6 Liturgiese Riglyne S O N D A G O G G E N D 9:00 Eenmaal ‘n kind van God, altyd ‘n kind van God: Waar of vals? Skriflesing: 1 Petrus 5:10 Teksvers: 1 Petrus 5:10 Sing: Ps 108:1,2,3 Sb 3-3:1,2,5,6 Ps 33:1 Ps 20 : 1, 2, 7 Sb 2-4:1,2,3 Sb 13-3 Orrelis: Corlea vd Walt Projektor: Nicolai vd Merwe Klank: Thinus Smuts Prediker: Ds Paul vd Berg S O N D A G A A N D 18:00 Praat in liefde altyd die waarheid Skriflesing: Ef 4:8-16 Teksvers: Ef 4:15 Sing: Ps 34-1:1,2,6 Sb 14-1:1,2,3 Lied 562:1,2 Sb 13-2 Orrelis: Corlea vd Walt Projektor: Bertus Lourens Klank: Jan Reesink Prediker: Ds Gerrit Kruger Kan dit wees dat iemand verlore kan gaan wat werklik tot geloof in die verlossing in en deur Jesus Christus gekom het? Paaie loop uiteen in die geloofswêreld oor volkome geloofsekerheid en blywen- de geloofsekerheid. Waarom is daar uiteenlopende beskouinge oor geloofsekerheid? Die rede kan gesoek word in die verskil in beskou- ing oor Wie God is en in die beskouing oor wie die mens is, asook waartoe die mens in staat is na die sondeval. Is daar iets goeds in die mens self? Is die mens in homself in staat om in die geloof enduit te kan volhard? Of is dit eerder God wat met die gelowiges enduit volhard? Het jy geloofsekerheid? Op grond waarvan het jy hierdie sekerheid? Of aan die ander kant wat is dit wat jou laat twyfel? Ef 4:15 “maar, terwyl ons in liefde die waarheid betrag…” ’53 vert. Ef 4:15 “Nee, ons sal in liefde by die waarheid bly…” ’83 vert. Eph 4:15 “Instead, speaking the truth in love,…” NIV Die Griekse woord vir betrag of bly beteken dat ons altyd die waar- heid moet praat en daarin bly, maar dan die waarheid met liefde praat en bedien. So dikwels kan mense onder die dekmantel van dit is die waarheid uit die Skrif harteloos en hard en ongenaakbaar wees teenoor ander mense se foute of sonde. Waarheid sonder liefde is harteloos. Waarheid sonder liefde maak seer en stoot weg. Jesus Christus het ons sonde aangespreek, maar nooit veroordelend nie, maar met bewoënheid met die oproep tot bekering. Paulus leer aan ons in hierdie verse twee sake: 1 DAT ons die waarheid moet praat en 2 HOE ons die waarheid moet praat. OMMUNIKAATJIE Gereformeerde Kerk Centurion K Jaargang 43 Nr 27 9 September 2018 Webblad: http://www.gkcenturion.co.za Dankbaarheid Wat is daar waarvoor jy vanoggend werklik dankbaar is en kan wees? Dit is so maklik om beswaard en vol vrese te lewe. Dink maar wat nuuswaardig is? Ja, slegte nuus is nuus- waardig. Goeie nuus, het nie noodwendig ‘n positiewe impak in ons lewe soos wat slegte berigte van moord, staatskapings en bedrog het nie. ‘n Positiewe ingesteldheid teenoor God, my medegelowiges en die wêreld is nie iets wat maklik van ons as mense uitstraal nie. Die wonderlike in die Christelike geloof, is juis dat die Heilige Gees ons in staat stel om met ander oë na God, ons naaste en die wêreld te kyk. Jesus Christus is die Een wat die donkerte en die lelike kom verander het. So leer Romeine 12:2 dat dit God is wat ons innerlik verander om met ‘n positiewe en dankbare ingesteldheid te kan lewe. Hierdie dankbaarheid hou in dat my verhouding deur Jesus Christus my leer om vir mense in my lewe, God in my lewe, ja, vir elke ding en vir elke dag dankbaar te wees. Dankbaarheid fokus egter nie net op die wonderlike genade in en deur Jesus Christus nie, maar dit laat my ook in dankbaarheid lewe na buite. Ons leer in 1 Petrus 3:9 dat ons deur God se genade die slegte met die goeie kan beantwoord. So kan ons geloofwaardige getuies wees van God se liefde, sy goedheid en sy genade. Dankbaarheid in Christus stel my in staat om na die wet te luister en my te verwonder oor alles waartoe ek opgeroep word en bemagtig word deur die Heilige Gees. Dankbaarheid in Christus verander die aard en trant van my gebedslewe. In plaas van vrees kan ek dankbaar wees. In plaas daarvan om te vra en vra, kan ek God dank vir so baie wat ek onverdiend uit die Hand van die Here ontvang. Dankbaarheid in Christus is een van die beste teenvoeters vir negatiwiteit, vrese en bekommernis. Mag jy groei in jou dankbaarheidslewe vir al God se genade en mag jy bekend staan as ‘n vreugdeskind van die Here. Vergenoeg in alle omstandighede. Ds Paul
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Skriflesing: Ef 4:8-16 Teksvers: Ef 4:15 Sing: Ps 34-1:1,2,6 Sb 14-1:1,2,3 Lied 562:1,2 Sb 13-2 Orrelis: Corlea vd Walt Projektor: Bertus Lourens Klank: Jan Reesink Prediker: Ds Gerrit Kruger
Kan dit wees dat iemand verlore kan gaan wat werklik tot geloof in die verlossing in en deur Jesus Christus gekom het? Paaie loop uiteen in die geloofswêreld oor volkome geloofsekerheid en blywen-de geloofsekerheid. Waarom is daar uiteenlopende beskouinge oor geloofsekerheid? Die rede kan gesoek word in die verskil in beskou-ing oor Wie God is en in die beskouing oor wie die mens is, asook
waartoe die mens in staat is na die sondeval.
Is daar iets goeds in die mens self? Is die mens in homself in staat om in die geloof enduit te kan volhard? Of is dit eerder God wat met
die gelowiges enduit volhard?
Het jy geloofsekerheid? Op grond waarvan het jy hierdie sekerheid?
Of aan die ander kant wat is dit wat jou laat twyfel?
Ef 4:15 “maar, terwyl ons in liefde die waarheid betrag…” ’53 vert. Ef 4:15 “Nee, ons sal in liefde by die waarheid bly…” ’83 vert.
Eph 4:15 “Instead, speaking the truth in love,…” NIV Die Griekse woord vir betrag of bly beteken dat ons altyd die waar-heid moet praat en daarin bly, maar dan die waarheid met liefde praat en bedien. So dikwels kan mense onder die dekmantel van dit is die waarheid uit die Skrif harteloos en hard en ongenaakbaar wees teenoor ander mense se foute of sonde. Waarheid sonder liefde is harteloos. Waarheid sonder liefde maak seer en stoot weg. Jesus Christus het ons sonde aangespreek, maar nooit veroordelend nie, maar met bewoënheid met die oproep tot bekering.
Paulus leer aan ons in hierdie verse twee sake:
1 DAT ons die waarheid moet praat en
2 HOE ons die waarheid moet praat.
OMMUNIKAATJIE Gereformeerde Kerk Centurion K
Jaargang 43 Nr 27 9 September 2018 Webblad: http://www.gkcenturion.co.za
Dankbaarheid Wat is daar waarvoor jy vanoggend werklik dankbaar is en kan wees? Dit is so maklik om beswaard en vol vrese te lewe. Dink maar wat nuuswaardig is? Ja, slegte nuus is nuus-waardig. Goeie nuus, het nie noodwendig ‘n positiewe impak in ons lewe soos wat slegte
berigte van moord, staatskapings en bedrog het nie.
‘n Positiewe ingesteldheid teenoor God, my medegelowiges en die wêreld is nie iets wat maklik van ons as mense uitstraal nie. Die wonderlike in die Christelike geloof, is juis dat die Heilige Gees ons in staat stel om met ander oë na God, ons naaste en die wêreld te kyk. Jesus Christus is die Een wat die donkerte en die lelike kom verander het. So leer Romeine 12:2 dat dit God is wat ons innerlik verander om met ‘n positiewe en dankbare ingesteldheid
te kan lewe.
Hierdie dankbaarheid hou in dat my verhouding deur Jesus Christus my leer om vir mense in
my lewe, God in my lewe, ja, vir elke ding en vir elke dag dankbaar te wees.
Dankbaarheid fokus egter nie net op die wonderlike genade in en deur Jesus Christus nie, maar dit laat my ook in dankbaarheid lewe na buite. Ons leer in 1 Petrus 3:9 dat ons deur God se genade die slegte met die goeie kan beantwoord. So kan ons geloofwaardige
getuies wees van God se liefde, sy goedheid en sy genade.
Dankbaarheid in Christus stel my in staat om na die wet te luister en my te verwonder oor
alles waartoe ek opgeroep word en bemagtig word deur die Heilige Gees.
Dankbaarheid in Christus verander die aard en trant van my gebedslewe. In plaas van vrees kan ek dankbaar wees. In plaas daarvan om te vra en vra, kan ek God dank vir so baie wat
ek onverdiend uit die Hand van die Here ontvang.
Dankbaarheid in Christus is een van die beste teenvoeters vir negatiwiteit, vrese en
bekommernis.
Mag jy groei in jou dankbaarheidslewe vir al God se genade en mag jy bekend staan as ‘n
vreugdeskind van die Here. Vergenoeg in alle omstandighede.
Skakel die kerkkantoor of stuur asb ‘n e-pos indien u kontakbesonderhede verander: [email protected]
5
TEESKINKBEURTE
Instruksies vir die regsit voor die diens, skink en
opruim na die erediens is in die kombuis opgeplak.
9 September A04 Lourette Snyman A05 Magda Pelser C04 Leandre Struwig 16 September A06 Heidi van der Walt A08 Ronell Hoogenboezem A09 Nan Viljoen A11 Louisa van der Walt
BELYDENDE LIDMATE
DOOPLIDMATE
VERJAARSDAE
“...U sorg vir my.” Ps 16:5
09-Sep Sophié Kruger A06 012 664 0186
Isie Breytenbach A03 084 582 0994
Nan Viljoen A03 082 780 9735
Miekie Jooste C12 084 401 2054
Frik vd Walt B07 071 309 9004
10-Sep Frikkie Brits C08 665 4345
11-Sep Andrew Marx B12 012 663 9708
Toekie Meyer C06 667 1463
Liza Pretorius C08 665 4789
12-Sep Erika de Bruin A04 082 777 1687
Louis Dekker B18 084 550 6904
Tjaart Venter B16 082 394 4924
13-Sep Hein Greyling A10 082 419 4111
Mieke Opperman C11 663 3693
14-Sep Susan Human A03 073 519 5594
Marna Bosua C11 083 260 2043
15-Sep Julius Schmidt B21 082 853 6962
Johann vd Merwe B02 082 334 0101
Hennie Jooste C06 076 110 4638
9 Sep Erasmus Bezuidenhout B03 083 633 8861
Kate Daniels E01 071 135 2420
11-Sep Christoph Strydom A04 082 871 1695
13-Sep Laker Grüenenfelder C15 071 491 0797
14-Sep Wilco Prinsloo B08 083 408 6892
Lianey Steyn B08 083 448 4128
Luan Wakeford C07 663 7638
65+ Funksie: Toeka se dae
Hou asb Saterdag, 27 Oktober 2018 oop
In lyn met ons tema vir die jaar, nl Gemeentelike Samesyn (Koinonia) beplan ons 'n baie lekker kuieroggend vir gemeen-telede wat herinneringe het van die Sestigerjare af aan (of selfs vroeër). Kom geniet die virtuele reis na die verlede saam
Centurion Florist skenk weekliks die helfte van die kerk se ruiker. Bestel ruikers vir eni-ge geleentheid plaaslik & oorsee. (664-0685) centurionflorist@discovery mail.co.za.
Pilates klasse in Zwartkop—Liggaams-houding evaluering elke 6 mde. Sien hoe jou postuur verbeter. Billike pryse. Kontak Elmé 0609948023 of whatsup.