Nuusbrief 3 Vrydag, 29 Januarie 2016 www.wouwtjies.co.za Deystraat, Nieuw Muckleneuk Tel: 012 460 3024/6181 Faks: 012 346 4847 Jy kan ook op ons voorblad adverteer! Kontak: [email protected]LW: Produkte/Dienste hier geadverteer word nie noodwendig deur die skool gekondoneer nie.
20
Embed
Laerskool Anton Van Wouw - Nuusbrief 3 - 2016Laerskool Anton van Wouw benodig ʼn onderwys-assistent, wat behulpsaam kan wees met sportorganisering en sportafrigting. Kandidate wat
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Transcript
Nuusbrief 3 Vrydag, 29 Januarie 2016 www.wouwtjies.co.za
Laerskool Anton van Wouw benodig ʼn onderwys-assistent, wat behulpsaam kan wees met sportorganisering en sportafrigting.
Kandidate wat ervaring het van rugby-, atletiek- en krieketafrigting word uitgenooi om u CV na [email protected] te stuur.
Meld ook asseblief u prestasies wat u in die onderskeie sportsoorte behaal het.
Voorkeur sal gegee word aan kandidate wat onderwys studeer.
Aansoeke sluit 1 Februarie 2016.
SKOOLGELDE Ouers kan kragtens Artikel 41(5)(a) van die Wet aansoek doen om vrystelling of gedeeltelike vrystelling van skoolgelde soos voorsien kragtens Artikel 39 van die Wet en die regulasies wat daarby aansluit. Indien ‘n ouer volgens die riglyne van die Onderwyswet van SA kwalifiseer vir die kwytskelding van sy/haar skoolgeld en al die nodige dokumente is deur die Beheerliggaam ontvang, sal die kwytskelding volgens die neergelegde glyskaal toegestaan word. Aansoeke sluit 29 Februarie 2016.
Vakature: Pre-primêr Naskool ‘n Vakature vir Pre-primêr Naskool personeel is beskikbaar vanaf
1 Februarie 2016.
Ervaring van Pre-primêre onderrig sal as aanbeveling dien.
Kontak Elmarie 082 730 2022
3
3
Beplan vooruit!
Bestel jou Wat Nouw? Skoolkoerante vir 2016 Die Wat Nouw? is Laerskool Anton van Wouw se leerdergedrewe
skoolkoerantjie wat in 2014 in Media 24 se Nasionale
Skoolkoerantkompetisie weggestap het as die beste skoolkoerant in
Gauteng! Daar is altyd hope nuus om te lees, lekker aktiwiteite om te doen
vir alle ouderdomme asook pretkompetisies.
Maak seker dat jy nie ’n uitgawe misloop nie! Bestel nou reeds jou
kwartaallikse uitgawe van die koerantjie teen ’n afslagprys van R25 vir al
vier uitgawes. Indien jy dit aan die einde van elke kwartaal koop, sal die
koerante teen R7,50 per uitgawe beskikbaar wees.
Voltooi die onderstaande skeurstrokie en plaas dit tesame met jou R25 in ’n
koevert. Handig so gou moontlik die koevert by jou
registeronderwyser in. Hierdie aanbod sluit op 8 Februarie.
Spesiale aanbod: Wat Nouw? Skoolkoerant teen R25 vir vier uitgawes
Naam en van: _________________________________ Graad: ____/____
Ek bestel graag die Wat Nouw? Skoolkoerant vir die volgende vier kwartale
teen R25 vir al vier uitgawes, en sluit hierby my R25 in.
_______________________ ________________________
Handtekening van ouer/voog Kontaknommer
4
4
5
5
6
6
Ma’s wat omgee ‘Die Here sal julle seën en julle beskerm; die Here sal tot julle redding verskyn en julle genadig wees; die Here sal julle gebede verhoor en aan julle vrede gee!’ (Num 6:24-26)
'The Lord bless you and keep you; the Lord make his face to shine upon you and be gracious to you; the Lord lift up his countenance upon you and give you peace.’ (Num 6:24-26)
REDENAARS
Inligting rakende Redenaars 2016
Die interne redenaarsuitdunne van die skool vind plaas op die volgende datums:
29 Februarie 2016 vir die Graad 1 – 3 sowel as die Graad 4 – 5 leerders. 1 Maart 2016 vir die Graad 6 – 7 leerders.
Enige leerder mag aan hierdie interne uitdunne deelneem. Na aanleiding van die punte wat deur die eksterne beoordelaars toegeken word, sal daar 5 leerders uit elke afdeling aangewys word wat die skool by die ATKV se kompetisie sal verteenwoordig. Hierdie ATKV kompetisie vind plaas op 22 en 23 April 2016 by Hoërskool Menlopark. (Daar is ook gedurende Septembermaand geleentheid om aan die Radikale Redenaarsfees deel te neem, maar dit het niks met hierdie eerste rondte uitdunne vir die ATKV te doen nie.) Enige leerder wat graag hierdie jaar aan Redenaars wil deelneem, kan ‘n inligtingstuk by my kom afhaal of u kan my skakel by 0834544457.
Hoop om almal van julle te sien by die Redenaars 2016.
Me. Sonia van Rooy
(0834544457)
7
7
FOTODAG: WOENSDAG 17 FEBRUARIE 2016
Die eerste fotodag vir 2016 is om die draai. Op Woensdag, 17 Februarie 2016 word die volgende foto’s geneem. Let asseblief op die korrekte kleredrag wat leerders moet saambring skool toe.
Na afloop van die fotodag sal u geleentheid kry om die foto’s te bestel. Hou
asseblief die nuusbrief dop vir meer inligting.
FOTO KLEREDRAG
Klasgroepe Individuele foto's Gr. 2 - 7
Netjiese somersdrag,
met skoene en kouse, en geen naambalkies, vir alle foto’s.
Daar is nog enkele plekke vir klavier-, viool- of sanglesse oop by Anton van Wouw se MUSIEKSENTRUM. Kontak die volgende onderwysers indien u belangstel:
Klavier: Elri by 083 642 3219
Viool: Joy by 076 259 4383
Sang: Nadya by 082 767 6518
9
9
Die Voortrekkers (Dirkie Uys Kommando)
Eerskomende Maandag kom almal om 16:30 by die spansentrum bymekaar. Ons gas is Anria van Heerden van “Caring Daisies”. Anria gaan die kinders meer vertel van liefdadigheidswerk en fondsinsamelings, sodat elke span hierdie jaar hulle omgee projek kan aanpak met beter kennis en begrip.
Kom ons probeer vanjaar om so ver as moontlik om alle papierwerk te skandeer en per e-pos terug te stuur aan die admin persoon van u span, of u span se offisier. Dit maak die proses makliker vir almal en die kans dat papierwerk verlore gaan is uitgeskakel met e-pos.
Kinders se inskrywing as lid/ voortsettingsvorm moet asseblief so gou as moontlik voltooi en deurgee word. Onthou asseblief ook die getekende betalings ooreenkoms en die bewys van betaling.
Ons hoop om vanjaar al die Penkoppe en Drawwertjies en hul ouers by ons Kommandokamp te sien. Die inskrywings vir die kommandokamp (19-21 Februarie) sluit 5 Februarie. Maak asseblief seker die span se admin persoon ontvang die dokumentasie en bewys van betaling betyds. Indien u dit reeds ingegee het bevestig asseblief net met u spanoffisier by wie u dit ingedien het.
Die skool moet die leerders inskryf en daarom vra ons dat die kinders se inskrywingsvorms teen DONDERDAG, 4 FEBRUARIE by juf. Karen van Rooyen ingegee sal word.
15
15
NB: ALGEMEEN
• Alle rugby en netbaloefeninge begin amptelik op 15 Februarie 2016
• Alle sportmeriete trofees moet asb. voor of op 20 Februarie ingehandig
word.
• Die Gr 1-3 swemgala word verskuif van 2 Februarie na 11 Februarie.
Die gala begin om 13:30.
Wouwtjies Bulletjierugby Komende week skop ons Bulletjierugby af met ‘n Oorsig vir Ouers in die skool se amfi af. Datum: 2 Februarie - 17:30 Alle Gr.R tot Gr.2-Ouers wat graag hul kinders wil laat
speel, is baie welkom om by ons aan te sluit!
Oefening: Dinsdag- en Donderdagmiddae
Vanaf 16:30-17:30 by Brünslichpark in Julius
Jeppestraat.
Eerste oefening : Dinsdag, 9 Februarie
Sien julle almal daar!
Pa’s… Herhaal asb: “Ek wil graag ‘n Bulletjie afrigter wees in 2016!”
Vir enige navrae WhatsApp gerus: Andrew – 0828542641 of Jaco - 0827172348
16
16
Herwinning
Hoe werk herwinning by Laerskool Anton van Wouw?
Ons verduidelik graag , hoe ons nuwe herwinningstelsel werk. Ons maak van die herwinningsmaatskappy Wategroup gebruik. U kan enige oggend van die week u herwinbare goedere (soos hieronder uiteengesit )in die verskafde groen sak, aflaai by die herwinningsterrein wanneer u, u kinders aflaai by die skool. Die herwinningsterrein is in Langestraat geleë. Slegs glas, broodknippies en jogurthouertjies word apart herwin. Al die ander herwinbare goed word deurmekaar in die groen herwinningsak geplaas. In die oggende voor skool is ons Graad 7 herwinningsleiers daar aan diens om hand by te sit met die aflaai van goedere , uitdeel van herwinningsmuntstukke en verskaf van nuwe groensakke. Die herwinningsmuntstukke word saam met u kinders na hul registerklasse geneem waar hulle dit in ‘n spesifieke lêersakkie plaas. Aan die einde van elke kwartaal word die outjies wat die meeste herwin het beloon. Glas
Die kompetisie tussen skole om te kyk wie die meeste glas herwin begin weer die jaar.. Bring dus asseblief al jou glas skool toe vir die groot groen glasbanke. Onthou asseblief om dit nie met jul plastiek en papier te meng nie. Indien daar ouers met besighede is wat bereid is om hulle glas aan ons te verskaf kontak asseblief vir juffrou Anè Friedrich by [email protected] . Karton en papier Alle papier, koerant, tydskrifte en platgedrukte karton word in die groensak geplaas. Blikke en plastiek
Alle uitgespoelde plastiekhouers, sakke en bottels , asook uitgespoelde blikke en enige Tetra Pak (dit is bv. sap- en melkbokse wat met foelie uitgevoer is) word ook in die groensakke geplaas. Draai asseblief alle bottels se proppe af en gooi dit los in die sak. Batterye en inkkassette
Bring ook inkkassette skool toe. In Juf. Anè se klas is daar ‘n houer vir inkkassette. Kom kry daar jou “token” indien jy van kassette herwin! Batterye word nie meer by die skool herwin nie u is egter welkom om self by Pick n Pay te gaan herwin. Elektroniese herwinning(e-waste) Van die jaar af doen ons ook elektroniese toerusting herwinning. Alles wat werk met elektrisiteit of batterye en wat jy nie meer gebruik nie of dit funksioneer nie meer nie word geklassifiseer as elektroniese herwinning. Die e-waste dag vir die eerste kwartaal is Vrydag, 17 Maart. Bêre dus al jou e-waste en bring dit 11 Maart skool toe. Daar sal groenmuntstukke uitgedeel word vir e-waste.