14 Loffienuus 19 Augustus 2015 LOFFIENUUS Nuusbrief 14/2015 Webblad: www.gelofte.co.za Die beste rol vir ‘n ma is oombliklike beskikbaarheid sonder aanhoudende teenwoordigheid. (Lotte Baylyn) Geagte Ouer 1. SAKE VIR DIE HOOF SE AANDAG Ons wys u graag daarop dat daar ‘n skeurstrokie aan die einde van hierdie Loffienuus is waarop u enige sake (positief of negatief) onder die hoof se aandag kan bring. Die hoof se direkte fakslyn is 031 702 7217 en die direkte e-pos is [email protected]. Ons ondervinding is dat ouers dikwels ‘n ander perspektief op ‘n saak kry as hulle al die toepaslike inligting tot hul beskikking het. Vra dus gerus as u ongelukkig of onseker is oor ‘n saak. 2. BELANGRIKE DATUMS Neem asseblief kennis van die volgende belangrike datums vir die derde kwartaal. Let asseblief ook daarop dat hierdie slegs aktiwiteite is waarby ouers direk betrokke is. Daar is verskeie ander aktiwiteite soos aangedui op die skool se kalender vir 2015. Die kalender is op die webblad beskikbaar by www.gelofte.co.za asook op Communicator. 20 Augustus Interskole atletiek by Kuswag Skool (Graad 8-12) 21 Augustus Koekverkoping (Graad 7) 21 Augustus Bloedskenk 21 Augustus Sekondêre leerderraad word aangekondig 27 Augustus Kultuuraand 28 Augustus Leerderraadkamp (Sekondêr) 31 Augustus Stelwerkeksamen (Graad 12) 1 September Stelwerkeksamen (Graad 12) 3 September Blokdag (Graad 12) 3-22 September Proefeksamen (Graad 12) 18 September Lentesokkie (Graad 8-12) 19 September Ma- en dogtertee 23 September Entrepreneursdag (Grade 7 en 11) 24 September Openbare vakansiedag (Erfenisdag) 25 September Skoolvakansiedag 30 September Interne Orators 30 September Forty Days (Matrieks) 1 Oktober Sterklas afdag 2 Oktober Rapporte (Graad 1-12) 2 Oktober Fliek (Graad 1-7) 2 Oktober Pretdag (Graad 8-12) 2 Oktober Skool sluit vir Lentevakansie
8
Embed
LOFFIENUUS 14 19 AUGUSTUS 2015 - Gelofte Skoolgelofte.co.za/wp-content/uploads/2015/08/LOFFIENUUS14.19...14 Loffienuus 19 Augustus 2015 LOFFIENUUS Nuusbrief 14/2015 Webblad: Die beste
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Transcript
14 Loffienuus 19 Augustus 2015
LOFFIENUUS Nuusbrief 14/2015
Webblad: www.gelofte.co.za
Die beste rol vir ‘n ma is oombliklike beskikbaarheid sonder aanhoudende teenwoordigheid.
(Lotte Baylyn) Geagte Ouer
1. SAKE VIR DIE HOOF SE AANDAG Ons wys u graag daarop dat daar ‘n skeurstrokie aan die einde van hierdie Loffienuus is waarop u
enige sake (positief of negatief) onder die hoof se aandag kan bring. Die hoof se direkte fakslyn is
031 702 7217 en die direkte e-pos is [email protected]. Ons ondervinding is dat ouers dikwels
‘n ander perspektief op ‘n saak kry as hulle al die toepaslike inligting tot hul beskikking het. Vra
dus gerus as u ongelukkig of onseker is oor ‘n saak.
2. BELANGRIKE DATUMS Neem asseblief kennis van die volgende belangrike datums vir die derde kwartaal. Let asseblief
ook daarop dat hierdie slegs aktiwiteite is waarby ouers direk betrokke is. Daar is verskeie ander
aktiwiteite soos aangedui op die skool se kalender vir 2015. Die kalender is op die webblad
beskikbaar by www.gelofte.co.za asook op Communicator.
20 Augustus Interskole atletiek by Kuswag Skool (Graad 8-12)
21 Augustus Koekverkoping (Graad 7)
21 Augustus Bloedskenk
21 Augustus Sekondêre leerderraad word aangekondig
27 Augustus Kultuuraand
28 Augustus Leerderraadkamp (Sekondêr)
31 Augustus Stelwerkeksamen (Graad 12)
1 September Stelwerkeksamen (Graad 12)
3 September Blokdag (Graad 12)
3-22 September Proefeksamen (Graad 12)
18 September Lentesokkie (Graad 8-12)
19 September Ma- en dogtertee
23 September Entrepreneursdag (Grade 7 en 11)
24 September Openbare vakansiedag (Erfenisdag)
25 September Skoolvakansiedag
30 September Interne Orators
30 September Forty Days (Matrieks)
1 Oktober Sterklas afdag
2 Oktober Rapporte (Graad 1-12)
2 Oktober Fliek (Graad 1-7)
2 Oktober Pretdag (Graad 8-12)
2 Oktober Skool sluit vir Lentevakansie
14 Loffienuus 19 Augustus 2015
3. KOMMUNIKASIE MET SKOOL
Ons vind steeds dat ouers, ten spyte van verskeie versoeke, direk met die skoolhoof skakel indien
hulle probleme ondervind. U sal dikwels vinniger ‘n oplossing en terugvoer kry indien u direk met
die betrokke personeellid skakel. Indien u, nadat u met die personeel geskakel het, voel dat u nie
‘n bevredigende antwoord gekry het nie, is u uiteraard welkom om met die skoolhoof te skakel.
Ons doen dus weer ‘n beroep op u om direk met die betrokke personeellid te skakel of met
onderstaande personeel afhangende van wat u navrae behels.