Jannie du Toit gee die leser ’n kykie in sy koffer vol kiekies en knipsels van veertig jaar
in die musiekbedryf – as ’n randfiguur maar terselfdertyd as invloedryke rolspeler in
die ontwikkeling en bevordering van Afrikaanse musiek. Sy bydrae tot Afrikaans en die
Suid-Afrikaanse kultuur is onbetwisbaar. Daarvan getuig sy talle toekennings, waaronder
’n erepenning van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns wat hy in 2008
ontvang het vir sy buitengewone kultuurbydrae tot Afrikaans.
In Onderweg vertel Jannie van die bronne en dryfkrag wat sy passie tot wasdom laat
kom het – sy studentedae as troebadoer en ‘rock’-musikant, tóé reeds ’n kampvegter
vir Afrikaans wat erkenning kry van die voorste kultuurmense van die tyd; sy besluit om
na voltooiing van sy leerklerkskap die Regte vaarwel toe te roep vir musiek; sy bydrae
tot die Musiek en Liriek-beweging van die laat sewentigerjare, en sy sewe jaar in diens
van Tukkies waar hy die eerste volwaardige Afrikaanse musiekblyspel saam met professor
Anna Neethling-Pohl geskryf het.
Sy verhaal getuig van die bevordering van medekunstenaars by wyse van liedjie-aande
by sy huis, ATKV-werkwinkels, TRUK se Kerslig Vers en Melodie-reeks en sy onafhanklike
musiek-katalogus, JNS MUSIEK.
Hy vertel van sy voorliefde vir kabaret as kunsvorm waardeur hy die behoefte om iets
sinvol van die verhoog af te sê tot uiting laat kom en die uitlewing van sy eie beginsels
en oortuigings artikuleer. Sy vertonigs lei tot aktiewe skakeling met die Lae Lande
en die ontginning van die Nederlandse kleinkuns om winste vir Afrikaanse musiek te
probeer verseker.
Hy deel ’n veelbewoë kwarteeu met sy musiekvennoot, Christa Steyn, waarin hulle saam
optree en tot dusver vyf-en-twintig lande tydens musiektoere besoek het om onder
andere die Boere-diaspora se heimwee na Afrikaans aan te spreek.
Na vier dekades is hierdie immergroen sanger en liedjieskrywer se werk steeds relevant.
Onderweg, as outobiografiese kyk na Jannie se musiekloopbaan, vertel van ’n mens wat
nie ophou droom nie.
Paul Boekkooi se woorde oor hierdie publikasie:
“Jannie du Toit se Onderweg is ’n belangrike historiese gebeurtenis. Dit gebeur min
dat ’n sanger en skeppende kunstenaar in die uitvoerende kunste so ’n lang rekord
het, en dit verdien erkenning. As kunstenaar het Jannie ’n veelsydige veld gedien en
ook erkenning gegee aan ander kunstenaars soos Jacques Brel en Jules De Corte.”
9854357819199
ISBN 978-1-919985-43-5
Onderweg 6 sep dvz jr DVZ.indd 1 2011/09/07 12:43:04 PM
Onderweg – ’n musiekstorie van 40 jaar
Uitgegee deur AFRICAN SUN MeDIA
Kopiereg © 2011 SUN MeDIA Stellenbosch
Alle regte voorbehou.
Geen gedeelte van hierdie boek mag sonder die skriftelike verlof van die uitgewer gereproduseer of in enige vorm deur enige elektroniese, fotografiese of meganiese middel weergegee word nie, hetsy deur fotokopiëring, plaat-, band- of laserskyfopname, mikroverfilming, via die Internet of e-pos of enige ander stelsel van inligtingsbewaring of -ontsluiting.
Menings uitgespreek in hierdie publikasie is dié van die outeur en weerspieël nie noodwendig die menings van die uitgewer nie.
Eerste uitgawe 2011
ISBN 978-1-919985-43-5
Kunswerk vir omslag deur Piet Grobler
Bandontwerp en bladuitleg deur Liezel Meintjes
Redigering van beeldmateriaal deur Wynand Gerber
Alle redelike pogings is aangewend om die kopiereghouers van alle materiaal wat in hierdie publikasie gebruik is, te kontak. As gevolg van die gebrek aan beduidende inligting en kontakbesonderhede, kon die kopiereghouers van sekere items nie opgespoor word nie.
Kopiereghouers van materiaal waarvoor daar nie formeel toestemming verkry kon word nie, word derhalwe versoek om die uitgewer te kontak by
AFRICAN SUN MeDIAPosbus 3076MATIELAND7602
T: 021 808 2401 | F : 021 808 2626 E-pos: [email protected]
Geset in Incised901 Lt BT 8/14
Ontwerp en produksie deur SUN MeDIA Stellenbosch, Ryneveldstraat, Stellenbosch, 7600
Hierdie publikasie kan regstreeks bestel word by www.africansunmedia.co.za
Onderweg 6 sep dvz jr DVZ.indd 2 2011/09/07 12:43:06 PM
3
Inhoud
5 'n Woord vooraf
7 Inleiding
9 Vroee klanke
13 Was ek tog maar 'n troebadoer
19 Trilogie
33 Nog ’'n passie
39 Musiek en Liriek
53 Margaretastraat 28
59 Hei TUKS
81 Kabaret-Konserte
89 Kleinkunst
95 JNS en JANUS MUSIEK
107 Eerste sakke sout
1 1 9 Die Agterplaas
125 Die nuwe eeu in
157 ’'n Diep buiging
158 Bylae - Laserskyfstel
:
Onderweg 6 sep dvz jr DVZ.indd 3 2011/09/08 10:23:50 AM
4
'n Woord vooraf
Onderweg 6 sep dvz jr DVZ.indd 4 2011/09/07 12:43:10 PM
5
’n Mens weet dikwels die minste van daardie mense wie vir die
grootste kopskuiwe verantwoordelik is. Die redes hiervoor is legio:
soms maak hulle hul merk in ’n obskure wetenskap wat later stilweg
neerslag in ons lewens vind. Soms gaan die media hulle verby omdat
hulle nie omstrede genoeg is nie of omdat hulle doelbewus die glans
van die kollig vermy.
Jannie du Toit en sy besondere suite van talente kan stellig by dié
laaste groep gereken word. Hierdie beskeie man sou homself as baie
dinge kon beskryf – prokureur, sanger, musikant, sakeman – maar jy
kan daarop reken dat die beskrywing altyd met ’n effense blos en
skroomvalligheid gepaard sal gaan. Dis miskien waarom die tyd, die
publiek en veral die groter Suid-Afrikaanse musiekbedryf nog nooit
aan hierdie besonderse kunstenaar die krediet gegee het wat hom
toekom nie.
Die bydrae wat Jannie du Toit tot die Suid-Afrikaanse musiekwêreld
gemaak het – nie net bloot tot die Afrikaanse deel daarvan nie –
slaan eenvoudig jou asem weg. Hy is ’n ware kopskuiwer wat met ’n
sonderlinge dosis talent en ’n ongelooflike skeut integriteit gedurende
’n loopbaan van veertig jaar nog altyd die minder gewilde paaie betree
het; die spreekwoordelike “road less travelled” het Jannie se roete van
voorkeur geword.
Oor die afgelope dekades het ek dikwels oor ’n glasie wyn met hom
gekibbel dat die geskiedenis van sy musiek in der waarheid onlosmaaklik
vervleg is met die geskiedenis van Suid-Afrikaanse musiek, en dat dit
geboekstaaf móét word. Jannie sou met kenmerkende beskeidenheid
daaroor lag, en nog ’n flessie bestel om daarmee net ’n heildronk op
ánder kunstenaars in te stel: die kollig was nog nooit vir hom nie.
Musikale integriteit wel, maar die glans van die media helaas nooit.
Daarom is dit so ’n voorreg om die voorwoord vir hierdie boek en brok
geskiedenis te mag skryf. Dit weerspieël nie alleen Jannie se musikale
lewensreis nie, maar raak in die skryf daarvan aan soveel mense,
gebeure en ontwikkelings in die bedryf dat sy verhaal inderdaad die
dokumentasie van ons eie musiek oor die afgelope dekades word.
Op sy stil manier het Jannie nie alleen as kunstenaar en skepper tot
ons musiekskat bygedra nie, maar ook sy merk gelaat as baanbreker
in die CD-bedryf, as voorloper in die skep van musiekblyspele, as
’n brugbouer tussen kontinente en kulture, en les bes as die stille
kragbron wat ’n swetterjoel mense bymekaar kon uitbring en in die
proses hulle eie loopbane stukrag gee. Al hierdie dinge het Jannie
gedoen met daardie rare en kosbare eienskap waarmee die Skepper
hom rojaal toegerus het: integriteit.
Liewe leser, maak jou gereed vir ’n reis wat nie alleen ’n besondere
musikant se verhaal vertel nie, maar ’n wipwa-rit deur ons eie
musiekgeskiedenis word. Ten einde laaste word dit geboekstaaf,
en op die koop toe eerstehands deur een van ons mees geliefde
kunstenaars. Wat ’n voorreg om hom te kan ken as beskeie kopskuiwer,
innoverende musikant en kunstenaar, maar bowenal as lojale vriend.
Augustus 2011
Onderweg 6 sep dvz jr DVZ.indd 5 2011/09/07 12:43:13 PM
6
Inleiding
Onderweg 6 sep dvz jr DVZ.indd 6 2011/09/07 12:43:14 PM
7
Ek is daarom die afgelope vier dekades by Afrikaanse musiek betrokke
en daar is potensieel darem nog twee oor waarin ek my stem as
sanger sou kon gebruik – mits ek dit goed oppas en geseënd is. Die
afgelope vyf jaar neem ek vir die eerste keer in my lewe sanglesse by
’n dame in ons omgewing, Ingrid von Seydlitz, want ek besef dat ’n
ouer man wat minder sing dit nodiger het as ’n jong outjie wat in rock-
orkeste, folk-groepe en kore – dikwels gelyktydig – gesing het. Ek bid
vir gesondheid en vir verdere geleenthede om musiek te kan maak.
Deur die jare het ek in gesprekke ’n baie besliste antwoord gehad op
die standaard-vraag aan ’n musikant: “Wat is die groot droom wat jy
nog vir jou musiekloopbaan het?” Die antwoord was, en is nog steeds,
dat ek graag wil sing so lank as wat ek leef, niks minder nie en niks
meer nie. Ek het aanvanklik nie besef hoe ambisieus hierdie droom
van my júís was nie, maar soos die jare aanstap word dit vir my al
hoe duideliker. Dit is geensins vanselfsprekend dat jy maar net kan
aanhou sing so lank as wat jy wil nie. Net om gesond te bly tot op ’n
hoë leeftyd is reeds genoeg, maar om daarby ’n klompie mense te hê
wat nog na jou wil luister, om jou stem, jou gehoor- en verstandelike
vermoëns te behou en om daarby nog lus te bly vir sing – dit is genade
en ’n seën. Ek droom daardie droom steeds. Al sou ek later nog net vir
die ander bejaardes by die aftree-oord kon sing, sou dit steeds vir my
’n verwesenliking van die droom beteken.
Toe ek in 1971 as eerstejaarstudent op die destydse RAU saam met
Francois Jacobs in die koshuis begin sing het, het hy reeds twee jaar
vroeër ’n toonsetting van C. Louis Leipoldt se gedig “Boggom en
Voertsek” gedoen. “Morgie” – sy bynaam omdat hy van Morgenzon
af gekom het – het deur sy sinvolle toonsetting ’n vermoede by my
bevestig: dat ons taal net so goed soos enige ander taal mooi liedere
of liedjies kan oplewer. Teen daardie tyd was ’n groot persentasie
van die bekende ligte Afrikaanse liedjies op ’n estetiese vlak so
ontoereikend dat ek nie mense kon kwalik neem wat anders gedink
het nie. Van toe af het dit al hoe meer my passie geword om my
vermoede verder te staaf, maar om ook ’n rol in die bevordering,
beoefening en verbetering van Afrikaanse musiek te speel. Deur die
jare het dit al hoe duideliker geword dat Afrikaans tuis kan wees in
enige genre, solank daar maar net talentvolle kunstenaars na vore
kom wat hulle op die skryf en uitvoering van Afrikaanse musiek toelê.
Die toelê beteken vir my om tyd en moeite af te staan daaraan, om
musiek en liriek in die regte verhouding tot mekaar te laat staan in
’n liedjie.
Onderweg 6 sep dvz jr DVZ.indd 7 2011/09/07 12:43:19 PM