19 Maak verkleinwoorde van die woorde wat op bladsy 15 en 16 donker gedruk is. Voorbeeld: troukar + re + tjie = troukarretjie rol _________________________ blom _________________________ tolle _________________________ valle _________________________ lem _________________________ skerp _________________________ donker _________________________ huil _________________________
15
Embed
Ü Maak verkleinwoorde van die woorde wat op bladsy 15 en ......Ü Maak verkleinwoorde van die woorde wat op bladsy 15 en 16 donker gedruk is. ... Nou luister Elanie baie mooi, want
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Transcript
19
Maak verkleinwoorde van die woorde wat op bladsy 15 en 16 donker gedruk is.
Voorbeeld: troukar + re + tjie = troukarretjie
rol _________________________
blom _________________________
tol le _________________________
val le _________________________
lem _________________________
skerp _________________________
donker _________________________
huil _________________________
20
Gee teenoorgesteldes (antonieme) vir die volgende:
oop _________________________
vrolik _________________________
saggies _________________________
groot _________________________
oud _________________________
Teken ’n prentjie van die storie by Kreatiewe werk.
Verryking, nasorg en aanvul lende werk____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________
Kreatiewe werkTeken die gedig “Boetie se sywurms”.
24
Week 3: Katoen Datum: ____________
Kareltjie Katoenblom
Kareltjie se ogies blink terwyl hy vertel. “Soos al le plante begin die katoenplantjie ook by ’n saadjie. Die saadjies word op Mnr Boer se plaas in goedvoorbereide grond geplant. Kareltjie verduidelik dat boer die saadjies natlei. Die klein plantjies word teen peste bespuit en moet uitgedun word sodat dit nie naby aan mekaar groei nie.”
“Nadat die plantjies twee maande gegroei het, begin ek en my vriendjies ons blomknopgesiggies wys. As ons blomme eers oop is verander dinge baie vinnig. Roomwit, donkergeel, pienk en dan donkerrooi, dit is al die reënboog kleure waarin ons vrugte verander voordat dit afval.” “Hoe lyk die blom dan?” vra Elanie. “Groen, grasgroen”: lag Kareltjie.
Nou luister Elanie baie mooi, want sy is baie nuuskierig om te weet wat met die katoenbol le gaan gebeur. Karel vertel dat die saadjies binne in die katoenbol begin vorm en dat die nat vesels in die katoenbol begin swel. Die vesels swel so baie dat die katoenbol le van vreugde in die son oopbars soos wit watte.
“Nou is ek en al my Katoenbol-vriendjies gereed om geoes te word. Ons word gepluk en ry skommel-skommel in die groot vragmotors na die pluismeule.”
“Wat gebeur by die pluismeule?” wil Elanie ywerig weet. “Wees geduldig, jy gaan nou-nou hoor!” verduidelik Kareltjie. “By die meule word daar woes met ons gewerk. Ons word met groot pype opgesuig van die vragmotors af tot binne die meule. Ons word skoongemaak, gepluis en ons saadjies word van ons katoenlyfies geskei. Ons is niks bang nie en gee
25
ook niks om nie. Ons weet as daar so woes met ons gewerk word, gaan ons nog lank nuttig gebruik word.” “Ek sal maar ’n bietjie bang gewees het” sê Elanie.
“Wat word van die saadjies, Kareltjie”, vra Elanie, “gooi hul le dit weg?“ “O, nee, ons saad word gepars todat die olie daaruit spat en dan word die olie gebruik in al lerhande produkte soos slaaisous en margarien. Die geparste deel van die saad word as veevoer en kunsmis gebruik. Natuurlik word die beste saadjies gehou sodat die boer dit die volgende jaar weer kan plant.”
Lees die leesstuk en skryf dan jou eie sin langs elke prentjie.
________________________________________________
________________________________________________
________________________________________________
________________________________________________
________________________________________________
________________________________________________
________________________________________________
________________________________________________
________________________________________________
________________________________________________
________________________________________________
________________________________________________
26
Raaisels Datum: _____________
Lees die raaisel vir jou maat en kyk of hy die antwoord kan vind.1. So groen soos gras,
so wit soos was,so rooi soos bloed,so suikersoet. (waatlemoen)
2. Al wieker, al wakker!Al oor die akker.Die dooie maakdie lewende wakker. (’n sweep)
________________________________________________
________________________________________________
________________________________________________
________________________________________________
________________________________________________
________________________________________________
________________________________________________
________________________________________________
________________________________________________
________________________________________________
________________________________________________
________________________________________________
27
3. Swart is die water,wit is die land:vyf soldateen een kommandant. (skryf ’n brief met ink)
4. Hier kiep-kiep! Daar kiep-kiep!Woerts! in die hoekie. (’n besem)
5. Op ons plase bontdaar loop menere rond.Hul le het voete, maar geen hande;hul le het monde, maar geen tande;hul le het baarde, maar geen hare;hul le is aangetrek, maar nie met klere. (hoenderhane)
6. Hom ti, hom ta,hom talala,hom stert, hom sta,hom ô ô ô. (’n varkie)
7. Duisend klein meisies metrooi rokkies aan,woon almal lekker in ’n groen huisie saam. (granaat)
8. Intel, tintel, tonteldoos - in die land hang daar ’n roos,vol van hare, vol van blare - intel, tintel, tonteldoos. (mieliekop)
9. Waar klein Griet loop,daar is dit plat;waar sy trap,daar is dit glad. (strykyster)
28
Datum: _____________
Lees die gedigte van Mart Meij:
My skoene
Ek dink my skoene huil want hul le is verkriklik vuil. Die tweetjies lyk maar regtig sleg, netnou loop die paartjie weg! Ek sal gou politoer aan hul le smeer, dan blink hul neusies weer.
My nare hemp
Onderbroekie pluk ek aan in ’n kits.Sandale aan my voete, so vinnig soos blits.My broekie trek ek sommer maklik aan,maar die nare hemp wil net nieoor my koppie gaan!
Winter en Somerklere
In die winter sê die wind: Sjoe! Sjoe!Dan draai ek my ore met my bruin serp toe.In die somer skyn die son op my kopDan sit ek my goudgeel hoedjie op!!
Die katoenplant groei slegs waar die son baie warm en die reënval gereeld is. Katoen groei aan ’n plant wat blomme dra net soos stokrose. Hierdie plante word in die lente geplant. Wanneer die saad ryp word, word dit donkerbruin en barsoop. Wit, wol lerige donse wat nes sneeubal letjies lyk, sit orals aan die plant. Voorheen is katoen met die hand gepluk, maar vandag word ’n groot masjien gebruik wat die katoen pluk. Harde saad word uit katoenvesels gehaal en die katoen word in bale gestop. By die fabrieke word die katoenvesels gekam en skoongemaak deur ’n groot masjien. Die masjien kam die koeke uit, net, soos ons, ons hare kam. Dit word nou in ’n lang dun draad gespin. Hierdie draad word om ’n tol gedraai en die materiaal word deur ’n masjien geweef. Katoenmateriaal word gekleur of patroontjies word daarop gedruk. Die rol le materiaal word na die winkel gestuur. Katoen is koeler as wol of sy in warmer lande. Onbewerkte katoen word gebruik vir watte. Ander gebruike: magarien, klere en motorbande.
30
Lees die leesstuk oor katoen en antwoord die vrae: