Bybelstudie Ds. Janet en Nico nooi u hartlik uit om elke Woensdag (nie gedurende vakansies nie) by die Bybelstudie om 09:00 in die Moederskamer in te skakel. Die boek Jacobus is nou aan die beurt. OMGEEGROEP Coffee with Jesus Omgeegroep vir hoërskoolleerders en studente elke Dinsdag vanaf 19:00 in #KoMa’In! Kontak Uzaan Wessels vir meer inligting 083 219 9683 Kunste & Versieringsbediening Het u GROOT vase / blompotte van glas, keramiek, koper ens, en wat waterbestand is wat u vir die bediening kan skenk? GEMEENTEWEGBREEK 10-12 MAART 2017 Heerlike wegbreekgeleentheid vir oud en jonk in gemeente (ongelukkig nie troeteldiere nie). Plek: Kokoriba Wildreservaat & Gesinsvakansieoord 120 km van Pretoria, naby Beestekraal. Bespreek kampstaanplek of lugversorgde selfsorg-chalets. Daar is ‘n verskeidenheid natuurlewe en 300 aangetekende voëlspesies. Verhitte swembad, restaurant, plus ander aktiwiteite vir gesin o.a. minigholf, tafeltennis, voetslaan en wildkyk. Kom geniet ‘n gemeentewegbreek met hul hartlike gasvryheid en puik diens vir ‘n onvergeetlike Bosveld-ervaring Ons verlang asb. die deposito's teen 30 November 201 6. (datum verleng) Nooi die gemeente … Verwelkomingsbediening Hou jy daarvan om mense tuis te laat voel? Die gesinsbediening het behoefte aan lidmate wat lidmate by die deure kan verwelkom voor die oggend & aandiens Indien u belangstel kontak Annelize Meyer by die kerkkantoor. Ons is besig met beplanning om gesinne wat swaarkry se nood te verlig. Hulpver- leners sluit dikwels vir die skoolvakansie in Desember en kom dan eers weer Januarie aan die gang. Ons wil graag oor die volgende 2 maande genoeg voorraad bymekaar kry om Desember groter pakkies as die gewone maandelikse pakkies uit te stuur. Ons vra die steun van die gemeente om ons te help! Oor die volgende 2 weke vra ons u steun met tandepasta, tandeborsels, seep, hande- room, toiletware en toiletpapier. Alle nie-bederfbare kos is altyd welkom. Ons nuwe stoorkamer het toesluitkaste waarin ons al die voorraad stoor—dus die voor- raad is veilig. Vooraad kan in die mandjies by die deure geplaas word of by die kerk- kantoor ingedien word. Ons maak weereens staat op die gemeente se steun vir hiedie projek. Vir navrae kontak Rina Venter - 082 321 3720 Barmhartigheidsbediening, in samewerking met Mission 4 HIV & Sendingbediening OP PUNTDIENS? Mediese Gemoedsrus 27 Oktober 10:00 #KoMa’In! Gee u naam op by die kerkkantoor of onder die bome na oggendiens. Kom stap saam! Saterdag 26 November Inskrywing: R110.00pp Persone onder 12 & bo 60 is R35.00pp Kontakpersoon: Lezandra Grundling - 082 823 1189 Senior Sosiale funksie Dienswerkers benodig Het jy ’n passie vir seniors en wil jy hulle graag besoek en sommer net hulle be- hoeftes aanhoor? Ons benodig diens - werkers. Indien jy die tyd het en graag sal wil inskakel, kontak ds. Janet ([email protected]) in die verband of skakel vir Isabel by die Kerkkantoor.