Top Banner
1 Maand-Krant JUNIE 2016 KERKVERBAND AANGELEENTHEDE Agtergrond: Soos julle seker bewus is, het die Gereformeerde Kerk Wapadrant reeds al in 2006 besluit om vroue ouderlinge te beroep omdat ons uit die Skrif oortuig is dat geslag nie een van die kriteria is wat die gawes van `n ouderling bepaal nie. Ons het ook toe reeds ons besluit ge- implementeer. In 2009 het die Sinode na verskeie dekades van studie, besluit dat vroue wel as diakens in die ampte mag dien maar nie as ouderlinge of predikante nie. Sedertdien was daar verskeie probeerslae deur ander gemeentes in ons kerkverband om deur middel van beswaarskrifte die besluit hersien te kry. Intussen het ons klassis, onder andere onder druk van ander naburige klassisse, besluit om visitatore aan te wys om WPR te kom besoek en te probeer om ons sover te kry om ons besluit te hersien. Lidmate is dan ook uitgenooi om die visitatore te kom spreek tydens die formele besoeke indien hulle dit wou doen. Verskeie van julle het dit dan ook gedoen. Na verskeie informele en formele vergaderings tussen die visitatore en die RvO (of die werkgroep insake kerkverband sake), waar ons herhaaldelik aangedui het dat ons nie van die 2006 besluit gaan afwyk nie, is daar ooreengekom om die visitasie besoeke op ys te plaas tot tyd en wyl die spesiale sinode van 2016 `n besluit oor al die beswaarskrifte geneem het. Die Sinode het toe in Januarie 2015 die saak verder gekompliseer deur die saak van die vrou in die ampte as `n “wesenlike” saak te verklaar (wesenlik beteken dat dit net so belangrik is as jou geloofsbelydenis). In 2016 het die Sinode besluit dat nie een van die baie beswaarskrifte wat oor `n paar jaar ingedien is, genoegsame oortuigingskrag het nie en al die beswaarskrifte is verwerp. Die implikasie is toe dat die 2009 besluit dat vroue nie as ouderlinge of predikante mag dien nie, die amptelike siening van die Gereformeerde kerke geword het. Ons het weereens ons teleurstelling met die besluit uitgespreek en het ook ons besluit van 2006 herbevestig. Die Huidige Situasie: Hierdie verklaring van ons het die visitatore weer in die prentjie gebring en ons het op Sondag 24 April 2016 weer eens formele visitasie ontvang. Die basiese advies van die visitatore was dat ons moet konformeer en die Sinode se besluit aanvaar. Ons kan dit nie doen nie want ons is ons gewete voor God gebind hoe ons die gawes van vroue in ons gemeente moet aanwend. Die visitatore het ons toe verder adviseer om die Sinode
20

Maandkrant Junie 2016 - Wapadrant - Wapadrant TuisbladDie Sinode het toe in Januarie 2015 die saak verder gekompliseer deur die saak van die vrou in die ampte as `n “wesenlike”

Aug 06, 2020

Download

Documents

dariahiddleston
Welcome message from author
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Transcript
Page 1: Maandkrant Junie 2016 - Wapadrant - Wapadrant TuisbladDie Sinode het toe in Januarie 2015 die saak verder gekompliseer deur die saak van die vrou in die ampte as `n “wesenlike”

1

Maand-Krant

JUNIE 2016

KERKVERBAND AANGELEENTHEDE

Agtergrond: Soos julle seker bewus is, het die Gereformeerde Kerk Wapadrant reeds al in 2006 besluit om vroue ouderlinge te beroep omdat ons uit die Skrif oortuig is dat geslag nie een van die kriteria is wat die gawes van `n ouderling bepaal nie. Ons het ook toe reeds ons besluit ge-implementeer. In 2009 het die Sinode na verskeie dekades van studie, besluit dat vroue wel as diakens in die ampte mag dien maar nie as ouderlinge of predikante nie. Sedertdien was daar verskeie probeerslae deur ander gemeentes in ons kerkverband om deur middel van beswaarskrifte die besluit hersien te kry. Intussen het ons klassis, onder andere onder druk van ander naburige klassisse, besluit om visitatore aan te wys om WPR te kom besoek en te probeer om ons sover te kry om ons besluit te hersien. Lidmate is dan ook uitgenooi om die visitatore te kom spreek tydens die formele besoeke indien hulle dit wou doen. Verskeie van julle het dit dan ook gedoen. Na verskeie informele en formele vergaderings tussen die visitatore en die RvO (of die werkgroep insake kerkverband sake), waar ons herhaaldelik aangedui het dat ons nie van die 2006 besluit gaan afwyk nie, is daar ooreengekom om die visitasie besoeke op ys te plaas tot tyd en wyl die spesiale sinode van 2016 `n besluit oor al die beswaarskrifte geneem het.

Die Sinode het toe in Januarie 2015 die saak verder gekompliseer deur die saak van die vrou in die ampte as `n “wesenlike” saak te verklaar (wesenlik beteken dat dit net so belangrik is as jou geloofsbelydenis). In 2016 het die Sinode besluit dat nie een van die baie beswaarskrifte wat oor `n paar jaar ingedien is, genoegsame oortuigingskrag het nie en al die beswaarskrifte is verwerp. Die implikasie is toe dat die 2009 besluit dat vroue nie as ouderlinge of predikante mag dien nie, die amptelike siening van die Gereformeerde kerke geword het. Ons het weereens ons teleurstelling met die besluit uitgespreek en het ook ons besluit van 2006 herbevestig.

Die Huidige Situasie:

Hierdie verklaring van ons het die visitatore weer in die prentjie gebring en ons het op Sondag 24 April 2016 weer eens formele visitasie ontvang. Die basiese advies van die visitatore was dat ons moet konformeer en die Sinode se besluit aanvaar. Ons kan dit nie doen nie want ons is ons gewete voor God gebind hoe ons die gawes van vroue in ons gemeente moet aanwend. Die visitatore het ons toe verder adviseer om die Sinode

Page 2: Maandkrant Junie 2016 - Wapadrant - Wapadrant TuisbladDie Sinode het toe in Januarie 2015 die saak verder gekompliseer deur die saak van die vrou in die ampte as `n “wesenlike”

2

van 2018 te nader met `n aansoek vir die revisie van die 2009 besluit. Ons het dit dan ook onderneem en by die onlangse klassis van 30 Mei 2016 is ons geloofs-briewe aanvaar en die kerkverband sal ooreenkomstig ingelig word. Die implikasie van hierdie besluit van die klassis is dat WPR steeds as volledige deel van die kerkverband beskou en hanteer word, ten spyte van verskille tussen gemeentes.

WPR het ook aan die klassis voorgehou dat verskille tussen gemeentes oor sake soos die vrou in die amp, die aard van die liedere wat gesing word asook liturgiese en ander verskille, eerder die simptoom is van `n dieperliggende probleem wat uiting vind in die verskillende maniere van verstaan van die begrippe van “eenheid, eendersheid en verskeidenheid”. Die klassis het dan ook deputate aangewys om die saak te bestudeer en ons sien uit na die uitkoms hiervan.

Ons het ook by die klassis kennis geneem van `n beskrywingspunt vanaf die Klassis Moot, waar gemeentes wat vroue ouderlinge beroep het, aangesê word om die vroue “uit hul amp te onthef” en om “hulle te bekeer”. Hierdie “opdrag” berus op `n vergissing van die situasie deur die opstellers van die brief en die kerkverband sal mettertyd daarmee handel. Ons moet ons nie aan die stories en bespiegelinge hieroor steur nie.

Die RvO het by sy vergadering van 1 Junie 2016 met instemming kennis

geneem van die besluite van die klassis en het onderneem om die vereiste dokumentasie op te stel. Die saak is na ons Werkgroep vir Kerkverband sake, verwys.

Die Pad Vorentoe:

Ons is in ons gewete voor God gebind in ons besluit om ouderlinge ongeag geslag te beroep. Ons gaan dus voort op hierdie pad wat ons in 2006 begin stap het.

Die verdere ontplooiing van die Gespeksforum waaroor ons vantevore in die Maand-krant oor berig het, vorm deel van die pad vorentoe. Die Gespreksforum het onderneem om die “kerklike weg” te volg en mekaar te ondersteun om via elkeen se spesifieke klassis, die Sinode van 2018 te probeer oortuig om die besluit van 2009 te hersien. Ons het ook onderneem om te werk aan die konsepte van eenheid, eendersheid en verskeidenheid in die kerkverband en `n kerkorde wat dit tot eer van God kan ondersteun. Ons het ook onderneem om `n kommunikasie meganisme tussen die gespreksgenote te stig en ons beplan om `n “Gespreksbrief” vir die doel te loods. Ons verwag dat die onderlinge meelewing en ondersteuning wat gespreksgenote so sal ervaar, baie sal help om rigting te gee aan die ontwikkeling van `n Christus gedrewe, veerkragtige Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika.

Theuns Erasmus Sameroeper Werkgroep Kerkverband Sake

********

DIE TORING VAN BABEL GEBOU DEUR DIE LAERSKOOL KLEINGROEPE Die Graad 1 to 6 kleingroepe het Sondag 14 Mei 'n baie opwindende 'Toring van Babel' gesamentlike aktiwiteit gehad. Die gemeente en kinders het almal baie getrou blikkieskos saamgebring vir die geleentheid. Die Graad 7 kleingroepe het as helpers opgetree om te

Page 3: Maandkrant Junie 2016 - Wapadrant - Wapadrant TuisbladDie Sinode het toe in Januarie 2015 die saak verder gekompliseer deur die saak van die vrou in die ampte as `n “wesenlike”

3

help dat alles glad verloop. Om die blikkiesbou mee af te skop, is daar in 3 groepe verdeel (van gemengde ouderdomme in elke groep). Die 3 groepe het 'n kompetisie gehad oor wie die hoogste toring kan bou. Dit was 'n baie gelykop stryd gewees! Errol het die kinders ook vertel van die mensdom se hoogmoed baie jare gelede toe hulle 'n baie hoë toring wou bou by Babel. Errol het verder vertel hoe God die mense verskillende tale laat praat het sodat hulle mekaar nie kon verstaan nie en het sodoende hulle hoogmoed aangespreek.

Daarna het die laerskool kleingroepe na die kerk se ingang omgeloop om een groot toring te bou. Hier het Errol verder vertel hoe God tydens pinkster, met die uitstorting van die Heilige Gees in Jerusalem, die teenoorgestelde gedoen het van wat Hy by Babel gedoen het. Hier het God die mense weer mekaar se tale laat verstaan. Hierdeur wys God dat Hy in Jesus Christus weer almal met Homself versoen. Dit is die mooiste en beste nuus (evangelie) wat ons ooit kan hoor.

Daarna het almal aan die werk gespring om een groot toring te bou uit die blikkies. Dit vat nogal vernuf om 'n toring te bou sonder dat die blikkies inmekaar tuimel (wat wel 'n paar keer gebeur het)! Maar uiteindelik is die toring gebou. Hierdie blikkies gaan nou by 'n volgende geleentheid deur die laerskool jeug gegee word aan 'n instansie wat baie behoeftig is en vir wie die blikkieskos baie gaan help.

Baie dankie aan Errol en aan almal wat blikkieskos gebring het en aan al die Laerskool kleingroepe vir 'n baie spesiale geleentheid.

Reaksie van sommige deelnemers: 1. Alhoewel dit groot pret was om die toring van Babel met blikkies

kos te bou, het ek heeltyd gedink aan al die honger mense wat hiervan gaan eet. Dit het my sommer die volgende gediggie laat skryf:

Oom Errol het gesê ons moet blikkieskos bring. Ons staan almal in ‘n groot kring. Hy verduidelik mooi die doel hiermee. Dit word agterna vir honger mense gegee. Die toring het gesukkel om te staan. Maar gou was die werkie gedaan. My hart het warm geklop. Want ek weet sommiges gaan dit gebruik vir sop. Hierdie uitreik-aksie maak my bly want ek weet die armes gaan hiervan kry.” Marlezé Jooste (Gr 6)

2. “Ek het geleer dat jy moet onthou dat God is die heel belangrikste”. 3. “Ek het geleer jy hoef nie tot by die Here ‘n hoë toring te bou nie. Hy is altyd by jou.” 4. “Ons het geleer van die toring van Babel. Almal het ander tale gekry. Die mense het

net gedink aan hulleself. Hulle het gedink hulle is beter as die Here.” 5. “Die toringbou was baie lekker!!!! Die blikkiestoring was baie groot en dis goed dat

hulle die blikkies vir die arm mense gegee het. (By Babel het die mense gesê hulle is beter as God)”.

6. “Die mense dog hulle is die beste en wou ‘n toring tot by die hemel maak. God het almal ander tale laat praat en hulle kon nie verder bou nie."

Page 4: Maandkrant Junie 2016 - Wapadrant - Wapadrant TuisbladDie Sinode het toe in Januarie 2015 die saak verder gekompliseer deur die saak van die vrou in die ampte as `n “wesenlike”

4

OM NAGMAAL TE VIER

Oor die afgelope klompie maande het drie

gespreksgeleenthede oor die nagmaal reeds

hier by Wapadrant plaasgevind. Die twee

redes vir die reël van die gespreks-

geleenthede is dat ons graag wil saam groei

in ons verstaan van die wonder van die

sakramente, en, meer prakties, aangesien die

Raad van Ouderlinge op ‘n stadium besluite

wil neem oor die ouderdom waarop mense

saam begin nagmaal vier, asook hoe gereeld

ons nagmaal behoort te vier.

Tydens die eerste geleentheid, waar Jaco

Kruger as inleier opgetree het, is gesels oor

hoe ons die doop en die nagmaal as sakramente moet verstaan. Wat is ‘n

sakrament? In die Heidelbergse Kategismus

word die sakramente beskryf as tekens en

seëls wat God ingestel het sodat ons,

wanneer ons dit vier, die goeie nuus van

Jesus Christus nog beter kan verstaan, en dit

vir ons “beseël” word. Ons het gehoor dat

die doop en die nagmaal dus nie maar net

“blote” tekens is van wat op ‘n ander plek en

in ‘n ander tyd gebeur het nie. Hierdie

tekens is op ‘n wonderlike manier self ook

die inkom in Jesus Christus se liggaam (die

doop) en die deel bly van Jesus Christus se

liggaam (die nagmaal).

Die tweede gespreksgeleentheid, wat deur

Klasie Heystek gelei is, het veral gehandel

oor die ouderdom waarop dit gepas is dat

mense sou kon begin deelneem aan die nagmaalviering. As beginsel is gestel dat

mense tot die nagmaal toegelaat word wat in

staat is om te bely dat hulle in Jesus Christus

glo. Geloofsvolwassenheid in hierdie sin

beteken om Jesus Christus as Here in ‘n mens

se lewe te onderskei. Dit beteken nie om

reeds volgroeid in die geloof te wees nie,

want niemand wat leef is ooit volgroeid in

die geloof nie. Almal hou aan groei in kennis

en vertroue totdat hulle in die volheid van

die tyd by die Here is. So gesien is dit

verstaanbaar dat mense wat in

verbondshuise grootword al van ‘n heel jong

ouderdom af sou kon onderskei wat tydens

die nagmaal gebeur, en dus daaraan deel sou

kon hê.

Hoe gereeld ons nagmaal behoort te vier

was die tema van die derde gespreks-

geleentheid, wat deur Jaco Kruger gelei is.

Drie argumente en gunste daarvan dat die

nagmaal elke Sondag gevier behoort te word

is bespreek:

1. Skrifgetuienis (die vroeë Christene

het volhard in die breek van die

brood – Hand. 2:46; Paulus haal Jesus

aan wat sê “so dikwels as wat julle die

brood eet en uit die beker drink” –

1 Kor 11:26).

2. Die Woordbediening en die

nagmaalviering impliseer mekaar en

het mekaar “nodig” in die erediens.

3. Deur die kerkgeskiedenis is die

nagmaal gewoonlik elke Sondag

gevier.

Hou die GPS en Wapadrant nuusberigte dop

vir die uitnodiging na die laaste twee

gesprekke wat vir 12 Junie en 24 Julie beplan

word!

Jaco Kruger

#########

Page 5: Maandkrant Junie 2016 - Wapadrant - Wapadrant TuisbladDie Sinode het toe in Januarie 2015 die saak verder gekompliseer deur die saak van die vrou in die ampte as `n “wesenlike”

5

Middel van die Bybel Wat is die korste hoofstuk in die Bybel? Psalm 117 Wat is die langste hoofstuk in die Bybel? Psalm 119 Watter hoofstuk is presies in die middel van die Bybel? Psalm 118 Feit: Daar is presies 594 hoofstukke voor Psalm 118 Feit: Daar is presies 594 hoofstukke na Psalm 118 Tel hierdie syfers bymekaar en jy kry 1188 Wat is presies die middelste versie in die Bybel? Psalm 118: 8 Om by die Here te skuil, is beter as om op mense te vertrou . In hierdie vers sien mens wat God se Wil vir ons lewens is? Volgende keer as iemand jou vra wat God se perfekte Wil is vir ons lewens, dan gaan ons na die middel van die Bybel toe!

@@@@@ PASTORALE SENTRUM Vorster Comrink is nie beskikbaar van 20 Junie tot 13 Julie nie. Kobus Roux (083 381 6722) en Johan Eloff (082 777 9689) is beskikbaar om berading te doen gedurende die drie weke. Kontak hulle gerus.

^^^^^^

DANKIE AAN MARTIN GROBLER Hoe sê ons dankie vir jou wat met oorgawe gemotiveerd dien om jou taak te verrig. Martin ons sê dankie vir die tyd wat jy gedien het as voorsitter van die Diakonie, jou vaste vertroue en geloof, wat jy ten doel stel is ’n aanwins vir ons geloofslewe en vir ander. Die diakonie verloor jou nie en is dankbaar dat jy jou gawes gaan aanwend tot opbou van ons jeug. Ons gaan biddend God se leiding bly vra vir die taak wat nou op jou wag, om ons kinders as hul mentor toe te rus om as gelowiges eienaarskap te neem van die gemeenskaplike doel Alles vir Christus. Christus is die edelste mentor en voorbeeld om in alle omstandighede te gebruik, en die Bybel die beste handboek nog ooit geskryf vir alle omstandighede in ons geloofsverhoudings en daaglikse omgang met mekaar en ander mense. Die aanhaling hier onder sê hoe Christus as mentor se nalatenskap lyk, en wat ons taak en verantwoordelikheid deur mentorskap is om ons kinders te begelei tot hul geloof standvastigheid, volwassenheid en betrokkenheid.

Page 6: Maandkrant Junie 2016 - Wapadrant - Wapadrant TuisbladDie Sinode het toe in Januarie 2015 die saak verder gekompliseer deur die saak van die vrou in die ampte as `n “wesenlike”

6

“It has been argued that leaders are not evaluated based on the number of followers they lead, but instead on the number of new leaders they develop.” Margaret J. Wheatley Leadership and the New Science. Ons taak om kinders as dissipels en as mentors groot te maak en weg te stuur die lewe in is ’n aanspreeklikheid en vereis die hele gemeente se ondersteuning en betrokkenheid. Namens Diakonie, weer eens dankie. Kobus Henning Voorsitter: Diakonie

########

TOOI in TURKOOIS

Dinsdag, 14 Junie

9h30 BY VALLEISIG!Bespreek voor 1 Junie by Judy 083 325 2102

Toegang R20 per persoon.

JyJyJyJy kan ook tussen 15 Mei & 15 Junie,

om by EL-PIDÁ DIENSSENTRUM in te skakel.Lidmaatskap slegs R150 per jaar!

“Wys jy gee om vir bejaardes”

Page 7: Maandkrant Junie 2016 - Wapadrant - Wapadrant TuisbladDie Sinode het toe in Januarie 2015 die saak verder gekompliseer deur die saak van die vrou in die ampte as `n “wesenlike”

7

STAND VAN DIE FINANSIËLE SAKE VAN WAPADRANT-GEMEENTE

Na die eerste 4 maande beloop die netto surplus: R2 61 376.

Ons kan weer met dankbaarheid getuig dat daar in April ‘n eenmalige groot bydrae (dankoffer) gemaak is deur ‘n lidmaat.

Dankoffer inligting

Maand 2016

Aantal potensiële

*bydrae punte

Aantal punte wat geen

beloofde bydrae gemaak het nie

Aantal punte wat beloof het maar

geen bydrae maak nie

Aantal punte wat agterstallig

is

Getroue bydraers

Januarie 1 142 ** (1 766)

397 34,76%

192 16,81

19 1,67

534 46,76%

Februarie 1 142 ** (1 782 )

392 34,33

154 13,49

67 5,87%

529 46,31

Maart 1 142 ** (1 777)

384 33,63

140 12,26

97 8,49

521 45,62

April 1 142 ** (1 771)

384 33.63%

130 11,38%

109 9,55%

519 45,44%

*Bydraepunt = Getroude man en vrou = 1 bydraepunt Belydende lidmaat in dieselfde gesin = bydraepunt Enkellopende belydende lidmaat = bydraepunt

**Ramings betaalbaar aan Administratiewe Buro te Potchefstroom. (Vir volledige inligting oor gaan na http://www.wapadrant.co.za/finansiele-sake.html oor ramings). Hou asseblief in gedagte dat die gemeente, bo en behalwe die daaglikse bedryfskostes, ook verantwoordelik is vir die betaling van verpligte ramings aan ons breër kerkverband wat tans ongeveer R60 per belydende lidmaat (ongeag die ouderdom) per maand beloop en wat maandeliks oorbetaal moet word. Dus kan u aflei dat as elke belydende lidmaat ʼn minumum van R60 per maand betaal, die kerkraad u nie daarvoor moet “subsidieer” nie.

Page 8: Maandkrant Junie 2016 - Wapadrant - Wapadrant TuisbladDie Sinode het toe in Januarie 2015 die saak verder gekompliseer deur die saak van die vrou in die ampte as `n “wesenlike”

8

GEE UIT DANKBAARHEID God is die bron en eienaar van alles wat ons het, en dus moet ons volgens 2 Kor 9:6-15 vir Hom die beste teruggee.

2 Kor 9:6-15: Dink daaraan: wie karig saai, sal karig oes; en wie volop saai, sal volop oes. Elkeen moet gee soos hy hom in sy hart voorgeneem het, nie met teensin of uit dwang nie, want God het die blymoedige gewer lief. En God is by magte om aan julle alles in oorvloed te skenk, sodat julle in alle opsigte altyd van alles genoeg kan hê en volop kan bydra vir elke goeie werk. Daar staan ook geskrywe: “Hy deel uit en gee aan die armes; hy bly altyd vrygewig.” God wat saad verskaf om te saai en brood om te eet, sal ook aan julle saad gee en dit laat groei en julle vrygewigheid 'n ryk oes laat oplewer. Hy maak julle altyd in alles ryk genoeg om by elke geleentheid vrygewig te kan wees. Deur ons bemiddeling het julle vrygewigheid tot gevolg dat God gedank word, want die bediening van hierdie hulpbetoon voorsien nie alleen in die behoeftes van die gelowiges in Judea nie, maar bring ook oorvloedige dankbaarheid teenoor God mee. Deur hierdie duidelike bewys van julle bereidheid om te dien, sal daar baie wees wat aan God eer toebring. Hulle sal Hom prys oor julle gehoorsaamheid aan die evangelie van Christus wat julle bely, en oor julle opregte mededeelsaamheid teenoor hulle en teenoor al die ander. Hulle sal ook vir julle bid en met verlange aan julle dink, omdat die genade van God oor julle so oorvloedig was. Ons dank God vir sy onuitspreeklike gawe. MANIERE VAN AFDRA VAN DANKOFFER • Direkte inbetaling op kerk se bankrekening / per internetbank of / per aftrekorder by jou eie bank.

Bankbesonderhede: Gereformeerde Kerk Wapadrant, ABSA rek nr 349 0151 957, takkode 632 005. BAIE BELANGRIK: Naam, van en doel as verwysing. (Behalwe in die geval van ‘n anonieme inbetaling.)

• Indien jy anonieme bydraes wil maak, plaas kontant/tjek in `n koevert in die bydraekassie in die voorportaal of doen ‘n elektroniese oorbetaling in kerk se bankrekening.

• Debietorder: Reël met kerkkantoor by [email protected] of volg hierdie skakel vir vorm http://www.wapadrant.co.za/finansieumlle-sake.html

• NOG ʼn MANIER OM JOU DANKOFFER/LIEFDEGAWE OOR TE BETAAL Snapscan – VIR GERIEFLIKE EN VINNIGE BETALING Wat is SnapScan?

• Snapscan is ʼn toepassing (APP) op jou selfoon om gemaklik en vinnig en veral veilige betalings te maak.

Hoekom sal jy SnapScan wil gebruik? • Vir die gerief en veiligheid daarvan. • Minder risiko – geen kontant wat rondgedra word - geen kaart wat aan iemand

oorhandig word wat dit moontlik kan kloon nie. • Jy beheer self die betaling en die bedrag. • Jy benodig slegs ʼn geldige bankrekening by enige bank om die toepassing te gebruik.

Page 9: Maandkrant Junie 2016 - Wapadrant - Wapadrant TuisbladDie Sinode het toe in Januarie 2015 die saak verder gekompliseer deur die saak van die vrou in die ampte as `n “wesenlike”

9

• Daar is geen koste vir die gebruik nie. • Dit werk op die meeste selfone.

Hoekom bied ons SnapScan fasiliteit aan?

• Dit word reeds met groot sukses deur baie kerke landswyd gebruik. • Nou kan jy jou dankoffer gee deur net te “snap” • SnapScan is ʼn betroubare sisteem. Is ook ʼn finansiële diensverskaffer wat

deur deur Standard Bank geakkrediteer word. Hoe gebruik ek SnapScan?

• Laai die toepassing (APP) op jou slimfoon af. Gaan na Playstore / App Store / Blackberry World / Google Play. Soek na Snapscan. Laai dit af.

• Registreer as ʼn gebruiker deur jou bankkaartnommer aan jou profiel te verbind.

• Kies jou eie veilige PIN. • Hou selfoon se skandeerder oor Wapadrant se unieke QR kode • Vul die bedrag in wat jy wil oorbetaal. • Vul jou naam, van en verwysing in (bv. dankoffer, ens.) • Vul jou pin in. • Snap!! .... Transaksie is voltooi. • Jy sal dan bevestiging kry van jou oorbetaling op die app. • Geen transaksiekoste. Die kerk ontvang 3% minder per transaksie (bv. jy

betaal R100 oor maar kerk ontvang R97 - onthou dat jou dankoffervorm dan moet aandui R97 en nie R100!)

Kontak gerus die kerkkantoor by 012 991 1395 / [email protected] vir meer inligting of gaan na www.getsnapscan.com

**********

Gemeente se 2015 Ouditeursverslag Die Finansies Diensgroep en die Bestuursdiensgroep het die Ouditverslag by hulle onderskeie vergaderings hanteer en kan met dank kennis neem en noem dat ons Gemeente se finansiële bestuur en gevolglike te boekstawing ‘n ongekwalifiseerde verslag ontvang het vanaf die aangestelde Ouditeure. Die volle verslag is wel ter insae by die kerkkantoor.”

Page 10: Maandkrant Junie 2016 - Wapadrant - Wapadrant TuisbladDie Sinode het toe in Januarie 2015 die saak verder gekompliseer deur die saak van die vrou in die ampte as `n “wesenlike”

10

FIETSWEDREN BY GEREFORMEERDE KERK BRONKHORTSPRUIT bied DV op 30 Julie 2016 ‘n fietswedren aan. Die wedren gaan op die plaas Witklip (van Hans van Rensburg) plaasvind. Inligting is beskikbaar op Facebook by Witklip MTB Winter Classic . Inskrywings geskied op www.cycleeventes.co.za. Elke fietsryer kry ‘n nommer vanaf 6:30 op die dag van die fietswedren. Die wedren begin om 8:00. Kostes is soos volg: 50km (R200); 25km (R180); 10km (R110); 1km (R50). Daar gaan ook heerlike kosse en drinkgoed te koop aangebied word. Ons vra asb. so veel as moontlik mense se ondersteuning vir hierdie saak. Vir meer inligting, skakel asb vir Paul Grobler by 083 282 1377. BRAND NEW MTB RACE AT A BRAND NEW VENUE. 30 July 2016 - Witklip, Bronkhorstspruit. (brought to you by Franco Sport as a charity event for the Reformed Church, Bronkhorstspruit). Single track, jeep track, bridges, water crossings and savannah grasslands. Online entries at: http://www.cycleevents.co.za/mtb-events/witklip-mtb-classic-2016/ .

>>>>>>>>>

DORINGHOUT Beskikbaar Sondae in die saal by die “Neem-en-Deel” rak @ R15 per sak. Daar sal ‘n houertjie wees waarin die geld geplaas kan word (sorg asb vir die regte kleingeld).

Page 11: Maandkrant Junie 2016 - Wapadrant - Wapadrant TuisbladDie Sinode het toe in Januarie 2015 die saak verder gekompliseer deur die saak van die vrou in die ampte as `n “wesenlike”

11

>>>>>>>>>>>>

ChrisanteChrisanteChrisanteChrisante SAMEROEPER: Véra Tollig 012 997 2678 / 082 6446 741 / [email protected] PRETORIA-OOS HOSPITAAL: TEL: 012 422 2300 6-12 JUNIE Oloff Obrien: (Ma) 072 673 6295; Deleen Kornelius: (Di) 082 215 8118; Yvonne du Preez: (Wo) 082 332 0802 / 012 482 2548; Bernard Tollig (Do): 082 900 1816 / 012 997 2678; 13-19 JUNIE Jana Schalekamp (Ma): 082 411 5247; Rosalie van Rensburg (Di): 012 991 7857 / 082 330 2422; Izabel Pretorius: (Wo) 012 991 2727; Daleen v Wyk (Do): 012 991-3312 / 082 926 3498 20-26 JUNIE Oloff Obrien: (Ma) 072 673 6295; Deleen Kornelius: (Di) 082 215 8118; Yvonne du Preez: (Wo) 082 332 0802 / 012 482 2548; Bernard Tollig (Do): 082 900 1816 / 012 997 2678;

Woensdag, 22 Junie 2016 om 9h30Valleisig Gemeente, H/v Tipperary en Mayostrate, Fa erie Glen

Kom gesels saam en leer meer oor Alzheimer’s.

Spreker: Denise Hendricks van Alzheimer’s SA

Kaartjies by kantoor: R30 lede R40 vriende - Bespreek: Judy Bovey =083 325 2102

Page 12: Maandkrant Junie 2016 - Wapadrant - Wapadrant TuisbladDie Sinode het toe in Januarie 2015 die saak verder gekompliseer deur die saak van die vrou in die ampte as `n “wesenlike”

12

27 JUNIE – 3 JULIE Jana Schalekamp (Ma): 082 411 5247; Rosalie van Rensburg (Di): 012 991 7857 / 082 330 2422; Izabel Pretorius: (Wo) 012 991 2727; Daleen v Wyk (Do): 012 991-3312 / 082 926 3498 4-10 JULIE Oloff Obrien: (Ma) 072 673 6295; Deleen Kornelius: (Di) 082 215 8118; Yvonne du Preez: (Wo) 082 332 0802 / 012 482 2548; Bernard Tollig (Do): 082 900 1816 / 012 997 2678; 11-17 JULIE Jana Schalekamp (Ma): 082 411 5247; Rosalie van Rensburg (Di): 012 991 7857 / 082 330 2422; Izabel Pretorius: (Wo) 012 991 2727; Daleen v Wyk (Do): 012 991 3312 / 082 926 3498 LIFE FAERIE GLEN HOSPITAAL: TEL: 012 369 5600 Jan Tollig: 012 807 0891 / 082 331 2756 (S); KLOOF HOSPITAAL: TEL: 012 367 400 Isabel Lensink: 012 998 3377 / 083 231 2869. Clara de Jonge: 083 609 9259 / 012 662 3822 WILGERS HOSPITAAL: TEL: 012 807 8100 6-12 JUNIE Cor Meindertsma: 082 551 6183 / 012 991 2719 (S) (Do); Truus Meindertsma: 082 551 6183 / 012 991 2719 (Woens/Vry) 13-19 JUNIE Braam Gous: 012 361 7632 / 082 468 3808 (Woens); Heinrich Neuhoff: 086 697 3288 / 083 251 8415 20-26 JUNIE Marina v Wyk: 072 202 8250 / 803 0629 (Ma); Nancy Snyman 012 803 1561 (Woens); Hannetjie v Aswegen: 082 062 8264; Irma Kruger: 084 514 4842 27 JUNIE – 3 JULIE Cor Meindertsma: 082 551 6183 / 012 991 2719 (S) (Do); Truus Meindertsma: 082 551 6183 / 012 991 2719 (Woens/Vry) 4-10 JULIE Braam Gous: 361 7632 / 082 468 3808 (Woens); Heinrich Neuhoff: 086 697 3288 / 083 251 8415 11-17 JULIE Marina v Wyk: 072 202 8250 / 803 0629 (Ma); Nancy Snyman 012 8031561 (Woens); Hannetjie v Aswegen: 082 062 8264; Irma Kruger: 084 514 4842

Page 13: Maandkrant Junie 2016 - Wapadrant - Wapadrant TuisbladDie Sinode het toe in Januarie 2015 die saak verder gekompliseer deur die saak van die vrou in die ampte as `n “wesenlike”

13

ADDISIONELE LEDE VIR WILGERS: André Sandilands: 076 848 4267 / 071 302 4593 ANDER HOSPITALE: Peet en Lacia Vermeulen: 012 991-2122 / 082 336 8465 EUGENE MARAIS, JAKARANDA, MEULMED, LOUIS PASTEUR, M ED FORUM, SUID AFRIKAANSE Ben Nel: 012 335 2411 (W) / 083 466 1264 & Miemie Mennen MEULMED, HART & SUID-AFRIKAANSE-HOSPITAAL, JAKARAND A, UROLOGIES André Sandilands: 081 205 8669 KINDERBEDIENING: Rita Schoen: 012 809 1459 / 082 2662 3964 ONDERSTEUNINGSDIENSGROEP (PASTORAAL): Voster Combrink: 082 872 9725 SENIORS - TUISBESOEK: Daleen van Wyk 012 991 3312 / 082 926 3498; Hetta Henning: 012 991 1793; Petro Bouwer: 012 991-7229 / 082 450 5091; MOOIGELEë: Carla Boer: 012 998 6575 / 083 739 2588 KANKERPASIëNTE / ONDERSTEUNING / BESOEKE Matty Coetzee: 072 330 1545; Anet Hofmeyer: 072 5312 378

@@@@@@

BEROEPE BEROEPE ONTVANG

• Ds MJ Lourens (Thys) van Middelburg KP na Vaalpark BEROEPE AANVAAR

• Ds MJ Lourens (Thys) van Middelburg KP na Vaalpark • Ds JD Potgieter [Dreyer] van Rooihuiskraal na Meyerspark • Ds C Jooste (Christiaan) van Wonderboompoort na Waterberg

Page 14: Maandkrant Junie 2016 - Wapadrant - Wapadrant TuisbladDie Sinode het toe in Januarie 2015 die saak verder gekompliseer deur die saak van die vrou in die ampte as `n “wesenlike”

14

ORREL MARATON OP 11 JUNIE 2016 BY HERVORMDE KERK, DU TOITSTRAAT Margaret van der Vegt en studente van die Konservatorium vir Kerkmusiek, bied ‘n

orrel maraton aan ten bate van die orrelfonds van die Hervormde Kerk se

Moedergemeente in Pretoria .

Tyd: Vanaf 08:00 tot 18:00

Plek: Hervormde Kerk, Du Toitstraat, Pretoria (langs die Reserwe Bank)

Kontak: Margaret van der Vegt – 082 9272179

Keurstukke uit die Barok en Romantiese tydperke sal gespeel word. Bach, Mendelssohn, César Franck,

Guilmant en ander Frans-en Duitse komponiste se klanke sal die kerkgebou vul, en vanuit die Koraal

skatte is verwerkings deur Jan Zwart en Martin Mans op die program.

Ligte versnaperinge sal te koop wees.

Ons wil u vriendelik uitnooi om hierdie uitmuntende geleentheid saam met ons te kom geniet.

*******

ATTESTATE/BEWYS VAN LIDMAATSKAPATTESTATE/BEWYS VAN LIDMAATSKAPATTESTATE/BEWYS VAN LIDMAATSKAPATTESTATE/BEWYS VAN LIDMAATSKAP

Attestate ontvang vanaf: Geref Alkantrant: Elizabeth Catherina Steenkamp; Meanderlaan Oos 241 Geref Cachet: Stephen Albert Nel; Knysnalaan 254 Geref Rietvallei ; Riaan Francois & Vanessa Anne van Wyk en drie dooplidmate Adriaan Francois, Gerhard en Lizamé; Plaas Elandsfontein 412 Bewys van lidmaatskap ontvang: Schalk Willem & Reneé Reynders; Bridgefield Estate 513 Pieter & Christelle van der Walt; Anton van Niekerkstraat 397 Nicolaas Lessing & Liza Labuschagne; Dukestraat 53 Bewys van lidmaatskap aangevra: Petronella Gertina Adrianna Prinsloo Nicolaas Anthonie & Johanna Wilhelmina Vermaak en dooplidmate Neil Hermanus & Jessica Alexander Michael & Helena Elizabeth van Niekerk en vier dooplidmate, Gené, Rethe, Xandri en André Alexander Elsie Johanna Simonis Lynette Roeloffze en twee dooplidmate Lourens van Dijk en René Roeloffze Nicolaas Anthonie & Ilone Vermaak en 2 dooplidmate Neil Hermanus & Jessica

Page 15: Maandkrant Junie 2016 - Wapadrant - Wapadrant TuisbladDie Sinode het toe in Januarie 2015 die saak verder gekompliseer deur die saak van die vrou in die ampte as `n “wesenlike”

15

VERDIEN BONUSPUNTE VIR DIE GEMEENTE

Het jy ʼn bestaande Makrokaart? Deur slegs jou bestaande kaart te koppel aan die kerk se

rekeningnommer kan die kerk bonuspunte verdien.

Voltooi die vorm wat in die houtrakkie op die tafel in die voorportaal van die kerk beskikbaar is of laai

dit af by http://www.wapadrant.co.za/aktiwiteite.html

Die kerk koop die Pakhuis se maandelikse voorraad by Makro aan en met die ekstra bonuspunte maak

dit ʼn groot verskil in die Diakonie se begroting! Stuur asseblief jou voltooide vorm na die kerkkantoor

([email protected] of faks 086 524 0495)

^^^^^^^^^

ALMAL SE MANDJIE Voorsiening van gaar groente in houers: Gems, wortels, groenbone, blomkool, broccoli, spinasie, botterskorsies en patats. Alles gereed om in die mikrogolf te druk, warm te maak en te eet. R17.50 per houer. Kontak Sarel Venter vir bestellings en navrae by 083 710 8237. Gesoek ‘n klein “bachelors”-woonstel om te huur. As jy so ‘n woonstel het, kontak asb Johan Venter by 071 9883 0185. Hy is ‘n lidmaat van ons gemeente. Betroubare huishulp soek werk: Thandi Ntuli is 47 jaar oud en werk al die afgelope 13 jaar by ‘n gemeentelid. Sy maak huis skoon, was skottelgoed, was en stryk baie netjies, kan heerlik kook en help kinders grootmaak. Sy is geletterd, sy kan lees en skryf. Sy soek werk vir Dinsdae en Donderdae. Kontak haar by 076 260 1639.

Brei… Brei…Hekel…Hekel Help ons om 2 500 blokkies te brei of te hekel. Mikpunt April 2017. Die blokkie moet 20 cm x 20 cm wees. Gebruik slegs “double knit” wol. Kleur van jou keuse. Brei of hekel by jou huis of sluit Dinsdae 10:15 – 12:15 aan by ander wat by die kerk bymekaar kom. Ons sien uit om jou te ontmoet! Woldonasies (double knit) is baie welkom. Plaas voltooide blokkies of wol in gemerkte houer op bruin toonbank in die saal. Navrae by Hetta 082 594 5885. Voltooide komberse gaan geskenk word aan minderbevoorregte bejaardes en kinderhuise.

Page 16: Maandkrant Junie 2016 - Wapadrant - Wapadrant TuisbladDie Sinode het toe in Januarie 2015 die saak verder gekompliseer deur die saak van die vrou in die ampte as `n “wesenlike”

16

Page 17: Maandkrant Junie 2016 - Wapadrant - Wapadrant TuisbladDie Sinode het toe in Januarie 2015 die saak verder gekompliseer deur die saak van die vrou in die ampte as `n “wesenlike”

17

Page 18: Maandkrant Junie 2016 - Wapadrant - Wapadrant TuisbladDie Sinode het toe in Januarie 2015 die saak verder gekompliseer deur die saak van die vrou in die ampte as `n “wesenlike”

18

Page 19: Maandkrant Junie 2016 - Wapadrant - Wapadrant TuisbladDie Sinode het toe in Januarie 2015 die saak verder gekompliseer deur die saak van die vrou in die ampte as `n “wesenlike”

19

Tel: 012 348 0888

Cell: +27 81 465 7074

Cell: +27 82 448 3591

www.theboys.co.za

email: [email protected]

DIE WASLYNDIE WASLYNDIE WASLYNDIE WASLYN

ONS WAS ONS WAS ONS WAS ONS WAS

GORDYNEGORDYNEGORDYNEGORDYNE

KOM HAAL DIT AFKOM HAAL DIT AFKOM HAAL DIT AFKOM HAAL DIT AF

DROOG EN STRYK DITDROOG EN STRYK DITDROOG EN STRYK DITDROOG EN STRYK DIT

HANG WEER TERUGHANG WEER TERUGHANG WEER TERUGHANG WEER TERUG

SKAKEL 078 296 4596 SKAKEL 078 296 4596 SKAKEL 078 296 4596 SKAKEL 078 296 4596

Page 20: Maandkrant Junie 2016 - Wapadrant - Wapadrant TuisbladDie Sinode het toe in Januarie 2015 die saak verder gekompliseer deur die saak van die vrou in die ampte as `n “wesenlike”

20

GEMEENTEKAMP 2016 Die naweek van 16 – 18 September by Klein Paradys net buite

Brits. Dis ‘n pragtige vakansie-oord met ‘n baie mooi

kampterrein en chalets.

Vir besprekings epos Ilze Vlok by [email protected] of kontak die kerk-kantoor by

[email protected] voor 26 Junie 2016.

Meer besonderhede is op die kennisgewingbord in die saal of op Klein Paradys se web

by http//www.kleinparadys.com