Top Banner
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT LEWENSWETENSKAP VRAESTEL 2 NOVEMBER EKSAMEN 2015 GRAAD 11 PUNTE: 150 TYD: 2½ Ure Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye
26

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT - besteducation.co.za · 1.1.2 Korale behoort aan die filum: A Arthropoda B Platyhelminthes C Cnidaria D Annelida 1.1.3 Bestudeer die volgende stellings

Mar 22, 2019

Download

Documents

lamhanh
Welcome message from author
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Transcript
Page 1: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT - besteducation.co.za · 1.1.2 Korale behoort aan die filum: A Arthropoda B Platyhelminthes C Cnidaria D Annelida 1.1.3 Bestudeer die volgende stellings

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT

LEWENSWETENSKAP VRAESTEL 2

NOVEMBER EKSAMEN 2015

GRAAD 11

PUNTE: 150 TYD: 2½ Ure

Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye

Page 2: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT - besteducation.co.za · 1.1.2 Korale behoort aan die filum: A Arthropoda B Platyhelminthes C Cnidaria D Annelida 1.1.3 Bestudeer die volgende stellings

Lewenswetenskappe V2/Graad 11 2 MOD/November 2015

NSS

Kopiereg voorbehou

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies deeglik deur voordat die vrae beantwoord word.

1. Beantwoord AL die vrae.

2. Skryf AL die antwoorde in jou ANTWOORDBOEK.

3. Begin die antwoord van ELKE vraag bo-aan ‘n NUWE BLADSY.

4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringsisteem gebruik in

hierdie vraestel.

5. Bied jou antwoorde aan volgens die instruksies vir elke vraag.

6. ALLE tekeninge moet in potlood geteken word en in blou of swart ink benoem

word.

7. Teken diagramme of vloeidiagramme slegs indien daarvoor gevra word.

8. Die diagramme in hierdie vraestel is NIE almal noodwendig volgens skaal

teken nie.

9. Moet NIE grafiekpapier gebruik nie.

10. Jy mag waar nodig gebruik maak van ‘n nieprogrammeerbare sakrekenaar,

passer en gradeboog.

11. Skryf netjies en leesbaar.

Page 3: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT - besteducation.co.za · 1.1.2 Korale behoort aan die filum: A Arthropoda B Platyhelminthes C Cnidaria D Annelida 1.1.3 Bestudeer die volgende stellings

Lewenswetenskappe V2/Graad 11 3 MOD/November 2015

NSS

Kopiereg voorbehou

AFDELING A

VRAAG 1

1.1 Verskeie opsies word verskaf as moontlike antwoorde vir die volgende vrae. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A tot D) langs die vraagnommer (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDBOEK, byvoorbeeld 1.1.11 D.

1.1.1 Die gamete van ‘n varing word geproduseer in die …

A risoom

B ragis

C sori

D protallus

1.1.2 Korale behoort aan die filum:

A Arthropoda

B Platyhelminthes

C Cnidaria

D Annelida

1.1.3 Bestudeer die volgende stellings oor metaangas.

i

ii

iii

iv

Dit is die hoofbestanddeel van natuurlike gas.

Dit word geproduseer deur die ontbinding van organiese

materiaal.

Dit is die mees volopste kweekhuisgas.

Dit kan versamel word vanaf opvullingsterreine en gebruik

om elektrisiteit te genereer.

Watter stellings oor metaangas is korrek?

A

B

C

D

i, ii, iii en iv

slegs i, ii en iv

slegs ii, iii en iv

slegs i en ii

Page 4: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT - besteducation.co.za · 1.1.2 Korale behoort aan die filum: A Arthropoda B Platyhelminthes C Cnidaria D Annelida 1.1.3 Bestudeer die volgende stellings

Lewenswetenskappe V2/Graad 11 4 MOD/November 2015

NSS

Kopiereg voorbehou

1.1.4 Watter van die volgende is ‘n siekte wat NIE deur bakterieë

veroorsaak word nie?

A

B

C

D

Antraks

Tuberkulose

Malaria

Roes

1.1.5 Watter een van die volgende dra NIE merkwaardig by tot kweekhuisgasse nie?

A

B

C

D

Steenkoolkragstasies

Sonpanele

Olieraffinaderye

Gastoestelle

1.1.6 Watter van die volgende dra by tot die vrystelling van skadelike stowwe in die omgewing en staan bekend as …

A

B

C

D

oorbenutting

bebossing

besoedeling

detoksifikasie

1.1.7 Watter van die volgende is ‘n voorbeeld van geslagtelike voortplanting by fungi?

A

B

C

D

Spore

Conidia

Fragmentasie

Konjugasie

1.1.8 Watter van die volgende is ‘n voorbeeld van positiewe menslike invloed op die omgewing …

A

B

C

D

bewaring

besoedeling

oorbevolking

ontbossing

Page 5: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT - besteducation.co.za · 1.1.2 Korale behoort aan die filum: A Arthropoda B Platyhelminthes C Cnidaria D Annelida 1.1.3 Bestudeer die volgende stellings

Lewenswetenskappe V2/Graad 11 5 MOD/November 2015

NSS

Kopiereg voorbehou

1.1.9 Die selwande van die meeste fungi bestaan hoofsaaklik uit …

A

B

C

D

chitien

sellulose

pektien

lignien

1.1.10 Die ryk wat ongeslagtlik voortplant deur middel van tweedeling.

A

B

C

D

Virusse

Protista

Bakterieë

Fungi

10x2 (20)

1.2 Gee die korrekte biologiese term vir elkeen van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1 tot 1.2.8) in die ANTWOORDBOEK.

1.2.1

1.2.2

1.2.3

1.2.4

1.2.5

1.2.6

1.2.7

1.2.8

Die struktuur in bakterieë wat verantwoordelik is vir beweeglikheid.

Die konsep verwys na spesies wat ‘n hoë risiko is vir uitsterwing.

Die herplant van bome en struike in ‘n woud.

Die medisyne wat bakteriële infeksies beveg.

Die filum wat gekenmerk word deur netelselle/nematosiste.

Die vegetatiewe deel van ‘n fungus.

Wanneer alle mense, te alle tye toegang het tot genoegsame,

veilige en voedsame kos om ‘n gesonde en aktiewe leefstyl te hê.

‘n Vreemde proteïen wat ‘n reaksie veroorsaak deur witbloedselle.

8x1 (8)

Page 6: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT - besteducation.co.za · 1.1.2 Korale behoort aan die filum: A Arthropoda B Platyhelminthes C Cnidaria D Annelida 1.1.3 Bestudeer die volgende stellings

Lewenswetenskappe V2/Graad 11 6 MOD/November 2015

NSS

Kopiereg voorbehou

1.3 Dui aan watter een van die stellings in KOLOM I van toepassing is op slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen van die items in KOLOM II nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommer (1.3.1 tot 1.3.8) in die ANTWOORDBOEK.

KOLOM I KOLOM II

1.3.1

Teenwoordigheid van ‘n kapsel en ‘n goed gedefinieerde nukleus

A: Virus B: Bakterieë

1.3.2

‘n Afdeling van plante met ‘n vaatstelsel, sade en geen blomme

A: Gimnosperme B: Angiosperme

1.3.3

Bronne van radioaktiewe afval A: Hospitale B: Munisipale opvullingsterreine

1.3.4

Struktuur wat gevorm word wanneer die spoor van die mos ontkiem

A: Protallus B: Sporangium

1.3.5

Baie is parasities en daarom het dit ‘n negatiewe impak op die landbou

A: Platyhelminthes B: Annelida

1.3.6

Die erdwurm se liggaam bestaan uit …

A: Drie liggaamslae B: Segmente

1.3.7

Omgewingsfaktore wat geaffekteer word deur monokultuur

A: Biodiversiteit B: Ekosisteemdienste

1.3.8 Suid-Afrika is ‘n semi-droë land, bedreigd deur omgewingstoestande …

A: Woestynvorming B: Droogte

8x2 (16)

Page 7: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT - besteducation.co.za · 1.1.2 Korale behoort aan die filum: A Arthropoda B Platyhelminthes C Cnidaria D Annelida 1.1.3 Bestudeer die volgende stellings

Lewenswetenskappe V2/Graad 11 7 MOD/November 2015

NSS

Kopiereg voorbehou

1.4 Bestudeer die onderstaande grafiek oor die aantal TB gevalle aangemeld

vanaf 1997 tot 2004 en beantwoord die vrae wat volg:

1.4.1 In watter jaar was die hoogste aantal TB gevalle aangemeld? (1)

1.4.2 Bereken die totale aantal TB gevalle in 2003 en 2004. (2)

1.4.3 Watter neiging word aangetoon deur die data in die grafiek? (2)

1.4.4 Stel EEN rede voor waarom hierdie neiging plaasvind. (1)

(6) TOTAAL AFDELING A 50

2750

9

2884

3

3153

6

3366

5 4014

4

4212

3

4441

4

4414

5

05000

100001500020000250003000035000400004500050000

1997 1998 1999 2000 2001 2002 2003 2004

Aant

al a

ange

mel

de g

eval

le

Jaar

Aantal aangemelde TB gevalle vanaf 1997 tot 2004

Page 8: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT - besteducation.co.za · 1.1.2 Korale behoort aan die filum: A Arthropoda B Platyhelminthes C Cnidaria D Annelida 1.1.3 Bestudeer die volgende stellings

Lewenswetenskappe V2/Graad 11 8 MOD/November 2015

NSS

Kopiereg voorbehou

AFDELING B VRAAG 2

2.1 Bestudeer die onderstaande tabel oor voedselvermorsing en afval per persoon per jaar in die ontwikkelende en ontwikkelde streke en beantwoord dan die vrae wat volg.

Land/Streek

Totaal (kg)

Ontwikkelde/

Ontwikkelende streke

Voedselvermorsing en afval per persoon per jaar

By produksie en

verkoop stadiums

(kg)

Deur verbruikers

(kg)

Europa 280 Ontwikkeld 190 90 Noord Amerika and Oseania

295 Ontwikkeld 185 110

Geïndustrialiseerde Asië

240 Ontwikkeld 160 80

Sub-Sahara Afrika 160 Ontwikkelend 155 5 Noord Afrika, Wes en Sentraal Asië

215 Ontwikkelend 180 35

Suid en Suidoos Asië

125 Ontwikkelend 110 15

Latyns Amerika 225 Ontwikkelend 200 25

2.1.1 Bereken die voedselvermorsing deur verbruikers as persentasie van

die totale voedselvermorsing in Sub-Sahara Afrika. Toon alle

berekeninge.

(3)

2.1.2 Stel ‘n rede voor vir hierdie lae persentasie soos bereken in 2.1.1

hierbo.

(2)

2.1.3 Verduidelik die verskille in die patroon van voedselvermorsing in

ontwikkelde en ontwikkelende streke.

(3)

2.1.4 Noem EEN manier waarop die gebruik van elkeen van die volgende

kan help om voedselproduktiwiteit te verhoog.

(a) Plaagdoders (1)

(b) Bemestingstowwe (1)

2.1.5 Beskryf hoe die gebruik van plaagdoders voedselkettings kan

affekteer.

(2)

(12)

Page 9: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT - besteducation.co.za · 1.1.2 Korale behoort aan die filum: A Arthropoda B Platyhelminthes C Cnidaria D Annelida 1.1.3 Bestudeer die volgende stellings

Lewenswetenskappe V2/Graad 11 9 MOD/November 2015

NSS

Kopiereg voorbehou

2.2 Die onderstaande kaart toon ‘n streek van ‘n kuslyn aan naby aan ‘n skeepswrak van ‘n groot olietenkskip in die see. Die vlakwater van die kuslyn was ‘n ryk bron van eetbare krap. Olie maak nie die krappe dood nie maar rig skade aan hul vleis, sodat hulle oneetbaar is en dit nie verkoop kan word nie. Monsters van die krappe is versamel op plekke A, B, C en D. Die aantal krappe word voorgestel die die grootte van die sirkels. Die gekleurde gedeelte vir elke plek, is ‘n voorstelling van die proporsie krappe met geïnfekteerde vleis nadat die ramp plaasgevind het.

A B C D

2.2.1

2.2.2

2.2.3

2.2.4

2.2.5

2.2.6

Watter monstergebied (A tot D) het die hoogste aantal krappe?

In watter gebied waar monsters versamel is, was die krappe baie

skaars?

Noem die besoedelingstof wat die krappe geaffekteer het.

In watter gebied was die meeste krappe geaffekteer in

vergelyking tot hul bevolkingsgrootte?

Verduidelik jou antwoord in VRAAG 2.2.4.

Lys TWEE strategieë wat die effek van die oliebesoedeling ter see kan verminder.

(1)

(1)

(1)

(1)

(2)

(2)

(8)

Page 10: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT - besteducation.co.za · 1.1.2 Korale behoort aan die filum: A Arthropoda B Platyhelminthes C Cnidaria D Annelida 1.1.3 Bestudeer die volgende stellings

Lewenswetenskappe V2/Graad 11 10 MOD/November 2015

NSS

Kopiereg voorbehou

2.3 ‘n Skool wil ‘n groot hoeveelheid van die afval wat daagliks gegenereer

word bestuur. Hulle het besluit om die afval te herwin.

2.3.1

2.3.2

Definieer “herwinning’’

Verskaf VIER redes waarom die herwinning van afval voordelig is.

(2)

(4)

(6) 2.4 Leerders wou die effek van verskillende antibiotika op die groei van

verskillende bakteriespesies ondersoek.

x Hulle het agarplaatjies met voedingstowwe opgestel

x Hulle het steriele skyfies, wat drie verskillende soorte antibiotika

bevat, op elkeen van die plaatjies geplaas.

x Die drie monsters is vir 12 ure teen 37˚C geïnkubeer

Die onderstaande diagram toon die resultate van die ondersoek na afloop

van 12 ure.

Agarplaatjies

Skyf met antibiotika 1 Monster A

Skyf met antibiotika 2 Monster B

Skyf met antibiotika 3 Monster C

2.4.1 Wat is antibiotika? (1)

2.4.2 Wat is die funksie van die agar? (1)

2.4.3 Noem EEN voorsorgmaatreël wat die leerders moet neem om te verseker dat hulle resultate geldig is.

(1)

2.4.4 Noem die onafhanklike veranderlike in hierdie ondersoek. (1)

2.4.5 Noem EEN veranderlike wat die leerders konstant gehou het vir die duur van die ondersoek.

(1)

2.4.6 Maak gebruik van die inligting in die diagram en beskryf die resultate van die ondersoek in die drie monsters.

(3)

(8)

Page 11: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT - besteducation.co.za · 1.1.2 Korale behoort aan die filum: A Arthropoda B Platyhelminthes C Cnidaria D Annelida 1.1.3 Bestudeer die volgende stellings

Lewenswetenskappe V2/Graad 11 11 MOD/November 2015

NSS

Kopiereg voorbehou

2.5 Noem DRIE voordele van ‘n eksoskelet. (3) 2.6 Noem DRIE nadele van ‘n endoskelet. (3) [40]

VRAAG 3 3.1 Die onderstaande diagram toon ‘n filogenetiese stamboom van verskillende

diere. Bestudeer die diagram en beantwoord die vrae wat volg.

3.1.1 Volgens die diagram hierbo, watter groep was die voorouer van die

diereryk?

(1)

3.1.2 Hoeveel diere filums word aangetoon in hierdie stamboom? (1)

3.1.3 Die eerste groot verdeling in die diereryk, was in radiale- en bilaterale simmetrie:

(1)

(a) Watter filum vorm nie deel van hierdie verdeling nie? (1)

(b) Watter filum toon radiale simmetrie? (1)

3.1.4 Die tweede verdeling is diere met ‘n seloom maar geen liggaamsholte besit nie:

(a) Watter filum het geen liggaamsholte nie? (1)

(b) Watter filum het ‘n pseudoseloom? (1)

Voorouerlike protis protists

Egte weefsel

Porifera Platyhelminthes Mollusca Arthropoda Chordata

Cnidaria Nematoda Annelida Echinodermata

Seloom

Pseudo seloom Geen liggaamsholte

Radiale simmetrie

Deutorestome

Segmentasie

Bilaterale simmetrie

protosomes

Segmentasie

Page 12: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT - besteducation.co.za · 1.1.2 Korale behoort aan die filum: A Arthropoda B Platyhelminthes C Cnidaria D Annelida 1.1.3 Bestudeer die volgende stellings

Lewenswetenskappe V2/Graad 11 12 MOD/November 2015

NSS

Kopiereg voorbehou

3.1.5 Identifiseer vanuit die diagram DRIE filums wat ‘n egte liggaamsholte het ,asook bilaterale simmetrie toon.

(3)

(10)

3.2 Die onderstaande diagram toon verskillende plante. Bestudeer die

diagramme en beantwoord die vrae wat volg.

A: MOS

B: VARING

A. DEN B. BLOMPLANT

3.2.1 Identifiseer die groep waaraan ELKEEN van die volgende plante

behoort.

(a) Mos (1)

(b) Blomplant (1)

3.2.2 Watter TWEE groepe in VRAAG 3.2.1 …

(a) is van water afhanklik vir bevrugting? (2)

(b) produseer sade vir voortplanting? (2)

Page 13: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT - besteducation.co.za · 1.1.2 Korale behoort aan die filum: A Arthropoda B Platyhelminthes C Cnidaria D Annelida 1.1.3 Bestudeer die volgende stellings

Lewenswetenskappe V2/Graad 11 13 MOD/November 2015

NSS

Kopiereg voorbehou

3.2.3 Noem DRIE soortgelyke strukturele aanpassings van die protallus in die varing en die gametofiet van die mos, wat maak dat hulle swak aangepas is vir ‘n terrestriële leefwyse.

(3)

3.2.4 Beskryf TWEE maniere hoe gimnosperme:

(a) soortgelyk is aan Pteridophyte. (2)

(b) verskillend is van Pteridophyte. (2)

3.2.5 Tabuleer TWEE verskille tussen gimnosperme en varings. (5)

(18) 3.3 Die volgende tabel toon ‘n opsomming van die renosterstroop insidente in

Suid-Afrika vanaf 2007 tot 2015. Bestudeer die tabel en antwoord die vrae wat volg.

Jaar Totaal onwettig gejagte

renosters

2007 13 2008 83 2009 122 2010 333 2011 448 2012 668 2013 1004 2014 1215 2015 493 (soos op April)

[Aangepas uit:www.savetherhino.org]

3.3.1 Hoeveel renosters is onwettig gejag in 2009? (1)

3.3.2 Tussen watter jare, was daar die hoogste toename in renosterstropery?

(1)

3.3.3 Stel EEN manier voor hoe die stropery van renosters verminder

kan word.

(1)

3.3.4 Dink jy dat die aantal renosters wat in 2015 gestroop word, hoër sal wees as in 2014?

(1)

3.3.5 Gee ‘n rede om jou antwoord in VRAAG 3.3.4 te ondersteun. (2)

3.3.6 Gebruik die data in die tabel en teken ‘n histogramgrafiek van die aantal gestroopte renosters elke jaar vanaf 2007 tot 2014 in Suid-Afrika.

(6)

(12) [40] TOTAAL AFDELING B: 80

Page 14: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT - besteducation.co.za · 1.1.2 Korale behoort aan die filum: A Arthropoda B Platyhelminthes C Cnidaria D Annelida 1.1.3 Bestudeer die volgende stellings

Lewenswetenskappe V2/Graad 11 14 MOD/November 2015

NSS

Kopiereg voorbehou

AFDELING C VRAAG 4

Beskryf enige VYF faktore wat sal bydra tot die verlies aan biodiversiteit. Inhoud (17) Sintese (3) (20) LET WEL:

Geen punte sal toegeken word vir antwoorde in die vorm van vloeidiagramme of diagramme of tabelle nie

TOTAAL AFDELING C: 20 GROOTTOTAAL: 150

Page 15: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT - besteducation.co.za · 1.1.2 Korale behoort aan die filum: A Arthropoda B Platyhelminthes C Cnidaria D Annelida 1.1.3 Bestudeer die volgende stellings

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT EKSAMEN

LEWENSWETENSKAPPE V2

NOVEMBER 2015 GRAAD 11

MEMORANDUM

PUNTE: 150

Hierdie memorandum bestaan uit 12 bladsye.

Page 16: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT - besteducation.co.za · 1.1.2 Korale behoort aan die filum: A Arthropoda B Platyhelminthes C Cnidaria D Annelida 1.1.3 Bestudeer die volgende stellings

Lewenswetenskappe V2/Graad 11 2 MOD/November 2015

NSS-MEMORANDUM BEGINSELS MET BETREKKING TOT NASIEN VAN LEWENSWETENSKAPPE

1. Indien meer inligting as die puntetoekenning gegee word. Hou op merk nadat die maksimum punte verkry is en trek ‘n kronkellyn en dui

‘maks’ punte in die regterkantste kantlyn aan.

2. Indien, byvoorbeeld, drie redes vereis en vyf word gegee. Merk net die eerste drie ongeag daarvan of almal of sommige korrek/nie

korrek is nie.

3. Indien die hele proses beskryf word terwyl slegs ‘n deel vereis word. Lees alles en krediteer die relevante dele.

4. Indie vergelykings vereis, maar beskrywings word gegee. Aanvaar indien die verskille/ooreenkomste duidelik is.

5. Indien tabulering vereis word en paragrawe word gegee. Kandidate sal punte verbeur in die nie getabuleer nie

6. As geannoteerde diagramme aangebied word in plaas van beskrywings wat vereis word. Kandidate sal punte verbeur.

7. Indien vloeidiagramme i.p.v. beskrywings aangebied word. Kandidate sal punte verbeur.

8. Indien die volgorde vaaag en skakelings nie sin maak nie. Krediteer waar volgorde en skadelings korrek is. Waar volgorde en

skakelings nie korrek is nie, moenie krediteer nie. As die volgorde weer

korrek is, gaan voort om te krediteer.

9. Nie-erkende afkortings. Aanvaar indien dit aan die begin van antwoord omskryf is. Indien dit nie

omskryf is nie, moenie die nie-erkende afkorting krediteer nie, maar krediteer

die res van die antwoord indien dit korrek is. 10. Verkeerd genommer.

Indien die antwoorde die regte volgorde van die vrae pas, is dit aanvaarbaar.

11. Indien die taal wat gebruik word die bedoelde betekenis verander. Moenie aanvaar nie.

Page 17: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT - besteducation.co.za · 1.1.2 Korale behoort aan die filum: A Arthropoda B Platyhelminthes C Cnidaria D Annelida 1.1.3 Bestudeer die volgende stellings

Lewenswetenskappe V2/Graad 11 3 MOD/November 2015

NSS-MEMORANDUM

12. Spelfoute. Aanvaar as dit herkenbaar is, met die voorbehoud dat dit nie iets anders in

Lewenswetenskap beteken nie of as dit buite konteks is.

13. Indien gewone name gegee word in terminologie. Aanvaar, indien dit by die nasionale memobespreking aanvaar is.

14. Indien slegs a letter vereis word en slegs die naam wrod gegee ( en anders om) Geen krediet

15. As eenhede van mate nie aangedui word nie Kandidate sal punte verbeur. Memorandum sal afsonderlike punte vir

eenhede aandui.

16. Wees sensitief vir die betekenis van die antwoord, wat soms op verskillende maniere aangebied kan word.

17. Opskrif. Alle illustrasies (soos diagramme, tekeninge, grafieke, tabelle, ens.)

moet van ‘n opskrif voorsien word.

18. Indien jy tyfel oor iets raadpleeg die memo van die ander taal. 19. Vermening van amptelike tale (terme/konsepte)

Slegs ‘n enkele woord of twee in enige ander amptelike taal anders as die

leerder se assesseringstaal waarin die meeste van sy/haar anstwoorde

aangebied word, moet gkrediteer word, indien dit korrek is. ‘n Nasiener wat in

die relevante amptelike taal vaardig is, behoort geraadpleeg te word. Dit geld

vir alle amptelike tale.

Page 18: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT - besteducation.co.za · 1.1.2 Korale behoort aan die filum: A Arthropoda B Platyhelminthes C Cnidaria D Annelida 1.1.3 Bestudeer die volgende stellings

Lewenswetenskappe V2/Graad 11 4 MOD/November 2015

NSS-MEMORANDUM AFDELING A

VRAAG 1

1.1

1.1.1

1.1.2

1.1.3

1.1.4

1.1.5

1.1.6

1.1.7

1.1.8

1.1.9

1.1.10

D33

C33

B33

C33

B33

C33

D33

A33

A33 C33 10x2

(20)

1.2

1.2.1

1.2.2

1.2.3

1.2.4

1.2.5

1.2.6

1.2.7

1.2.8

Flagella/Silia 3

Bedreigd3

Herbebossing/woudregenerasie3

Antibiotika3

Cnidaria3

Miselium3

Voedselsekuriteit3

Antigeen3 8x1

(8)

1.3

1.3.1

1.3.2

1.3.3

1.3.4

1.3.5

1.3.6

1.3.7

1.3.8

Geeneen33

Slegs A 33

Slegs A 33

Slegs A 33

Slegs A 33

Beide A en B33

Slegs A 33

Beide A en B33 8x2

(16)

Page 19: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT - besteducation.co.za · 1.1.2 Korale behoort aan die filum: A Arthropoda B Platyhelminthes C Cnidaria D Annelida 1.1.3 Bestudeer die volgende stellings

Lewenswetenskappe V2/Graad 11 5 MOD/November 2015

NSS-MEMORANDUM 1.4

1.4.1

1.4.2

1.4.3

1.4.4

20033

(44414 +44145) 3 =88 5593

Die aantal TB gevalle neem toe / vermeerder 3 vanaf

1997 tot 2003 en verminder 3 effens in 2004

x Waarskynlik agv ‘n toename in die bevolking 3

x Meer mense leef in arm lewensomstandighede 3

(Enige 1)

(6)

TOTAAL VRAAG 1: [50] TOTAAL AFDELING A : 50 AFDELING B VRAAG 2

2.1 2.1.1 {(5/160) x 100}3 =3.13%3 (3)

2.1.2 x Toegang tot voedsel is skaars 3 en die

x Voedsel wat beskikbaar is word of voorsien deur

internasionale hulpagentskappe 3

x Bestaansboerdery.

x Baie min voedsel word gekoop3. (enige 2)

(2)

2.1.3 In ontwikkelde streke, word voedsel vanaf markte en winkels gekoop oortollige voedsel of ongebruikte voedsel word weggegooi 3. Markte sal ook onverkoopte voedsel weggooi. 3 In ontwikkelende streke is mense baie meer afhanklik van klein plaaslike 3 bronne van voedsel en minder voedselsekuriteit en daar is nie voedsel wat oortollig is nie 3.

2.1.4 (a) Insekdoders maak insekte/peste dood wat die gewasse vernietig 3

(1)

(b) Bemestingstowwe verhoog die voedingswaarde in die grond 3

(1)

2.1.5 x Sekondêre verbruikers bv. Voëls kan van die vergiftigde insekte 3vreet en hulle kan doodgaan 3 so neem die bevolkingsgrootte van die sekondêre verbruikers (voëls) af 3

x Die peste kan uitsterf 3 en die bevolking van die sekondêre verbruikers (enige voorbeeld) kan ook afneem 3 (enige 2)

(2)

Page 20: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT - besteducation.co.za · 1.1.2 Korale behoort aan die filum: A Arthropoda B Platyhelminthes C Cnidaria D Annelida 1.1.3 Bestudeer die volgende stellings

Lewenswetenskappe V2/Graad 11 6 MOD/November 2015

NSS-MEMORANDUM

2.2 2.2.1 Monster A3 (1)

2.2.2 Monster D3 (1)

2.2.3 Olie3 (1)

2.2.4 Monster B3 (1)

2.2.5 Monster B het ‘n grooter 3 gekleurde gedeelte 3

2.2.6 x Gereelde diens van olietenkskepe3

x Wetgewing oor die hoeveelheid olie hierdie

olietenkskepe mag vervoer 3

x Monitor die roetes van skepe 3

x Maak gebruik van bakterieë om olie af te breek 3

Merk eerste 2

(2)

2.3 2.3.1

Die proses hoe afvalmateriaal 3 behandel kan word sodat

dit weer beskikbaar / gebruik 3 kan word3.

(2)

2.3.2 x Om die oorbenutting van beperkte hulpbronne te

voorkom 3

x Om geld te bespaar / in te samel 3

x Werkskepping 3

x Om die hoeveelheid afvalmateriale 3 te verminder /

skoner omgewing 3

x Minder energie word verbruik 3

x Kleiner koolstofvoetspoor3

x Minder opvullingsterreine 3

Merk eerste 4

(4)

Page 21: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT - besteducation.co.za · 1.1.2 Korale behoort aan die filum: A Arthropoda B Platyhelminthes C Cnidaria D Annelida 1.1.3 Bestudeer die volgende stellings

Lewenswetenskappe V2/Graad 11 7 MOD/November 2015

NSS-MEMORANDUM 2.4 2.4.1 Dit is ‘n chemiese stof wat veroorsaak dat daar ‘n afname is

in die groei van bakterieë deur dit te dood 3 / te voorkom

dat dit kan reproduseer

(1)

2.4.2 Dit verskaf die bakterieë met die nodige voedingstowwe /nutriënte nodig vir groei3

(1)

2.4.3 Die agarplaatjies word opgestel in steriele 3 toestande / is

nie gekontamineer nie

(1)

2.4.4 Tipe antibiotika 3 (1)

2.4.5 x Temperatuur 3 (370C)

x Dieselfde hoeveelheid/ tipe voedingstowwe (nutriënte) 3

(1)

2.4.6 x Antibiotika 3 was die meeste effektief in die vernietiging

van die bakterieë 3

x Antibiotika 2 was oneffektief teen die bakterieë 3

x Antibiotika 1 was effens effektief / min van die bakterieë

is gedood 3

2.5 x Ondersteun en beskerm sagte weefsel en organe. 3

x Spiere en organe in binne vir beskerming. 3

x Verskaf vorm en strukturele ondersteuning. 3

x Voorkom dehidrasie. 3 x Bene kan wissel in grootte om massa te ondersteun. 3

Merk eerste 3

(3)

2.6 x Geen beskerming aan die liggaam (maar belangrike

organe is goed beskermd). 3

x Spiere kom voor aan die buitekant so kan dus maklik

beskadig word. 3

x Dehidrasie kan nie voorkom word nie. 3

x Swak ondersteuning vir spierwerking. 3

x Bene is redelik swaar en beweging vereis baie energie. 3 Merk eerste 3

(3)

[40]

Page 22: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT - besteducation.co.za · 1.1.2 Korale behoort aan die filum: A Arthropoda B Platyhelminthes C Cnidaria D Annelida 1.1.3 Bestudeer die volgende stellings

Lewenswetenskappe V2/Graad 11 8 MOD/November 2015

NSS-MEMORANDUM VRAAG 3

3.1 3.1.1 Prostista3 (1)

3.1.2 93 (1)

3.1.3 (a) Porifera3 (1)

(b) Cnidaria3 (1)

3.1.4 (a) Porifera3 (1)

(b) Platyhelminthes3 (1)

3.1.5 x Annelida3

x Arthropoda3

x Chordata3

(3)

(10) 3.2 3.2.1 (a) Briofiete3 (1)

(b) Angiosperme3 (1)

3.2.2 (a) Mos3 (Briofiete) en Varing3 (Pteridofiete) (2)

(b) Den3 (Gimnosperme) en Blomplante 3 (Angiosperme)

(2)

3.2.3 x Nie egte wortels, stingels of blare 3

x Geen geleidingsweefsel 3

x Geen huidmondjies/stomata 3

x Besit risoïede 3

x Geen kutikula 3 merk eerste 3

(3)

3.2.4 (a) x Hulle is vaatplante 3 hulle het egte geleidingsweefsel

(xileem en floeëm). x Hulle het egte wortels, stingels en egte blare 3 x Sporofiet is die dominante generasie 3 merk eerste 2

(2)

(b) x Hulle produseer sade 3 x Hulle het twee afsonderlike gametofiete 3 manlike

gametofiet en vroulike gametofiet x Hierdie gametofiete is baie klein 3 en x word omsluit en beskerm deur die sporofiet 3

Page 23: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT - besteducation.co.za · 1.1.2 Korale behoort aan die filum: A Arthropoda B Platyhelminthes C Cnidaria D Annelida 1.1.3 Bestudeer die volgende stellings

Lewenswetenskappe V2/Graad 11 9 MOD/November 2015

NSS-MEMORANDUM 3.2.5

Gymnosperme Varings Het blomme 3 Het nie blomme nie 3

Het sade 3 Het spore 3

Geen protallus 3 Het ‘n protallus 3

Water is nie nodig vir bevrugting

nie 3

Benodig water vir bevrugting 3

(Merk eerste twee +1 punt vir die tabel) (5)

3.3 3.3.1 1223 (1)

3.3.2 2012 en 20133 (1)

3.3.3 x swaar strawwe/boetes3 x inplanting van ‘n opsporingstoestel3 x deur die renosterhoring af te saag 3 x opvoeding van plaaslike gemeenskappe oor stroping 3

Merk eerste 1

(1)

3.3.4 Ja3 (1)

3.3.5 Meer renosters is al reeds doodgemaak in vier maande 3 (1)

3.3.6

13 83 122

333 448

668

1004

1215

0

200

400

600

800

1000

1200

1400

2007 2008 2009 2010 2011 2012 2013 2014

Tota

al o

nwet

tig g

ejag

te re

nost

ers

Tyd (Jare)

Renosterstroop insidente in Suid-Afrika vanaf 2007 tot 2014

Page 24: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT - besteducation.co.za · 1.1.2 Korale behoort aan die filum: A Arthropoda B Platyhelminthes C Cnidaria D Annelida 1.1.3 Bestudeer die volgende stellings

Lewenswetenskappe V2/Graad 11 10 MOD/November 2015

NSS-MEMORANDUM

Kontrole lys vir die puntetoekenning vir die grafiek

Korrekte tipe grafiek 13 Titel van die grafiek 13 Korrekte byskrif vir die X-as 13 Korrekte byskrif vir die Y-as en toepaslike skaal

13

Plot van punte 13–1 tot 4 punte korrek geplot 233–al 5 punte korrek geplot

LET WEL: Indien die verkeerde tipe grafiek geteken is: Punte sal verbeur word vir die ‘korrekte tipe grafiek’ Indien die asse omgeruil is: Punte sal verbeur word vir benoeming van die X-as en Y-as

(6) (12) [40] TOTAAL AFDELING B 80

AFDELING C VRAAG 4

Boerdery Monokultuur 3

x Dit is die groei/verbouing van een tipe gewas oor groot areas jaar na jaar. 3

x Dit vervang inheemse plantegroei 3, en x Dit kan lei tot ‘n toename in die verspreiding van insekte veral die

wat voed op een tipe gewas 3 x Daar is geen natuurlike predatore 3 of natuurlike versperrings om

verspreiding stop te sit nie.

Oorbeweiding 3 van die land/grond: x Die gewasse kan bewei word tot ‘n punt waar dit nie meer kan

teruggroei nie 3 x Verlies aan bogrond kan lei tot woestynvorming3 x Moontlikheid word geskep vir die indringing van indringerspesies 3 x Indringerspesies kan nou inheemse spesies vervang 3

Page 25: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT - besteducation.co.za · 1.1.2 Korale behoort aan die filum: A Arthropoda B Platyhelminthes C Cnidaria D Annelida 1.1.3 Bestudeer die volgende stellings

Lewenswetenskappe V2/Graad 11 11 MOD/November 2015

NSS-MEMORANDUM

Gebruik van bemestingstowwe/kunsmis 3 x Bemestingstowwe kan afloop in damme en riviere 3 x Bemestingstowwe kan water besoedel 3 (damme en riviere), x Dit veroorsaak/lei tot eutrofikasie 3 en x Dit kan akwatiese plante en diere dood3

Bewerking / Verbouing van grond 3

x Bewerking van grond kan lei tot die vernietiging van habitatte 3 vir ander plante en diere

x Dit kan verder lei tot die vernietiging van vleilande 3 x Vleilande is die tuiste vir inheemse spesies 3, waarvan sommige

inheems kan wees vir daardie areas 3 x Die vernietiging mag dus sommige van hierdie spesies elimineer 3

Gebruik van insekdoders 3en onkruiddoders x Insekdoders wat deur die boere gebruik word kan ook ander plante

en diere se dood veroorsaak 3

Bekendstelling van indringer plante 3 x Sommige indringerplante bebruik baie meer water 3 as inheemse

plantegroei x Sommige indringer plante het geen natuurlike predatore nie3 x Hulle verdring 3 inheemse spesies x Tot ‘n punt wanneer die inheemse spesies bedreigd raak. x Indringer waterplante blokkeer waterweë 3, dit verminder die lig

beskikbaar vir ander akwatiese plante 3. x Dit lei tot ‘n toename in vloede en vure 3 en lei tot x ‘n toename in gronderosie3 x Modifiseer / verander habitatte3 x Bring patogene in 3 x Dit hibridifiseer / vorm hibriedspesies deur te vermeng met plaaslike

spesies 3 (enige 6)

Dit veroorsaak gronderosie 3, deur die verwydering van plante wat die grond bind/vashou deur hulle wortels.

x Bogrond word weggespoel deur reënstorms. x Dit kan lei tot uitgebreide vernietiging van land deur

woestynvorming 3 wat lei tot ‘n verlies aan biodiversiteit x Somtyds word oorbeweide grond oorgeneem deur indringerplante 3 en so word habitatte vernietig

Enige 4 (4) Stropery3

x Stroping verwys na die onwettige jag 3 vand diere of vir voedsel

of omdat sekere liggaamsdele verkoop kan word vir geld. x ‘Stroping’ van plante kom ook voor en dit word verwyder en teen

‘n wins 3 verkoop bv medisinale plante.

Page 26: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT - besteducation.co.za · 1.1.2 Korale behoort aan die filum: A Arthropoda B Platyhelminthes C Cnidaria D Annelida 1.1.3 Bestudeer die volgende stellings

Lewenswetenskappe V2/Graad 11 12 MOD/November 2015

NSS-MEMORANDUM

x Sommige wilde diere word gejag vir kos (‘bush meat’) 3 en is op die randjie van uitgesterf wees 3.

x Olifante word gestroop vir hulle tande 3 dit word gebruik om juwele te maak end it word ook uitgekerf

x Renosters word gejag vir hulle horings 3 dit word in die Verre Ooste gebruik vir medisinale redes.

Mynbou3

x Mynbou verander die omgewing 3 en x dit het ‘n negatiewe impak op die biodiversiteit van die

omgeweing. x Besoedelingstowwe 3 in die vorm van stof en rook word ook

vrygestel in die lug terwyl plantegroei verwyder word en vervang word deur rotse en hope afval.

x Ondergrondse water mag ook vergiftig 3 raak deur sulfate en swaarmetale wat daarin vrygestel word.

Verstedeliking 3

x Die groei van groot stede 3 (verstedeliking) het ‘n negatiewe impak op biodiversiteit.

x Oppervlakke word bedek deur sement en natuurlike habitatte word vernietig/beperk 3 omdat huise en besighede opgerig word.

x Habitatfragmetasie/verdeling 3 veroorsaak verlies aan biodiversiteit,wanneer natuurlike plante vervang 3 word deur eksotiese bome en plante.

Inhoud:

Sintese: (17)

(3) (20)

ASSESSERING VAN DIE AANBIEDING VAN DIE OPSTEL

Kriteria Relevansie Logiese volgorde Begrip Noukeurige uitbreiding

Alle inligting verskaf is relevant tot die onderwerp

Idees is georden in ‘n logiese oorsaak-gevolg volgorde

Alle aspekte vereis deur die opstel is aangespreek

Punt 1 1 1 Slegs inligting

relevant tot die verlies aan biodiversiteit is gegee. (Daar is geen irrelevante inligting)

Die gebeure oor die verlies aan biodiversiteit word aangebied in die korrekte volgorde en gekoppel aan die gepaste gebeure

Die subopskrifte van biodiversiteit is genoem en verduidelik

R3 L3 C3 TOTAAL AFDELING C: 20

GROOTTOTAAL: 150 LET WEL: Geen punte sal toegeken word vir antwoorde in die vorm van diagramme, vloeidiagramme of tabelle nie.