Top Banner

of 12

Nuwe Lewe Montagu Maandblad 2

Aug 07, 2018

Download

Documents

Zelda Roscherr
Welcome message from author
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Transcript
  • 8/20/2019 Nuwe Lewe Montagu Maandblad 2

    1/28

    1

    Gemeente van die AGS

    An Apostolic Faith Mission Congregation

    Bulletin 2

    2016

    Ons missie is om mense na Jesus toe te lei op enige manier!

    Our mission is to lead people to Jesus by any means

    possible.

  • 8/20/2019 Nuwe Lewe Montagu Maandblad 2

    2/28

    2

     B  EDIENINGE /   M  INISTRIES  Abigails Wendy Strydom 084 501 7377

    Admin Petru Groenewald 0733705416

    Petrugroenewald@telkomsa.

    net

    Chaplain / Kapelaan Richard Thomson 083 990 1910

    [email protected]

    Ouderlinge / Elders Johan Stemmet 082 572 3855

    [email protected]

    Gebedsaksie / Prayer action Hannes van Rooyen 084 517 1226

    Jeug / Youth Emile Verreynne 079 624 3021

    [email protected]

    Kinderkerk / NL3Q Thys Verreynne 082 867 9086

    [email protected]

    Kommunikasie /

    Communication

    Zelda Roscherr 082 469 0094

    [email protected] / Men @ 6 Cobus Uys 082 789 5079

    [email protected]

    Learn 2 Lead Dave Smith 082 990 7955

    [email protected] 

    Musiekspan / Worship team Annie Naudé 079 877 3929

    [email protected]

    NuweLeweLand Akademie Maraleze Bosman 083 301 9047

    [email protected]

    Nuwe Lewe Studente Sentrum Tina Verreynne 023 100 0049

    [email protected]

    Sondag / Sunday Creche Alet Stemmet 079 346 1086

    [email protected]

    Tegnies / Technical Stephan van der

    Walt

    079 311 9971

    [email protected]

    Terrein & Geboue /

    Maintenance

    Frans White 073 318 1626

    [email protected]

    Transformasie /

    Transformation

    Tina Verreynne 076 287 4415

    [email protected]

    Vroue / Women Elsa van Heerden 083 641 5826elsa.vanheerden1234@gmail.

    com

    O  MGEEGROEPLEIERS  Johan van Nooi 079 977 3123 [email protected]

    Elsa van Heerden 083 641 5826 [email protected] 

    Leon Steenkamp 082 414 0756 [email protected] Esterhuyse 076 242 3635 [email protected]

    mailto:[email protected]:[email protected]:[email protected]:[email protected]:[email protected]:[email protected]:[email protected]:[email protected]:[email protected]:[email protected]:[email protected]:[email protected]:[email protected]:[email protected]:[email protected]:[email protected]:[email protected]:[email protected]:[email protected]:[email protected]:[email protected]:[email protected]:[email protected]:[email protected]:[email protected]:[email protected]:[email protected]:[email protected]:[email protected]:[email protected]

  • 8/20/2019 Nuwe Lewe Montagu Maandblad 2

    3/28

    3

    V  ERJAARSDAE /   B  IRTHDAYS

    03/2016

    5 Hennah Flesch 7 AnnamarieBoyder

    7 Hanette

    Rautenbach

    8 Jaco du Plessis (7) 9 Thys Verreynne 10 Petro Strydom14 Samantha Beukes

    (15)

    24 Henley

    Booysen

    24 Maretha Visser

    25 Louisa Booysen 26 Willem Boyder 31 Mieke du Toit

    31 Markus du Toit

    04/2016

    3 Albert Esterhuyse 9 Amy van Zyl(10)

    12 Allen Roscherr

    14 Petru Groenewald 15 Elizma Gous 19 Mario van Dyk

    30 Charmaine Bruwer

     H UWELIKSHERDENKINGS /   A NNIVERSARIES  

    03/2016 04/2016

    8 Christine & Kootjie Laubscher 5 Johan & Daleen

    Marais9 Alta & Dave Smith 5 Cherise & William

    Thomson

    17 Jaco & Charmain Bruwer 7 Fred & HanetteRautenbach

    28 Jo & Ollie Prentice 16 Ronel & Philip Fouché

    29 Edith van Niekerk

    30 Annetjie & Danie Pienaar

    Indien jou inligting verkeerd is of nie ingesluit is nie,

    laat weet asb vir Petru Groenewald per epos:

    [email protected]. Ons wil graag die

    gemeente databasis op hoogte hou.

    mailto:[email protected]:[email protected]:[email protected]

  • 8/20/2019 Nuwe Lewe Montagu Maandblad 2

    4/28

    4

    U  IT  P  ASTOOR  LOURENS SE HART  :   G OEIE V  RYDAG OF DALK D ONDERDAG ?

    In Deuteronomium 16 en Eksodus 12

    kan `n mens die opdrag lees wat God

    aan die Jode gegee het, naamlik om elke

    jaar op `n spesifieke tyd die Pasga te

    vier. Hierdie fees was `n herdenking

    van die feit dat God die Israeliete uit

    slawerny bevry het. Volgens God se

    opdrag moes die Jode `n gewoonte

    vestig. Hulle moes die Pasga in die Lente vier, op die vooraand

    van die eerste volmaan.

    Die Nuwe Testament vertel die verhaal van Jesus se kruisiging.

    Ons lees dat Jesus tydens die pasga gesterf het. In daardie tyd

    het Jerusalem uit sy nate gebars. Daar was soveel Jode wat

    gekom het om die groot fees te vier. Wat `n wonderlike

    bevestiging weer eens – Jesus het die ware betekenis van die

    Pasga vervul. Hy was die ware Offerlam – ja die lam van God

    wat die sondes van die wêreld wegneem Op die Vrydag van die

    Pasga (so vertel Lukas 23:54) het Jesus aan die kruis gesterf.

    In ons eie tyd werk ons met die gedagte dat `n nuwe dag

    amptelik om middernag begin. In die Bybel sien ons egter

    telkens dat die dag amptelik tot `n einde gekom het wanneer die

    son gesak het. Dit is waarom die Jode hul Sabbatsfees op `n

    Vrydagaand al vier, alhoewel Saterdag eintlik die Sabbat is.

    Net so sien ons dat Jesus en sy dissipels op die Donderdagaand

    bymekaargekom het om die pasga saam te eet. Ons ken dit as

  • 8/20/2019 Nuwe Lewe Montagu Maandblad 2

    5/28

    5

    die Laaste Avondmaal. Die viering van die pasga kon begin

    omdat die son alreeds vir hulle gesak het.

    Dit is dus interessant om te besef dat Jesus die Nagmaal op `n

    Donderdagaand ingestel het. Dit was op die vooraand van die

    Vrydag wat Hy die beker opgelig het om te sê: “Hierdie is die

    Nuwe Testament in My Bloed” Lukas 22:20). Op hierdie

    Donderdagaand wat Jesus gesê het: “’n Nuwe gebod gee Ek julle,

    dat julle mekaar moet liefhê; soos Ek julle liefgehad het, moet

    julle ook mekaar liefhê”. Op hierdie Donderdagaand wat Hy die

    voete van sy dissipels gewas het. Ja, dit was op hierdie

    Donderdagaand wat Hy bloed gesweet het in Getsemane. Op

    hierdie Donderdagaand wat Hy daar in hegtenis geneem is.

    Om hierdie rede het tallose kerke deur die eeue heen op die

    vooraand van Goeie Vrydag al begin met die herdenking van

    Paasfees. In ons eie gemeente, Nuwe Lewe Montagu, was dit oor

    die afgelope paar jaar vir ons `n geseënde ervaring om so in die

    skemering van `n Donderdagaand by die kerk bymekaar te

    kom, en die instelling van die Nagmaal, ja meer nog, van `n

    Nuwe Verbond, op hierdie manier te gedenk. Sluit gerus op

    Donderdag 24 Maart om 19:00 by ons aan vir hierdie spesiale

    byeenkoms. Ons diens sal tweetalig wees, en ons gaan saam die

    nagmaal gebruik.

    Sien jou graag daar.

    Seëngroete

    Pastoor Lourens.

  • 8/20/2019 Nuwe Lewe Montagu Maandblad 2

    6/28

    6

    DR ISAK BURGER KOM BESOEK ONS WEER

    SONDAG 13 MAART. 

    Isak Burger is waarskynlik die langsdienende

    kerkleier in die land. Hy is in April 1988

    verkies as president van die AGS. Hy is

    sedertdien telkens weer herkies - ook met

    die kerk se eenwording in 1996.

    Hy is gebore op 10 Mei 1951 in Kaapstad, hetgrootgeword in Pretoria en sy teologiese studies asook sy doktorsgraad voltooi

    aan dieTeologiese fakulteit van die NG kerk aan die Universiteit van Pretoria.

    Hy bedien twee gemeentes (Balfour en Witbank-sentraal) vanaf 1974 voordat

    hy in 1982 as registrateur en dosent van die AGS Teologiese Kollege aangestel

    word.

    Isak Burger het veral bekend geword as prediker en later ook as skrywer. Hy

    tree by verskillende tussen-kerklike byeenkomste, nasionale en internasionale

    konferensies op. Hy is skrywer en medeskrywer van 'n hele aantal boeke en

    talle artikels in verskillende tydskrifte. Die sirkulasiesyfers van sy boek, “Die

    Eerste Vyf Minute na die Dood”, het ongekende afmetings afgeneem en is in

    verskillende tale vertaal.

    Hy is een van die stigterslede van Christelike Televisie in Suid-Afrika en het

    gereeld oor televisie opgetree. Ook oor die radio en veral Radio Kansel word sy

    stem gereeld gehoor.

    Isak dien reeds sedert die vroeë negentigs op die "Advisory Committee" van dieWorld Pentecostal Fellowship en is in 2004 verkies tot die Uitvoerende Komitee

    van hierdie liggaam. Hy was mede-voorsitter van die 20e Wêreld

    Pinksterkonferensie wat in 2004 in Suid-Afrika gehou is. In September 2010

    word hy as vise-voorsitter van die Pentecostal World Fellowship verkies.

    Isak plaas 'n hoë premie op 'n gesonde en fikse liggaam en besoek die

    gimnasium gereeld. Hy geniet ook sy jaarlikse jag- en hengeltogte.

    Hy is getroud met Heletia en die egpaar het drie kinders - 'n seun en twee

    dogters. Hulle woon in Silver Lakes in die Ooste van Pretoria.

    http://www.isakburger.co.za/#!biografie/cqn6 

    http://www.isakburger.co.za/#!biografie/cqn6http://www.isakburger.co.za/#!biografie/cqn6http://www.isakburger.co.za/#!biografie/cqn6

  • 8/20/2019 Nuwe Lewe Montagu Maandblad 2

    7/28

    7

    Bydra deur Annie Naudé 

    Passion 2016 – Kaapstad het Saterdag 13 Februarie by Groenpunt Stadion plaas

    gevind. Dit was ‘n okkasie wat ek vir maande na uit gesien het. 30 000 mense

    het bymekaar gekom en ‘n onvergeetlike aand beleef.

    Die aand het afgeskop met ‘n lied wat die kerk van Christus herinner dat Jesus

    weer terug kom.

    Like a bride waiting for her groom

    We'll be a Church ready for You

    Every heart longing for our King

    We sing

    Even so comeLord Jesus, come

    Dit was vir my opvallend hoe die woorde ingeskakel het met die reeks

    boodskappe van Dr. Lemmer du Plessis, wat ons vroeër die week gehoor het,

    oor die wederkoms. Dis belangrik dat ons praat oor die wederkoms, dit kweek

    hoop in die harte van die Dissipels van die Here.

    Op ‘n stadium tydens die aanbidding het die kerkleiers van Kaapstad saam op

    die verhoog gestaan en ons gelei in gebed. Ons het die Here gevra en vertrou vir

    herlewing in ons land. 30 000 was op hul knieë voor die Here neer gebuig.

    “Want daar  is geskrywe: So waaragtig as Ek leef, sê die Here, voor My sal elke

    knie buig, en elke tong sal God bely.”  - Rom 14:11

  • 8/20/2019 Nuwe Lewe Montagu Maandblad 2

    8/28

    8

    Die Boodskap was later die aand gebring deur Louie Giglio en het gehandel oor

    Een Woord . Een woord kan ‘n merkwaardige impak in ‘n mens se lewe maak.

    Baie van ons laat toe dat een woord ons lewe definiëer. ‘n Woord soos

    Egskeiding of Enkellopend , Wit, Swart, Ja of selfs Nee. Jesus het ‘n ander woord

    wat Hy oor ons uitspreek. Dit was Sy laaste woord voor Hy gesterf het aan die

    kruis. “Tetelestai” (Dit is volbring). Aan die kruis het Jesus afgereken met die die

    ou wettiese sisteme, met die sondige natuur en met self (Rom. 6:6). JesusChristus se doodsertifikaat was ons geboortesertifikaat en ons moet toelaat dat

    die Here Sy woorde van hoop oor ons uitspreek. Ons is aangemoedig om eerder

    aan die Here se woorde vas te hou as die vyand s’n. Tetelestai. 

    Die aand was afgesluit met ‘n wonderlike tyd van lofprysing en aanbidding.

    Ons het terug Montagu toe gekom vol hoop vir ons land. Die vorige aand het 40

    000 mense in Loftus bymekaar gekom vir dieselfde rede. JESUS. Om die skare so

    te sien aanbid laat my ook besef dat die Here nog nie klaar is met ons nie.“Die pad van die regverdiges is soos helder oggendlig wat groei en sterker word

    tot dit heeltemal dag is.” – Spreuke 4:18

  • 8/20/2019 Nuwe Lewe Montagu Maandblad 2

    9/28

    9

     K  INDERBEDIENINGBydrae deur Thys Verreynne | [email protected]

    ‘n Teks wat vir my baie beteken is Markus 10:13 tot 16. Dit is die baie bekende

    gedeelte waar Jesus die kindertjies seën. Ons lees dit baie, haal dit baie aan,

    maar het ons al werklik dit ook oordink? Kom ons kyk na die gedeelte.

    Jesus is dikwels gekritiseer omdat Hy te veel aandag gee aan kinders, sondaars

    en belastinggaarders. Daarom het Sy dissipels gemeen dat Jesus eerder Sy tyd

    moet deur bring met vername leiers in gesagsposisies. Die dissipels het egter

    gedink dat die kinders nie Sy tyd en aandag werd was nie en dat ander

    “belangriker dinge” Sy aandag nodig het. Jesus het egter die kinders verwelkom,

    aangesien hulle die soort geloof het waar deur ‘n mens in die koninkryk van God

    kom. Daarom is dit ook uiters belangrik vir ons om ons kinders aan Jesus voor te

    stel en hulle nie te weerhou van die Een wat hulle liefhet nie. Net so is dit ookegter belangrik om self met kinderlike geloof en aanvaarding tot Hom te nader.

    Dit was ‘n alledaagse gebruik vir ma’s om hul kinders na die priesters te neem

    om geseën te word, daarom het hulle toe die kinders na Jesus geneem om

    geseën te word. My vraag is egter, in vandag se tyd, is dit nog steeds ‘n

    hartsbegeerte by ons om ons kinders na die kerk te neem? Is ons kinders se

    geestelike lewe ook so belangrik vir ons? “ Ag, die kinders is moeg, jy moet

    verstaan hulle het gisteraand laat TV gekyk” ‘n Algemene verskoning. ( Ek hoop

    nie jy het al daai een gebruik nie !) Hoe belangrik is ons kinders werklik vir ons.Ons leer hulle by die Kinderkerk dat hulle eendag in die hemel mekaar sal

    herken, want hulle vraag is altyd “ Gaan ek vir Mamma en Pappa daar herken?

    Gaan ons weer saam wees? En Ouma en Oupa? ” 

    Kom neem nou ook daardie versekering uit dat jy verseker kan wees jy en jou

    gesin sal saam by Jesus wees. Josua het self verklaar “... maar ek en my huis, ons

    sal die Here dien.” (Josua 24:15) Maak dit ook die leuse van jou gesin en vertrou

    Hom kinderlik.

    Kinders is BAIE BAIE belangrik vir Jesus, hulle is kosbare besittings, pas hullemooi op vir Hom, want Hy vertrou jou met Sy kinders.

    mailto:[email protected]:[email protected]

  • 8/20/2019 Nuwe Lewe Montagu Maandblad 2

    10/28

    10

    Maraleze Bosman | [email protected]

    T  HE C  HILD CARE AND P  RESCHOOL T  EACHER P OEM  

    Although I am not their parent,I cuddle them each day.

    I cuddle, sing and read to themAnd watch them as they play.

    I see each new accomplishmentAnd help them grow and learn.They come to me for comfort.

    I sooth away their tears.They proudly show their work to me.

    I give the loudest cheers.

    No, I am not their parent,but my role is just as strong.

    I know some day the time will come,when we may have to part.

    But I know each child I have cared for, is foreverin my heart.

    -Author unknown

  • 8/20/2019 Nuwe Lewe Montagu Maandblad 2

    11/28

    11

     B  ARMHARTIGHEIDDaleen Marais

    So week gelede kry ek een oggend die Manna

    boodskap en ‘n gedeelte uit Ps.78 word behandel

    en veral die 38ste vers, wat dui op, God wat

    barmhartig bly en medelye met ons het, omdat Syliefde onuitputbaar is. Dit het my laat nadink oor

    hoe groot God se barmhartigheid eintlik is en wat

    dit in ons lewens beteken en wat ek en jy daarmee

    gaan doen.

    God se barmhartigheid het jou gered van jou sonde!

    Jou verlossing is 100% God se werk! In Rom 9:16 staan : “Dit hang dus nie af

    van 'n mens se wil of strewe nie, maar van God wat barmhartig is.” Jou

    verlossing is gebore uit God se barmhartigheid.

    Ons uitverkiesing, ons verlossing, ons posisie voor God staan en val by een ding

    - die barmhartigheid van God.

    God verwag nou van jou en my wat soveel barmhartigheid van hom ontvang

    het, om barmhartigheid aan ander te gaan bewys.

    Nou kan jy vra wat presies bedoel ek as ek van barmhartigheid praat? Wel daar

    is geen beter manier om barmhartigheid te verduidelik as deur die storie van

    die Barmhartige Samaritaan in Lukas 10:25-37.

    Barmhartigheid is om nie verskonings te soek nie. Waarom het die priester en

    die Leviet nie gehelp nie? Hulle het verskonings gehad. Barmhartigheid is om

    nie verskoning te soek nie, maar om uit te reik na iemand in nood, ongeag wat

    die situasie is.

    Barmhartigheid is om die persoon in nood se behoefte hoër te ag as jou eie.

    Jesus sê in sy storie dat die Samaritaan op reis was. Hy was iewers heen op

    pad! Hy moes by die ander plek uitkom! Maar sy sake en sy bestemming wasnie vir hom so belangrik dat hy nie tyd gehad het vir die man wat seer gekry het

    nie. Om ware barmhartigheid te betoon beteken om minder bekommerd te

    wees oor jou eie sake en meer om te gee vir ander en hulle pyn.

    Om iemand wat seergekry het jammer te kry. Wat sê Jesus se storie, waarom

    het die Samaritaan gehelp? Hy het hom jammer gekry. Ons kan die woord

    barmhartigheid ook vertaal met medelye. Die woord beteken presies wat hy sê,

    om saam met die lydende persoon te ly. Om sy pyn te voel en daadwerklik

    daarby betrokke te raak! Barmhartigheid is medelye in aksie!Om te doen wat jy kan. Die Samaritaan het dadelik by die man gestop, hom

    versorg met wat hy by hom gehad het. Hierdie is nogal belangrik. God vra nooit

  • 8/20/2019 Nuwe Lewe Montagu Maandblad 2

    12/28

    12

    vir jou om iets te gee wat jy nie het nie. God vra dat jy 'n naaste vir iemand

    anders moet wees met dit wat tot jou beskikking is. Wat het jy tot jou

    beskikking waarmee jy iemand anders kan help? Jy het tyd. Barmhartigheid is

    om tyd by iemand te spandeer. Om met medelye te gaan sit en luister. Dikwels

    kan jy nie die persoon se probleem oplos nie, maar deur bloot by die persoon te

    gaan sit en met medelye te luister, doen jy reeds wat God van jou verwag.

    Barmhartigheid is ook om meer van jouself te gee. Die Samaritaan neem die

    man na 'n herberg toe. Hy oornag een nag saam met hom. Die volgende more

    met sy vertrek gee hy vir die herbergier nog geld en hy belowe om as hy

    terugkom te vergoed as daar nog onkoste was. Die Samaritaan is nie van plan

    om van die man te vergeet nie. Hy het betrokke geraak. Hy het van homself

    gegee. Sy krag, sy aandag, sy geld en hy het hom in sy gedagtes gehou. Dit is om

    ware barmhartigheid te bewys.

    Barmhartigheid is om medelye te betoon sonder 'n verskuilde motief. Waaromhet die Samaritaan gedoen wat hy gedoen het? Ek kan met geen ander

    antwoord vorendag kom as dit wat in Lukas 10:33 staan nie: “ ... en toe hy hom

    sien, het hy hom innig jammer gekry.” Hy was nie gemotiveer deur wat die man

    vir hom gaan terug doen nie. Hy was nie gemotiveer deur eie voordeel nie. Hy

    was gemotiveer deur sy innige medelye met die man wat seergekry het. Jy kan

    slegs aanspraak daarop maak dat jy barmhartigheid bewys as jy dit sonder

    verskuilde agendas doen.

    Waarom moet jy barmhartigheid bewys? Jy moet barmhartigheid bewys omdat

    God onuitspreeklike barmhartigheid aan jou bewys het. Ons harte moet sag

    wees teenoor die mense wat hulleself in moeilike omstandighede bevind. Ons

    moet barmhartigheid betoon aan alle mense. Ons moet barmhartigheid betoon

    of dit nou vir ons lekker is of nie. Ons moet barmhartigheid betoon of dit ons

    baie kos of nie. Ons moet barmhartigheid betoon tot op die punt wat dit ons

    seermaak. God het lankal reeds die grootste moontlike vorm van

    barmhartigheid aan ons bewys. As ons dan die wonderlikste barmhartigheid uit

    God se hand ontvang het, hoe kan ons ons rug op ander draai wat ons hulp en

    bemoediging nodig het?

    Is dit nie dan vir jou baie duidelik

    wat die uiteinde is van die wat

    barmhartigheid bewys nie, aan

    hulle sal barmhartigheid bewys

    word. God het barmhartigheid

    aan ons bewys, daarom moet ons

    barmhartigheid aan ander bewys.

    Geseënd is dié wat barmhartig is,want aan hulle salbarmhartigheid bewys word -

     Matteus 5:7

  • 8/20/2019 Nuwe Lewe Montagu Maandblad 2

    13/28

    13

    W  HAT IS THAT AROMA?Contribution by Zelda Roscherr

    The Romans had a some very interesting laws and some equally gut wrenching

    punishment. We are most familiar with the cruel punishment of crucifixion. But

    do you know that they also bound the corpse of a murder victim to the back of

    the condemned murderer! This was a death penalty and it was illegal to removethe corpse from the body of the guilty party. The dead body would start

    decaying. The sickness and vile germs of the corpse would eventually kill its

    host. As you can imagine, the stench of the rotting, decaying corpse would

    surround the carrier wherever he went. In fact, it not only followed him but it

    probably announced his arrival well in advance!

    Have you ever tried to carry a heavy object? When it weighs you down, your

    back is bent and you can only look down. It is impossible to lift your head and

    look at the road in front of you. You can definitely not look up at the horizon oreven the skies.

    What corpse do you carry on your back? Bitterness, unforgiveness, being easily

    offended, hatred, pessimism, addiction…? When people see or hear you, does

    the stench of the corpse reach them before you do. Does the stench linger long

    after you have left? The corpse on your back tends to become all consuming.

    People start knowing you by your corpse.

    The good news is that we can lay that body down at the foot of the cross! You

    don’t need to carry the corpse on your back. You can choose to exchange the

    sickly smell of death clinging to you for the sweet aroma of salvation. Jesus not

    only carries your burden but He makes you a new creation. He removes the

    smell of decay and replaces it with His sweet fragrance.

    The first step is to accept Jesus as your Saviour. Let go of the past and the

    offenses. Embrace your new life. Make the decision every day to let your life be

    a Christ-like fragrance to God (2 Cor 2:15).

  • 8/20/2019 Nuwe Lewe Montagu Maandblad 2

    14/28

    14

    :

  • 8/20/2019 Nuwe Lewe Montagu Maandblad 2

    15/28

    15

  • 8/20/2019 Nuwe Lewe Montagu Maandblad 2

    16/28

    16

    Bydra deur Tina Verreynne

    Met die eerste kwartaal wat goed op dreef is en met

    die kinders wat so besig is, kan ons net van

    dankbaarheid getuig dat daar ‘n Studentesentrum is.

    Tans is daar 23 kinders waarvan 19 kinders elke dag

    by die nasorg is om hul huiswerk te doen. Die kindershet hul eie idees van die nasorg geskryf en julle kan

    lees wat hulle indrukke is.

    Justin:  Dit is baie lekker. Ek het baie maats en ek

    hou daarvan om by die parkie te speel. Ek hou

    daarvan om bok-in-die-hok te speel. Ek hou baie van

    die nasorg.

    Angelo: Daar is baie maatjies en ek hou van die maatjies.

    Zoë: Die nasorg gaan om die dissipline wat tannie Tina gee. Dit is lekker as

    almal hul deel doen en dan stry niemand nie.

    Marné: Dit is so lekker hier by die nasorg, want die tannies help ons met die

    huiswerke. Ek het baie vriende hier en ons speel lekker speletjies saam en ons

    vertel mekaar van die Here. Dankie baie!

    Alex: Die nasorg is baie lekker vir my.

    SG: By die nasorg moet ons luister en moet ons die huiswerke doen. Ons moet

    soet wees.

    Gehano: Die nasorg is lekker. Tannie Tina en tannie Annamarie help ons met

    ons huiswerke en dis baie lekker by die nasorg. Die speletjies is ook baie lekker.

    Kayla: Die kos is baie lekker en dit is veilig hierso.

    Chersteline: Dit is so lekker hier by die nasorg. Dit is heerlik om saam met die

    maats te speel.

    Anton: Hier is baie maatjies. Ek hou van my huiswerk. Ons speel en tekenlekker saam.

  • 8/20/2019 Nuwe Lewe Montagu Maandblad 2

    17/28

    17

    Herman: Ek hou daarvan om met die blokke te speel en om te teken en om te

    leer om te skryf.

    Jaco: Ek hou daarvan om te speel. Die huiswerk is ook lekker.  

    Andy: Die nasorg is baie lekker. Ek dink dit is goed om hierdie nasorg te hou,

    want ek kan myself dik eet. Die kos is WOW! Dit is baie lekker en vol smaak.

    Kyle: Ek hou daarvan om die ronde bal legkaart te bou. Ek hou van teken en om

    te speel.

    Churwin: Ek hou van die maats en om gehelp te word met my huiswerk.

    Mia: Ek is bly oor die maats en al die hulp wat ek kry met my huiswerk.

    Emile: Ons speel lekker by die nasorg en ek hou van om bok-in-die-hok te

    speel.

    Luan: Ek leer om my naam te skryf en doen my huiswerk.

    Jules: Ek speel lekker en hou van die maats.

    Dit is met vrymoedigheid dat ek ‘n versoek rig aan elk in ons gemeente. Ons

    benodig opvoedkundige en lekker storieboeke vir die kinders om hulle mee

    besig te kan hou, terwyl die ander hulle huiswerke moet voltooi of as die weer

    dit nie toelaat om buite te kan speel nie. Bou speelgoed sal baie welkom wees,

    bv. lego’s, legkaarte, bordspeletjies en houtblokke. 

    Dankie vir al die gebede en belangstelling in die Studentesentrum. Onswaardeer julle!

    Groete – Tina en Annamarie

  • 8/20/2019 Nuwe Lewe Montagu Maandblad 2

    18/28

    18

    Die afgelope tyd kon ek baie na dink oor die feit of jy ‘n vetgevoerde gansie in

    die kerk is en alles net vir jouself hou, of soos ‘n emmer is vol gate wat hoor en

    tog alles weer net laat uitloop. Is jy ‘n doener en gaan jy en doen wat jy weet jy

    moet doen! Ons as gelowiges het tog almal die opdrag om te gaan en om die

    Woord te gaan verkondig. Net daar waar jy is, in jou huis, jou bure en om jou

    geloof in Jesus regtig uit te leef elke dag en nie net op Sondae nie. Daar is soveel

    geleenthede waarby jy betrokke kan raak. As jy nie uitreik na ander nie, kan

    niemand na jou uitreik nie. Ons moet betrokke wees in ons gemeenskap en so

    die vrug dra van jou geloofslewe sodat jy self net soveel meer kan groei en sterk

    kan staan in die gemeenskap.

    Ek wil die vroue uitdaag in ons gemeente om by die poppiebreiprojek in te

    skakel om te help dat elke kind in ons gemeenskap ‘n poppie sal kry om deur dit

    te leer dat elke kind spesiaal is en om te leer wat kindermolestering is en wat

    om te doen. Kom vrouens, kom ons brei poppies en doen so ook ons deel om

    ons kinders in ons gemeenskap te beskerm. Kontak vir Tina by 076 287 4415 envind meer uit oor die patroon van die poppies.

    Bid asseblief vir die Ackermans se veiligheid! ‘n Bom het in Ankara ontplof, maar

    hulle is veilig. Dit is baie gevaarlik tans daar en ons bid vir hulle beskerming.

    Wessel en Joan vd Merwe doen nog sendingwerk in Angola en hul seun, Tiago,

    is tans in die Paarl, waar hy studeer vir ‘n siviele ingenieur. Bid vir sy studies en

    dra hul as ouers op aan die Here. Tree altyd in vir hulle gesondheid, beskerming

    en om te volhard in hul roeping as sendelinge.

    Lees in Rom 15:1-6 die voorbeeld wat Christus vir ons gestel het. “Ons moenie

    aan onsself dink nie: elkeen van ons moet aan ons naaste dink en aan wat vir

    hom goed is en wat hom in die geloof kan opbou.” Ja, die Woord is vir alle

    mense!

    Mag julle Sy liefde daagliks ervaar.

    Groete

    Tina 

  • 8/20/2019 Nuwe Lewe Montagu Maandblad 2

    19/28

    19

    O  P MY R USBANK MET  :  

     A LET &   J OHAN S TEMMETT  Bydra deur Susan Retief | [email protected]

    Wat kan nou lekkerder wees as om twee geliefde vriende aan julle voor te

    stel? 'n Kykie in die lewe van hierdie twee spesiale mense laat 'n mens weer

    glo opregtheid, vriendskap, lojaliteit en dissipelskap.

    Johan Willem Stemmet en Aletta Alida Smit is op 8 Januarie 1994 getroud.

    Hulle het twee pragtige dogters – Lelanie (19 jr) en Izel (17 jr) Op Elkana boerJohan hoofsaaklik met hoenders en Alet is 'n Geregistreerde Verpleegkundige

    en mamma.

    Was jy oortuig dat Johan die man was wat God vir jou uitgekies het?

    Ek het vir die Here gevra om asseblief vir my iemand te gee wat eerstens die

    Here sal dien met alles wat in hom is en tweedens my beste vriend sal wees;

    met wie ek alles kan deel en wat ek met my lewe kan vertrou – iemand

    standvastig en betroubaar na wie ek kan opkyk en wie ek kan respekteer;

    iemand wat eerlik met my sal wees (dood-eerlik) sonder om my seer te maak  – 

    'n verantwoordbare maat - deur dik en dun. En as bonus, dat hy nie sal rook en

    alkohol gebruik nie!!

    Johan is nie juis vreeslik romanties nie, maar het al vroeg in ons verhouding vir

    my gesê dat ek die vrou is waarvoor hy die Here gevra het en dat hy met my

    gaan trou wanneer ons 'n huis kan bou op die plaas  – dit het 3 jaar geneem.

    Was God julle anker, reg van die begin van huwelik af?

    Ja, Hy was. Ek kan nie dink hoe mens jou verskille uitsorteer sonder die inspraak

    van die Heilige Gees in jou huwelik nie. Ek en Johan is albei hardkoppig, so hoe

  • 8/20/2019 Nuwe Lewe Montagu Maandblad 2

    20/28

    20

    oortuig twee harde koppe mekaar wie is reg en wie nie? Dit is iets wat slegs die

    Heilige Gees kan doen.

    In 'n terugblik op ouerskap – watter rol speel Christus in die grootmaak van

    kinders, beide vir die ouers en kinders?

    Vir my is dit absoluut noodsaaklik om jou kinders in Christus groot te maak. Dit

    is die enigste iets wat jy kan doen om jou kinders te help om die regte keuses temaak wanneer hulle die wye wêreld ingaan. Jy kan van jou kant af vir hulle leer

    wat is reg en verkeerd, morele waardes en norme en dies meer, maar sonder

    geestelike inspraak is dit maar 'n wankelmoedige storie. Jou voorbeeld is

    natuurlik ook baie belangrik, maar ons is almal feilbare mense, so in die

    gemeente-opset, is dit vir my goed dat daar ander kinders van die Here is wat

    vir jou kinders 'n rolmodel is en wat ons hulle leer, vir hulle bevestig. In ons

    gemeente is baie sulke mense, waarvoor ek so dankbaar is!

    Lelanie is hierdie jaar Universiteit toe. Hoe berei jy jouself voor, sowel as joukind wat nou vir die eerste keer haar ouerhuis verlaat?

    Ek dink dit wat 'n mens jou kind oor die lewe en keuses wil leer, moet begin

    vanaf hulle doekdra-dae, dis te laat om te begin wanneer hulle tieners is. Party

    ouers vertel van die gesprekke wat hulle met hulle kinders gehad het voor hulle

    universiteit toe is, maar ek het niks gehad om te sê nie, behalwe dat ek altyd

    daar is as jy 'n oor nodig het en dat ek jou vreeslik baie gaan mis. Ek het niks

    anders gehad om te sê nie, dit het vir my gevoel alles is klaar gepraat deur die

     jare.

    Dit is vir my erg om my kind vir wie ek 18 jaar lank met alles in my beskerm het,

    nou die vreemde in te stuur, en skielik twyfel mens of jy wel genoeg gepraat

    het, of jou voorbeeld goed of sleg was, of jou kind sterk genoeg sal wees om op

    te staan vir dit waarin sy glo, of sy wysheid sal hê om te onderskei tussen goed

    en kwaad? Al wat my troos is dat ek weet die Here is die Een wat vir elkeen van

    ons sorg, baie beter as wat ek na my kind kan kyk en dat die Heilige Gees haar

    ook sal lei.

    Veral in die stadium waarin ek nou is waar sy nog haar voete vind en haar

    vriende moet kies is daar party dae wat ek so erg wens sy was nou eers in graad

    1, sodat ek elke middag wanneer sy huis toe kom haar skrape kan versorg en

    haar trane kan afdroog. Nou weet ek nie eens of sy 'n goeie of slegte dag gehad

    het nie, totdat ek 'n boodskappie of oproepie kry wat vinnig sê : 'dit gaan goed

    maar ons is baie besig'!

    Wat is jou Geestelike mylpale of aspirasies?

    Ek wil so graag hierdie jaar meer tyd met die Here spandeer, persoonlikestiltetyd, net sit en luister, nie alleen praat en praat met Hom nie. Ons raak so

    maklik aan die hardloop soos Martha en kom nie soos Maria daarby uit om by

    Sy voete te sit en luister nie.

  • 8/20/2019 Nuwe Lewe Montagu Maandblad 2

    21/28

    21

    In 'n wêreld vol versoekings vir die jeug spesifiek, hoe beskerm/bewapen ons

    hulle?

    Eerstens om hulle te leer wat God se Woord sê oor al die dinge, en dan ook om

    te praat, praat en praat. Foto's te wys, al gril hulle vreeslik, feite uit boeke vir

    hulle oor te dra, die hele prentjie skets.... te leer uit ander mense se foute.

    Vir Mammas wie se kinders nou Universiteit toe is, woorde van bemoediging?

    Ek is seker nog bietjie vroeg in die saak om woorde van bemoediging uit te deel

    (het self nog woorde van bemoediging nodig), maar ander mense sê vir my 'n

    mens raak gewoond daaraan en as jy sien hoe gelukkig jou kind is en hoe sy

    haarself uitleef in die grootmenswêreld, gaan dit ook goed met jou. Nog iets wat

    almal altyd vir my gesê het, besef ek elke dag meer en meer, en dit is dat jy nou

    meer as ooit vir jou kind bid. Dankie tog dat ons Vader 24 uur beskikbaar is. En

    elke versugting van ons ouerharte ook ken!

    Alet se gunsteling Bybelvers is Jer 29 v 11 – waar God self se:

    “Want Ek weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester,

    spreek die Here gedagtes van vrede en nie van onheil nie om

    julle n hoopvolle toekoms te gee”.

     

    Izel, Alet, Johan en Lelanie Stemmet.

  • 8/20/2019 Nuwe Lewe Montagu Maandblad 2

    22/28

    22

     D  ANKFEES  -P  IEKNIEK  :

    Ek wil vir julle `n verhaal vertel wat hom afspeel in die tyd 1914-31. Die verhaal

    staan bekend as ‘Babette se Feesmaal’.  In sy boek, ‘What’s so Amazing about

    Grace’, skryf Philip Yancey oor genade, en vertel hy kortliks die verhaal.  

    Lank vantevore was Babette ‘n kok by die Café Anglais in Parys. As gevolg vanomstandighede het sy by twee susters in Noorweë beland. Die dames was

    oujongnooiens. Sy het per boot gereis en op ‘n baie stormagtige nag in `n

    toestand by die twee susters se huis opgedaag. In haar hand was ‘n brief wat sê

    dat sy ‘n goeie kok is. Die susters het nie geld gehad het om haar te betaal

    nie. Dus het Babette kos gekook en daagliks met takies gehelp en om so vir

    haar verblyf te vergoed.

    Na 12 jaar het sy ‘n brief uitvang ontvang. `n Vriend het haar laat weet dat sy ̀ n

    prys van tienduisend Frank gewen het. Dit was as gevolg van `n vriend wat elke jaar vir Babette `n lootjienommer gekoop het. Die susters het dadelik gedink dit

    is die einde van haar verblyf. Hulle sou haar mis. Babette was so positief in

    haar optrede. Sy gehelp met die dienste by hulle kerk. Sy het vernuwing in die

    dorpenaars se denke gebring. Sy het selfs onder die arm mense gehelp.

    Maar Babette het ‘n ander idee gehad.  Die twee susters se Pa sou binnekort sy

    honderdste verjaardag vier. Babette vra toe of sy die fees mag reël. Maar om

    ‘n Franse Ete te kook! Vinnig

    is sy daar weg. Sy het diebeste kosvoorrade en beste

    Franse Vonkelwyn gaan koop.

    Ook het sy eetware van

    Sjinese Kristal in die hande

    gekry. ‘n Ware feesmaal is

    voorberei. Die tafel is

    voortreflik gedek met kerse.

    Op die aand van 15Desember het dit

    gesneeu. `n Onverwagte gas

    (‘n Generaal) het sy

  • 8/20/2019 Nuwe Lewe Montagu Maandblad 2

    23/28

    23

    verskyning gemaak. Hy was die twaalfde persoon aan die tafel. Met elke happie

    van die gereg kon die Generaal nie genoeg pluimpies gee nie. Hy het gewonder

    die besondere en duur kosse. Hy wou weet wie dit so smaaklik voorberei het.

    Toe die laaste gereg bedien word, merk die generaal op dat so `n voorgereg

    destyds deur ‘n chef in die bekende Café Anglais in Parys bedien is.

    Na `n sopie te veel maak die Generaal ‘n toespraak.  Hy sê: “Mercy and truth,my friend, have met together and righteouness and bliss shall kiss one

    another”. Sy boodskap was oor Genade. Buite het die dorpenaars hande

    gehou en ou geloofsliedere begin sing. Babette se Fees het deure van genade

    geopen. Die mense het die Heilige Gees ervaar en gevoel hoe hulle sondes

    weggewas word; dat hulle wit soos sneeu word.

    So moet ons piekniekfees onthou word. Ons moet onthou dat God met elkeen

    `n afspraak gehad het. Ons moet onthou dat die Heilige Gees se

    teenwoordigheid daar was. Terwyl ons besig was en terwyl ons in lofprysingwas, was die Gees daar. Wat `n geseënde ̀ n puik aand was dit! Aan die einde

    van haar ete moes Babette aan die twee susters erken dat sy wel voorheen die

    chef by Café Anglais was. Die Abigails bedank almal wat die Piekniekfees so `n

    groot sukses gemaak het.

    Mag jy hierdie Dankfees ook nog baie lank onthou.

  • 8/20/2019 Nuwe Lewe Montagu Maandblad 2

    24/28

    24

    V  ERSLAWING IN ONS SAMELEWINGLouwtjie Strauss | [email protected]

    Eerstens wil ek sê dat die stukkie oor verslawing is

    op niemand spesifiek gemik nie. Dit is ook

    geensins kritiek op die verantwoordelike gebruik

    van alkohol nie Dit wat ek hier skryf is ook gladnie uit ‘n wetenskaplike boek se riglyne nie, maar

    slegs uit my oogpunt van waarneming deur baie

     jare.

    Die eerste baie belangrike punt oor verslawing wat mense moet besef, is dat

    enige vorm van verslawing nie beperk is tot ras, ouderdom, geslag, beroep of

    status nie. Deur die jare het ek werklik mense gesien wat in die strik van

    verslawing beland het, wat uit enige beroep wat ek kan opnoem, kom. Selfs

    mense wat die Woord van die Here bedien het, was/is nie hiervan gevrywaarnie.

    Alhoewel dit waar is dat potensiële verslawing geneties in families voorkom en

    sulke mense daarom ook baie versigtig moet wees, kan verslawing steeds

    gebeur deur die herhaalde gebruik van middels oor baie jare. Dit is ook so dat

    sommige mense meer vatbaar is vir verslawing en as te ware so gebore word,

    maar dit vrywaar nie ander langtermyn misbruikers van verslawing nie.

    Sommige mense kan hulle lewe lank ‘n drankie byvoorbeeld gebruik en nooit

    enige risiko ervaar nie. Daar is egter sekere gevaartekens wat mense nie moet

    ignoreer nie, want verslawing kan lei tot persoonlike hel en ook die van ‘n

    familie. Die gevaartekens waarvan ek nou praat is die van alkohol omdat ek nie

    genoeg kennis het van ander middels nie.

    Hier is van die gevaartekens:

      Die persoon drink om beter oor homself te voel.

      Die gebruik word meer en meer. Jy kan nie altyd onthou wat gebeur het

    nie.  Jy maak gedurig verskonings en praat dit sagkens weg. Die gebruik lei tot

    rusies en ongelukkigheid.

      Jy beland in die moeilikheid en kry probleme by die werk. Jy gee altyd

    ander skuld vir die probleem.

      Jy ontken heftig dat jy enige probleem het.

      Dit hou nie op as eers begin het nie. Jy drink skelm en in die oggend

    (regmaker).

      Jy skep geleenthede om te drink.

      Jy Wil nie meer uitgaan nie en onttrek van ander.

      Jy drink gereeld alleen.

      Jy kry onttrekkingsimptone na ‘n dag of twee se onthouding.

  • 8/20/2019 Nuwe Lewe Montagu Maandblad 2

    25/28

    25

    Daar is natuurlik nog ander gevaartekens ook.

    Daar is ook mense wat hulle verslawing goed kan wegsteek en self tot ‘n mate

    kan beheer, soos byvoorbeeld dit net tot naweke of vakansies te beperk.

    Diesulkes is egter in die minderheid.

    Die groot hartseer van verslawing is dat die persoon selde self ophou. Soms wel

    vir ‘n rukkie, maar hulle val dikwels terug en word dan weer erger. Wat dikwels

    gebeur is die keerpunt, ons praat ‘rockbottom’ waar die persoon besef dis nou

    of nooit. Ongelukkig is dit dikwels te laat om die skade te herstel. Dis die punt

    waar die persoon alles verloor het of op die punt staan om alles te verloor.

    Soms gryp die Here op wonderlike maniere in en herstel kan weer plaasvind,

    maar ons weet ook die einde van die pad kan die dood wees.

    Dit is natuurlik baie moeilik vir mense wat nie verslaaf is nie, om te verstaan

    hoekom ‘n persoon so vir jare lank kan volhou met die een of ander verslawing.

    Dit is dan ook maklik vir ‘n persoon wat nie in die ander se skoene staan om te

    verwyt of om te sê dis maklik om op te hou of wat ook al. Die beste manier wat

    ek aan persone naby ‘n verslaafde kan verduidelik, is om te dink aan ‘n groot,

    droë spons. Al wat die spons wil doen is om water te absorbeer. As jy die spons

    in die water druk, sal die spons aanhou om die water te absorbeer en niks en

    niemand sal dit keer nie. Jy kan die spons weer uitdruk totdat dit droog is, maar

    elke keer as dit in aanraking kom met die water sal dit weer begin om die water

    te absorbeer totdat dit versadig is. Mense wat verslaaf is, is soos sponse wat diemiddel wil absorbeer as dit daarmee in aanraking kom. Dit is in die vesels en

    selle van die verslaafde. Ongelukkig is daar geen genesing vir die verslaafde nie.

    Die enigste oplossing is die ‘water’ en die ‘spons’ moet wegbly van mekaar. Nie

    net vir ‘n dag of twee, paar maande, paar jare nie, maar altyd. Sodra die twee

    weer bymekaar kom, begin die proses maar weer van voor af. Wanneer ‘n

    persoon begin besef daar is ‘n probleem, begin die stryd tussen die verstand en

    die liggaam. Die een wil ophou, maar die ander wil nie. Mense wil dikwels nie

    aanklop vir professionele hulp nie, weens die stigma wat daaraan kleef. Die

    grootste gevaar is dat die persoon later heeltemal perspektief verloor oor dit

    wat saak maak en wat rondom hom/haar gebeur en dan net maar Gods water

    oor Gods akker laat loop.

    Wanneer ‘n persoon werklik wil ophou help dit as die persoon besef dat sy lewe

    soos ‘n balansskaal is. Aan die een kant staan die bottel of dwelm met al die

    negatiewe gevolge, aan die ander kant staan die gesin en werk en al die

    belangrike dinge van die lewe. Wat weeg die swaarste?? Die stukkende harte

    van kinders en familie?? Die besluit moet geneem word met die beeld van die

    skaal in die kop. Wat weeg die swaarste?? So ‘n besluit het gewoonlik nie net

    korttermyn gevolge nie, maar selfs gevolge wat strek tot by die volgende

  • 8/20/2019 Nuwe Lewe Montagu Maandblad 2

    26/28

    26

    geslagte. Iemand wat na twintig jaar kan terugkyk en besef dat hy/sy nooit die

    gesin sou gehad het, as dit nie was vir een positiewe besluit was nie.

    Wanneer ‘n persoon gehelp is, of genadiglik uit sy eie gelos het, is daar sekere

    gevaarlike tye wanneer hy/sy moet wakker wees:

      Na ‘n paar maande, voel hulle baie goed, en dink net een of twee sal nie

    saak maak nie.

      Na rusies en teleurstellings.

      Druk situasies soos finansiële probleme.

      Een of ander verlies.

      Hoogs opwindende gebeure soos wen by sportbekers.

      Vriende wat aanhou terg of tart.

    Jammer, maar daar is net een leuse en dit is nul per mond (of aar). Geen ander

    opsie nie. Daar is baie groepe en ondersteuning wat beskikbaar is. Onthouledigheid is die duiwel se oorkussing.

    Dae word weke en maande word jare. Ek is seker daarvan dat ons Hemelse

    Vader so ‘n besluit sal eer en seën, want dit sal Sy goedkeuring dra. Baie gebed,

    selfs wonderwerke is nodig, maar dit werk en God werk in mense se harte. By

    Hom is daar nooit ‘n ‘point of no return’ nie. 

    Sterkte met besluit en mag die skaal na die regte kant toe die swaarste weeg.

    RAD Foundation is a member of the Langeberg Substance Abuse

    Awareness group. They have joined the R.A.E.L (Recovering

    Addicts/Alcoholics Empowering Lives) in spreading the word

    AGAINST SUBSTANCE ABUSE by supporting the ORANGE FRIDAY

    WAVE.

    This is an initiative which strives :

    TO EDUCATE AND CREATE AWARENESS OF HOWSUBSTANCE ABUSE IS KILLING A GENERATION - WE

    NEED TO STAND TOGETHER WITHOUT FEAR OR

    FAVOUR! 

    For more information on how to become involved in ANY way  –  please

    contact Helen Gooderson: [email protected]

    Join the Facebook page to receive information and updates -

    https://www.facebook.com/RAELorangefriday?sk=info&app_data&tab=page_info

    mailto:[email protected]://www.facebook.com/RAELorangefriday?sk=info&app_data&tab=page_infohttps://www.facebook.com/RAELorangefriday?sk=info&app_data&tab=page_infohttps://www.facebook.com/RAELorangefriday?sk=info&app_data&tab=page_infohttps://www.facebook.com/RAELorangefriday?sk=info&app_data&tab=page_infomailto:[email protected]

  • 8/20/2019 Nuwe Lewe Montagu Maandblad 2

    27/28

    27

    W ORD S  EARCH P UZZLE  

    Abraham, Afflicted, Christ, Creation, Crucify, Disciple, Forsaken, Freedom, Glory,

    Good, Heaven, Hell, Honour, Hyssop, Justify, Messiah, Mission, Moses,

    Passover, Peace, Perfection, Pharisee, Pilate, Power, Praise, Promises,

    Prophecy, Punishment, Rebellion, Righteous, Sacrifice, Scapegoat, Slavery,

    Throne, Trinity, Worthy

  • 8/20/2019 Nuwe Lewe Montagu Maandblad 2

    28/28

    Morning service

    Oggenddiens

    Sunday 08:30 – 09:30 (English service)

    Sondae 10:00 – 11:15

    Communion

    Nagmaal

    1st Sunday of the month

    1ste Sondag van die maand

    Woordskool / Bible

    Class

    Sondae / Sunday 18:30 – 19:30

    Creche Gedurende oggenddienste

    During morning services

    Kinderkerk / NL3Q

    Gr R – Gr 7

    Gedurende oggenddienste

    During morning services

    Men @ 6 Vrydae 6:00 – 7:00 @ die kerksaal

    Fridays 6:00-7:00 @ @ church hall

    Dames biduur

    Ladies’ Prayer

    meeting

    Dinsdae 9:30 – 10:30 @ die kerksaal

    Tuesdays 9:30 – 10:30 @ the church hall

    Ps Lourens du Plessis 023 614 2260

    [email protected]

    mailto:[email protected]:[email protected]