7 Loffienuus 16 April 2014 L L O O F F F F I I E E N N U U U U S S Nuusbrief 7/2014 Webblad: www.gelofte.co.za Een van die grootste probleme waarmee jongmense vandag sukkel, is hoe om goeie maniere aan te leer as hulle dit nêrens meer onder grootmense sien nie. (William Ellery Channing) Geagte Ouer 1. SAKE VIR DIE HOOF SE AANDAG Ons wys u graag daarop dat daar ‘n skeurstrokie aan die einde van hierdie Loffienuus is waarop u enige sake (positief of negatief) onder die hoof se aandag kan bring. Die hoof se direkte fakslyn is 031 702 5741 en die direkte e-pos is [email protected]. Ons ondervinding is dat ouers dikwels ‘n ander perspektief op ‘n saak kry as hulle al die toepaslike inligting tot hul beskikking het. Vra dus gerus as u ongelukkig of onseker is oor ‘n saak. 2. BELANGRIKE DATUMS Neem asseblief kennis van die volgende belangrike datums vir die tweede kwartaal. Let asseblief ook daarop dat hierdie slegs aktiwiteite is waarby ouers direk betrokke is. Daar is verskeie ander aktiwiteite soos aangedui op die skool se kalender vir 2014. Die kalender is op die webblad beskikbaar by www.gelofte.co.za asook op Communicator. 16 APRIL KOEKVERKOPING - HOKKIE 16 APRIL GRAAD 1 (2015) - OPEDAG 16 APRIL RAPPORTE: GRAAD 4-7 18 APRIL OPENBARE VAKANSIEDAG – GOEIE VRYDAG 21 APRIL OPENBARE VAKANSIEDAG – GESINSDAG 22 APRIL OUERAAND: GRADE 1-7 23 APRIL OUERAAND: GRADE 8-12 24 APRIL GRAAD 8 (2015) – OPEDAG 24 APRIL HOP-AAND: GRONDSLAGFASE 25 APRIL KASKARAFDAG 28 APRIL OPENBARE VAKANSIEDAG 29 APRIL SKOOLVAKANSIEDAG 30 APRIL SKOOLVAKANSIEDAG 1 MEI OPENBARE VAKANSIEDAG - WERKERSDAG 2 MEI SKOOLVAKANSIEDAG 5 MEI KASKAR – WENKLAS SE AFDAG 7 MEI VERKIESING 13 MEI STELWERKEKSAMEN: GRAAD 4-7 14 MEI STELWERKEKSAMEN: GRAAD 4-7 15 MEI STELWERKEKSAMEN: GRAAD 8-12 16 MEI STELWERKEKSAMEN: GRAAD 8-12 21 MEI KOEKVERKOPING: GRAAD 12 22 MEI HIP EN HOP AAND: GRAAD 4-7 23 MEI BLOEDSKENK
7
Embed
LOFFIENUUS 7 17 APRIL 2014 - gelofte.co.zagelofte.co.za/wp-content/uploads/2014/04/LOFFIENUUS7.17APR2014.pdf1 mei openbare vakansiedag - werkersdag 2 mei skoolvakansiedag 5 mei kaskar
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Transcript
7 Loffienuus 16 April 2014
LLOOFFFFIIEENNUUUUSS Nuusbrief 7/2014
Webblad: www.gelofte.co.za
Een van die grootste probleme waarmee jongmense vandag sukkel, is hoe om
goeie maniere aan te leer as hulle dit nêrens meer onder grootmense sien nie.
(William Ellery Channing)
Geagte Ouer
1. SAKE VIR DIE HOOF SE AANDAG Ons wys u graag daarop dat daar ‘n skeurstrokie aan die einde van hierdie Loffienuus is waarop u
enige sake (positief of negatief) onder die hoof se aandag kan bring. Die hoof se direkte fakslyn is
031 702 5741 en die direkte e-pos is [email protected]. Ons ondervinding is dat ouers dikwels
‘n ander perspektief op ‘n saak kry as hulle al die toepaslike inligting tot hul beskikking het. Vra
dus gerus as u ongelukkig of onseker is oor ‘n saak.
2. BELANGRIKE DATUMS Neem asseblief kennis van die volgende belangrike datums vir die tweede kwartaal. Let asseblief
ook daarop dat hierdie slegs aktiwiteite is waarby ouers direk betrokke is. Daar is verskeie ander
aktiwiteite soos aangedui op die skool se kalender vir 2014. Die kalender is op die webblad
beskikbaar by www.gelofte.co.za asook op Communicator.
16 APRIL KOEKVERKOPING - HOKKIE
16 APRIL GRAAD 1 (2015) - OPEDAG
16 APRIL RAPPORTE: GRAAD 4-7
18 APRIL OPENBARE VAKANSIEDAG – GOEIE VRYDAG
21 APRIL OPENBARE VAKANSIEDAG – GESINSDAG
22 APRIL OUERAAND: GRADE 1-7
23 APRIL OUERAAND: GRADE 8-12
24 APRIL GRAAD 8 (2015) – OPEDAG
24 APRIL HOP-AAND: GRONDSLAGFASE
25 APRIL KASKARAFDAG
28 APRIL OPENBARE VAKANSIEDAG
29 APRIL SKOOLVAKANSIEDAG
30 APRIL SKOOLVAKANSIEDAG
1 MEI OPENBARE VAKANSIEDAG - WERKERSDAG
2 MEI SKOOLVAKANSIEDAG
5 MEI KASKAR – WENKLAS SE AFDAG
7 MEI VERKIESING
13 MEI STELWERKEKSAMEN: GRAAD 4-7
14 MEI STELWERKEKSAMEN: GRAAD 4-7
15 MEI STELWERKEKSAMEN: GRAAD 8-12
16 MEI STELWERKEKSAMEN: GRAAD 8-12
21 MEI KOEKVERKOPING: GRAAD 12
22 MEI HIP EN HOP AAND: GRAAD 4-7
23 MEI BLOEDSKENK
7 Loffienuus 16 April 2014
29 MEI HEMELVAART EREDIENS
11-27 JUNIE EKSAMEN: GRAAD 8-12
16 JUNIE OPENBARE VAKANSIEDAG – JEUGDAG
17–27 JUNIE EKSAMEN: GRAAD 4-7
27 JUNIE RAPPORTE: GRAAD 1-3
27 JUNIE SKOOL SLUIT VIR WINTERVAKANSIE
28 JUNIE SKOLLIEKAMP EN LANDSDIENSKAMPE TYDENS VAKANSIE
3. ONS GROEI! Ons is opgewonde en dankbaar oor die groei in ons getalle sedert verlede jaar. Ons het 45 leerders
meer as op die tiende skooldag van verlede jaar. Daar is tans 682 Loffies!
4. NUWE PERSONEEL Ons verwelkom graag vir me. Chanel van Rooyen wat by ons aangesluit het as graad 1
onderwyseres. Ons vertrou dat sy ‘n lang en gelukkige verbintenis sal hê met die skool.
5. AKADEMIESE PRESTEERDERS Baie geluk aan al die Loffies wat onder die top tien akademiese presteerders in hul onderskeie
grade is. Dit is ‘n pragtige prestasie en die vrug op julle harde werk. Die name van die akademiese
presteerders in grade 8-12 word aan hierdie Loffienuus geheg. Die graad 4-7 presteerders se name
sal met die volgende Loffienuus bekend gemaak word.
6. STERKLASKOMPETISIE Die voogklasse kompeteer jaarliks teen mekaar om vas te stel watter voogklas die beste voogklas
vir die betrokke jaar is. ‘n Verskeidenheid aktiwiteite word in berekening gebring om te bepaal wie
die wenklasse in die onderskeie afdelings is. Die volgende voogklasse loop aan die einde van die
eerste kwartaal voor in die kompetisie:
Graad 1-3 3.1
Graad 4-7 4.2
Graad 8-12 9.2
Baie geluk aan hierdie klasse!
7. KASKAR 2014 Baie dankie aan almal wat die kaskar aan die einde van verlede kwartaal ondersteun het. Die weer
het op die ou end mooi saamgespeel en dit ‘n baie genotvolle geleentheid gemaak. Dankie aan elke
Loffie, ouer en grootouer wat help kaskar bou het. Dankie ook aan elke Loffie wat groot moeite
gedoen het om die R120 op hul borgvorms te kry. Ons waardeer jul moeite! Die wenners van die
onderskeie wedrenne is as volg:
GRAAD 1-3 3.1 (17 RONDTES)
GRAAD 4-6 6.1 (26 RONDTES)
GRAAD 7-12 10.2 (46 RONDTES)
Ons bring graag die volgende onder u aandag:
a) Alle Loffies wat R120-00 of meer inbetaal het mag op 25 April by die huis bly. Daar sal streng
opgetree word teen leerders wat nie die R120-00 ingesamel het nie en op die betrokke dag
afwesig is. Dit is immers net regverdig teenoor leerders wat wel die R120-00 met groot moeite
ingesamel het en dus kwalifiseer vir die afdag. Ons het begrip vir gesinne wat dit moeilik vind
om die R120-00 te betaal. Daar is egter vele voorbeelde van Loffies wat moeite gedoen het om
die R120-00 self bymekaar te maak ten spyte daarvan dat hul ouers dit nie kan bekostig nie. Die
spreukwoord sê nie verniet “Waar ‘n wil is, is ‘n weg” nie.
7 Loffienuus 16 April 2014
b) Die algehele wenklas, wat bepaal word deur rondtes gestoot sowel as die bedrag ingesamel
deur die klas, sal op 23 April aangekondig word. Hierdie klas mag op 5 Mei ook by die huis
bly.
c) Die leerders wat individueel die meeste geld inbetaal het, sal op 23 April aangekondig word en
hul kontantpryse voor 28 April ontvang.
d) Daar sal ‘n toesigklas wees vir leerders wat wel die R120 inbetaal het, maar om een of ander
rede op 25 April skooltoe moet kom.
e) Leerders wat nie die R120 inbetaal het nie, sal ‘n normale skooldag hê op 25 April en
hersiening doen in die onderskeie vakke.
f) Let asseblief daarop dat leerders wat aan die begin van die tweede kwartaal by Gelofte
ingeskryf het, ook die R120-00 moet inbetaal om te kwalifiseer vir die afdag.
8. LOJALITEIT EN VERANTWOORDELIKHEIDSBESEF Ons vind toenemend dat Loffies wat gekies word vir sportspanne onttrek aan die spanne, dikwels
op ‘n laat stadium, met die verskoning dat hulle bv. ‘n kamp gaan bywoon, ‘n verjaardagpartytjie
bywoon, ens. Met die hoeveelheid spelers tot ons beskikking skep dit geweldige probleme vir
spansporte en is dit ook ‘n reuse verleentheid vir die skool. Ons doen dus ‘n beroep op u as ouers
en op die Loffies om moeite te doen om beskikbaar te wees vir wedstryde wanneer hulle wel gekies
word vir die onderskeie spanne.
9. ONS NETBAL PRESTEER Die toernooi waaraan die O/18 1ste netbalspanspan deelgeneem het verlede Vrydag tussen Werda,
Thomas More, Westville Girls en Pinetown Girls is deur Gelofte gewen. Ons het al ons wedstryde
gewen en dring sodoende deur na die finale rondte op 10 Mei. Baie geluk aan ons netbaldogters!
10. PRESTEERDERS Baie geluk aan Justin Wiggill wat gekies is vir die O/11 KZN gholfspan wat aan ‘n interprovinsiale
toernooi deelgeneem het waartydens die KZN span ‘n derde plek verower het.
Ons wens ook graag vir Pieter du Plessis geluk wat tydens ‘n onlangse gala vier eerste plekke en ‘n
tweede plek behaal het en boonop aangewys is as die algehele beste swemmer in alle
ouderdomsgroepe.
Ons netbaldogters speel kookwater netbal wat blyk uit die hoeveelheid dogters wat PADSSA
kleure verwerf het vir netbal. Baie geluk aan die volgende dogters met hierdie pragprestasie.
O/14 - Clarinda Jacobs
O/15 - Abbigail Gilbert en Anike van Rijswijk
O/16 - Thyze Groesbeeck, Tuané Welgemoed, Denise de Jongh
O/17 - Rensche Nel, Zelmarie Janse van Rensburg, Deidre-Leigh Engelbrecht
O/18 - Jeane Rieckert, Bernelee Kok, Reinette Fritz, Lia Labuschagne
Elke Human het pragtig presteer deur gekies te word as lid van die Suid Afrikaanse JKA karatespan
wat in Oktober in Japan deelneem aan die wêreld karate kampioenskappe.
Ons wens ook graag vir Esmee de Wit geluk wat tydens die onlangse KZN atletiekkampioenskappe
‘n derde plek verower het in die skyfwerp.
Baie geluk aan Annemé Dyer, Merize Tolmay en Cindy Southey wat PADSSA kleure verwerf het
vir hokkie.
Ons is sommer baie trots op hierdie Loffies wat so pragtig presteer!
7 Loffienuus 16 April 2014
11. ATKV-REDENAARS Die eerste ronde van die ATKV-Redenaarskompetisie vir 2014 vind op 25 April 2014 te
Richardsbaai Hoërskool plaas. Die registrasie vind reeds om 07:45 – 08:00 in die skoolsaal plaas.
Verrigtinge begin stiptelik om 08:00.
Die volgende leerders is gekies om Gelofte Skool te verteenwoordig en ons wens hierdie Loffies
sterkte toe:
Ruben Potgieter, Esmalien van Dyk, Mia Zwanepoel, Charlise van Staden, Elsje Steenekamp, Miné
Nel, Lehanke Swarts, christelle Koetsier, Tian Nothnagel, Barnard du Preez, Olga Hougaard,
Jannelie du Preez, Simoné Heenop, Ryan Moffat en Jeané Myburgh.
12. APRILVAKANSIE NOMMER 2 Neem asseblief kennis daarvan dat die Nasionale Onderwysdepartement besluit het dat alle skole
sal sluit op 25 April en weer sal heropen op 5 Mei. Hierdie besluit is geneem as gevolg van die
hoeveelheid openbare vakansiedae en/of skoolvakansiedae wat in hierdie periode val. Leerders sal
op Vrydag, 25 April op die normale Vrydag uitkomtye verdaag en nie om 11:00 soos tydens
skoolvakansies nie.
13. PITKOS: VREES EN HOOP “Alle dinge sal regkom!” sê Hoop. Terwyl Vrees sê: “Dit sal nooit regkom nie!” hou hoop vol dat
dit sal. Vrees bring die aanbreek van die nag; Hoop bring die dagbreek. Vrees is verlammend; hoop
is soos ‘n opkikker. Hoop is nie net ‘n tonikum nie, maar dit verhef mense bo depressie. Dit is
kenmerk, nie net in die geval van die individu nie, maar ook in maatskaplike verhoudings en die
gemeenskap self. Dit staan direk teenoor angs, vrees en teneergedruktheid. Dit noem homself
geduld en die kleur daarvan is helder.
14. BEHEERLIGGAAM: TUSSENVERKIESING Baie geluk aan die volgende drie ouers wat verkies is tot die beheerliggaam:
Renier Meintjies, Pieter Grundling, Leonie Botha.
Ons sien met verwagting uit na hul insette en betrokkenheid op hierdie vlak.
15. VERVOERGELEENTHEID Ons is op soek na ‘n vervoergeleentheid vanaf en terug na Reservoir Hills. Indien u kan help,
kontak asseblief vir Natalie by 086 126 2533.
16. VERJAARDAE Baie geluk aan die Loffies wat in die volgende twee weke verjaar. Ons vertrou dat julle heerlik
bederf sal word en bid julle baie seën toe vir die nuwe lewensjaar.
Cheyenne Breedt, Ivan Bekker, Chantelle Dartnall, Valery Leamy, Andrea Le Roux, Natasha
Muller, Blade Horne, Lenteli van Zyl, Francois Burger, Cheralee Taljaard, André van Zyl, MJ
Dyer, Kyle Venter, Mark Walters, Megan Feast, Katelyn Fouché, Reinard Janse van Rensburg,