This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
“It’s amazing what can be accomplished if you don’t worry about who gets the credit.”
Ondersteun die sendinggeloofsoffer deur ‘n aftrekorder te teken.
Bankbesonderhede:Absa Bank
Takkode 632 005Rek nr 405 041 9146
Ons kan saam ‘n verskil in die wêreld maak!!
Baie dankie aan elkeen wat reeds ‘n bydrae maak.
SENDING GEBEDSVERSOEKE
HOSPITAAL SENDING (Petro Zaayman) Bid asb vir: Miederpark groep wat vandag by die
hospitaal die boodskap bring.
PETRO ZAAYMAN SE GEBED VIR POTCH HOSPITAAL Bid vir beskerming en wysheid vir Hospitaal en personeel in krisis situasies. Vader ons kom na U toe in die Naam van Jesus Christus en ons verklaar ons totale afhanklik-heid van U. Ons gee elke personeellid en dok-ter van Potchefstroom hospitaal vir U – laat U wil geskied en U koningkyk kom. Geen wapen wat teen enige een gesmee word sal stand hou nie en elke tong wat teen iemand daar opstaan verwerp ons. Ons geregtigheid is van U, o Here van die leërskare. Ons bid vir beskerming teen enige gevare en aansteeklike siektes. Ons bid vir dokters en personeel vir insig en wysheid, veral in krisis situasies waar besluite geneem moet word. Nou verklaar ons o Here, dat U alleen ons God is, en dat daar buiten U, geen ander is nie – ‘n regverdige God en Redder, die Vader, die Seun en die Gees en ons aanbid U. Ons bid die beskermende bloed van Jesus Christus oor elke dokter en personeellid. En dat U, U engele sal opdrag gee om ‘n muur van vuur om die hospitaal self te bou. Ons verklaar dat ons sterk en vol moed is, en nie bevrees en verskrik is nie, want dit is U Here ons God wat saam met ons trek, U sal ons nie begewe of verlaat nie (Deut 31:6). Die Here ons God is met ons, oral waar ons heengaan (Jos 1:9). In die Naam van Jesus Christus, die Naam bo elke Naam, Amen.
3
BOTSWANA SENDING (Jerry en Magda) Dankie vir: Die uitreikspan wat so baie vir ons beteken en
doen vir die uitbreiding van die Here se konink-ryk.
Bid asb dat die Here meer siele tot ons ge-meente sal toevoeg.
Oral waar ek die evangelie neem, hul ontvank-lik sal wees.
MALAWI SENDING (Pieter) Bid asb: Pieter stuur ‘n boek wat hulle in Yao vertaal
het, na OM in Suid-Afrika vir druk. Bid asb daar-voor.
Bid vir ’n Christen wat vir Pieter kom raad vra het. Hy sê hy het dinge in sy lewe toegelaat wat maak dat hy nie stiltetyd kan hou nie. Bid asb dat sy ore sal oop wees sodat hy die stem van die Here kan hoor.
Bid asb elke dag vir die Christene. Dat hul Jesus se liefde sal uitdeel aan die wat hul nie goedgesind is nie.
Bid asb vir die village-mense wat almal besig is in hulle lande. Ons is so dankbaar dat hul nou groente uit die tuin kan eet. Ons sukkel net baie met die siektes wat die tamaties so aanval.
4
HOSPITAAL OPNAMES
Wanneer lidmate van die gemeente op-
geneem word in Potch Medi Kliniek, moet
hulle asseblief by opname duidelik meld dat
hulle lidmate van die NG Kerk Miederpark is.
Dit maak dit vir die leraars makliker om hulle
tydens die weeklikse hospitaalbesoeke
(Dinsdae en Donderdae) op te spoor.
GEBEDSVERSOEKE
By die sydeur en in die ingansportaal is ’n
houtkassie gemerk ”Gebedsversoeke” As
jy wil hê ons moet saam met jou bid oor ’n
saak of dat ons by jou huis saam met jou
moet kom bid, gooi jou versoek in die
houer en dit sal opgevolg word.
KLEREBANK
Die klerebank het dringend van die volgende items nodig as u kan help asseblief. Gordyne en beddegoed; Mans/vroue tekkies 6-8; Mans/vroue/kinders sweetpakbroeke alle groottes; Daar is ‘n groot tekort aan enige skoene asb. Vir mans vrouens en kinders. Enige ou klere of bruikbare items sal waardeer word. Sonet Brooks 083 308 7796
GEBEDSKRYGERS Die Heilige Gees het ‘n paar gebedskrygers bymekaar gebring om elke oggend in die gebedskamer saam te bid vir die werking van die Heilige Gees . Indien die Heilige Gees met jou nou praat om ook deel te word van die gebedskrygers is jy baie welkom om deel van die groep te word. Hier is ‘n geleentheid waar jy ‘n verskil kan maak !!
VERITAS SENDING (Ds Dawie en Naomi) Vir die volgende twee weke sal ons nie tuis wees nie, daarom vra gee ons vandag net verskeie sake vir voorbidding in hierdie tyd:
Ons besoek aan Marianne en Thomas in Londen volgende week. Marianne (ons jongste dogter) is op die einde van haar swangerskap en haar dogtertjie kan nou enige tyd haar opwagting maak. Bid asb vir die bevalling en ook vir die nuwe aanpassing vir Thomas en veral vir klein Hugo (2).
Dan gaan ek ook by André en Hannien le Roux inloer. Hulle is besig met kerkplanting en werk onder moeilike omstandighede in Zutendaal, België. Bid asb vir hulle bediening en dat die besoek daar vir ons almal nuwe deure sal oopmaak. Vandaar gaan ek na Johan en Rita Bloemhof aan die suidwestelike buitewyke van Parys in Frankryk. Daar gaan ons vier lede van die groepie wat verlede jaar as fasiliteerders vir Module 1 toegerus is, ook toerus as fasiliteerders vir Module twee. Bid asb vir hierdie opleiding maar veral vir die groei van die werk in Frankryk. Dit is ‘n baie moeilike gebied om in te werk. Ons kan ook die Here dank vir die volgende:
Ons het verlede week voorbidding gevra vir die een gemeente in die Kaap wat tevore ‘n gebou in Woodstock gehuur het waarvan die eienaar nie die huur wou verleng nie. Ons is saam met hulle dankbaar dat hulle ‘n baie dienlike bovertrek in Soutrivier ‘n blok van die stasie af en op ‘n MyCity busroete gekry het. Dit is dus maklik bereikbaar vir opleiding.
Ons is ook dankbaar vir die groepe wat besig is met opleiding in die Wes-Kaap. Bid ook vir die groepie bekeerde M o s l e m s in die Strand wat Kobus Cilliers fasiliteer; vir Philip Coetzee wat ‘n interkerklike Bybelstudiegroep in die Strand met Module 1 fasiliteer en dan vir die Franssprekende groepe van Jean-Blaise en sy span.
5
6
Huwelik : Raad oor die huwelik uit die mond van die suigling. Hoe besluit jy met wie om te trou? Jy moet iemand soek wat van dieselfde goed as jy hou. Soos bv. As jy van sport hou moet sy daarvan hou dat jy van sport hou en die chips en dip bly aandra. (Alan, 10) Geen mens besluit regtig voor hulle groot is met wie om te trou nie. God besluit dit lank voor die tyd, en jy vind eers later uit met wie jy sit. (Kirsten, 10) Wat is die regte ouderdom om te trou? Drie en twintig - want dan ken jy die persoon vir 'n ewigheid. (Camile, 10) Geen ouderdom is 'n goeie ouderdom nie. Jy moet simpel wees om te trou (Freddie, 6) Hoe kan 'n vreemdeling getroude paartjies uitken? Jy sal maar moet raai, maar kyk of hulle op dieselfde kinders skree. (Derrick, 8) Wat dink jy het jou ma en pa in gemeen? Nie een van hulle wil nog kinders hê nie. (Lori, 8) Wat doen meeste mense as hulle uitgaan? Uitgaan is vir die plesier en mense moet dit gebruik om mekaar beter te leer ken. Selfs seuns het iets om te sê as jy lank genoeg luister. (Lynette, 8) As mense die eerste keer uitgaan vertel hulle vir mekaar 'n klomp leuens wat hulle genoeg interesseer om weer uit te gaan. (Martin, 10) Wat sal jy doen as jou eerste afspraak skeef loop? Ek sal huistoe hardloop en maak of ek dood is. Die volgende dag sal ek al die koerante bel om seker te maak dat hulle oor my skryf in die doodsberigte. (Graig, 9) Wanneer kan jy iemand soen? As hulle ryk is. (Pam, 7) Die wet sê jy moet 18 wees en ek gaan nie daarmee stry nie. (Curt, 7) Die reël sê as jy iemand soen, dan moet jy met haar trou en kinders hê. Dis die regte ding om te doen. (Howard, 8) Is dit beter om te trou of moet mens alleen bly? Dis beter vir meisies om alleen te bly maar seuns het iemand nodig om agter hulle aan te loop en skoon te maak. (Anita, 9) Hoe sal die wêreld anders wees as mense nie getrou het nie? Daar sal verseker 'n klomp kinders wees wat verduidelikings soek (Kelvin, 8) And the winner is.... Hoe sal jy 'n huwelik laat werk? Vertel vir jou vrou dat sy mooi lyk al lyk sy soos 'n lorrie. (Kelvin, 8)
7
Okto
ber verja
ars
da
e
01/10 Jacqueline Storbeck
02/10 Sorika Nieuwoudt
Nadene Smith
Santies Smith
03/10 Hannetjie Deysel
Sarie Labuschagne
04/10 Norman Tullues
05/10 Jan Kotze
Paula Pretorius
Rika Scholtz
06/10 Riëtte De Witt
Trien Engelbrecht
Simone Pretorius
Poppie Swanepoel
07/10 Gerard Van Zyl
08/10 Nielen Conradie
Janie Lindeque
09/10 Morne Meyer
Ruan Vinger
10/10 Cynthia Meyer
11/10 Leon Nel
12/10 Stoney Steenkamp
Arend Van Wyk
Anika Venter
13/10 Frans Kearney
Klits Viljoen
14/10 Bianca De Klerk
William Pansegrauw
Danie Rossouw
Riekie Van Niekerk
15/10 Marli Janse van Rensburg
16/10 Johan Swart
Gert Venter
17/10 Dale-Mari Dahms
Jenny Pieterse
Margareth Van Niekerk
18/10 Brendon Venter
19/10 Ria Freund
Natie Kearney
20/10 Kai Van Heerden
Erna Van Rooyen
22/10 Baby Brits
Trudy Brooks
23/10 Elize Oosthuizen
Pieter Van Greunen
24/10 Seth Froneman
Des Humpel
Augusta Le Roux
Eugene Le Roux
Cobe Strauss
Olaf Strauss
25/10 Fran Olwagen
Thom Swart
26/10 Leon Greyling
27/10 JP Du Toit
Rudi Mieny
Dawid Strydom
Petro Van der Merwe
Anita Van Heerden
28/10 Ansu De Klerk
29/10 Leande Britz
Jose Castanho
30/10 Stiaan Calitz
Freda Esterhuizen
31/10 Sharon Beyers
Maxie Du Toit
Jean Jacobs
Esme Oosthuizen
Sally Schoeman
IEDERARK KLEIN ADVERTENSIES
Beperkte spasie is beskikbaar gestel vir klein advertensies @ R100 pm (vir vier plasings)
vir ‘n spasie van 75mm x 70mm. Dit sluit ‘n outomatiese verskyning op die webblad in.
Die koste van ‘n A5 bladsy beloop dan R600 pm. Inbetalings word by die kerkkantoor ge-
doen. Advertensies word vooraf opgestel en elektronies tesame met die inbetalings-
bewys na Naomi gestuur. (Naomi en die Mediabestuur hou die reg voor om adverten-
sies wat indruis teen die etos van die gemeente, nie te plaas nie. Die voorreg om in die
Iederark te adverteer is slegs vir ingeskrewe lidmate van die gemeente beskikbaar.)
Die grootte van die oplaag word nie gewaarborg nie en word steeds gedruk na die be-