SONDAG 24 OKTOBER 2010 EREDIENS 8:30 Gelei deur ds Kenneth Mckenzie WELKOM BY DIE EREDIENS ‘n Spesiale Sondag Belydenisaflegging en ‘n Besoek van Bybelgenootskap (Bybelverkope in saal na erediens) Teks: Verskeie tekste BRING JOU BYBEL ELKE SONDAG!! LAASTE Kinderkerk & JEEP-diens JEEP diens in sysaal Graad 4-10 Kinderkerk 2 jaar oud tot Graad 3 Gedurende erediens Kinders kan afgehaal word om 9:45 KOOP ASB JOU KAARTJIE VOORAF AFKONDIGINGS 24-30 Oktober 2010 Teks vir vandag:
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
GEEN Bybelskool (a.g.v. Ds Neels saam op Strewers-kamp)
Sondag 31
08:30 NAGMAAL en gesinsdiens, Dankseggingsdiens GEEN Jeep-diens & Kinderkerk
Welkom in ons gemeente!! Ons vertrou dat ons gemeente vir jou/julle ‘n ware geestelike tuiste sal bied. Ontmoet asb die diensspan in die voorportaal om meer inligting oor die gemeente te kry, of ‘n nuwe lidmaat-pakket af te haal. U kan ook die kerkkantoor gedurende die week kontak. Onthou om die vorms so gou as moontlik terug te bring dat julle op die databasis bygevoeg kan word.
Ons soek leë 2l bottels
Bring asb na kerkkantoor
Op 25 Julie 2010 het ons as gemeente
begin om ons Familiebybel tussen
lidmate te sirkuleer.
Gesinne sal ‘n beurt kry om vir EEN WEEK
die Bybel huistoe te neem - saam leer ons
weer om hierdie Boek te lees en verstaan.
Indien jul gesin die Bybel wil bespreek vir ‘n spesifieke week, skryf asb jul name op die Besprekingslys in die voorportaal – en
Ons bid vir . . . SIEKES: Anna Nelson: bloedkanker, chemo-behandeling (084 585 6714) Swaer van Glauda Erasmus: chemo behandeling (Glauda 082 415 5214) Amanda Schutte: behandeling vir dikderm, baie pyn (072 382 2112) Koot Woest: kanker, chemo behandeling (083 260 2007) Alet van der Merwe: gaan baie beter, baie
Saterdag: 30 Oktober Chantelle van de Linde 011-957 3597
DEBUUT-ALBUM VRYSTELLING!
KRUISVUUR : “Vertel dit...”
Sondagaand 31 Oktober 2010 om 18:00
te Raslouw Gemeente
Manie en Ronél Groenewald nooi alle
belangstellendes uit om saam met hulle, met groot dankbaarheid, deel te wees
van hierdie besonderse geleentheid
Manie 082 854 0703
Verjaardae
Gebedsaksie
STEL JY GOD EERSTE... SOOS ONS VRIENDE UIT DIE BYBEL (DEEL 2)
Deur: Benescke Janse van Rensburg
’n Harde donderslag verlig die koue, nat tronksel ’n oomblik voordat dit weer nagdonker word. Die sekonde van lig in die sel was genoeg om die vrees op die gevangenes se gesigte te sien. In die hoek skuif iemand versigtig rond om die stremming van die swaar boeie om sy enkels te verlig. In die verte klink die geskree van ’n nuwe gevangene op. Die tronkbewaarders se kwaai stemme volg. ’n Tronkdeur gaan oop, die gevangene word hardhandig ingegooi, voordat die deur weer hard toegeklap word.
Dít is die Egiptiese tronk waarin Josef vir 12 jaar lank opgesluit was. Sy broers het hom uit jaloesie aan Egiptiese handelaars verkoop. In Egipte het hy as ’n slaaf in Potifar se huis gewerk voordat Potifar se vrou hom probeer verlei het. Josef het uit die huis gevlug, maar Potifar se vrou het hom aangekla dat hy by haar aangelê het. Josef is in die tronk gegooi.
Deur die jare het God vir Josef beskerm en aan hom guns by mense gegee. Selfs hier in die tronk het die tronkbewaarder hom in beheer van die gevangenes geplaas. Dit is egter op koue aande soos vanaand dat Josef wonder of hy ooit hierdie tronksel sal verlaat. Sal hy ooit weer sy familie sien? En sal die drome wat hy eens gehad het ooit waar word?
Sit jy vandag in ’n seisoen in jou lewe waar jy net soos Josef wonder of jy ooit die huidige, moeilike seisoen in jou lewe gaan vryspring? Hier is drie lesse wat ons uit Josef se lewe kan leer:
LES 1: Josef het aan sy drome vasgehou. In Psalm 139:16 lees ons dat God ons elkeen se toekoms ken. Omdat Hy geweet het dat Josef homself in ’n tronksel sal bevind het God reeds jare vantevore vir hom die drome gegee dat sy broers voor hom buig. En hoewel Josef nie 100% verstaan het wat die drome beteken het nie, het die drome tog aan hom hoop gebied dat God iets beter vir sy toekoms beplan het. In die tronk was dit al waaraan hy kon vashou. Ek wonder: Raak jy negatief as ’n donker seisoen oor jou pad kom, of hou jy vas aan God se beloftes in jou hart vir ’n beter toekoms?
LES 2: Josef het die karaktertoets geslaag. God sal ons altyd eers toets voordat Hy ons gebruik of ons
na ’n volgende seisoen in ons lewens bevorder. Hoekom? Dit is vir Hom belangrik dat ons die druk in die nuwe seisoen sal kan hanteer. Ook dat dit ons nie van Hom af sal wegrokkel nie. In Psalm 105:19 lees ons dat God Josef se karakter aanhoudend getoets het. Toe Josef elke toets slaag, het God hom in een dag van gevangene tot onderkoning van Egipte bevorder. Slaag jy die karaktertoets in jou lewe wanneer ’n verleidelike, maar korrupte besigheidskontrak wink? Of ’n buite-egtelike verhouding? Of ’n verslawing? Onthou, God hou jou ook vandag dop.
LES 3: Josef het God se groter plan vir sy lewe verstaan. God het geweet dat ’n hongersnood die wêreld sou tref. Ook dat die Israeliete na Egipte sou reis om kos te gaan koop. In Psalm 105:16-17 lees ons: “Hy (God) het ’n man voor hulle uit gestuur: Josef is as slaaf verkoop…” Na Josef se vrylating uit die tronk het hy skielik verstaan dat hy bloot ’n instrument in God se hand was. En toe sy broers voor hom neerbuig om kos te kom koop (soos in die droom van jare vantevore), het Josef hulle nie met haat en verwyt hanteer nie, maar met liefde en aanvaarding. Luister na sy woorde in Genesis 45:7-8: “God het my voor julle uit gestuur om ... julle aan die lewe
te hou en sodat baie aan die dood sal ontkom. Dis nie julle wat my hierheen gestuur het nie, maar God.”
As jy vandag in seisoen sit wat soos Josef se koue, nat tronksel voel, kies om soos Josef vir God eerste te stel. Hou jou oë op Hom en slaag elke karaktertoets. Onthou, God is op hierdie oomblik ook besig om alles in jou lewe so in te rig dat jou deurbraak op presies die regte tyd ook in jou lewe sal kom. Sterkte.
Vader God, baie dankie dat ek kan weet dat U in
beheer is van my lewe en my toekoms. Help my om elke karaktertoets te slaag en nooit mismoedig te raak wanneer dit voel asof die deurbraak wegbly nie. Ek bid dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.
Voel die lewe se hartklop
BAIE GELUK AAN DANIE EN IRENE KNIPE
MET DIE GEBOORTE VAN HUL
KLEINDOGTER, MIKAYLA,
OP WOENSDAG 20 OKTOBER
. Te koop
Juwele met ’n Boodskap Die “Testimony Jewellery & Décor” reeks: • Halssnoere en armbande vir groot en klein • Boekmerke, steutelhouers, versierings & geskenke
Herstelwerk aan en/of nuwe grasdakke Kontak Dirk op 082 784 7856
BOEKHOU DIENS Alle boekhou dienste tot met balansstaat - sluit in alle debiteure, krediteure, banke en rekonsiliasies. � Jaareind state – nie net vir maatskappye nie � Aankoop en installasie van Pastel pakkette � Payroll, UIF, PAYE, BTW
Skakel Karin Grové op 082 821 1146
NUTSMAN/HANDY MAN Vir enige herstelwerk aan jou huis soos bv: Waterdigting, fasieborde / geute, verfwerk binne en buite, bouwerk en plafonne.
Kontak Dirk op 083 519 9604
LOODGIETER Loodgieter-werk. Kontak Dewald op 076 758 0650
Akkommodasie
STRANDWOONSTEL TE KOOP OF TE HUUR Uvongo. 3 slaapkamer, 2 badkamer, baie groot onthaal-area en kombuis. Reg op strand, beste in kompleks! R2milj (onderhandelbaar). Foto’s: www.privateproperties.co.za: La Crete Sands # 2. Vir verkope: Kontak Anita Duif op 082 411 7015 Vir verhuring: kontak Kerkkantoor op 079 697 1163
Akkommodasie gesoek
WONING OP LANDBOUHOEWE Gesoek: 3-slaapkamerhuis op landbouhoewe. Perdefasiliteit voordelig. Huurder bereid om tot R16 000p/m te betaal.
Kategese: Juniors (2 jaar tot Graad 3) Leier: Adele de Jong – 083 263 6566 Kinders van die ouderdom 2 jr tot Gr 3 gaan direk na die Kinderkerk voor erediens. Verdaag 09:45.
Seniors (Graad 4 – 10) Leier: Ronel Duif – 083 324 5977 Gesamentlike jeugdiens vir 30 minute in saal, gaan dan na hul kategese lokale. Verdaag 09:45.
Finalejaars – Graad 11 Leier: Ds Kenneth – 084 455 3267 Finalejaars hanteer materiaal soos deur leraars voorberei. Sondae om 16:30 in die kinderkerk
Bestuursraad 2010 Funksionele Portefeuljes Bemarking & Vermaak van Wyk Kommunikasie 083 419 3883 Erediens Anton Steyn 082 785 6657 Finansiële Bestuur Gerbus Vermaak 082 440 0968 Hulpbron Bestuur Johan Nell 082 444 2625 Bedienings Portefeuljes Gemeente Theda Human 082 678 1905 Getuienis VAKANT Jeug Wessel Duif 083 408 0377 Omgeegroepe Danie Knipe 082 493 3908 Pastoraal Neels van Wyk 082 377 3250 Bestuurs Forum B/Forum Koördinering Nico Doman 011- 662 2956 Inligting Johan Vermeulen 082 464 6820 Strategies VAKANT
Strewers Fanie Human
076 845 4920
ander kontakpersone Tegniese ondersteuning: Hannes v/d Merwe 011- 662 2651/ [email protected]
Spyseniering: Ferma Bekker 072 958 4757
Gemeente Besonderhede
Neem asseblief kennis dat die gemeente geen landlyne het nie, kontak ons op die bogenoemde selnommers