Ligdraer Gereformeerde Kerk Ontdekkers 29 Oktober 2017 Oggenddiens: 9H30 Aanddiens: 18H00 (Kleuterbediening tydens oggenddiens: kleuters 3 - 7 jaar) Jaar 49 – nr. 42 Hartlik welkom aan elkeen vanoggend by die feesmaal van ons Here Ons nooi almal vriendelik uit om na afloop van die diens saam met ons ’n koppie tee / koffie in die saal te geniet. Kom kuier lekker saam en leer mekaar ken. B aie dankie aan ons buurgemeentes, Bergbron, Newclare, Princess Crossing en Witpoortjie wat die afgelope week saam met ons die hervormingsfees gevier het. Vanaand sluit ons met ’n multi-kulturele sang en Skriflesing af. Sal elkeen asseblief ’n bordjie eetgoed bring dan kuier ons na die verrigtinge heerlik saam. Dit is met leedwese dat ons verneem het van Dick Niezen se afsterwe die afgelope week. Ons dra vir Ankie, Kobus Kruger en familie aan die vertroostende hand van die Here in hierdie tyd op. Die begrafnisreëlings sal deur gegee word. Dink asseblief in julle gebede aan Marietjie Venter wat in die hospitaal opgeneem is. Daar is 2 mans wat dringend werk soek, indien jy kan help skakel hulle asseblief, bl. 4. Gaan besoek gerus die skakel op bl. 11 en kyk op “youtube” na Juanita du Plessis: “As vandag my laaste dag is”. Die Jeug het ’n Vrydagaand by die kerk ’n deur nag gehou. JC en Heleen het saam met hulle die nag “wakker” gebly, fotos op bl. 4. En daarmee groet ek tot aanstaande week, mooi loop en groete van huis tot huis. Mockie ([email protected]083 280 2092)
12
Embed
Ligdraer - Ontdekkers · wys die Gees ons opnuut God se Vaderhart en waarmee Hy besig is in ons lewens, dan doen hy dit juis sodat ons met alles op Hom alleen kan vertrou. Waar God
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Transcript
Ligdraer Gereformeerde Kerk Ontdekkers
29 Oktober 2017
Oggenddiens: 9H30 Aanddiens: 18H00
(Kleuterbediening tydens oggenddiens: kleuters 3 - 7 jaar) Jaar 49 – nr. 42
Hartlik welkom aan elkeen vanoggend
by die feesmaal van ons Here
Ons nooi almal vriendelik uit om na afloop van die diens
saam met ons ’n koppie tee / koffie in die saal te geniet.
Kom kuier lekker saam en leer mekaar ken.
B aie dankie aan ons buurgemeentes, Bergbron, Newclare, Princess
Crossing en Witpoortjie wat die afgelope week saam met ons die
hervormingsfees gevier het. Vanaand sluit ons met ’n multi-kulturele sang en
Skriflesing af. Sal elkeen asseblief ’n bordjie eetgoed bring dan kuier ons na die
verrigtinge heerlik saam.
Dit is met leedwese dat ons verneem het van Dick Niezen se afsterwe die
afgelope week. Ons dra vir Ankie, Kobus Kruger en familie aan die
vertroostende hand van die Here in hierdie tyd op. Die begrafnisreëlings sal deur
gegee word.
Dink asseblief in julle gebede aan Marietjie Venter wat in die hospitaal
opgeneem is.
Daar is 2 mans wat dringend werk soek, indien jy kan help skakel hulle
asseblief, bl. 4.
Gaan besoek gerus die skakel op bl. 11 en kyk op “youtube” na Juanita du
Plessis: “As vandag my laaste dag is”.
Die Jeug het ’n Vrydagaand by die kerk ’n deur nag gehou. JC en Heleen het
saam met hulle die nag “wakker” gebly, fotos op bl. 4.
En daarmee groet ek tot aanstaande week, mooi loop en groete van huis tot
Militêre Veterane As u enigsins in die SA Weermag diens verrig het, kan u as Militêre Veteraan registreer. Van die voordele is soos volg: Gratis Mediese dekking vir die veteraan – nie eggenote nie. Beurse/ Studiegeld vir u kinders of self. SDR- Pensioen van R1200-00 per maand as u jaarlikse inkomste minder as R125 000-00 is. Kompensasie vir Beserings/ Sielkundige skade tydens diensplig opgedoen. Vir meer inligting skakel Marius Boshoff 0711763646.
4
Kan jy asseblief help of weet jy van iemand wat werknemers soek?
2 mans soek dringend werk:
Andries Lourens in die sekuriteitsveld, kontaknommer: 065 194 1568
Johan Hartzenberg is 49 jaar en gestrem, maar bestuur sy eie motor en kom
heeltemaal self oor die weg. Het ’n N5 Diploma in Meganiese Ingeneurswese,
asook ’n diploma in padvervoer en bestuur. Hy het ervaring as besigheidsbe-
planner en besigheidsanalis. Kontaknommer: 083 235 9744
Daar is een plek vir ’n damesstudent vir 2018 by GK Cachet se gemeentesentrum beskikbaar.
R 2 100 /maand /student wat ’n kamer deel.
Op kampus; parkering, water, ligte, internet en skoonmaak ingesluit.
Kontak asseblief vir Brahm Robinson indien jy belangstel
064 656 1374
5
PREEKSKETS: 2 Kronieke 16: 1 - 17: 1
Wanneer God ons in die Ou-Testament van sy Seun vertel, lees ons van die Kneg wat
deur almal verag gaan word, maar deur wie se werk daar verlossing vir baie gaan kom.
As Jesus in die Nuwe -Testament ons van die Vader leer, dan sien ons hoe Hy stukkende
sondaars met die liefde van God bedien deur aan die kruis in ons plek te sterf. Nêrens
skitter die wese van God so helder uit as in sy Dienskneg... JESUS AAN DIE KRUIS...
nie. God help sy kind. So skitter God se heerlikheid ook uit in die woorde van die sie-
ner Ganani as hy sê: “9Die Here het sy oë oral op die aarde sodat Hy dié kan help wat
met hulle hele hart op Hom vertrou.”
Asa het God vir 35 jaar gedien en sy vertroue op God alleen gestel. God het Hom
geseën met vrede en voorspoed. Dis dan wanneer ons in 2 Kron. 16 lees hoe die ko-
ningskap van Asa begin verkeerdloop het, want hy’t nie meer op God alleen vertrou
nie. Vir Asa het die werklikheid van sy gevare groter geword as die lewendige God self.
Daarom gryp hy eerste na die geldkoffers en maak hy eerder staat op sy eie planne.
As Asa sy vertroue in God verloor, was dit nie omdat God vêr van hom af was nie. Ook
nie omdat hy God nie geken het nie. God het reeds vir Asa gewys dat dit die moeite
werd is om op Hom te vertrou (hfst. 14). Asa moes op God kon vertrou omdat hy God
geken het as God Almagtige wat die swakke help.
Hoeveel meer ken ek en jy nie hierdie Almagtige God wat al sy mag gebruik om die
swakke te help nie. Uit ons diepste nood het Hy ons gered. Ons grootste vyand wat ek
en jy op ons eie nie kon baasraak nie, het Hy aan die kruis verslaan. Net soos Asa het
ons al die redes om al ons vertroue net op Hom te stel.
Ganani skets vir ons die volmaakte Vader wat soekend en kykend betrokke is in die
lewe van sy kind. Hy kan nie wag om hand by te sit en te help, te rig of te ondersteun
nie. Die God wat sy Seun gegee het om alles uit die weg te ruim sodat Hy by ons kan
wees EN wat deur sy Gees tot in ewigheid by ons is, is by ons OM ONS TE HELP!
Sondag vir Sondag as die goeie nuus van Christus van hierdie kansel gepreek word,
wys die Gees ons opnuut God se Vaderhart en waarmee Hy besig is in ons lewens, dan
doen hy dit juis sodat ons met alles op Hom alleen kan vertrou.
Waar God se kinders Hom ken en met alles op Hom vertrou, daar ontvang Hy die eer
wat Hom alleen toekom.
6
Aanddiens: 6H00
REFORMASIE 500
En so bereik die viering van die Protestantse
Hervorming wat 500 jaar gelede deur Martin
Luther gevonk is vanaand ’n hoogtepunt. Wit-
poortjie, Newclare, Bergbron, Princess Cross-
ing bediening en Ontdekkers sluit vanaand die
afgelope week se feesvieringe met multi-kultu-
rele sang en Skriflesing af.
Na afloop van die diens sal koffie / tee &
verversings in die saal bedien word. (Sal elke
lidmaat asseblief ’n bordjie eetgoed vir ons gaste
bring. By voorbaat dankie)
Oggenddiens: 9H30
Eer God deur Hom te ken en op
Hom alleen te vertrou!
Stemmingsliedere
Lied 276: 1 & 2 & Lied 547: 1 & 3
ONTMOETINGSDIENS
Votum / Seëngroet
1 Kronieke 19: 1 & 3
Geloofsbelydenis: Apostolicum
VERSOENINGSDIENS
Selfondersoek: Nagmaalsformulier
Joël 2: 12 - 13 / Sing: Ps. 130: 1 & 2
WOORDDIENS
Gebed
Lied 163 (Solis: Linmari Kruger)
Skriflesing: 2 Kronieke 16: 1 - 10 (Fokusvers: 9)
NAGMAAL
Formulier: Gedagtenis
Lied 431: 2 & Lied 253: 1 & 2
ANTWOORDDIENS
Gebed
Opneem van offergawes
Ps. 146: 1 & 3 & 6
GROETSEËN / AMEN
TOT EER VAN GOD ALLEEN
CHRISTUS ALLEEN
GELOOF ALLEEN
DIE SKRIF ALLEEN
GENADE ALLEEN
7
Beurtlys vir diakonie
5 November 2017
Kollekteer en tel van kollektes
Antoinette van Niekerk (K)
Ankie Kruger
Martie Lessing
Bettie Voges
Kollekteer
Mieke Boshoff
Oplaaibeurte
Ons Huis
Koos Richards
Tjaart Kruger
082 633 1200
084 487 3507
D McDonald
Koos Richards
082 633 1200
Klein Helderkruin
Elize Coetzee
072 490 5402
Middagdiens - Ons Huis 16:45
Bettie Voges
Gedagte vir die week
“Dit verseker Ek julle: Wie luister na wat Ek sê, en in Hom glo wat
My gestuur het, het die ewige lewe. Hy word nie veroordeel nie,
maar het reeds uit die dood na die lewe oorgegaan.” Johannes 5: 24
Bybelstudie
Maandae 19H00
Tema: Opregte berou
Woensdae 8H30
Tema: Vreugdevol Vry!
29 Oktober 2017
Kollekteer en tel van kollektes
Koos Richards (K)
Olga Venter
Martie Lessing
Antoinette van Niekerk
Kollekteer
Elize Coetzee
Oplaaibeurte
Ons Huis
Koos Richards
Nardus van der Walt
082 633 1200
082 325 3600
D McDonald
Koos Richards
082 633 1200
Klein Helderkruin
Elize Coetzee
072 490 5402
Middagdiens - Ons Huis 16:45
Rein Coetzee
8
Goeiedag aan almal,
Dit gaan goed met Ons Huis. Die opgradering van ons sit/eetkamer is gedoen en
dit lyk ongelooflik mooi. Ons wag nog vir ons gordyne en stoele en dan kan ons
begin mooi maak. Ons is baie dankbaar vir hierdie verandering en dit is heerlik
om die groot area te hè wat lig en oop is. Baie dankie vir almal se geduld ge-
durende die projek, dit het baie goed verloop. Ons gaan ’n ondersteunings groep
vir die familie en vriende van mense wat leef met dementia begin. Die beplan-
ning is die laaste Donderdag van die maand in die oggend 10 uur en die aand
18h30. Kontak asseblief vir Wilna Dreyer by [email protected] of 011 672
5018.
Ons wil graag ’n afsluitings funksie reël vir ons personeel die 3de en 10de No-
vember 2017. As enige van u ’n bydrae kan lewer kan ons dankie sê aan hierdie
mense wat baie hard deur die jaar werk.
Ons benodig ook die volgende in die kombuis: ’n Skottelgoedwasser, menger en
voedselverwerker. As enige iemand ’n kontak of goeie prys of ’n donasie het sal
dit ons lewe baie makliker maak.
Ons benodig ook hangers asseblief. Enige tipe hanger sal werk. As u 2de handse
klere het of u doen “springcleaning” hierdie Desember en u raak ontslae van
enige van u goed in u huis kom laai dit by ons af. Ons neem enige iets.
Ons benodig eetkamer stoele en ’n mooi hoë lening stoel vir ’n fokus punt in ons
nuwe sitkamer. Ons wil ook graag van die muur plakkers (boom en windpomp
met vlinders en voëls wat daar uit vlieg) teen ons mure plak.
Ons het ook toiletware nodig. Tandepasta, sjampoe, babbel Bath, Skeermesse,
skeerroom, lyf room, baba poeier, aqua scream, Zink en Castor room, tan-
deborsels, waslappe, handdoeke, sterident, onderarm sproei vir mans en vroue.
Baie dankie vir u belangstelling en omgee.
Ons Huis Groete
Marita van den Berg
Bestuurder/ Manager
9
Redaktrise: Mieke Boshoff
As vandag my laaste dag is . . .
Leef jou lewe asof môre nie gaan kom nie.
Lewe elke oomblik asof dit jou laaste is.
Natuurlik het ons dit almal al gehoor. Almal
sal jou waarsku om dit of dat te doen en
moenie so maak nie. Elke mens het altyd
wonderlike planne wat om met jou lewe te
doen. Stilletjies het ek al besluit hoe my
toekoms gaan lyk. Nie een van ons kan sê
dat ons nog nie gedroom het oor waar ons
oor 10 jaar gaan wees nie. Is dit nie maar wat op ons afgedwing word deur die wêreld
waarin ons bly nie?
Sê nou maar dis vandag jou laaste dag. Sou jy paniekerig raak? Op ’n hopie gaan sit en treur?
Wie van ons weet dat ons sterfdag ons laaste op aarde sou wees?
Ja dis reg. Ons Here Jesus Christus het geweet. Hy het self besluit wanneer Sy werk hier op
aarde voltooid sou wees. Hoeveel keer lees ons nie in die Evangelies die volgende nie: ”want
dit was nog nie Sy tyd nie”? Hy het sy laaste dag op aarde gebruik om vir ons sonde te
betaal. Sy alomvattende liefde met ons te deel. Dus hoef ons nie in paniek te raak nie. Elke
dag kan ons laaste wees. Daarom moet ons elke dag lewe asof dit ons laaste is. Maak Sy
Naam groot. Vertel aan ALMAL dat hierdie groot geskenk beskikbaar is. Jy en ek moet dit
net aanvaar. Vir die Here dankie sê vir ons redding en dankbaar lewe. Wie is ons om nie
hierdie groot geskenk te wil uitdeel nie?
Daar is geen mens te sleg vir JESUS se aandag nie. Dit behoort
vandag vir jou ’n groot boodskap van ondersteuning te gee.
“Moet julle nie aan drank te buite gaan nie; daarmee gaan
losbandigheid gepaard. Nee, laat die Gees julle vervul, en sing
onder mekaar psalms, lofgesange en ander geestelike liedere; sing
met julle hele hart tot eer van die Here. Dank God die Vader altyd
oor alles in die Naam van ons Here Jesus Christus. Wees uit
eerbied vir Christus aan mekaar onderdanig.” (Efesiërs 5: 18 - 21)
10
“Neem elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak” (2 Kor. 10: 5)
Gebruik jou Bybel vir die Blokraaisel –
Geniet!
1. Die Here laat my lewe omdat Hy
my . . . Ps 119: 88
2. Ek smag na . . . Ps 119: 123
3. Die wet van die Here . . . Ps 119: 27
4. Ek ken geen . . . nie. Ps 119: 6
5. Die wet van die Here . . . Ps 119: 35
6. God se woord wys met die . . . Ps
119: 105
7. Die wet van die Here . . . Ps 119: 30
8. Sonder God se woord is ek ’n
verlore . . . Ps 119: 176
9. Waaraan hou ons vas? Ps 119: 11
10. God se woord is my . . . Ps 119: 54
11. God se woord is my . . . in ellende.
Ps 119: 50
12. Die wet van die Here.. . Ps 119: 33
13. Die wet van die Here... Ps 119: 36
14. Die wet van die Here.. . Ps 119: 17
15. God se beloftes weerhou my van. . .
Ps 119: 11
16. Vir die goddelose is geen . . . nie.
Ps 119: 155
17. God se woord is . . . Ps 119: 105
18. Hoe moet die jongmens sy lewe
hou? Ps 119: 9
11
————————————————————————————————————
Gebedsversoek. Skeur af en plaas in kollektesak. Ek sal as gebedskoördineerder dit na
die diens insamel. Jy kan anoniem bly of die versoek onderteken.