REMEDI MEDICAL AID SCHEME VOORDELE 2020 Hierdie voordeelbrosjure is ’n opsomming van die voordele en kenmerke van Remedi Medical Aid Scheme, in afwagting van formele goedkeuring deur die Raad vir Mediese Skemas. Dit vervang nie die Remedi-reëls nie. Die geregistreerde Remedi-reëls is bindend volgens wet en het altyd voorrang.
28
Embed
REMEDI MEDICAL AID SCHEME VOORDELE 2020 · Dit is ’n dokter, spesialis of ander gesondheidsorgverskaffer met wie Remedi ’n ooreenkoms ... ambulans of helikopter stuur, afhangend
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Transcript
REMEDI MEDICAL AID SCHEME
VOORDELE 2020
Hierdie voordeelbrosjure is ’n opsomming van die voordele en kenmerke van Remedi Medical Aid Scheme, in afwagting van formele goedkeuring deur die Raad vir Mediese Skemas. Dit vervang nie die Remedi-reëls nie. Die geregistreerde Remedi-reëls is bindend volgens wet en het altyd voorrang.
Remedi Medical Aid Scheme (Remedi) is ’n geslote mediese skema wat by die Raad vir Mediese Skemas (RMS) geregistreer is en deur die Raad gereguleer word.
Ons missie is om kostedoeltreffende gesondheidsorgvoordele
te voorsien wat aan u behoeftes voldoen, en wat deur
doeltreffende administratiewe prosesse onderskraag word om
te verseker dat u gemoedsrus ten opsigte van groot mediese
uitgawes kan hê.
Alle werknemers wat in diens is by Remgro Beperk sowel as
bepaalde geaffillieerde of voormalig geaffillieerde maatskappye
tot Remgro Beperk (of pensionarisse van die werkgewers) mag
lede van Remedi Medical Aid Scheme wees.
Die Skema bied drie Voordeelopsies waaruit lede kan kies.
Elke Voordeelopsie is ontwerp om spesifiek te voldoen aan die
behoeftes van werknemers wat by deelnemende werkgewers in
diens is.
Remedi se Omvattende Voordeelopsie bied lede ’n Persoonlike
Mediese Spaarrekening (PMSR). Dit word gebruik om te betaal
vir voordele wat nie deur die Risikovoordeel gedek word nie of
as die Versekerde Buite-hospitaalvoordeel uitgeput is.
Dit maak ook voorsiening vir bykomende besoeke aan algemene
praktisyns as die Versekerde Buite-hospitaalvoordeel en PMSR vir
die jaar uitgeput is.
Die bydraes vir die Klassieke Voordeelopsie is effens minder as
die vir die Omvattende Voordeelopsie. Lede het egter nie toegang
tot ’n Persoonlike Mediese Spaarrekening nie en die voordeel
limiete is laer as die van die Omvattende Voordeelopsie.
Die Standaard Voordeelopsie bied beperkte voordele en sekere
voordele word slegs deur Remedi se aangewese diensverskaffers
gebied. As ’n lid ’n algemene praktisyn besoek wat nie in die
netwerk is nie, is beperkte voordele vir doktersbesoeke beskikbaar.
Lede van Remedi geniet dus die voordele van ’n geslote mediese
skema, terwyl hulle ook ’n Voordeelopsie kan kies wat die beste
by hul, en hul gesin se, gesondheidsorg behoeftes pas. Dit
verseker dat lede geskikte en bekostigbare gesondheidsorg geniet.
Voordeel vir Chroniese Siektes, Kankerbehandeling en Tuisversorging 8
Remedi-pasientsorgprogramme 9
Hoe om u Persoonlike Mediese Spaarrekening te gebruik 10
Hoe om toegang tot u voordele vir oogkunde en tandheelkunde te kry 10
Reëls vir uitsluitings, waar om die Skema Reëls te bekom en hoe om van Voordeelopsie te verander 11
Ex gratia-beleid 12
Remedi se dispuutproses en oorsig oor Remedi se sleutelvoordele 13
Aangewese diensverskaffers 14
Voorgeskrewe Minimum Voordele (VMV) en diagnose-en-behandelingspare van Voorgeskrewe Minimum Voordele 15
U voordele vir 2020 16 - 27
U bydraes vir 2020 28
INHOUD
4
5
Aangewese diensverskaffer
Dit is ’n dokter, spesialis of ander gesondheidsorgverskaffer met wie Remedi ’n ooreenkoms aangegaan het oor betaling en tariewe vir die doeleindes van Voorgeskrewe Minimum Voordele (VMV).
As u van ’n aangewese diensverskaffer se dienste gebruik maak, betaal ons die verskaffer direk teen Remedi se tarief. Ons betaal deelnemende spesialiste se eise teen die Premier-tarief, Klassieke Direkte tarief of Remedi se tarief. Ons betaal ook deelnemende algemene praktisyns vir alle konsultasies teen die tarief vir gekontrakteerde algemene praktisyns. U hoef nie self ’n bykomende bedrag te betaal vir verskaffers wat aan die Premier- en Remedi-netwerkooreenkomste deelneem nie, maar u kan moontlik ‘n bybetaling hê vir buite-hospitaal besoeke aan spesialiste met wie ons ’n Klassieke Direkte betalingsooreenkoms het.
Bestuurde voordeleVoordele wat op grond van reëlsgebaseerde en kliniese bestuursprogramme bestuur word om die geskiktheid en kostedoeltreffendheid van toepaslike gesondheidsdienste binne die beperkings van bekostigbaarheid te verseker.
Bybetaling
Dit is ’n bedrag wat u soms self moet betaal, bo en behalwe die bedrag wat ons betaal om u mediese uitgawes te dek. Indien u byvoorbeeld ’n dokter buite die netwerk raad-pleeg en die dokter se koste is hoër as Remedi se tarief, dan betaal Remedi vir die besoek teen Remedi se tarief en u moet dan self die verskil inbetaal. Of, as u byvoorbeeld ’n oogarts raadpleeg en die oogarts is nie deel van die PPN netwerk nie, betaal Remedi slegs die oogarts se rekening teen die netwerktarief en u moet dan self die verskil inbetaal. As u op die Omvattende Voordeelopsie is, kan daardie verskil, in sommige gevalle, uit die beskikbare fondse in u Persoonlike Mediese Spaarrekening betaal word. Indien u op die Standaard Voordeelopsie is, sal verskaffers wat nie in die netwerk is nie direk vergoed word tot en met Remedi se tarief, selfs al is die dokter se rekening meer as Remedi se tarief.
Lees meer: Voorafmagtiging op bladsy 7.
Gesondheidsorgkundiges met wie ons ’n betalingsooreenkoms het het
Remedi het ooreengekome tariewe met sekere algemene praktisyns en spesialiste sodat u volle dekking kan hê en om die moontlikheid vir bybetalings te verminder. Remedi betaal hierdie dokters en spesialiste direk teen die ooreengekome tariewe.
Hospitaalvoordeel
Remedi betaal hospitaaleise uit die Risikovoordeel. Die Hospitaalvoordeel dek uitgawes vir ernstige siektes en hoëkostesorg terwyl u in die hospitaal opgeneem is, mits ons vooraf bevestig dat u dekking vir die opname het. Voorbeelde van uitgawes wat gedek word, is teater- en saalfooie, X-strale, bloedtoetse en die medisyne wat u tydens u opname in die hospitaal gebruik.
Intreekriteria vir voordeleVir sekere siektes het ons intreekriteria vir voordele waaraan u moet voldoen sodat die mediese uitgawes vir befondsing oorweeg kan word. Dit beteken ook dat u en u dokter aan ons sekere besonderhede moet verskaf voordat ons dit kan oorweeg om vir die behandeling te betaal.
VINNIGE OORSIG, VAN A TOT Z
Mediese noodgevalle
Dit is ’n toestand wat vinnig ontstaan of uit ’n ongeluk spruit, waarvoor u onmiddellike mediese behandeling of ’n operasie nodig het. In ’n mediese noodgeval kan u lewe in gevaar wees as u nie behandel word nie, of u kan ’n ledemaat of ’n orgaan verloor. Nie alle dringende mediese behandeling voldoen aan die definisie van ’n Voorgeskrewe Minimum Voordeel nie. Indien u of enige lid van u gesin na-uurs ’n ongevallefasiliteit by ’n hospitaal besoek, word dit slegs as ’n noodgeval beskou en volgens Voorgeskrewe Minimum Voordele gedek as die dokter ’n toestand op die lys van Voorgeskrewe Minimum Voordele diagnoseer.
Remedi se tarief
Dit is die tarief waarteen ons u mediese eise betaal. Remedi se tarief is op spesifieke tariewe wat ons met gesondheidsorgverskaffers onderhandel het gegrond. Tensy ons dit anders in hierdie brosjure aandui, betaal ons eise teen 100% van Remedi se tarief of die onderhandelde kontrakfooie. Indien u dokter se fooi hoër is as Remedi se tarief of die onderhandelde fooie, betaal ons beskikbare voordele teen Remedi se tarief of die onderhandelde tariewe aan u en u moet dan self die verskaffer betaal. Indien u op die Standaard Voordeelopsie is, sal ons die verskaffer direk betaal tot en met 100% van Remedi se tarief, selfs al is die verskaffer se rekening meer as Remedi se tarief.
UitsluitingsSekere uitgawes word nie deur Remedi gedek nie. Dit staan as uitsluitings bekend.
Daar is ’n lys van hierdie uitsluitings op bladsy 11 van hierdie brosjure.
Verwante rekeninge
Hierdie soort rekeninge word nie by die hospitaalrekening ingesluit wanneer u in die hospitaal opgeneem word nie. Verwante rekeninge sluit die rekeninge van dokters of ander gesondheidsorgkundiges in, soos dié van die narkotiseur en vir patologie of radiologie wanneer u tydens hospitalisasie behandel word.
Voorafmagtiging
U moet ons laat weet as u ’n hospitaalopname beplan. Skakel ons asseblief by 0860 116 116 vir voorafmagtiging sodat ons u lidmaatskap en beskikbare voordele kan bevestig. Sonder voorafmagtiging sal u moontlik ’n bybetaling van R1 000 per opname moet maak. Voorafmagtiging is nie ’n waarborg van betaling nie. Dit het slegs ten doel om te bevestig dat die behandeling wat tydens hospitalisasie ontvang gaan word, klinies toepaslik is en dat daar beskikbare voordele daarvoor is. Ons raai aan dat u by u behandelende dokter navraag doen wanneer u voorafmagtiging verkry om uit te vind of daar bybetalings sal wees.
U dokter kan sekere prosedures of behandelings in sy of haar spreekkamer doen. U moet ook vir hierdie prosedures voorafmagtiging kry. Voorbeelde hiervan is endoskopiese prosedures en skanderings.
Indien u in ’n noodgeval in die hospitaal opgeneem word, moet Remedi so gou moontlik daarvan in kennis gestel word sodat ons die betaling van u mediese uitgawes kan magtig.
Ons gebruik bepaalde kliniese beleide en protokolle wanneer ons goedkeuring vir hospitaalopnames oorweeg. Dit bied vir ons leiding oor wat verwag kan word wanneer iemand vir ’n spesifieke toestand behandel word. Die riglyne is op wetenskaplike bewyse en navorsing gegrond.
Lees meer: Voorafmagtiging op bladsy 7.
VoordeelopsieDie Voordeelopsies is die dekking wat u by Remedi uitneem. Remedi bied u ’n keuse van drie Voordeelopsies: Omvattende Voordeelopsie, Klassieke Voordeelopsie en Standaard Voordeelopsie.
Voorgeskrewe Minimum Voordele (VMV)
In die Wet vir Mediese Skemas word ’n lys gedefinieerde voordele bepaal wat alle mediese skemas hul lede moet bied.
Lees meer: Voorgeskrewe Minimum Voordele (VMV) en diagnose-en-behandelingspare van Voorgeskrewe Minimum Voordele op bladsy 15.
6
7
NOODDIENSTE DEUR ER24
Skakel ER24 by 084 124 in ’n mediese noodgeval en om enige
tyd van die dag of nag magtiging vir mediese noodvervoer te kry.
Hoogs gekwalifiseerde noodpersoneel van ER24 bestuur die diens.
As u in ’n ongeluk was of ’n ander noodgeval het, sal hulle ’n
ambulans of helikopter stuur, afhangend van wat medies noodsaaklik
is. Ons betaal vir mediese noodvervoer uit die Risikovoordeel as dit
medies geregverdig is – of u in die hospitaal opgeneem word of nie –
maar slegs as u magtiging by ER24 gekry het.
Andersins moet u self direk na ’n ongevalle-eenheid toe
gaan – maar iemand moet ons binne 24 uur skakel as u in die
hospitaal opgeneem word. Ons betaal vir u noodbehandeling
tydens hospitalisasie volgens u Voordeelopsie se voordele.
U HET DEKKING VIR NOODGEVALLE
In sekere gevalle sal u nie toegang hê tot dekking met die
Voordeelopsie wat u gekies het nie, soos wanneer u voordele
uitgeput is, of as die limiet vir ’n voordeel bereik is, of wanneer
u ’n wagtydperk het. Indien u dekking vir Voorgeskrewe Minimum
Voordele het, sal u steeds dekking tydens ’n lewensgevaarlike
noodgeval hê. Onthou, nie alle noodgevalle word onder
Voorgeskrewe Minimum Voordele gedek nie, en waar moontlik
moet u aangewese diensverskaffers gebruik om seker te maak
die rekeninge word ten volle betaal.
DEKKING WANNEER U NA ’N ONGEVALLE-EENHEID MOET GAAN
As u enige hospitaal se ongevalle-eenheid besoek en van daar
af in die hospitaal opgeneem word, dek ons die koste van die
behandeling in die ongevalle-eenheid uit u Hospitaalvoordeel, mits
iemand ons vir magtiging skakel binne 24 uur na u opgeneem is.
Indien u by ’n ongevalle-eenheid behandel word, maar nie daarna
in die hospitaal opgeneem word nie, betaal ons die koste van die
behandeling in die ongevalle-eenheid uit u Versekerde Buite-
hospitaalvoordeel. In sekere gevalle dek ons ook die fasiliteitsfooi
wat deur ongevalle-eenhede gehef word.
INTERNASIONALE NOODVERVOERDIENSTE
Let daarop dat die Skema nie voorsiening vir internasionale
noodvervoerdienste maak nie. Lede moet self voorsiening maak vir
internasionale noodvervoer indien dit nodig sou wees terwyl hulle
buite die grense van die Republiek van Suid-Afrika reis of woon.
Hoe ons vir u sorg wanneer u trauma ervaar het
Ons het die Traumaherstelvoordeel ontwerp om u te help ná
sekere traumatiese gebeure. Indien u of een van u gesinslede
ernstige trauma ervaar, word sekere van die mediese uitgawes wat
daarmee verband hou vir die res van die kalenderjaar waarin die
trauma gebeur het uit die Traumaherstelvoordeel betaal.
U kan vir die Traumaherstelvoordeel aansoek doen in die
volgende gevalle:
Beserings wat u as gevolg van misdaad opgedoen het
Kwadriplegie
Toestande wat veroorsaak is ná byna verdrinking
Ernstige anafilaktiese (allergiese) reaksie
Vergiftiging
Ernstige brandwonde
Paraplegie
Eksterne en interne kopbeserings
As u ’n operasie of behandeling in die hospitaal nodig het
Vir beplande hospitaalopnames moet u ons minstens 48
uur vóór die beplande opname vir voorafmagtiging skakel.
Remedi bied dekking vir beplande hospitalisasie tot en met
die algehele jaarlikse limiet vir u Voordeelopsie. Ons betaal u
hospitaalrekeninge teen die tarief wat ons met die hospitaal
ooreengekom het. Die voordeel bied dekking vir uitgawes terwyl
u in die hospitaal opgeneem is, mits u voorafmagtiging vir u
opname gekry het. Voorbeelde van uitgawes wat gedek word,
is teater- en saalfooie, X-strale, bloedtoetse en die medisyne wat
u tydens u opname in die hospitaal gebruik.
Hospitaalbesoeke en voorafmagtiging
Onthou om magtiging te kry vóór u vir ’n beplande
prosedure in die hospitaal opgeneem word. Doen die
volgende:
Besoek u dokter sodat hy of sy kan besluit of dit nodig is dat
u in die hospitaal opgeneem word.
Vind uit watter dokter u in die hospitaal gaan laat opneem.
Soms sal u eie dokter u na ’n ander dokter of spesialis verwys.
Kies die hospitaal waar u opgeneem wil word. Hou egter in
gedagte dat nie alle prosedures by alle hospitale gedoen word
nie. U dokter kan u hieroor raad gee.
Skakel ons om uit te vind hoe ons betaal vir gesondheidsorg–
kundiges soos narkotiseurs, sodat u die kans kan verminder
dat u ’n bybetaling het.
Verkry voorafmagtiging vir u hospitaalopname deur ons
by 0860 116 116 te skakel – minstens 48 uur vóór u in die
hospitaal opgeneem word. Ons sal vir u inligting gee oor hoe
ons vir u hospitaalopname sal betaal. As u nie u opname
en die koste wat ons normaalweg dek bevestig nie, sal
u moontlik ’n bybetaling van R1 000 per opname moet
maak.
OPERASIES, HOSPITAALBESOEKE EN VOORAFMAGTIGING
Onthou, die Hospitaalvoordeel bied slegs dekking vir
opname in ’n algemene saal, nie ’n privaat saal nie.
8
VOORDEEL VIR CHRONIESE SIEKTES, KANKERBEHANDELING EN TUISVERSORGING
Remedi verskaf dekking vir chroniese siektes, kankerbehandeling, tuisversorging en nog meer vir alle Voordeelopsies. Ons gee meer besonderhede oor die spesifieke voordele wat ons op elke Voordeelopsie bied op Remedi se webwerf, www.yourremedi.co.za.
Dekking vir chroniese toestande en siektesU het dekking vir goedgekeurde medisyne vir die 26 Voorgeskrewe
Minimum Voordeel-toestande op die Lys van Chroniese Siektes. Ons
moet u aansoek goedkeur voordat ons u toestand uit die Voordeel
vir Chroniese Siektes dek.
Medisynedekking vir die Lys van Chroniese SiektesOns betaal ten volle vir u goedgekeurde chroniese medisyne
tot en met Remedi se tarief vir medisyne mits dit op Remedi se
medisynelys is. Indien u goedgekeurde chroniese medisyne nie op
die medisynelys is nie, betaal ons vir u chroniese medisyne tot ’n
Lede op Remedi se Standaard Voordeelopsie het slegs toegang tot
medisyne op Remedi se medisynelys. Lede op die Voordeelopsie
moet self betaal vir medisyne wat nie op die medisynelys is nie.
Lede op die Voordeelopsie moet medisyne van ‘n netwerk apteek verkry om ‘n 20% bybetaling te vermy.
Lede moet aan sekere kriteria voldoen voordat ’n toestand volgens
die Voordeel vir Chroniese Siektes gedek word. Indien u toestand
vir dekking uit die Voordeel vir Chroniese Siektes goedgekeur word,
betaal ons uit die Voordeel vir Chroniese Siektes vir die diagnose en
voortgesette sorg van die 26 toestande op die Lys van Chroniese
Siektes ooreenkomstig met die Voorgeskrewe Minimum Voordele.
Toestande wat nie op die Lys van Chroniese Siektes is nie waarvoor lede op die Omvattende en Klassieke Voordeelopsie dekking hetOp Remedi se Omvattende en Klassieke Voordeelopsie het u ook
dekking vir sekere bykomende chroniese toestande wat nie op die
lys van Voorgeskrewe Minimum Voordele is nie. Goedgekeurde
medisyne, per ‘n medisynelys, word vir hierdie toestande betaal tot
en met die spesifieke maandelikse limiete vir elke Voordeelopsie.
KankerbehandelingIndien kanker by u gediagnoseer word, bied ons u dekking uit
Remedi se onkologieprogram sodra ons u kankerbehandeling
goedgekeur het. Ons dek die koste van u kankerbehandeling tot en
met die voordeellimiet vir u Voordeelopsie, tensy u behandelende
dokter sorg en behandeling volgens Voorgeskrewe Minimum
Voordele voorskryf. Sodra u u voordeellimiet bereik, dek ons
slegs 80% van Remedi se tarief en u moet dus u behandelende
dokter raadpleeg om vas te stel wat die mees kostedoeltreffende
behandeling is om u bybetalings te beperk. U onkologievoordeel is
beskikbaar vir 12 agtereenvolgende maande vanaf die datum van
diagnose.
Indien sorg en behandeling volgens Voorgeskrewe Minimum
Voordele voorgeskryf word, dek ons alle gesondheidsorgdienste
wat met kanker verband hou tot en met 100% van Remedi
se tarief en sal u bo en behalwe u voordeellimiet aanhou
om dekking te ontvang. Om meer uit te vind oor u dekking
indien kanker by u gediagnoseer word, besoek Remedi se
webwerf, www.yourremedi.co.za en gaan na die toepaslike
siektebestuursprogram om meer oor u dekking uit te vind of
skakel ons by 0860 116 116 vir meer inligting of hulp.
Voordeel vir Gevorderde Siektetoestande (AIB)
Lede wat met onkologie-verwante toestande gediagnoseer is
en met einde-van-lewe simptome gediagnoseer word, word
gefinansier uit die onbeperkte Voordeel vir Gevorderde Siektes (AIB)
en het toegang tot ‘n uitgebreide palliatiewe sorgprogram op alle
Voordeelopsies. Hierdie program bied u onbeperkte dekking vir
goedgekeurde sorg in u huis, met ‘n minimum onderbreking in u
normale roetine en gesinslewe.
Die palliatiewe sorg word aangebied deur ‘n multidissiplinêre
span, wat opgeleide dokters en verpleegkundiges insluit, in
vennootskap met die Hospice Palliatief Versorgingsvereniging
van Suid-Afrika. Om te registreer, moet u dokter die aansoekvorm
vir gevorderde siektevoordele invul en per e-pos stuur aan
Ander lede wat met einde-van-lewe simptome gediagnoseer
word, word steeds gefinansier deur die Verswakte Sorg en
Verpleegkundige Voordele, soos uiteengesit in hierdie brosjure
op bladsy 17.
Tuisversorging
Remedi het vanaf 1 Januarie 2020 ‘n toegevoegde tuisdiens aan
lede beskikbaargestel.
Hierdie diens maak voorsiening vir die bestuur van pasiënte wat
normaalweg IV-infusies (drup), wondversorging en nageboortelike
sorg in die hospitaal sal moet ontvang, vanuit ‘n binnenshuise
omgewing. Hierdie dienste is op alle Voordeelopsies beskikbaar vir
alle lede en word gelewer deur geakkrediteerde verpleegkundiges
of versorgers, en word deur u hospitaalvoordeel gefinansier, indien
fondse goedgekeur word.
Besoek ons webwerf by www.yourremedi.co.za vir meer inligting
rakende hierdie voordele.
9
REMEDI-PASIËNTSORGPROGRAMME
Remedi Cardio Care
Die Cardio Care-program stel u Premier Plus algemene praktisyn
in staat om toepaslike behandeling te diagnoseer en inisieer
terwyl u u risikofaktore bestuur met die ondersteuning van
‘n hoogs funksionerende multidissiplinêre sorgspan.
OOR DIE AANSLUITING BY DIE CARDIO CARE-PROGRAM
Om toegang tot die Cardio Care-program te hê, moet u met ‘n
Premier Plus algemene praktisyn konsulteer en geregistreer wees
op die Voordeel vir Chroniese Siektes (CIB) vir een of meer van
die volgende kondisies:
Hipertensie
Isgemiese hartsiektes
Hiperlipidemie.
U Premier Plus algemene praktisyn kan via HealthID aansoek
doen om registrasie op die program indien u toestemming
daarvoor gee.
Remedi Diabetesversorging
Die Diabetes Care-program, tesame met u Premier Plus
algemene praktisyn, sal u help om u diabetes aktief te bestuur.
Die program gee u en u Premier Plus algemene praktisyn
toegang tot verskillende instrumente om u toestand te
monitor en te bestuur en om te verseker dat u gekoördineerde
gesondheidsorg van hoë gehalte en die beste uitkomste kry.
U en u Premier Plus algemene praktisyn kan vordering op ‘n
gepersonaliseerde paneelbord monitor deur middel van u unieke
Diabetes Bestuursprogram Telling. Dit sal help om die stappe
wat u moet neem om u toestand te bestuur en u te help om
met tyd gesonder te word, te identifiseer.
Die program ontsluit ook dekking vir waardevolle
gesondheidsorgdienste van gesondheidsorgverskaffers soos
dieetkundiges en biokinetici.
REGISTRASIE VIR DIE DIABETES CARE-PROGRAM
Enige Remedi-lid wat geregistreer is op die Voordeel vir
Chroniese Siekte (CIB) vir diabetes, kan by die Diabetes Care-
program aansluit.
Remedi is in ‘n vennootskap met die Sentrum vir Diabetes en
Endokrinologie (CDE) om diabetes vir lede op die Omvattende
Voordeelopsie te bestuur. As u op die Omvattended
Voordeelopsie geregistreer is en as u Premier Plus algemene
praktisyn verbonde is aan die CDE, sal u Diabetes Care-program
deur die CDE gefasiliteer word.
Remedi MIV CareDie MIV-sorgprogram, tesame met u Premier Plus algemene praktisyn, sal u help om u toestand aktief te bestuur.
Die program gee u en u Premier Plus algemene praktisyn toegang tot verskillende instrumente om u toestand te monitor en te bestuur en om te verseker dat u gekoördineerde gesondheidsorg van hoë gehalte en die beste uitkomste kry.
‘n Premier Plus algemene praktisyn is ‘n netwerk-algemene praktisyn wat met ons gekontrakteer het om u gesondheidsorg van hoë gehalte vir u toestand te bied.
As u vir ons MIV-sorgprogram registreer en ‘n Premier Plus algemene praktisyn kies om u toestand te bestuur, ontvang u ekstra dekking vir maatskaplike werkers as deel van u dekking wat u benodig.
Remedi GeestesgesondheidsorgRemedi het goedgekeur dat lede met ernstige gediagnoseerde depressie in 2020 toegang sal hê tot die Premier Plus algemene praktisyn geleide Geestesgesondheidsorgprogram.
Hierdie program bevorder die diagnose en inisiëring van die behandeling van ernstige depressie deur algemene praktisyns, om die versplinterde versorging tussen geestelike en fisieke gesondheid te verminder, asook vinniger diagnose en inisiëring
van behandeling toe te laat.
OOR DIE AANSLUITING BY DIE PROGRAM VIR GEESTESGESONDHEIDSORG
Die program vir geestesgesondheidsorg, tesame met u Premier Plus algemene praktisyn, sal u help om episodes van ernstige depressie aktief te bestuur. Hierdie program gee u en u Premier Plus algemene praktisyn toegang tot instrumente en voordele om u toestand te monitor en te bestuur en te verseker dat u gekoördineerde gesondheidsorg van hoë gehalte en die beste
uitkomste kry.
HOE OM AAN TE SLUIT BY DIE PROGRAM VIR GEESTESGESONDHEIDSORG
Om toegang tot die program vir geestesgesondheidsorg te verkry, moet u met ‘n Premier Plus algemene praktisyn konsulteer en aan sekere kriteria voldoen.
U Premier Plus algemene praktisyn kan u op die program inskryf
deur middel van HealthID as u toestemming gegee het.
DIE VOORDELE WAT DIE GEESTESGESONDHEIDSPROGRAM AANBIED
Die geestesgesondheidsorgprogram duur ‘n tydperk van ses maande. Lede wat in aanmerking kom om aan te sluit, het toegang tot die volgende voordele in die periode van ses maande:
Drie konsultasies met u Premier Plus algemene praktisyn
‘n Aanvanklike psigoterapiesessie indien deur u Premier Plus algemene praktisyn verwys
Anti-depressant medisyne
10
Hoe om toegang tot u voordele vir oogkunde en tandheelkunde te kry
HOE OM DIE BESTE GEBRUIK VAN U OPTIESE VOORDEEL TE MAAK
Remedi het ’n kontrak met Preferred Provider Negotiatiors (PPN) se
netwerk om te verseker dat u u optiese voordeel die beste benut.
PPN hef kostedoeltreffende tariewe vir helder lense in ruil vir
beter professionele fooie, sonder om professionele standaarde of
die gehalte van die produk op te offer. Onthou om vir die PPN-
oogkundige te sê dat u ’n lid van Remedi is om seker te maak u
kwalifiseer vir die onderhandelde tariewe.
Lede op die Omvattende en Klassieke Voodeelopsie kan ’n
oogkundige besoek wat nie in die PPN-netwerk is nie, maar hy of
sy kan dalk meer as Remedi se tarief vra. Dit beteken dat die volle
bedrag dalk nie gedek word nie. As u moontlike bybetalings op
helder lense wil vermy, moet u seker maak die oogkundige is deel
van die PPN-netwerk.
Lede op die Standaard Voodeelopsie het slegs voordele vir
oogkunde indien hulle ’n PPN-oogkundige besoek.
Op die Omvattende Voodeelopsie is optiese voordele ’n aparte
voordeelkategorie wat uit die algehele jaarlikse limiet betaal word.
Op die Klassieke Voodeelopsie is daar nie ’n aparte kategorie
vir optiese voordele nie. Dit word uit die beskikbare Versekerde
Buite-hospitaalvoordeel betaal, onderhewig aan die sublimiete vir
optiese voordele, sowel as die algehele jaarlikse limiet.
HOE OM DIE BESTE GEBRUIK VAN U TANDHEELKUNDIGE VOORDEEL TE MAAK
Lede op Remedi se Standaard Voodeelopsie ontvang
tandheelkundige dienste vanaf die Dental Risk Company (DRC).
U kan hulle skakel by 012 741 5101 of 086 137 2343 om te
bevestig watter tandheelkundige voordele op die Standaard
Voodeelopsie beskikbaar is.
Lede op die Klasieke en Omvattende Voodeelopsie het toegang
tot konserwatiewe tandheelkundige voordele, onderhewig aan
die beskikbare limiet vir die Versekerde Buite-hospitaalvoordeel
en die algehele jaarlikse limiet. Wanneer lede op die Omvattende
Voodeelopsie se voordele vir konserwatiewe tandheelkundige
opgebruik is, word eise vir konserwatiewe tandheelkunde uit die
beskikbare fondse in die Persoonlike Mediese Spaarrekening betaal.
Die Omvattende Voodeelopsie bied voordele vir gespesialiseerde
tandheelkunde, terwyl lede op die Klassieke Voodeelopsie se
gespesialiseerde tandheelkunde onderhewig is aan die beskikbare
Versekerde Buite-hospitaalvoordeel. Geen voordele vir gespesialiseerde
tandheelkunde is op die Standaard Voodeelopsie beskikbaar nie.
Voorafmagtiging moet vir sekere tandheelkundige prosedures verkry
word. Skakel die Remedi-oproepsentrum by 0860 116 116 vóór u u
tandarts besoek om te bevestig watter voordele vir tandheelkunde
beskikbaar is.
Hoe om u Persoonlike Mediese Spaarrekening te gebruik
Die Persoonlike Mediese Spaarrekening gee lede op die Omvattende Voodeelopsie ’n manier om geld te spaar vir wanneer hulle ’n dokter moet besoek, medisyne by die apteek moet koop of vir ander dag-tot-dag mediese uitgawes moet betaal. Indien u tydens die jaar nie al die fondse in die Persoonlike Mediese Spaarrekening gebruik nie, voeg ons rente by die oorblywende bedrag en dra dit na die volgende jaar oor.
As u u Remedi-lidmaatskap beëindig en nog fondse in u
Persoonlike Mediese Spaarrekening oor het, plaas ons óf
die geld na u nuwe mediese skema oor (as hulle ’n mediese
spaarrekening bied op die opsie wat u by hulle kies) of ons
betaal vier maande na u lidmaatskap eindig die geld aan u terug.
Ons voldoen aan die vereistes van die Wet op Mediese Skemas
wanneer ons die geld terugbetaal.
ONS BETAAL DIE VOLGENDE UIT DIE VERSEKERDE BUITE-HOSPITAALVOORDEEL VOOR ONS FONDSE UIT U PERSOONLIKE MEDIESE SPAARREKENING GEBRUIK:
Algemene praktisyns
Mediese spesialiste
Konserwatiewe tandheelkunde
Voorgeskrewe akute medisyne en inspuitingstof
Fisioterapie, spraak- en arbeidsterapie
Kliniese sielkundiges
Maatskaplike werkers
Oogtoetse, brille of kontaklense, en refraktiewe oogchirurgie
Radiologie: Buite hospitalisasie (MRI- en RT-skanderings uitgesluit)
Patologie: Buite hospitalisasie.
ONS DEK DIE VOLGENDE SLEGS UIT U PERSOONLIKE MEDIESE SPAARREKENING:
Kondome, asook sommige apparate wat nie uit u beskikbare
voordele gedek word nie
Voorkomende medisyne vir malaria
Immuniserings, behalwe dié wat deur die Siftings- en
Voorkomingsvoordeel gedek word.
Raadpleeg asseblief hierdie voordeelbrosjure vir verdere inligting oor die limiete en voordele. Neem asseblief kennis dat alle eise direk by PPN ingedien moet word vir verwerking en betaling.
11
REËLS VIR UITSLUITINGS, WAAR OM DIE SKEMA REËLS TE BEKOM EN HOE OM VAN VOORDEELOPSIE TE VERANDER
Remedi befonds nie die volgende uitsluitings nie
Remedi bied nie dekking vir die volgende prosedures of die direkte of indirekte mediese gevolge daarvan nie, behalwe as dit
volgens wet vereis word, soos voorgeskryf in die Voorgeskrewe Minimum Voordele. Die volgende is ‘n lys van kostes wat nie deur
die Skema gedek word nie:
Alle koste wat verband hou met beserings wat opgedoen
word tydens deelname aan professionele sport, spoedrenne
en spoedwedrenne.
Alle koste wat verband hou met operasies, medisyne en
behandeling vir kosmetiese doeleindes.
Alle koste vir mammoplastiek soos borsverkleining, tensy dit
medies noodsaaklik is.
Alle koste vir behandeling vir onvrugbaarheid.
Alle koste vir die behandeling van kunsmatige bevrugting
van ‘n persoon soos beskryf in die Wet op Menslike Weefsel
– Kosmetiekware, versagtende middels vir die vel en
bevogtigers, sonsorg soos sonskerm en looistof.
– Verbande, watte, verbandmateriaal en ander
verbruikbare items.
– Kos/voedingsaanvullings en handelsmerkvoedsel wat
babakos insluit.
– Tonikums, verslankingspreparate om vetsug te voorkom of
te behandel, asook verwante medisyne wat aan die publiek
adverteer word
– Huishoudelike en biochemiese middels.
– Diagnostiese middels.
– Geslagsprikkelmiddels.
– Anaboliese steroïede.
– Huishoudelike middels en preparate wat aan die publiek
geadverteer word.
Medisyne wat nie voorgeskryf is deur iemand wat wettig
medisyne mag voorskryf nie.
Tensy VMV-sorg, kostes wat meer as die voordeel is waarop
’n lid volgens die Skemareëls geregtig is, tensy die Raad
anders besluit.
Afsprake wat ’n lid of afhanklike nie nakom nie.
Dienste wat verkry word by iemand wat nie by ’n
professionele liggaam wat wetlik erken word geregistreer
is nie, en enige organisasie, kliniek, verpleeginrigting of
soortgelyke instelling wat nie wetlik geregistreer is nie
(dit sluit staat- en provinsiale hospitale uit).
Alle kostes wat verband hou met erektiele disfunksie, tensy
die Skema dit goedkeur.
Alle kostes wat verband hou met geslagsverandering vir
persoonlike redes as dit nie direk veroorsaak is deur of verband
hou met ’n siektetoestand, ongeluk of versteuring nie.
Artikel 21-medisyne wat nie goedgekeur en geregistreer
is by die Suid-Afrikaanse Medisynebeheerraad nie.
Alle koste vir die gebruik van goud in kunsgebit, of die koste
van goud as vervanging van onedele metale in krone,
inlegsels en brugwerk.
Alle optiese toestelle wat die Suid-Afrikaanse vereniging vir
oogkundiges nie as klinies nodig of klinies wenslik beskou
nie, waaronder brilkassies vir brille, sonbrille of houers vir
die stoor en skoonmaak van kontaklense.
Apparate: die koop of huur van spesiale beddens, stoele,
kussings, nagstoele, skaapvel, waterdigte lakens vir
beddens, bedpanne, spesiale toiletsitplekke, die herstel
van of verstellings aan siekekamers of aansterkhulpmiddels.
Die Skema betaal wel vir die huur van suurstofsilinders
indien die lid skriftelike voorafmagtiging gekry het en
ook vir ander apparate wat vir VMV-sorg nodig is.
Moederskap: voor- en nageboorte-oefenklasse, opleiding
in moederskap en borsvoedinginstruksies.
Oorlog: besering of ongeskiktheid weens oorlog, ’n land
inval of burgeroorlog, behalwe in die geval van VMV-sorg.
Indien u van Voordeelopsie wil verander
U kan aan die einde van die jaar na ’n ander Voordeelopsie van Remedi oorbeweeg. Dit word op 1 Januarie van die volgende jaar van krag. U kan nie u Voordeelopsie tydens die jaar verander nie.
Dit word aanbeveel dat u die Skemareëls, wat by
www.yourremedi.co.za beskikbaar is, raadpleeg
om ’n breedvoerige lys Skema-uitsluitings te kry.
12
Die Raad van Trustees hersien jaarliks die Skema se
voordele. Die voordeelskedule wat in hierdie brosjure
vervat is ‘n opsomming van die voordele van Remedi
Medical Aid Scheme onderhewig aan amptelike
goedkeuring van die Raad vir Mediese Skemas.
Die Skemareëls is op ons voordele van toepassing.
Indien daar enige verskil tussen hierdie
voordeelbrosjure en die Skemareëls is, geld die
Skemareëls altyd.
Indien u die volledige Skemareëls wil naslaan, kan u
Ex gratia word deur die Raad vir Mediese Skemas gedefinieër as
‘n diskresionêre voordeel wat ’n mediese skema vir befondsing
kan oorweeg bykomend tot die voordele wat volgens die
geregistreerde reëls van daardie mediese skema gedek word.
Skemas hoef nie in hul reëls daarvoor voorsiening te maak nie en
lede het geen statutêre reg daartoe nie.
Die Raad van Trustees kan na eie goeddunke en volgens die
Skemareëls voordele goedkeur wat as ’n ex gratia-betaling
toegestaan kan word.
Aangesien ex gratia-toekennings nie geregistreerde voordele is nie
maar na goeddunke van die Raad van Trustees toegeken word,
het die Raad ’n Mediese Advieskomitee aangestel om ex gratia-
aansoeke te evalueer. Hierdie komitee het ’n goedgekeurde beleid
en mandaat waarbinne besluite oor ex gratia-aansoeke namens die
Raad oorweeg en goedgekeur word.
13
REMEDI SE DISPUUTPROSES
U het die reg om ’n klag in te dien of te versoek dat ons konsultante u navraag hanteer. Hulle is beskikbaar om u vrae te beantwoord. Die prosedure is daar om die proses te vereenvoudig en seker te maak dat elke navraag of klagte toepaslik en doeltreffend opgelos word.
Stappe wat u moet volg om u Remedi navraag op te los1. Skakel ons by 0860 116 116 en gesels met ’n konsultant.
Kry ’n verwysingsnommer vir u versoek.
2. Indien u navraag nie opgelos is nie, kan u versoek dat
u klagte na die Remedi se Fondsbestuurder en dan die
Hoofbeampte geeskaleer word. Die Hoofbeampte sal u verwysingsnommer benodig of die name van die konsultante wat u gehelp het. Ons kan indien nodig die
navraag na ‘n mediese paneel vir oorweging stuur.
3. Die mediese paneel kan versoek dat u ’n motivering asook
kliniese bewyse vir u versoek indien. U kan die Skema se gewone
kontakbesonderhede gebruik om die voorlegging in te dien, of
om op te volg op die navraag of klag wat u ingedien het.
4. Indien u nie met die uitkoms tevrede is nie, kan u versoek
dat die Skema se Raad van Trustees die uitkoms van enige
besluite heroorweeg.
Indien u die saak daarna verder wil neem, het Remedi ’n
Dispuutkomitee. Die komitee is ’n onafhanklike liggaam wat
besluite deur die Skema se Raad van Trustees kan heroorweeg
en beslis of die besluit met die Skemareëls en -beleide
ooreenstem. Indien u nie met hul besluit tevrede is nie, kan u
‘n formele klag by die Raad vir Mediese Skemas indien. Hulle
sal die finale besluit neem. Let daarop dat die Raad vir Mediese Skemas vereis dat u eers alle moontlikhede en kommunikasiekanale wat aan u as lid beskikbaar is, benut voordat u ’n klag by die Raad vir Mediese Skemas indien.
Kontakbesonderhede vir die Raad vir Mediese Skemas:
Vir toestande op die lys van Voorgeskrewe Minimum Voordele (VMV), word die onderstaande lys van Remedi se aangewese diensverskaffers vir die diagnose, behandeling en voortgesette versorging (wat medisyne kan insluit) gekontrakteer:
Lipidose en ander lipiedtoestande Trombositopeniese purpura
Ernstige psigiatriese toestande, soos bipolêre gemoedsversteuring
(psigiater moet motivering indien)
Toestande van die hartklep
Orgaanoorplantings
Dit is belangrik om kennis te neem dat ongeag of u dokter sê dat u toestand ‘n Voorgeskrewe Minimum Voordeel is, sal slegs die ICD-10 kode wat u dokter vir die toestand indien en die Skema reëls bepaal of u dekking daarvolgens het of nie.
Optiese voordeel Onderhewig aan bevestiging van die voordeel deur Preferred Provider Negotiators (PPN)
U kan kies om enige tekort uit die beskikbare fondse in u Persoonlike Mediese Spaarrekening te betaal. Alle voordele is onderhewig aan die algehele jaarlikse limiet en die volgende sublimiete:
Onderhewig aan bevestiging van die voordeel deur Preferred Provider Negotiators (PPN)
Alle voordele is onderhewig aan die limiet vir die Versekerde Buite-hospitaalvoordeel en die volgende sublimiete:
Onderhewig aan bevestiging van die voordeel deur Preferred Provider Negotiators (PPN)
Alle voordele is onderhewig aan die algehele jaarlikse limiet en soos volg:
Sublimiet per persoon R3 511 R3 083 Geen voordeel
Sublimiet per gesin R7 022 R6 166 Geen voordeel
Konsultasies
PPN-oogkundige R675 R675 R675. ‘n Saamgestelde konsultasie insluitend refraksie, tonometrie en visueel veldsifting by PPN-aanbieder elke 24 maande per persoon
Oogkundiges wat nie
deel is van PPN nie
R365 R365 Geen voordeel
MET ÓF
‘n Bril:
Rame: PPN-
oogkundige
PPN-raam of lensverbeteringe van tot R1 688
PPN-raam of lensverbeteringe van tot R1 065
PPN-raam van tot R300 per persoon elke 24 maande
Rame: Dienste by
oogkundiges wat nie
deel is van PPN nie
R1 182 vir ’n raam en/of lensverbeteringe
R1 065 vir ’n raam en/of lensverbeteringe
Geen voordeel
Limiet vir gewone
ongekleurde lense:
Ongekleurde enkelvisielense by ‘n PPN-oogkundige en oogkundige wat nie deel is van PPN nie: ’n limiet van R185 per lens
Ongekleurde enkelvisielense by ‘n PPN-oogkundige en oogkundige wat nie deel is van PPN nie: ’n limiet van R185 per lens
Ongekleurde enkelvisielense tot en met R185 per lens per persoon by ’n PPN-oogkundige elke 24 maande
Ongekleurde bifokale lense by ’n PPN-oogkundige en oogkundige wat nie deel is van PPN nie: beperk tot R420 per lens
Ongekleurde bifokale lense by ’n PPN-oogkundige en oogkundige wat nie deel is van PPN nie: beperk tot R420 per lens
Ongekleurde bifokale lense tot en met R420 per lens per persoon by ’n PPN-oogkundige elke 24 maande
Basiese multifokale lense by ’n PPN-oogkundige en oogkundige wat nie deel is van PPN nie: beperk tot R745 per lens
Basiese multifokale lense by ’n PPN-oogkundige en oogkundige wat nie deel is van PPN nie: beperk tot R745 per lens
Basiese multifokale lense tot en met R420 per lens per persoon by ’n PPN-oogkundige elke 24 maande
OF
Kontaklense:
Sublimiet per persoon R2 225 R1 930 R550 by ’n PPN-oogkundige elke 24 maande per persoon
21
U VOORDELE VIR 2020
3. Behandeling buite die hospitaal waarvoor ons uit die Risikovoordeel betaal
Dekking volgens die vereistes vir Voorgeskrewe Minimum Voordele
Die volgende dag-tot-dag-voordele word uit die Risikovoordeel betaal en is onderhewig aan die beskikbare limiete van die Versekerde Buite-hospitaalvoordeel en die algehele jaarlikse limiet vir elke opsie.
Onderhewig aan die beskikbare limiet vir die Versekerde Buite-hospitaalvoordeel en die algehele jaarlikse limiet. Sodra hierdie limiete bereik word, word dit uit u Persoonlike Mediese Spaarrekening betaal
Hierdie voordeel sluit dekking in vir ’n konsultasie met ’n ginekoloog om ’n Mirena-apparaat as voorbehoedmiddel te plaas. Dit is onderhewig aan voorafmagtiging in lyn met die Skema se kliniese protokolle
en riglyne
Onderhewig aan die beskikbare limiet vir die Versekerde Buite-hospitaalvoordeel en die algehele jaarlikse limiet.
Hierdie voordeel sluit dekking in vir ’n konsultasie met ’n ginekoloog om ’n Mirena-apparaat as voorbehoedmiddel te plaas. Dit is onderhewig aan voorafmagtiging in lyn met die Skema se kliniese protokolle en riglyne
Medies toepaslike besoeke aan ’n algemene praktisyn en klein prosedures is onbeperk by u gekose algemene praktisyn wat deel is van Remedi se Standaard Opsie-netwerk. As ’n persoon ’n algemene praktisyn besoek wat nie in die netwerk is nie, het 'n gesin dekking vir drie besoeke onderhewig aan 'n limiet van R1 725. Besoeke aan mediese spesialiste is beperk tot die jaarlikse limiet vir Versekerde Buite-hospitaalvoordele. Sien ook onder punt 4.
Hierdie voordeel sluit dekking in vir ’n konsultasie met ’n ginekoloog om ’n Mirena-apparaat as voorbehoedmiddel te plaas. Dit is onderhewig aan voorafmagtiging in lyn met die Skema se kliniese protokolle en riglyne
Voordeel vir algemene praktisyns in die netwerk
100% van Remedi se tarief
’n Vasgestelde getal bykomende konsultasies by ’n algemene praktisyn word uit die Risikovoordeel betaal wanneer u die limiet vir die Versekerde Buite-hospitaalvoordeel bereik en u Persoonlike Mediese Spaarrekening uitgeput is
Lid: Drie besoeke aan ’n algemene praktisyns
Gesin: Ses besoeke aan ’n algemene praktisyn
Ons betaal uit die Risikovoordeel slegs vir besoeke aan ’n algemene praktisyn in ons netwerk en patologie word uitgesluit
Geen voordeel Geen voordeel
Skedule 0-, 1- en 2-akute medisyne wat sonder ’n dokter se voorskrif oor die toonbank gekoop kan word
100% van Remedi Medisyne Tarief
Onderhewig aan die beskikbare limiet vir die Versekerde Buite-hospitaalvoordeel en die algehele jaarlikse limiet. Sodra hierdie limiete bereik word, word dit uit u Persoonlike Mediese Spaarrekening betaal.
Orale voorbehoedmiddels word tot R150 per voorskrif gedek, per vroulike begunstigde, onderhewig aan die Versekerde Buite-hospitaalvoordeel
Onderhewig aan die beskikbare limiet vir die Versekerde Buite-hospitaalvoordeel en die algehele jaarlikse limiet.
Orale voorbehoedmiddels word tot R150 per voorskrif gedek, per vroulike begunstigde, onderhewig aan die Versekerde Buite-hospitaalvoordeel
Skedule 0, 1 en 2 medisyne: ‘n Oor die toonbank voordeel van R150 per voorskrif en R300 per jaar per persoon betaalbaar uit die Risiko voordele.
Akute medisyne: Onderhewig aan die medisynelys vir Remedi se Standaard Opsie-netwerk.
Onbeperk indien u die medisyne kry by u gekose algemene praktisyn in Remedi se Standaard Opsie-netwerk.
Orale voorbehoedmiddels word tot R150 per voorskrif gedek per vroulike begunstigde, betaalbaar uit die Risiko voordeel
Op die Omvattende Opsie kan sekere kostes vir dienste wat nie Voorgeskrewe Minimum Voordele is nie en duurder is as die beskikbare voordele, uit die Persoonlike Mediese Spaarrekening betaal word. U moet elke jaar bevestig of u wil hê ons moet hierdie kostes vanuit u Persoonlike Mediese Spaarrekening betaal. Hierdie voordeel is nie op die Klassieke of Standaard Opsie beskikbaar nie.
VOORDELE TARIEF REMEDI OMVATTEND
Ander gesondheidsorgdienste, waaronder: chiropraktyk, dieetkunde, homeopatie of kruiekennis en
voorkomende medisyne vir malaria.
Immuniserings, behalwe entstowwe teen griep, pneumokokkale siektes en menspapilloomvirus
Indien klinies nodig, befonds ons die entstowwe teen griep, pneumokokkale siektes en
menspapilloomvirus uit die Siftings- en Voorkomingsvoordeel
Konserwatiewe tandheelkunde onder narkose vir pasiënte jonger as sewe jaar
100% van
Remedi se tarief
Narkose en hospitalisasie onderhewig aan die algehele jaarlikse
limiet. Tandheelkundige eis onderhewig aan die Versekerde Buite-
hospitaalvoordeel limiete
Geen voordeel
Voorkomende
tandheelkunde
100% van
Remedi se tarief
Een voorkomende tandheelkundige ondersoek per persoon elke 12 maande. Dit sluit ’n mondondersoek,
infeksiebeheer, profilakse, polering en floriedbehandeling vir volwassenes en kinders in. Vir Standaard
Opsie lede word voorkomende tandheelkunde deur ‘n aangewese diensverskaffer (DRC) gelewer
Die Omvattende Opsie bied ‘n alleenstaande voordeel vir gespesialiseerde tandheelkunde, terwyl gespesialiseerde tandheelkunde van Klassieke lede onderhewig is aan die beskikbare Versekerde Buite-hospitaalvoordeel. Lede op die Standaard Opsie het geen voordele vir spesiale tandheelkunde nie. Konserwatiewe tandheelkunde word befonds deur die beskikbare Versekerde Buite-hospitaalvoordeel op die Omvattende Opsie voordat dit uit u persoonlike mediese spaar rekening betaal.
6. OPSOMMING VAN REMEDI TANDHEELKUNDIGE VOORDELE
26
U VOORDELE VIR 2020
Lede met ’n hoe lukrake bloedglukosevlak lesing verkry die meer akkurate HbA1c-bloedtoets. Die toets is beskikbaar by netwerkapteke. Die HbA1c-bloedtoets word uit u beskikbare dag-to-dag-voordele of patologielimiet betaal en word beperk tot een toets per persoon per jaar.
Die volgende toetse word uit die Risikovoordeel betaal en is onderhewig aan die algehele jaarlikse limiet vir elke Opsie. Konsultasies en ekstra toetse word gedek uit die beskikbare limiete vir Versekerde buite-hospitaalvoordele betaal.
Die voordeel sluit die volgende siftingstoetse by ’n aangewese diensverskaffer in:
Konsultasies en bykomende toetse word uit die beskikbare Versekerde Buite-
hospitaalvoordeel gedek
Lukrake bloedsuiker Een toets per persoon elke jaar
Bloeddruk Een toets per persoon elke jaar
Liggaamsmassa-indeks
(BMI)
Een toets per persoon elke jaar
Lukrake cholesterol Een toets per persoon elke jaar
MIV-toets Onbeperkte aantal toetse
Mammogram Een toets per vrou elke jaar
Papsmeer Een toets per vrou elke jaar
Toets vir prostaat-spesifieke
antigeen (PSA)
Een toets per man elke jaar
Kolonoskopie Een toets per persoon elke tien jaar. Slegs vir lede ouer as 55 jaar en dit moet in ’n dokter
se spreekkamer gedoen word
Griepentstof Een inenting per persoon elke jaar. Slegs vir lede by wie daar ’n hoë risiko geïdentifiseer
is en lede ouer as 65 jaar
Entstof teen
pneumokokkale siektes
Een entstof elke jaar per persoon vir lede by wie daar ’n hoë risiko geïdentifiseer is, indien
klinies toepaslik
Voorkomende
tandheelkunde
Een voorkomende tandheelkundige ondersoek per persoon elke 12 maande. Dit sluit ’n
mondondersoek, infeksiebeheer, profilakse, polering en floriedbehandeling vir volwassenes
en kinders in. Vir Standaard Opsie lede word voorkomende tandheelkunde deur ‘n
aangewese diensverskaffer (DRC) gelewer
Entstowwe teen die
menspapilloomvirus
Een entstof per jaar, soos klinies toepaslik, vir manlike afhanklikes tussen 11- en 21-jaar-oud
en een entstof per jaar vir vroulike afhanklikes tussen 11- en 26-jaar-oud
Kolokterale Sifting 1 Fekale okkultiese bloedtoets / fekale immunochemiese toets elke 2 jaar vir lede van 45-75
jaar. Kolonoskopiesifting is beskikbaar vir hoërisiko-lede of waar ‘n positiewe ontlastingstoets
gedoen word
7. Siftings- en Voorkomingsvoordeel
27
* Die Persoonlike Mediese Spaarrekening se bydraes is vasgestel teen die maksimum van 10% van die Omvattende Opsie se bydraes.** U betaal slegs die bydraes vir die eerste drie kinders.
2. Bydrae subsidies vir 2020 (indien van toepassing)
Remedi Medical Aid Scheme, registrasienommer 1430, word geadministreer deur Discovery Health (Pty) Ltd, registrasienommer 1997/013480/07. Discovery Health (Pty) Ltd is ’n gemagtigde verskaffer van finansiële dienste.