Top Banner
Pieter Oosthuizen Protes teen Kersfees Lina Spies Ek gaan my koes hou hierdie Kersfees: horende doof vir “Stille nag” in supermarkte, siende blind vir wattesneeu teen vensterrame. Die sluipende ou heer met sy rooi mantel en wit baard gaan ek vermy. Ek gaan na ons nagtelike somerhemel kyk en my voorstel hoe het die ster bokant die stal gelyk. Ek gaan my ore toestop vir die geklingel van sleeklokkies om te kan luister hoe die engele sing. Ek wil my vasklem aan die krip omdat ek só kan vasgryp aan die kruis; koningshulde – wierook, mirre, goud - uiteindelike geselslae, doringkroon, vloekhout. Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood - SOMER 2011 Kersfees kán soveel betekenis hê Lina Spies se gedig Protes teen Kersfees, in die bun- del: Woordreise, het my aan die dink gesit oor wat ons beleef met die manier waarop Kersfees gevier word. Dr. Okke Jager, ’n Nederlandse predikant, skryf in sy “Een Witte Kerst”, dat dit goed en reg is om Kersfees te vier. Die gee van presente en kaartjies met mooi boodskapwense, is reg en goed. Om die fees te vier met liefde, blydskap, vreugde en die gee van geskenke is ’n voorreg. Ons moet dan net daarby onthou dat daar baie “prentjies” in ons koppe geskep is oor jare, wat die werklike betekenis van die fees vir ons kan laat verlore gaan. Prentjies en beelde wat die fees vir ons geromantiseer het, maar nie deel was van die werklike gebeure nie. Hy dink aan al die prente van sneeu en dennebome; ’n vredevolle kriptoneel met skapies en koeie; liedere waarvan die woorde nie veel van ’n boodskap het nie, ’n mooi wysie het en net ’n lekker gevoel laat. Somer 2011 LYNNWOORDE 1 Bosveldkersfeesboom deur Wendy Malan vervolg op p3 www.nglynnwood.co.za
7

Lynnwoorde

Mar 22, 2016

Download

Documents

Kersuitgawe van Lynnwoorde
Welcome message from author
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Transcript
Page 1: Lynnwoorde

Pieter Oosthuizen

Protes teen Kersfees Lina Spies

Ek gaan my koes hou hierdie Kersfees: horende doof vir “Stille nag” in supermarkte, siende blind vir wattesneeu teen vensterrame. Die sluipende ou heer met sy rooi mantel en wit baard gaan ek vermy.

Ek gaan na ons nagtelike somerhemel kyk en my voorstel hoe het die ster bokant die stal gelyk. Ek gaan my ore toestop vir die geklingel van sleeklokkies om te kan luister hoe die engele sing.

Ek wil my vasklem aan die krip omdat ek só kan vasgryp aan die kruis; koningshulde – wierook, mirre, goud - uiteindelike geselslae, doringkroon, vloekhout.

Gemeenteblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Lynnwood - SOMER 2011

Kersfees kán soveel betekenis hê

Lina Spies se gedig Protes teen Kersfees, in die bun-del: Woordreise, het my aan die dink gesit oor wat ons beleef met die manier waarop Kersfees gevier word. Dr. Okke Jager, ’n Nederlandse predikant, skryf in sy “Een Witte Kerst”, dat dit goed en reg is om Kersfees te vier. Die gee van presente en kaartjies met mooi boodskapwense, is reg en goed. Om die fees te vier met liefde, blydskap, vreugde en die gee van geskenke is ’n voorreg. Ons moet

dan net daarby onthou dat daar baie “prentjies” in ons koppe geskep is oor jare, wat die werklike betekenis van die fees vir ons kan laat verlore gaan. Prentjies en beelde wat die fees vir ons geromantiseer het, maar nie deel was van die werklike gebeure nie. Hy dink aan al die prente van sneeu en dennebome; ’n vredevolle kriptoneel met skapies en koeie; liedere waarvan die woorde nie veel van ’n boodskap het nie, ’n mooi wysie het en net ’n lekker gevoel laat.

Somer 2011 LYNNWOORDE 1

Bosveldkersfeesboom deur Wendy Malan

vervolg op p3

www.nglynnwood.co.za

Page 2: Lynnwoorde

Redaksie Kerkantoor 012 348 1245Riaan Steyn Leonie du BruynBets Ferreira

Gereelde medewerkersImmanuel van Tonder Pieter Oosthuizen Peet Crous Lindy Jordaan Valize Scholtz Erika Theron

Ontwerp Fearika Heyns

Advertensietariewe en spesifikasiesVolblad R1000 Halfblad R500 Kwartblad R250 Klein R100

Verskaf asb kunswerk in hoë resolusie jpg of pdf formaat in die regte grootte:Volblad R1000 – A4: regop 190mm x 277mm Halfblad R500 – A5: dwars 190mm x 132mmKwartblad R250 – A6: regop 90mm x 132mm Klein R100: verskaf maksimum van 6 reëls teks, uitleg word gedoen nav beskikbare spasie.

Die redaksie onderskryf nie noodwendig die mening van medewerkers nie en het die reg om berigte en briewe te verkort en redaksioneel te versorg.

Aan die einde van ’n bedrywige Feesjaar - ’n mylpaal in die geskiedenis van Lynnwood-gemeente - kan ons met dank-baarheid terugkyk na nog ’n geseënde jaar.

In hierdie uitgawe kan u lees van ’n paar lidmate se per-soonlike herinneringe asook hoogtepunte van die afgelope 50 jaar. Dit het my ook laat terugdink aan my kinderjare toe ek in die koerant gelees dat Lynnwood-gemeente die eerste was om toestemming te gee dat vroue-lidmate sonder hoede kon kerk toe kom! So is daar ook talle ander voorbeelde waar Lynnwood die voortou geneem het. Min het ek destyds geweet dat ek ook eendag die voor-reg sou hê om deel van hierdie besondere gemeente te wees!

Namens die predikante en per-soneel wens ons u ’n Geseënde Feesgety toe. In aansluiting met die voorblad-artikel deur ds Pieter Oosthuizen, is dit ons opregte wens dat Lynnwood-gemeente in hierdie Feestyd met verwondering die ware betekenis van Kersfees sal herontdek!

Indien u met vakansie gaan, reis voorspoedig en geniet die rustyd voordat ons weer ’n op-windende 2012 tegemoet gaan!

Met seënwense! Riaan SteynUitvoerende Beampte

Redaksioneel

2 LYNNWOORDE Somer 2011

www.nglynnwood.co.za

Om nuusbriewe en artikels van die leraarspan te lees, gaan na www.nglynnwood.co.za. Daar kan jy kom-mentaar lewer en saamgesels met die leraars, bedieningspan en ander gemeentelede. Sien jou daar!

Inhoud

Kersfees kán soveel betekenis hê 1Pieter Oosthuizen

Veranderende tye 3Pieter Oosthuizen

Seekamp Magic! 4Valize Scholtz

Gesinskamp 5 Peet Crous

Tygerberg Kinderkoor 5

Kunsteweek 1 - 6 September 6

Lente in Lynnwood 8Peet Crous

God met ons 9Yvonne Joubert

Verjaarsdagkonsert 9

Herinneringe van die afgelope 50 jaar 10

Van Balans 12Erika Theron

Somer 2011 LYNNWOORDE 3

VERANDERENDE TYE Pieter Oosthuizen

Toe ek onlangs deur die gemeente se Kerkraadsnotules blaai was dit baie insiggewend en een van die gedagtes wat by my bly vassteek is: hoe het “tye” nie verander nie!Mens kan skaars glo oor watter sake passievol gepraat is op Kerkraadsvergaderings, oor die “verderflike musiek” waarna jongmense luister, die stryd oor huishulpe wat in die kerksaal kon kerkhou pleks van in motorhuise, besware oor die feit dat ’n erediens in Engels gehou is, ensovoorts. Daar is nog vele ander wat mens verstom. Kyk mens terug, kan jy nie glo dit was sake waaraan so baie aandag bestee is nie! En kon ons nie regkom nie, is die regering se hulp sommer ingeroep!Veranderde omstandighede, “tye” wat verander, het my aan ’n gedeelte in die Ou Testament laat dink wat ons selde lees: Genesis 49:19 - 50:26. Die laaste hoofstuk van Genesis handel oor 2 begrafnisse, dié van Jakob en Josef.Jakob, pa van Josef, ’n eenvoudige skaapwagter, sterf en kry amper ’n staatsbegrafnis. Hy word 40 dae lank gebalsem, Egipte rou 70 dae lank oor hom. ’n Groot begeleide vergesel die familie om hom te gaan begrawe en oppad rou hulle nog 7 dae!Toe Josef (voorheen onderkoning in Egipte) sterf, lees ons in vers 26 net: hulle het hom gebalsem en gekis! Net dit.Waarom? Ek wonder. Al wat ek kan aflei uit die gedeelte en geskiedenis, is die volgende: tye verander en omstandighede versleg ... van al die hoogte- en laagtepunte in die lewe, kan Josef getuig. Ook om ten spyte daarvan tot eer van God te bly leef. Lyk my, die geheim is dat ons geroep is om in ons omstandighede te leef tot eer van God, nie ’n slagoffer-houding in te slaan nie, dit sou Josef nêrens bring nie.As sy broers bang is vir Josef se wraak, na alles wat hulle hom aangedoen en wat verkeerd gegaan het in sy lewe, lees ons sy “geloofsbelydenis” in verse 19-20. “Moenie bang wees nie. Ek is nie God nie. Julle wou my kwaad aandoen, maar God wou daarmee goed doen ...Wat sê hy? God is uniek, Hy werk in mense se lewens om ’n rede. God se bedoelings is goed en dan praat hy in vers 24 ook van God se beloftes. God is betroubaar, te alle tye. Ook al verander alles rondom jou.As jou geloof gebou is op ’n persoonlike verhouding met God, sal veranderde omstandighede jou raak, jou uitdaag, maar nie jou lewe regeer nie.Tye kan verander, dit kan verbeter, of versleg, dis onbelangrik. Die belangrike vraag is: watter impak het jou verhouding met God op jou lewe? Wat glo jy van Hom? Wat sê jy van Hom? Hy gee jou die vermoë deur die Heilige Gees om onder goeie of slegte omstandighede soos ’n koningskind te leef en ’n verskil te maak. En ook na jou “kwaaddoeners” met liefde te kyk, hulle te troos en te versorg (21). Lees gerus die klompie verse, dit laat mens dink.

EREDIENSTE GEDURENDE DIE VAKANSIE4 DesemberOggenddiens 09:00 - Immanuel van Tonder Doop en 2e AdventLynnwood Oord 09:00 - Johan JoosteAanddiens 18:30 - Fay van Eeden 11 DesemberOggenddiens 09:00 - Peet Crous 3e AdventAanddiens 18:30 - Fay van Eeden 18 DesemberOggenddiens 09:00 - Johann Voges 4e AdventAanddiens 18:30 - Peet Crous 25 DesemberKersdienste 07:30 en 09:00- Immanuel van Tonder 31 DesemberOujaarsdiens 18:30 - Immanuel van Tonder

Natuurlik kan die Kersfees weer propvol betekenis wees as ons vir onsself, ons kinders en kleinkinders kan vertel van die wonder waarvan die “glamour” eintlik in die Bethlehemsvelde beleef is, toe die engele gesing het. Die toneel by Jesus se geboorteplek was eenvoudig. Mens kan jou indink aan die emosie by Josef en Maria na die lang rit op die donkie se rug vir die swanger vrou; die eenvou-dige slaapplek en die wete: híér vind ’n wonder plaas. En hier waar die wonder plaasvind is stilte, ’n flou liggie en hulle is eers alleen. Eers later het die skaap-wagters en die ander mense, gekom. Ons kan ons hierdie Kersfees opnuut verwonder aan God wat só groot is, só liefhet, dat Hy bereid was om klein te word in Jesus Christus, ter wille van ons.

vanaf p1

Page 3: Lynnwoorde

4 LYNNWOORDE Somer 2011

Valize Scholtz

Ek was in die laaste 8 jaar seker op so 30 kerkkampe gewees. En sonder om dit te besef, raak mens maar tot ’n mate afgestomp vir die impak wat kampe op jou eie en ander se lewens kan hê. Maar elke keer wanneer ek van die Y-Netwerk Seekamp af terugkom is ek opnuut verwonder deur die “magic” van die daarvan.

Die Y-Netwerk het vroeg in 2006 ontstaan toe Lynnwood saam met twee Johannesburgse gemeentes die Seekamp begin reël het. Met die verloop van tyd het die netwerk verander en gegroei en op hierdie vyfde kamp was daar 9 gemeentes rondom Pretoria en Johannesburg wat die afgelope vakansie saam gaan kamp het. Ons het hierdie jaar die luuksheid van die T.O. Strand-oord beleef en al die groepe het saam in chalets geslaap, wat vir baie ’n welkome verandering was van die tradisionele slaapsale wat gewoonlik op kampe aangetref word.

Dit was lekker om vir die eerste keer tydens ’n Seekamp op die Suidkus pragtige sonskyndae te kon beleef wat die geleentheid geskep het vir swem en strandsport en hope volleyball en touchies. Maar die Seekamp gaan nie net oor die see nie -

ons het ook tyd gemaak vir lofprysing, bybelstudie, groepsgesprekke en daaglikse uitreike na twee gemeenskapsprojekte in die omgewing.

Sedert die ontstaan van die netwerk is Koninkryksteologie elke jaar sentraal tot die tema van die kamp en hierdie jaar het ons gefokus op Jesus se woorde in Matteus 5: “Geseënd is die vredemakers…” en die hele tema is gebou rondom hoe ons vredemakers moet wees. Neem ’n oomblik om daaroor na te dink – is daar enige iets wat Suid-Afrika en die res van die wêreld nou meer nodig het as vredemakers? Dis hoekom ek so opgewonde is oor die gedagte dat daar 280 jongmense is wat vrede wil gaan maak op die plekke waar hulle kom.

So waarin lê hierdie “magic” van die Seekamp waarna ek vroeër verwys het? Vir ’n begin – dis ongelooflik om te sien hoe 280 mense saam die Here met absolute passie loof. En mens begin iets snap van hoe groot en divers God se Koninkryk is wanneer 9 gemeentes uit 3 verskillende denominasies vergeet van die verskille tussen ons en fokus op ons eenheid as God se kinders. Dis “magical” wanneer predikante en leiers uit gemeentes elkeen met hulle unieke gawes en passies die netwerk, mekaar en die jongmense kom dien. Daar is “magic” daarin wanneer ’n predikant jongmense leer hoe om vir mekaar te bid en elkeen op die kamp die vrymoedigheid neem om vir iemand anders te bid.

Dit is hoekom ek as werkende jongmens my skrapse verlof neem om saam met klomp (dikwels stoute) tieners te gaan kamp – want ek sien iets van hoe God sy koninkryk vir ons bedoel het. En ek beleef iets van wat ek “magic” noem, maar wat God eintlik vir elke dag van ons lewens bedoel het.

Seekamp MAGIC!

Somer 2011 LYNNWOORDE 5

Power Points en goeie klanksisteme, vliegtuig-sitplekke en gehuurde karre, kantoormeubels en besigheidsvoorstelle, aankope en verkope is goed bekend aan meeste mense wat die Gesinskamp bygewoon het. Wat vir baie mense skaarser word, is om bloot saam te kuier. Daarom het ons die afgelope paar jaar geleer om nie te sterk programgedrewe te wees by die Gesinskamp nie. Daar is steeds wel ’n erediens met sakramentele simbole en ook ’n paar goeie gesprekke rondom kinders grootmaak, maar die sosiale moment van gemeente-wees kry goed aandag.

Daarom het ons sommer net geswem en op die dam geroei, vis gevang en dit weer in die dam teruggegooi, saam gebraai en saam gelag, kinders getroos en kinders op ons skote vasgehou. Dit alles het ons Christenskap versterk.

Gesinskamp2011Peet Crous

DieTygerberg Kinderkoor in aksie tydens hulle uitvoering op 5 Oktober.

Wat ’n belewenis! Baie dankie aan die gemeentelede wat hulle harte en huise vir die

Kapenaars oopgestel het en hulle met Lynnwood-gasvryheid bederf het!

CD BekendstellingskonsertVrydag 25 November 19:30 in die kerk

Kaartjies by Computicket R90 – volwassenes; R70 – skoliere(Sluit ’n vinger-ete en wyn/vrugtesap in)

CD’s beskikbaar @ R100

Program Nov/Des 2011

National Eisteddfod Academy: Young Performance Showcase 19:00 15 NovDon Quixote Lesta Erasmus Dansstudio 16 - 19 NovFly me to the moon –Kevin Leo, Liesl du Toit en Matthys Maree 20:00 22 NovNoot vir Brood – Chris Cameleon 20:00 29 NovRomanz 20:00 25 & 26 NovOp pad na jou – Elizma Theron 20:00 29 NovPretoria Kook no6 –Herman en Barbara van Sarie 19:00 1 DesKerskonsert - Suiderland Kersfees –Jannie Moolman Vry & Sat 20:00 Son 15:00 2 - 4 DesMrs United Nations South Africa – 19:00 5 DesM&M Project –Matthys Maree en Mauritz Lotz 20:00 7 DesDinner for one – Elize Cawood & Wilson Dunster 20:00 8 & 9 DesKersfees-Katastrofe kinderteater (tweetalig) 10:00 10 DesBernardo Baez – Worldsong 20:00 11 & 12 DesGroet die grotman – Hannes Muller 20:00 13 &14 Des

3Ci Bridge - A church in a theatre every Sunday Afr 8:30 Eng 10:00

Besprekings en Navrae: 012 471 1700 / faks 012 471 1720Besoek ons webtuiste www.atterburyteater.co.za om ons nuusbrief te ontvang.

Page 4: Lynnwoorde

6 LYNNWOORDE Somer 2011

Die Kunsteweek was ’n potpourri van ’n verskeidenheid kunste. Dr Riaan Steyn het die week afgeskop met ’n asemrowende orreluitvoering. Woensdagaand het ons blomfoto’s met mekaar gedeel en gesels oor blomme in die Bybel. Nuwe Generasie het Donderdagaand ’n kreatiewe modeperade van herwin-bare material gehou - Lente Lemmetjie Loop! Akustika Chamber Singers het ons Saterdag betower met hemelse koorsang. Die kersie op die kunstekoek was die Kunstediens op 11 September met die Arts Revelation koor!

Donderdag

Donderdag

Woensdag

Saterdag Sondag

Kunsteweek 1 - 6 September

Dinsdag

Somer 2011 LYNNWOORDE 7

Kunsteweek 1 - 6 September

Page 5: Lynnwoorde

8 LYNNWOORDE Somer 2011

Met afwagting het die gehoor op 26 Oktober die mooi versierde saal van die kerk binnegekom. Op die verhoog was daar pragtige dromme, ’n klawerbord, ’n klein, plat, groen, blink viool, drie blink kitare en baie drade en mikrofone. Agter teen die muur was die groot plakkaat met SAARKiE daarop geverf. Meer hieroor later! Die geleentheid was die afsluitingsfunksie van die Gemeentevroue van Lynnwood NGK. Nerine, die leidster van die Gemeentevroue van Lynn-wood het almal welkom geheet en veral, al was daar min, die manne, wat van die dames vergesel het. Dit was vir ons ’n besonderse aand want Fay van Eeden, ons eerste vroue-predi-kant het vir ons ’n Kersboodskap gebring. Haar boodskap het sterk gefokus op die gewoonte, ook van Christene, om met Kersfees geskenke vir mekaar te gee. Sy

het baie interessant vertel van hoedat die gee van geskenke deur die eeue tradisie was. In die antieke tye het die Romeine byvoorbeeld vir mekaar geskenke gegee op die Nuwejaar om die winter-sonstilstand te vier. In die Middeleeue het mense deur geskenke van goud en silwer by konings witvoetjie gesoek! Vandag gee ons nog geskenke vir ’n magdom redes, waarvan kersfees een is. Dan fokus Fay verder op Matt. 26:6-13 waarin die verhaal vertel word van die vrou wat gekom het en die mooi fles met die duur reukolie oor Jesus se kop gegiet het. Uit liefde en verwondering het sy vir die Here alles gegee wat sy kon, volgens die geleerdes was die geskenk o.a. soveel werd as haar hele bruidskat en pensioen, sy gee dit egter uit haar liefde en bewondering vir Jesus. Hierdie verhaal, sê Fay, daag ons uit en vra die vraag aan ons: Wat is ek

bereid om vir Here te gee? Wat gaan ek hierdie Advent, hierdie Kersfees met my gawes, talente, tyd en geld maak? Ons was almal diep beïn-druk deur die boodskap en Rykie het haar bedank namens almal en haar ons geskenk, ’n orgidee-plant in ’n houer, oorhandig om ons waardering te betuig. Die lede van Saarkie het toe die verhoog kom beset en begin met hulle musiekaanbieding! Dit was vir baie van ons ’n yslike verrassing, veral vir aanhangers van rustige klassieke musiek. Ons het ons verkyk aan die energie van die musikante: hare wat op en af swaai, danspassies wat uitge-voer word terwyl die hele kerkkom-pleks vibreer en bewe met klank! Hulle was selfs bereid om vir ons ’n paar ouer bekende stukke aan te bied – maar beslis op ’n nuwe noot! So was baie van ons wakker geskud deur die jeugdige (was dit ‘rock’?) musiekaanbieding. Daar was baie prettige en verskillende aanmerkings na die tyd deur die gehoor. Tydens die applous was daar selfs ’n harde fluit van Yvonne, een van ons ele-gante dames, sy het glo kleintyd geleer om so te kan fluit! Terwyl die musiek aan die gang was het ’n paar jongelinge wat buite verby geloop het, die musiek gehoor en kom vra of hulle asseblief kan kom luister, want hulle het gehoor hier is ’n “band”!! Saam met Yvonne se fluit was daar aan die einde toe ’n behoorlike jeugdige applous.Na die bedankings kon almal van die heerlike verversings geniet en is daar gesellig gekuier en vele kommentare uitgeruil oor die ervarings van die aand wat op vele vlakke as uitsonderlik beleef is! Die Gemeentevroue van Lynn-wood het weer eens hulle plek vol- gestaan.

LENTE IN LYNNWOOD Rykie Snyman

Somer 2011 LYNNWOORDE 9

GOD MET ONS Yvonne Joubert

Na aanleiding van ds Barry van der Merwe se preek op 28 Augustus, “God met ons”, en die stadsretreat met die fokus op “Christus in ons” loop ek ’n vorige preek van hom raak. (6 Oktober 2006) Hy vertel die volgende verhaal: Nie so lank gelede nie was daar ’n klooster waar dit baie sleg gegaan het. Na die Franse rewolusie het al minder mans by die klooster aangesluit totdat daar nog net vyf monnike oor was. In die woud naby die klooster het ’n rabbi ’n huisie ge-had waar hy soms die stilte kom opsoek het. Die leier van die klooster het hom toe kom opsoek om raad te vra. Nadat hy na hulle probleem geluister het het hy tot die monnik se ontsteltenis gesê dat hy nie vir hulle raad het nie, maar het hy gesê: “Een van julle is die Messias”.

Met dié vreemde woorde is hy terug klooster toe. Sy mede monnike het begin wonder oor hulleself en oor hulle kollegas en selfondersoek gedoen oor hulle eie swak- en sterk punte. Hulle het mekaar met meer respek begin behandel. “Sê nou dit is ek? Dan moet ek dienooreenkomstig ne-derig en diensbaar wees.” Omdat dit so ’n mooi woud was het die mense van die dorpie dikwels daar gaan ontspan en soms in die klooster gegaan om te bid. Hulle het die besondere atmos-feer onder die monnike aangevoel en ’n jong man het selfs kom vra of hy daar mag woon. Ander het sy voorbeeld gevolg totdat die klooster ’n plek van lewe was. Die mense het daarheen gestroom om die teenwoordigheid van God te ervaar. Mag ons ook in Lynnwood Sondae kerk toe stroom om God se teenwoordigheid te ervaar omdat Christus in elke gemeentelid is!Verjaardagkonsert

Lynnwoodgemeente is op 16 November 1961 gestig en op dieselfde da-tum sewe jaar later is die kerkgebou in gebruik geneem.

Om hierdie wonderlike geleentheid te herdenk word daar op Woensdag 16 November om 19:00 ’n orreluitvoering gegee

deur orreliste wat gedurende die afgelope vyftig jaar in diens van Lynnwood-gemeente was. Orrelwerke wat

destyds tydens die inwyding uitgevoer is sal weer gehoor kan word asook ander orrelwerke.

Die orreliste wat gaan optree is Jo-zua Loots, prof Daleen Kruger,

dr Daniël Nel asook ons huidige orrelis, dr

Riaan Steyn.

EKOLOGIE Tinus Venter

As deel van ons dankbaarheid vir ons pragtige land, geseënde gemeente, die Here se versorging en sommer om weer die Lente te geniet, het die Ekologiebediening vir die gemeente se verjaarsdag vyf Van Wykshoutbome geplant. Dit is inheemse bome en hulle is op die sypaadjie van die noorde-like eiland geplant. ’n Paar ge-sinne het gehelp waar kinders en ouers geleentheid gekry het om die boompies toe te gooi en water te gee. Vyf bome klink nie na veel nie, maar met hierdie betrok-kenheid poog ons om ’n groter bewustheid te skep oor die waarde van plante en die bydrae wat ons kan lewer met die bewaring van ons hulpbronne. Sonder bome en plante sal die aarde en mensdom nie baie lank kan oorleef nie. Ons het ’n onderhoudsprogram wat die nuwe boompies sal versorg vir die eerste paar maande. Ekologie bediening het ook al heelwat inheemse bome geplant by Menlopark Hoërskool, Phili-delphia (’n plot gemeenskap vir behoeftiges) en is tans besig met ’n paar ander projekte.

Page 6: Lynnwoorde

10 LYNNWOORDE Somer 2011

Marie Weidemann

Toe ons aan die einde van 1963 huis gekoop het in Kaylaan was daar geen grashalmpie of boom op die erf nie. Die straat was nog nie geteer nie en daar was net 5 huise van die hoek van The Village tot by Die Rand- strate. In 1967 word daar met die bou van ons kerkgebou in Sussexlaan begin. Groot belangstelling! Ons stap baie dae daar verby en gaan kyk. Die geweldige hoë dak lok baie bespiegelinge uit. Later het dié dak gedurende sterk reën en wind begin lek en is die voltooiing vertraag. Vir lang maande word die dak met sterk wit seile bedek, en almal gons oor “Wat nou?” In Kaylaan en Die Rand is daar gebou dat die stof so staan. Oorkant ons het twee huise ver-rys. Die Versters en die Claasens en later die Noltes. Laer af was die de Waals, Snymans, Raus, van Wyks en Raatse. Almal behoort aan Lynnwood-gemeente. Dit was heerlike dae en ons het almal hard gebak en gebrou en gebrei vir ons Kerk, en almal was baie lief vir Ds Murray Janson. Die kerkgebou word amptelik op 16 November 1968 in gebruik geneem. Ons kinders het so tuis gevoel in Lynnwood-gemeente saam met al hulle skoolmaats, dat dit natuurlik was dat hulle hul katkisasie ook hier voltooi het en as lidmate van die Lynnwood-gemeente aangeneem is deur Ds Louis Heyns en Ds Chris Botha, ongeveer 1972 – 76. Ons het vir 43 jaar in Kay-laan gewoon. Ek was een van die dienswerkers en het in die koor gesing; eers onder leiding van Oom Spies en later, na sy dood, onder Daniël Nel, en al hulle opvolgers daarna. Dit was heerlike Donder-dagaande om die orrel en vriend-skapsbande is gesmee wat vandag nog net so heg is. Ek mis ons gemeentekoor geweldig baie. Ek koester die gemeenskap met

my mede-gelowiges in Lynnwood-ge-meente en waardeer hulle elke dag meer en meer, daarom is ons steeds deel van die gemeente al het ons intussen verhuis na Lynnwoodrif en ons lewe gaan baie geseënd voort. Wolf het in 2010 vanaf die Duitse Lutherse Kerk na ons ge-meente oorgekom en dit is ’n voorreg om Sondae langs mekaar te sit en saam na wonderlik besielende woorde vanaf die kansel en die strelende orrelmusiek te luister. Baie dankie aan al die dominees en al die kerkkantoor-personeel, ons orrelis Riaan, en al die wonderlike vroue van die gemeente wat so hard werk om al die aktiwiteite wat Lynnwood-gemeente bied, wakker en interessant te hou. Mag die Heer se seën op julle almal daal! Met die 25ste verjaarsdag van ons gemeente skryf Dr Murray Janson die volgende:

“ ’n Gemeente is so sterk soos elke afsonderlike gemeentelid se geloof: Die Geloof om te weet dat my eie, my Land en die Wêreld se toekoms in die Here se hand rus.”(Brief verkort)

Bettie van der Spuy (een van ons oudste lidmate)

Na jare se omswerwing het ek en my man Ernst, uiteindelik einde 1961 in Pre-toria geland en later ’n huis in Kaylaan gekoop. Op daardie stadium was daar net vier huise aangrensend van mekaar. Daar was ligte en water aangelê en ’n grondpad. Die huise was geleë op gras, asof op die Hoëveld van Transvaal. Ons ontdek toe dat ons deel word van die nuut-afgestigte gemeente van Suid-Oos Gemeente. Ds Murray Janson is beroep na die nuwe Lynnwood-gemeente en sou Son-dae die tweede erediens hou in Stella-straat se kerkgebou. Hy was ’n begaafde

HERINNERINGE VAN DIE AFGELOPE VYFTIG JAAR Lidmate verwoord hulle herinneringe oor die afgelope 50 jaar as volg:

prediker en die erediens was so goed bygewoon dat dit verskuif is na die saal van die Hoërskool Men-lopark. ’n Tweede predikant, ds EA van Niekerk, word in 1965 beroep. ’n Groot kerk word toe in Sus-sexlaan beplan sodat daar nie gou weer afgestig sou moes word nie. Die ontwikkeling ooswaarts het baie vinnig plaasgevind en een gemeente na die ander is gestig.

Ds Murray Janson en sy kerkraad was beslis: Geen kerkklokke nie. Geen blomme in die kerk nie. Geen fieterjasies nie. Geen hoede nie. Die helfte van die inkomste moet aan Sending en Uitreik gewy word. Geluk-kig was hulle gewillig om ’n goeie pyporrel te koop.

Oor die jare het ons predikante hulle eie goeie talente gehad. Deson-danks teenkanting was ons huis-werkers uit garagedienste tot in die kerk verwelkom. Ons het die euforie van Nelson Mandela en Desmond Tutu se besoek beleef. Ons is waar-lik begenadig!

Johann Voges(Predikant in Lynnwood sedert 1982)

As enige krieketkolwer ’n veelvoud van ’n vyftigtal lopies kry, is daar ’n oor-en-weer erkenning vir hierdie mylpaal in sy kolfbeurt. Kort daarna word op die groot veld TV-skerm en vir al die TV kykers by die huis ’n vinnige terugskou gegee oor hoe hy dit reggekry het. Dit kan enige iets wees van verbroude kanse om hom uit te haal, tot boulers en veldwer-kers wat nie genoeg hande, voete of vernuf gehad het om te verhoed dat hy sy vyftigtal kon kry nie.

Natuurlik is hierdie terugskou ’n TV regisseur se onthou daarvan wat nie noodwendig dieselfde is as elkeen se eie onthou van die kolf-beurt nie. Daarom is die volgende terugskou oor die hoogtepunte van Lynnwood gemeente se vyftigtal kolf-beurt my onthou daarvan. Vir my is die een uitstaande hoogtepunt wat ek van my jare in Lynnwood se vyftigtal onthou, die ervaring dat as jy eers eenmaal in Lynnwood was, kan jy maar... in die woorde van Laurika Rauch se tong-knoper liefdesliedjie... vergeet om my te vergeet, want Lynnwood-gemeente laat jou onthou om te onthou, en weet dat jy altyd weet, ek is lief vir jou. Hoe weet ek dit? Wel die kinders wat in Lynnwood gebore en grootgeraak het, kom na jare weer terug om hulle eie kinders hier groot te kry... en die ou garde wat destyds met die ge-meente hier aangekom het, is na al die jare nog steeds hier en dié wat intussen op ander plekke gaan woon het, kom kerk nog steeds hier. Dis ook die rede hoekom die aanddienste vol sit met tieners en studente wat saam met hulle pelle hier in die kerk wil wees.

Nog hoogtepunte in Lynn-wood se vyftigtal was die onverwagse grenshoue wat ons oor die jare ge-slaan kon kry... of moet ek eerder sê grense wat ons geskuif kon kry. Soos om dit reg te kry dat ons huis-werkers nie meer nodig het om tussen die oliekolle in die motorhuise kerk te hou nie, maar dat die kerk-deure ook vir hulle wawyd kon oopstaan.

Vir jare het ons saam Pinkster gehou met al ons buurkerke soos die Ang-likane, Presbiteriane, die Vineyard-gemeente en ook die Duits Luthers Evangeliese kerk. Met Pinkstertyd het ons na mekaar se stories gelui-

ster en daarna het ons saam met sop en broodjies soos ou familie gekuier. Op ’n stadium het ons dit ook reggekry om ’n onverwagse seshou of wat oor die grens geslaan te kry met Desmond Tutu wat hier kom preek het en ook toe die eerste president van die nuwe Suid- Afrika, Nelson Mandela, saam met ons op Afrikaans die Here hier in die kerk aanbid het. Lynnwood het ook sy hart en sak oopgemaak om ’n kerk in Mogwase te bou en vir etlike jare ook op eie koste ’n predikant betaal om vir die Tswana’s naby Sun City van die Here se liefde te vertel. Vir amper twintig jaar sorg Lynnwood vir kos, klere en die versor-ging van mense in Wespoort-gemeente. Daar’s ook lopies gekry met die ver-sorging van vigswesies met ons betrok-kenheid by Hartklop Nellmapius en die bou van ’n kleuterskool en dienssen-trum in Mabopane. Ons het op ’n kol selfs sover as Mosambiek gaan draai om vir ’n gemeente in Derre te help en vir hulle dominee ’n motorfiets geskenk om gouer by sy mense uit te kom wat ver bly. Daar was ook moeiliker tye om lopies te kry teen die draaibal boulers toe ons vir ’n hele tien jaar saam met Andrew Murray-gemeente ’n meertalige bediening in Lynnwood probeer vestig het omdat ons weet dat Jesus se liefde oor taal- en kleurgrense loop. Soos Gandhi gesê het... be the change you wish for. Ek onthou ook toe die lopie tempo by tye sommer so in dubbel en trippel syfers gekom het met ons waagmoed om vir die Mzanzi jeugkoor uit die Johannesburg townships in ons huise, harte en kerk plek te maak... kan jy glo dat ons saam het hulle op Afrika-ritme tussen ons eie kerkbanke gedans het! Ons het ook basaars en kuierfees geleenthede en makieties gehou wat die stamvaders van die gemeente se nekhare laat rys het. Maar dis mos die lekker adrenalien inspuiting wat mens kry met vinnige lopies wat jy onder druk gemaak kon kry terwyl die veldwerkers oral rondskarrel. Daar was ook in hierdie vyftigtal kolfbeurt ’n paar keer wat ons amper been voor paaltjie betrap is of amper uitgehardloop is. In die vroeë tagtiger jare het ons ook die politieke referen-dum aan die hare in ons kerkraadsver-

gadering ingesleep wat gemaak het dat ons dikwels met ’n on-klaarkomstigheid en skrynerigheid teenoor mekaar Sondae in dieselfde kerkbank moes sit. In die middel negentiger jare, met die afskeur van die Afrikaanse Protestantse kerk uit die NG Kerk, het ons ook die pyn ervaar van lidmate wat kwaad hier weg is. Daar was ook tye wat ons gedink het die kerkdeure gaan toemaak oor predikante wat met beroepe elders heen is en gewon-der het of dié wat agtergebly die kolftempo sou kon bly handhaaf. Natuurlik het die kom en gaan van drie-en-twintig predikante in Lynn-wood se vyftigtal kolfbeurt soms die lopies laat opdroog terwyl daar elke keer van vooraf beplan moes word en ander kere was die lopie-tempo teen so ’n pas aangeteken dat die tellinghouers amper nie kon byhou nie Gelukkig kon ons deur die genade van die liewe Here bly voortkolf om ons eerste vyftigtal te haal. Baie bewus van al die lek-kerkry momente in hierdie kolfbeurt en ook van benoude oomblikke en misverstaan en verkeerde hardloop-keuses en skaamkry oor verbroude kanse.

Die wonderlike so met die terugkyk saam... om nog steeds te ervaar dat die Here vir Lynnwood ge-meente liefbly ten spyte van wat Hy van ons weet en dat Hy nog steeds elke dag, 24/7, elkeen in hierdie gemeente orals gebruik om ’n lopieverskil op die groot telbord te maak.

Vir die kolfbeurte wat hiervandaan moet aangaan... vergeet om Lynn-wood te vergeet, onthou om te onthou, en weet dat jy altyd weet, Lynnwood se Here is lief vir jou!

(Brief verkort)

Somer 2011 LYNNWOORDE 11

Page 7: Lynnwoorde

Party gebeurtenisse in die geskiedenis is so geweldig dat ’n mens nie kan waag om dit te banaliseer en as metafoor vir enigiets anders te gebruik nie. Die holocaust is ’n voorbeeld hiervan. Tog bied die tuin van ballingskap in die Joodse museum in Berlyn vir ’n niksvermoedende besoeker ’n ervaring wat só ongewoon en openbarend is dat dit ook in ’n totaal ander konteks vir jou ’n verwysingspunt kan word.

Die ommuurde tuin, beplan deur Daniël Libeskind, verbeeld die disoriëntasie van die Jode in ballingskap. Dit is só ontwerp dat dit inspeel op’n sintuig waaraan’n mens nie aldag dink nie: jou sin vir balans. Die vloer van dié ruimte is naamlik nie waterpas nie, maar saam met die 49 pilare wat loodreg daarop gebou is, teen ’n hoek van 12 grade gekantel. Op elke pilaar is ’n olyfboom geplant wat ’n blaredak hoog bo jou kop vorm. In die smal pilaargange beweeg besoekers – woordeloos en ’n bietjie duiselig – tas-tas rond.

Dit duur ’n rukkie om te besef wat met jou – en met almal om jou – aan die gang is. Jou oog sê vir jou dat jy regop is. Jou binne-oor en jou ingewande – jou “gut-sense” – waarsku dat jy enige oomblik kan omval. ’n Basiese premisse – dat bo bo en onder onder is – het verval.

Onlangs moes ek weer aan die ervaring in die tuin te dink. Sonder waarskuwing beland ek op krukke en in ’n swaar, strak “maanstewel”. Ek, wat nog altyd op ratsheid en vlugheid van voet staat gemaak het, waggel en strompel. Tree jy agtertoe, wil jy neerslaan. Trappe is ’n probleem. Jy mag bestuur, maar die stewel moet drievoudig los- of vasgegespe word elke keer wat jy in of uit ’n motor klim. Jy is lomp en onbehendig, goed kletter uit jou een vry hand. Jou spoed is gehalveer. Dit gebeur met my in ’n moeilike tyd waar baie fasette van my lewe

Van BalansErika Theron

www.nglynnwood.co.za

12 LYNNWOORDE Somer 2011

ViDeOReDiGeRinG Ons redigeer vir praktiserende

videograwe en ook vir amateurs wat hul eie of vriende se troues/funksies afneem. Chris de Jager 012 542-1449 of 083 604 8167

Alles op CD of DVD!Langspeelplate, 78’s, klankkassette, video’s

(bv trou- en vakansievideo’s) Kleurskyfies en foto’s

CD-snitte omgeskakel na MP3012 542-1449

Marié: 083 611 0317 Chris: 083 604 8167

O / ZERO TREE FELLING CC

BOOMSLOPinG en snoei van bome en struike. Kontak Ernst by 083 656 4992

in prekêre ewewig is. Normaalweg hou ek net-net kop. Of ek dit nou wil weet of nie, al skaam ek my daaroor, in hierdie konteks is dié relatief-klein ongeval net te veel. Ek is van niks meer in beheer nie, probleme stroom op my af, letterlik en figuurlik is ek my balans kwyt.

Soos ’n klein stampie my wil laat omval, stel ’n skynbaar-eenvoudige gebeurtenis my een Sondag weer op my voete. Ons gemeente staan vir die slotsang. Dis lied 501, uit Duits vertaal, die woorde reeds in 1722 geskryf. En sonder dat iemand sien, slaan ek bollemakiesie. Onder is weer onder.

Ek het, toe wilde storms gewoed het, Diep onder vaste rots gevind. Die woord wat my van ramp behoed het: God is my Vader; ek sy kind. My anker is daar vas gemaak – ek glo! – niks sal dit los laat raak.

Ek is Gods kind en in vertrouekan ek dit glo; sal ek dit sê. Dié vastigheid het die Getroue, my Heiland, met sy dood gelê. Al kom daar onweerswolke aan,die woord is vas: die rots bly staan.