Top Banner
11 - 18 November 2011 Prof. Herman van Schalkwyk, rektor van die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit, is pas deur die Landbouskrywers SA, as Suid-Afrika se landboukundige van die jaar aangewys. Volgens die vereniging, word dié gesogte toekenning aan Van Schalkwyk toegeken vir sy verdienstelike landboukundigheid wat ander kan inspireer. Hulle meen hy het bewys wat bereik kan word deur goeie beplanning en onvermoeide toepassing, in verskeie omstandighede en omgewings. Landbouskrywers SA is ‘n vereniging vir joernaliste en ander belanghebbendes in die landboumedia en wys al vir meer as 30 jaar ‘n nasionale boer- en landboukundige van die jaar aan. Nadat Van Schalkwyk benoem is as die provinsiale wenner, het hy teen nege kandidate vir die nasionale toekenning meegeding wat in Kaapstad aangewys is. Dié professor is in Februarie 2010 as rektor by die NWU-Potchefstroomkampus aangestel, waar hy sedertdien sy staal gewys het deur verskeie nuwe inisiatiewe van stapel te stuur. Van Schalkwyk is ook ‘n boer in murg en been, en bedryf ‘n beesboerdery op sy plaas buite Dealesville in die Vrystaat. Hy is ’n gewilde spreker en gas by landboukongresse en werkwinkels en tientalle artikels vir die populêre media het al uit sy pen gevloei. Hy lewer ook die afgelope jaar ’n weeklikse bydrae op OFM radiostasie met Pieter Möller oor aktuele sake in die landbou. Van Schalkwyk is tans die besturende direkteur van Aginfo (handeldrywend as AMT), wat op ’n weeklikse basis prys- en markneigings in die Landbouweekblad publiseer. “Hierdie toekenning is vir my ‘n reuse eer, en erkenning vir die harde werk wat tot dusver in die Noordwes Provinsie gedoen is. Ons het egter nog groot planne, en wil verseker dat dié provinsie se rol in landbou groter uitgekring word,” sê hy. Sy betrokkenheid by talle provinsiale en nasionale instansies word hoog aangeslaan. Hy is onder andere in 2007 deur die minister van landbou as lid van die Nasionale Landboubemarkingsraad aangestel en in 2008 as die adjunkvoorsitter van die raad van die Landbank. Hy het ook vir 18 maande waargeneem as voorsitter van die raad van die Landbank. Van Schalkwyk is ’n konsultant vir die Wêreldbank en ander Suid-Afrikaanse instansies asook ’n spesialis in landbou- en -verwante hofsake. As gerekende landbou-ekonoom en akademikus, het hy reeds ses akademiese boeke geskryf, sowat 70 publikasies in wetenskaplike joernale en 117 navorsing- en projekverslae gepubliseer. Hy het ook 77 referate by plaaslike konferensies en 38 by internasionale konferensies gelewer en was promotor en medepromotor vir 24 PhD- studente en studieleier of mede-studieleier vir 32 meestersgraadstudente. Rektor is SA se landboukundige van die jaar Prof. Herman van Schalkwyk en sy vrou Rélyne.
8

Overvaal Nuus 11 - 18 November 2011

Mar 07, 2016

Download

Documents

Johann Erlank

Overvaal Nuus 11-18 November Edition
Welcome message from author
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Transcript
Page 1: Overvaal Nuus 11 - 18 November 2011

11 - 18 November 2011

Prof. Herman van Schalkwyk, rektor van die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit, is pas deur die Landbouskrywers SA, as Suid-Afrika se landboukundige van die jaar aangewys. Volgens die vereniging, word dié gesogte toekenning aan Van Schalkwyk toegeken vir sy verdienstelike landboukundigheid wat ander kan inspireer. Hulle meen hy het bewys wat bereik kan word deur goeie beplanning en onvermoeide toepassing, in verskeie omstandighede en omgewings. Landbouskrywers SA is ‘n vereniging vir joernaliste en ander belanghebbendes in die landboumedia en wys al vir meer as 30 jaar ‘n nasionale boer- en landboukundige van die jaar aan. Nadat Van Schalkwyk benoem is as die provinsiale wenner, het hy teen nege kandidate vir die nasionale toekenning meegeding wat in Kaapstad aangewys is. Dié professor is in Februarie 2010 as rektor by die NWU-Potchefstroomkampus aangestel, waar hy sedertdien sy staal gewys het deur verskeie nuwe inisiatiewe van stapel te stuur. Van Schalkwyk is ook ‘n boer in murg en been, en bedryf ‘n beesboerdery op sy plaas

buite Dealesville in die Vrystaat. Hy is ’n gewilde spreker en gas by landboukongresse en werkwinkels en tientalle artikels vir die populêre media het al uit sy pen gevloei. Hy lewer ook die afgelope jaar ’n weeklikse bydrae op OFM radiostasie met Pieter Möller oor aktuele sake in die landbou. Van Schalkwyk is tans die besturende direkteur van Aginfo (handeldrywend as AMT), wat op ’n weeklikse basis prys- en markneigings in die Landbouweekblad publiseer. “Hierdie toekenning is vir my ‘n reuse eer, en erkenning vir die harde werk wat tot dusver in die Noordwes Provinsie gedoen is. Ons het egter nog groot planne, en wil verseker dat dié provinsie se rol in landbou groter uitgekring word,” sê hy. Sy betrokkenheid by talle provinsiale en nasionale instansies word hoog aangeslaan. Hy is onder andere in 2007 deur die minister van landbou as lid van die Nasionale Landboubemarkingsraad aangestel en in 2008 as die adjunkvoorsitter van die raad van die Landbank. Hy het ook vir 18 maande waargeneem as voorsitter van die raad van die Landbank. Van Schalkwyk is ’n konsultant vir die Wêreldbank en

ander Suid-Afrikaanse instansies asook ’n spesialis in landbou- en -verwante hofsake. As gerekende landbou-ekonoom en

akademikus, het hy reeds ses akademiese boeke geskryf, sowat 70 publikasies in wetenskaplike joernale en 117 navorsing-

en projekverslae gepubliseer. Hy het ook 77 referate by plaaslike konferensies en 38 by internasionale konferensies gelewer en was

promotor en medepromotor vir 24 PhD- studente en studieleier of mede-studieleier vir 32 meestersgraadstudente.

Rektor is SA se landboukundige van die jaar

Prof. Herman van Schalkwyk en sy vrou Rélyne.

Page 2: Overvaal Nuus 11 - 18 November 2011

Bladsy 2 OVERVAAL 11 - 18 November 2011

WesvaalOns bied vertroosting.

Ons gee om. Wesvaal Begrafnisondernemers

Alle ure: (018) 5961126/7 Faks: (018) 5962025.

Sel: 083 4192350 Eienaar: J.A.Coetsee

en personeel

Dringend benodigOns is dringend opsoek na goeie

gebruikte motors of bakkies asook karavane om vir kontant te koop.

Skakel dadelik vir Oupie Deetlefs by Telefoon (018) 596 1177ofsel: 082 923 4255

of besoek ons by

R.A. MOTORSBroadbentstraat Wolmaransstad

Die NG Kerk Moedergemeente in Stilfontein, Buxton rylaan 95, Stilfontein, hou op 19 No-vember ‘n koop en kuier dag. Dit begin 10:00 op die terrein in Buxton Rylaan 95 en daar is gratis stalletjies beskikbaar. Enigiemand kan enigiets kom uitstal. Handgemaak, oudhede enigiets is welkom. Rita de Beer kan by 072 386 8969 gekontak word vir be-sprekings van stalletjies. Jeanette van Heerden kan ook by 018 484 2436 in die kerkkan-toor gekontak word. Die kerk self sal die kos stal-letjies, soos hotdogs, wors-broodjies, pap en wors en ham-

burger en koeldrank hanteer. Die res is alles moontlikhede. Al die stalletjies is gratis beskik-baar. Die aand om 18:00 word die dag afgesluit met ‘n GRATIS konsert in die kerksaal deur die bekende sanger TIRO. Sondagoggend tree TIRO op by die Justice Otto versorgingsoord vir bejaardes in Stilfontein. Alle bejaardes is welkom om hierdie diens by te woon. Sondagaand (20 November) behartig TIRO die gemeente se kerssang diens wat in die kerk gehou word. Almal welkom, die byeenkoms is gratis.

‘Koop en kuier dag’op Stilfontein

Doornpan Geloftefeeskomitee beplan om vanjaar (16 Desember) weer ‘n besonder-se dag te maak, waar groot en klein alle eer aan God bring. Die geloftedag word gehou op die plaas Doornpan tussen Wolmaransstad en Ottos-dal. Dit is n fees met n warm, plaas atmos-feer . Tussen bloekomlanings en mielielande word die fees nog op die ou tradisionele boere-manier gehou met gemmerbier. Die dag skop 9:00 af met ‘n perdekomman-do onder leiding van Willem Grobbelaar met 42 perderuiters. Ds. Etienne Maritz (NG Koppies Gemeente -Weltevrede) lei die erediens en Willie Jou-bert tree as gaskunstenaar op. Die dag word afgesluit met ‘n spitbraai. Bring asseblief eie eetgerei. Belangstellen-des kan vir navrae die voorsitter, Wilco van Aswegen, by (018) 596 1623 of 083 2642 527 skakel.

Doornpan Geloftefees

Dis wonderlik om op jou tuisdorp op te tree, en boonop by die skool waar jy matrikuleer het. So het die bek-ende sanger, Manie Jackson (regs), gesê na sy vertoning op Wolmaransstad. Die konsert is aangebied deur die ATKV. Op die foto verskyn hy by sy klankman, Victor Bridges, Amanda en Johan Robbertse, Jan Visser en Danie Burger. Voor sit Rudi Visser en Susan Burger.

Page 3: Overvaal Nuus 11 - 18 November 2011

11 - 18 November 2011 OVERVAAL Bladsy 3

Page 4: Overvaal Nuus 11 - 18 November 2011

Bladsy 4 OVERVAAL 11 - 18 November 2011

SKOLE / SCHOOLS / SKOLE / SCHOOLS

Hoërskool Wesvalia het op 18 en 19 Oktober 2011 hul leerders tydens die bekroningsfunksie be-loon vir die jaar se prestasies. Die leerders is beloon op sport, kul-tuur en akademiese gebied. Vanjaar se sportseun is Jacques Smit en die sportdogter is Ansunica Brits. Die kultuurseun is JP Myburg van der Walt en die kultuurdogter Igna Botha. Die volgende Wessies ontvang die onderskeie trofees vir die verskillen-de graad 12 vaktoekennings: Lizaan Alberts (Afrikaans, Visuele Kunste en Ingenieursgrafika- en Ontwerp), Mandie Erasmus (Engels en To-erisme), Soné McGeer (Wiskun-dige Geletterdheid), Malandi van Wyk (Wiskundige Geletterdheid), Jacques Steyn (Geografie), An-dri Cronje (Rekeningkunde), Et-tienne Pitts (Inligtingstegnologie), Anke Roos (Ekonomie), Kobus

Swan (Besigheidstudies), Carike Brits (Verbruikerstudie), Stephan Taljaard (Rekenaartoepassingsteg-nologie), Armand Havenga (Si-viele Tegnologie) en Janeé Coetzer (Wiskunde, Lewenswetenskappe, Fisiese Wetenskappe, Lewensoriën-tering en Rekenaartoepassingsteg-nologie). Janeé word ook aangewys as die Dux-leerder vir 2011. Wesvalia se graad 12 leerders word ook vereer met gesogde skool-erekleure toekennings vir hulle volgehoue bydrae op akademiese, sport-, kultuur-, leierskap- en gesindheidsgebied. Hierdie leerders is Lizaan Alberts, Janeé Coetzer, Andri Cronje, Mandi Erasmus, Ruan Janse van Rensburg, Jacques Kok, Charl-Stephan Nienaber, Eliz-mari Rousseau, Christo Scholtz, Annatjie Schoonwinkel, Nadine Stork, Kobus Swan, Alicia van Wyk en Elizma van Wyk.

Hoërskool Wesvalia beloon presteerders

JP Myburg (bo) is Wesvalia se kultuurseun en Janeé Coetzer is die skool se Dux-leerder. Links is Wesvalia se sportseun, Jacques Smit en sportdog-ter, Ansunica Brits.

Vier atlete van Schoonspruit Hoërskool het op Vrydag 28 Oktober deelgeneem by Hoërskool Wesvalia se atletiekbyeenkoms en die volgende uitslae is behaal: Paul Maluleke (vinnigste 100m atleet vir die dag), Funky Mbelekwane (beste stapper), Hanno Coetzee - (beste junior hekkies seunsatleet) en Car-men Hetzel (beste junior dogters naelloper). Hulle neem ook op 29 Oktober in Potchefstroom deel aan die Sub-Youth ACNW en die volgende prestasies is behaal: Paul Maluleke behaal ‘n 1ste plek in die 100m en 200m seuns 0/15, Hanno Coetzee behaal ook ‘n 1ste plek in die 100m hekkies en 300m hek-kies vir seuns 0/15 en Carmen Hetzel behaal ‘n 2de plek vir 400m asook 800m vir dogters 0/15. Hulle kwalifiseer ook vir die ASA (SA Kampioenskappe) wat plaasvind op 26 November in Germiston by die Pilditch stadion. Vlnr: Funky Mbelekwane, Carmen Hetzel, Hanno Coetzee en Paul Maluleke.

Schoonspruit Hoërskool vaar goed by PUK TOP 30....Paul Maluleke behaal 2 goue medaljes in die 100m en 200m. Daniël Senatle wen 2 silver mealjes in die 200m en 400m. Yone Flynn behaal ‘n silver vir hamergooi. Carmen Hetzel wen ‘n silver in die 400m en Jay-Jay Kruger behaal ‘n brons in hamer-gooi. SHS kry ook 6 - 4de plekke. 36 Skole neem deel uit die distrik waarvan 14 medium skole was en ‘n algehele 7de plek word behaal. KHS het n 6de plek behaal. Agter: Paul Maluleke, Jaques van Staden (afrigter) en Carmen Hetzel. Voor: Jay-Jay Kruger, Yone Flynn en Daniel Senatle.

SHS se atlete blink uit

Page 5: Overvaal Nuus 11 - 18 November 2011

11 - 18 November 2011 OVERVAAL Bladsy 5

SKOLE / SCHOOLS / SKOLE / SCHOOLS

Elize Cloete (koordineerder) en Albert Behrens (hoof) van Laerskool La Hoff spog met die hoofleiers vir 2012. Voor: Edwin Schoeman, Charles de Lange (hoofseun), Nise Smit (hoofdogter) en Sone Con-radie.

Laerskool La Hoff het die volgende dogters aangewys om as leiers vir 2012 op te tree. Voor: Jurike Kruger, Jeanine de Swart, Nicola Pieterse, Venus Abdool, Sone Conradie, Elize Cloete (koordineerder), Nisa Smit, Chanell du Preez, Angelique Barnard en Christelle du Toit. Agter: Shane Strydom, Charlise Smit, Chantelle Hitge, Zanda-Lee Martin, Kennolene Kenny, Linde-Che Kleyn, Diane Scheepers en Bianca Proudfoot.

Magriet Paynne het skoonskip gemaak tydens Laerskool La Hoff se erkenningsfunksie. Behalwe dat sy as kultuurdogter, en veelsydigste leerder aangewys is, is sy ook bekroon as die Dux – Leerder vir 2011.

Delio de Andrade van Laerskool la Hoff is as die kultuurseun van 2011 aangewys.

Ruan Minnar en Nadine Gouws van Laerskool La Hoff is as sportseun en sportdogter vir 2011 aangewys.

Die volgende seuns van Laerskool La Hoff is deel van die nuwe leerlingraad vir 2012. Voor: Tommie van Gent, Elardus Cronje, Charles de Lange, Ewaldt Martins, Edwin Schoeman, Anton Nagel en Dillan Blaauw. Agter: Anru Rossouw, Dieter J v Rensburg, Elize Cloete (koordineerder), Dian Opperman, Mikael Venter en Kobus Jacobs.

Quinton Fourie van Laeskool La Hoff het die trofee ontvang vir honderd persent skoolbesoek vir sewe jaar.

Laerskool La Hoff

Dit is ‘n groot voorreg om te sien hoe oud Wessies presteer by die Potchefstroomkam-pus van die Noordwes-Universiteit. Die vol-gende oudleerlinge van Wesvalia is verkies tot die studenteraad, huiskomitee en akad-emiese vereniging. Daniéla Dique is Primar-ius van Bellatrix, Anmaré Steenkamp is op

die huiskomitee by Eikenhof, Rudelle White is die Primarius by Minjonet, M’Landi van Rooyen is op die studente raad en Marieke van Heerden is die ASV voorsitter. Baie ge-luk aan al die Wessies julle maak ons trots. Baie sterkte met die voorbereiding vir julle toekoms.

Oud-leerlinge van Wesvalia hou naam hoog by NWU

Page 6: Overvaal Nuus 11 - 18 November 2011

Bladsy 6 OVERVAAL 11 - 18 November 2011

Preprimêreskool Leeutjieland Kleuterskool in Leeudoring-stad was die afgelope paar maande baie bedrywig. Die Skilpadjieklas (3-tot 4-ja-riges) het ‘n nuwe juffrou gekry. Juffrou El-Marie Peypers is ‘n aanwins vir die skool en baie ge-liefd onder die kinders. Gedurende die Junie-vakansie het die skool ‘n nuwe baadjie gekry. Ouers het ingespring en die speelapparaat en mure hel-derkleurig geverf. Die kleuters was baie opgewonde om weer terug by die skool te wees. Die jaarlikse konsert en grade-plegtigheid van die Graad R’e, met die tema van “vervoer”, was ‘n hoogtepunt. Liedjies soos “Rooi Motorkar” en “Tjoeke- Tjoeke-Paf” het die oumas en oupas laat verlang na hul kinder-

dae. Die Bellé May Balletskool van Wolmaransstad het ook ‘n vertoning gelewer. Na afloop van die konsert is die splinter-nuwe resepteboek van die skool, “Uitsoek Treffer met ‘Brul’-jante resepte”, bekendgestel. Elke resep is uitgesoek deur die fyn-proewertjies self. Dit bevat ‘n gunsteling resep van elke kind in die skool saam met ‘n foto en tekening van die kind. Resep-teboeke is beskikbaar by Pre-primêreskool Leeutjieland (018-5812326) teen R120 elk. Leeutjieland het ‘n baie geslaagde visvangkompetisie langs die Vaalrivier, by Klip-plaatdrif, aangebied. Die kinders is deur Schalk van Breda van Stywe Lyne, touwys gemaak. Elkeen het ‘n geskenkpak ont-vang om hulle kanse om die

Grote uit te trek, te verbeter. Die voorskoolse dogtertjies kon in-skryf vir Mej Paddavissie en Mej Ri-viernimfie. Die skoonhede is deur juffrou Eunice en juffrou Elsa van Laerskool Leeudoring-stad, en Hester van der Westhui-zen, die eienares van Sarina’s, wat ook die pryse en tiara’s ge-borg het, beoordeel. Kleuters word uitgenooi om te kom deel in die pret en plesier van Preprimêreskool Leeutjieland. Daar is 3 klasse, die Skilpadjies (3-4 jaar), Kameelperdjies (4-5 jaar) en die Beertjies (Graad R). Saam met die spelery word die verstandjies gestimuleer en an-der aktiwiteite soos Playball, re-kenaarklasse en Rugga word ook by die skool, aangebied. Ouers kan gerus die skool kontak by 018-5812326 vir enige navrae.

BOEDELKENNISGEWINGIn die boedel van wyle: JEMINA PHOKOANE MOLEFE. Identiteitsnommer: 600828 0893 08 9. Datum van dood: 25 DESEMBER 2010. Kennisgewing geskied hiermee dat die Eerste en Finale Likwidasie- en Distribusierekening in bogemelde boedel ter insae lê ten kantore van die Meester van die Hooggeregshof te MAFIKENG en die Landdros te WOLMARANSSTAD vir ‘n tydperk van 21 dae gereken vanaf VRYDAG – 18 NOVEMBER 2011. COETZEE & VAN DER MERWE PROKUREURS KRUGERSTRAAT 30A POSBUS 12 WOLMARANSSTAD 2630 TELEFOON-NOMMER: (018) 5961056/7

Wil u ‘n motor koop met geen deposito? Geen bestuurs-lisensie nodig nie! Skakel 079 702 4993 of 082 078 4687. Krediet waardige kliënte alleen

----------------SEEP SHOPPIE - WOLMARANSSTAD

Tel: 018 596 2630 en Sel: 083 254 1553. Amoniakreiniger - R11/L, Stardishwash - R13,50/L, Bleikmiddel - R9/L, Matshampoo - R16.50/L, Wasgoedversagter - R11/L, Hoëskuimwaspoeier - R25/2kg en vele meer. Tussen Apteek en Dr van Zyl spreekkamer.

----------------

KLERE / GORDYNEOns herstel en doen verstelwerk aan mans, dames en kinderklerasie. Ons maak ook gordyne. Navrae van 8vm - 1nm by RA Motors. Wolmaransstad.

----------------PAAIEMENT PROBLEME?

Vermy terugname en swartlys; Delg agterstallige skuld; Performance motors vanaf 1981. Skakel Pierre 076 309 9909. Voertuie, Bakkies, Dubbel Cabs ens. ook beskikbaar

----------------Over 40 cars to choose from, cars from R25 000 to R120 000. No licence, No deposit. Nett salary R4 000. Terms and conditions apply. Anika. Neels Loots Motors, Welkom. 079 334 0202.

----------------

TUISVERSORGINGEk is beskikbaar vir tuisversorging van bejaardes. Bereid om in te slaap, het ook eie vervoer om in en uit te ry. Ek is ‘n 58 jarige dame. Kontak my by volgende nommer 082 409 9934 (Beskikbaar ten alle tye).

----------------LEOMAR TUINDIENSTE

Gratis kwotasie vir die uitlê van enige tuin, plaveisel. Ons doen besproeiings en tuindienste. Ons werk is van kwaliteit gehalte en is oral te sien. Kom besoek ook ons kwekery vir u saailinge, struike, roosbome en vrugtebome. Skakel Leonie 071 340 6094 of Marius 083 695 4137

----------------TE KOOP

236 ADE enjin, volledig oorgedoen. R25 000. Wildun Veld-dienste. 083 4479 864.

----------------TE KOOP

Voëltjie sonneblom saad. 25kg sakke teen R125 per sak. Wildun Velddienste. 083 4479 864.

----------------PARADYS HONDE SALON – MAKWASSIE

Bring jou hond vir ‘n lekker bad en skeer. Kontak: 082 623 0932 of 018 597 5150

----------------SALON – NAELS

Makwassie. Kom bederf jouself en kom sit vir ‘n stel naels. Ek doen akriel en gel. Kontak: 082 623 0932 of 018 597 5150.

Kleinadvertensies

Kennisgewing----------------

PALM PETSHOPKoop en verkoop voëls en toerusting, sade, neste, viskos, vissies ens. Soek 2de handse vistenks benodighede. Vrede Straat 54, Wolmaransstad. Nogsteeds dieselfde adres. Nuwe gebou. Skakel Hennie 072 532 7207.

----------------TE KOOP

Fiat 640 trekker. Goeie toestand. R35 000. Skakel 072 990 2857.

----------------Blou Ford Cortina 3liter bakkie moet verwyder word en agterstallige stoorgeld van 3 jaar moet betaal word, binne 14 dae. Anders sal bakkie per veiling of tender verkoop word, te Roodtstraat 8, Wolmaransstad.

----------------HEERLIKE TUISGEBAKTE KOEKSISTERS

Plaas nou jou bestelling vir die kersvakansie. Vries uitstek-end. Kontak Gerda 083 985 4444.

----------------WOONSTEL TE HUUR

Twee slaapkamer woonstel op Makwassie te huur. Nuut geverf met toesluitmotorhuis. Skakel 083 230 8286.

----------------BENOGIG

Motor of bakkie gesoek vir ongeveer R10 000. Skakel 082 946 2139.

----------------HERSTEL VAN MEUBELS

Herstel van alle meubels en riemsitplekke van banke en stoele. Maak van tuinbanke, kinderstelle ens. Kontak De-wald 018 468 5577.

----------------Die somer is hier! Laat ons u matte en sitkamerstelle was in Wolmaransstad en omgewing. Kontak Bossie 083 456 8754.

------------------Skool stoelsakkies vanaf Gr. 0 – 3, denim met kind se naam en prentjie opgeborduur @ R85! Asook vir die merk van koshuis handdoeke, maak van spoegdoeke ens. Kontak Bertina 083 7922 757.

----------------

Mej. Leeutjieland Riviernimf. (5-6 Jaar afdeling). 1ste Prinses Elaine Meintjes (1ste Prinses), Mej. Riviernimf, Henriette Roux en Suzaan Du Plessis (2de Prinses.

Mej. Leeutjieland Riviernimfie. (3-4 Jaar afdeling). Lehane Van Breda (2de Prinses), Mej. Riviernimfie, Nika Meinjtes en Suzaan Rossouw (1ste Prinses).

Mej. Paddavissie (1-2 Jaar). Franè Ernst (1ste Prinses), Mej. Paddavissie 2011, Me-hane Van Wyk en Lianke Ernst (2de Prin-ses).

Hier is die Skilpadjieklas saam met hul juffrou El-Marie Peypers.

Nuus van Preprimêreskool Leeutjieland

Page 7: Overvaal Nuus 11 - 18 November 2011

11 - 18 November 2011 OVERVAAL Bladsy 7

Suidwes, ‘n vooruitstrewende maatskappy met sy hoofkantoor te Leeudoringstad in die Noordwes, wat vir meer as 100 jaar landbouverwante produkte en dienste aan sy landbouerklante in Noordwes- , Vrystaat- en Noord- Kaapprovinsie lewer, beskik oor die volgende vakature:

BEMARKER: ONDERDELE TE WESMEG BULTFONTEIN Wesmeg Onderdele en Wesmark word gesamentlik bedryf by bogemelde bedryfspunt

Die suksesvolle kandidaat se verantwoordelikhede sluit in:

• Bemarking en verkope van onderdele asook Wesmark goedere en produksiemiddele. • Administrasie en kontrolering van voorraad. • Uitmuntende klantediens. Vereistes:

• Graad 12. • Geldige bestuurslisensie. • Rekenaarvaardigheid ten opsigte van die nuutste Office-sagtewarepakkette (Excel, Word). • Moet goeie mens- en / of klanteverhoudinge handhaaf (telefonies en direk). • Vertroudheid met die produkte wat die maatskappy hanteer, naamlik trekkers, stropers en

ander plaaswerktuie, is ‘n vereiste. • Kennis van Wesmark produksiemiddele sal tot die kandidaat se voordeel strek.

SUID

WES

LAND

BOU

(EDM

S.) B

PK.

REG

NR 19

90/00

6879

/07

SLUITINGSDATUM: 25 Nov 2011

SUIDWES IS VERBIND TOT DIENSBILLIKHEID EN KANDIDATE UIT DIE AANGEWESE GROEPE SAL VOORKEUR GENIET.

Skakel Andre Olivier by 051-8531747 vir meer besonderhede, of doen skriftelik aansoek deur middel van ‘n CV en gewaarmerkte afskrifte van kwalifikasies en identiteitsdokument. (Faksnommer 018-5811510 of e-pos na [email protected]) Dui asb duidelik aan vir watter pos u aansoek doen.

Kennisgewing/ Legal Notice

KENNISGEWING VAN AANSOEK OM WYSIGINGVAN DORPSBEPLANNINGSKEMA INGEVOLGE ARTIKEL 56(1)(b)(i) VAN DIE ORDONNANSIE OP

DORPSBEPLANNING EN DORPE, 1986(ORDONNANSIE 15 VAN 1986)

BLOEMHOF – WYSIGINGSKEMA 37Maxim Planning Solutions (Edms) Bpk (2002/017393/07) synde die gemagtigde agent van die eienaar van die Rester-ende Gedeelte van Erf 932, Boitumelong, gee hiermee in-gevolge Artikel 56(1)(b)(i) van die Ordonnansie op Dorps-beplanning en Dorpe, 1986 (Ordonnansie 15 van 1986) kennis dat ons by die Lekwa-Teemane Plaaslike Munisi-paliteit aansoek gedoen het om die wysiging van die Bloem-hof Dorpsbeplanningskema, 1997, soos gewysig, deur die hersonering van ‘n gedeelte van die Resterende Gedeelte van Erf 932, Boitumelong, geleë aanliggend tot Tloustraat, tussen Kukama-, Gopane-, en Phuduhudustraat, Boitu-melong, vanaf “Openbare Oop Ruimte” na “Besigheid 2”, met die insluiting van ‘n gastehuis en ‘n gymnasium. Be-sonderhede van die aansoek lê ter insae gedurende gewone kantoorure by die kantoor van die Munisipale Bestuurder, Lekwa-Teemane Plaaslike Munisipaliteit, hoek van Robyn- en Dirkie Uysstraat, Christiana, asook, Tullekenstraat, Bloemhof, vir ‘n tydperk van 28 dae vanaf 04 November 2011. Besware teen of vertoë ten opsigte van die aansoek moet binne ‘n tydperk van 28 dae vanaf 04 November 2011 skriftelik by of tot die Munisipale Bestuurder by bovermel-de adres of by Posbus 13, Christiana, 2680 ingedien of gerig word. Adres van gemagtigde agent: Maxim Planning So-lutions (Edms) Bpk (2002/017393/07), Eenheid 35 Corpus Novem Kantoor Park, Dr. Yusaf Dadoolaan 35, Wilkoppies, Klerksdorp, 2571, Posbus 6848, Flamwood, 2572, Tel: (018) 468-6366, (2/1338)

NOTICE OF APPLICATION FOR AMENDMENT OF TOWN PLANNING SCHEME IN TERMS OF SECTION

56(1)(b)(i) OF THE TOWN PLANNING AND TOWN-SHIPS ORDINANCE, 1986 (ORDINANCE 15 OF 1986)

BLOEMHOF – AMENDMENT SCHEME 37Maxim Planning Solutions (Pty) Ltd (2002/017393/07) being the authorized agent of the owner of the Remaining Extent of Erf 932, Boitumelong, hereby gives notice in terms of Sec-tion 56(1)(b)(i) of the Town Planning and Townships Ordi-nance, 1986 (Ordinance 15 of 1986) that we have applied to the Lekwa-Teemane Local Municipality for the amendment of the Town Planning Scheme, 1997, as amended, by the re-zoning of the Remaining Extent of Erf 932, Boitumelong, situated adjacent to Tlou Street, between Kukama-, Go-pane-, and Phuduhudu Street, Boitumelong, from “Public Open Space” to “Business 2”, with the inclusion of a guest house and a gymnasium. Particulars of the application will lie for inspection during normal office hours at the office of the Municipal Manager, Lekwa-Teemane Local Municipal-ity, corner of Robyn- and Dirkie Uys Street, Christiana, as well as Tulleken Street, Bloemhof, for the period of 28 days from 04 November 2011. Objections to or representations in respect of the application must be lodged with or made in writing to the Municipal Manager at the above address or posted to P.O. Box 13, Christiana, 2680 within a period of 28 days from 04 November 2011. Address of authorized agent: Maxim Planning Solutions (Pty) Ltd (2002/017393/07), Unit 35 Corpus Novem Office Park, 35 Dr. Yusuf Dadoo Avenue, Wilkoppies, Klerksdorp, 2571, P.O. Box 6848, Flamwood, 2572, Tel: 018-468 6366, (2/1338).

Besoek gerus ons

opgegradeerde webwerf by

www.overvaalnuus.

co.za

Mnr Bertus de Jongh, Hoof Uitvoerende Beampte van die Melkprodusente-organisasie het verbruikers gewaarsku om seker te maak dat hulle plaaslike cheddarkaas koop aangesien ingevoerde produk-te dikwels nie aan Suid-Afri-kaanse veiligheid en gehaltes-tandaarde voldoen nie. Dit volg op ‘n versoek deur die MPO aan Agri Inspec om ver-dere ondersoek in te stel toe dit bekend geword het dat Hawe Gesondheid in Durban versoek is om beslag te lê op sowat 22 ton cheddarkaas ingevoer vanaf Ierland, vanweë vermoedens dat die produkte nie aan Suid-Af-rikaanse gesondheidsvereistes voldoen nie. Monsters van die kaas is geneem vir ontleding en dit is gevind dat die produkte met E.coli bakterieë besmet is. Die resultate is bevestig deur onafhanklike toetse wat op aan-vraag van die uitvoerder gedoen is en die besending is deur Hawe Gesondheid afgekeur.

Agri Inspec het bevestig dat die Suid-Afrikaanse owerhede besluit het om die produkte te vernietig. Hierdie volg op ver-skeie klagtes ingedien deur die MPO by binnelandse en Ierse owerhede ten opsigte van laaggeprysde ingevoerde ched-darkaas vanaf Ierland. Die MPO is ook ingelig dat ‘n soortgelyke insident drie maande gelede plaasgevind het. Mnr Bertus de Jongh sê dat die MPO die saak in ‘n baie ernstige lig beskou vanweë die gesond-heidsrisiko’s betrokke, asook die potensiële skade aan die beeld van die bedryf. Die MPO het reeds die betrokke owerhede versoek om in die toekoms nie Ierse suiwelinvoere toe te laat alvorens die veiligheid daar-van bevestig is nie. Voorts doen mnr de Jongh ‘n beroep op ver-bruikers om die etikette van cheddarkaas noukeurig na te gaan, om seker te maak dat die produkte van Suid-Afrikaanse oorsprong is.

Wees versigtigvir ingevoerde cheddarkaas

Page 8: Overvaal Nuus 11 - 18 November 2011

Bladsy 8 OVERVAAL 11 - 18 November 2011