-
Na die suksesvolle aanbieding en opleiding van die Doen en
Leer-leesprogram aan Prins Albert grondslagfaseopvoeders in 2018,
het ’n groepie passievolle boekfluisteraars Prins Albert weer in
April 2019 besoek.
Wat vroeë kinderontwikkeling met die doel op skoolgereedheid en
leesvaardigheidsontwikkeling van grondslagfase-leerders betref, het
dinge op Prins Albert beter begin lyk as met die vorige besoek.
Daar is intussen bewerkstellig dat daar twee oggende per week,
onder leiding van drie vrywilligers, aan kleuters en voorskoolse
kinders by die POP (Path out of Poverty)-sentrum in Noordeind
aktiwiteite aangebied word. Aangesien hierdie vrywilligers ook die
Doen en Leer-kursus bygewoon het en lede van ’n nuutgestigte
dagmoeder-leesfokusgroep is, was dit duidelik dat hulle harte op
die regte plek is.
’n Voorleeswerkswinkel is derhalwe die oggend van 25 April in
die POP-sentrumsaal deur Chareldine van der Merwe van Vriende van
Afrikaans aangebied. Die werkswinkel is deur vrywillige dagmoeders
en verteenwoordigers van die twee kleuterskole, Sonneblom en
Bambinos, (en lede van die ATKV-tak) bygewoon terwyl die kleuters
deur besoekende vrywilligers met speelgoed en stories vermaak is.
In haar werkswinkel het Chareldine beklemtoon dat alle leerprosesse
tuis begin en dat die belangrikheid van voorlees vir kinders nooit
onderskat mag word nie. Lees is aangeleerde gedrag en voor die kind
kan leer lees moet fondamente vir lees dus eers vasgelê word. Deur
vir ’n kind voor te lees, leer hy/sy byvoorbeeld onwillekeurig
onder meer spelling, dat daar van links na regs en van bo na onder
gelees word, van empatie, emosies en verbeelding. Leesvaardighede
word dus vasgelê nog voor kinders leer lees. Om deur ’n boek te
blaai, word midlynkruising boonop aangespreek. Chareldine het
afgesluit met ’n paar boekvoorbeelde vir die teikengroep en ook die
belangrikheid van die regte leesmateriaal beklemtoon. Kopieë van
Stories vir Pikkies en Peuters en Liedjies vir Pikkies en Peuters
van Gertie Smit en uitgegee deur Tafelberg is ook aan ’n paar
dagmoeders uitgedeel. Die stories en
rympies in Pikkies en Peuters/Kinders en Kleuters-reeks sluit
aan by die Nasionale Kurrikulumraamwerk en bevat ook ’n
gebruikersgids en kan dus ideaal as addisionele hulpbron aangewend
word.
Hierna is die boekfluisteraars na die laerskool. Terugvoer van
onderwysers wat die opleiding byge-woon het in Desember en
sedertdien die Doen en Leer-program gebruik het, was baie positief.
Nicolette van den Heever van Doen en Leer het dié keer ’n
opvolgwerkswinkel aangebied waarin sy spesifiek leerondersteuning
aan die hand van kinderontwikkeling aangespreek het.
Die sessie is weer deur 27 grondslagfase-onderwysers en
leerondersteuningspersoneel van Prins Albert- en Leeu Gamka Primêr,
sowel as dagmoeders by-gewoon. Nicolette het beklemtoon dat daar
nie in ontwikkelingsprobleem-etikette soos disleksie,
aan-dagafleibaarheidsindroom en fetale alkoholsindroom vas- gestaar
moet word nie, maar dat daar eerder op die KIND gefokus moet word.
Nuttige advies aan die hand van voorbeelde is bespreek met inagname
van neuro-ontwikkeling vir leer- en lees-gereedheid. Aan die einde
van die opwindende sessie, is nog Doen en Leer-werkboeke deur
Chareldine uitgedeel wat deur middel van ‘n skenking deur die
Afrikaanse Onderwysnetwerk moontlik gemaak is.
Nuusbrief van die Vriende van Afrikaans
Jaargang 24: Nommer 3: Junie 2019
Projek Prins Albert
-
Bladsy 2Junie 2019
Die twee skole het elk 120 boeke in totaal ontvang. Kopieë van
Stories vir Pikkies en Peuters en Liedjies vir Pikkies en Peuters
is ook aan Graad R-onderwysers, leer-ondersteuningspersoneel en die
biblioteek verskaf met verdere titels en meer kopieë in die
vooruitsig.
Wat die beskikbaarheid van gepaste leesmateriaal betref, het
Chareldine reeds in 2018 aan Prins Albert Laerskool en die twee
kleuterskole in die gemeenskap boektrommels oorhandig. Die
bibliotekaresse van die laerskool het bevestig dat dié boeke ’n
groot verskil gemaak het, maar genoem dat daar steeds leemtes, wat
betref gepaste leesmateriaal vir beginnerlesers en jeugfiksie en
kurrikulumrelevante vakliteratuur in haar biblioteekversameling,
is. Idees rondom aansporingsmetodes om kinders vir ontspanning én
met begrip te laat lees, is ook bespreek.
Dit lyk beslis asof die gemeenskap van Prins Albert hande vat om
’n verskil in die toekoms van die kinders in hulle omgewing te
maak.
– Magdel Vorster en Chareldine van der Merwe
Ceres kry trommels vol boeke en opleidingOns samewerking met die
Erfenisafdeling en die ATKV-tak Witzenberg in Ceres het goeie
vrugte afgewerp. In Februarie 2019 was ons jaarlikse Johan
Combrink-gedenklesing ook hier gehou met dr Christa van Louw as
spreker. Na ‘n baie suksesvolle gedenklesing gesels ons met
verskeie rolspelers in Ceres, onder andere skoolhoofde wat hul
behoeftes en uitdagings rondom lees en die tekort aan boeke
uitspreek. Dr Vernita Beukes (US: Taalsentrum), wat in samewerking
met die VVA ons voorleesprojek in Stellenbosch en omgewing aanbied,
vertel ons ook van ‘n kleuterskool (Kleinebegin Bewaarskool en
Nasorg) in Ceres wat ‘n groot behoefte aan boeke het.
Ons kon deur middel van ‘n skenking deur ‘n Familie Trust van
Kaapstad fondse bekom om nog agt mense op te lei in die Doen en
Leer leesprogram om leesondersteuning te kan gee. Behalwe vir die
opleiding kon die skole ook pakkette, en boeke vir 50 leerders
ontvang. Die skole, Kleinbegin Bewaarskool, Boy Müller- en Bo-Plaas
Primêr ontvang ook elk ‘n trommel vol boeke, alles te danke aan die
skenking.
Die opleiding was aangebied deur Dokka Swart en Chareldine van
der Merwe het bo op die berg in die Koue Bokkeveld in Ceres
plaasgevind op 16 Mei 2019. Die skole is baie dankbaar vir die
geleentheid en die boeke wat hulle ontvang het en die opvoeders kan
nie wag om die boeke aan die leerders te wys en te begin lees
nie.
Boplaas Primêr in Ceres ontvang ‘n boektrommel
Leerders van Boplaas Primêr geniet hulle leesboeke
Boy Müller in Ceres ontvang ‘n boektrommel
-
Danksy die inisiatief van ’n wyksraadslid van Bonnievale is die
ATKV-Kopskuifprogram nou in die Langebergarea bekendgestel – ’n
eerste in dié streek.
Mnr. JJ Januarie, ook die voorsitter van die Langeberg
Alumni-fonds, het van die ATKV-Kopskuifprogram te hore gekom en
dadelik vir Melvina Mason Hearne, projekorganiseerder, gekontak om
’n verskil in die streek te kom maak.
“Daar is ’n groot behoefte aan die opleiding van beheerrade en
die leerders in ons gebied het beslis ’n kopskuif nodig om
bestaande gemeenskapsuitdagings die hoof te bied,” sê hy.
So gesê, so gedaan. Die bekendstelling van die
ATKV-Kopskuifprogram in die Langebergarea, in samewerking met die
onderwysdepartement werk-saam in die Kaapse Wynlanddistrik, het
verlede week by Christina’s Bistro op die Van Loveren-wynlandgoed
plaasgevind. Altesaam 12 skoolhoofde was saam met ander rolspelers
daar en dis duidelik dat hulle baie opgewonde oor dié
ontwikkelingsgeleentheid is.
Volgens Melvina word elke program uniek ontwerp om by die kring,
munisipale distrik of forum se behoeftes en die beskikbare
begroting te pas. Die doel van die projek is om opleiding en
ontwikkeling aan skoolgemeenskappe te bied.
“Ons wil onder meer met ATKV-Kopskuif skoolge-meenskappe met
lewensvaardighede toerus wat hulle in staat sal stel om
verantwoordelikheid te neem vir hul eie skoolomgewing en die
leerders se opvoeding,” sê sy.
Van die programme wat onder meer aangebied word, is:
• Opleiding vir die senior bestuurspan
• Motiveringsessies vir die opvoeders
• Motivering- en leerstrategiesessies vir die leerders
• Bemagtigingsessies vir die ouers
• Opleiding vir die beheerraadslede
• Opleiding vir die niedoserende en administratiewe
personeel
Die bekende “shack builder” Quinton Adams het as gasspreker by
die geleentheid opgetree.
“Ons moet ’n nuwe taal ontwikkel vir verandering in Suid-Afrika.
As ons ’n nuwe belewenis wil skep moet ons ’n nuwe taalgebruik
aanleer.”
Die Vriende van Afrikaans (VVA), ’n divisie van die ATKV, het
ook twee boektrommels aan onderskeidelik Buffelskloof SSKV en die
Primêre Skool Boesmansrivier.
Chareldine van der Merwe, projekbestuurder van die VVA, het ’n
voorleessessie by albei skole gedoen tydens die oorhandiging van
die boektrommels.
Vir meer inligting oor die ATKV-Kopskuifprogram kontak gerus vir
Melvina Mason Hearne by 021 854 3620 of [email protected].
– Melvina Mason Hearne, ATKV (onderwys)
Bladsy 3
Langebergarea maak ’n “kopskuif” saam met die ATKV
Junie 2019
Mandie Ehlers (ATKV) lees voor
Skole in die Langebergarea ontvang boektrommels
-
Bladsy 4
Elke kind wil lees! Dit was die tema van vanjaar se
VVA-Leeskonferensie te Eersterivier. Chareldine van der Merwe
(projekbestuurder VVA) het op hierdie tema besluit, omdat sy ervaar
dat elke kind die potensiaal toon om graag te wil lees. Hierdie
jaar was 45 onderwysers en ouers deel van hierdie geleentheid wat
aaangebied is by Eersterivier Sekondêre Skool. Die VVA poog om ‘n
liefde vir lees onder kleuters te kweek en kinders so vroeg as
moontlik aan boeke bloot te stel om ‘n liefde vir lees en boeke te
bevorder. Dit begin egter by die opvoeders en ouers. Ouers en
onderwysers wat vir kinders lees, ontwikkel kinders wat lees.
Die behoefte is geïdentifiseer vanuit gesprekke met Lukas
Hanekom en David Jantjies dat die mense van Eersterivier nie altyd
die geleentheid het om toegerus te word met kennis en hulpbronne om
hul werk te vergemaklik nie. Daarom is daar besluit om hierdie jaar
die Leeskonferensie in Eersterivier aan te bied.
Christien Neser (spraakterapeut, skrywer en leeskundige) was die
gasspreker by vanjaar se leeskonferensie. Sy het gesels oor die
inklusiewe klaskamer. Sy het raad gegee vir onderwysers wat ‘n kind
in die klas het met outisme of ouditiewe ver-steuring en ander
leeruitdagings. Sy het elke persoon teenwoordig toegerus met
“gereedskap” om daardie kind tot sy reg te laat kom, in ‘n
klaskamer vol ander maats.
Nog sprekers en vennote was onder andere LAPA Uitgewers,
Afrikaans.com, die AON en die SAOOT. Marita Nel (LAPA Uitgewers)
het bietjie meer vertel oor die fantastiese kinder-en jeugboeke wat
LAPA
uitgee. René Arendse (Afrikaans.com) se liefde en passie vir
Afrikaans en kinders is aansteelklik. Sy het uitgebrei oor
Afrikaans.com se projekte en ook die belangrikheid van
Moedertaalonderrig.
Die groot vraag is egter, wanneer begin ons vir ‘n kind voorlees
en hoe weet ons ‘n kind is gereed om self te lees? Wilna van
Rooyen, vroeë kinderontwikkelingspesialis (AON) het hierdie vrae
beantwoord in haar interessante aanbieding oor die belangrike
mylpale wat babas en kleuters moet bereik om lees moontlik te
maak.
Verder het Rozeldi Trollip (ATKV) ook meer uitgebrei oor die
ATKV en Moedertaalonderrig en Melinda van der Molen (afgetrede
bibliotekaresse) het almal op die punte van hulle stoele gehad met
haar voorleesvernuf. By die ATKV en VVA is die kwessie oor
moedertaalonderrig van kardinale beland. David Jantjies en Lukas
Hanekom (albei van SAOOT) is sterk spreekbuise oor hierdie kwessie.
Hulle fyn aanvoeling en ervaring is gedeel met almal
teenwoordig.
Tydens hierdie konferensie is die geleentheid ook gegee om vir
die gaste ‘n demonstrasie te doen oor die Doen en Leer program.
Dokka Swart het hierdie demonstrasie behartig en almal was verras
oor die resultate en moontlikhede van dié program.
Ons wil graag baie dankie sê vir al ons vennote wat hierdie dag
moontlik gemaak het. Volgende jaar doen ons dit weer, want elke
kind wil lees. Mandie Ehlers (ATKV) was ons programleier tydens die
konferensie.
– Mandie Ehlers (hulporganiseerder:taal)
Leeskonferensie 11 Mei 2019
Junie 2019
Links: Aanbieders by ons Leeskonferensie; Chareldine saam met
David Jantjies en Lukas Hanekom (Moedertaalinisiatief) en Rene
Arendse (Afrikaans.com)
Bo: Leeskonferensie selfie met Mandie Ehlers, Chareldine van der
Merwe, Christien Neser en Rozeldi Trollip
-
Bladsy 5Junie 2019
Daar het in Alberton ‘n groot behoefte vir boekfluisteraars
ontstaan. Op 24 Mei 2019 het Mandie Ehlers (ATKV)
Orionlandkleuterskool besoek en vir hulle ‘n boektrommel te
oorhandig vol opwindende Afrikaanse boeke.
Die kinders het die voorlees baie geniet en lekker saam gelees.
Saterdag 25 Mei 2019 het Chareldine van der Merwe (VVA) en Mandie
Ehlers (ATKV) ‘n voorleeswerkswinkel vir die onderwysers en ouers
aangebied. Dit was ‘n baie interaktiewe groep mense en hulle het
selfs van hulle wenke gedeel.
Chareldine van der Merwe (VVA) het ook ‘n demonstrasie van die
Doen en Leer Program gedoen. Die onderwysers en ouers het behoorlik
aan haar lippe gehang.
Dit was ‘n baie lekker geleentheid saam met onderwysers wie se
passie duidelik uitgestraal het.
Voorleeswerkswinkel: Alberton
Leerders van Orionland Kleuterskool geniet ‘n paar boeke uit die
Boektrommel
Van links na regs: Boektrommel geskenk aan Orionland
Kleuterskool
Mandie Ehlers (ATKV) en Chareldine van Der Merwe (VVA) by die
Boektrommel wat geskenk is vir Orion land Kleuterskool
Mandie Ehlers en Chareldine van der Merwe saam met Annéne
Visser, hoof van Orionland Kleuterskool
Chareldine van Der Merwe en Mandie Ehlers saam met die personeel
van Orionland Kleuterskool
BrieweBaie dankie, Chareldine
Dit was heerlik om aan jul Leeskonferensie deel te neem! Mag jul
werk geseën word. Dankie vir die moeite wat jul doen om
Moedertaalonderrig aan te moedig en die opleiding wat jul
verskaf.
Dit lewer beslis ‘n bydrae tot die ontwikkeling van onderwys in
ons mooi land.
Vriendelike groete!
Wilna van Rooyen
-
Bladsy 6
Melvina
Ek wil net weereens baie baie dankie sê vir die baie
insiggewende en puik georganiseerde vergadering Donderdagmiddag by
Van Loveren. Puik gedaan!
En dit was vir ons so ‘n voorreg om jou en Chareldine
Vrydagoggend by ons skool te kon hê.
Baie dankie vir julle begrip en omgee vir ons kinders. Die
lekkerte van die groot blou kis is baie kosbaar!!
Nogmaals baie dankie.
Vriendelike groete
Hanlie du Plessis
Lekker besig en alles pragtige werk wat julle doen. Dankie vir
nuusbrief.
Jacques van der Elst
Goeiedag Chareldine
Ek wil namens die Bottelary Bewarea my innige dank en waardering
uitspreek teenoor die Vriende van Afrikaans vir hulle toewyding tot
die bevordering van Afrikaans lees op ons plase.
Die Doen en Leer Program is sedert Augustus 2018 in ons drie
plaasskole met groot sukses geïmplementeer. Daar het 150
Grondslagfase en 32 Intermediêre Fase leerders leer lees. Ons kon
vyf fasiliteerders oplei en ook twee Voorlees Werkswinkels
bywoon.
Die terugvoer van die opvoeders is oorwegend positief. Dit
beteken hierdie leesprogram werk regtig.
Baie dankie vir jou passie en toewyding om ons kinders se
selfvertroue te bou deur middel van lees. Die Boektrommel is beslis
ʼn treffer.
Vriendelike groete.
Anna Oppel
Programkoördineerder
Junie 2019
Dankie aan die Afrikaanse Onderwysnetwerk
Jatha Peda van Jakes Gerwel Tegniese Skool in Bonnievale ontvang
werksboeke wat deur die AON geskenk is
Opvoeders van Prins Albert- en Leeu Gamka Primêr
-
Bladsy 7
VERSPREI GERUS DIE NUUSBRIEF
Doendinge in Afrikaans
NUUSBRIEF
Redakteur: Mandie Ehlers
Assistentredakteur: Chareldine van der Merwe
Bladuitleg: Sunflood Studios
ALGEMENE INLIGTING
Straatadres:Eenheid 2013, Datevoice House,Elektronstraat 16,
Tegnopark Stellenbosch 7600
Posadres: Posbus 1209, Stellenbosch 7599
Telefoon: 021 880 1761/ 021 880 1743
Faksnommer: 021 880 1946
E-posadres:
Mandie Ehlers:[email protected]
Chareldine van der Merwe:[email protected]
Webtuiste: www.atkv.org.za
Bank:ABSA, TjekrekeningRekeningnaam: ATKVRekeningnommer:
0170166728Takkode: 632005
Vir buitelandse inbetalings gebruik die volgende
“Swift Code”: ABSA ZA JJ
As verwysing gebruik asb: VVA en die item (bv. naam van CD,
gedenkbundel, boektrommel ens.) E-pos of faks dan net die bewys van
betaling, naam en van en ook bedrag wat inbetaal word.
Koopdinge in Afrikaans
DIE VOLGENDE ITEMS IS BY DIE KANTOOR TE KOOP:
1. Dubbel-CD: Ou Vriende van Afrikaanse kunstenaars soos Laurika
Rauch, Lucas Maree en bekende kore teen R100
2. Voetslaankaart van Tafelberg in Afrikaans geskep deur Peter
Slingsby teen R20
3. Pieter van der Westhuizen-huldigingsbundel (277 pp.
bladmusiek van gewyde musiek) teen R160
4. CD: Vespers van Rachmaninof in Afrikaans teen R120
5. Basic Afrikaans – the top 1000 words and phrases teen
R135
6. Joernaal van Jorik – in klank (toonsetting deur Roelof
Temmingh) teen R120
7. Die Nagbiblioteek deur Amanda de Stadler, ‘n A3-formaat
voorleesboek vir kinders onder 8 jaar teen R120
(R65 posgeld per bestelling moet ongelukkig gehef word)
Junie 2019