Top Banner
1 13 Maart 2015 LYDENSTYD (4de SONDAG) Die vierde Sondag in Lydenstyd staan ook bekend as Laetare Sondag. Dit is ’n verwysing na Jesaja 66:10: “Wees bly saam met Jerusalem, en juig saam met haar, almal wat haar liefhet. Wees vrolik saam met haar, almal wat oor haar getreur het.” Dit is ’n uitnodiging om te deel in die vreugde oor die verlossing. (Uit Liturgiese voorstel vir hierdie week) Die seisoen is besig om te verander en orals begin die kosmosse blom... Kosmosse is genadeblomme jy saai nie, plant nie, gee nie water nie... en tog as jy kyk, staan hulle langs die pad. So is God se genade, sonder dat jy iets doen om dit te verdien, is dit langs jou pad. (Onbekend) 1. Jaar 13 - Uitgawe 7 Kontak ons: [email protected] www.ngkerkvrystaat.co.za
7

LYDENSTYD (4de SONDAG)ngkerkvrystaat.co.za/documents/vrypos/VRYPOS UITGAWE 7... · 2015-03-11 · 8.. EBBERROOEEPPEENNUUUUSS:: Ds JP (Petri) Coetzee van die NG Gemeente Ermelo-Oos

Dec 24, 2019

Download

Documents

dariahiddleston
Welcome message from author
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Transcript
Page 1: LYDENSTYD (4de SONDAG)ngkerkvrystaat.co.za/documents/vrypos/VRYPOS UITGAWE 7... · 2015-03-11 · 8.. EBBERROOEEPPEENNUUUUSS:: Ds JP (Petri) Coetzee van die NG Gemeente Ermelo-Oos

1

13 Maart 2015

LYDENSTYD (4de SONDAG) Die vierde Sondag in Lydenstyd staan ook bekend as Laetare Sondag. Dit is ’n verwysing na Jesaja 66:10: “Wees bly saam met Jerusalem, en juig saam met haar, almal wat haar liefhet. Wees vrolik saam met haar, almal wat oor haar

getreur het.” Dit is ’n uitnodiging om te deel in die vreugde oor die verlossing. (Uit Liturgiese voorstel vir hierdie week)

Die seisoen is besig om te verander en orals begin die kosmosse blom...

Kosmosse is genadeblomme – jy saai nie, plant nie, gee nie water nie... en tog as jy kyk, staan hulle langs die pad.

So is God se genade, sonder dat jy iets doen om dit te verdien, is dit langs jou pad. (Onbekend)

11..

Jaar 13 - Uitgawe 7

Kontak ons: [email protected]

www.ngkerkvrystaat.co.za

Page 2: LYDENSTYD (4de SONDAG)ngkerkvrystaat.co.za/documents/vrypos/VRYPOS UITGAWE 7... · 2015-03-11 · 8.. EBBERROOEEPPEENNUUUUSS:: Ds JP (Petri) Coetzee van die NG Gemeente Ermelo-Oos

2

Kyk ook by Herhalings pt 11 vir gebeure wat reeds in ‘n vorige Vrypos verskyn het.

22.. NNAASSIIOONNAALLEE KKLLEEIINNGGEEMMEEEENNTTEE KKOONNFFEERREENNSSIIEE:: Hierdie jaarlikse geleentheid vind weer vanaf 13 – 15

April 2015 by die Gariepdam plaas. Die tema met verskeie sprekers is, Gesonde Dominees in Gesonde Gemeentes. Die konferensie word deur die Eenheid vir Bedieningsbegeleiding (EBB), NG Kerk Vrystaat aangebied en hulle nooi alle predikante en belangstellendes na dié geleentheid uit. Klik hier vir die inligtingsdokument wat die registrasiebesonderhede, sowel as die voorlopige program bevat - besoek gerus ook hul Facebook-blad by https://www.facebook.com/pages/KleingemeentesSmall-Congregations/1403932933211038?fref=nf

33.. CCLLFF VVRROOUUEEDDAAGG IINN BBLLOOEEMMFFOONNTTEEIINN:: Alle dames in die Vrystaat word genooi om in hierdie mooi

geleentheid te kom deel – daar is ‘n spesiale aanbod, koop 10 kaartjies en betaal slegs vir 9! Klik hier vir pamflet met volledige inligting.

44.. KKEENNNNIISSGGEEWWIINNGG –– DDIIEE BBYYBBEELLGGEENNOOOOTTSSKKAAPP:: Ds Gerrie van Dyk skryf die volgende: “Die

Bybelgenootskap is bewus daarvan dat ‘n petisieveldtog van tyd tot tyd die rondte doen teen die Nuwe Afrikaanse Bybelvertaling. Hiermee die antwoord van die Bybelgenootskap in hierdie verband:

Neem asseblief kennis dat die petisie teen Die Bybel: ‘n Direkte Vertaling (BDV), wat tans via e-pos, sosiale media, (Facebook, Whatsapp, BBM ensovoorts) versprei word, van alle waarheid ontbloot is.

Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika het reeds hierdie valse bewerings ten opsigte van die BDV volledig beantwoord in ‘n amptelike verklaring wat besigtig kan word by die BDV se amptelike webtuiste: www.bybeldirektevertaling.co.za (selekteer die skakel wat lees: verklaring van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika, na aanleiding van ‘n petisie teen die nuwe Afrikaanse Bybelvertaling).

Stuur hierdie inligting aan vir enige persoon, wat die petisie vir u aanstuur. Dankie vir u volgehoue ondersteuning en gebede vir die uitvoering van die visie van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika: ‘n Bybel vir elkeen.”

55.. GGEESSOOEEKK!!:: Die NG Moedergemeente Harrismith is dringend opsoek na opvoubare

houtstoele vir ‘n nuwe Sendingkerkie in hul gemeenskap. Gemeentes of instansies wat oor sulke ou houtstoele beskik en dit moontlik aan die Moedergemeente kan skenk, kan die kerkkantoor by 058 622 1355 kontak, ‘n e-pos stuur aan [email protected], of vir ds Gert Victor skakel by 082 459 2134 / 058 622 1703.

66.. AAUURROORRAA SSEENNTTRRUUMM -- NNUUUUSSBBRRIIEEFF 3366//22001155:: Dié sentrum se jongste nuusbrief is hier beskikbaar.

77.. MMEETT LLEEEEDDWWEESSEE:: Ds Frans Louw, Vastetermynleraar by die NG Gemeente Oranjeville, is vroeg

Dinsdagoggend in ‘n hospitaal in Johannesburg oorlede, na ‘n lang stryd teen kanker. ‘n Roudiens sal Saterdagoggend die 14de om 10:00, uit die NG Oranjeville plaasvind. Namens al die lesers van Vrypos, wil ons ons innige meegevoel aan sy vrou Christine, asook ander familielede en vriende betuig – ons bid vir u elkeen God se vertroosting en vrede toe in hierdie hartseertyd.

88.. BBEERROOEEPPEENNUUUUSS:: Ds JP (Petri) Coetzee van die NG Gemeente Ermelo-Oos (Oostelike Sinode), wat na die NG

Gemeente Wesselsbron-Noord beroep is, het die beroep aangeneem en sal waarskynlik op Sondag 19 April 2015 as leraar in die gemeente bevestig word, met diensaanvaarding reeds vanaf 1 April 2015.

Page 3: LYDENSTYD (4de SONDAG)ngkerkvrystaat.co.za/documents/vrypos/VRYPOS UITGAWE 7... · 2015-03-11 · 8.. EBBERROOEEPPEENNUUUUSS:: Ds JP (Petri) Coetzee van die NG Gemeente Ermelo-Oos

3

99.. PPRROOPPOONNEENNTT BBEESSKKIIKKBBAAAARR VVIIRR PPRREEKKEE // AAFFLLOOSS:: Proponent Chris van der Linde (ex UV 2014), is

beskikbaar om in gemeentes te preek of af te los. Hy kan gekontak word op 072 668 9982, of per e-pos by [email protected]

1100.. VVAAKKAATTUURREESS::

Vir die amptelike bekendmaking van vakatures vir predikante deur Kerkbode, gaan na www.kerkbode.co.za – klik dan op Meer - Vakatures.

KASSIERE: Dié pos by die NG Gemeente Virginia word vanaf Junie 2015 vakant. Belangstellendes wat wil

aansoek doen, moet oor kennis van Pastel beskik en bereid wees om alle finansiële aspekte van die gemeente te hanteer, asook verantwoordelikheid daarvoor te aanvaar. CV’s met ‘n motiverende dekbrief, kan weeksdae gedurende die oggend, by die kerkkantoor (Highlandslaan 56, Virginia) ingehandig word, of gestuur word aan Posbus 46, Virginia 9430. Aansoeke sluit Dinsdag 31 Maart 2015, vir verdere navrae, kontak vir Rika Haasbroek by die kerkkantoor op 057 212 5524 / 082 928 6045.

Kyk ook by Herhalings pt 11 vir poste wat in vorige uitgawes van Vrypos geadverteer is.

1111.. NNBB!! HHEERRHHAALLIINNGGSS VVAANN BBEERRIIGGTTEE:: Kennisgewings en inligting wat in ‘n vorige uitgawe van Vrypos

verskyn het, word hier vir jou gerief herhaal - neem asseblief daarvan kennis!

1122.. VVEERRJJAAAARRSSDDAAEE:: Baie geluk aan die leraars wat gedurende die komende week

hul verjaarsdae vier – mag die nuwe lewensjaar vol vreugde, genade en liefde wees:

14 Maart: Ds Rudolph Strydom - HENNENMAN - 057 573 1217, 083 294 5321, [email protected]

15 Maart: Ds Anneri du Toit - HUGENOOT - 083 417 7431, [email protected]

17 Maart: Ds Etienne Maritz - KOPPIES-WELTEVREDE - 056 777 1747, 071 360 0013, [email protected]

18 Maart: Ds Marius Barnard - REITZ - 058 863 1021, 072 601 3488, [email protected]

1133.. TTEENN SSLLOOTTTTEE::

Groetnis, tot volgende keer.

THEA BOSMAN Samesteller/Redaksioneel: [email protected] Kommunikasie - NG Kerk Vrystaat Tel: 051 406 6719 Faks: 086 502 0821

Page 4: LYDENSTYD (4de SONDAG)ngkerkvrystaat.co.za/documents/vrypos/VRYPOS UITGAWE 7... · 2015-03-11 · 8.. EBBERROOEEPPEENNUUUUSS:: Ds JP (Petri) Coetzee van die NG Gemeente Ermelo-Oos

4

INDIEN U OP VVRRYYPPOOSS WIL IINNTTEEKKEENN, KLIK hier (meld asseblief ook u gemeente/dorp)

AS U VVRRYYPPOOSS WIL KKAANNSSEELLLLEEEERR, KLIK hier (dit sal ‘n fout wees!)

Gee gerus vir ons terugvoer oor Vrypos by [email protected] – stuur ook enige nuusgebeure, ensovoorts na

hierdie adres.

VRYWARING / DISCLAIMER – Klik hier

CLF VROUEDAG:

TERUG NA INHOUD

Page 5: LYDENSTYD (4de SONDAG)ngkerkvrystaat.co.za/documents/vrypos/VRYPOS UITGAWE 7... · 2015-03-11 · 8.. EBBERROOEEPPEENNUUUUSS:: Ds JP (Petri) Coetzee van die NG Gemeente Ermelo-Oos

5

HERHALINGS: INHOUD:

1. GEMEENTES BIED AAN:

NG TAAIBOSSPRUIT – BERGFIETSWEDREN EN BASAAR:

Klik asseblief hier vir die bergfietswedren se inskrywingsvorm. Die wedren begin om 07:00 en kos en vermaak vir die kinders sal vanaf 08:00 beskikbaar wees.

NG HUGENOOT: Op Sondagaand 15 Maart 2015 om 18:30, besoek Yolande Korkie dié gemeente (Bloukerk

in Normandierylaan, Bayswater), om oor haar en haar man, wyle Pierre Korkie se lewe van die afgelope paar jaar te gesels. Sy sal ook vrae beantwoord – ʼn sagte kollekte ten bate van die JSS (Hugenoot se Jeugsorgsentrum) sal opgeneem word. Almal word uitgenooi om hierdie besondere geleentheid te kom ondersteun.

NG FRANKFORT – WILGE MARATHON 2015: Drawwers kan solank van hierdie geleentheid op 2 Mei 2015

kennis neem – dit sal ook as ʼn kwalifiserende marathon vir die Comrades dien. Vir enige navrae, kontak gerus vir Anita Oberholzer by die kerkkantoor op 058 813 1487, of @ 071 382 7219.

2. VAKATURES:

KOSTER: Hierdie vakante pos bestaan tans by die NG Gemeente Warden. Skriftelike aansoeke,

Page 6: LYDENSTYD (4de SONDAG)ngkerkvrystaat.co.za/documents/vrypos/VRYPOS UITGAWE 7... · 2015-03-11 · 8.. EBBERROOEEPPEENNUUUUSS:: Ds JP (Petri) Coetzee van die NG Gemeente Ermelo-Oos

6

tesame met ‘n CV kan tydens kantoorure (Ma 09h00 – 13h00, Wo 09:00 – 13:00 en 14:00 – 17:00 en Vr 09:00 – 13:00), ingehandig word. Die sluitingsdatum is Vrydag 13 Maart 2015 om 12:00.

MAATSKAPLIKE WERKERS X 2 (VOLDAG): ENGO Gesinsorg en ENGO Kinder-en

Jeugsorgsentrums, Bloemfontein, beskik tans oor hierdie twee vakatures – klik hier vir meer inligting. Die sluitingsdatum vir aansoeke is Vrydag 20 Maart 2015.

VOLTYDSE MEDELERAAR: Die NG Gemeente Berg en Dal, Bloemfontein, maak hiermee ‘n vakature

vir ‘n voltydse medeleraar bekend - dit is ‘n vastetermynpos vir vyf jaar. Die sluitingsdatum vir aansoeke is Maandag 23 Maart 2015 vir diensaanvaarding vanaf 1 Julie 2015. Klik hier vir volledige besonderhede.

POS VIR PREDIKANT IN ALGEMENE SINODALE DIENS AS ALGEMENE SEKRETARIS IN DIE KANTOOR VAN DIE ALGEMENE SINODE PRETORIA: Alle besonderhede oor dié pos, is hier

beskikbaar – sluitingsdatum vir aansoeke is Donderdag 9 April 2015, met diensaanvaarding 1 Oktober 2015, of spoedig daarna.

TERUG NA INHOUD

VAKATURES - MAATSKAPLIKE WERKERS X TWEE (VOLDAG):

Posvereistes: 1. Geregistreer by SA Raad van Maatskaplike diens professie (SACSSP) 2. Geldige rybewys 3. Afrikaans & Engels magtig

Voordele: 1. Salaris onderhandelbaar 2. Diensbonus 3. Pensioenfonds 4. Verlof

Sluitingsdatum: 20 Maart 2015 Faks CV’s aan: 051 522 2508 Epos: [email protected] of [email protected]

Navrae: Amanda of Rina - 051 522 6914 Adres: Van Heerdenweg 26, Wilgehof, Bloemfontein 9301

Die werkgewer behou die reg om nie die vakature te vul nie. Suksesvolle kandidate sal binne vier weke in kennis

gestel word of die aansoek suksesvol was al dan nie. Indien geen terugvoer ontvang is in die vier weke tydperk nie, moet aanvaar word dat die aansoek onsuksesvol was.

TERUG NA INHOUD

VAKATURE - VOLTYDSE MEDELERAAR, NG BERG EN DAL BLOEMFONTEIN:

Die Kerkraad van die Ned Geref Kerk Berg-en-Dal in Bloemfontein stel hiermee in afhanklikheid van Hom aan Wie die kerk behoort en wat sorg vir haar lewe, ‘n vakature vir ‘n voltydse medeleraar bekend. Dit is ‘n vastetermynpos (vyf jaar).

Gemeenteprofiel:

Page 7: LYDENSTYD (4de SONDAG)ngkerkvrystaat.co.za/documents/vrypos/VRYPOS UITGAWE 7... · 2015-03-11 · 8.. EBBERROOEEPPEENNUUUUSS:: Ds JP (Petri) Coetzee van die NG Gemeente Ermelo-Oos

7

Die NG Kerk Berg en Dal is in 1956 in die noordelike woonbuurt Dan Pienaar in Bloemfontein gestig. Tans het die gemeente 1030 belydende- en 276 dooplidmate, wat in verskeie dele van die stad en op ‘n aantal hoewes en plase rondom woon en in twintig wyke georganiseer is. Van hierdie lidmate, is 52% jonger as vyf-en-veertig jaar. Die gemeente bedien die Woord ook by twee skole (Laerskool Willem Postma en Hoërskool Sentraal), Huis Eie Haard-koshuis en Siësta Tehuis vir Bejaardes. Ons is ‘n familiekerk wat geroep is om op berge en in dale, oral voor God se aangesig te leef.

Leraarsprofiel: ‘n Geroepe bedienaar van die Woord van God, van gereformeerde belydenis en gelegitimeer in die NG Kerkfamilie, verkieslik in die ouderdomsgroep 30-45 jaar en met bedieningservaring. Van die leraar word verwag om verantwoordelikheid te aanvaar vir ‘n bediening soos in Artikel 9 van die Kerkorde omskryf, met ‘n bereidheid om in spanverband op spesifieke areas, soos byvoorbeeld die jeugbediening te fokus.

Vergoeding: ‘n Billike vergoedingspakket in ooreenstemming met sinodale riglyne van die NG Kerk Vrystaat en wat behuising insluit, sal met die beroepene onderhandel word.

Aansoeke: Meer inligting en ‘n volledige aansoekvorm is by www.bergendalkerk.co.za beskikbaar. Kandidate moet beskikbaar wees vir ‘n onderhoud en die proses mag verdere evaluering insluit. Die Kerkraad behou die reg voor om nie ‘n aanstelling te maak nie. Aansoeke op die voltooide vorm, moet die Komitee vir Diensverhoudinge (KDV) nie later as op Maandag 23 Maart 2015 by een van die volgende adresse bereik:

NG Kerk Berg-en-Dal, Posbus 28048, Danhof 9310 [email protected] Per faks na 086 603 5096 Per hand by NG Kerk Berg-en-Dal, h/v Albrecht- & Genl Hertzogstrate, Dan Pienaar, Bloemfontein

Diensaanvaarding: 1 Julie 2015 Navrae: Oudl Chris de Wet, voorsitter KDV (051 447 8745 of 083 283 0845) Mev Rita van Zyl, skriba Kerkkantoor (051 436 2750)

TERUG NA INHOUD

150 Jaar - Onblusbaar