Top Banner
Doc Scientia - Natuurwetenskappe en Tegnologie - Graad 6 54 Materie en materiale Stowwe wat vir mengsel gebruik is Fasetoestand van stowwe wat vir mengsel gebruik is 2. Koeldrankstroop en water Waarnemings: Beskryf die mengsel ten opsigte van a) voorkoms; b) kleur; en c) helderheid. ............................................................................................................................................................................ ............................................................................................................................................................................ ............................................................................................................................................................................ ............................................................................................................................................................................ ............................................................................................................................................................................ n Mengsel van olie en water word n emulsie genoem. Mengsels kan op verskillende maniere geskei word. 2.2 Metodes van skeiding Deeltjies van die verskillende stowwe in die mengsels het nie dieselfde eienskappe nie. Daarom kan dit geskei word. Die metode wat gebruik word, hang van die eienskappe van die verskillende stowwe in die mengsel af.
8

Materie en materiale - Doc Scientia · Doc Scientia - Natuurwetenskappe en Tegnologie - Graad 6 61 Materie en materiale oplossing van water en sout oplossing word tot kookpunt verhit

Oct 19, 2020

Download

Documents

dariahiddleston
Welcome message from author
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Transcript
Page 1: Materie en materiale - Doc Scientia · Doc Scientia - Natuurwetenskappe en Tegnologie - Graad 6 61 Materie en materiale oplossing van water en sout oplossing word tot kookpunt verhit

Doc Scientia - Natuurwetenskappe en Tegnologie - Graad 654

Materie en materiale

Stowwe wat vir mengsel gebruik is

Fasetoestand van stowwe wat vir mengsel gebruik is

2. Koeldrankstroop en water

Waarnemings:Beskryf die mengsel ten opsigte van a) voorkoms; b) kleur; en c) helderheid.

............................................................................................................................................................................

............................................................................................................................................................................

............................................................................................................................................................................

............................................................................................................................................................................

............................................................................................................................................................................

’n Mengsel van olie en water

word ’n emulsie genoem.

Mengsels kan op verskillende maniere geskei word.

2.2 Metodes van skeiding

Deeltjies van die verskillende stowwe in die mengsels het nie dieselfde eienskappe nie. Daarom kan dit geskei word. Die metode wat gebruik word, hang van die eienskappe van die verskillende stowwe in die mengsel af.

Page 2: Materie en materiale - Doc Scientia · Doc Scientia - Natuurwetenskappe en Tegnologie - Graad 6 61 Materie en materiale oplossing van water en sout oplossing word tot kookpunt verhit

Doc Scientia - Natuurwetenskappe en Tegnologie - Graad 6 55

Materie en materiale

Ons gaan na ’n paar metodes kyk:

Magnetisme

Filtrering

Skeitregter

Handsortering

Sifting

Afsakking en oorgieting

VerdampingSkeidingvan mengsels

Ek ly aanskeidingsangs.Kyk hier!

Page 3: Materie en materiale - Doc Scientia · Doc Scientia - Natuurwetenskappe en Tegnologie - Graad 6 61 Materie en materiale oplossing van water en sout oplossing word tot kookpunt verhit

Doc Scientia - Natuurwetenskappe en Tegnologie - Graad 656

Materie en materiale

2.2.1 Handsortering

Handsortering word gebruik waar die verskillende stowwe uit groter deeltjies bestaan en maklik met die hand of ’n haartangetjie (tweezer) gesorteer kan word.

Die deeltjies word een vir een opgetel en van mekaar geskei.• Diamante word van ander klippies geskei.• Eiers word volgens grootte gesorteer.• Op vrugteplase word verskillende

soorte vrugte soos appels en druiwe met die hand gesorteer volgens die gehalte daarvan.

2.2.2 Sifting

Hierdie metode kan gebruik word wanneer een stof baie groter deeltjies as die ander stof het. Siwwe het verskillende grootte gaatjies. Die mengsel word in die sif gegooi en geskud of vibreer sodat die deeltjies wat klein genoeg is, deurval.

Kyk hier!

Kyk hier!

Gro o t

E k s t ra groo t

Wwwhhh e e e e e ee e e

e ee !

!!

Voorbeelde:• Sif om klippies en sand te skei.• Kleingeld kan deur ’n sif met verskillende grootte gate gesorteer word.• Vrugte kan in groottes met ’n sif geskei word.

Page 4: Materie en materiale - Doc Scientia · Doc Scientia - Natuurwetenskappe en Tegnologie - Graad 6 61 Materie en materiale oplossing van water en sout oplossing word tot kookpunt verhit

Doc Scientia - Natuurwetenskappe en Tegnologie - Graad 6 57

Materie en materiale

2.2.3 Afsakking en oorgieting

Mengsels wat bestaan uit ’n vloeistof en vastestofdeeljies wat nie oplosbaar is nie, kan gelaat word om af te sak. Die vloeistof word versigtig afgegiet. So word dit dan geskei.

Wat is oorgieting? Wanneer ’n vloeistof en ’n onoplosbare vastestof geskei word deurdat die vloeistof afgegooi word nadat die vastestof afgesak het. Die vastestof bly agter.

Kyk hier!

2.2.4 Skeitregter

Sekere vloeistowwe meng nie met mekaar nie. Voorbeelde hiervan is melk en room of olie en water.

Wanneer vloeistowwe nie meng nie, kan hierdie metode gebruik word. Nadat die vloeistowwe ’n tyd gestaan het, dryf die een vloeistof op die ander een.

Die vloeistof met die laer digtheid

dryf bo-op die vloeistof met

die hoërdigtheid.

Voorbeelde waar afsakking gebruik word is:

• kalkwater waar die kalk afsak nadat dit ’n tyd gestaan het;

• modderwater word helder nadat die modder afgesak het.

Page 5: Materie en materiale - Doc Scientia · Doc Scientia - Natuurwetenskappe en Tegnologie - Graad 6 61 Materie en materiale oplossing van water en sout oplossing word tot kookpunt verhit

Doc Scientia - Natuurwetenskappe en Tegnologie - Graad 658

Materie en materiale

Waarom dryf die een vloeistof op die ander? Die ruimtes tussen die deeltjies en die massas van die deeltjies verskil. Hoe groter die ruimtes tussen die vloeistof se deeltjies is en hoe laer die massa van die deeltjies, hoe minder dig is dit. Dit sal dan op ’n vloeistof dryf wat kleiner ruimtes en swaarder deeltjies het.

Die onderste vloeistof kan versigtig uitgetap word.

mengsel van twee onmengbare

vloeistowwe met verskillende

digthede(water + olyfolie)

mengsel word in ’n tregter met ’n

kraan gegooi (skeitregter).

die vloeistof met die hoër digtheid

versamel aan die onderkant

die kraan word oopgemaak om die vloeistof met die hoë digtheid

uit te laat

die kraan word toegemaak sodra die

vloeistof met die lae digtheid uit die tuit bereik

2.2.5 Filtrering

Dit word gebruik waar een van die stowwe ’n vloeistof is en die ander een ’n onoplosbare vastestof is. Die vloeibare mengsel word in die filter gegooi sodat die vloeistof deurvloei en die vastestof in die filter agterbly. Moerkoffie kan in koffie en koffiemoer geskei word met filtrering.

Voorbeelde:• Tee wat met teeblare gemaak word

en deur ’n siffie gegooi word.• ’n Swembadfilter skei blare van water.• Sand en water kan so geskei word.• Kerriepoeier en water kan met hierdie metode geskei word.

Uuuuurrrrrmm

...

Ekskuus tog.

..

Page 6: Materie en materiale - Doc Scientia · Doc Scientia - Natuurwetenskappe en Tegnologie - Graad 6 61 Materie en materiale oplossing van water en sout oplossing word tot kookpunt verhit

Doc Scientia - Natuurwetenskappe en Tegnologie - Graad 6 59

Materie en materiale

mengsel van water en sand

filtreerpapier

filtreertregter

oorskot

filtraat

2.2.6 Magnetisme

Hierdie skeidingsmetode kan gebruik word as een van die stowwe in die mengsel deur ’n magneet aangetrek kan word. Die ander stof in die mengsel moet nie magneties wees nie.

Magneties beteken dat die stof deur ’n magneet aangetrek kan word.

Ek wou seiets proe

vreemd...

^

Page 7: Materie en materiale - Doc Scientia · Doc Scientia - Natuurwetenskappe en Tegnologie - Graad 6 61 Materie en materiale oplossing van water en sout oplossing word tot kookpunt verhit

Doc Scientia - Natuurwetenskappe en Tegnologie - Graad 660

Materie en materiale

Magnetiese stowwe is yster, kobalt en nikkel. Ons gaan in die volgende jare meer daaroor leer. Die volgende sketse wys hoe ’n magneet gebruik kan word om skuifspelde uit sand te verwyder.

Voorbeelde:• Ystervysels kan van ander stowwe verwyder word.• Ysterkrammetjies kan uit papier gehaal en herwin word.• In ’n skrootwerf kan magnetiese metale verwyder en geskei word van ander.

2.2.7 Verdamping

Verdamping word gebruik as een stof in ’n ander opgelos is en slegs een van die twee stowwe kan verdamp. Die vloeistof sal verdamp. Na die verdamping sal die vastestof as kristalle oorbly. Indien die mengsel verhit word, sal die vloeistof vinniger verdamp.

mengsel van sand en skuifspelde

laat hang ’n magneet bo die

oppervlakte van die mengsel

die magneet trek die skuifspelde aan, die sand bly in die trog

agter

Kyk hier!

’n Kristalhangertjiepas beslis beterby ’n soutwatervis!

Page 8: Materie en materiale - Doc Scientia · Doc Scientia - Natuurwetenskappe en Tegnologie - Graad 6 61 Materie en materiale oplossing van water en sout oplossing word tot kookpunt verhit

Doc Scientia - Natuurwetenskappe en Tegnologie - Graad 6 61

Materie en materiale

oplossing van water en sout oplossing word tot kookpunt verhit vir die vloeistof om te

verdamp

vastestofdeeltjies van die sout bly agter nadat die vloeistof verdamp het

Hierdie is 'n eenvoudige voorstelling waar die oplossing van water en tafelsout verhit word sodat verdamping vinniger plaasvind. Tafelsoutkristalle bly agter.

Voorbeelde:• Herwinning van sout uit seewater• Suiker word so vervaardig uit die

sap van suikerriet.

Mmmmm mm mm m mm

H e h e h e h e h e

Verdamping is die

verandering van ’n

vloeistof na ’n gas op

die oppervlakte van die

vloeistof, by enige

temperatuur.