Top Banner
PVC SINGLE & DOUBLE STRAIGHT & PVC SINGLE & DOUBLE CORNER Patio Lace R62.00 5139 R45.00 Play Pan Sand 40kg TS-WS02 R500.00 Appliance Trolley MOVING HEAVY APPLIANCES HAS NEVER BEEN EASIER FROM BROEKIELACE ELECTRIC PATIO HEATER R1423.00 GPCH-2000 C / O N e l s o n M a n d e l a D r i v e & V a n H e e r d e n S t r e e t , M o k o p a n e T : + 2 7 1 5 4 9 1 3 1 7 7 / 8 / 9 | F : + 2 7 1 5 4 9 1 3 3 6 3 In store coffee shop F r e e popcorn on Saturday’s W E O P E N O N S U N D A Y 3 J U L Y 2 0 1 6 9 : 0 0 - 1 3 : 0 0 NYL PLAZA – The agricultural sector in Limpopo is concerned about the void left behind after the death of the well-respected MEC for agriculture and land affairs, Joy Matshoge, last Saturday. Matshoge died in a car accident on the N1 highway after her tyre burst near the Nyl Plaza outside Mokopane. She was travelling alone in her car. Agricultural organisations and trade unions sung Matshoga’s praises this week, especially about her commitment to the Limpopo agricultural sector and land reform issues. TAU SA North’s Drickus Botha said MEC dies in car crash that while she was a high-profile ANC mem- ber, she always remained apolitical when talking to farmers. Agri Limopo’s Willem van Jaarsveld de- scribed her as a strong leader with a clear vision. “She was humble enough to ask for advice and to rely on the know-how of the commercial sector in her efforts to imple- ment projects to uplift the emerging sector.” Matshoge was admired for putting to- gether an agricultural advisory committe two years ago. She appointed representatives of various agricultural unions (including Agri SA and TLU SA) along with academics from the Limpopo and Venda universities to the commit- tee to assist her in making informed de- cisions. There is talk of a commemorative march to be held in Modimolle, Matshoge’s home town, this weekend. Matshoge leaves behind her husband, Chesane Matshoge, and three children. Die 31ste Bosveldfees sal hierdie jaar ou- dergewoonte by die Mogolklub se gronde gehou word vanaf 6-9 Julie. Daar sal weer interessante stalletjies wees, heerlike kos te koop, musiekvermaak, 'n Tour de Bos fietswedren, 'n gholftoernooi en die kroning van Mej. Bosveld asook al die mooiste blommetjies en bulletjies in die distrik. Die mallemeule sal ook weer hul pretritte opslaan om die harte vinniger te laat klop, terwyl die vuurwerkvertoning die fees op 'n hoë noot sal afsluit. Dis Bosveldfees tyd! Volgens die Bosveldfees se Facebook- blad is die toegang R70 vir volwassenes en R30 vir kinders. Die Bosveldfees-komitee nooi ook weer alle senior burgers (60 jaar en ouer) om die fees gratis te besoek op Vrydag, 8 Ju- lie. Van die groot name te sien by die fees is Elvis Blue, die Parlotones, Brendon Peyper, Die Campbells en Theuns Jordaan. Sien die volle program en meer inligting in hierdie uitgawe. Elvis Blue kom kuier in Lephalale
12

Nn 1 7 issuu

Aug 04, 2016

Download

Documents

Helena Raats

Limpopo-based community newspaper for Lephalale and Mokopane.
Welcome message from author
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Transcript
Page 1: Nn 1 7 issuu

PVC SINGLE & DOUBLE

STRAIGHT & PVC

SINGLE & DOUBLE

CORNER

Patio Lace

R62.005139

R45.00

Play Pan Sand

40kg

TS-WS02

R500.00

Appliance Trolley

MOVING HEAVY

APPLIANCES HAS

NEVER BEEN EASIER

FROM

BROEKIELACE

ELECTRIC PATIO

HEATER

R1423.00

GPCH-2000

C/O Nelson Mandela Drive & Van Heerden Street , Mokopane

T: +2715 491 3177/8/9 | F: +2715 491 3363

In store coffee shop

Free popcorn

on Saturday’s

WE OPEN ON

SUNDAY

3 JULY 2016

9:00 - 13:00

NYL PLAZA – The agricultural sector in Limpopo is concerned about the void left behind after the death of the well-respected MEC for agriculture and land affairs, Joy Matshoge, last Saturday.

Matshoge died in a car accident on the N1 highway after her tyre burst near the Nyl Plaza outside Mokopane. She was travelling alone in her car.

Agricultural organisations and trade unions sung Matshoga’s praises this week, especially about her commitment to the Limpopo agricultural sector and land reform issues. TAU SA North’s Drickus Botha said

MEC dies in car crashthat while she was a high-profile ANC mem-ber, she always remained apolitical when talking to farmers.

Agri Limopo’s Willem van Jaarsveld de-scribed her as a strong leader with a clear vision. “She was humble enough to ask for advice and to rely on the know-how of the commercial sector in her efforts to imple-ment projects to uplift the emerging sector.”

Matshoge was admired for putting to-gether an agricultural advisory committe two years ago. She appointed representatives of various agricultural unions (including Agri SA and TLU SA) along with academics from

the Limpopo and Venda universities to the commit-tee to assist her in making informed de-cisions.

There is talk of a commemorative march to be held in Modimolle, Matshoge’s home town, this weekend.

Matshoge leaves behind her husband, Chesane Matshoge, and three children.

Die 31ste Bosveldfees sal hierdie jaar ou-dergewoonte by die Mogolklub se gronde gehou word vanaf 6-9 Julie.

Daar sal weer interessante stalletjies wees, heerlike kos te koop, musiekvermaak, 'n Tour de Bos fietswedren, 'n gholftoernooi en die kroning van Mej. Bosveld asook al die mooiste blommetjies en bulletjies in die distrik. Die mallemeule sal ook weer hul pretritte opslaan om die harte vinniger te laat klop, terwyl die vuurwerkvertoning die fees op 'n hoë noot sal afsluit.

Dis Bosveldfees tyd!Volgens die Bosveldfees se Facebook-

blad is die toegang R70 vir volwassenes en R30 vir kinders.

Die Bosveldfees-komitee nooi ook weer alle senior burgers (60 jaar en ouer) om die fees gratis te besoek op Vrydag, 8 Ju-lie.

Van die groot name te sien by die fees is Elvis Blue, die Parlotones, Brendon Peyper, Die Campbells en Theuns Jordaan. Sien die volle program en meer inligting in hierdie uitgawe.

Elvis Blue kom kuier in

Lephalale

Page 2: Nn 1 7 issuu

www.noordnuus.co.za Noordelike Nuus / Northern News 1 JULIE 20162

Deur Amanda Basson ([email protected])

LEPHALALE – Klein Mar-Leoné Illingworth is verlede maand in die Lephalale Medi Clinic op 32 weke gebore en het minder as ‘n pak suiker geweeg. Sy sterk goed by die huis aan na amper ‘n maand in die hospi-taal.

“Ek het die oggend van 23 Junie wakker geword en verskriklik naar gevoel,” vertel Monique Davies, Mar-Leoné se mamma. Monique en Mar-Leoné se pa, Leander Illing-worth, het twee dae later na die Medi Clinic gegaan toe Monique se water gebreek het. “Met my aankoms het die dokter toetse ge-doen en gevind dat ek reeds begin kraam het - hulle moes ‘n noodkeiser doen.”

Mar-Leoné het ‘n piepklein 1,67kg ge-weeg toe sy gebore is. “Omdat die Medi Clinic nie oor ‘n neonatale eenheid beskik nie is my dogtertjie oorgeplaas na Pretoria, maar toe die ambulans halfpad daarheen is het hulle besluit om ‘n helikopter te ontbied om haar verder te vervoer.”

Monique en Leander het die volgende dag deur gery om by hul babatjie te wees. “Die dokter het my vroeg uit die hospitaal ont-slaan omdat dit vir my so belangrik was om by my kind te wees.”

Dit was ‘n groot skok om hul babatjie die eerste keer in die hoësorgeenheid van die Kloof hospitaal in Pretoria te sien. “My kind was aan ‘n klomp masjiene gekoppel en daar was pypies in haar kop en neusie om vir haar suurstof en medikasie te gee.”

Die klein pienkvoet het egter almal ver-baas met haar veggees en het, ten spyte van ‘n paar terugslae soos toe sy geelsug opge-doen het, vinnig gewig opgetel. “Sy weeg nou al 2,4 kg en word elke dag ‘n bietjie sterker,” spog haar mamma.

Mar-Leoné is uiteindelik veilig by haar huis in Lephalale waar sy behoorlik bederf word deur haar familie en vriende. “Ons wil

Piepklein en perfek...... vroeggebore baba sterk goed aan

net graag vir Dr Hester Stander, die perso-neel by Lephalale Medi Clinic, Dr. French by Kloof hospitaal, Martie Illingworth, Tony dos Santos, Leon Illingworth, Leoné Illingworth, Anke Hernandez, Pastoor Ockert Coleske en ook almal van ER 24 ambulansdienste baie dankie sê vir al hul hulp en bystand die laaste tyd.”

“Hierdie mense het ‘n baie moeilike tyd vir ons so ‘n bietjie makliker gemaak deur hul teenwoordigheid.”

Bo: Mar-Leoné saam met haar ma, Monique Davies, en pa, Leander Illingworth.

Regs: Die piep-klein Mar-Leoné net nadat sy gebore is. Een van die verpleegpersoneel het haar hand oor die baba gehou om te wys hoe klein sy was.

MOKOPANE – Lede van die Destiny Alive kerk het besluit om saam te werk om vir die kinders van die Mokopane Laerskool ‘n veiliger omgewing te skep. Drie van die skool se kinders is al raak gery in Hooge- en Geysterstraat waar hulle in die middae wag vir ouers en taxi’s om hul huis toe te neem.

Die kerkgroep het onder die Mogalakwe-na Munisipaliteit se ‘Adopt-a-spot’ program besluit om die hele blok vanaf Thabo Mbeki straat, oorkant Hoërskool Piet Potgieter, tot by Hoogestraat hul projek te maak. Volgens pastore Thomas en Minda Marshall is die plan om ‘n groot park en speelarea te skep waarop die dorp kan trots wees. ‘n Spesiale bord is reeds opgesit naby die Baobab boom wat vroeër die jaar geplant is wat lees: ‘Mo-kopane – plek waar mense bymekaarkom.’

Destiny Alive het die publiek gevra om hul ou klimrame en speelapparaat te skenk asook ou motorbande wat sal gebruik word om die speelparkie te bou.

Kom sit bietjie handjie by, toe?

“Baie dankie aan Jaco en Reinette Visagie wat hierdie week ‘n hout klimraam geskenk het vir die projek,” het Charmaine O’Kennedy van Destiny Alive aan Noordelike Nuus gesê. “Saam met die ander skenkings gaan ons vir die kinders ‘n spesiale plek bou.”

In Junie het Destiny Alive, saam met ander vrywilligers, ‘n kunsmatige rots ge-bou met die oorskiet rommel nadat ‘n leë swembad afgebreek en opgevul is en vroeër hierdie week is begin met ‘n heining om die kinders veilig en uit die straat te hou.”

Destiny Alive nooi almal, oud en jonk, om betrokke te raak en te kom hand bysit op die oggend van 9 Julie wanneer hulle begin om die area skoon te maak en met die speelpark se bou begin. Vir verdere inligting kan Char-maine geskakel word by 076 872 1324.

Bo: Lize Janse van Rensburg en Chris van Zyl, lede van die Destiny Alive kerkgroep, hou die nuwe bord vas wat nou teen die heining op die hoek van Thabo Mbeki en Geyser pryk.

Deur Helena Raats ([email protected])

Wat daardie 48-uur met Gerrie Kachelhoffer (41), ‘n oud-inwoner van Mokopane, gebeur het langs die pad by Chuenespoort, suid van Polokwane, weet niemand nie. Gerrie is uit die Polokwane Medi-Kliniek ontslaan en sterk aan by die huis, maar herken niemand nie.

Gerrie, wat aan Hoërskool Piet Potgi-eter gematrikuleer het, is op 21 Junie deur ‘n onbe-kende man by ‘n polisiekantoor in Polokwane afgelaai – hy was deurmekaar, gedehidreer en dit was duidelik dat hy aangerand was.

Gerrie is verlede Maandag as vermis aangegee nadat hy spoorloos verdwyn het terwyl hy op pad was om boumateriaal te gaan koop. Die bakkie waarmee hy gery het, was netjies langs die pad afgetrek met die sleutel en sy selfoon net so in die voertuig.

Foto’s van Gerrie is versprei op sosiale media en deurgegee aan die bus- en taxi-bestuurders in die area en ‘n grootskaalse soektog is van stapel gestuur om hom te vind.

Gerrie het sowat R4000 kontant by hom gehad, maar dit wil voorkom asof hy oor die kop geslaan is en beroof is. Daar was geen tekens van ’n struweling in of om sy voertuig gewees nie.

Sarie Greyling, Gerrie se skoonsuster, het aan die media gesê dat Gerrie nie sy

Gerrie ly steeds aan geheueverlies

vrou en kinders herken nie en dat die dokter meen dat hy geweldige trauma deurgemaak het. “Hy is geslaan en geneus op sy bolyf, nek en kop en dit kan dalk die rede vir die geheueverlies wees,” het sy bevestig. Sy het Dinsdagmiddag op Facebook geskryf dat dit onder omstandighede goed gaan met hom, maar dat Gerrie steeds niemand herken nie, en sy gesin moet hulself elke oggend aan hom voorstel.“Hy eet goed, maar is baie stil en slaap baie,” skryf Sarie, wat Gerrie as 'n baie geestelike mens beskryf. “Asseblief hou aan bid.”

Gerrie en Yvonne Kachelhoffer.

MOKOPANE - Na aanleiding van ’n artikel in 17 Junie se Noordelike Nuus (“Boerboel val vrou aan”, bl. 4), word die volgende regstel-ling gemaak:

Die berig meld dat ’n sakevrou in haar 60’s onlangs deur haar familie se hond (boer-boel teef) aan die been gebyt is. Volgens die eienaars van die hond is die slagoffer bekend aan die familie, maar is nie ’n familielid nie. Beide partye wil nie hulle name genoem hê in die artikel nie.

Die slagoffer is glo in ’n kwessie van twee weke, twee keer gebyt deur dieselfde hond, wat kleintjies gehad het.

Die eienaar van die hond sê sy betaal tot dusvêr al die vrou se mediese onkoste. Sy sê ook dit is net jammer die vrou was nie meer versigtig vir die hond nie.

Sy voer aan dat die wond aan die vrou se been soos op die foto by die berig, aanvanklik nie so erg was nadat die hond haar gebyt het nie.

Dokters by die Polokwane Medi-Kliniek het, volgens die hond se eienaar, aangevoer dat die weefsel septies geraak het omdat die wond nie betyds behandel is in die staatshospitaal waar sy aanvanklik opge-neem was nie.

“Die mediese onkoste is wel ’n groot be-drag maar dit is nie vir ons ’n finansiële uit-daging nie. Ons gee baie om vir die vrou en is jammer so iets moes haar oorkom."

"Mense moet net besef dat ’n hond veral onvoorspelbaar en sensitief is wanneer hulle kleintjies het en om eerder nie ’n perseel op jou eie te betree wat jy weet deur ’n hond beskerm word nie,” sê die eienaar van die hond.

Regstelling

Page 3: Nn 1 7 issuu

1 JULY 2016 Northern News / Noordelike Nuus www.noordnuus.co.za 3

Cell phone theft suspect arrestedMARAPONG – Angry residents dished out some mob justice to a 24-year-old man suspected of cell phone theft last Friday.

Warrant officer Frans Mokoena of the Lephalale SAPS says that police members were busy with a routine patrol when they happened upon the naked man inside the Spar in Marapong. A group of residents was gathered in front of the shop.

“The mob alleged that the suspect ran into the shop when he tried to escape from his attackers and used plastic bags to cover his body after his clothes were torn off by the mob.”

The man was charged with theft, but had to be admitted to hospital because of his injuries.

He will only appear in court once he is discharged.

LEPHALALE – Tydens verlede week se gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) verga-dering is daar genoem dat minder ernstige misdade en huisbrake steeds besig is om kommerwekkend toe te neem, veral in die Onverwacht area.

Veral Skurwerand-, Boekenhout- en Springbokstrate is die laaste tyd deur inbre- kers geteiken. “Dit is van kardinale be-lang dat ons meer druk moet plaas op die voorkoming van hierdie tipe misdade,” het Thys Eloff, voorsitter van die GPF, gesê.

Koue stuit misdadigers nieSersant Precious Munyai van die Lepha-

lale polisie het genoem dat aanranding sake ook toegeneem het.

“Ons het egter ‘n groot probleem met mense wat sake open en dan later besluit om dit terug te trek en doen weereens ‘n beroep op die gemeenskap om nie onnodig sake terug te trek nie.”

Daar is ook meer insidente van brand-stigting en kwaadwillige saakbeskadiging aangemeld terwyl daar meer arrestasies vir dwelmverwante misdade gemaak is.

By Martie Le Grange ([email protected])

MOKOPANE – The man who was arrested for the murder of his ex-girlfriend’s 9-year-old son, Katlego Lesenya was denied bail in the Mokerong Magistrate’s court on Tues-day.

Katlego who was a Grade 4 learner at Mokopane Primary School was reported missing in May. His body was found in a shallow river near Marken days thereafter.

Jimmy Makhubele, the accused, allegedly pointed out the place where he dumped the boy’s body.

Police reports state that the boy’s mother is a 38-year-old sergeant with the Mokopane Family Violence and Sexual Offences Unit.

She broke off her relationship with the ac-cused one day before her son went missing. Police arrested the suspect on a charge of kidnapping in Lephalale. He pointed out the area where he dumped the boy’s body.

The accused allegedly threw Katlego’s body from a bridge on the Marken road be-tween Mahwelereng and Lephalale in the Tinmines area.

Members of the K9-unit and the police searched the shallow river for the body and retrieved it.

Katlego was described as a loving and friendly child and the principal and teachers of Mokopane Primary expressed their sincer-est condolences to the family and friends of the boy.

Angry community members of Mzombane

No bail for alleged child murderer

village outside Mokopane protested in front of court on Tuesday to oppose Makhubele’s bail application. Other protesters wanted him to be released for them to take law into their own hands.

He was, however, denied bail and is expected to appear in the same court on 11 August.

Katlego Lesenya (9) was a Grade 4 learner at Mokopane Primary School. His body was found in a shallow river in Marken after his body was thrown from a bridge in the Marken area.

Page 4: Nn 1 7 issuu

www.noordnuus.co.za Noordelike Nuus / Northern News 1 JULIE 20164

TEL: 011 864 2990 FAX: 011 908 2500 EMAIL: [email protected]. TERMS AND CON-DITIONS APPLY. R 5000 REGISTRATION DEPOSIT, DOCUMENTATION FEE & VAT PAYABLE. FURTHER TERMS AND CONDITIONS APPLY. FICA REQUIREMENTS APPLY TO EVERY SALE. PLEASE BRING YOUR ID & PROOF OF RESIDENCE. NO SALE WILL BE CONCLUDED WITHOUT MEETING FICA RE-QUIREMENTS. ALL OF THE ABOVE IS SUBJECT TO CHANGE WITHOUT PRIOR NOTICE. GENERAL RULES OF AUCTIONS AVAILABLE ON WEBSITE. THE RULES OF AUCTION COMPLY WITH SECTION 45 OF THE CONSUMER PROTECTION ACT, ACT 68 OF 2008. AFRICOR AUCTIONEERS OR THE FINANCIAL INSTITUTION’S REPRESENTATIVE MAY BID TO THE RESERVE PRICE ON BEHALF OF THE SELLER.

VIEWING 14/07/2016 & 15/07/2016 - 09H00 TO 15H00FOR MORE INFO VISIT OUR WEBSITE: www.africorauction.co.za

CAT LOADERSGRADERS FRONTLOADERSTRUCKSWATER TANKERSBAKKIESVEHICLESTRAILERSTRACTORS

MINI BUSSESLDV’SGAME VIEWING VEHICLESGAME TRAILERSENGINEERING EQUIPMENTFARMING EQUIPMENT CATERING EQUIPMENT WORKSHOP EQUIPMENTCOMPRESSORS

GENERATORSPUMPSIRRIGATION PIPESOFFICE FURNITUREHOUSEHOLD FURNITUREFRIDGESFREEZERS SPEED BOATSCOOTERS AND LOADS MORE!

SATURDAY 16 JULY 2016 @ 10H00PLOT 91, O R TAMBO ROAD, LEPHALALE

GPS: 23°40’55.77”S 27°44’39.69”E

SALE OF EXECUTION ON BEHALF OF HIGH COURT OF SA - CASE NUMBER: G1142/2015 IN THE MATTER OF FIRE AND EMERGENCY VEHICLES (PTY) LTD AND THE COMMONWEALTH TRUST.BUSHVELD INVESTMENT TRUST FARMING IN LIQUIDATION AND OTHER VENDORS

MASSIVE LIQUIDATION AUCTION

Africor Auctioneers (Pty) LtdTel: 011 864 2990Email:[email protected]

DULY INSTRUCTED BY REPOSSESSION MANAGERS, LIQUIDATORS, TRUSTEES, EXECUTORS, WE WILL SUPPLEMENT AND SELL WITH & WITHOUT RESERVE

Elderly man dies in fireMAPELA – The police in Mahwelereng are investigating a case of culpable ho-micide after an elderly man (63) burnt to death when the room he was sleeping in caught fire. The police suspects that a cigarette he was smoking may have caused the fire. The victim was bedrid-den and not able to escape.

Clerk verhoor sloerDeur Martie Le Grange ([email protected])

MOKOPANE – Die verhoor van Kevin Clerk, wat teregstaan op verskeie aanklagte teen hom nadat André van den Bergh in 2014 sy lewe verloor het, sloer steeds.

Die verhoor, wat verband hou met ’n tref-en-trap-ongeluk waarin van den Bergh oorlede is, is verlede Donderdag in die Mo-kopane Landdroshof uitgestel na 13 Julie. Die verhoor is weer uitgestel omdat ’n getuie klaarblyklik nie die verhoor kon bywoon nie.

Van den Bergh is die aand van 7 Junie voor sy huis, volgens ’n ooggetuie, deur ’n wit dubbelkajuitbakkie raakgery. Hy is op die to-neel dood verklaar. Die ooggetuie, ’n reaksie bestuurder van SOS Sekuriteit beweer die bestuurder van die bakkie wat Van den Bergh raakgery het, is Clerk, die beskuldigde.

MOKOPANE – Danksy ’n anonieme skenker gaan minderbe-voorregte gesinne in Mokopane binnekort van broodnodige klere voorsien word. Die VF Plus se Marcelle Maritz het verlede week ’n oproep ontvang van ’n anonieme persoon wat die volgende dag ’n bakkievrag vol kiere aan die Suid-Afrikaanse Vroue Federasie (SAVF) geskenk het. Corlet Briel van laasgenoemde instansie staan saam met Maritz en Natashia Venter met dankbare harte teenoor die skenker.

Deur Martie le Grange ([email protected])

LIMPOPO – Wanneer ouers ontevrede is met die manier wat hul kind by ‘n skool behandel word, is daar verskeie stappe wat hulle kan volg om die situasie op te los.

Eerstens moet die saak direk die betrokke onderwyser opgeneem word. Indien daar nie ‘n oplossing gevind kan word, is die volgende stap om die skoolhoof te gaan sien.

Indien die ouers steeds nie tevrede is met hoe die saak hanteer word nie of voel dat hul klagtes geïgnoreer word of selfs dat die kind/kinders betrokke te nagekom word, kan hulle hulself wend tot die department van onderwys.

Daar is egter amptelike kanale wat gevolg moet word om te verseker dat die saak be-hoorlik hanteer word. Die eerste stap om te volg is om die departement te skakel om uit te vind wie is die betrokke skool se ver-teenwoordiger in die department. Hierdie verteenwoordiger, nie die skool se beheerlig-gaam nie, tree dan ook op as tussenganger tussen ‘n betrokke skool en ouer.

Hoe om ‘n skriftelike klagte in te dien: Rig ‘n amptelike brief aan die South Af-

rican Council for Educators (SACE) se hoof uitvoerende beampte per epos aan:

[email protected] ‘n Klagte moet omvattend wees. Sluit alle

datums en feite in die skrywe en voorsien relevante dokumentasie en ander bewys-stukke. Die volgende inligting moet ook voorsien word:

Naam, e-pos aflewering adres en tele-foonnommer van die klaer.

Indien die klaer die slagoffer verteen-woordig, moet die naam van die slagoffer ook ingesluit word.

Indien ‘n klaer wil anoniem bly, moet die

Hanteer klagtes oor skole só, sê departement

volgende inligting ten volle verskaf word;Naam van die persoon(e) teen wie die

klagte ingedien is.Naam van die betrokke skool.Indien ‘n leerder betrokke is, die naam

van die leerder, die skool waar hy of sy skoolgaan en die graad waarin die leerder is tesame met volledige besonderhede met betrekking tot die klagte (wat presies gebeur het).

Datum van die voorval.Die brief kan ook per hand afgelewer

word by Hoof Uitvoerende Beampte, South African Council for Educators (SACE), 240 Lenchenlaan, Centurion 0046.

Wat gebeur na ontvangs van die klagte?Die klag word geregistreer (‘n lêer word

oopgemaak en ‘n saaknommer toegeken);Die persoon teen wie daar ‘n klag gemaak

is, (beweerde beskuldigde) word ingelig oor die aantygings teen hom of haar en word ver-soek om binne 10 dae en in sommige gevalle binne vyf dae, afhangende van die aard van die klagte, skriftelik te reageer in antwoord met betrekking tot die bewerings.

‘n Brief word ook na ander betrokkenes gestuur, insluitend die klaer.

Sodra die beweerde beskuldigde reageer, word dit aan ‘n etiek komitee voorgelê vir n aanbeveling.

Die komitee lei die prosesse en bepaal dan of ‘n klagte; lasbriewe; ‘n ondersoek; bemiddeling of dissipline volg.

Dié struktuur kan ook deur leerkragte van die skool of die gemeenskap gevolg word.

Vir verdere riglyne kan lesers die volgende webtuiste besoek: www.sace.org.za.

Die nommer om te skakel by die provin-siale kantoor is 015 290 7611. Gee die naam van die skool, die area, provinsie en distrik waarin die skool geleë is.

Contact numbers for SAPS complaintsLEPHALALE – The community policing forum (CPF) held its monthly meeting last Thursday. One of the issues raised was the claim that no feedback is provided by the Lephalale police once a complaint is filed at the police station.

Police Station Commander, Lt Colonel Daniel Ramakgoakgoa, addressed the issue by saying: “Complainants are encouraged to contact one of the commanders when they are unhappy about service delivery, but should make sure that they have their case number, incident number or the name of the member about whom they want to complain ready.”

For complaints about a registered case, contact captain Tloane, the detective com-mander, on 082 565 7968 or for complaints about a crime captain Malesela, visible police commander, on 082 414 3215.

THABAZIMBI – Oom Sarel Bekker Pelser (90), die oudste lewende Vrystaatse rugbyspeler (Cheetahs), is na ‘n lang siek-bed Dinsdagoggend oorlede.

Hy is op 14 November 1925 gebore en het tussen 1952 en 1954 vir die Vrystaat gespeel. In die vroeë 1950’s het Pelser en sy broer, Pa Pelser, vir groot opgewondenheid gesorg toe hulle teen mekaar te staan gekom het in twee epiese rugby wedstryde tussen die Vrystaat en Transvaal. Albei broers was kranige rugbyspelers.

Hy het in 1963 in die Bosveld aangekom met sy vrou, drie kinders, ‘n tent en ‘n bakkie. Oom Bekker het tot onlangs nog op die plaas Nooitverwacht op die Thabazimbi-pad geboer. Hy het van 1973 by Vleissentraal gewerk tot 1990 toe hy afgetree het as assistent hoofbestuurder. Oom Bekker het ook op Hoërskool Ellisras

Oudste Vrystaatse rugbyspeler sterfse beheerliggaam gedien van 1970-1974. Beide sy dogters was hoofmei-sies, Elsje in 1973 en Magda in 1974. Wat oom Bekker besonders gemaak het, het EHS se Fransa de Beer in ’n onlangse artikel geskryf, was sy sin vir humor en vrygewigheid. Hy was bekend daarvoor dat hy sommer in die winter ’n koedoe sou skiet, biltong sou maak en uitdeel – hy het ook so gemaak met sy nartjies, lemoene en mango’s. Oom Bekker was ook ‘n diep gelowige mens.

Pelser word oorleef deur drie seuns, twee dogters, nege kleinkinders en een agterklein-kind. Sy begrafnis sal op Saterdag 2 Julie om 11:00 vanuit die Gereformeerde kerk Mogol plaasvind.

LEPHALALE – A supervisor at Vetus Schola security company assisted with the arrest of a suspected vehicle thief at Silver Charms last Wednesday.Vincent Mamphodo of Vetus Schola was doing a site visit when he noticed a police vehicle searching for suspect and immediately decided to give his assistance. Mamphodo saw the suspect hiding in the nearby bushes and gave chase after which the man was apprehended and arrested by the police. The man was charged with theft of motor vehicle and appeared in the Lephalale magistrate court on Friday.

Working with the police

Bakkievrag vol klere vir behoeftiges

Page 5: Nn 1 7 issuu

1 JULY 2016 Northern News / Noordelike Nuus www.noordnuus.co.za 5

Working with the police

Page 6: Nn 1 7 issuu

www.noordnuus.co.za Noordelike Nuus / Northern News 1 JULIE 20166

Page 7: Nn 1 7 issuu

1 JULY 2016 Northern News / Noordelike Nuus www.noordnuus.co.za 7

Page 8: Nn 1 7 issuu

www.noordnuus.co.za Noordelike Nuus / Northern News 1 JULIE 20168

Mogolklub, LephalaleToegang: R70 (volw) en R30 (kinders)

Elvis BlueElvis Blue is bekend as een van die besig-ste kunstenaars in Suid Afrika en doen gemiddeld 130 optredes jaarliks waarvan sommige van sy optredes tjok-en-blok vol bespreek is. Hy het verlede jaar met sewe Ghoema- en ‘n SAMA-toekenning gespog vir sy album “Êrens in die middel van nêrens”. Aanhangers kan ’n liedjie reis van staaltjies, grappies en oorspronklike musiek te wagte wees van ’n kunstenaar wie se musiek reeds jare spreek tot die harte van oud en jonk.

The Parlotones are coming!The organisers of this year’s Bushveld festival went all out with this act! Kahn Morbee, Neil Pauw and brothers Glen and Paul Hodgson formed the band over 10 years ago and achieved massive success in South Africa as well as various international markets. With their hit songs Push me to the floor, Giant mistake and We call this dancing, this band needs no introduction. They will be performing right after the rugby on Friday night at 21:00.

Kom luister na Theuns JordaanTheuns is met sy diep rasperstem nie net ‘n uitstekende sanger nie, hy het ook deur die jare sy staal as liedjieskrywer gewys. Verskeie groot treffers waaronder sy liedjies Soos bloed, Jou asem, Roeper van my hart en Net voor die storm kom is uit sy pen. Hierdie man is voorwaar een van die beste Afrikaanse sangers en beslis een van die optredes wat feesgangers nie moet misloop nie.

Vierwiel eskapadesSaterdag gaan ‘n bedrywige dag by die fees wees met die vierwielaangedrewe voertuig kompetisie wat reeds om 08:00 afskop. Die monster moddergat beloof om elke bestuurder se vernuf tot die uiterste te beproef. Gelukkig is die biertent darem nie te ver van die baan af nie en kan feesgangers hul senuwees so ‘n bietjie gaan kalmeer sodra hul klaar is.

Bederf vir oupa en oumaAlle senior burgers kan Vrydag die fees gratis besoek en dan is daar om 12:00 ook ‘n heerlike senior burger ete in die funksiesaal.

Doen sommer nou al kerskopiesDie stalletjies met besienswaar-dighede beloof om van hoë gehalte te wees hierdie jaar. Daar sal iets vir elke smaak wees en honger feesgangers kan sommer iets vir aandete by een van die talle kosstalletjies koop. Handgemaakte items, unieke klerasie en ander snuisterye sal te kies en te keur verkoop word.

Page 9: Nn 1 7 issuu

1 JULY 2016 Northern News / Noordelike Nuus www.noordnuus.co.za 9

Kom roer gerus daai potjie!Ons almal spog so nou-en-dan met ons geheime potjiekos resep. Nou ja, hier is jou kans om te bewys dat jy die beste pot kan maak in Lephalale. Die kompetisie begin om 08:00 by die Braaiarea Saterdagoggend en daar sal deurgans lekker vermaak wees om die kokke aan die kook te hou.

Kom spog met jou hond!Die hondeskou is altyd een van die groot hoogtepunte by die Bosveldfees. As jy dink dat jou hond oor daai gesogte sterfak-tor beskik moet jy beslis seker maak dat julle Saterdagoggend by die rugbybane is. Kam jou natneusie totdat sy pels blink en kom spog so ‘n bietjie met sy mooi maniere en dalk wen julle nog ‘n prysie of twee.

Vermaak vir die hele gesin!As jou voete moeg geloop is deur die stalletjies en die kleingoed begin neul kan julle altyd ‘n draai gaan maak by die immergewilde pretpark. Daar sal hierdie jaar weer tonne pret vir die jonges wees met mallemeules, springkastele en nog vele meer wat ma en pa ook so ‘n bietjie ‘n blaaskans kan gee.

Moet dit nie misloop nie!As jy nog nooit die Bosveldfees se skouspelagtige vuur-werkvertoning gesien het nie moet jy beslis nie hierdie jaar misloop nie. Die vertoning sal om 19:00 op Sater-dagaand plaasvind en mense wat naby aan die Mogol klub woon word daaraan herinner dat hul voorsorg vir hul troeteldiere moet maak. Kom beleef ‘n vertoning soos min en maak sommer daarna ‘n draai by die Bosveldfees-tent waar Henk Grimsell en sy orkes gaan optree.

Page 10: Nn 1 7 issuu

www.noordnuus.co.za Noordelike Nuus / Northern News 1 JULIE 201610

Page 11: Nn 1 7 issuu

1 JULY 2016 Northern News / Noordelike Nuus www.noordnuus.co.za 11

MOKOPANE – MGM Motors se 24/7 Express Shoppe het verlede Donderdag sy wenners van die afgelope drie maande se inkleurkompetisie aangewys.

“Die inkleurkompetisie het niks minder nie as 600 inskrywings ontvang,” sê Gerhard Janse van Vuuren, die bestuurder van MGM Motors se 24/7 Express Shoppe.

Hy het elke kind wat vir die kompetisie ingeskryf het bedank vir die moeite wat hulle gedoen het.

Hy sê die beoordelaars (borge) moes behoorlik kop-krap om die wenners in elke ouderdomsgroep te kies. “Dankie aan Craklys Biltong, Gattis Ice Cream, ’n anon-ieme borg en Viljoen Beverages wat die kompetisie vir ons moontlik gemaak het,” het Janse van Vuuren gesê.

POLOKWANE – ’n Oud-inwoner van Mokopane, Joos Engelbrecht (69) is verlede Vrydag in Polokwane oorlede na ’n vyf jaar kanker stryd.

Engelbrecht was vir sowat 16 jaar in Mokopane woonagtig en baie bekend in die gemeenskap. Hy het egter vyf jaar gelede na Polokwane verhuis waar hy nader kon wees aan die dokters, sê sy skoonseun Hannes Jansen van Vuuren.

Sy herdenk diens word op 8 Julie om 11:00 by die Hervormde Kerk in Ladanna in Polokwane gehou. Hy word oorleef deur sy vrou Annetjie, ses kinders en sewe agter-kleinkinders.

MGM se inkleur wenners

Graad 1 tot 2 se inkleur wenners, Danika de Klerk (eerste plek), Maddison Wroe (tweede plek) en Chokwe Tukisho (derde plek) saam met MGM se Carla Erasmus. Graad 3 tot 5 se inkleur wenners, Henrico Kruger (tweede plek) en Mampara Langa. Afwesig: Didimalo Mashishi (eerste plek) saam met MGM se Carla Erasmus. Graad 6 tot 7 se inkleur wenners, Megan Wolvaardt (eerste plek), Dayne Brews (tweede plek) en Mosebo Tsebe (derde plek) saam met MGM se Gerhard Janse van Vuuren.

Deur Martie Le Grange ([email protected])

MOKOPANE – “Net gekke en dwase skryf op mure en glase.” Só lui die kommentaar van ’n Facebook-gebruiker nadat vandale die mure van die Masonic Lodge in Ruiterweg met ’n verfkwas bygekom en Bybelversies daarop geverf het. Dit het ontaard in ’n hele debat nadat die foto’s op Facebook gedeel is.

Een persoon glo dat die vandalisme die handewerk van "Christene" is wat ’n bood-skap wil oordra aan Vrymesselaars.

“Thank you for reminding us of our belief in God. Instead of painting on our walls why do you not come and join us at our meeting place. We meet every fourth Tuesday of the month. You have to be a Christian to belong to this group of elite men. A place where we teach you morals to take you from a good person and be-coming a better person in life. I hope the person is above 21years of age because otherwise we cannot accept you.”

Noordelike Nuus het opgemerk dat an-der plekke in die dorp ook deurgeloop het onder die vandale. ’n Rotsformasie met die woorde “Jesus” en “Leef” daarop en ook geverfde kruise is langs die pad in Thabo Mbeki Straat naby Chroompark te sien.

Vandale los Bybelversies

Oud inwoner sterf na kanker stryd

Accident claims three livesMartie Le Grange ([email protected])

MOKOPANE – Three people have been killed following an accident on the N1 South outside Mokopane on Monday afternoon, reports department of transport in Limpopo spokesperson Kagiso Mootane. Police is investigating a case of cul-pable homicide.

Sergeant Irene Masingi from the Mokopane police said it is alleged that the driver of the Yaris was travelling North, about 10km from the Nyl Plaza toll gate when the accident took place. It seems that the driver of a Nissan NP bakkie trav-elling in front of the Yaris lost control when one of the bakkie’ tyres got a puncture. It collided with an Opel Corsa, causing the Yaris to lose control. Three passengers died on the scène, three people sustained injuries and were taken to hospital.

Page 12: Nn 1 7 issuu

oordelike uus orthern ewsN NAitblinkerschievers

UMOKOPANE – Die Nyl Boerevereniging (BV) se 11de gholfdag by die Kameeldoring Buiteklub verlede Saterdag was soos elke jaar ‘n reuse sukses. Spelers het mekaar van 10:00 behoorlik opgekeil om uiteindelik die trofee in te palm.

Die trofee behoort vanjaar aan Caltex The Ranch se span. Dié span se vierbal bestaan uit Jan de Beer, Jackie van Wyk, Boeta Smit en Tony Hawken. Hulle het 99 punte aangeteken. In die tweede plek met 96 punte vir ‘n uittel was die span van Bosveld Elektries bestaande uit Wynand Welgemoed, SW Bruwer, Schalk Bruwer en Gerrit Fouché. Die span van Gar-run was derde, ook met 96 punte vir ‘n uittel. Hulle is Hendrik de Swardt, Frikkie van der Wath, Cameron Nesmith en Martin Prinsloo.

Naaste aan die pen op putjie 3 was M. Scher-man. Naaste aan die pen op putjie 8 was Jackie van Wyk. Naaste aan die pen op putjie 8 was Nico Myburgh en naaste aan die pen op putjie 17 was SW Bruwer.

Die organiseerders het hul dank uitgespreek teen- oor elke borg wat hulle op dié dag ondersteun het.

Só lyk netbal wenners!

Boerevereniging swaai gholfstokke

Die Nyl Boerevereniging voorsitter, Pieter Boshoff deel in die trots van Caltex The Ranch se span wat met die louere weggestap het by die Nyl Boerevereniging se gholfdag verlede Saterdag. Hulle is Tony Hawken, Jan de Beer, Jackie van Wyk en Boeta Smit.

MOKOPANE – Só lyk Laerskool Krugerpark se o/11B netbalspan wat as die netbal liga wenners van die Waterbergstreek uitgetree het. Hulle het kragte gemeet in onlangse streek wedstryde met ses ander skole en staan na dese bo aan die punteleer.

RubriekDie selfsug monsterDeur Martie le Grange ([email protected])

Soms wil dit vir voorkom asof die mens in ‘n vernietigende, selfsugtige, gierige en self-gesentreerde monster ver-ander het. Die mensdom het vasgevang ge- raak in selfsug en selfbehep-theid. Martin Luther King het gesê: “Die mens is in sy selfsug volledig inge-buig op homself.”

Die wêreld kan egter ‘n soveel beter plek wees as elkeen van ons minder gefokus is op net onsself.

Realiteit in die hedendaagse lewe skets ‘n vreesaanjaende prentjie en laat ‘n onaan-gename smaak in die mond. Rassisme en politieke gevegte is aan die orde van die dag en gierigheid vir ‘n beter lewe gaan gepaard met geweld en misdaad. Mense se lewens word geruïneer deur selfsug en bloed vloei al hoe meer want min mense laat toe dat die son oor sy medemens skyn.

Om ‘n verskil te maak moet ek by myself begin het ek eendag besef toe net my glim-lag vir ‘n vreemde persoon baie beteken het. Die persoon was ‘n bejaarde man wat my onmiddellik gekomplimenteer en bedank het vir my vriendelikheid. “Die lewe is reeds so gebroke, hoekom moet mens nog in vroom gesigte vaskyk?,” wou hy weet. Hy het my opnuut laat besef dat vriendelikheid niks kos nie. Tog laat dit mens goed voel wanneer jy vir iemand anders iets kon beteken sonder om moeite te doen en sonder om daarvoor te betaal. ‘n Goeie daad teenoor ander en onselfsugtigheid is soos ‘n natuurlike anti-depressant.

Net daar en dan het ek ‘n besluit ge-neem. Dit is die klein dingetjies in die lewe wat saakmaak. Deur te streef daarna om die wêreld ’n beter plek te maak en om ’n verskil in ’n ander persoon se lewe te maak is wat die waarde en sin van ons eie lewe bepaal. Die harwar van die lewe en mense se beheptheid om sy eie behoeftes te be- vredig het die oorhand gekry. “What’s in it for me” het by mense ’n eerste prioriteit geword.

Mense kan op elke gebied van die lewe ‘n verskil maak deur onselfsugtig op te tree, hetsy in die verkeer, op die atletiekveld, by die werk en selfs by die huis en in die hu-welik. Stel ander eerste en wees die beter persoon was mý besluit. Wat is joune?

8000 koerante weekliks. Adverteer in Noordelike Nuus. Skakel 015 491 3082 (Mokopane) of

014 763 5132 (Lephalale) vir meer inligting. Stuur gerus nuus deur na [email protected]