Top Banner
1 04/2015 Nuwe Lewe Montagu is ‘n gemeente van die AGS. Ons missie is om mense na Jesus toe te lei op enige manier! Our mission is to lead people to Jesus by any means possible.
16

Nuwe Lewe Montagu 04/15

Oct 02, 2015

Download

Documents

NLMontagu

Die Nuwe Lewe Montagu maandblad is vol lekker artikels. Die doel is om ons gemeenskap te inspireer en op datum te hou.

The Monthly Bulletin is full of interesting and inspiring articles to keep our community up to date.
Welcome message from author
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Transcript
  • 1

    04/2015

    Nuwe Lewe Montagu is n gemeente van die AGS.

    Ons missie is om mense na Jesus toe te lei op enige manier!

    Our mission is to lead people to Jesus by any means possible.

  • 2

    JAARBEPLANNING 2015

    Datum Dag Bediening Geleentheid

    April

    2 April Do Spesiale Dienste Aanddiens voor Goeie Vrydag

    5 April So Spesiale Dienste Paasfees

    29 Apr Wo Transformasie Bid-Stap

    Mei

    3 Mei So NL3 Qlub Pret-dag

    10 Mei So Vrouebediening Moedersdagdiens

    14 Mei Do Spesiale Dienste Hemelvaart - Douvoordagdiens

    18-22 Mei Ma-Vr Transformasie Transformasieweek (Pinkster)

    24 Mei So Spesiale dienste Pinkstersondag

    Junie 7 Junie So NL3 Qlub Uitreik

    20 Junie Sat Mannebediening Regmaakdag

    Julie 25 Julie Sat Vrouebediening Opvoering

    Sept 9 Sept Wo Transformasie Bid-Stap

    26 Sept Sat Mannebediening Regmaakdag

    Okt 5-9 Okt Ma-Vr Tieners & Kinders Jeugkamp

    23-25 Okt Vr-So Vrouebediening Vrouekamp

    Nov 1 Nov So Transformasie Uithoeke v. Aarde Sondag

    29 Nov So aand Mannebediening Manneaand - Jaarafsluiting

    Des

    6 Des Son NL3 Qlub Kinderkerk Jaarafsluiting

    25 Des Vr Spesiale Dienste Kersoggenddiens

    31 Des Do Spesiale Dienste Oujaarsaanddiens

    BIRTHDAYS & ANNIVERSARIES IN APRIL

    3 Albert Esterhuyse 9 Amy van Zyl (9)

    12 Allen Roscherr 13 Beverly Bezuidenhoudt

    14 Petru Groenewald 17 Monica Stofberg (16)

    19 Mario van Dyk (14) 30 Charmaine Bruwer

    5 William & Cherisse Thomson (12) 6 Willem & Thaliza Sadie (13)

    7 Fred & Hanette Rautenbach (42) 10 David & Nettie vd Merwe (44)

    16 Philip & Ronel Fouch (32)

  • 3

    A LOST COIN BY PASTOR LOURENS Dear Friends,

    About a month after Sanne and I got engaged, she finished work one day and left for home on her bicycle. But when she arrived at the house she noticed that her engagement ring was gone. It was a cold day, and the ring had slipped of her finger. So she went looking (while at the same time crying and praying). About two kilometres from the house, she saw something shiny in the bushes alongside the path. And when she looked it was there her ring. She was so thankful that she jumped up and down. People looked at her funny, but this how you feel if something precious was lost to you, and you find it again.

    One day Jesus told a parable about a lost coin. In Luke 15:8, 9 Jesus says: 8 what woman, having ten silver coins, if she loses one coin, does not light a lamp, sweep the house, and search carefully until she finds it? 9And when she has found it, she calls her friends and neighbours together, saying, Rejoice with me, for I have found the piece which I lost!

    The first thing this woman did was to light a lamp. Bringing light into a situation always helps. Then the woman swept the house. She started cleaning. She started bringing things to order. This is what God wants to do in the lives of people. He wants to bring light into darkness and order into chaos. God cares about people who are lost in dark and bad places. He wants to find them and bring them to a bright and good place. We serve a God Who cares.

    And that is what this time of Easter is all about. It is a time of remembrance. Jesus came to this dark world. He came to be a light in darkness. He came to bring truth into the lives of confused and hurting people. For Jesus this was no idle pastime. He gave his life for it. To you and your loved ones I wish a happy and blessed Easter.

    Lourens

  • 4

    BYDRAE DEUR MARALEZE BOSMAN

    Dear Teacher, We are sending you our most precious possession today, Trusting in your care what to do and say, Be gentle and loving and encourage him too, Im trusting in you to know what to do, Show him things and let him draw, So hell remember the things he saw, Let him jump and run and play, Hell tell us all about his day, Let him do things on his own too, But please help him when he looks to you, Give him a hug and smile a lot, Memories of you will never be forgot. From A loving parent So lees ek die briefie as mamma en as personeellid by Nuweleweland. As personeellid besef ek die GROOT verantwoordelikheid wat ons het. As mamma ervaar ek diepe dankbaarheid, want dit is wat my kinders by Nuweleweland Akademie kry (en meer!!). n Sagte woord van aanmoediging. Liefdevolle teregwysing Stimulasie vir n leergierige brein. Tyd om sommer net te speel. Tyd om nuwe goed te probeer, met positiewe aanmoediging en n helpende hand as dit nodig is. Drukkies van beide kante af en hope daarvan. Ons almal leer bymekaar grootmense en kinders. EN alles word bymekaargehou met die groot genade van Onse Koning! Nuweleweland Akademie: n Sendingstasie met n hart van goud en Jesus as ons middelpunt.

  • 5

    BYDRAE DEUR YOLANDE WOLMARANS KONTAK: YOLANDE WOLMARANS

    In Handelinge 17 lees ons 4 KOSBARE WAARHEDE wat so betrekking het op paastyd:

    .dat die Christus moes ly en uit die dode opstaanHierdie Jesus wat ek aan julle verkondig, is die Christus. (Hand.17:3)

    God het dan die tye van onkunde oorgesien en verkondig nou aan al die mense oral dat hulle hul moet bekeer (Hand. 17:30)

    omdat Hy n dag bepaal het waarop Hy die wereld in geregtigheid sal oordeel deur n man wat Hy aangestel het.deur Hom uit die dode op te wek. (Hand.17:31)

    Oorgawe van Christus aan die mens: Want so lief het God die wereld gehad, dat Hy Sy eniggebore Seun gegee het. (Joh. 3:16) In Filipense lees ons Christus het .Homself ontledig deur die gestalte van n dienskneg aan te neem en aan die mense gelyk geword. En dat Hy gehoorsaam geword het tot die dood aan die kruis. (Fil.2.7,8) Dan stel Jesus dit so mooi in Joh.10:18 as hy daarvan praat om sy lewe vir sy skape af te le. Niemand neem dit van My af nie, maar Ek l dit uit Myself uit af. Jesus Christus het Homself gewillig aan ons oorgegee!

    Opstanding van Christus uit die dood: Hom het God opgewek, nadat Hy die smarte van die dood ontbind het, omdat dit ontmoontlik was dat Hy daardeur vasgehou sou word. (Hand.2:24) Prys die Here! In 1Pet.1:3 lees ons dat God die Vader ons die wedergeboorte geskenk hetdeur die opstanding van Jesus Christus uit die dode. Het u al daardie gawe van God, die wedergeboorte, ontvang?

    Oorgawe van die mens aan Christus: Elke mens moet homself soos Pilatus afvra: Watmoet ek doen met Hom? (Markus 15:12) Aan die kant van die graf moet elke mens voor Christus erken dat hy n verlore sondaar is. Hy moet erken dat Jesus alleen sy sondes kan vergewe. Hy moet Jesus as Verlosser aanneem. Hy moet weergebore word uit God se Gees. Wat doen u met Jesus? Het u Hom al aangeneem?

    Oordeel van Christus tot die dood: Toe het ek die hemel geopend gesien; daar was n wit perd, en Hy wat daarop sit, word genoem Getrou en Waaragtig, en Hy oordeel en voer oorlog in geregtigheid. (Op.19:11) Nou is Christus ons Advokaat wat vir ons pleit by die Vader, maar met sy wederkoms kom Hy as Regter om te oordeel. Die kind van God se sondes is reeds in Christus deur God geoordeel. Kan u daarvan getuig?

  • 6

    KINDERBEDIENING BEDIENINGSLEIER: THYS VERREYNNE EPOS: [email protected] Ons Kinderbediening staan bekend as die NL3 Qlub. NL3 staan vir Nuwe Lewe Derde Generasie. Hierdie bediening is gerig op kinders tussen 6 en 13 jaar. Op Sondagoggende begelei hierdie bediening ons kinders in lesse en aktiwiteite. Daar word ook gesorg vir uitstappies en kampe. Verder streef die kinderbediening daarna om ouers betrokke te kry by die geestelike opvoeding van hulle eie kinders.

    Pa, het jy jou seun al geleer rugby of krieket speel? Ma het jy jou kinders van Rooi Kappie, Die Drie Varkies of Sneeuwitje vertel? Het jy al ooit vir n kind vertel dat Jesus vir hom of haar BAIE lief is? Al ooit vir n kind van die wonderlike stories van Jesus vertel?

    Psalm 78:3+4 Wat ons gehoor het en weet en ons vaders ons vertel het, sal ons nie verberg vir hulle kinders nie, maar aan die volgende geslag vertel die roemryke dade van die Here en sy mag en sy wonders wat Hy gedoen het.

    Is dit nie n duidelike opdrag van God om die Evangelie ook aan kinders te vertel nie? Hoe moet hulle weet as niemand hulle gaan vertel nie? Ons as groot mense het mos al die Evangelie meer as en keer gehoor, hoeveel keer het ons dit al oor vertel aan kinders? As niemand jou gaan vertel, van kleins af, jy gaan jou hand brand as jy aan n vlam vat nie, hoe moet jy dan leer? Op die slegste manier maar uitvind? Dit is dieselfde met die Evangelie, jy moet van kleins af leer wat is die regte pad om te volg. Wat is reg, wat is verkeerd, wie is God, hoekom moet ons Hom gehoorsaam? Dit is seker die belangrikste vrae in die lewe. Dink jy die kinders word gebore met die antwoorde op die vrae? Ek glo nie so nie. Dit is ons, wat al n pad met God gestap het, se plig om die kinders dit te leer. Hoekom?

    Vers 5 wat Hy ons vaders beveel het om dit aan hulle kinders bekend te maak Opdrag so reg van God af ! Kinderbediening noem ons dit! Dit is waaroor dit by NL3 QLUB gaan, bedien en bemagtig die kinders. Vertel hulle dit wat God alreeds aan jou bekend gemaak het, al die wonderlike dinge wat Hy gedoen het en ook nog steeds doen. Daar is baie wonderlike stories om te vertel, dit hou net nie op nie. Elke keer wat jy jou bybel oop maak, is daar net meer te leer.

    Thys en Tina is nou al 12 jaar betrokke by die kinderbediening in hierdie gemeente. Tog, is daar nog te veel stories, te veel wonderwerke om van te vertel. Te veel verbaaste

  • 7

    gesiggies om te sien as iets werklik tot die kind deur breek. Man, kinderbediening is maar net wonderlik. n Opdrag van ons Vader wat ons net nie kan ignoreer nie, dit moet nagekom word, want dit is n wonderlike voorreg.

    Is daar nog n kind in jou? Sien jy kans vir nuwe uitdagings in die lewe? Dan is die NL 3 QLUB net die plek vir jou. Hier bewerk ons God se grond met God se kinders en bou ons Sy koninkryk met Jesus as die hoeksteen in elkeen se lewe.

    Jesus liefde.

    NUWE LEWE STUDENTESENTRUM

    BEDIENINGSLEIER: TINA VERREYNNE

    EPOS: [email protected]

    Die Studentesentrum is vol aan die gang en met die eerste toetsreeks byna voltooi klink die uitslae baie goed! Deur die genade van God is die bediening tot groot seen en is ons dankbaar vir elkeen wat vir ons bid en vir die saak intree. Die kinders is baie gelukkig en weet nou al met die vaste dagrooster en reels wat van hulle verwag word en is die samewerking baie goed. Ons leer nog uit die groeipynne en maak aanpassings soos nodig, maar dat dit 'n sukses is, is verseker. Alles is te danke aan God se genade en kom die eer God toe. Ek kry nog gereeld navrae en nooi alle ouers uit wat my wil kontak om te skakel by 023 100 0049 of 076 287 4415. Verkieslik middae, want soggens is ek by die creche betrokke en gedurende die middae is ek by die kerk en kan ek u oproep beantwoord. Elke kind is welkom vanaf Gr 1 tot Gr 12. Ek hoor graag van elke ouer!!!

    Indien daar enige iemand is wat leersame en opvoedkundige boeke tot die beskikking van die Studentesentrum wil skenk, is die boeke baie welkom. Ons sal dit baie waardeer. Ons is ook baie opgewonde oor die skenking van 'n rekenaar wat die kinders se werke i.v.m. take verseker sal vergemaklik. Ja, die Here is goed vir ons!

  • 8

    JOU GESINDHEID BEPAAL JOU SUKSES BYDRAE: LOUWTJIE STRAUSS EPOS: [email protected]

    Elke jaar het ons by die skool n funksie waar ons die seuns en dogters se klere oorhandig wat op n sporttoer gaan. Hierdie is die praatjie wat ek gelewer het nadat ek na die lewe van twee gestremde mense gekyk het. Ek is seker dat baie van die beginsels ook in die Bybel voorkom in die lewe van mense en ook deur die karakter van Jesus tydens sy tydperk op aarde.

    Daar is verwysings na sport, maar ek glo dat dit ook van toepassing is op die spel van die lewe. Ons moet aanvaar dat wanneer jy die lewe (sport) beoefen, daar tye gaan wees wanneer jy baie bly gaan wees, maar daar gaan tye wees wanneer jy baie teleurgesteld en selfs hartseer sal wees.

    Ons moet besef dat wanneer ons verloor, is dit deel van die lewe, en nie die einde van die wreld nie. Jy as mens is nie n mislukking nie. Dit gaan oor die feit dat jy deelneem, dit geniet en jou beste lewer. Om sukses reg te hanteer is net so belangrik as om teleurstelling te verwerk.

    Verlede jaar het ek gekyk na 3 stukkies van Hein Wagner, die blinde persoon wat vir ons belangrike wenke oor n suksesvolle lewe gegee het. Hy het ges om elke dag met n glimlag te begin, dankbaar te wees, gesond te lewe, te strewe na jou droom en om elke dag ten minste een goeie daad te doen.

    Ek wil n paar woorde skryf oor jou gesindheid wat jou sukses bepaal. Die gedagte het by my opgekom toe ek n skool se leuse sien Attitude is everything

    Intussen het ek gelees van nog n gestremde persoon, Nick Vujicic wat sonder arms en bene gebore is. Daar is n paar belangrike lesse wat ons uit hierdie besonderse mense se lewe kan leer:

    1. Lewe met n positiewe gesindheid. Ten spyte van jou tekortkominge en jou omstandighede kan hierdie positiewe gesindheid die groot verskil in jou lewe en in ander mense se lewe maak.

    2. Lewe met n gesindheid van dankbaarheid. Ons hoef net na een dag se nuus te kyk om te besef dat ons baie het om voor dankbaar te wees. Ons is soms so geneig om te kla oor ongerief en selfs onbenullighede. Terwyl ons kla oor te warm of te koud, of dit of dat, is daar elders in die wreld en selfs in ons land plekke waar dit veel erger gaan.

  • 9

    Ek het die woord rugby as akroniem gebruik om ons doelwitte vir die jaar uit te spel. Hierdie is ook eienskappe wat ons uit Hein en Nick se lewensverhale kan haal, wat maar net n klein deeltjie van n groot klomp dinge is wat hulle doen en gedoen het.

    R = GESINDHEID VAN RESPEK Respekteer jou meerdere en jou naaste ten alle tye, respek vir ouers, onderwysers, afrigters, toeskouers en ook jou teenstanders.

    U = GESINDHEID VAN UITHOUVERMO Never give up, vasbyt, vasbyt, vasbyt, jou ware karakter wys wanneer die omstandighede moeilik raak.

    G = GESINDHEID VAN GETROUHEID EN GEDULD Betyds, staatmaker, altyd daar en beskikbaar, gehoorsaam, nie gou kwaad word en op jou perdjie spring nie, geduld met jou naaste se foute.

    B = GESINDHEID VAN BALANS Weet wanneer om te grap en wanneer om ernstig te wees, tyd en plek vir alle dinge, tyd om te werk en tyd om rus en te ontspan.

    Y = GESINDHEID VAN YWER Wees entoesiasties en hulpvaardig. Doen wat gedoen moet word.

  • 10

    WIE IS EK EN WAARHEEN IS EK OPPAD? BYDRAE DEUR JOHAN MARAIS

    KONTAK: [email protected]

    Diep, diep binne in my is daar weggebre die mens wat ek graag wil wees, die ekonoom, die suksesvolle sakeman, die sportheld van die skool, die argitek, die sangeres en so kan ek aangaan met die lys van wat ek graag wil wees. God het elkeen van ons uniek geskape, met besondere talente en hy plaas in elkeen van ons n droom om dit te word wat God bedoel het ons moet word.

    Die gelukkigste mense vandag is diegene wat n passie het vir wat hy of sy doen. Hoeveel mense ken jy wat werk om net n inkomste te verdien en wat nie regtig doen waarvoor hy geroep is nie. Die gemiddelde mens werk ongeveer 40 jaar jaar lank. Hoekom dan nie iets doen wat jy geniet nie?

    Geen mens vandag is te oud om sy passie te leef nie. Ons is baie keer ons grootste vyand, dalk het iemand lank gelede vir jou ges jy gaan dit nie maak nie en jy glo dit vandag nog. Dit is daarom die regte tyd om vir jouself die vraag te vra: Wie is ek en waarheen is ek oppad?

    Ontdek wie jy is, vra God om weer vir jou nuwe visie te gee, n droom te gee wat jy kan uitleef. Jy is uniek, jy hoef nie soos ander te probeer wees nie. Wees net jouself, gebruik jou talente en werk hard om jouself te ontwikkel om die beste te wees in wat jy doen. Doen alles met toewyding en gee God erkenning vir Sy rol in jou lewe.

    RESURRECTION IN THE HEARTS OF REFUGEES https://www.mnnonline.org/news/resurrection-in-the-hearts-of-refugees/

    Iraq (MNN) Christians in ISIS-controlled areas are celebrating Easter and Holy Week despite the

    danger, according to Open Doors USA.

    They are recognizing the day of the washing of the feet on Thursday, Good Friday, the Saturday of Light, then Resurrection Sunday.

    In Iraq, Easter is a larger celebration than Christmas for Christians. In light of the terror happening around them, thousands have been displaced. Many refugees had hopes of being home before Easter, but many are in camps in northern Iraq.

    A local Christian relief workers says, Easter also gives new hope. We are celebrating the resurrection from the death of Jesus Christ, but we are also looking forward to a resurrection in each of our hearts.

    Iraq is ranked number 3 on the Open Doors 2015 World Watch list of the worst persecutors of Christians. Pray for persecuted Christians around the world as they celebrate the Risen Christ this week. In the past, Christians have been especially targeted by violence from terrorist groups during Easter events.

  • 11

    TRANSFORMASIE & SENDINGNUUS BEDIENINGSLEIER: TINA VERREYNNE

    EPOS: [email protected]

    Die transformasiebediening se bestaansrede is evangelisasie. Hierdie

    bediening se doel is om ons gemeente aan te spoor tot betrokkenheid in

    gemeentelike uitreike en tot ondersteuning van sendelinge in die veld.

    Wat n groot sen om as gelowiges Sondae aande saam te kom en om te kom bid vir wat saak maak! Ons kan bid vir die beloftes in die Skrif en daaraan vashou, want God is die God van Waarheid en hou Sy beloftes. Wanneer die Here n belofte maak, verbind Hy Homself aan daardie belofte. 2 Kor. 1:20 Want hoeveel beloftes van God daar ook mag wees, in Hom is hulle ja en in Hom amen, tot heerlikheid van God deur ons. Ons moet God op sy Woord neem, want die Woord is die Waarheid. Ons moet leer om na die wil van God in n bepaalde situasie te soek, om Hom daarin te vertrou en om Hom daarin te volg. Om elkeen te bemoedig is om te onthou dat God verstaan en weet alles en Hy weet waarheen Hy met ons oppad is! Wees getrou in jou gebede en hou gelowig daaraan vas.

    Sendingnuus is altyd bemoedigend vir elkeen wat belangstel en betrokke is by die sendelinge in die veld. Of jy bid of finansiel bydra, dit is goed en opbouend vir alle gelowiges tuis sowel as vir die sendelinge.

    Estie Mellet is met vakansie vanaf die 15 Maart tot die 12 April. Bid vir haar vir n veilige reis en om regtig te kom rus om weer gesond en sterk terug te kan gaan en haar roeping daar in Malawi weer te gaan uitleef. Bid vir die mense wat as gevolg van die vloede n kos tekort in die gesig staar. Dra asseblief die mense op aan die Here.

    Die Sapp-familie het nou by hulle ouers en familie gekuier. Die kinders is groot en pragtig! Hoop om volgende keer meer deur te gee van hulle planne vir vorentoe. Dra hulle as familie getrou op aan die Here.

    Nuus van die Ackermans-familie is dat Edward wil graag by n ander skool begin werk, want die ure is dol en deurmekaar. Hulle het n vriendin wat tans besig is om hulle te help daarmee.

    Wessel en Joan is tans stil, want ons weet dat hulle baie besig is en dat Tiago nou in Windhoek skoolgaan. Bid vir hulle gesondheid, want malaria is baie erg en beide van hulle het dit al so baie gehad. Bid dat God hulle sal beskerm, sterk en gesond sal hou om te doen wat hulle moet doen.

    Die bord in die kerk is af, maar alle fotos en meer inligting sal Sondae op die elektroniese kennisgewingbord verskyn. Drink n lekker koppie tee of koffie en kuier saam met die sendelinge en geniet al die nuus, maar bid asseblief soos wat die gebedsversoeke deur gegee sal word.

  • 12

  • 13

    Interesting facts

    about the Easter

    dates

    WHY DOES THE DATE OF EASTER CHANGE EVERY YEAR?1 At the heart of the matter lies a very simple explanation. The earliest believers in the church of Asia Minor wished to keep the observance of Easter in correlation to the Jewish Passover. Because the death, burial, and resurrection of Jesus Christ happened after the Passover, they wanted Easter to always be celebrated subsequent to the Passover. And, since the Jewish holiday calendar is based on solar and lunar cycles, each feast day is movable, with dates shifting from year to year.

    In Western Christianity, Easter Sunday can fall anywhere between March 22 and April 25.

    In 2008 Easter was on March 23, only one day later than the earliest it can ever be in Western churches (March 22).

    The last time Easter fell on March 23 was the year 1913.

    The next time Easter will fall on March 23 is 2160.

    The last time Easter fell on March 22 was in 1818, and the next time will be in 2285.

    1

    http://christianity.about.com/od/faqhelpdesk/qt/whyeasterchange.htm

  • 14

    BEYOND THE BUNNY 1 COR 15

    Daniel Darling is an author, pastor, and public speaker. His latest book is Crash Course, Forming a Faith Foundation for Life. www. danieldarling.com.

    What does Easter mean for you? If you go to church, then I'm guessing everyone you know there is making a huge deal out of Easter. Special services. Communion. Cool banners with great graphics. Easter egg hunts. All kinds of neat stuff.

    But why is it that the church tries so hard to get people to come on Easter? And why is it that Easter is probably the one time of year when everyone - even those who really don't believe in God at all - go to church?

    It is because what happened at Easter is the fountain of our faith. This is what a man named Paul said. Paul was a skeptic of Christianity until he met the Lord in a very dramatic way while traveling on a busy Roman highway. He became one of the most passionate evangelists in the history of the church. Paul said that if what happened on EasterJesus Christ rising from the deadthan we are "of all men most miserable." This is how we would say it today.

    If Easter is just a nice religious holiday with candy and bunnies and family and Jesus Christ really didn't rise again from the dead on the third day - then Christians are a really sorry lot. We might as well pack our Bibles and hymnals up and go home.

    But the truth isJesus Christ did rise again from the dead. It's a historical fact. In fact, in 1 Corinthians 15, Paul lays out the evidence. 500 witnesses saw Jesus Christ in the flesh after he had died and been buried in the tomb. You can't get 500 people to agree on anything, but they all testified that indeed Jesus Christ was alive after He wasn't supposed to have been.

    Let's bottom line this. The death, burial, and resurrection of Jesus Christ is the most important event in human history. It's the most important event in your life and in mine.

    The events at Easter are the only source of hope in this world. Thru Jesus Christ shed blood on the cross, his payment for your sin and for mine, and his resurrection from the dead give you and me new life. Eternal life forever, in only you believe (John 3:16: John 6:47; Ephesians 2:8-9). Because of Easter, you and I don't have to be chained with the shackles of sin. We're free to live the life God intended. And one day we'll live forever in a place called Heaven, created just for our pleasure.

    Because of Easter, we can walk with the God of the Universe as if He is our friend.

    So, this Easter, don't let it be all about the bunny. Stop, worship the One who gave you life. Jesus Christ.

  • 15

    RAAK BETROKKE BY ONS BEDIENINGE Nuwe Lewe Montagu is n aktiewe gemeente wat ten doel het om uit te reik na alle

    mense.

    Abigail Bediening: Die Abigail bediening tree op as ambassadeurs van ons gemeente.

    Hulle verwelkom besoekers op Sondae, bid gereeld weekliks saam en ryk ook op `n

    deurlopende basis uit na siek, eensame en sterwende mense.

    Barmhartigheid: Die Barmhartigheidsbediening werk met welsyn en noodsituasies.

    Hulle besoek huishoudings wat behoefte het aan basiese lewensmiddele, en bied fisiese

    hulp en geestelike ondersteuning.

    Kinderbediening: Ons Kinderbediening staan bekend as die NL3 Qlub. NL3 staan vir

    Nuwe Lewe Derde Generasie. Hierdie bediening is gerig op kinders tussen 6 en 13

    jaar. Op Sondagoggende begelei hierdie bediening ons kinders in lesse en

    aktiwiteite. Daar word ook gesorg vir uitstappies en kampe. Verder streef die

    kinderbediening daarna om ouers betrokke te kry by die geestelike opvoeding van hulle

    eie kinders.

    Kommunikasiebediening: Die kommunikasiebediening maak van alle vorme van die

    media gebruik om ons gemeente se interne en eksterne kommunikasie effektief te laat

    vloei. Hierdie bediening dra ons gemeente se beeld na buite en sorg daarvoor dat die

    lidmate op datum bly met die nuutste verwikkelinge.

    Mannebediening: Die mannebediening is `n bediening vir en deur manne. Hierdie

    bediening streef daarna om vriendskap, eenheid en geestelike groei onder die manne

    van ons gemeente te verbeter.

    Tegniese Span: Sonder die tegniese span sal bitter min kan gebeur. Hierdie toegewyde

    groepie lidmate sorg daarvoor dat ons klank, beligting en projeksie op Sondae en by

    spesiale geleenthede kan gebeur.

    Transformasie: Die transformasiebediening se bestaansrede is evangelisasie. Hierdie

    bediening se doel is om ons gemeente aan te spoor tot betrokkenheid in gemeentelike

    uitreike en tot ondersteuning van sendelinge in die veld.

    Vrouebediening: Die vrouebediening trek die vroue van ons gemeente bymekaar vir

    vriendskap, ondersteuning en gebed. Die vrouebediening stel dit hulle ten doel om

    geestelike eenheid en ondersteuning onder die vroue van ons gemeente te bewerk.

  • 16

    Morning service Oggenddiens

    Sunday 08:30 09:30 (English service) Sondae 10:00 11:15

    Woordskool / Prayer service

    Sondae / Sunday 18:30 19:30

    Creche Gedurende oggenddienste / During morning services

    Kinderkerk / NL3Q Gedurende oggenddienste / During morning services

    Men @ 6 Vrydae 6:00 7:00 in die kerksaal

    Dames biduur Dinsdae 9:30 10:30 in die kerksaal

    PS LOURENS DU PLESSIS 023 614 2260 [email protected]

    KONTAK ONS / CONTACT US Abigails Wendy Strydom 084 501 7377 [email protected]

    Admin Petru Groenewald 0733705416 [email protected]

    Ouderlinge / Elders Johan Stemmet 082 572 3855 [email protected]

    Gebedsaksie / Prayer action Hannes van Rooyen

    084 517 1226

    Jeug / Youth Richard Thomson 083 990 1910 [email protected]

    Kinderkerk / NL3Q Thys Verreynne 082 867 9086 [email protected]

    Kommunikasie Zelda Roscherr 082 469 0094 [email protected]

    Manne / Men Cobus Uys 082 789 5079 [email protected]

    Musiekspan / Worship team Annie Naud 079 877 3929 [email protected]

    NuweLeweLand Akademie Annie Naud 023 100 0049 [email protected]

    Nuwe Lewe Studente Sentrum

    Tina Verreynne 023 100 0049 / 076 287 4415 [email protected]

    Sondag / Sunday Creche Alet Stemmet 079 346 1086 [email protected]

    Tegnies / Technical Stephan van der Walt

    079 311 9971

    Terrein & Geboue / Maintenance

    Frans White 073 318 1626 [email protected]

    Transformasie / Transformation

    Tina Verreynne 076 287 4415 [email protected]

    Vroue / Women Elsa van Heerden 083 641 5826 [email protected]

    Bankrekening besonderhede:

    AGS Nuwe Lewe Sentrum | ABSA Bank Branch 632005 Rek Nommer / Acc number: 1050140225

    Volg ons op www.facebook.com/NLMontagu of soek Nuwe Lewe Montagu www.nlmontagu.org