Top Banner
Reik uit deur die internet, uitsendings en drukmedia PRESTASIEOORSIG Prestasieoorsig
52

Reik uit deur die internet, uitsendings en drukmedianaspers-reports.com/2011/afrikaans/downloads/03... · 2018-03-20 · ’n aanlynwinkelsentrum, SuperBuy. MIH het sy belang in suidoos-Asië

Aug 03, 2020

Download

Documents

dariahiddleston
Welcome message from author
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Transcript
Page 1: Reik uit deur die internet, uitsendings en drukmedianaspers-reports.com/2011/afrikaans/downloads/03... · 2018-03-20 · ’n aanlynwinkelsentrum, SuperBuy. MIH het sy belang in suidoos-Asië

Reik uitdeur die internet, uitsendings en drukmedia

PRES

TASI

EOOR

SIG

Prestasieoorsig

Page 2: Reik uit deur die internet, uitsendings en drukmedianaspers-reports.com/2011/afrikaans/downloads/03... · 2018-03-20 · ’n aanlynwinkelsentrum, SuperBuy. MIH het sy belang in suidoos-Asië

NASPERS- GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 201142

OORSIG VAN GROEPRESULTATEDie groep het die afgelope jaar stewig presteer.

Gekonsolideerde omset het met 18% gestyg en

kernwesensverdienste was 13% hoër. Hierdie

resultate is deur ’n gediversifiseerde portefeulje

en ’n sterk balansstaat ondersteun.

Stewige groei is behaal in die internet- en

betaaltelevisie-ondernemings. Die internetbedryf

het sy uitbreiding wêreldwyd voortgesit, en

die meeste van ons internetondernemings het

hierby baat gevind. Die veerkragtigheid van

ons betaaltelevisie-ondernemings in ’n al hoe

meer mededingende omgewing onderstreep

die voordeel van gehalte-inhoud, hoewel

stygende koste marges onder druk plaas.

Ons drukmedia-ondernemings het gedeeltelik

herstel wat advertensie-inkomste betref, terwyl

die tegnologie-onderneming in staat was om

marges te verbeter.

KORPORATIEWE BEDRYWIGHEDEDie groep het ’n sewe-jaareffek van

VS$700m met ’n koeponkoers van 6,375%

uitgereik. Die opbrengs is gebruik om ’n

buitelandse wentelkredietfasiliteit (WKF)

gedeeltelik af te betaal.

In Maart het die groep sy WKF herfinansier.

Dit is tot VS$2mjd verhoog en die termyn is

tot 2016 verleng. Die fasiliteit dra rente teen

die VS LIBOR plus 1,75% voor verbintenis- en

benuttingsgelde.

OMSETGekonsolideerde omset het met 18% tot

R33mjd toegeneem. Gekonsolideerde internet-

omset (geassosieerde maatskappye uitgesluit)

was 36% hoër, terwyl groei in die intekenaarbasis

betaaltelevisie-omset met 19% laat styg het.

HANDELSWINSGekonsolideerde handelswins, wat

finansieringskoste op transpondeerderbruikhuur-

kontrakte insluit, maar amortisasie van ontasbare

bates (behalwe sagteware) en ander wins/verliese

uitsluit, het met 7% tot R5,8mjd gestyg. Dié laer

marges was hoofsaaklik toe te skryf aan die hoër

koste in die betaaltelevisie-onderneming.

NETTO RENTEKOSTE Netto rentekoste op kontant en lenings het van

R286m verlede jaar tot R575m gestyg, omdat

beleggings met skuld befonds is.

EKWITEITSVERANTWOORDE RESULTATEOns kernverdienste uit ekwiteitsverantwoorde

geassosieerde maatskappye het tot R3,6mjd

gestyg, grotendeels danksy sterk prestasie deur

Tencent en Mail.ru Group.

Finansiële oorsigHierdie oorsig skets die hoogtepunte van die groep se finansiële prestasie gedurende

die afgelope jaar. Volledige besonderhede verskyn in die finansiële jaarstate.

DIE NASPERS-GROEP

PRESTASIE-OORSIG

KORPORATIEWEBESTUURSTOESIG

OPGESOMDEFINANSIËLEJAARSTATE

AANDEELHOUER-EN KORPORATIEWE

INLIGTING

Page 3: Reik uit deur die internet, uitsendings en drukmedianaspers-reports.com/2011/afrikaans/downloads/03... · 2018-03-20 · ’n aanlynwinkelsentrum, SuperBuy. MIH het sy belang in suidoos-Asië

NASPERS- GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2011 43

DIE NASPERS-GROEP

PRESTASIE-OORSIG

KORPORATIEWEBESTUURSTOESIG

OPGESOMDEFINANSIËLEJAARSTATE

AANDEELHOUER-EN KORPORATIEWE

INLIGTING

0

1 000

2 000

3 000

4 000

5 000

6 000

7 000

2004 2005 2006 2007 2008 2009 2010 2011

R’m

VERWATERINGSWINSDie verwateringswins van R1,5mjd wat

gerapporteer word, is bloot teoreties. Dit het

hoofsaaklik ontstaan uit ons bydrae van die groep

se belang in Mail.ru tot die pas genoteerde entiteit.

KERNWESENSVERDIENSTEKernwesensverdienste vir die jaar het met

13% tot R6mjd gestyg. ’n Berekening van

wesensverdienste en kernwesensverdienste

word in die opgesomde finansiële jaarstate

op bladsy 141 toegelig. Soos gereeld aan

aandeelhouers gemeld word, is die direksie van

mening dat kernwesensverdienste ’n toepaslike

maatstaf van die groep se volhoubare

bedryfsprestasie is, aangesien dit eenmalige en

nie-bedryfsitems uitsluit.

KONTANTVLOEI EN STAAT VAN FINANSIËLE POSISIEHierdie verdiensteprestasie het positiewe

vrye kontantvloei van R4mjd gelewer. Ons

befondsingstruktuur bly gesond, met totale

gekonsolideerde netto skuld van R3,9mjd,

wat satellietbruikhuurkontrakte uitsluit. Dit

verteenwoordig ’n netto skuld:ekwiteit-

verhouding van 10%.

Kernwesensverdienste Jaarlikse saamgestelde groeikoers: 41%

Page 4: Reik uit deur die internet, uitsendings en drukmedianaspers-reports.com/2011/afrikaans/downloads/03... · 2018-03-20 · ’n aanlynwinkelsentrum, SuperBuy. MIH het sy belang in suidoos-Asië

NASPERS- GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 201144

DIE NASPERS-GROEP

PRESTASIE-OORSIG

KORPORATIEWEBESTUURSTOESIG

OPGESOMDEFINANSIËLEJAARSTATE

AANDEELHOUER-EN KORPORATIEWE

INLIGTING

Finansiële oorsig (vervolg)

BEDUIDENDE VERKRYGINGSBesonderhede van beduidende verkrygings

verskyn in die opgesomde fi nansiële jaarstate

op bladsy 144.

OPGESOMDE EN FINANSIËLE JAARSTATEDie opgesomde fi nansiële jaarstate verskyn op

bladsy 130 van hierdie geïntegreerde jaarverslag.

Die volledige fi nansiële jaarstate vir die jaar tot

31 Maart 2011 is in hierdie verslag ingesluit en

is ook op ons webwerf by www.naspers.com

beskikbaar.

+27% saamgestelde

groeiper jaar

(Saamgestelde

groei oor 10 jaar:

27% per jaar)

Voorgestelde dividend per N-aandeel: 270 sent per aandeel

270

235

180

120

207

156

70

383025

2003 2004 2005 2006 2007 2008 2009 2010 20112002

Page 5: Reik uit deur die internet, uitsendings en drukmedianaspers-reports.com/2011/afrikaans/downloads/03... · 2018-03-20 · ’n aanlynwinkelsentrum, SuperBuy. MIH het sy belang in suidoos-Asië

45

DIE NASPERS-GROEP

PRESTASIE-OORSIG

KORPORATIEWEBESTUURSTOESIG

OPGESOMDEFINANSIËLEJAARSTATE

AANDEELHOUER-EN KORPORATIEWE

INLIGTING

BedryfsoorsigNaspers is ’n toonaangewende mediagroep in ontluikende

markte, met gediversifi seerde internet-, betaaltelevisie- en

drukmediabates in markte met sterk groeipotensiaal.

Internet – internetplatforms in Middel- en Oos-Europa, China,

Rusland, Latyns-Amerika, Afrika, Indië en suidoos-Asië. Dienste

sluit e-handel, gemeenskappe, kommunikasie, sosiale netwerke,

vermaak en mobiele waardetoevoegingsdienste in.

Betaaltelevisie – betaaltelevisie-intekenaarplatforms in Suid-

Afrika en Afrika suid van die Sahara buite Suid-Afrika. Naspers

ontwikkel ook onderliggende inhoudbeskermings- en

toegangsbestuurtegnologieë vir internet-,

betaaltelevisie- en mobiele platforms.

Drukmedia – tydskrifte,

koerante, drukwerk, verspreiders

en boekuitgewerye in Suid-Afrika

en Afrika suid van die Sahara

buite Suid-Afrika, asook beleggings in die

drukmedia in Brasilië en China.

Slimplatforms

NASPERS- GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2011 45

Page 6: Reik uit deur die internet, uitsendings en drukmedianaspers-reports.com/2011/afrikaans/downloads/03... · 2018-03-20 · ’n aanlynwinkelsentrum, SuperBuy. MIH het sy belang in suidoos-Asië

NASPERS- GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 201146

DIE NASPERS-GROEP

PRESTASIE-OORSIG

KORPORATIEWEBESTUURSTOESIG

OPGESOMDEFINANSIËLEJAARSTATE

AANDEELHOUER-EN KORPORATIEWE

INLIGTING

Bedryfsoorsig Internet

InternetOmset*

0

3 000

6 000

9 000

12 000

15 000

20112010

EBITDA*

0

500

1 000

1 500

2 000

2 500

3 000

3 500

4 000

20112010

Handelswins*

0

500

1 000

1500

2 000

2 500

3 000

3 500

20112010*Geassosieerde maatskappye is op ’n proporsionele grondslag ingesluit *Geassosieerde maatskappye is op ’n proporsionele grondslag ingesluit *Geassosieerde maatskappye is op ’n proporsionele grondslag ingesluit

R’m R’m R’m

Page 7: Reik uit deur die internet, uitsendings en drukmedianaspers-reports.com/2011/afrikaans/downloads/03... · 2018-03-20 · ’n aanlynwinkelsentrum, SuperBuy. MIH het sy belang in suidoos-Asië

NASPERS- GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2011 47

DIE NASPERS-GROEP

PRESTASIE-OORSIG

KORPORATIEWEBESTUURSTOESIG

OPGESOMDEFINANSIËLEJAARSTATE

AANDEELHOUER-EN KORPORATIEWE

INLIGTING

Sektorfokus

EUROPA

Die vernaamste bronne van omset is e-handel,

geklassifi seerde en ander advertensies,

betaaldienste, vergelykende inkopies,

tariefgebaseerde waardetoevoegingsdienste

en speletjies. Geografi es dek die Europese

portefeulje 23 lande deur drie hoofondernemings:

die Mail.ru-groep in Rusland, die Allegro-groep in

Pole en die Ricardo-groep in Switserland.

E-handel

Speletjies

Kitsbood-skappeE-pos

Portaal

Betaal-platforms

Sosialenetwerke

Gemeenskap

Waarde-toevoegings-

dienste(MVAS)

Page 8: Reik uit deur die internet, uitsendings en drukmedianaspers-reports.com/2011/afrikaans/downloads/03... · 2018-03-20 · ’n aanlynwinkelsentrum, SuperBuy. MIH het sy belang in suidoos-Asië

NASPERS- GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 201148

DIE NASPERS-GROEP

PRESTASIE-OORSIG

KORPORATIEWEBESTUURSTOESIG

OPGESOMDEFINANSIËLEJAARSTATE

AANDEELHOUER-EN KORPORATIEWE

INLIGTING

Bedryfsoorsig Internet (vervolg)

Allegro voorsien hoofsaaklik

e-handelsplatforms vir vasteprys-transaksies

(meer as 85% van alle transaksies) asook

veilings, geklassifi seerde advertensies (motors,

betrekkings en eiendom), prysvergelykingsdienste

en betaalstelsels in 17 gebiede. Allegro lewer

steeds sterk groei – transaksies het met 25%

gegroei, bruto handelswaarde met 16% en

omset met 20% tot PLN667m (R1,6mjd). Hoewel

Pole nog die kernmark vir hierdie groep is, begin

internasionale bedrywighede nou ’n bydrae lewer.

Mail.ru is onlangs getransformeer deur die

samesmelting met Digital Sky Technologies

(“DST”) en sy notering op die Londense

aandelebeurs. Ná notering besit Naspers

29% van Mail.ru Group. Volledige besonderhede

oor Mail.ru Group se prestasie is by

www.corp.mail.ru beskikbaar.

Page 9: Reik uit deur die internet, uitsendings en drukmedianaspers-reports.com/2011/afrikaans/downloads/03... · 2018-03-20 · ’n aanlynwinkelsentrum, SuperBuy. MIH het sy belang in suidoos-Asië

NASPERS- GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2011 49

DIE NASPERS-GROEP

PRESTASIE-OORSIG

KORPORATIEWEBESTUURSTOESIG

OPGESOMDEFINANSIËLEJAARSTATE

AANDEELHOUER-EN KORPORATIEWE

INLIGTING

Mail.ru Group bestuur toonaangewende

sosiale netwerk- en sosiale vermaakplatforms. Dit

huisves ook vooraanstaande kioskbetaaldienste

en dienste vir geklassifi seerde advertensies van

betrekkings, met klein belange in nie-Russiese

bates soos Facebook, Zynga en Groupon.

Mail.ru Group het sterk gegroei – omset het

met 86% tot VS$275m gestyg.

Gadu-Gadu is die grootste kitsboodskap-

gemeenskap in Pole. Waar groei agtergebly

het, het die groep gedurende die jaar ’n

waardedaling van R492m ten opsigte

van klandisiewaarde en ontasbare bates

ondervind.

Ricardo het goed gevaar gedurende

die jaar, met omsetgroei van 30% en

die uitbreiding van sowel sy dienste as

geografi ese voetspoor. In November 2010

het Ricardo 70% van die toonaangewende

Deense onderneming Trendsales.dk verkry,

wat in geklassifi seerde mode-advertensies

spesialiseer. Ná die jaareinde het Ricardo

70% van die toonaangewende Italiaanse

inkopievergelykingsmaatskappy 7Pixel

verkry, wat die groep se posisie in hierdie

e-handelsegment versterk.

Page 10: Reik uit deur die internet, uitsendings en drukmedianaspers-reports.com/2011/afrikaans/downloads/03... · 2018-03-20 · ’n aanlynwinkelsentrum, SuperBuy. MIH het sy belang in suidoos-Asië

NASPERS- GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 201150

DIE NASPERS-GROEP

PRESTASIE-OORSIG

KORPORATIEWEBESTUURSTOESIG

OPGESOMDEFINANSIËLEJAARSTATE

AANDEELHOUER-EN KORPORATIEWE

INLIGTING

MIH se belange in Indië en die res van

suidoos-Asië groei steeds organies, asook deur

verkrygings.

In Indië het die ibibo-vennootskap met

Tencent hierdie onderneming in staat gestel om

sy kennis van platforms en sosiale speletjies uit

te brei. ibibo is die eerste maatskappy in Indië

wat ’n sakemodel geskep het wat toegespits is

op virtuele goedere en handel, wat inkopies, reis,

’n advertensienetwerk en ’n betaalplatform dek.

Sanook! bly die toonaangewende plaaslike

portaal in Thailand, ondanks moeilike toestande

in die land. Soos in Indië, het MIH ’n gesamentlike

onderneming met Tencent aangegaan om die

sosiale speletjies- en kommunikasieplatform te

ontwikkel.

In die Filippyne het Sulit sy status as ’n top

plaaslike webwerf gehandhaaf en geklassifi seerde

advertensies vir motors geloods. Lelong is

’n markleier in aanlynveilings en het uitgebrei met

’n aanlynwinkelsentrum, SuperBuy.

MIH het sy belang in suidoos-Asië uitgebrei deur

76% van Multiply te verkry – ’n maatskappy wat

tans van sosiale media na e-handel beweeg.

Bedryfsoorsig Internet (vervolg)

Sektorfokus

SUIDOOS-ASIË

E-handel Speletjies

Kitsbood-skappeE-pos

Portaal

Betaal-platforms

Waarde-toevoegings

dienste(MVAS)

Sosialenetwerke

Gemeenskap

Page 11: Reik uit deur die internet, uitsendings en drukmedianaspers-reports.com/2011/afrikaans/downloads/03... · 2018-03-20 · ’n aanlynwinkelsentrum, SuperBuy. MIH het sy belang in suidoos-Asië

NASPERS- GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2011 51

DIE NASPERS-GROEP

PRESTASIE-OORSIG

KORPORATIEWEBESTUURSTOESIG

OPGESOMDEFINANSIËLEJAARSTATE

AANDEELHOUER-EN KORPORATIEWE

INLIGTING

T encent se uitstekende prestasie is te danke

aan die uitnemende bestuurspan en werknemers

van Tencent, onder leiding van Ma Huateng.

Tencent (waarvan 34% via MIH besit word)

het in ’n al hoe meer mededingende mark

goeie fi nansiële en bedryfsresultate vir die

jaar aangeteken. Die vinnige groei van die

internetbedryf in China het Tencent in staat

gestel om sy kernplatforms uit te brei, deur sy

volgehoue fokus op gebruikers se ervaring.

Die totale getal internetgebruikers in China

het tot einde 2010 met 19% gegroei, terwyl

Sektorfokus

CHINA

internetpenetrasie tot 34% toegeneem het en vir

die eerste keer die wêreldwye gemiddelde oortref

het. Hoewel China se internetgebruikerbasis

stadiger groei namate sy omvang uitbrei, het die

internet deel van mense se daaglikse lewens

geword. Mededinging om gebruikers neem

steeds toe, terwyl internetmaatskappye uitbrei en

hul diensreeks diversifi seer.

Kernbedryfs-platforms het weer eens goeie

groei getoon met Tencent se bekendstelling

van nuwe aanlynspeletjies om sy portefeulje te

diversifi seer en sy gebruikerbasis te verbreed.

E-handelSoekenjin

Speletjies

Portaal

Betaal-platforms

Gemeenskap

Kitsbood-skappeE-pos

Sosialenetwerke

Waarde-toevoegings-

dienste(MVAS)

Page 12: Reik uit deur die internet, uitsendings en drukmedianaspers-reports.com/2011/afrikaans/downloads/03... · 2018-03-20 · ’n aanlynwinkelsentrum, SuperBuy. MIH het sy belang in suidoos-Asië

NASPERS- GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 201152

DIE NASPERS-GROEP

PRESTASIE-OORSIG

KORPORATIEWEBESTUURSTOESIG

OPGESOMDEFINANSIËLEJAARSTATE

AANDEELHOUER-EN KORPORATIEWE

INLIGTING

Bedryfsoorsig Internet (vervolg)

Die QQ-kitsboodskapplatform het in Maart 2011 ’n

nuwe mylpaal bereik met 137 miljoen gelyktydige

spitstydgebruikers wat aangeteken is.

Die aanlynspeletjies-onderneming het in

2010 beter groei as die bedryfs gemiddelde

aangeteken en sy posisie as ’n toonaangewende

speletjies-onderneming wêreldwyd gevestig.

Massiewe multispeler-aanlynspeletjies en

gevorderde informele speletjies was belangrike

dryfvere. QQ Games het gesonde groei

getoon en ’n platform vir ander Tencent-

aanlynspeletjies verskaf. Gemeenskapsgerigte

internetwaardetoevoegingsdienste het ook

sterk gegroei.

Tencent belê steeds meer in navorsings- en

ontwikkelingsvermoëns, tegniese infrastruktuur

en personeelontwikkeling. Om die inhoud wat

aangebied word vir gebruikers te verryk, het

Tencent ook ’n oopplatform-strategie aanvaar

wat derde partye toelaat om toepassings vir sy

platform te ontwikkel. Tencent-platforms speel

reeds ’n onontbeerlike rol om ’n samewerkende

internetbedryf in China op te bou. Tencent gaan

ook voort om meer in netwerk- en platform sekuriteit

te belê. Dit is verskerp na ’n sekuriteitbedreiging in

die vierde kwartaal van 2010, wat ontwrigting vir

gebruikers veroorsaak het.

Tencent het gedurende die jaar strategiese

beleggings in ’n paar internasionale markte

aangegaan, waaronder Rusland, Indië, suidoos-

Asië en die VSA. Dit sluit ’n belang van 7,6% in

Mail.ru Group in, en ’n meerderheidsbelang in

Riot Games, ’n ontwikkelaar en uitgewer van

aanlynspeletjies wat in die VSA gesetel is.

Totale omset vir die jaar tot 31 Desember

2010 het RMB19,6mjd (VS$2,9mjd) beloop,

58% hoër as die vorige jaar. Wins toeskryfbaar

aan ekwiteitshouers was RMB8mjd (VS$1,2mjd),

56% hoër op ’n jaar-tot-jaar-grondslag. Tencent

is op die Hongkongse aandelebeurs genoteer.

Breedvoerige besonderhede is op hulle webwerf,

www.tencent.com beskikbaar.

137 miljoen gelyktydige spitstydgebruikers

Page 13: Reik uit deur die internet, uitsendings en drukmedianaspers-reports.com/2011/afrikaans/downloads/03... · 2018-03-20 · ’n aanlynwinkelsentrum, SuperBuy. MIH het sy belang in suidoos-Asië

NASPERS- GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2011 53

DIE NASPERS-GROEP

PRESTASIE-OORSIG

KORPORATIEWEBESTUURSTOESIG

OPGESOMDEFINANSIËLEJAARSTATE

AANDEELHOUER-EN KORPORATIEWE

INLIGTING

E-handel

Betaal-platforms

Sosialenetwerke

Speletjies

Kitsbood-skappeE-pos

Portaal

Waarde-toevoegings-

dienste(MVAS)

Gemeenskap

kalahari.net is die leier in Suid-Afrikaanse

e-handel met ’n geraamde 20%-markaandeel

van besigheid-na-gebruiker e-handel (reis

uitgesluit). Hierdie elektroniese en algemene

handelsonderneming verkoop boeke, CD’s,

DVD’s, speletjies en verbruikerselektronika.

kalahari.net fokus steeds op omsetgroei,

deur reeksuitbreidings (meer elektroniese

handelsmerke en genres), digitale inhoud

(e-boeke en e-musiek) en die afskaling van

nie-presterende vertakkings.

Sektorfokus

MIDDE-OOSTE EN AFRIKA

kalahari.net het gedurende die jaar vir nog ’n

allereerste in Afrika gesorg met die bekendstelling

van MarketPlace. Hierdie platform stel derde-

party-verkopers in staat om naas kalahari.net in

’n veilige en betroubare omgewing hul nuwe en

tweedehandse produkte aan te bied.

Vanjaar is kalahariAds.net ook bekend gestel,

’n webwerf vir aanlyn-geklassifi seerde

advertensies.

MXIT

Page 14: Reik uit deur die internet, uitsendings en drukmedianaspers-reports.com/2011/afrikaans/downloads/03... · 2018-03-20 · ’n aanlynwinkelsentrum, SuperBuy. MIH het sy belang in suidoos-Asië

NASPERS- GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 201154

DIE NASPERS-GROEP

PRESTASIE-OORSIG

KORPORATIEWEBESTUURSTOESIG

OPGESOMDEFINANSIËLEJAARSTATE

AANDEELHOUER-EN KORPORATIEWE

INLIGTING

Bedryfsoorsig Internet (vervolg)

MIH het gedurende die jaar 25% van Dubizzle verkry, die toonaangewende verskaffer van aanlyn- geklassifi seerde advertensies in die Verenigde Arabiese Emirate (VAE). Dubizzle ontplooi sulke dienste in nuwe gebiede.

MIH Internet Africa besit 51% van Korbitec, wat dienste aan regs-, eiendoms- en bankbelang hebbendes asook ander spelers in die eiendomswaardeketting lewer. Property24.com, Suid-Afrika se voorste eiendomsportaal, is die afgelope jaar met Korbitec geïntegreer om ’n verbruikersgerigte eiendom-e-handelsentrum te skep.

Page 15: Reik uit deur die internet, uitsendings en drukmedianaspers-reports.com/2011/afrikaans/downloads/03... · 2018-03-20 · ’n aanlynwinkelsentrum, SuperBuy. MIH het sy belang in suidoos-Asië

NASPERS- GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2011 55

DIE NASPERS-GROEP

PRESTASIE-OORSIG

KORPORATIEWEBESTUURSTOESIG

OPGESOMDEFINANSIËLEJAARSTATE

AANDEELHOUER-EN KORPORATIEWE

INLIGTING

E-handel

Speletjies

Kitsbood-skappeE-pos

Betaal-platforms

Waarde-toevoegings

dienste(MVAS)

Sosialenetwerke Gemeenskap

BuscaPé, ons e-handelsonderneming in

Latyns-Amerika, het sy groei voortgesit. BuscaPé

bied vergelykende inkopiedienste (BuscaPé

en BondFaro), ’n platform vir geklassifi seerde

advertensies (QueBarato), betaalplatforms

(Pagamento Digital en PagosOnline) en verwante

dienste.

Movile, ons waardetoevoegingsverskaffer van

mobiele dienste, het hom as een van die voorste

spelers op hierdie gebied in Latyns-Amerika

gevestig. Betalings via selfone vir digitale goedere

word ook nou aangebied.

In Augustus 2010 het MIH ’n meerderheids-

belang in OLX, ’n vooraanstaande platform

vir geklassifi seerde advertensies, verkry.

Hierdie marksegment is dinamies en baie

mededingend.

In Desember 2010 het MIH Level Up!

Holdings verkry. Dit is die toonaangewende

massiewe multispeler-aanlynoperateur in Brasilië,

met ’n kleiner belang in Level Up! Philippines.

Hierdie onderneming ontwikkel nie speletjies nie,

maar versprei, bemark en bedryf speletjies van

verskillende ontwikkelaars.

Sektorfokus

LATYNS-AMERIKA

Page 16: Reik uit deur die internet, uitsendings en drukmedianaspers-reports.com/2011/afrikaans/downloads/03... · 2018-03-20 · ’n aanlynwinkelsentrum, SuperBuy. MIH het sy belang in suidoos-Asië

NASPERS- GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 201156

DIE NASPERS-GROEP

PRESTASIE-OORSIG

KORPORATIEWEBESTUURSTOESIG

OPGESOMDEFINANSIËLEJAARSTATE

AANDEELHOUER-EN KORPORATIEWE

INLIGTING

BetaaltelevisieBedryfsoorsig (vervolg)

SUID-AFRIKADie MultiChoice DStv-intekenaarbasis het met

637 000 gegroei om die totale getal intekenare

vir die jaar op 3,5 miljoen te staan te bring. Dit

sluit die intreevlak-boeket Easyview in, wat ’n

lae subskripsiegeld het. Die Compact-boeket,

wat op die ontluikende mark gerig is, het

gedurende die jaar stewig gegroei, met 376 000

intekenare, en bereik nou meer as 1 miljoen

huishoudings.

Groei is oor die algemeen ondersteun

deur uitstekende verkope tydens die

2010-Fifa-wêreldbekertoernooi en spesiale

aanbiedings op dekodeerders. Die loodsing

van ’n nuwe operateur het belangstelling in

betaaltelevisie gestimuleer. ’n Intreevlak-boeket,

DStv Lite, is goed ontvang terwyl die DStv

Premium- en Select-boekette verder gegroei het.

Omset

0

5 000

10 000

15 000

20 000

25 000

Handelswins

0

1000

2 000

3 000

4 000

5 000

6 000

R’m R’m

20112010 20112010

EBITDA

0

1 000

2 000

3 000

4 000

5 000

6 000

7 000

R’m

20112010

Voeg by vriende!

Page 17: Reik uit deur die internet, uitsendings en drukmedianaspers-reports.com/2011/afrikaans/downloads/03... · 2018-03-20 · ’n aanlynwinkelsentrum, SuperBuy. MIH het sy belang in suidoos-Asië

NASPERS- GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2011 57

DIE NASPERS-GROEP

PRESTASIE-OORSIG

KORPORATIEWEBESTUURSTOESIG

OPGESOMDEFINANSIËLEJAARSTATE

AANDEELHOUER-EN KORPORATIEWE

INLIGTING

Sewes of Super-rugby?

Verkope van die gewilde persoonlike video-

opnemer (PVO) het met 117 000 tot 480 000

gegroei, ondersteun deur die bekendstelling van ’n

goedkoper weergawe van die hoëdefi nisie-PVO.

Verskeie nuwe kanale verbeter die kyker se

ervaring en wissel van vermaak en fl ieks tot

dokumentêre programme en sport – insluitend

Food Network, SONY MAX, KidsCo en Afro Music.

Die bekendstelling van Mzansi Magic was pret

(bladsy 60). Die kanaal stel plaaslik vervaardigde

Suid-Afrikaanse vermaak ten toon en sluit

fl ieks, komedie, spesiale musiekprogramme,

geselsprogramme, dokumentêre programme,

reekse en dramas in.

Page 18: Reik uit deur die internet, uitsendings en drukmedianaspers-reports.com/2011/afrikaans/downloads/03... · 2018-03-20 · ’n aanlynwinkelsentrum, SuperBuy. MIH het sy belang in suidoos-Asië

NASPERS- GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 201158

DIE NASPERS-GROEP

PRESTASIE-OORSIG

KORPORATIEWEBESTUURSTOESIG

OPGESOMDEFINANSIËLEJAARSTATE

AANDEELHOUER-EN KORPORATIEWE

INLIGTING

Bedryfsoorsig Betaaltelevisie (vervolg)

DStv se 15de verjaardag

’n Inhaaldiens, DStv

On Demand,

is op die

dekodeerder en aanlyn

bekendgestel. Die diens is beskikbaar vir

DStv Premium-intekenare met PVO’s en bied

20 uur van die mees gewilde televisiereekse en

sportjoernaalprogramme vir tot sewe dae ná

uitsending. Toegang tot die aanlyndiens kan

verkry word deur ’n persoonlike rekenaar, deur die

DStv-webwerf te besoek en verskaf prima inhoud

wat fl ieks, reekse, sport, kinderprogramme en

dokumentêre programme insluit.

Vir ’n beter begrip van kykergedrag op die

DStv-platform, is ’n kyker-evalueringshulpmiddel

DStv-i bekendgestel. Die verslagpaneel bestaan

uit sowat 4 000 DStv-huishoudings en word

deur sowel die advertensiebedryf as interne

belanghebbendes gebruik.

Die DStv Mobile-diens, wat digitale video-

uitsending vir handtoestelle (“DVB-H”) gebruik, is

in Desember 2010 geloods. Toegang

tot hierdie diens kan verkry word via

’n DVB-H-toegeruste selfoon of via

MultiChoice se nuwe mobiele televisie-

dekodeerder, die Drifta. Dit is ’n aparte

toestel wat die DStv mobiele uitsaaisein

ontvang en dit na toegeruste toestelle soos

skootrekenaars, tafelrekenaars,

tablette en slimfone herlei.

DStv Mobile is ’n langtermyn-

geleentheid wat beduidende

investering sal verg. Die tegnologie

en sakemodelle ontwikkel nog

Die hoëdefi nisie-reeks (HD-reeks) het ook

verder uitgebrei. Met die jongste toevoegings

(M-Net Movies 1 HD, Discovery HD, SuperSport

HD en ’n 24-uur HD Engelse Premierliga-kanaal)

is daar nou ses HD-kanale op DStv.

SuperSport se aanbieding van die

2010-Fifa-wêreldbekertoernooi in Suid-Afrika

was omvattend. Benewens ’n toegewyde

24-uur HD-kanaal, is alle wedstryde in vier

tale (Engels, Portugees, Zoeloe en Sotho)

aangebied en voorafgegaan deur ’n intensiewe

uurlange aanloop voor elke wedstryd. Wedstryd-

ontledings deur internasionale en plaaslike

gaste, asook eksklusiewe inhoud van Fifa se

kameras agter die skerms, het tot die ervaring

bygedra. Daar was ook vier daaglikse regstreekse

joernaalprogramme, ’n toegewyde webwerf,

bewegende kameras by wedstrydstadions,

verslaggewers in Lagos en Nairobi, wat alles

vanuit ’n veelvlakkige, doelgemaakte HD-ateljee

uitgesaai is.

Page 19: Reik uit deur die internet, uitsendings en drukmedianaspers-reports.com/2011/afrikaans/downloads/03... · 2018-03-20 · ’n aanlynwinkelsentrum, SuperBuy. MIH het sy belang in suidoos-Asië

NASPERS- GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2011 59

DIE NASPERS-GROEP

PRESTASIE-OORSIG

KORPORATIEWEBESTUURSTOESIG

OPGESOMDEFINANSIËLEJAARSTATE

AANDEELHOUER-EN KORPORATIEWE

INLIGTING

Beveel dit aan

wêreldwyd en hierdie belegging sal

eers oor ’n paar jaar opbrengste lewer.

Dit is egter vir die ontwikkeling van

Suid-Afrika se ingenieursvermoëns wat

inligting- en kommunikasietegnologie

betref, belangrik om deurentyd te

eksperimenteer en aan die voorpunt van

nuwe tegnologie te wees.

MWEB het ’n onbeperkte internetdiens,

die eerste in die Suid-Afrikaanse mark,

bekendgestel. Dit het tot meer bekostigbare

internettariewe in Suid-Afrika gelei.

Page 20: Reik uit deur die internet, uitsendings en drukmedianaspers-reports.com/2011/afrikaans/downloads/03... · 2018-03-20 · ’n aanlynwinkelsentrum, SuperBuy. MIH het sy belang in suidoos-Asië

NASPERS- GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 201160

DIE NASPERS-GROEP

PRESTASIE-OORSIG

KORPORATIEWEBESTUURSTOESIG

OPGESOMDEFINANSIËLEJAARSTATE

AANDEELHOUER-EN KORPORATIEWE

INLIGTING

SuperSport het sy sokkerdekking in Angola,

Ghana, Nigerië, Kenia en Zambië voortgesit en

sy dekking uitgebrei om basketbal in Nigerië en

Angola in te sluit.

Die HD-kanaalreeks is uitgebrei met M-Net

Movies en SuperSport HD.

Vir die DStv Engelse mark is die nuwe kanale

eTV Africa, Food Network, Kingdom Africa

en SONY MAX bygevoeg. Ons Portugese

markte op DStv Bué Facil kan nou AXN HD

Biography, Fine Living, Historia, Jim Jam,

TV Brazil en Zone Reality geniet. Premium-

intekenare het addisionele waarde verkry met

die bekendstelling van DStv On Demand.

Mededinging neem vinnig toe, van sowel

nuwe marktoetreders as bestaande deelnemers.

Dit het die koste van inhoud, veral sportregte,

beduidend laat styg.

GEVALLESTUDIE – MZANSI MAGIC

Met die vinnige veranderings in die DStv-kykerbasis in Suid-Afrika,

het M-Net gewilde programme omskep. Mzansi Magic, wat in Julie

2010 geloods is, vertoon nou vermaaklikheids-, komedie- en plaaslike

programme. Mzansi voldoen aan die behoeftes van Compact- en

Premium-kykers, waaronder die snelgroeiende swart middelklas.

Mzansi Magic is aangepas na aanleiding van gesprekke met akteurs,

musikante en komediante in die bedryf. Die kanaal streef om die

ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse rolprentvervaardigingsbedryf te

help stimuleer, veral ontluikende talent.

RES VAN AFRIKA In die res van Afrika het MultiChoice goeie

groei behaal, ondanks die loodsing van

addisionele mededingers in die meeste markte.

Die DStv-intekenaarbasis het met 340 000

uitgebrei tot 1,44 miljoen huishoudings teen die

jaareinde.

Ná die loodsing van ’n nuwe satelliet en met

die suksesvolle oorskakeling van intekenare kan

ons nou meer kanale uitsaai.

’n Nuwe boeket, DStv Compact PLUS, is

bekendgestel vir intekenare wat addisionele

sportkanale in die middelprysklas verlang. ’n

Goedkoper Portugese boeket, DStv Bué Facil,

is in Angola en Mosambiek geloods.

Ons fokus op plaaslike programinhoud in

Afrika het die bekendstelling van ’n Nigeriese

nuuskanaal NN24 ingesluit, en die uitbreiding

van die Keniaanse nuuskanaal, K24, na meer

lande.

Bedryfsoorsig Betaaltelevisie (vervolg)

Page 21: Reik uit deur die internet, uitsendings en drukmedianaspers-reports.com/2011/afrikaans/downloads/03... · 2018-03-20 · ’n aanlynwinkelsentrum, SuperBuy. MIH het sy belang in suidoos-Asië

NASPERS- GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2011 61

DIE NASPERS-GROEP

PRESTASIE-OORSIG

KORPORATIEWEBESTUURSTOESIG

OPGESOMDEFINANSIËLEJAARSTATE

AANDEELHOUER-EN KORPORATIEWE

INLIGTING

TegnologieOmset

0

300

600

900

1 200

1 500

EBITDA

0

50

100

150

200

Handelswins

0

30

60

90

120

150

R’m R’m R’m

20112010 20112010 20112010

produkte gebruik, wat beter marges tot gevolg

gehad het.

Hoogtepunte van die jaar sluit in:

18 miljoen beveiligde voorwaardelike-

toegang(CA)-eenhede is afgelewer,

17% hoër. Vanaf 2011 sal al hoe meer

voorwaardeliketoegang-eenhede wat versend

word Cloakware se CA-eenhede insluit –

Irdeto se sagtewareproduk wat gevorderde

Cloakware-tegnologie gebruik

fasiliteite en spanne in Asië is verder uitgebrei

71 nuwe ingenieurs is wêreldwyd aangestel, en

24 patente is toegestaan.

Irdeto het Cloakware-tegnologie vir die produkte

en dienste van groot internasionale handelsmerke

gebruik vir aanlyn-ekosisteme, soos Logitech,

Sony Internet TV, D-Link en Softbank Mobile. ’n

Nuwe sekuriteitsdiens, ActiveCloakTM, is geloods

om digitale bates dinamies oor hul lewensiklus te

bestuur. Dit sluit video, speletjies en e-publikasies in

wat aanlyn na verskeie toestelle versprei word.

Irdeto ontwikkel nuwe oplossings wat verskeie

produkte en dienste kombineer om betaalmedia-

operateurs se behoeftes aan te spreek. Hierdie

oplossings het veld gewen, terwyl operateurs

die kombinasie van uitsendings en breëband-

lewering benut het om hul diensreeks uit te

brei. Hierdie dienste is ontwerp om aanklank te

vind by aanlyngebruikers (via vaste of mobiele

toestelle) en met nuwe gekonnekteerde toestelle

soos iPads. Die konsolidasie van produkte en

dienste het ook besparings meegebring, soos ’n

enkele koppelvlak met klante wat verskeie Irdeto-

Page 22: Reik uit deur die internet, uitsendings en drukmedianaspers-reports.com/2011/afrikaans/downloads/03... · 2018-03-20 · ’n aanlynwinkelsentrum, SuperBuy. MIH het sy belang in suidoos-Asië

62

DIE NASPERS-GROEP

PRESTASIE-OORSIG

KORPORATIEWEBESTUURSTOESIG

OPGESOMDEFINANSIËLEJAARSTATE

AANDEELHOUER-EN KORPORATIEWE

INLIGTING

DrukmediaBedryfsoorsig (vervolg)

Omset*

0

2 000

4 000

6 000

8 000

10 000

12 000

EBITDA*

0

300

600

900

1 200

1 500

Handelswins*

0

200

400

600

800

1 000

*Geassosieerde maatskappye is op ’n proporsionele grondslag ingesluit *Geassosieerde maatskappye is op ’n proporsionele grondslag ingesluit *Geassosieerde maatskappye is op ’n proporsionele grondslag ingesluit

R’m R’m R’m

20112010 20112010 20112010

Teken in op Rapport

NASPERS GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2011

SUID-AFRIKA Die Suid-Afrikaanse drukmediabelange word

deur Media24 bedryf. Omsetgroei

is aangeteken met advertensie-

inkomste wat matig verbeter

het. Handelswins en EBITDA het

egter gedaal, deels as gevolg

van die gebrekkige inwerkingstelling

van nuwe sagteware vir die bestuur van

ondernemings se hulpbronne (ERP-stelsel).

KoeranteMedia24 Koerante het die struktuur van

sy ondernemings verder verfyn. Kostebesparings

is danksy groter doeltreffendheid verkry, en daar

was ’n sterk fokus op die gehalte van inhoud.

Die afdeling se sentrale span ondersoekende

verslaggewers is uitgebrei en het gedurende

die jaar verskeie eksklusiewe suksesse behaal.

Koerantintekening is egter benadeel deur ernstige

probleme met bogenoemde ERP-stelsel.

Die Sondagkoerant City Press is herontwerp en

sy hoofredakteur het die Nasionale Persklub se

Page 23: Reik uit deur die internet, uitsendings en drukmedianaspers-reports.com/2011/afrikaans/downloads/03... · 2018-03-20 · ’n aanlynwinkelsentrum, SuperBuy. MIH het sy belang in suidoos-Asië

NASPERS- GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2011 63

DIE NASPERS-GROEP

PRESTASIE-OORSIG

KORPORATIEWEBESTUURSTOESIG

OPGESOMDEFINANSIËLEJAARSTATE

AANDEELHOUER-EN KORPORATIEWE

INLIGTING

redakteur van die jaar-prys ingepalm.

Sake24, ons Afrikaanse breëblad

vir sake, het sy lesertal verhoog nadat

dit opnuut gefokus is.

Ons mediumtermyn-doelwit is

om die winsgewendheid van hierdie

afdeling deur kostebestuur en

mark ont wikkeling te herbou, met

’n verskerpte fokus op redaksionele

uitnemendheid.

24.com, die grootste

internetuitgewer in Suid-Afrika, is

herposisioneer in die Media24-

koerantafdeling, om te verseker

dat hierdie handelsmerke munt kan

slaan uit geleenthede in die snelgroeiende

mobiele- en tabletmarkte. 24.com se

maandelikse besoekers aan sy netwerk van

webwerwe het met sowat 40% gestyg.

TydskrifteDie tydskrifbedryf het wêreldwyd steeds

knellende omstandighede beleef. Ons

het digitale ondernemings begin ontwikkel

gegrond op ons tydskrifi nhoud.

Redaksiespanne het hul aansien in die

plaaslike bedryf verder verhoog. Benewens

verskeie nasionale pryse wat deur individuele

redakteurs en joernaliste ingepalm is, het

Media24 Tydskrifte die botoon gevoer by die

gesogte jaarlikse Pica-pryse (bladsy 91).

Page 24: Reik uit deur die internet, uitsendings en drukmedianaspers-reports.com/2011/afrikaans/downloads/03... · 2018-03-20 · ’n aanlynwinkelsentrum, SuperBuy. MIH het sy belang in suidoos-Asië

NASPERS- GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 201164

DIE NASPERS-GROEP

PRESTASIE-OORSIG

KORPORATIEWEBESTUURSTOESIG

OPGESOMDEFINANSIËLEJAARSTATE

AANDEELHOUER-EN KORPORATIEWE

INLIGTING

Bedryfsoorsig Drukmedia (vervolg)

Paarl Media Die Paarl Media-groep het sy

werksaamhede meer vaartbelyn

gemaak, terwyl sy voetspoor uitgebrei

is met die insluiting van nog ’n fabriek

in KwaZulu-Natal. Tegniese- en

toerustingopgraderings het by al nege

fasiliteite plaasgevind. Voortspruitend

hieruit het Paarl Coldset die eerste

Afrika-lid van die gesogte Wan-IFRA

Quality Club geword.

’n Verspreidings-netwerk, Shopper’s

Friend, is in Gauteng op die been

gebring en bied aan kleinhandelaars

regstreekse toegang tot verbruikers.

Paarl Media het sy voetspoor in

Afrika aansienlik verbreed.

BoekuitgeweryeJonathan Ball Uitgewers is die voorste

verskaffer van algemene boeke aan die

Suid-Afrikaanse mark.

Die NB-groep het sy markaandeel

onder Suid-Afrikaanse

handelsuitgewers verhoog

en bly die toonaangewende

plaaslike handelsuitgewer. Ander

hoogtepunte was onder meer

35 literêre pryse wat NB Uitgewers

en sy skrywers gedurende die jaar

ingepalm het.

Die opvoedkundige uitgewers

was minder suksesvol, behalwe

Via Afrika Smile, wat by

groter vraag na aanvullende

opvoedkundige materiaal baat

gevind het. Ná die jaareinde

het Media24 ’n ooreenkoms

aangegaan om sy belang in sekere

opvoedkundige ondernemings in

die Via Afrika-groep te verkoop.

Die ooreenkoms is onderhewig aan

voorwaardes.

Page 25: Reik uit deur die internet, uitsendings en drukmedianaspers-reports.com/2011/afrikaans/downloads/03... · 2018-03-20 · ’n aanlynwinkelsentrum, SuperBuy. MIH het sy belang in suidoos-Asië

NASPERS- GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2011 65

DIE NASPERS-GROEP

PRESTASIE-OORSIG

KORPORATIEWEBESTUURSTOESIG

OPGESOMDEFINANSIËLEJAARSTATE

AANDEELHOUER-EN KORPORATIEWE

INLIGTING

Kyk en leer

BRASILIË Die groep het ’n belang van 30% in Abril, die

voorste tydskrifuitgewer in Brasilië. Abril het ’n

markaandeel van 45% van tydskrifsirkulasie en

64% van die tydskrifadvertensiemark in Brasilië.

Gedurende die jaar is vier nuwe titels geloods. Die

drukmedia- en verspreidingsondernemings was

stabiel. Laat in 2010 het Abril ’n meerderheidsbelang

in die toonaangewende Brasiliaanse binnenshuise

vertoonskerm-onderneming, Elimidia, verkry.

CHINA

Die groep het ’n nie-beherende belang in Xin’an

Media Corporation, ’n koerantuitgewer in die

snelgroeiende sekondêre stad Anhui in die Hebei-

provinsie, asook in BMC, wat die toonaangewende

koerant Beijing Youth Daily in Beijing bedryf.

Page 26: Reik uit deur die internet, uitsendings en drukmedianaspers-reports.com/2011/afrikaans/downloads/03... · 2018-03-20 · ’n aanlynwinkelsentrum, SuperBuy. MIH het sy belang in suidoos-Asië

NASPERS- GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 201166

DIE NASPERS-GROEP

PRESTASIE-OORSIG

KORPORATIEWEBESTUURSTOESIG

OPGESOMDEFINANSIËLEJAARSTATE

AANDEELHOUER-EN KORPORATIEWE

INLIGTING

Ons moedig werknemers aan om areas waar

die groep miskien in sy sake-optrede en

waardes faal, via vertroulike kanale aan te meld.

Ons poog om aan plaaslike arbeidswette te

voldoen.

Nie-fi nansiële oorsig

Maatskaplike oorsigNaspers benader sy verantwoordelikheid teenoor die gemeenskappe

waarin hy werk, met erns. Ons bevorder die welsyn van die

gemeenskap, ons klante en ons werknemers, deur by te dra tot

inisiatiewe wat lewensgehalte in hierdie gemeenskappe verhoog.

HOE ONS DIT DOEN

Gemeenskap

Ons is in verskeie lande bedrywig, en waar

moontlik, probeer ons plaaslike burgers in

diens neem.

Ons dra by tot die gemeenskappe waarin ons

woon en werk. In sommige dra ons by tot

opvoedkundige programme.

Ons bedryf ons sake met integriteit en volg ’n

billike en etiese benadering. Ons etiese kode

bepaal ons kultuur.

In Suid-Afrika ondersteun ons voorheen-

benadeelde-ondernemings deur aktief sulke

verskaffers te identifi seer.

Ons mense

Ons belê in die voortgesette ontwikkeling van

ons mense.

Ons moedig ons werknemers aan om by te

dra tot volhoubaarheids- en

vernuwingsinisiatiewe.

Ons respekteer die regte van ons werknemers

en hul diversiteit.

Page 27: Reik uit deur die internet, uitsendings en drukmedianaspers-reports.com/2011/afrikaans/downloads/03... · 2018-03-20 · ’n aanlynwinkelsentrum, SuperBuy. MIH het sy belang in suidoos-Asië

NASPERS- GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2011 67

DIE NASPERS-GROEP

PRESTASIE-OORSIG

KORPORATIEWEBESTUURSTOESIG

OPGESOMDEFINANSIËLEJAARSTATE

AANDEELHOUER-EN KORPORATIEWE

INLIGTING

TransformasieTransformasie is ’n strategiese doelwit vir

Naspers, om te verseker dat ons aan plaaslike

wetgewing voldoen en dat ons werksmag die

plaaslike demografiese profiel weerspieël. Daar

is in die hele groep verskeie inisiatiewe om

toepaslike vaardighede en verantwoordelike

aankooppraktyke te ontwikkel.

Agt jaar gelede het Media24 ’n

transformasie forum gestig om elemente van

die Suid-Afrikaanse swart ekonomiese

bemagtigingstelkaart te monitor. Die forum sluit

senior bestuurders van elke sake-eenheid in.

Media24 het die afgelope paar jaar vordering

gemaak met sy transformasiedoelwitte, wat

teenoor ’n telkaart van die Departement van

Handel en Nywerheid se kode vir goeie praktyk

vir breedgebaseerde swart ekonomiese

bemagtiging (BGSEB) gemeet word. Volgens die

SEB-telkaart het Media24 sy vlak 4-status behou,

met ’n 125%-erkenningsvlak as ’n verskaffer wat

waarde toevoeg.

MultiChoice het sy status as ’n vlak 4-bydraer

behou en verder in diensbillikheid,

vaardigheidsontwikkeling en voorkeuraankope

belê. Ná sy suksesvolle bemagtigingstransaksie

in 2006, toe 120 000 nuwe aandeelhouers

verkry is, het die groep maksimum punte vir

aandeelhouding op die telkaart behaal.

MultiChoice vaar ook goed op die gebied van

diensbillikheid (75%) en voorkeuraankope (87%).

Page 28: Reik uit deur die internet, uitsendings en drukmedianaspers-reports.com/2011/afrikaans/downloads/03... · 2018-03-20 · ’n aanlynwinkelsentrum, SuperBuy. MIH het sy belang in suidoos-Asië

NASPERS- GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 201168

DIE NASPERS-GROEP

PRESTASIE-OORSIG

KORPORATIEWEBESTUURSTOESIG

OPGESOMDEFINANSIËLEJAARSTATE

AANDEELHOUER-EN KORPORATIEWE

INLIGTING

Breedgebaseerde swart ekonomiese bemagtiging (BGSEB)

PHUTHUMA NATHIDeur ’n kombinasie van aandeelhouding in Naspers

en die Phuthuma Nathi-aandeleskemas besit swart

Suid-Afrikaanse individue en groepe 30% van

MultiChoice Suid-Afrika. Die Phuthuma Nathi 1-

en 2-aandeleskemas is onderskeidelik in 2006

en 2007 bekendgestel. Sedertdien het die

aandeleskemas dividende van meer as R1mjd

ontvang, wat gebruik is om skuld te verminder.

Namate die skuld verminder word, groei die waarde

van Phuthuma Nathi.

Volgens die skemareëls kan Phuthuma

Nathi-aandele na ’n vyfjaar-vasleggingstydperk

verhandel word. Die vasleggingstydperk vir

Phuthuma Nathi 1 eindig in Desember 2011, en

dié van Phuthuma Nathi 2 in Maart 2012.

By die bekendstelling van die skemas het

MultiChoice aangekondig dat hy hom sal beywer

om ’n handelsplatform vir Phuthuma Nathi-aandele

te skep nadat die vyfjaar-vasleggings tydperk

verstryk het. Ons is besig om so ’n platform te

ontwikkel.

WELKOM YIZANIIn 2006 het Media24 die grootste BGSEB-aandele-

aanbod in die drukmediabedryf, Welkom Yizani,

van stapel gestuur. Dit het daartoe gelei dat

kwalifiserende swart mense en groepe ongeveer

25% (direk en indirek) in Media24 Beherend besit.

In Desember 2009 het Naspers R330m van sy

befondsing in Welkom Yizani afgeskryf om die

uitwerking van die resessie op die waarde van

hierdie aandele te verminder en die skema is met

twee jaar tot Desember 2013 verleng. Hierdie

proaktiewe stap gee Welkom Yizani-aandeelhouers

’n beter geleentheid om uit hul oorspronklike

belegging wins te maak.

Swart ekonomiese bemagtigingsvennoteMedia24, MultiChoice en ander maatskappye

in die groep het hul koopkrag in Suid-Afrika in

’n gesentraliseerde bedingingsmaatskappy,

CommerceZone, saamgevoeg. Verskaffers se

SEB-prestasie word volgens spesifieke kriteria

beoordeel en van verskaffers word verwag om

hul jaarlikse SEB-gradering te verbeter.

Die MultiChoice-voorkeuraankoopprogram

ondersteun die ontwikkeling van klein, middelgroot

en mikro-ondernemings (KMMO’s). Hierbenewens

word hierdie KMMO’s geleenthede gebied om

groter projekte aan te pak, wat entrepreneurs in

staat stel om hul vaardighede en vermoëns te

ontwikkel. Die afgelope drie jaar het MultiChoice

se voorkeuraankoopbesteding verbeter – van 47%

in 2009 tot 87% in 2011 ten opsigte van

maatskappye wat aan SEB voldoen. Dit beteken

meer as R4mjd is by sulke maatskappye bestee.

Benewens sy eie bemagtigingsinisiatiewe, koop

MultiChoice ’n groot aantal dekodeerders by ’n

plaaslike vervaardiger. Dit het werkgeleenthede op

die gebied van vervaardiging, logistiek en verkope

geskep. MultiChoice het 113 agentskappe, almal

ondernemings met eienaar-bestuurders. Onge veer

28 hiervan word deur swart mense besit. R24m is

die afgelope jaar in hierdie projek belê.

Nie-finansiële oorsig (vervolg)

Regstreekse bemagtiging

Page 29: Reik uit deur die internet, uitsendings en drukmedianaspers-reports.com/2011/afrikaans/downloads/03... · 2018-03-20 · ’n aanlynwinkelsentrum, SuperBuy. MIH het sy belang in suidoos-Asië

NASPERS- GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2011 69

DIE NASPERS-GROEP

PRESTASIE-OORSIG

KORPORATIEWEBESTUURSTOESIG

OPGESOMDEFINANSIËLEJAARSTATE

AANDEELHOUER-EN KORPORATIEWE

INLIGTING

Voorts het ondernemingsontwikkelings-

inisiatiewe meer as 1 500 werkgeleenthede in

die Paarl Media-groep geskep.

WerknemersMultiChoice speel ’n belangrike rol in ekonomiese

groei in Afrika, deur direk en indirek by te dra tot

werkskepping. Ons het die afgelope 18 maande

sowat 5 000 werksgeleenthede in Suid-Afrika

alleen geskep. Indirekte poste verteenwoordig

44% van die groei. 16% van die direkte poste is

geskep deur leerderskappe, wat

vaardigheidsontwikkeling in die informele sektor

verseker. Die vernaamste bron van werkskepping

in die indirekte mark is addisionele personeel in

agentskappe, groter installeringsspanne,

inhoudskepping, en onderhoud en opgradering

van fasiliteite.

DiensbillikheidNaspers heg groot waarde aan diversiteit in sy

werksmag. Die ontleding van die groep se

jaarlikse diensbillikheidsverslae aan die Suid-

Afrikaanse Departement van Arbeid, met

klassifikasies aangedui, word hieronder

weergegee.

0

5 000

10 000

15 000

20 000

20112010

15 932

12 958

Aantalwerknemers

Gestrem Swart Wit

2011

2%

54% 44%

Media24se werksmag

Swart Wit

2011

21%

79%

MultiChoicese werksmag

Verspreiding van werknemers

MultiChoice SA

Media24

Allegro

BuscaPé

Ander bedrywighede

3%

11%

44%

25%17%

Page 30: Reik uit deur die internet, uitsendings en drukmedianaspers-reports.com/2011/afrikaans/downloads/03... · 2018-03-20 · ’n aanlynwinkelsentrum, SuperBuy. MIH het sy belang in suidoos-Asië

NASPERS- GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 201170

DIE NASPERS-GROEP

PRESTASIE-OORSIG

KORPORATIEWEBESTUURSTOESIG

OPGESOMDEFINANSIËLEJAARSTATE

AANDEELHOUER-EN KORPORATIEWE

INLIGTING

WERKNEMERVOORDELEAftreevoordele

Sommige lande waarin ons bedrywig is, het

statutêre aftreevoordeelbefondsing. In ander

lande, en waar gepas, voorsien die groep

aftreevoordele aan heeltydse werknemers,

hoofsaaklik in die vorm van maandelikse bydraes

tot vastebydrae-pensioen fonds en vastebydrae-

voorsorgfondse. Die bates van hierdie

fondse word normaalweg in aparte trustee-

geadministreerde fondse gehou.

Mediesefondsvoordele

Mediesefonds-lidmaatskap is verpligtend in die

meeste groepondernemings, en die werkgewer

dra ’n deel van die maandelikse premie by.

Sommige groepmaatskappye voorsien

gesond heids voordele ná aftrede. Werknemers is

op hierdie voordele geregtig indien hulle tot en

met aftree-ouderdom in diens bly en ’n minimum

dienstydperk voltooi het.

Ekwiteitseienaarskap

Om die vaardighede te behou waarvan ons

volhoubaarheid afhang, bied die meeste

maatskappye in die groep aan werknemers

aandele-opsies of aandeelwaarderingsregte

ingevolge ’n aantal ekwiteitsvergoedingsplanne.

WERKNEMERVERHOUDINGEDie groep voldoen aan arbeidswetgewing in sy

bedryfsareas. In Suid-Afrika dien MultiChoice

en Media24 statutêre verslae in.

Die risiko van kinderarbeid en dwangarbeid is

laag in die groep. Waar kinders in plaaslike

produksies gebruik word, word streng nakoming

van hul gereguleerde diensvoorwaardes

toegepas.

OPLEIDING EN VAARDIGHEIDSONTWIKKELINGInvestering in vaardigheidsontwikkeling is hoog

op die groep se agenda, met inagneming van die

strategiese belang van tegnologie en intellektuele

eiendom vir ons volhoubaarheid in ’n

mededingende mark.

In die oorsigtydperk het MultiChoice meer

as R17m aan inisiatiewe vir vaardigheidsont-

wikkeling bestee. Dit sluit die Program vir Nuwe

Bestuurders, Bestuursbevorderingsprogram en

Mediabestuursprogram in, wat voorsiening maak

vir opleiding vanaf toesighouervlak tot

uitvoerende bestuur.

Aangesien tegnologie MultiChoice se

kernbesigheid is, het vaardigheidsontwikkeling

talle fasette. Die maatskappy se

leerderskapprogramme kombineer

beroepsonderwys en opleidingsmodules vir die

verkryging van kwalifikasies wat binne die

Nasionale Kwalifikasieraamwerk (NKR)

geregistreer is.

MultiChoice het gedurende die jaar 249

leerderskap- en internskapposte gevul wat

klantesorg, DStv Online, finansies, mense-

hulpbronne, uitsaaitegnologie en IT insluit.

Nie-finansiële oorsig Werknemers (vervolg)

Page 31: Reik uit deur die internet, uitsendings en drukmedianaspers-reports.com/2011/afrikaans/downloads/03... · 2018-03-20 · ’n aanlynwinkelsentrum, SuperBuy. MIH het sy belang in suidoos-Asië

NASPERS- GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2011 71

DIE NASPERS-GROEP

PRESTASIE-OORSIG

KORPORATIEWEBESTUURSTOESIG

OPGESOMDEFINANSIËLEJAARSTATE

AANDEELHOUER-EN KORPORATIEWE

INLIGTING

Hierdie programme gee aan voornemende en

nuwe gegradueerdes ervaring in die

werkomgewing. Van die programme wat in ons

ondernemings ingestel is, sluit in:

38 ingenieurs- en tegniese poste by M-Net

10 poste by SuperSport vir praktiese

betrokkenheid by produksie-areas, en

46 poste vir leerderskappe en tegniese areas

by MWEB.

MultiChoice het 51 beurse toegeken in 2011,

wat die totale getal beurse wat sedert 2008

toegeken is, op 161 te staan bring.

SuperSport se vennootskap met Wits se

bestuurskool (WBS) dra by om die

administratiewe vaardigheidsbasis in

sportliggame in Afrika uit te brei. Sedert

die ontstaan van die program in 2006 het

120 sportadministrateurs dit met welslae voltooi.

Terwyl dit reeds as ’n wêreldklas-inisiatief

gevestig is, het SuperSport die program in 2010 na

Nigerië uitgebrei om in samewerking met WBS en

die Nigeriese nasionale sportkommissie te fokus op

die bestuur van groot byeenkomste, leierskap,

korporatiewe bestuurstoesig en strategie. Tot

dusver het 20 gegradueerdes daarby baat gevind.

SuperSport het die afgelope jaar sy opleiding in

Nigerië en Kenia verskerp, veral met die oordrag

van televisieproduksievaardighede om die

talentpoel van gekwalifiseerde produksiespanlede

uit te brei. Die Gain Insight From Training-program

(“GIFT”) help studente om vaardighede in die

televisieproduksie-omgewing te ontwikkel. Tans is

Page 32: Reik uit deur die internet, uitsendings en drukmedianaspers-reports.com/2011/afrikaans/downloads/03... · 2018-03-20 · ’n aanlynwinkelsentrum, SuperBuy. MIH het sy belang in suidoos-Asië

NASPERS- GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 201172

DIE NASPERS-GROEP

PRESTASIE-OORSIG

KORPORATIEWEBESTUURSTOESIG

OPGESOMDEFINANSIËLEJAARSTATE

AANDEELHOUER-EN KORPORATIEWE

INLIGTING

Nie-fi nansiële oorsig Werknemers (vervolg)

69 studente ingeskryf. Verder het 15 kwekeling-

produksie spanlede van Kenia en Nigerië by hul

Suid-Afrikaanse kollegas aangesluit vir praktiese

opleiding deur SuperSport se hoogs ervare

Suid-Afrikaanse produksiespan, ook tydens die

2010-Fifa-wêreldbekertoenooi.

Media24 het in die huidige fi nansiële jaar sowat

R23m in die ontwikkeling van werknemers op

verskeie vlakke belê. Dit sluit R9m in vir die

opleiding van huidige en toekomstige joernaliste

by sy Joernalistieke Akademie, wat die afgelope

jaar 24 afgestudeerdes opgelewer het.

Begunstigdes van die akademieprogram, van

wie party steeds ingeskryf is, sluit die volgende in:

13 beurshouers (drie swart, drie bruin en

sewe wit)

16 akademiekwekelinge (sewe swart, een bruin

en agt wit), en

agt ná-beurs kwekelinge (twee wit, twee swart,

drie bruin en een Indiër).

Media24 het in 2011 ook 229

beurse vir deeltydse studie aan

werknemers toegeken.

Nadat oorsese

opleidingsprogramme

bestudeer is, het Paarl

Media die voortou geneem

om ’n opleidingsfasiliteit van

wêreldgehalte, die Paarl Media

Academy of Print, te ontwikkel.

Ná omvattende

navorsing en

ontwikkeling is die

verouderde ambagleerplan

deur nuwe vakleerlingskapprogramme vervang.

Benewens tegniese programme, bied die

akademie ook vaardigheids- en leierskap-

kursusse aan vir Paarl Media-werknemers. Om

bestuursvaardighede in die bedryf te verhoog,

fokus Paarl Media se leierskapont wikkelings-

program (deur die bestuurskole van

Stellenbosch, Wits en ander

instellings) op die

ontwikkeling van mense

op alle bestuursvlakke

(van toesighouer tot

uitvoerende bestuur).

Die leierskap-

pyplynprogram verseker

dat potensiële leiers

geïdentifi seer word vir

verdere bevordering en

toekomstige bestuurs poste.

Die akademie is geakkrediteer by

Page 33: Reik uit deur die internet, uitsendings en drukmedianaspers-reports.com/2011/afrikaans/downloads/03... · 2018-03-20 · ’n aanlynwinkelsentrum, SuperBuy. MIH het sy belang in suidoos-Asië

NASPERS- GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2011 73

DIE NASPERS-GROEP

PRESTASIE-OORSIG

KORPORATIEWEBESTUURSTOESIG

OPGESOMDEFINANSIËLEJAARSTATE

AANDEELHOUER-EN KORPORATIEWE

INLIGTING

die instituut van sektor- en beroepsuitnemend-

heid en ook as opleidings verskaffer by die

MAPPP/FPM Seta. Internasionale akkreditering

is deur City & Guilds, Brittanje se voorste

beroepstoekenningsliggaam, aan die akademie

toegeken.

In ons internasionale ondernemings,

hoofsaaklik in die internetbedryf, probeer ons

jong ingenieurs lok. Opleiding en ontwikkeling is

dus deurslaggewend vir ons strategie om

toonaangewende internetplatforms in ontluikende

markte te bedryf.

Ons skep geleenthede vir jong entrepreneurs

deur die sogenaamde Technology Incubator te

borg, waar tien jong gegradueerdes onder

leiding van ervare ingenieurs en

projekbestuurders hul idees vir nuwe

ondernemings toepas.

Internasionaal word jong ingenieurs en

tegnoloë deur die Uitruilprogram vir Junior

Personeel aangespoor om hul loopbaan in die

MIH Internet-groep voort te sit. Hierdie program

het tien talentvolle tegnoloë die geleentheid

gegee om drie maande by ander Naspers-

maatskappye te werk.

MIH besef ook hoe belangrik dit is om sy

ervare tegnoloë en ingenieurs te behou. Deur

erkenning aan ’n uitgesoekte groep uitnemende

tegnoloë van MIH te verleen, spoor ons senior

ingenieurs aan. Die toekenning sluit

betrokkenheid by groepwye projekte in en is

in 2011 aan 11 tegnoloë toegeken.

Naspers borg ook 30 studente vir nagraadse

studie in nuwe media aan die Universiteit

Stellenbosch. Gegradueerdes van die Media

Lab-program is met welslae in

groepmaatskappye aangestel.

Irdeto het sy samewerking met ongeveer

20 universiteite wêreldwyd verhoog, deur

internskappe, gesamentlike navorsing en

somerskole.

GEVALLESTUDIE – SUPERSPORT IN KENIASuperSport het ’n opleidingsprogram van drie maande in Kenia aangebied, waar ’n Suid-Afrikaanse produksiespan deelgeneem het aan die dekking van plaaslike sokker om Keniane praktiese ondervinding in alle aspekte van televisieproduksie te bied. Ons het meer as 40 operateurs opgelei. Nadat die gebruik van die hoofstadion in Kenia verkry is, en met die hulp van die Keniaanse premierliga, het 11 eersteliga-oefenwedstryde aan kwekeling-produksiespanlede geleenthede vir praktiese opleiding gebied. Produksies is opgeneem en in die klaskamer bestudeer, om vir kwekelinge te wys wat hulle goed gedoen het en waar hulle moes verbeter.

Page 34: Reik uit deur die internet, uitsendings en drukmedianaspers-reports.com/2011/afrikaans/downloads/03... · 2018-03-20 · ’n aanlynwinkelsentrum, SuperBuy. MIH het sy belang in suidoos-Asië

NASPERS- GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 201174

DIE NASPERS-GROEP

PRESTASIE-OORSIG

KORPORATIEWEBESTUURSTOESIG

OPGESOMDEFINANSIËLEJAARSTATE

AANDEELHOUER-EN KORPORATIEWE

INLIGTING

GEMEENSKAPPEDie groep is aktief in sy gemeenskappe en fokus op geletterheids- en opvoedkundige programme in Afrika.

As gevolg van die aard van sy besigheid speel MultiChoice ’n sleutelrol in sy gemeenskappe. Met die strewe om ’n volhoubare impak op die land se sosio-ekonomiese uitdagings te hê, het MultiChoice se maatskappye verskeie inisiatiewe van stapel gestuur.

Korporatiewe burgerskap

Nie-fi nansiële oorsig (vervolg)

Projek Begunstigdes

M-N

et e

n D

Stv

Med

ia S

ales

Inisiatiewe vir gemeenskapsontwikkeling

Belegging van meer as R50m in skenkings en lugtyd.

Apex-pryse Erkenning van uitstekende resultate deur adverteerders en agentskappe. Hierbenewens het meer as 30 liefdadigheids organisasies en NRO’s gratis lugtyd gekry om bewustheid van verskeie maatskaplike kwessies te skep.

Bedryfsvaardigheid-ontwikkeling

Vuka-toekennings moedig gratis gemeen-skapsdiens-aankondigings vir liefdadigheids-organisasies en oor maatskaplike kwessies aan. Meer as 170 inskrywings is ontvang en 25 fi naliste se werk is op M-Net-kanale uitgesaai.

New Directions is gemik op regisseurs en teksskrywers – 75 inskrywings is in 2010 ontvang. Twee rolprente en een dokumentêre program wat vervaardig is, sal op Mzansi Magic bekendgestel word.

EDit bied aan ontluikende rolprent- en televisie studente geleenthede vir realiteits-produksies. Drie toets-realiteitsprogramme sal vir ontwikkeling en uitsending op Mzansi Magic ontgin word.

Page 35: Reik uit deur die internet, uitsendings en drukmedianaspers-reports.com/2011/afrikaans/downloads/03... · 2018-03-20 · ’n aanlynwinkelsentrum, SuperBuy. MIH het sy belang in suidoos-Asië

NASPERS- GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2011 75

DIE NASPERS-GROEP

PRESTASIE-OORSIG

KORPORATIEWEBESTUURSTOESIG

OPGESOMDEFINANSIËLEJAARSTATE

AANDEELHOUER-EN KORPORATIEWE

INLIGTING

Projek Begunstigdes

M-N

et e

n D

Stv

Med

ia S

ales

(ver

volg

)

Naledi Graad 3-leerders is geleer lees en skryf.

300 kinders in ses skole in Gauteng en die Wes-Kaap het in 2010 hierby baat gevind.

Gogo Magic Skep werk vir benadeelde persone, met die brei van mussies wat aan wesies en kwesbare kinders uitgedeel word.

593 werkgeleenthede is in ses gemeenskappe in Gauteng en Limpopo geskep, en 28 000 mussies is aan kinders regoor die land uitgedeel.

Borskankerbewustheid Finansiële ondersteuning vir voertuie wat voorligting en toetsing vir borskanker in landelike gebiede moontlik maak:

1 365 vroue het mammogramtoetse ontvang

7 435 kliniese borsondersoeke is uitgevoer

11 205 persone het voorligting oor borskanker ontvang, en

27 000 stukke opvoedkundige materiaal is versprei.

Page 36: Reik uit deur die internet, uitsendings en drukmedianaspers-reports.com/2011/afrikaans/downloads/03... · 2018-03-20 · ’n aanlynwinkelsentrum, SuperBuy. MIH het sy belang in suidoos-Asië

NASPERS- GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 201176

DIE NASPERS-GROEP

PRESTASIE-OORSIG

KORPORATIEWEBESTUURSTOESIG

OPGESOMDEFINANSIËLEJAARSTATE

AANDEELHOUER-EN KORPORATIEWE

INLIGTING

Nie-fi nansiële oorsig Korporatiewe burgerskap (vervolg)

Projek Begunstigdes

Sup

erS

port

My 2010 Schools Adventure Program in samewerking met die 2010-Fifa-wêreld beker toenooi en die departement van basiese onderwys, waarby 7 500 skole betrek is.

Vermindering van misdaad in skole deur ontwikkeling van sportvaardighede

Program in samewerking met Unicef en die departement van basiese onderwys, om deur sport misdaad te verminder en skoolbywoning te verbeter.

450 skole is bereik.

MW

EB

Internetkafees en rekenaaropleidingsentrums in townships

R700 000 is aan Silulo Ulothu Technologies geskenk om die opening van meer internetkafees en rekenaaropleidingsentrums in townships te help bevorder.

Sentrums in Athlone, Blue Downs en Gugulethu.

Mul

tiCho

ice

Film Talent Incubator Vaardigheidsontwikkeling en mentorskapgeleenthede vir opkomende rolprentvervaardigers in ’n intensiewe praktiese kursus.

Tot dusver het die rolprentbedryf 64 bekwame professionele rolprentmakers bygekry, wat teen vergoeding werk.

Ongeveer R20m is in hierdie program belê.

Drie addisionele weeshuise bygevoeg

MultiChoice het drie weeshuise in drie provinsies (Noordwes, Noord-Kaap en Mpumalanga) gehelp, as deel van sy program om wesies te ondersteun.

Tot dusver is 10 residensiële fasiliteite landwyd en meer as 1 000 kinders al gehelp.

Page 37: Reik uit deur die internet, uitsendings en drukmedianaspers-reports.com/2011/afrikaans/downloads/03... · 2018-03-20 · ’n aanlynwinkelsentrum, SuperBuy. MIH het sy belang in suidoos-Asië

NASPERS- GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2011 77

DIE NASPERS-GROEP

PRESTASIE-OORSIG

KORPORATIEWEBESTUURSTOESIG

OPGESOMDEFINANSIËLEJAARSTATE

AANDEELHOUER-EN KORPORATIEWE

INLIGTING

Projek Begunstigdes

Mul

tiCho

ice

(ver

volg

)

Uitbreiding van rekenaarlaboratoriums in skole

Multimedia-laboratoriums is in agt skole in die Oos-Kaap, Vrystaat en Noord-Kaap ingestel. Die laboratoriums sluit rekenaars, internet-verbindings, televisies en gratis opvoedkun-dige inhoud op DStv in. Om impak te verseker, is onderwysers opgelei in die bestuur van die hulpbron en inskakeling van tegnologie by onderrig.

Deur hierdie program het meer as 28 000 leerders toegang tot rekenaars.

MultiChoice Make a Difference (MMAD)

Werknemers word betrek en lewer vrywillige diens met die oog op gemeenskapsontwikkeling.

Meer as 1 100 werknemers het ’n verskil gemaak in die lewens van ongeveer 2 000 lede van gemeenskappe.

Reach Out DStv-intekenare kry kans om betrokke te raak by die Reach Out-program, deur die liefdadigheidsorganisasie van hul keuse vir ’n fi nansiële bydrae van MultiChoice te benoem.

In 2010 is die volgende instansies ondersteun: Ikhaya Le Themba, SAVF Belfast Kinderhuis, Knysna Education Trust en Mother of Peace-weeshuis.

M

ultiC

hoic

e

Afr

ika

Media-ontwikkeling MultiChoice vervaardig in samewerking met CNN die CNN MultiChoice African Journalist of the Year-prys. Die 2010-funksie is in Mei in Uganda gehou en is deur president Museveni bygewoon.

Page 38: Reik uit deur die internet, uitsendings en drukmedianaspers-reports.com/2011/afrikaans/downloads/03... · 2018-03-20 · ’n aanlynwinkelsentrum, SuperBuy. MIH het sy belang in suidoos-Asië

NASPERS- GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 201178

DIE NASPERS-GROEP

PRESTASIE-OORSIG

KORPORATIEWEBESTUURSTOESIG

OPGESOMDEFINANSIËLEJAARSTATE

AANDEELHOUER-EN KORPORATIEWE

INLIGTING

MultiChoice het ’n maatskaplike belegging-

strategie ontwikkel wat by sy doelwitte aansluit.

Dit sal tot breër Suid-Afrikaanse transformasie

bydra. Die strategie fokus op die ontwikkeling

van vaardighede wat vir MultiChoice se bedryf

van deurslaggewende belang is en konsolideer

sy sosiale programme in ’n enkele medium,

DStv Be More.

Let’s Play, wat in 2005 geloods is, het in 2010

by die bekendstelling van die Virgin Active

sportbedryf-pryse die prys ontvang vir die beste

maatskaplike verantwoordelikheid in sport. Let’s

Play moedig laerskoolkinders aan om aan sport

GEVALLESTUDIE – SUPERSPORT SE BETROKKENHEID BY SOKKERLIGAS IN AFRIKASuperSport is betrokke by die sokkerfederasies in Nigerië,

Kenia, Zambië, Angola, Ghana en Uganda. In sommige

gevalle is die tariewe wat SuperSport betaal om die plaaslike

sokkerwedstryde uit te saai, tot 75% van hul inkomste. Ons

sokkerkonsultant, Stanley Matthews, bied gereeld

werksessies aan wat korporatiewe bestuurstoesig,

administrasie en bestuur van die ligas verbeter. SuperSport

help met die bestuur van hul webwerwe, neem plaaslike

inwoners in diens en rus hulle toe met vaardighede, en belê

sterk in infrastruktuur soos ateljees, uitsaaivoertuie

ensovoorts. Ons help die ligas om borgskappe te kry en stel

hulle in staat om aan ’n uitruilprogram met die Duitse

Bundesliga deel te neem, waar administrateurs, spelers en

joernaliste werksessies in Duitsland bywoon.

Toeskouergetalle het vinnig toegeneem sedert SuperSport by

die federasies betrokke begin raak het – in Kenia was daar

byvoorbeeld ’n toename van gemiddeld 2 000 tot 20 000

toeskouers per wedstryd.

deel te neem en het vennootskappe met onder

meer Unicef en die departemente van basiese

onderwys en sport en ontspanning aangegaan.

Tydens die 2010-Fifa-wêreldbekertoernooi het

Let’s Play met die plaaslike organiseringskomitee

en die departement van basiese onderwys

saamgespan om die My 2010 Schools

Adventure-program aan te bied, waarby 7 500

skole betrek is. Deur die Let’s Play a Million-

projek is 220 000 sokkerballe aan skole en

gemeenskappe in die hele land versprei.

In vennootskap met die ministeries van

onderwys in Afrika-lande, het MultiChoice

hulpbronsentrums as ’n leerhulpmiddel vir

leerders gevestig in skole met ’n tekort aan

hulpbronne. Daar word nou 900 van hierdie

sentrums in 28 lande bedryf – 172 nuwe

sentrums is die afgelope fi nansiële jaar geopen.

Nie-fi nansiële oorsig Korporatiewe burgerskap (vervolg)

Page 39: Reik uit deur die internet, uitsendings en drukmedianaspers-reports.com/2011/afrikaans/downloads/03... · 2018-03-20 · ’n aanlynwinkelsentrum, SuperBuy. MIH het sy belang in suidoos-Asië

NASPERS- GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2011 79

DIE NASPERS-GROEP

PRESTASIE-OORSIG

KORPORATIEWEBESTUURSTOESIG

OPGESOMDEFINANSIËLEJAARSTATE

AANDEELHOUER-EN KORPORATIEWE

INLIGTING

MultiChoice voorsien en installeer dekodeerders,

televisies en DVD-opnemers.

Die DStv Education-boeket word kosteloos

aan MultiChoice-hulpbronsentrums verskaf. Die

boeket bestaan uit agt opvoedkundige kanale:

History, National Geographic, National

Geographic Wild, BBC World, BBC Knowledge,

Discovery, Mindset Learn en Animal Planet.

Hierbenewens word opvoeders in hierdie skole

opgelei om hierdie opvoedkundige programme

met leerplanne te integreer.

Media24 wil hê dat alle Suid-Afrikaners moet

kan lees. Daarom het die maatskappy in talle

projekte belê wat opvoed, ophef en ontwikkel,

veral ten opsigte van geletterdheid. Media24

het die afgelope jaar sowat R13m in

gemeenskapsprojekte oor die hele Suid-Afrika

belê, met die fokus op welsyn, gesondheid en

onderwys. Verder het Media24 se koerante en

tydskrifte gratis redaksionele en advertensie-

ruimte beskikbaar gestel om bewustheid te skep

van en ondersteuning te werf vir ’n aantal

sosio-ekonomiese kwessies in die land.

Projek Begunstigdes

Literacy Move! Best Parent het met Project Literacy saamgespan om ’n reeks geletterdheids- en opleidingsprogramme vir volwassenes te ontplooi.

Volunteers24 Media24 se werknemervrywilligers het verskeie inisiatiewe ondersteun, waaronder die opknapping van preprimêre en laerskoolklaskamers in die Wes-Kaap en Gauteng. Bewustheids- en geldinsamelings-veldtogte het die Nasionale Kankervereniging, Hart- en Beroerte-stigting, Epilepsievereniging en Rooikruis vereniging ondersteun.

Rachel’s Angels Empowerment Trust Media24 se mentorskapprogram, Rachel’s Angels, is nou in sy vyfde jaar, met 20 deelnemende skole en 140 mentors van die Universiteit Stellenbosch wat as mentors optree en loopbaanadvies aan senior leerders van hierdie skole verskaf.

Page 40: Reik uit deur die internet, uitsendings en drukmedianaspers-reports.com/2011/afrikaans/downloads/03... · 2018-03-20 · ’n aanlynwinkelsentrum, SuperBuy. MIH het sy belang in suidoos-Asië

NASPERS- GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 201180

DIE NASPERS-GROEP

PRESTASIE-OORSIG

KORPORATIEWEBESTUURSTOESIG

OPGESOMDEFINANSIËLEJAARSTATE

AANDEELHOUER-EN KORPORATIEWE

INLIGTING

Nie-fi nansiële oorsig Korporatiewe burgerskap (vervolg)

Ondersteuning van die Internasionale Rooi Kruis-federasie en Rooi Sekel-verenigings vir voedselsekuriteitprogramme.

Oprig van ’n kostent by die weeshuis The House in Berea waar voedsame kos sowel as vaardigheidsontwikkeling verskaf word.

Finansiële steun en komberse wat aan The Haven Care Centre gegee is.

Borg van ’n voertuig vir Amado, ’n organisasie wat gestremde kinders deur terapie met behulp van diere bemagtig.

Skenking van skoolklere, skryfbehoeftes en kos aan Prissked Charities.

Ondersteuning van Carel du Toit-sentrum,

waar kinders met gehoorgestremdheid

versorg word.

Jaarlikse bydrae tot die Paarl Post

Kersfondsinsameling ten behoewe van die

Wes-Kaapse gemeenskapskas.

Subsidie vir drukwerk van die Vereniging vir

Blindes en Tsiba-kollege.

Hulp aan Monte Christo Ministries met

voeding skemas by skole, sopkombuise en

hospitale.

Volgehoue skenkings aan die Nasionale

Seereddingsinstituut en SOS Kinderdorp.

Paarl Media is op sowel maatskaplike as

omgewingsvlak aktief betrokke by sy

gemeenskappe. Van sy huidige projekte sluit die

volgende in:

Beurstrust van R10m wat op die been gebring is

vir voorheen benadeelde studente uit die

Paarl-gemeenskap.

Bystand aan die Miqlat-leersentrum in Paarl-Oos

met leer- en rekenaarhulpbronne.

Borg van die drukwerk van The Big Issue,

waarvan die verkopers hoofsaaklik werkloses uit

informele nedersettings in die buitewyke van

Kaapstad is.

Page 41: Reik uit deur die internet, uitsendings en drukmedianaspers-reports.com/2011/afrikaans/downloads/03... · 2018-03-20 · ’n aanlynwinkelsentrum, SuperBuy. MIH het sy belang in suidoos-Asië

NASPERS- GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2011 81

DIE NASPERS-GROEP

PRESTASIE-OORSIG

KORPORATIEWEBESTUURSTOESIG

OPGESOMDEFINANSIËLEJAARSTATE

AANDEELHOUER-EN KORPORATIEWE

INLIGTING

TEN BATE VAN DIE GEMEENSKAPMultiChoice reik uit na die plaaslike

gemeenskappe waarin hy bedrywig is en

ondersteun inisiatiewe soos skenkings vir

rampverligting in Uganda, vir die slagoffers van

modderstortings in die ooste van die land, en

die boeredag-vierings in Ghana.

In Nigerië ondersteun MultiChoice die

sekelsel-stigting. Ons voorsien voertuie en

promosie-ondersteuning vir die stigting deur ons

platform te gebruik om bewustheid van die

siekte te skep en inligting oor behandeling te

verskaf.

Waardevolle werk word ook gedoen in van

die ondernemings waarin ons

minderheidsbelange het.

Vennootskap met die Paarlberg-projek om

werkgeleenthede te skep deur indringerplante

in die omgewing uit te roei.

Finansiële bystand aan Helping Hand SA, ’n

sendingorganisasie wat kos, klere en ander

middele aan armes uitdeel.

Nasionale sekelsel-sentrum in Lagos

Page 42: Reik uit deur die internet, uitsendings en drukmedianaspers-reports.com/2011/afrikaans/downloads/03... · 2018-03-20 · ’n aanlynwinkelsentrum, SuperBuy. MIH het sy belang in suidoos-Asië

NASPERS- GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 201182

DIE NASPERS-GROEP

PRESTASIE-OORSIG

KORPORATIEWEBESTUURSTOESIG

OPGESOMDEFINANSIËLEJAARSTATE

AANDEELHOUER-EN KORPORATIEWE

INLIGTING

Nie-fi nansiële oorsig Korporatiewe burgerskap (vervolg)

Tencent se liefdadigheidstigting het bykans

RMB10m (R10,4m) geskenk vir die oprigting van

skoolgeboue, koshuise en ander infrastruktuur

om die gehalte van plaaslike opvoeding en

skooltoestande in arm streke te verbeter.

Werknemers van Tencent het ’n

vrywilligervereniging gestig wat tans meer

as 1 000 lede het, onder wie middel- en

topbestuur onder leiding van die uitvoerende

hoof, en die ruggraat van verskeie afdelings.

Hulle gebruik hul vrye tyd om projekte uit te

voer wat deur die Tencent-liefdadigheidstigting

gefi nansier word. Dit sluit projekte vir

opvoedkundige ontwikkeling en die ontwikkeling

van universiteitstalent in. Ander aktiwiteite sluit

bystand aan bejaardes, opleiding in veilige

internetnavigasie vir jongmense, en die skenking

van klere aan rampgebiede in.

In die Filippyne het Sulit aangesluit by Bayan-

Anihan (’n gemeenskapsoes-beweging), ’n

vennootskap tussen die departement van

landbou en Gawad Kalinga, ’n organisasie wat

Page 43: Reik uit deur die internet, uitsendings en drukmedianaspers-reports.com/2011/afrikaans/downloads/03... · 2018-03-20 · ’n aanlynwinkelsentrum, SuperBuy. MIH het sy belang in suidoos-Asië

NASPERS- GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2011 83

DIE NASPERS-GROEP

PRESTASIE-OORSIG

KORPORATIEWEBESTUURSTOESIG

OPGESOMDEFINANSIËLEJAARSTATE

AANDEELHOUER-EN KORPORATIEWE

INLIGTING

bied, wat deur promosiebemarking en

werknemervrywilligers ondersteun word.

Ricardo het ook geldinsameling vir die

internasionale Rooi Kruis ondersteun.

Kunswerke deur bekendes, met ’n rooi kruis

daarin, is op www.ricardo.ch opgeveil. Dié

projek het die gesogte Swiss Dialogue

Marketing-prys vir 2011 ontvang.

armoede probeer bestry. Hierdie beweging fokus

op die dringende kwessie van hongersnood in

die Filippyne. Om sy vierde bestaansjaar te vier,

het Sulit die SULITulungan-projek georganiseer –

23 werknemers en ongeveer 40 lede van die

Sulit-gemeenskap het ’n plaas aan die gang

gekry om aan gesinne van ’n dorpie in die

Laguna-streek ’n volhoubare bestaan te bied.

LevelUp! gebruik elke jaar virale bemarking en

die ondersteuning van beroemdes om speletjie-

entoesiaste aan te moedig om bloed te skenk,

as deel van sy Life Quest-projek in samewerking

met die Apro Sangue-instituut. Om boomdag

te vier, bied LevelUp! ’n vasvra op sy webwerf

aan, en spelerdeelname ondersteun die

maatskappy se skenking van sowat 200 bome

aan Tropical Flora.

OLX in Argentinië het ’n rekenaarskenkings-

program om skole, liefdadigheidsorganisasies en

organisasies sonder winsbejag (OSW’s) in hul

fokus op onderwys te help. Twaalf organisasies

het baat gevind by skenkings van rekenaars en

skootrekenaars wat in ’n goeie toestand is.

Verder ondersteun OLX talle OSW’s wat op

onderwys, geletterdheid, kwesbare kinders en

persone met gestremdhede fokus.

Ricardo neem deel aan die grootste geldinsameling

insameling in Switserland, Jeder Rappen zählt

(elke jaar voor Kersfees gehou), deur

liefdadigheidsveilings op www.ricardo.ch aan te

Ons streef ’n beseringvrye werkomgewing na.

Ons doen gesondheids- en veiligheidsrisiko-

evaluerings by ons fasiliteite, wat deur

opleiding ondersteun word.

Ons monitor bestuur se aksies deur

operasionele, interne en eksterne oudit- en

verslagdoening.

’n Gesonde werksmag dra by tot sakesukses.

Verskeie van ons ondernemings bied mediese

hulp- en welstandprogramme aan hul

personeel.

Gesondheid en veiligheid

Page 44: Reik uit deur die internet, uitsendings en drukmedianaspers-reports.com/2011/afrikaans/downloads/03... · 2018-03-20 · ’n aanlynwinkelsentrum, SuperBuy. MIH het sy belang in suidoos-Asië

NASPERS- GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 201184

DIE NASPERS-GROEP

PRESTASIE-OORSIG

KORPORATIEWEBESTUURSTOESIG

OPGESOMDEFINANSIËLEJAARSTATE

AANDEELHOUER-EN KORPORATIEWE

INLIGTING

Nie-finansiële oorsig Gesondheid en veiligheid (vervolg)

DIE WERKPLEKDie behoud van ’n gesonde, veilige

werkplek in sowel administratiewe as

produksiefasiliteite geniet voorkeur. Ons

streef die laagste moontlike koers vir beserings

aan diens na. Waar nodig, verseker

gesondheids- en veiligheidskomitees – wat uit

verantwoordelike, opgeleide individue bestaan

– regulatoriese voldoening. Geskikte mediese

nood- en rampherstelplanne is vir die bedryf van

die ondernemings ontwikkel.

Jaarlikse oudits of evaluerings van beroeps -

gesondheids- en veiligheids risikobeheer word

deur bedryfsentiteite in die hele groep uitgevoer

en waar nodig word verbeterings aangebring.

Belangrike sake word by Naspers se risiko-

komitee aangemeld en deur die komitee

gemonitor.

Media24 se verspreidingsonder neming

en drukkerye maak op groot skaal

gebruik van kontrakteurs en

organiseerders. Die meeste kom uit

voorheen benadeelde gemeenskappe en kry

opleiding by Media24 om hul werk veilig en

doeltreffend te kan uitvoer. Weens die aard van

die drukkery-onderneming, wat verspreidings-

netwerke en drukkeryfasiliteite besit en bedryf,

is dit die area in die Naspers-groep met die

grootste inherente risiko vir beserings aan diens.

MONITERINGMedia24 se veiligheids-, gesondheids- en

omgewingskomitee, ’n subkomitee van die

direksie, monitor verwante kwessies in die

Media24-groep. Media24 en MultiChoice

doen jaarliks gesondheid-, veiligheid- en

omgewingsoudits en gaan geboue na om

voldoening te verseker. Beserings aan diens

word streng gemonitor.

Die brand by Paarl Print in April 2009 het

tragies tot 13 sterftes en ernstige beserings aan

vier mense gelei. Dit was die ergste voorval in

die groep se geskiedenis. Ons betreur hierdie

lewensverlies en beserings en ons dink steeds

aan daardie gesinne. Groep maatskappye het die

gesinne finansieel bygestaan en amper R7m

uitbetaal. ’n Formele ondersoek na die brand by

Paarl Print, ingevolge artikel 32 van die Wet

op Beroeps gesondheid en Veiligheid, is in

Junie 2010 afgehandel. ’n Verslag is

ingevolge artikel 32 van die wet

opgestel en op grond van inligting wat

Page 45: Reik uit deur die internet, uitsendings en drukmedianaspers-reports.com/2011/afrikaans/downloads/03... · 2018-03-20 · ’n aanlynwinkelsentrum, SuperBuy. MIH het sy belang in suidoos-Asië

NASPERS- GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2011 85

DIE NASPERS-GROEP

PRESTASIE-OORSIG

KORPORATIEWEBESTUURSTOESIG

OPGESOMDEFINANSIËLEJAARSTATE

AANDEELHOUER-EN KORPORATIEWE

INLIGTING

van die departement van arbeid ontvang is, word

verwag dat die verslag binne die afsienbare

toekoms beskikbaar gestel sal word. Nader

inligting dui daarop dat die verslag na die

nasionale vervolgingsgesag verwys is vir verdere

aksie. Wanneer die verslag beskikbaar gestel

word, is dit moontlik dat derde partye siviele eise

teen die maatskappy kan instel. Paarl Print se

blootstelling in hierdie verband behoort ná die

versekeringsterug betaling nie beduidend te wees

nie. Ons het die

gesinne ook gehelp

om eise ingevolge die

Wet op Vergoeding vir

Beroeps beserings en

-siektes van 1993 in

te dien.

WELSTANDVerskeie welstand-

programme word deur

die groep se fi liale

bedryf in ’n voor-

komende benadering

tot werknemers se

gesondheid. Dit wissel

van programme om op

te hou rook, tot MIV/vigs-toetse. Drywers

en personeel wat aan geraas blootgestel

word, ondergaan gereeld mediese, oog- en

gehoortoetse. Professionele en onafhanklike

psigososiale ondersteuning word aan

personeel in die ondernemings verskaf.

MultiChoice bied ’n reeks welstand- en

gebalanseerde leefstyldienste aan alle

werknemers op die perseel, en ’n Montessori-

kleuterskool vir sy werknemers in Randburg.

Media24 het ’n welstandsentrum by sy

kantore in Kaapstad en by sekere drukkerye.

Gesondheidsdienste sluit toetse in vir hoë

bloeddruk en diabetes, gratis MIV/vigs-berading

en -toetsing, en ’n aantal risikobeheer-

programme. Deurlopende

welstandondersteuning

word deur mobiele klinieke

regdeur die maatskappy

verskaf.

MIV/VIGSOns is deeglik bewus van

die MIV/vigs-pandemie in

Afrika en die maatskaplike

en ekonomiese implikasies

hiervan. Omvattende

programme in Media24,

MultiChoice Suid-Afrika en

MultiChoice in Afrika suid

van die Sahara buite

Suid-Afrika behels die

volgende:

inligtings- en

bewusmakingsveldtogte

vrywillige gratis toetsing

gratis berading, en

omvattende mediese

behandelingsprogramme.

Page 46: Reik uit deur die internet, uitsendings en drukmedianaspers-reports.com/2011/afrikaans/downloads/03... · 2018-03-20 · ’n aanlynwinkelsentrum, SuperBuy. MIH het sy belang in suidoos-Asië

NASPERS- GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 201186

DIE NASPERS-GROEP

PRESTASIE-OORSIG

KORPORATIEWEBESTUURSTOESIG

OPGESOMDEFINANSIËLEJAARSTATE

AANDEELHOUER-EN KORPORATIEWE

INLIGTING

Deur verbetering en volhoubare tegnologiese vernuwing, streef Naspers om oplossings te skep wat sy omgewingsimpak tot die minimum beperk.

Omgewing

HOE ONS DIT DOEN Ons doen risiko-evaluerings om

werksaamhede te identifi seer waar ons direkte

impak op die omgewing die beduidendste is.

Ons probeer gevorderde tegnologie aanwend

om die impak op die omgewing te verminder.

Ons drukkerye gebruik toonaangewende

uitlatingverminderingstegnologie om uitlatings

tot die minimum te beperk en op

verantwoordelike wyse van afval ontslae

te raak.

Ons monitor omgewingsnakomingstandaarde

by ons fasiliteite en neem deel aan derdeparty-

opnames.

Ons meet en doen verslag oor ons

koolstofvoetspoor.

Ons reageer op situasies waar werksaamhede

’n negatiewe uitwerking op die omgewing het.

Ons gebruik omgewingsvolhoubare hulpbronne

om aan ons bedryfsbehoeftes te voldoen,

en bewaar onhernubare natuurlike bronne.

Waar moontlik, gebruik ons

omgewingsverantwoordelike energiebronne,

belê in die verbetering van energie-

doeltreffendheid en ontwerp

energiedoeltreffende fasiliteite.

Ons probeer ons verskaffers oortuig om ’n

soortgelyke benadering met die lewering van

materiaal en dienste te volg.

Naspers se Suid-Afrikaanse werksaamhede het

hul bruto koolstofvoetspoor met betrekking tot

bestek 1- en 2-uitlatings vir die tweede jaar

agtereenvolgens ooreenkomstig die Greenhouse

Gas (GHG)-protokol gemeet.

Elektrisiteit bly die grootste bydraer tot direkte

uitlatings. Aangesien steenkool, wat

DIE GREENHOUSE GAS PROTOCOL (GHG-PROTOKOL) is ’n maatstaf wat deur ondernemings en regerings gebruik word.

Dié standaard is in 2001 gesamentlik deur die World Resources

Institute en die World Business Council for Sustainable Develop-

ment ingestel nadat hulle ’n behoefte geïdentifi seer het aan ’n

konsekwente maatstaf wat organisasies kon gebruik om uitlatings

te meet en te verantwoord.

Nie-fi nansiële oorsig (vervolg)

Page 47: Reik uit deur die internet, uitsendings en drukmedianaspers-reports.com/2011/afrikaans/downloads/03... · 2018-03-20 · ’n aanlynwinkelsentrum, SuperBuy. MIH het sy belang in suidoos-Asië

NASPERS- GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2011 87

DIE NASPERS-GROEP

PRESTASIE-OORSIG

KORPORATIEWEBESTUURSTOESIG

OPGESOMDEFINANSIËLEJAARSTATE

AANDEELHOUER-EN KORPORATIEWE

INLIGTING

’n hoër uitlatingskoers het, Suid-Afrika se

hoofbron van elektrisiteit is, is elektrisiteit vir

100% van bestek 2-uitlatings verantwoordelik

(95% van totale uitlatings).

Deurlopende voorsiening van goeie gehalte

elektrisiteit is uiters belangrik vir die

voortsetting van ons bedrywighede. Die groep

het kragopwekkers by sekere fasiliteite

geïnstalleer om deurlopende elektrisiteit-

voorsiening te verseker en dus die risiko van

ontwrigtings te beperk.

Die bruto koolstofvoetspoor (bestek 1 en 2)

is 141 081 ton Co2e (2010: 129 760 ton

Co2e). Die groep het direkte uitlatings by

sowat 12 plekke regoor Suid-Afrika gemeet en

sal in die komende jaar fokus op die verfyning

van die proses om volledige datareekse in te

samel. Die drukkerye dra 59% tot die groep

se totale koolstof-uitlatings by.

Ons gebruik van elektrisiteit het die afgelope

jaar met 9% afgeneem, terwyl die GHG-

uitlatingsfaktor vir elektrisiteit met 10% gestyg het.

131 522 859kWh

Suid-Afrikaanse ondernemings

Bestek 1 CO2 ton

Elektrisiteit gebruik

Bestek 2 CO2 ton

119 833 655

6 655 7 389

2010 2011

133 692

123 105

Page 48: Reik uit deur die internet, uitsendings en drukmedianaspers-reports.com/2011/afrikaans/downloads/03... · 2018-03-20 · ’n aanlynwinkelsentrum, SuperBuy. MIH het sy belang in suidoos-Asië

NASPERS- GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 201188

DIE NASPERS-GROEP

PRESTASIE-OORSIG

KORPORATIEWEBESTUURSTOESIG

OPGESOMDEFINANSIËLEJAARSTATE

AANDEELHOUER-EN KORPORATIEWE

INLIGTING

KWEEKHUISGASSEIn MultiChoice en Media24 is ’n aantal Think

Green-inisiatiewe van stapel gestuur om ons

koolstofvoetspoor te verminder en die

volhoubaarheidsveldtog te ondersteun.

Inisiatiewe vir groter energiedoeltreffend-

heid wat die afgelope jaar begin is, sluit in:

installering van beweging-geaktiveerde ligte

opknapping van lugversorgers om

elektrisiteitsverbruik te verminder

konsolidasie van datasentrums, en

outomatiese slaapmodus van tafelrekenaars.

Afvalbestuursinisiatiewe het ingesluit:

instel van drukkers om outomaties bladsye

weerskante te druk en papierverbruik te

verminder, en

doeltreffender herwinning van

kantoorafval.

Uitreik-inisiatiewe na die gemeenskap is ook

van stapel gestuur:

installering van sonkrag-verkeersligte by die

MultiChoice-kampus in Randburg

installering van e-afvalhouers vir klante en

werknemers om op ’n veilige manier van

verouderde elektroniese toestelle soos

dekodeerders, afstandbeheerkonsoles,

rekenaars ensovoorts, ontslae te raak

Allegro in Pole het verskeie inisiatiewe

aangepak deur sy All For Planet Foundation

(www.allforplanet.pl), wat bedoel is om die

plaaslike gemeenskap deur bewusmaking te

help om ’n groener land na te streef, en ook

deur sekere omgewingsbeleggings aan te

gaan.

Naspers se bedrywighede is uiteenlopend en

wissel van drukkerye tot transaksie-

internetplatforms wat vermaak of produkte

aanbied. Elke tipe onderneming het ’n unieke

uitwerking op die omgewing, wat verskillende

maatreëls verg om hierdie impak te beperk.

Kweekhuisgasse

Nie-finansiële oorsig Omgewing (vervolg)

Verminder jou koolstofvoetspoor

Verspreiding

Drukfasiliteite

Kantoorgeboue

38%

3%

59%

Page 49: Reik uit deur die internet, uitsendings en drukmedianaspers-reports.com/2011/afrikaans/downloads/03... · 2018-03-20 · ’n aanlynwinkelsentrum, SuperBuy. MIH het sy belang in suidoos-Asië

NASPERS- GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2011 89NASPERS- GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2011

DIE NASPERS-GROEP

PRESTASIE-OORSIG

KORPORATIEWEBESTUURSTOESIG

OPGESOMDEFINANSIËLEJAARSTATE

AANDEELHOUER-EN KORPORATIEWE

INLIGTING

DrukfasiliteitePaarl Media se papierverskaffers is in Suid-Afrika

en Europa gesetel en hulle ondersoek

voortdurend opsies om die impak op die

omgewing te beperk en terselfdertyd te verseker

dat gehaltepapier produkte in ons publikasies

gebruik word.

Paarl Media is die eerste drukkery-onder-

neming in Afrika wat die Forest Stewardship

Council (“FSC”) se bewaringskettingsertifisering

ontvang het. Dit is ’n onafhanklike internasionale

verifikasie dat gedrukte produkte vanaf hul

oorsprong tot verantwoordelike, goed bestuurde

bosbou-, beheerde en herwonne bronne

nagespoor kan word.

Paarl Media bied klante ’n omgewings-

volhoubare papierreeks en het die voortou

geneem in die Suid-Afrikaanse drukkerybedryf

deur die impak van drukproduksieprosesse op

natuurlike hulpbronne te erken en praktyke in

te stel om uitlatings uit te skakel. Die Paarl

Media-groep spits hom toe op vermindering,

en alle papier wat nie as deel van die gedrukte

produk verkoop word nie, word herwin en aan

Mondi verskaf. Toerusting in die opgegradeerde

Paarl Media Cape-drukkery verseker dat

stofdeeltjies afkomstig van die drukproses

versamel en herwin word.

Media24 se hoofprodukte is boeke, tydskrifte

en koerante. Die maatskappy herwin alle

onverkoopte tydskrifte en koerante en gebruik sy

tydskrifte en koerante as platforms om lesers in

te lig en te help om hul impak op die omgewing

te verminder.

BetaaltelevisieDekodeerders word verkry van erkende verskaffers

wat ’n verbintenis het tot omgewingsbeskerming.

Insiggewende programme verseker dat kykers

ingelig en aangemoedig word om hul

onmiddellike omgewing te beskerm.

InternetInternetplatforms soos Allegro gaan ekonomies

te werk. Hul kernbesigheid sluit aanlynkopies van

tweedehandse goedere in.

Bydraes word ook gelewer in sekere

maatskappye waarin ons minderheidsbelange

het. Tencent se vrywilligervereniging, met meer

as 1 000 werknemers as lede, het die afgelope

vyf jaar al talle boomplantgeleenthede gehou om

Tencent Green Forests uit te brei. Tencent-

vrywilligers het al meer as 1 000 bome geplant.

Die omgewingsimpak van ons internasionale

ondernemings is hoofsaaklik tot die gebruik van

elektrisiteit beperk.

Page 50: Reik uit deur die internet, uitsendings en drukmedianaspers-reports.com/2011/afrikaans/downloads/03... · 2018-03-20 · ’n aanlynwinkelsentrum, SuperBuy. MIH het sy belang in suidoos-Asië

NASPERS- GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 201190

DIE NASPERS-GROEP

PRESTASIE-OORSIG

KORPORATIEWEBESTUURSTOESIG

OPGESOMDEFINANSIËLEJAARSTATE

AANDEELHOUER-EN KORPORATIEWE

INLIGTING

Nie-finansiële oorsig Omgewing (vervolg)

GEVALLESTUDIE: ALL FOR PLANET FOUNDATION

Allegro het in November 2008 sy All For Planet

Foundation gestig om gemeenskappe aan te moedig

om elke dag bewaringsbewus te wees. Dit kombineer

ekologie met ontwerp en musiek om

openbare ruimtes nuwe lewe te gee deur

volhoubare ontwerp en stedelike vervoer:

Bicycle racks ondersteun die konsep

van volhoubaarheid deur:

fietse as omgewingsvriendelike

vervoermiddel te bemark

ontwerp en bruikbaarheid te

kombineer

openbare mening en dialoog oor

stedelike vervoer aan te moedig

talentvolle jong Poolse ontwerpers

te ondersteun, en

’n unieke benadering tot

ekologieprojekte in Pole te bied.

Green backyards is ’n inisiatief wat

plaaslike gemeenskappe aanmoedig

om iets vir die ekologie-inisiatief te doen,

deur klein te begin en hul eie agterplase

te verander. Allegro kies elke jaar vyf

agterplase uit honderde inskrywings van

regoor die land.

Recycling music skep

musiekinstrumente uit gebruikte advertensiemateriaal en

houtvate. Die inisiatief het onlangs erkenning van Guinness

World Records ontvang vir die grootste orkes wat op herwonne

instrumente gespeel het by die XVI Woodstock-fees.

Page 51: Reik uit deur die internet, uitsendings en drukmedianaspers-reports.com/2011/afrikaans/downloads/03... · 2018-03-20 · ’n aanlynwinkelsentrum, SuperBuy. MIH het sy belang in suidoos-Asië

NASPERS- GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2011 91

DIE NASPERS-GROEP

PRESTASIE-OORSIG

KORPORATIEWEBESTUURSTOESIG

OPGESOMDEFINANSIËLEJAARSTATE

AANDEELHOUER-EN KORPORATIEWE

INLIGTING

Die groep het die afgelope jaar geen beduidende

boetes vir nie-voldoening ontvang nie.

Omdat MultiChoice in ’n hoogs gereguleerde

omgewing in Suid-Afrika sake doen, is

nakoming belangrik. Die maatskappy neem

deel aan die regulatoriese proses wat die

kommunikasiebedryf raak, deur aan verskeie

openbare forums en debatte deel te neem

en insette te lewer oor die formulering van

standaarde en strategieë vir hierdie bedryf.

Regulatoriese omgewing en boetes

MultiChoice en M-Net het boetes van die

selfregulerende liggaam, die Uitsaaiklag-

tekommissie van Suid-Afrika, ontvang in

verband met verkeerde skedulering van inhoud.

Dit was as gevolg van menslike foute en stappe

is gedoen om dit reg te stel.

Daar was in die afgelope jaar geen

omgewingsongelukke nie en geen omgewings-

verwante boetes is deur enige owerheid opgelê

nie. Die groep sal voortgaan om sy prosesse vir

die bestuur van sy omgewingsimpak te verfyn.

PryseVan die belangrike pryse wat deur ons groepmaatskappye ontvang is:

ibibo

Star Youth Icon-prys by die derde Global Youth Marketing

Awards 2011 vir bydraes tot die jeug.

Media24 Koerante

Nasionale Persklub se 2010 redakteur van die jaar:

City Press se hoofredakteur, Ferial Haffajee.

Media24 Tydskrifte

Uitnemende prestasie by jaarlikse Pica-pryse:

SARIE – Michélle van Breda, redakteur van die jaar

SARIE – verbruikerstydskrif van die jaar

Woolworths TASTE – uitgegee deur New Media Publishing in

opdrag van Woolworths – klantetydskrif van die jaar.

Page 52: Reik uit deur die internet, uitsendings en drukmedianaspers-reports.com/2011/afrikaans/downloads/03... · 2018-03-20 · ’n aanlynwinkelsentrum, SuperBuy. MIH het sy belang in suidoos-Asië

NASPERS- GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 201192

DIE NASPERS-GROEP

PRESTASIE-OORSIG

KORPORATIEWEBESTUURSTOESIG

OPGESOMDEFINANSIËLEJAARSTATE

AANDEELHOUER-EN KORPORATIEWE

INLIGTING

Nie-fi nansiële oorsig Pryse (vervolg)

DIE NASPERS-GROEP

PRESTASIE-OORSIG

KORPORATIEWEBESTUURSTOESIG

OPGESOMDEFINANSIËLEJAARSTATE

AANDEELHOUER-EN KORPORATIEWE

INLIGTING

Paarl Media ● Eerste Afrika-lid wat tot die internasionale WAN/IFRA Quality Club

toegelaat is

● Erkenning deur Mondi en Sappi vir drukwerk.

NB Uitgewers● Hertzog-prys vir fi ksie – 30 Nagte in Amsterdam deur

Etienne van Heerden (Tafelberg)

● Universiteit van Johannesburg se debuutprys vir

kreatiewe skryfwerk – Plaasmoord deur Karin Brynard

(Human & Rousseau)

● Universiteit van Johannesburg se prys vir kreatiewe

skryfwerk – Reisiger deur Elsa Joubert (Tafelberg)

● Alba Bouwer-prys vir kinderliteratuur – In die nimmer-immer-bos deur

Linda Rode, geïllustreer deur Fiona Moodie (Tafelberg)

● Commonwealth Writers’ Prize vir die beste boek in die Afrika-streek –

The Double Crown deur Marié Heese.

SuperSport ● Let’s Play is by die bekendstelling van die Virgin Active sportbedryf-

pryse aangewys as Suid-Afrika se beste inisiatief vir maatskaplike

verantwoordelikheid in sport.

MultiChoice● Orange Indeks-pryse – eerste in telekommunikasiesektor en algeheel

vierde (evaluering van alle maatskappye wat klantediens lewer)

● Vier Loerie-pryse (evaluering van kreatiewe reklame in alle media, soos

beoordeel deur ’n paneel van kundiges)

● Eerste in FinWeek se radioveldtog van die jaar (evaluering van reklame

op radio, soos beoordeel deur ’n paneel van kundiges)

● 21 Generation X Top Teas (navorsing oor alle Suid-Afrikaanse

handelsmerke)

● 12 Afrika Promax-pryse (Afrika: kreatiewe uitsaaibemarking)

● Vier internasionale Promax-pryse (Internasionaal: kreatiewe

uitsaaibemarking)

● Eerste en gesamentlik tweede in Millward Brown (navorsingsmaatskappy)

se tien gewildste Suid-Afrikaanse televisie-advertensies.