Nuusbrief 8 Vrydag, 4 Maart 2016 www.wouwtjies.co.za Deystraat, Nieuw Muckleneuk Tel: 012 460 3024/6181 Faks: 012 346 4847 Jy kan ook op ons voorblad adverteer! Kontak: [email protected]LW: Produkte/Dienste hier geadverteer word nie noodwendig deur die skool gekondoneer nie. Lees meer oor ons Kaskardag op bl. 7, 8 en 9 van hierdie Wouwtjienuus!
16
Embed
Lees meer oor ons Kaskardag op bl. 7, 8 en 9 van …...Die akademiese kwartaal hierdie jaar is slegs agt weke lank, waar ʼn kwartaal normaalweg .en weke lank is. Die eerste drie weke
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Transcript
Nuusbrief 8 Vrydag, 4 Maart 2016 www.wouwtjies.co.za
Carmen Vant Wout UNISA Musiekteorie Voorgraads 1 Lof
Datus du Preez UNISA Musiekteorie Voorgraads 1 Lof
Lindy Grobbelaar Spraak- en
Dramakollege
Mondelinge kommunikasie eks. Lof
Kyla Janse van Rensburg
Trinity College London
Initial Piano Merit
Baie geluk aan die volgende leerders met hul pragtige kultuuruitslae.
5
5
Herwinning Afsluiting: Vrydag 11 Maart is afsluiting van herwinning vir die eerste kwartaal. Alle groenmuntstukke moet Vrydag ingehandig word. Leerders kan steeds herwinning skool toe bring en groenmuntstukke versamel. Hulle kan die muntstukke hou vir die tweede kwartaal. Beloningstelsel: Eenmalig
Wapentjie vir elkeen wat 50 plakkers en meer versamel het - ‘n wapentjie word eenmalig gegee sodra leerder hierdie aantal kaartjies bereik. Per kwartaal: Beloning word gegee aan die leerder in die skool wat daardie kwartaal die meeste groenmuntstukke versamel het. ‘Groengeld’ word toegeken. Tien groenmuntstukke is gelyk aan 1 Wouwtjie Groengeld. Leerders gebruik hul Groengeld om ’n prys te ‘koop’ op ’n spesifieke dag en tyd. Die Groengeld kan ook gespaar word tot ’n volgende kwartaal, maar moet binne dieselfde jaar gebruik word. Die klasse waarvan elke leerder in die klas herwin het kan gewone klere aantrek op ’n spesifieke dag. Einde van die jaar: ’n Addisionele eerste, tweede en derde plek prys vir leerders wat algeheel deur die jaar die meeste herwin het word toegeken. BAIE BELANGRIK!! GEEN KOS OF ORGANIESE MATERIAAL MAG OP DIE HERWINNIGSTER
REIN GESTORT WORD NIE!! Nasionale natuurbewarings dag 3 Maart: Ons vier nasionale natuurbewaringsweek saam met die kaskar volgende week waar diere by die skool kom besoek aflê. Nasionale natuurbewaringsdag is ingestel om ons natuurlike fauna en flora te beskerm teen vernietiging en misdaad. Ons kan ’n groot rol speel deur byvoorbeeld te weier om onwettige renosterhorings en ivoor te koop en seker te maak wanneer ons produkte koop van die wêreld oseane en tropiese woude dat dit wetlik bekom en verkry is. E-waste dag 17 Maart! Wouwtjies onthou asb om alle ou elektroniese toerusting te bêre vir 17 Maart!!! Wêreldwaterdag 22 Maart en Waterbesparingsmaand Maart maand is waterbesparingsmaand en Dinsdag 22 Maart is Wêreldwaterdag.Om dit te vier gaan ons op 14 en 15 Maart waterweek hou, waarin elke kind gryswater (gebruikte water soos byvoorbeeld badwater en skottelgoedwaswater) moet skool toe bring. Ons gaan die water gebruik om die skool se tuine nat te gooi. Daar sal ook ‘n prys wees vir die drie klasse wat die meeste gryswater skool toe bring. Onthou om Maandag 14 Maart en Dinsdag 15 Maart jou gryswater te bring. Envirouw-groete
Ons wil graag ons ouergemeenskap bewus maak van onderstaande
reëlings wat ons reeds by twee geleenthede vanjaar met die
leerders bespreek het ... in verband met “gewone klere” wat met
uitsonderlike geleenthede en wanneer ʼn leerder verjaar, skool toe
gedra mag word.
♦ Hare (dogters) moet steeds vasgemaak en uit die gesig wees.
Seuns se hare word soos die skoolreëls voorskryf, gedra.
♦ Géén juwele, grimering of naellak nie.
♦ Geen kort broekies; rompies of rokkies nie.
♦ Geen veterbandjie-toppies nie.
♦ Die goue reël: broeke én rokke/rompe net bokant die knieë.
Dankie dat ons kan staatmaak op u toesig en hulp van die huis se
kant af oor hierdie sensitiewe onderwerp.
7
7
8
8
9
9
10
10
RUGBY-OEFENTYE
(Maandae, Dinsdae & Donderdae) SKOOL: BRÜNSLICHPARK: o.10 A en B 14:00-15:15 2de en 3de Span 14:00-15:15
o.9 A en B 15:15-16:30 o.11 A en B 15:15-16:30
1ste Span 16:30-18:00
NETBAL-OEFENTYE
o.7 tot o.9 oefen vanaf 13:40 tot 15:00 (Maandae, Dinsdae en Donderdae)
o.10 tot o.13 oefen vanaf 14:00 tot 15:30 (Maandag, Dinsdae en Donderdae)
RUITERSPORT
Sterkte aan al die ruiters wat die naweek aan die tweede SANESA Interskole Ruiterkompetisie deelneem. Ons weet dit sal sommer goed gaan. Waak en werk.
SWEM
Baie geluk aan Suné Liebenberg wat gekies is vir die Gauteng-Noord swemspan. Suné gaan van 18-22 Maart in Port Elizabeth deelneem.
TENNIS
Vergadering vir alle tennis-ouers vind plaas op Donderdag, 10 Maart 2016 i.v.m. die daagsisteem. Plek: Langs die snoepie.
ATLETIEK
Baie geluk aan die volgende atlete wat Gauteng-kleure ontvang het: Tuané Lindeque (100m en 200m), Marco Roos (1 200m) en Bianca Bezuidenhout) (verspring). Hierdie atlete ver teenwoordig Gauteng by die Suid-Afrikaanse kampioenskappe - welgedaan! Ons hou styf duim vas!
11
11
HOKKIE-KURSUS (Buite-skoolverband) Northern Blues Primary bied kursusse by Rietondale aan in die tweede
kwartaal (15 en 16 Augustus). Kontak gerus Juf. Anlie Fourie vir meer in-
Ouers moet asseblief kennis neem van die volgende twee rugby- en netbalwedstryde:
♦ 8 Maart teen Genl. Hendrik Schoeman in Magaliesburg
♦ 15 Maart teen Laerskool Helderkruin in Roodepoort
Daar sal busvervoer gereël word vir die spelers. Aangesien dit redelik ver is, sal die skool op beide die dae om 13:00 uitkom, sodat die busse betyds kan vertrek.
Daar sal wagklasse gereël word vir ouers wat nié hulle kinders om 13:00 kan kom haal nie.
Ek my kind op bogemelde datums om 13:00 sal afhaal by die skool.
My kind sal asb. van die wagklas gebruik maak op bogemelde datums.
______________________ ________________________
Ouerhandtekening Kontaknommer
12
12
Donderdag, 17 Maart vanaf 18:00 - 21:00
Kaartjies te koop
eerste pouse
14,15, 16 en 17 Maart
Kom soos jou gunsteling
Hollywood-karakter!
Kaartjies: R60 (R70 by die deur)
Te koop:
Lekkers, chips en
koeldrank
13
13
14
14
Jy kan ook hier adverteer! Kontak: [email protected] LW: Produkte/Dienste hier geadverteer word nie noodwendig deur die skool gekondoneer nie.
VARS PLAASEIERS
R35.00 GROOT (30) (51-58 GRAM)
R40.00 EKSTRA GROOT (30) (59-65 GRAM) SKAKEL VIR BESTELLING EN AFLEWERING
COBUS 084 777 0205 OF AMELIA 083 229 3511
Ultimate Kitchens Kombuise & ingeboude kaste
Studeerkamers
‘Dry walling’ & Plafonne
Teelwerk & verfwerk
3D program. GRATIS KWOTASIES
Glen Lord : 082 788 2772
Ultimate Upholstery Herstoffering van meubels
Maak van kussings
Ottomans en headboards
‘Pelmits’
Gordyne & Blindings
Binnehuisversiering
Christa : 082 376 7605
VOERTUIGLISENSIES
Hernuwings – Registrasies
Nommerplate
Verander van ander provinsies na Gauteng
CAS 082 431 5073
Betroubare tuinier Joseph is ʼn betroubaar werker wat
tuinwerk soek vir Di. en Do.
Joseph: 084 985 3887
15
15
WILDERNESS DUNES
3 slpk-woonstel by Wildernis, 18 Maart tot 1 April 2016.Pragtige ligging hoog op duine met see-uitsig en trappies af na Wildernisstrand. Ten volle gediens. R5000 per week.
Mev.E.Cronje 0715942076
FYNBOS VILLAGE
Ruim, moderne 3 slpk-woonstel in Fynbos Village op Pinnacle Point Gholflandgoed naby Mosselbaai. Mooi uitsig op gholfbaan en see. Dienste moet gereël word, maar woonstel is ten volle toegerus (linne en handdoeke ingesluit.) R4000 per week.
Mev.E.Cronje 0715942076
VERVOER BENODIG
Vervoer benodig tot Aug. 2016 vir AvW-leerder soggens vanaf Woodlands Estate, Moreletapark teen vergoeding vir brandstof.
Antoinette 0829284079
16
16
TOASTMASTERS
Session 4 held on 22 February 2016
Competent Chairladies: Kristie Güldenpfennig and Marné Schoonraad
Best impromptu speeches: Lila Naudé and Robynne Ferreira
Best prepared speeches: Dané Smit and Nicus van Heerden
Excellent sound team members: Warno van Rensburg and Christian