Ons kan altyd
doen met nog hande. Kontak asb die bemarkingskantoor by 021 976 3188.
CWC Durbie Dash: Skryf betyds in!
LET WEL: As jy voor die einde van Augustus inskryf vir die CWC Durbie Dash, staan jy ‘n kans om ‘n
GRATIS inskrywing vir Ride the Rhino te wen! Dit is ‘n “Black Rhino Solo Full Package” wat verblyf,
etes en vervoer van jou toerusting insluit – ter waarde van R3 800. Almal wat voor einde Augustus
inskryf, se name gaan deel wees van ‘n gelukstrekking. Skryf dus so gou as moontlik in sodat jy nie
hierdie kans misloop nie!
CWC Durbie Dash: Bekendstellingsfunksie
CWC DURBIE DASH: Die Durbie Bash!
Soos reeds berig, gaan die Chris Willemse Durbie Dash
allerhande ekstra aktiwiteite bevat om dit vir vriende en
familie ook ’n aangename ervaring te maak.
Paul Bothner Musiek bied onder meer die Durbie Bash
aan – ’n geleentheid waartydens hoërskool-“bands”
hul vernuf op ’n verhoog kan kom toon met
professionele klanktoerusting en gekwalifiseerder
klankingenieurs. Hier is Mnr. Carel van Heerden,
Direkteur Kleinhandel van Paul Bothner, en Me. Leonie Nel
van HSD se bemarkingskantoor tydens die
bekendstellingsgeleentheid by HSD op 4 Augustus.
Moedig gerus u kinders aan om hieraan deel te neem
as hulle dalk in ’n “band” speel.
AKADEMIE: Algemene Kennis Olimpiade
61 Durbies het deelgeneem aan die ABSA Algemene Kennis Olimpiade.
Die Top-19 kandidate van ons skool is:
1. Matthys Carstens – Graad 9
2. Nel Ehlers – Graad 12
3. Janke Tolmay – Graad 12
4. Karl-Heinz Hellmann – Graad 10
5. Landolph Schütz – Graad 10
6. Elmien Viljoen – Graad 11
7. Werner Meyer – Graad 8
8. Johan Slabbert – Graad 11
9. Barend Erlank – Graad 12
10. Juan Barnard – Graad 8
11. Amber Aucamp – Graad 12
Baie geluk aan Matthys Carstens wat aangewys is as die toppresteerder van al die Graad 9’s in die
Wes-Kaap.
AKADEMIE: Leerders gesels weer op RSG
‘n Groep van HSD se leerders het onlangs weer op RSG se program Befonk gaan gesels. Hier is hulle
saam met die omroeper, Kailin Daniels. Agter, vlnr: Nicola Robinson, Mieke Verster, Marné du
Plessis, Andries Meyer, Marcé du Toit en Wilma Wessels. Voor: Louw Redelinghuys, Adriaan de
Lange en Mia Germishuys.
AKADEMIE: LO-hempies
Die nuwe LO-hempie kos R150 en is
beskikbaar by klerewinkel.
Hierdie hempie is van ‘n duursame
materiaal en vervang die T-hemp
wat nie meer aan die nuwe
LO-kurrikulumbehoeftes voldoen nie.
Die hempies sal vanaf 2015 verpligtend
wees vir almal, behalwe die huidige graad 11's.
AKADEMIE: Junie se A-kandidate
GRAAD 8
POSISIE LEERDER PERSENTASIE
1 Alexa le Roux 93,3
2 Alexi du Preez 91,3
3 Anja Faulhammer 89,9
4 Anri Engelbrecht 89,7
5 Anri Klopper 89,4
6 Manja Strever 89,2
7 Juan Barnard 88,3
Lerie Tredoux 88,3
8 Silke Hellmann 88,0
9 René Jooste 87,7
10 Ebenice van der Merwe 87,6
11 Louis Fourie 87,5
12 Danelle van Hoogstraten 87,4
13 Benjamin Smuts 87,0
14 Tania Coetsee 85,7
15 Kobus Jordaan 85,6
Niel Theron 85,6
16 Jacus Horne 85,3
17 Nell Bezuidenhout 85,2
18 Kara Brink 84,3
Hentie van der Merwe 84,3
19 Saskia Swart 83,3
Neil van Eeden 83,3
20 Cara van der Westhuizen 82,8
21 Lourens Loubser 82,7
22 Chris Louw 82,6
23 Chené Bosch 82,3
24 Wehann Landsberg 82,2
25 Heyneke Niehaus 82,1
26 Reinhard Hols 81,4
27 Marco Nothnagel 80,4
28 Louisa Roux 80,2
AKADEMIE: Junie se A-kandidate
GRAAD 9
POSISIE LEERDER PERSENTASIE
1 Matthys Carstens 96,6
2 Anneke Visser 94,0
3 Marinel Wegman 91,4
4 Jean Aucamp 90,8
5 Mikaila Karsten 89,7
6 Phillip Swart 89,3
7 Jansie Slabbert 89,0
8 Mieke Verster 88,8
9 Daneel Wasserfall 88,1
10 Nicole Snyman 87,4
11 Lalande Esterhuysen 86,5
12 Ernst Smit 86,2
13 Shannon-Lee van Eyssen 85,7
14 Claudia Justus 85,0
15 Lorin Blaauw 84,2
16 Mari van Niekerk 83,6
17 Nicole Steyn 83,2
18 Genna van der Merwe 82,7
19 Kobus Maree 82,4
20 Andrea Muller 81,6
Carla Saayman 81,6
21 Irvin Swart 81,3
22 Tayla Nel 80,2
GRAAD 10
POSISIE LEERDER PERSENTASIE
1 MJé Boshoff 91,8
2 Lizel Zwarts 89,1
3 Karl-Heinz Hellmann 88,5
4 Annerie van der Merwe 88,4
5 Anja du Toit 87,5
6 Duo Lureman 87,2
7 Megan Coetzee 87,1
8 Izelle Viljoen 87,0
9 Cornel Meyer 86,2
10 Nienke Geldenhuys 86,0
11 Jason van der Walt 85,1
12 Ettiene Hoffman 84,7
Mia Germishuys 84,7
13 Huibri Smith 84,3
14 Cinaé Swart 84,2
15 Freddie van der Merwe 83,5
Liesl Lamprecht 83,5
16 Ruben van der Merwe 81,8
18 Bertmari Kraay 81,2
AKADEMIE: Junie se A-kandidate
GRAAD 11
POSISIE LEERDER PERSENTASIE
1 Elsa Mijburgh 92,8
2 Dominique Rocher 92,7
3 Gitte ter Borg 91,9
4 Jo Havenga 90,3
5 Christel Kruger 88,0
6 Marli Branders 87,8
7 Wilma Wessels 86,8
8 Louis Smit 86,0
9 Joganan Geldenhuys 85,4
10 Anri van Niekerk 85,2
11 Nadia Brunner 84,2
12 Jean-Mari du Plessis 84,1
Carla van Eeden 84,1
Marlize ter Borg 84,1
Megan van der Merwe 84,1
13 Leandri du Toit 84,0
14 Elmien Viljoen 83,7
15 Cara van der Vyver 83,5
16 Hendrik la Cock 82,4
17 Carla Jonck 82,0
20 Rumay Strauss 80,2
21 Erik Knoetze 80,1
GRAAD 12
POSISIE LEERDER PERSENTASIE
1 Marna Louwrens 90,9
2 Pascal Rocher 90,6
3 Estée van Tonder 90,4
4 Marné du Plessis 89,4
5 Nel Ehlers 89,3
6 Rian Laubscher 88,6
7 Celine Jansen van Rensburg 88,0
8 Janke Tolmay 87,9
9 Louwrens Roux 86,3
Bianca Strauss 86,3
10 Madri Maree 85,4
11 Nika Brand 85,0
12 Nicole Lamprecht 84,0
13 Stephan van der Vyver 83,2
14 Samantha van Straaten 82,0
15 Wilmarie Visser 81,8
16 Nicola Calitz 81,7
17 Tahlia van der Merwe 81,5
18 Mikal Aylward 81,2
19 Michelle Franken 81,0
20 Julia Lamprecht 80,1
21 Judith Stopforth 80,0
KULTUUR: Orkes
Veels geluk aan die blaasorkes wat gedurende die vakansie gehoor het dat hulle aangewys is as die
Beste Senior Groep by die Kaapstad Eisteddfod. Hulle is uitgenooi om tydens die
Pryswennerskonsert in Wynberg op te tree.
KULTUUR: HSD Toneelfees
Een van die hoogtepunte op die skole-kultuurkalender is Hoërskool Durbanville se jaarlikse
skoletoneelfees, wat vanjaar van 11 – 16 Augustus in die skool se ouditorium plaasvind.
Hierdie fees is in sy negende jaar en het vanjaar ‘n rekordgetal van 26 produksies gelok. Die beste
van die Wes-Kaap se tienertoneel word hier aangebied.
Die gehalte van tienertoneel in die Wes-Kaap is algemeen bekend; daarom dat dramaturge,
choreograwe, akteurs en regisseurs uit die professionele wêreld al meer betrokke raak om
tienertoneel veel meer as net ‘n “skoolkonsert” te maak.
Onder die deelnemers is ‘n skool uit Bloemfontein, ‘n Xhosa-produksie wat die wenner van die Buya-
fees was, verskeie Engelse skole, asook die wenners van die Tygerberg Internasionale Eisteddfod, die
Logan Tienertoneelfees, die Klein Libertas Tienertoneelfees en die Namakwaland Skoletoneelfees.
Skole wat die afgelope klompie jaar wenners was van die ATKV Nasionale Tienertoneelkompetisie
neem ook deel.
UKUSELA EKAPA (Slurp Kaapstad op / Drink Cape Town in) is een van die amptelike “World Design
Capital 2014”-projekte onder leiding van die wêreldbekende keramiekkunstenaar Hennie Meyer en
argitek Janine de Waal. Lees gerus meer oor hierdie wonderlike projek by www.ekuselaekapa.co.za.
Tydens elkeen van die 6 aande van die toneelfees sal die publiek die geleentheid hê om hul
handdruk te “squeeze” in ‘n “ikomityi”, ‘n beker om uit te drink. Slegs ongeveer 24 mense sal elke
aand kan kom “squeeze”. Dit is gratis, maar Ukusela Ekapa gaan deelnemers die geleentheid gee om
in ruil vir ‘n “squeeze” ‘n vrywillige bydrae ten bate van HS Durbanville se toneelvereniging te maak.
Elke “squeezer” ontvang ‘n sleutelhouertjie. Elke Ikomityi wat so vervaardig word, sal op 14
November deel wees van ‘n massa-uitstalling van 10 000 “ikomityi’s”. Daar kan u dan u
sleutelhouertjie inruil vir ‘n “ikomityi” van iemand wat “gesqueeze” het, en so vorm daar ‘n
simboliese band van eenheid en saamstaan via die kunste.
Die optredes begin elke aand stiptelik om 17:30.
Toegang is slegs R30 vir volwassenes en R15 vir studente, pensionarisse en kinders.
KULTUUR: Toneel
HSD SE EIE PRODUKSIES
MORSIG TOE DANS DIE POPPE
Vlnr: Jumaine Hansen en Estée van Tonder Vlnr: Andries Meyer, Marlenke Scholtz, Louise Koen,
Izelle Viljoen, Larissa van der Westhuizen en
Daniel Vente
SPORT: Fietsry
Baie geluk aan Johan van Dyk wat op 31 Mei die 8ste posisie behaal het in die Junior-afdeling by die
WP Bergfietskampioenskappe.
Baie geluk aan die volgende leerders wat by die Burger Bergfiets-uitdaging in Stellenbosch presteer het:
Miré Herbst (1ste junior dogter en algeheel 28ste)
Morne Greeff (4de junior seun en algeheel 10de) (Totale deelnemers in die 30km: 884)
By die Spur MTB:
Ruhan Grobler (5de en 10de plekke behaal)
Jacques le Grange (7de plek)
Wian Botma (12de en 8ste plekke behaal)
Miré Herbst (2de plek in beide byeenkomste)
Morné Greeff (19de en 17de plek)
Drievan die leerders wat aan die Spur MTB-byeenkoms deelgeneem het, vlnr:
Miré Herbst, Wian Botma en Ruhan Grobler
SPORT: Hokkie
UITSLAE
DOGTERSHOKKIE: vs Despatch
30 Junie 2014
o.19B verloor 0 – 1
DOGTERSHOKKIE: vs JG Meiring
Donderdag 24 Julie
o.19 B Gelykop 1 – 1
DOGTERSHOKKIE:
Vrydag 1 en Saterdag 2 Augustus
o.19 A vs Edgemead gelykop 2 – 2
o.19 B vs Edgemead wen 1 – 0
o.19 C vs Bosmansdam A gelykop 0 – 0
o.19 D vs Bosmansdam wen 1 – 0
o.16 A vs Edgemead wen 3 – 0
o.16 B vs Edgemead wen 2 – 0
o.16 C vs Bosmansdam gelykop 0 – 0
o.14 A vs Edgemead wen 5 – 0
o.14 B vs Edgemead verloor 1 – 4
SEUNSHOKKIE: vs Fairbairn Kollege
Saterdag 2 Augustus
o.19 A gelykop 1 – 1
o.19 B verloor 1 – 2
o.16 A verloor 0 – 3
o.16 B gelykop 1 – 1
o.14 A verloor 0 – 2
o.19 B vs Table View (24/08) 2 – 1 (wen)
Dogters: O/14 Noordsone (George) Vier van ons O/14-dogters het gedurende die vakansie aan die byeenkoms deelgeneem. Die WP-Noordsonespan het 9de uit 16 deelnemende spanne geïndig.
Anje Smith
Carissa Cronje
Danelle Kritzinger
Michaela Schonegevel Dogters: WP O/16B Toernooi (Pietermaritzburg) Shannon Steyn het gedurende die vakansie aan hierdie byeenkoms deelgeneem. Hulle het 2 wedstryde gewen, 1 gelykop gespeel en 3 verloor. Shannon het tydens twee wedstryde ‘n “p-flick”-doel aangeteken.
SPORT: Hokkie (vervolg)
Dogters: WP O/19B Toernooi Marné du Plessis het ons in hierdie toernooi verteenwoordig. Hulle het naelskraap in die finaal verloor, 2 – 1, en eindig dus 2de. Baie geluk aan elkeen van hierdie leerders! Almal het hulself goed van hul taak gekwyt. O/14-Hokkie: Kenmekaar
Die O/14-seuns en -dogters het op Vrydagaand 1 Augustus ‘n kenmekaar-aand gehou saam met hul
ouers, onderwysers en afrigters en spelers. (Sien foto’s op volgende bladsy.)
Christa Coetsee en Mercia Horne (die O/14-dogters en -seuns se verteenwoordigers op die OOK)het
dit gereël en HSD Hokkie wil baie dankie sê aan hulle twee!
Die O/16-ouers het pannekoeke en boereworsrolleverkoop en dit was heerlik – alles het uitverkoop
en die hokkiefonds het nog ‘n hupstoot gekry.Hier het Lizchen Swart en Ilet Bettings (die O/16-
dogters en -seuns se verteenwoordigers op die OOK) voorgevat. Dankie vir hul entoesiasme.
Die OOK van Hokkie wil graag die ouers wat elke Saterdag getrou in ons buitelugsnoepie diens doen
bedank, en veral vir Magdalena Knoetze wat ongelooflike lang ure agter die skerms insit en vroeg
soggens opslaan en later weer afslaan!Dit is ware dienende leierskap.
Hokkie het nog baie advertensiespasie rondom die astro, asook aan die buitekant van die astro – u is
is welkom om vir Marius Naudeby 082 882 8202 of [email protected] te skakel as u belangstel of
meer inligting verlang.
SPORT: Hokkie (vervolg)
SPORT: Netbal
UITSLAE
vs Bellville
Saterdag 2 Augustus
o.19 A verloor 23 – 33
o.19 B verloor 16 – 22
o.19 C verloor 9 – 20
o.17 A verloor 11 – 26
o.17 B verloor 7 – 26
o.16 A verloor 16 – 18
o.16 B wen 11 – 9
o.16 C verloor 8 – 19
o.15 A verloor 17 – 19
o.15 B verloor 5 – 17
o.15 C verloor 4 – 26
o.14 A wen 20 – 19
o.14 B wen 14 – 11
o.14 C verloor 1 – 20
Baie geluk aan ons Wes-Kaap Netbalspeelsters wat in hul onderskeie ouderdomsgroepe aan die SA’s
deelgeneem en presteer het:
O/14
Cara van der Westhuizen (kapt.)
Gillian Fortuin (onder-kapt.)
Span: Silwer medalje
O/16
Huibri Smith
Span: 8ste plek
O/18
Brunick Bezuidenhout
Span: 4de plek
Baie geluk, ons is trots op julle!
SPORT: Rugby
UITSLAE
17 en 19 Julie 2014
o.19 A vs Pates Grammar wen 16 – 15
o.19 A vs Royl Grammar wen 59 – 0
vs Glentaff (Wallis)
Donderdag 24 Julie
o.16 A Wen 28 – 0
vs Glentaff (Wallis)
Donderdag 24 Julie
o.16 A Wen 28 – 0
vs Bellville
Saterdag 2 Augustus
o.19 A Wen 22 – 21
o.19 B verloor 6 – 15
o.19 C verloor 8 – 19
o.16 A wen 32 – 3
o.16 B verloor 3 – 10
o.15 A verloor 5 – 13
o.15 B wen 19 – 17
o.14 A wen 24 – 7
o.14 B wen 22 – 0
SPORT: Landloop
Die volgende leerders het op 6 Augustus aan die Noorsone-kampioenskappe deelgeneem en as volg
en Me. Suzanne Minnie (Vakhoof: Lewensoriëntering)
SOSIAAL: Besoek aan Engeland
’n Trotse ambassadeur vir SA – Tamarin Valentine voor die Suid-Afrikaanse Ambassade in Londen
Op 25 Junie is daar berig oor Tamarin Valentine (Graad 11) wat saam met Me Gina Mantel- Böhr na
Engeland gereis het tydens die gebruiklike Graad 11-toer. Op 19 Julie het hulle in SA geland na drie
weke se reis van ’n leeftyd. Vir Tamarin was die London Eye asook Buckingham Palace en die
“changing of the guards” een van talle hoogtepunte. Sy som die ervaring met een woord op:
“Ongelooflik.” Ander hoogtepunte was hul besoek aan die London Museum, die diens wat hulle in St
Paul’s Cathedral bygewoon het en ’n piekniek in Green Park (met eetgoedjies van Sainsbury’s). Sy
was bevoorreg om beide die stad én die platteland te sien, en verder het sy ook die geleentheid
gehad om Wallis toe te gaan waar die besoek aan die Cardiff Castle een van die hoogtepunte vir haar
was. Volgens Me Mantel- Böhr was Tamarin deurentyd ’n ware ambassadeur vir Hoërskool
Durbanville én Suid-Afrika. Met haar terugkoms is sy met ’n banier by die huis terugverwelkom, en
haar ouers het op dieselfde dag ’n braai gehou om vir almal wat gehelp het om Tamarin se droom te
verwesenlik, dankie te sê. Voorwaar ’n ervaring wat haar lewe verander het.
DURBIE-ONDERSTEUNERSDRAG
Bestel so gou as
moontlik!
Wagtydperk: 5
werksweke
ANDER: Advertensies, skenkings, borgskappe
BORGSKAP BENODIG
Die ouers wat in die verlede die top-10 van elke graad se medaljes geborg het met die oog op die
prysuitdeling aan die einde van die jaar, se kinders is nie meer op skool nie. As daar ‘n ouer is wat
bereid is om dit vanjaar vir ons te borg, is u welkom om met Mnr. Jacobus Wessels kontak te maak.
Die waarde daarvan is ongeveer R1 000. Baie dankie by voorbaat!
Vleispakke van Voorsorg Vleis beskikbaar @ R42 per pak.
Daar is slegs ’n beperkte hoeveelheid beskikbaar en dit sal baie vinnig verkoop! Dis lamsvleis wat uit Boesmanland kom. Dit het klaar sout én speserye en bevat geen MSG nie.