Top Banner
Omgeruil aan die kruis op Golgotha . . .
15

Omgeruil by die kruis op golgotha

Jun 14, 2015

Download

Documents

meliscl
Welcome message from author
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Transcript
Page 1: Omgeruil by die kruis op golgotha

Omgeruil aan die kruis op Golgotha . . .

Page 2: Omgeruil by die kruis op golgotha

Die kruis op Golgotha het twee kante . . .

Elke mens op aarde word die een of ander tyd in jou lewe deur die werking van die Heilige Gees gelei om voor die Kruis op Golgotha stil te staan …

Hier by die voete van Jeshua moet jy ‘n persoonlike keuse maak wat jou toekoms vir altyd sal verander . . .

Wanneer jy besef dat alles wat met Jeshua aan die kruis gebeur het na regte oor jou moes kom, omdat jy as gevolg van die sondeval in die tuin van Eden onder die oordeel van God staan, moet jy net soos die rowers aan die kruis een van twee keuses uitoefen . . .

Page 3: Omgeruil by die kruis op golgotha

Jy kan Jeshua dank dat Hy in jou plek aan die kruis gesterwe het & jy kan Hom versoek om jou sondes te vergewe & jou van alle ongeregtigheid te reining . . .

Of jy kan die keuse uitoefen om die rug te draai op God se Seun & vir ewig van God verwyderd wees . . .

Die keuse is joune . . .

Jy kan jouself met Jeshua die Messias vereenselwig deur te erken dat Godregverdig sou wees as jy self vir jou sondes die straf moes dra…

Die kruis op Golgotha kan jou met God versoen, of vir ewig van God verwyder . . .

Aan die Kruis bevestig Jeshua die verbond om die mens van die ewige dood vry te koop . . .

Page 4: Omgeruil by die kruis op golgotha

Jeshua het aan die kruis die vyandskap of oorlogtoestand tussen die sondaar & God beeindig, want daar is Hy vir jou sondes gestraf . . .

Hy het plekke met jou omgeruil, jou sondes met Sy bloed bedek & sodoende aan die kruis vrede tussen God & die mens bewerk . . .

Aan die Kruis word oorlog vir vrede omgeruil . . .

Page 5: Omgeruil by die kruis op golgotha

Wanneer jy begryp & aanvaar dat Jeshua as jou plaasvervanger gesterf het & deur Sy bloed jou sondes voor die aangesig van God bedek het, vind daar in ooreenstemming met die

bloedverbond tussen God & Sy Seun, ‘n groot geestelike werk in jou lewe plaas . . .

Die Wedergeboorte . . .

Die geestelike werk van Wedergeboorte is soortgelyk aan die proses van “omruiling” wat aan die Kruis op Golgotha plaasgevind het . . .

Page 6: Omgeruil by die kruis op golgotha

Sonde het die sondelose Jeshua ‘n sondaar voor God gemaak . . .

So was ek & jy in Hom aan die kruis op Golgotha . . .

Die sondige natuur waarmee jy uit die bloedlyn van die eerste Adam gebore is, word deur Jeshua op Hom geneem toe Hy die bitter beker van sonde moes leeg drink . . .

Jou sondes is in Sy liggaam op die kruishout gedra, sodat jy die sonde kan afsterwe & vir geregtigheid kan lewe I Petrus 2:24

Onskuldige ruil plek met die skuldige . . .

Page 7: Omgeruil by die kruis op golgotha

Die feit dat Jeshua uit die duisternis van dood opgestaan het dien as bewys dat Hy die stryd vir die aflegging van ons sondes teen die vader van sonde gewen het . . .

Jou gees word gereining van alles wat in die sondige bloedlyn oorgeerf is & die lewe wat in Christus is word in jou gees geplaas . . .

Dit is waar die omruiling in jou gees plaasvind .. . Satan se natuur uit & Christus se natuur in . . .

Nou het jy jou ware identiteit naamlik Christus in jou . . .

Aan die Kruis word jou gees vanuit ‘n geestelike dooie toestand omgeruil tot die ewige lewe . . .

Page 8: Omgeruil by die kruis op golgotha

Aan die kruis word my wil omgeruil vir die wil van God die Vader . . .

Ek onderwerp my WIL aan die WIL van die Vader sodat die “eie ek” saam met Jeshua aan die kruis sterwe & die “eie ek” dood gereken word vir die sonde . . .

Romeine 6:12 se: “Reken jouself dood vir die sonde, sodat dit nie meer in jou liggaam heers nie”

Elke gedagte, elke versoeking, elke optrede word nou onderwerp aan die WIL van God deur te STOP, die gedagte of versoeking te oordink,

jou reaksie om te ruil vir die wil van God & dan eers te doen . . .

EIE WILGOD SE WIL

Tydens wedergeboorte word die mag van sonde oor jou verbreek wanneer jy saam met Jeshua sterwe en jou eie wil uit vrye keuse aan God onderwerp . . .

Page 9: Omgeruil by die kruis op golgotha

Op Golgotha het Jeshua die volle oordeel vir jou ou sondige natuur op Hom geneem & is dit in alle opsigte saam met Hom gekruisig

In hierdie tyd is die saad van sonde (Satan) deur die saad van die vrou (Jeshua) oorwin. . . Soos in die tuin van Eden voorspel was . . .

Jeshua het die kop van Satan vermorsel nadat die nagevolge van sonde vir Hom pynlik aan die hakskeen gebyt het. . .

Wanneer jy Jeshua die Messias as jou Verlosser aanneem skenk God van Sy goddelike krag wat tot die lewe & godsvrug dien & word jou sondige natuur omgeruil sodat jy daardeur ‘n

deelgenoot kan word van die goddelike natuur . . .

Aan die Kruis word ou natuur omgeruil vir ‘n Goddelike natuur . . .

Page 10: Omgeruil by die kruis op golgotha

Deur die liggaamlike geboorte op aarde het jy deel aan die bloedlyn van Adam, ‘n sondige natuur wat van God verwyderd is . . .

As jy op die lyn bly is jou enigste ewige bestemming die hel, ‘n plek waar God nie teenwoordig sal wees nie . . .

Daar is ‘n ander uitweg as jy nie van God verwyderd wil wees nie . . .

Daarvoor moet jy uit die bloedlyn van Adam gehaal word & in die bloedlyn van Christus oor geplaas word . Dit is presies wat met Wedergeboorte gebeur . . .

Aan die Kruis word jou bloedlyn omgeruil . . .

Page 11: Omgeruil by die kruis op golgotha

Omruiling van Stamboom & Stamhoofde

Deur geboorte is jy deel van Adam se stamboom

Deur die geestelike wedergeboorte word jy uit die stamboom van Adam verwyder & na Christus se stamboom oorgeplaas . . .

Nou stam jy van Jeshua af, want Christus is die Saad & jy is Sy na-saad . . . .

Page 12: Omgeruil by die kruis op golgotha

Omruiling van posisie & status . . .

Aan die einde van tyd sal almal wat die Seun van God verwerp het voor die Regterstoel van God verskyn om geoordeel te word . . .

Tydens hierdie hofsitting sal God die Regter wees, jy die aangeklaagde & Satan die aanklaer . . .

Wanneer jy Christus as Verlosser aanneem verander jou posisie voor die Regter omdat Jeshua as plaasvervanger vir jou, nou voor God intree as jou Advokaat . . .

Jou geloof in Jeshua die Messias & Redder van die mens, gee aan Hom die Mag om jou posisie voor God om te ruil van skuldige na wettiglik onskuldig . . . Omdat Hy jou sondeskuld op Hom geneem en die straf daarvoor gedra het

Jy het dus in God se Seun wettiglik vryspraak van al jou sondes wanneer jy in Hom glo . . .Jou status as beskuldigde word omgeruil na vrygespreek !

Page 13: Omgeruil by die kruis op golgotha

Aan die Kruis word jou terrein het omgeruil . . .

Deur die wedergeboorte word jy van Satan se gebied na Jeshua die Christus se gebied oorgebring . . .

Aan die Kruis op Golgotha het Jeshua jou verlos van die mag van die duisternis & oorgebring in die Koningkryk van die Lig, die Koningkryk van Sy Liefde . . .

I Kolosense 1:13

Jy beweeg na die wedergeboorte op nuwe terrein . . .

Geestelike groei & geloofsekerheid verseker dat jy nie jou geestelike gebied in Christus deur sonde aan Satan afstaan nie…

Page 14: Omgeruil by die kruis op golgotha

Die Hoofboodskap van die kruis op Golgotha is versoening met God die Skepper . . .

Hierdie versoening word bewerk deur die proses van omruiling . . .

Deur saam met Jeshua te sterwe word die liggaam vir sonde gedood, die eie wil word vir die WIL van God geruil & jou ewige dood word vir die ewige lewe in Christus omgeruil . . .

Die keuse is joune . . .

Page 15: Omgeruil by die kruis op golgotha