Top Banner
WAT GEBEUR VANDAG 08:00 : Erediens - NAGMAAL (Ryno Meyer) 08:00 : Kinderkerk (3jr–Gr 3) 09:00 : Junior Geselsgroepe (Gr 4–7) 10:00 : Erediens - NAGMAAL (Ryno Meyer) 10:00 : Kinderkerk (3jr–Gr 3) 13:00 : Afrikatale Erediens 17:00 : Senior Geselsgroepe (Gr 8–11) 18:30 : Aanddiens - NAGMAAL (Ryno Meyer) WAT GLO ONS? Vraag 20 Wie is die Verlosser? Die enigste Verlosser is die Here, Jesus Christus, die ewige Seun van God, in wie God mens geword het en die straf vir die sonde self gedra het. LEESROOSTER Eerste Sondag van Koninkrykstyd Drie-eenheidsondag Feesdiens Romeine 5:1-5 Spreuke 8:1-4, 22-31 Psalm 8 Johannes 16:12-15 ONS LOF EN EER AAN DIE HERE VIR ‘N WONDERLIKE, GESEENDE PINKSTERTYD. DANKIE VIR ELKEEN WAT SAAM “GEREIS” HET AS PELGRIMS DIE AFGELOPE WEEK. KOSBARE TYE!
4

Nuusflitse 19 Mei

Mar 10, 2016

Download

Documents

Afkondigings vir die week
Welcome message from author
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Transcript
Page 1: Nuusflitse 19 Mei

WAT GEBEUR VANDAG

08:00 : Erediens - NAGMAAL

(Ryno Meyer)

08:00 : Kinderkerk (3jr–Gr 3)

09:00 : Junior Geselsgroepe

(Gr 4–7)

10:00 : Erediens - NAGMAAL

(Ryno Meyer)

10:00 : Kinderkerk (3jr–Gr 3)

13:00 : Afrikatale Erediens

17:00 : Senior Geselsgroepe

(Gr 8–11)

18:30 : Aanddiens - NAGMAAL

(Ryno Meyer)

WAT GLO ONS?

Vraag 20

Wie is die Verlosser?

Die enigste Verlosser is die

Here, Jesus Christus, die

ewige Seun van God, in

wie God mens geword het

en die straf vir die sonde

self gedra het.

LEESROOSTER

Eerste Sondag van

Koninkrykstyd

Drie-eenheidsondag

Feesdiens

Romeine 5:1-5

Spreuke 8:1-4, 22-31

Psalm 8

Johannes 16:12-15

ONS LOF EN EER AAN DIE

HERE VIR ‘N WONDERLIKE,

GESEENDE PINKSTERTYD.

DANKIE VIR ELKEEN WAT

SAAM “GEREIS” HET AS

PELGRIMS DIE AFGELOPE

WEEK. KOSBARE TYE!

Page 2: Nuusflitse 19 Mei
Page 3: Nuusflitse 19 Mei

ONTHOU ONS

VROUEBEDIENING

Oggendtee 25 Mei 9h30 vir

10h00

Kostes: R100 - Verversings

ingesluit

Kaartjies beskikbaar by Kerkkantoor.

Slegs tot Maandag 20 Mei

Bid asseblief saam met ons vir die volgende mense:

• Mariaan Muller wie se broer oorlede is.

• Ronnie Beyers wie se ma oorlede is.

• Piet Oosthuizen wat aansterk na ‘n hartaanval.

• Koba Kilian wat knieoperasie ondergaan het.

• Mynhardt Kitshoff wat chemo ontvang.

• Hennie Kaltwasser wat in versorgingseenheid is.

• Jan-Hendrik de Beer (6jaar) en mamma Karin de Beer

wat sukkel met hul gesondheid

• Julie du Plooy wat operasie ondergaan het

• Manie du Plooy wat met gesondheid worstel.

KOMMISSIELEDE BENODIG

Gemeentelede word benodig om op die ondervermelde kommissies te dien. Inligting is by die

Bedryfshoof beskikbaar en persone wat belangstel moet asseblief dringend hieroor kommunikeer.

1. Eiendomskommissie (EK) Die Gemeenteraad het op 29 April 2013 die samestelling van ’n Eiendomskommissie goedgekeur

wat oorhoofs na die Gemeente se behoeftes ten opsigte van die voorsiening van akkommodasie

en die onderhoud van geboue en terreine sal omsien. Hierdie Kommissie sal dus die Gemeenteraad

oor die doeltreffende en effektiewe benutting en onderhoud van geboue, terreine en fasiliteite ad-

viseer. 2. Diensverhoudinge Kommissie (DVK) Hierdie Kommissie adviseer die Gemeenteraad oor personeelaangeleenthede en verseker dat:

• Die Gemeente as werkgewer behoorlik en verantwoordbaar na die behoeftes en probleme

van werknemers omsien;

• Gesonde arbeidsverhoudinge tussen die werkgewer en werknemer bestaan en gehandhaaf

word; en billike arbeidspraktyke bedryf word.

Daar is tans vakatures op die DVK en oorweging word ook geskenk aan die uitbreiding van die

struktuur om meer lede in te sluit. .

Alle Gemeentelede wat oor toepaslike kundigheid en ervaring beskik en bereid is om by een van die

bovermelde kommissies betrokke te raak word uitgenooi om hul beskikbaarheid aan die Bedryfshoof

voor of op 24 Mei 2013 te kommunikeer. Peet Kilian (Bedryfshoof) 012) 662 1708 / 082 469 4708 of

epos [email protected]

Kuierkinders 3 - Emosies

Woede is waarskynlik ons bekendste bondgenoot.

In woede kan ons vele emosies kamoefleer. In Afrikaans het ons nogal ‘n

reënboog van woorde wat woede kan beteken.

Kinders in egskeiding ervaar woede in vele dimensies. Hulle is kwaad vir die ouers, hulle is kwaad vir

die Here, hulle is kwaad vir hulleself, ja sommer vir die hele aaklige wereld.

Dit is OK om woedend, kwaad, briesend, die duiwel in en selfs bietjie kwaad te wees. Woede kom dik-

wels in die vorm van hartseer…want in van ons huise, mag ons nie kwaad word nie. Moet asb ook nie

‘n Christelike sousie oor alles gooi en sodoende jou kind se emosies ontken nie. Respekteer dit en gee

hulle geleentheid om uiting daaraan te gee.

Woede het ‘n effek op jou liggaam, siel en gees. Hulle ervaar die opbou van negatiewe energie in

die liggaam. Die ervaring van fisiese pyn. Twyfel in ander se opregtheid en liefde, is maar deeltjies

van hierdie woede emosie.

Kinders veral kleiner kinders sal woede uitspeel. Hou gerus jou kind dop wanneer hy speel. Goed word

gegooi, gebreek, geskeur. Hierdie kinders het geen manier om dit te sê anders as om deur hierdie

optrede baie hard en duidelik te “praat” nie. Gee erkenning daaraan, moet dit asb nie summier af-

maak as stoutigheid nie. Luister na jou woedende kind. Skep ‘n veilige ruimte waar hy maar mag

praat. Indien julle nie die situasie onder beheer kry nie, kry hulp.

Page 4: Nuusflitse 19 Mei

TIENERS: Wat Gebeur in die Jeug bediening:

• Sondag 2 Junie sluit die see kamp inskrywings, spring gou om ’n plek te kry. Bring ’n mater of

twee om saam met jou in die ongelooflike ervaring te deel.

• Vrydagaand 24 Mei, het ons ’n deur nag LAN, waar ons van 7 die aand tot 7 h Saterdag og-

gend behoorlik die lyne gaan warm speel.

• Kom skakel in by die groepe as jy nog nie deel is nie, ons reis saam, ge-

sels saam en ontdek Jesus op ’n unieke manier.

Koeldrank verkope 2013, een vir die onthou boksie

So dikwels spot ek met die konsep van ’n onthou boksie en ’n vergeet boksie en

dat ons onthou boks dikwels maar legerig is met goeie herinneringe. Lugskou 2013

was een van daardie, wat in die onthou boksie pas. ’n Oorslaap in die hanger die

aand voor die tyd, waar ons gejol het tot die koue nie meer ’n faktor was nie het die bed behoorlik

opgemaak vir ’n Saterdag van harde werk maar ook groot vreugde. 22 Ongelooflike jongmense slaap

Vrydagaand saam met ons oor, tussen van ons lands se grootste en mees indrukwekkenste vliegtuie

en helikopters. In verwondering het ons beweeg, oor alles wat daar uitgestal word by die Swartkops

lugskou. Saterdagoggend was dit oudergewoonte en eie aan ons land bitter

koud, maar die opgewondenheid het gesorg vir so klein bietjie hitte.

Min of meer 70 Pierre van Rynevelders meld aan vir diens om die koeldrank stal-

letjies met oorgawe en vriendelikheid te beman. Dit is eie aan ons stalletjies daar

want mense van heinde en vêr word deur ons jongmense nader gesleep om ’n

ou koeldrankie te koop en as hul weier word die morele kaartgespeel wat so

gaan “ag oom dis vir die kerk”. Entoesiasme was in oorvloed en daarvoor eer ek

elke persoon wat hand kom bysit het om dit ’n sukses te maak. Al alhoewel die

weer nie heeltemal saamgespeel het nie, was dit steeds een wat ons as vriende en lede van die ge-

meenskap nader aan mekaar getrek het, want om saam te werk en speel is om saam te leef. Dankie,

vir elkeen se ongelooflike bydrae en almal se ingesteldheid. Dit was voorwaar ’n vreugde en een vir

die onthou boksie. - Herman -