1 VOORWOORD Na die Rugby Wêreldbekeroorwinning geniet ons as rugbyondersteuners steeds die glorie van daardie ongelooflike wen in Japan. Die waarde van sport kan nie onderskat word nie en alhoewel daar sterk aanduidings is dat spansporte wêreldwyd in getalle afneem is daar waardevolle lewenslesse te leer. Good luck to all our school coaches, players and supporters with the upcoming season. Remember to always focus on the educational value of sport. Rugby is a sport that has special and positive characteristics including team work, commitment, perseverance, enthusiasm, discipline, respect and comradery. We wish all schools a wonderful 2020 season! Ferdi Niemand Chairman/Voorsitter
48
Embed
Na die Rugby Wêreldbekeroorwinning geniet ons as … · 2020. 2. 28. · WILLEM VAN DER MERWE AKASIA 082 306 7280 [email protected] SPANBESTUURDER ... Ryno vd Merwe (Akademie)
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Transcript
1
VOORWOORD
Na die Rugby Wêreldbekeroorwinning geniet ons as rugbyondersteuners steeds die glorie van daardie ongelooflike wen in Japan. Die waarde van sport kan nie onderskat word nie en alhoewel daar sterk aanduidings is dat spansporte wêreldwyd in getalle afneem is daar waardevolle lewenslesse te leer. Good luck to all our school coaches, players and supporters with the upcoming season. Remember to always focus on the educational value of sport. Rugby is a sport that has special and positive characteristics including team work, commitment, perseverance, enthusiasm, discipline, respect and comradery.
We wish all schools a wonderful 2020 season!
Ferdi Niemand Chairman/Voorsitter
2
I N H O U D S O P G A W E Bladsy Bestuur 2020 3-9
Afrigters en spanbestuurders: Provinsiale spanne 10 Keurders 11 Ander belangrike telefoonnommers 11 Datumlys 11 Jeugklubs Kontakbesonderhede en bepalings 12 Rugbyorganiseerders, kontakbesonderhede, spaninskrywings 13 En bepalings Afdeling 1 13 Afdeling 2 17
Afdeling 3 en 4 18 Afdeling 5 22 Bepalings Sewes 27 Reglement en huishoudelike reëls: 28
1. Doel 28
2. Beheer 28 3. Deelname 28
4. Bepalings 28 4.1 Toeskouerbeheer en tegniese area 28 4.2 Tegniese tafel 29
5. Ouderdomme 29 6. Duur van wedstryde 30
7. Skeidsregters en grensregters 30 Wedstrydaanstelling van skeidsregters 32 7.1 Skoolskeidsregters 32 7.2 Vergoeding van skeidsregters 32 7.3 Reëlboeke 2020 33
8. Uitslae en ligapunte 34 9. Registrasie van spelers 33
Die Hoofafrigter van die Cravenweekspanne, Hoofafrigter van die Akademiespanne, sowel as die Hoofafrigter van die 0/16 spanne, word geag ‘n volle lid van die keurkomitee te wees.
KEURDERS O/16 KEURDERS O/18 KEURDERS
Heinrich van Jaarsveldt – Sameroeper Jan Mollentze - Sameroeper
Henry Verster– Afrigter (Grant Khomo) Ryno vd Merwe (Akademie)
Woe 10 Junie 18h00 Kleure Oorhandiging 0/18 Akademie Loftus Invites only
Don 11 Junie 18h00 Kleure Oorhandiging 0/18 Cravenweek Loftus Invites only
Vry 12 Junie Skole sluit
Sat 13 Junie 08h00 - 17h00 Bondedag Hoërskool Bekker Invites only
Di tot Sat 16-20 Junie
Noordvaal 0/16 Noordvaal Puk 0/19 Verreniging
Son tot Vry 21-26 Junie
Grant Khomo 0/13 Cravenweek Jeppie Jhb Witrivier
Son tot Sat 28 Jun -4 Julie
0/18 Akademie 0/18 Cravenweek Port Elizabeth Vrystaat
Dins 7 Julie Skole open Woe 22 Julie 14:30 – 17:00 BBHRV Bestuursvergadering Loftus Raadsaal Noord Pawiljoen Loftus
Son tot Son
8 tot 15 Augustus SA Skolespan Kaapstad
Sat 8 Aug SA Skolewedstryd 1 Kaapstad Din 11 Aug SA Skole wedstryd 2 Kaapstad Sat 15 Aug 08:00- 17:00 SA Skole wedstryd 3 Kaapstad Sat 15 Aug Virsekerbeker Halfeind Moet nog bepaal Loftus
Vry 21 Aug Sutherlands 7’s Sutherland
Sat 22 Aug
Sutherlands 7’s Virsekerbeker Finaal
Sutherlands Moet nog bepaal Loftus
Vry Sat
28 en 29 Sept Augustus
Blou Bulle Proewe 7’s. 0/17 asook Kwalifiseer Noordvaal 0/17 en 0/15 Montana Loftus
Vry 4 September 14:00 H/s Eldoraigne 7’s Eldoraigne Loftus
Sat 5 September 09:00 H/s Eldoraigne 7’s Eldoraigne Loftus
• Skole onderneem/poog om deurgaans A-juniorspanne en 1ste senior-spanne in die liga te speel – 2de spanne onderling waar moontlik
• Die Semi-finaal en Virseker Beker Uitspele vir Bulle 3 sal gespeel word by die skool wie se 1ste-span die hoogste geëindig het op die liga puntetabel. Sien punt 4 indien skole vir tweede maal teen mekaar speel in uitspele.
• Die eindstryd sal gespeel word by die skool wie se 1ste-span die hoogste geëindig het op die liga puntetabel.
• Indien dit egter die tweede maal is wat dieselfde twee skole in die eerstespanfinaal moet speel, sal die wedstryde dan by die ander eerstespan plaasvind.
• By Afdeling 4 Speel nommer 1 en 2 op die punte tabel teen mekaar in die eindstryd. Nommer 3 en 4 gaan net so deur na die Virsekerbeker Uitspele.
• Indien die skool wat die uitspele, semi-finaal of finaal moet aanbied finansiële hulp verlang om hul onkostes te delg, sal die volgende geld:
• die skole wat deurdring na die uitspele, semi-finaal of finaal moet elk R250 vir die gasheerskool gee. Dit is R250 per span.
• PROEWE: Al is daar ‘n prioriteitslys, moet skole steeds aansoek doen en bereid wees om die proewe aan te bied. Voorkeur sal wel verleen word aan die skool wat die hoogste op die prioriteitslys is, maar behoorlike fasiliteite en veral goeie ligte sal ‘n belangrike oorweging wees. Elke skool wat deelneem aan die proewe moet R200 aan die gasheer skool betaal om te help met
No. Datum Tuisspan Weg Opmerking
1. 31 Maart – 4
April
Liga 1
(Skole bepaal datum
onderling)
1 3
2 4
2. 14 – 18 April 4 1 Liga 2
(Skole bepaal datum
onderling)
3 2
3. 20 – 25 April 3 4 Liga 3
(Skole bepaal datum
onderling) 2 1
4. 4 – 9 Mei 4 2 Liga 4
(*Amptelike Proewe -
o/18 @ Erasmus 07/05
o/16 @) Gerrit Maritz
06/05
(Skole bepaal datum
onderling vir 2des, o14s
en o15s)
3 1
5. 11 - 16 Mei 1 2 Liga 5
(Skole bepaal datum
onderling)
4 3
6. 18 – 23 Mei 1 4 Liga 6
(Skole bepaal datum
onderling) 2 3
7.
11 Julie Wenner Semi-Finaal
1
Wenner Semi-Finaal
2
Finaal
(Kwalifiserende
wedstryde Virseker
Beker)
23
die noodhulp vir die dag. Dus R400 in totaal. R200 vir o/16-proewe en R200 vir o/18 proewe
• Elke afrigter/s by die onderskeie o/16- en o/18-spanne tree op as keurders by die proewe. Afrigter/s keur elke span behalwe sy eie span en die span wat voor jou span speel. Dus moet die afrigter/s beskikbaar wees om die hele dag by die proewe te wees. Die sameroepers van die o/16s (Heinrich van Jaarsveldt) en o/18s (Jan Mollentze) gaan help met die dag se werk en leiding gee met die keurwerk.
Prioriteitslys vir Blou Bulle Afdeling 4 Skole Proewe
Vrydag 11 September 2020 Saterdag 12 September 2020
Noordvaal 7’s Die Hoërskool Menlopark
Saterdag 19 September 2020 Bondedag Prov 7’s
29
BLOU BULLE HOëRSKOLE RUGBYVERENIGING REGLEMENT
1. DOEL Om rugby in die Blou Bul provinsie te administreer.
2. BEHEER Die Uitvoerende Komitee van die Blou Bulle Hoërskole Rugbyvereniging, in opdrag van die vereniging se jaarvergadering, sal beheer oor die administrasie uitoefen.
3. DEELNAME Deelname is beperk tot skole of lede van jeugklubs soos deur die grondwet bepaal en wel bona fide voltydse leerlinge van Blou bulle Hoërskole en skole vir buitengewone onderwys en spesiale skole soos uiteengesit in die grondwet.
‘n Bona Fide leerling is ‘n leerling wat:
(a) Amptelik by ‘n skool ingeskryf is, (b) Die skool waar die leerder ingeskryf is, is die enigste opvoedkundige instansie waar die leerder geregistreer is, (c) Teenwoordig is by die skool vir die volle duur van ‘n amptelike skooldag, (d) Akademiese lesse ten volle bywoon, (e) Geregistreer is vir ten minste sewe vakke vir eksamendoeleindes aan die einde van die jaar waarin die liga/kompetisie plaasvind. ‘n Leerlinge wat onderworpe is aan Meervuldige Eksamens Geleenthede a.g.v. progressie mag die skool waar hy ingeskryf is verteenwoordig, mits hy aan die ouderdomsvereistes voldoen. (f) Nie reeds in besit van ’n matrieksertifikaat wees nie.
4. BEPALINGS Rapporteer asseblief so gou moontlik aan die sekretaris indien daar enige botsings op die bepalings voorkom. In geval van enige verskuiwings of kansellasies van wedstryde, moet die sekretaris onmiddellik in kennis gestel word.
Die tuisskool is verantwoordelik vir die reëlings m.b.t skeidsregters, wedstrydtye, velde waarop die verskillende wedstryde gespeel word, balle beheer van toeskouers en noodhulp. Die besoekende skool moet asseblief die WOENSDAG voor die bepaling van die reëlings in kennis gestel word.
Seuns mag nie vir klubspanne speel tot nadat die skool se rugbyseisoen afgehandel is nie, behalwe vir o/20-spelers.
4.1. TOESKOUERBEHEER EN TEGNIESE AREA
Afrigters en toeskouers moet asseblief 'n minimum van drie meter aan albei kante van die grenslyn wees, waar toue gespan moet word, dit sluit B- en C- velde in. Indien nog sitplek op die pawiljoen beskikbaar is, mag niemand langs die veld staan nie. As gevolg van die vinnige-ingooi-reël is dit noodsaaklik dat toeskouers nie te maklik met die bal in aanraking sal kom nie. As die eerstespanne speel moet alle toeskouers op die pawiljoen
30
sit. TOESKOUERBEHEER is uiters belangrik en skeidsregters het opdrag gekry om die wedstryd te stop indien hulle nie tevrede is met die gedrag/optrede van toeskouers nie.
Velde moet asb duidelik gemerk wees met vlaggies op die hoeke van doellyn en doelgebied, sowel as die kwartlyn. Skole moet toesien dat daar ‘n volledige tegniese area SLEGS langs die veld vir die tuisskool sowel as die besoekers uitgemerk is. Net 7 of 8 reserwes, die spanbestuurder, die fisioterapeut en die afrigters mag daar sit. Slegs 4 (vier) persone mag op veld kom na ‘n drie of besering (LW. Nie tydens strafskop nie) nl: 4 waterdraers of 3 waterdraers en ’n fisio of 2 waterdraers en ‘n fisio en ‘n “skoptee” draer. Waterdraers moet ANDERS lyk as spelers. Geen afrigters word op die veld toegelaat nie. Daar mag egter ‘n fisio of mediese beampte langs die veld op en af beweeg.
4.2 TEGNIESE TAFEL
Die tegniese tafel bestaan uit drie persone wat by ‘n tafel sit nl. ‘n veldbeampte van die tuisskool of ‘n Hoërskole Bestuurslid en ‘n verteenwoordiger van albei skole, elkeen met stophorlosie. Die veldbeampte het ‘n toeter asook die BOKSMART kaarte wat ‘n spanlys van 23 name van beide spanne insluit. Reël vooraf met die skeidsregter om aan te dui wanneer die tyd aan/af is. Daar MOET ‘n toeter afgaan na elke helfte. Enige veranderings van spelers MOET deur die tegnies tafel hanteer word. Enige tegniese verandering moet 2 min voordat ‘n speler op veld gaan aangemeld word, asook ander veranderings bv. bloed. Alle veranderings moet op die uitslagkaarte aangedui word, sowel as die tyd wanneer punte aangeteken word, watter tyd spelers vervang word en deur wie, asook die rede vir ‘n vervanging bv. wanneer ‘n voorry agv ‘n besering vevang word en die vervangde speler kry seer mag die oorspronklike voorry NIE weer op die veld gaan nie. Alle afrigters en skeidsregters moet die uitslagkaarte teken. Daar moet ook by die tegniese tafel voorsiening gemaak word vir spelers wat met ‘n geelkaart afgestuur is. Daar moet 2 stoele in die tegniese gebied vir die doel wees, bv as ‘n voorry ‘n geelkaart kry en een van die spelende spelers word dan met ’n reserwe voorry vervang moet albei spelers in die tegniese gebied sit. Die tegniese tafel administreer die tyd nl. 10 min en dui dan ook aan wanneer hy weer mag speel. Alle plaasvervangers meld by die grensregter aan nadat hulle by die tegniese tafel was. Die grensregter sal die skeidsregter verwittig van sodanige verandering.
5. OUDERDOMME Skole moet asseblief verseker dat spelers in die onder-ouderdomspanne aan die nodige vereistes voldoen.
Die vereistes vir 2020 is soos volg:
- ONDER 14 Alle seuns wat gebore is vanaf 1 Januarie 2006 tot 31 Desember 2006 asook die seuns wat gedurende 2006 gebore is.
31
- ONDER 15
Alle seuns wat gebore is vanaf 1 Januarie 2005 tot 31 Desember 2005.
- ONDER 16 Alle seuns wat gebore is vanaf 1 Januarie 2004 tot 31 Desember 2004.
- ONDER 19 Alle eerstespandeelnemers moet 19 jaar of jonger wees, dit wil sê vanaf 1 Januarie tot 31 Desember vanjaar, nie ouer as 19 jaar word nie.
1. Geen speler mag die ouderdomsgrens oorskry nie. 2. Geen “post-matriek” mag aan enige van die vereniging se
kompetisies deelneem nie. Spanne wat oortree VERBEUR AL HUL LIGAPUNTE.
LW: Seuns wat 20 jaar oud is of word in 2020, mag nie vir 'n
skoolspan speel nie.
6. DUUR VAN WEDSTRYDE Begin tye van wedstryde moet op die uur vir ‘n uur tot by die eerste spanne wat 1 uur en 20 min voor voorsiening gemaak word Al die ligawedstryde sal volgens die volgende tydsduur plaasvind. Eerstespanne : 35 minute “speeltyd” (Totaal van 70min) Oopspanne en 0/16 : 30 minute “speeltyd” (Totaal van 60 min) Ander spanne : 25 minute “speeltyd” aan 'n kant TYDENS UITSPEELWEDSTRYDE IS DIE DUUR VAN WEDSTRYDE SOOS VOLG: Eerstespan: 35 minute “speeltyd”(beserings uitgesluit) Oopspanne en 0/16: 30 minute “speeltyd”(beserings uitgesluit) Ander spanne: 25minute“speeltyd”(beserings uitgesluit)
‘n Mosie goedgekeur op die Algemene Jaarvergadering 2015 dat: ‘n Wedstryd kan gestop moet word as die punteverskil 50 punte is en dit is die prerogatief van die verloorspan om te bepaal of die wedstryd kan voortgaan al dan nie.
7. SKEIDSREGTERS EN GRENSREGTERS Om die taak van die Blou Bulle Skeidsregtersvereniging te vergemaklik moet die wedstryde vir die eerste- en 0/16A-spanne stiptelik op die volgende tye begin asseblief.
32
LW: Sorg asseblief hiervoor – die ander wedstryde moet verkort word
indien nodig. Saterdae: Eerstespan 12:00
0/16A 11:00
Indien skole weeksdae speel, moet die skeidsregtersvereniging vroegtydig van die korrekte tye in kennis gestel word. Dit geld veral die aandwedstryde.
LW: Skeidsregters word deur die skeidsregtersvereniging aangestel en nie
deur die Hoërskole Bestuur nie. Indien unieskeidsregters nie as grensregters optree nie mag slegs onderwysers as grensregters optree; afrigters mag nie betrokke wees as grensregter nie. Onderwysers, ouers en senior leerlinge (gr. 12) mag as grensregters optree, mits hulle daartoe gekwalifiseerd is. Slegs Blou Bulle Skeidsregters- en vereniging-grensregters kan ingevolge oortredings van reël 26, hulp aan die skeidsregter verleen. Waar unieskeidsregters nie beskikbaar is as grensregters nie, sal gekwalifiseerde onderwysers (een van elke skool) as grensregter optree. Die beheer van wedstryde moet deur die skeidsregters op die volgende wyse hanteer word mits aan die vereistes soos deur die skoleskeidsregterskomitee se reglement bepaal, voldoen word. Dit beteken ook dat skoleskeidsregters jaarliks teoreties en prakties geëvalueer moet word en aan bepaalde vereistes moet voldoen ten einde wedstryde te kan hanteer. Die tuisskool moet reël vir die aanstelling van unieskeidsregters.
LW. Indien die unieskeidsregter om een of ander rede nie opdaag nie, word
gehandel ooreenkomstig reël 6(1) van die SARU nl "Indien sodanige gemagtigde skeidsregter nie opdaag nie, kan die betrokke spanne onderling ooreenkom wie as skeidsregter moet optree of by gebrek aan so 'n ooreenkoms word hy deur die tuisspan aangestel. "Afrigters mag nie vir eie span blaas nie".
33
7.1 WEDSTRYDAANSTELLINGS VAN SKEIDSREGTERS Aanstellings word gemaak vir eerste-, tweede- en o/16A-spanne deur die Unie. Vir ander spanne kan daar deur die tuisskool met die Unie gereël word.
O/16A- en tweedespan skeidsregters van die Unie tree op as grensregters by die eerstespanwedstryd. Indien een van die twee grensregters nie optree by die eerstespanwedstryd nie, voorsien die tuisskool 'n grensregter. Indien wedstryde geskuif word vanaf die Saterdag na die Vrydagaand geld dieselfde reëling.
Alle veranderings en aansoeke vir skeidsregters moet per faks aan BLOU BULLE SKEIDSREGTERS KANTOOR gedoen word by - faksnommer: 086 641 3695 - selnommer : 082 452 8828
7.2 SKOOLSKEIDSREGTERS Enige persoon wat wil optree as skeidsregte onder die jurisduksie van die BBRU moet:
Verkieslik ‘n lid van die Provinsiale of skool Skeidsrgtesvereniging wees
Die Boksmart kursus bygewoon en voltooi het
Die Assistant-Skeidsregterskursus bygewoon en voltooi het
Voltooi die IRB On-line Laws Examinations
Voltooi die IRB On-Line Rugby ready Examinations
Die IRB Vlak 1-kursus bygewoon en voltooi het
Moes die toepaslike fiksheidstoets geslaag het
Net onderwysers wat huidiglik by die skool werksaam is en wat gekwalifiseerd is en ‘n reëlbesprekings kursus bygewoon het, mag skolewedstryde hanteer.
Buite-afrigters/ouers/ex-onderwysers mag wel wedstryde blaas, maar daar moet met die opponente voor die tyd geskakel word. Hierdie persone moes egter die reëlbespreking/simposium bygewoon en die reëleksamen afgelê het. Blou Bulle Unie se reëleksamen skryf en slaag, asook die fiksheidskursus slaag.
Unieskeidsregters mag aangevra word indien geen onderwysers beskikbaar is om wedstryde te blaas nie.
Afrigters wat optree as skeidsregters of lynregters mag nie afrigtingswerk doen nie!
7.3 VERGOEDING VIR SKEIDSREGTERS Die volgende fooie word gehef vir die gebruik van Unieskeidsregters en is aan die einde van die seisoen aan die Skeidsregtersvereniging betaalbaar:
34
Carlton skeidsregters : R310
Carlton Reserwe : R240 Eerste liga : R240 Tweede liga : R240 Derde Liga : R240 Vierde Liga : R240 Assistentskeidsregters : R240 Probleme met skeidsregters word aangemeld by die voorsitter van die skeidsregtersvereniging by die BBRU.
7.4 REëLBOEKE VIR 2020 Daar is ‘n beperkte aantal reëlboeke beskikbaar en skole word versoek om vinnig die boeke te bestel. ‘n Engelse reëlboek sal op die volgende webblad beskikbaar wees www.irblaws.com/www.sareferees.co.za (kyk onder “law matters”).
8. UITSLAE EN LIGAPUNTE Uitslae van ligawedstryde moet op die vorms hierby ingesluit direk na afloop van die wedstryde aan die ligasekretaris gestuur word – die tuisskool is hiervoor verantwoordelik. Albei organiseerders moet die vorm onderteken om die korrektheid te sertifiseer, en hierdie gegewens sal as finaal beskou word. Die uitslae van die laaste ligawedstryde moet nog dieselfde dag nadat die wedstryde gespeel is, na die ligasekretaris deurgebel word.
Die volgende ligapunte word toegeken:
Deelname - 1 punt 3 drieë of meer - 1 punt Verloor met 7 of minder as 7 punte - 1 punt Gelykop - 2 punte Wen - 4 punte
9. REGISTRASIE VAN SPELERS Alle spelers moet by hul skool of klub skriftelik registreer met 'n bewys van identiteitsnommer. Hierdie registrasie-inligting van alle spelers van die betrokke skool of klub moet te alle tye tydens wedstrydddae beskikbaar wees by die betrokke skool se rugby-organiseerder. Alle navrae moet met die organiseerder hanteer word. Indien ‘n speler se registrasiedokument nie beskikbaar is nie, word die wedstryd geag as vriendskaplik beskou te word. Voltooi vorm BB6 vir Afrikaanse leerders vir die Engelse weergawe BB 7. Geen rugbyspeler gaan toegelaat word om rugby te speel alvorens die registrasievorm voltooi en by rugbyorganiseerder ingehandig is nie
TYDENS UITSPEELWEDSTRYDE MOET DIE REGISTRASIEDOKUMENTE SOWEL AS ‘N GESERTIFISEERDE SPANLYS BY DIE WEDSTRYDBEAMPTE INGEHANDIG WORD SOOS DEUR BOKSMART BEPAAL. BY VERSUIM VERBEUR DIE SPAN DIE WEDSTRYD.
10. BALLE Die tuisskool is verantwoordelik vir die balle. Al die spanne speel met nommer 5-balle. (Sintetiese wit balle) – Gilbert of Mitre of Rhino.
11. PLAASVERVANGERS ‘n Rugbyspan bestaan uit 23 spelers. Die plaasvervangers sal bestaan
uit ‘n vaskop, ‘n haker, ‘n loskop (volledig voorry op reserte bank) terwyl daar onder dir res van die plaasvervangers ‘n speler ingesluit moet wees wat flank en/of slot kan speel.
By onder-ouderdomspanne moet die plaasvervangers die regte ouderdom hê. Beserings moet deur spelers uit die laer spanne vervang word, bv. by die 3de spanne moet die spelers uit 4de, 5de of 6de spanne geneem word. By o/16A, o/15A en o/14A slegs spelers uit o/16B, o/15B en o/14B respektiewelik.
Onder-ouderdomspelers mag nie as plaasvervangers by seniorspanne gebruik word nie, behalwe o/16A-spelers vir eerstespanspelers.
Indien die A-span vir 'n betrokke ouderdom onttrek vir 'n spesifieke wedstryd mag die B-span en spanne laer af nie speel nie. Die opponentespan kry 5 punte (1 vir deelname en 4 vir ‘n wen).
Geen A-spanspeler mag vir 'n B-span of laer speel nie behalwe waar sodanige speler 'n speler in die A-span (tydens die A-span wedstryd) vervang het met ander woorde die speler was oorspronklik vir die laer span gekies.
‘n Speler mag nie vir twee verskillende onder-ouderdomspanne op een dag speel nie.
Skole wat nie B-spanne het nie mag dat o/14 spelers by die o/15-span op die plaasvervangerbank sit en dat o/15-spelers by o/16-spanne se plaasvervangersbank sit. Hierdie wedstryde moet na mekaar plaasvind, bv. o14’s eerste wedstryd, dan o/15’s en laaste o/16’s. Spelers mag nie vir twee ouderdoms groepe begin nie, m.a.w vir o/14 en dan weer vir o/15 begin nie. Sanksie - Span/ne verloor alle ligapunte waar dit plaasgevind het en opponente kry volle 6 punte.
Indien ‘n span gebruikmaak van ‘n speler wat te oud is(al is dit slegs vir ‘n gedeelte van ‘n wedstryd) verbeur daardie span alle punte. Waar opponente teen sodanige span verloor het, kry hulle 5 punte en indien die opponente gewen het, behou die wenspan die punte verdien.
Indien ‘n span/skool nie al sy ligaverpligtinge kan nakom nie (1 of meer wedstryde) verbeur sodanige span alle liga- en bonuspunte wat reeds verdien is. Alle opponente in daardie liga kry 1 punt vir deelname ongeag of die wedstryd reeds plaasgevind het of nie.
12. AFSTUUR VAN SPELERS 12.1 AFSTUUR VAN SPELERS DEUR UNIESKEIDSREGTERS Geel en rooi kaarte kan slegs deur unieskeidsregters toegeken word. Die unieskeidsregter gee 'n verslag aan die Unie waar rekord gehou sal word. Die organiseerder moet die skeidsregter daarop wys/herinner om 'n verslag in te dien by mnr. Pieter Lombaard. Die nodige vorms moet ingevul
36
word en telefonies na mnr. Pieter Lombaard (Hoërskool Wilgers) 0828444969 en 012 807 5229 en gefaks (0128072693) word nie later as die Maandag of volgende werksdag na die wedstryd nie. Sodanige speler MOET sy registrasiedokument met ‘n foto of ID-Boek saambring na die verhoor. Die uitslag van verhoor sal na opponent skool gestuur word saam met die foto van speler. 1 geelkaart = 10 minute in "sinbin" vir eerstespanspelers en 5 min alle ander spanne 2 geelkaarte in een wedstryd = 1 rooikaart (afstuur + dissiplinêre komitee) 1 rooikaart = afstuur en dissiplinêre komitee Bloed – 15 min (running time)
Indien ‘n verkeerde speler deur ‘n skeidsregter afgestuur word het die Voorsitter die bevoegdheid om die saak te verwys na die betrokke skool vir die hantering van die geval.
Skole wat rooikaart-insidente nie aanmeld nie loop die risiko om alle ligapunte vir die betrokke wedstryd te verloor. Daar is uit die bestuur 'n dissiplinêre komitee saamgestel wat alle rooikaart-insidente hanteer. ‘n Speler wat ‘n rooikaart gekry het word geskors totdat die verhoor afgehandel is. 'n Speler kan slegs weer speel nadat hy voor die dissiplinêre komitee verskyn het en die saak afgehandel is. Die dissiplinêre verhoor word bygewoon deur die speler en sy afrigter. Beeldmateriaal van die voorval kan saamgebring word maar moet vooraf met die Voorsitter gereël word.
'n Groot taak rus op die skouers van hoofde, rugbyorganiseerders en afrigters ten opsigte van die beheer en uitwissing van vuilspel. Die Bestuur beklemtoon dat alle rooikaart oortredings deur een of meer spelers van ‘n skool begaan, onder die jurisduksie van die BBHRV resorteer – selfs in wedstryde wat buite die BBRU grense gespeel word en dat sodanige rooikaart oortredings steeds aangemeld moet word soos hierbo uiteengesit.
12.2 AFSTUUR VAN SPELERS DEUR ONDERWYSERS 'n Onderwyser wat as skeidsregter optree mag nie geel en rooi kaarte gebruik nie. Hy mag wel 'n speler afstuur en Vorm BB2 onmiddellik invul. Die vorm moet deur die tuisskool aan mnr. Pieter Lombaard gestuur word.
13. UITSPEELWEDSTRYDE Die volgende beginsels geld ten opsigte van alle uitspeelwedstryde d.w.s kwarteindrondtes, halfeindrondtes en finale. Die spanne betrokke by uitspeelwedstryde is o/14A-, o/15A-, o/16A- en eerstespanne. 'n Gesertifiseerde spanlys tesame met die registrasiedokumente moet voor die wedstryd, soos deur Boksmart vereis, by die wedstrydbeampte ingehandig word. Spanne wat nie aan die vereistes voldoen nie, verbeur die wedstryd.
13.1 Indien twee spanne gelykop eindig in die liga word die ligaposisie gedeel, maar die span wat kwalifiseer om verder deel te neem, word bepaal
37
deur die grootste verskil in punte vir en punte teen in die ligawedstryde behaal. Spanne wat gelyk tweede eindig, word op dieselfde wyse hanteer. Indien die spanne dieselfde punteverskil het, gaan die span wat die ligawedstryd gewen het, deur. Indien nog gelyk volg 'n uitspeelwedstryd. 13.2 Wanneer twee spanne gelykop eindig tydens uitspeelwedstryde, geld die bepalings van die Noordvaal reglement (1. Meeste drieë, 2. eerste drie gedruk, 3. eerste punte aangeteken, 4. steeds gelyk word wedstryd oorgespeel. 13.3 Wanneer ‘n wedstryd 0-0 eindig: wedstryd moet plaasvind op die eerste Dinsdag na die uitspele by die skool waar die ligabepalings nie plaasgevind het nie.
14. REëLINGS VIR UITSPEELWEDSTRYDE 14.1 Kwarteind-, halfeind en finale wedstryde
Uitspeelwedstryde vind plaas soos gedruk onder die wedstrydbepaling van elke van die ligas.
Balle: beide skole bring balle saam.
Noodhulp: Die skool waar wedstryde plaasvind, sorg vir voldoende noodhulp.
Verversings: Die skool waar wedstryde plaasvind, kan verversings verkoop vir eie gewin.
14.2 Tydsduur: die eerstespanne speel 35 minute “playing time”, 0/16
speel 30 min”playing time” en al die ander spanne 25 minute “playing time” aan 'n kant.
15. LAERSKOOL LEERDERS 'n O/14-speler van 'n laerskool mag by 'n Hoërskool/Jeugklub Rugby speel. Die volgende reëlings geld egter: Skriftelike toestemming van beide Hoofde en ouers. Sodanige speler mag in die A of B-span speel maar slegs vir een skool gedurende ‘n seisoen.
16. TUISONDERRIG Leerlinge wat tuis onderrig ontvang mag vir ‘n geaffilieerde skool speel met die volgende voorbehoude: 16.1 Die speler mag slegs vir een skool in ‘n seisoen speel. 16.2 ‘n Brief van die ouer / voog en ‘n bewys van registrasie by ‘n
geregistreerde Tuisonderrig Organisasie moet voor of op 28 Februarie van die betrokke jaar by die Hoërskool Bestuur ingehandig word.
16.3 Ten einde vir so speler om in enige finale (kwart; half of finaal) te speel, moet hy in ten minste 50% van die liga wedstryde gespeel het.
17. KLEREDRAG Waar verwarring tussen spanne se truie voorkom, speel die tuisspan in skooltruie. Besoekers moet reël om in ander truie te speel. Skole wat nuwe truie invoer, moet asseblief die sekretaris raadpleeg om te voorkom dat skole in dieselfde kleure speel.
38
18. UITSLAE VAN WEDSTRYDE Uitslae van wedstryde moet op die vorms hierby ingesluit direk na afloop van die wedstryde aan die betrokke sekretaris gestuur word – die tuisskool is hiervoor verantwoordelik. Albei organiseerders moet die vorm onderteken om die korrektheid te sertifiseer, en hierdie gegewens sal as finaal beskou word.
19. PROVINSIALE VERPLIGTINGE Hoofde/afrigters moet daarop let dat provinsiale verpligtinge voorkeur geniet bo skoleverpligtinge. ‘n Speler moet vir sy skool beskikbaar wees alvorens sodanige speler in aanmerking kan kom vir insluiting in ‘n provinsiale span. Indien ‘n speler uit die provinsiale spanne onttrek sal hy nie weer dieselfde jaar of die volgende jare vir enige provinsiale span oorweeg word nie.
20. NOODHULP Skole moet hulle vergewis van die minimum vereistes vir noodhulp, soos voorgeskryf deur die SARU Mediese vereniging. Daar moet voldoende noodhulp by elke wedstryd beskikbaar wees. Indien daar nie voldoende noodhulp volgens die skeidsregter beskikbaar is nie, mag die skeidsregter weier dat die wedstryd begin of voortgaan.
21. AMALGAMASIE OF SAMESMELTING VAN SKOLE SE RUGBY SPANNE Indien skole weens ‘n ernstige daling in die getal rugbyspelers sou besluit om wat rugby betref saam te smelt geld die volgende reëlings:
Beide skoolhoofde moet ‘n brief onderteken waarin die redes en motivering van so ‘n besluit uitgestippel word.
Beide Voorsitters van die onderskeie skole se Beheerliggame moet sodanige brief ook onderteken.
Hierdie korrespondensie moet aan die Voorsitter gestuur word vir voorlegging en goedkeuring deur die Dagbestuur van die Vereniging.
22. Ander kompetisies Die jaarvergadering sal besluit of daar enige ander kompetisies sal plaasvind asook die reëls waarvolgens gespeel sal word.
39
RUGBY UITSLAE BB1 Tuisskool : Datum gespeel: / / 2020
Besoeker :
R U G B Y Tuisskool Besoekers
Span
Drieë
Skoppe
Totaal
Bonus Punte
Drieë
Skoppe
Totaal
Bonus Punte
1
2
3
4
5
0/16A
0/16B
0/16C
0/16D
0/15A
0/15B
0/15C
0/15D
014/A
0/14B
0/14C
0/14D
Geteken : Sporthoof-Tuisskool: Besoekers :
Hoof-Tuisskool : Besoekers :
Het enige spelers Geel kaarte ontvang? Rooi kaarte?
Name :
STUUR VOLLEDIG AAN DIE VOLGENDE PERSONE NA ELKE TUIS WEDSTRYD. Afdeling 1 Andre Labuschagne 0824052591 e-pos [email protected] EN
‘n Gesertifiseerde afskrif van die speler se geboortesertifikaat (ID) moet aangeheg word. Ek bevestig hiermee dat ek as speler geen verbode middels sal gebruik soos deur WADA (World
Anti-Doping Agency) op die lys van verbode middels gepubliseer is nie. As ouer(s)/voog bevestig ons dat die speler soos hierbo genoem na ons goeie kennis nie enige
van die verbode middels soos op die WADA lys gepubliseer gebruik nie. Hiermee word toestemming verleen dat die speler indien daar ‘n vermoede bestaan dat hy
verbode middels gebruik deur SAIDS (South African Institute for Drug free Sport) getoets mag word.
Versuim om hierdie vorm te onderteken/toetsing te ondergaan sal as ‘n skulderkenning gesien word en sal tot die skorsing van die speler kan lei.
Ek/ons ouer(s)/voog bevestig dat ons die wettige ouers/voogd(e) is van (naam van speler), en dat hierdie vorm onderteken word in die gees waarin dit gesien word en vryelik sonder enige onredelike beïnvloeding onderteken is, deur die speler en die ouers/voogde.
Hierdie toestemming en bevestiging is onherroeplik en sal geldig wees vir die duur van die periode wat (naam van speler) deelneem aan die sport.
Handtekening: Speler: Ouer/Voog:
HIERMEE WORD GESERTIFISEER DAT BOGENOEMDE INLIGTING GEKONTROLEER EN KORREK IS.
A. Skoolhoof (handtekening) SKOOLSTEMPEL
B. Rugbyorganiseerder (handtekening) Datum: BOGENOEMDE INLIGTING MOET DEUR A EN B GEKONTROLEER WORD.
45
BLUE BULLS HIGH SCHOOL RUGBY ASSOCIATION REGISTRATION FORM BB7
Surname:_ Christian Names:
Date of birth : ID. No. :
Photograph
of
Place of birth : player
Parent(s)/guardian :
Address (complete in pencil):
Telepfone (complete in pencil) Home:
Work (Father): (Mother):
A certified copy of the player’s birth certificate (ID) to be attached.
I hereby confirm that as a player I will not take any of the prohibited substances as publisized on the WADA (World Anti-Doping Agency) list of prohibited substances.
As parent(s)/guardian I confirm that to the best of my knowledge the player as stated above is not taking any of the prohibited substances as it appear on the WADA list of prohibited substances.
I hereby give consent that the player, if there is a strong suspition that he is taking prohibited substances may be tested by SAIDS (South African Institute for a Drug free Sport).
Failure to sign this form as well as the failure to be tested will be seen as acknowledgement of guilt and could lead to the suspension of the palyer.
I/We, the parent(s)/guardian(s) hereby state that we are the legal guardian(s) of
(name of player), and that this form has been signed with the best of intentions, and not under any duress.
This permission and witnessing is valid for the duration of the period that
(name of player) participates in the sport.
Signature: Player Parent(s)/Guardian:
WE HEREBY CERTIFY THAT THE ABOVE INFORMATION HAS BEEN PROPERLY CHECKED AND IS CORRECT.
A. Principal (signature) School stamp
B. Rugby organiser (signature)
DATE: ABOVE INFORMATION MUST BE CONTROLLED BY A AND B.
OPLEIDING EN AFRIGTER REGISTRASIE 2020 1. Belangrike inligting t.o.v. die registrasie van afrigters: Vanaf Januarie 2018 MOET alle afrigters aanlyn registreer as ‘n afrigter in die streke van die BBRU (Tshwane en Limpopo). U kan NIE afrig by enige skool of klub as u nie aanlyn geregistreer is nie. Die doel hiervan is dat die BBRU ‘n volledige data basis wil hê van sy afrigters en of hulle wel kwalifiseer om af te rig soos dit in die Afrigtings Regulasie en Beleid verskyn en ook soos dit in die Gedragskode van die Afrigter bepaal. Die inligting word ook verskaf aan SA Rugby en SASCOC om te wys dat alle afrigters in die BBRU streek voldoen aan die vereistes om af te rig by skole en klubs.
Die registrasie word aanlyn gedoen by www.bullscoaching.co.za. Waar u ‘n profiel van u gaan skep as ‘n afrigter. U gaan kliek op die hofie “Coaches Registration” en kies Tshwane of Limpopo. Volg die prosedure om te registreer verder. Baie belangrik is dat u al u besonderhede volledig moet voltooi anders sal u nie verder kan gaan met die registrasie nie. As u kom waar u identiteit nommer moet voltooi sal u sien dat u BokSmart sertifisering inligting sal verskyn soos dit op BokSmart se data basis is. Indien u nie Boksmart gesertifiseer is nie of u BokSmart sertifisering het verstryk sal u herlei word na die BokSmart registrasie waar u eers moet registreer om ‘n BokSmart opleiding te kan bywoon sodat u sertifisering kan ontvang. U sal ook geen World Rugby kursusse kan bywoon indien u nie BokSmart sertifisering het of as ‘n afrigter geregistreer is by ‘n klub of skool nie. As u sertifisering in orde is, sal u kan voortgaan met die registrasie as afrigter.
Aan die einde van die registrasie sal u gevra word om u rugby afrigtings kwalifikasie/s op te laai. Dit is u World
Rugby sertifikate wat u verwerf het. Indien u nie ‘n elektroniese sertifikaat het nie, skandeer die sertifikaat en laai dit op. Indien u nie ‘n World Rugby Vlak 1 sertifikaat kan oplaai nie, sal u nie die registrasie proses kan voltooi nie omrede dit ‘n vereiste is dat u ‘n minimum World Rugby Vlak 1 sertifikaat moet hê om af te rig. Die finale data sal aan die skole en klubs gestuur word dat u kan sien watter afrigters is geregistreer om af te rig in die BBRU streek. Die koste hieraan is verbonde is gratis. 2. Registrasie van World Rugby Afrigtings kursusse (www.bullscoaching.co.za.):
U sal nie kan registreer vir ‘n kursus alvorens u profiel geskep het as ‘n afrigter nie. Indien u wel ‘n profiel het kan u registreer vir die kursus wat u wil bywoon. Die registrasie proses gaan vinniger en makliker wees omdat al u inligting alreeds op die stelsel is.
Baie belangrik is dat die registrasie van die kursusse 2 dae voor die datum sluit sodat ons die administrasie proses kan afhandel vir die kursus 3. Registrasie van BokSmart opleiding.
U gaan kliek op BokSmart se hofie en kies op watter datum u die opleiding wil bywoon en registreer vir dit. Baie belangrik is dat die registrasie van die kursusse 2 dae voor die datum sluit sodat ons die administrasie proses kan afhandel vir die kursus.
‘n Geseënde Kersfees vir u en mag 2020 vir u voorspoedig wees. Die uwe.
Hennie Janse van Vuuren
Bestuurder: Afrigting, Opleiding en Boksmart
Hennie Janse van Vuuren Bestuurder: Afrigting, Opleiding en Boksmart BBRU