Top Banner
Kroonnuus Kroonnuus TEL (056) 212 3171 DINSDAG 9 APRIL 2013 GRATIS Tharine Geldenhuys en Marlene Jordaan MOQHAKA se uitvoerende burge- meester het Donderdag weer nie ge- sig gewys om ’n versoekskrif van die DA tydens ’n protesoptog oor die oop toilette in Rammulotsi, Viljoens- kroon, te ontvang nie. Donald Colbert, voormalige DA- lid en nou ANC-lid in die uitvoeren- de burgemeesterskomitee van Moqhaka, moes instaan om die ver- soekskrif te ontvang. Die Menseregtekommissie (MRK) het sy misnoeë te kenne gegee omdat Moqhaka nie sy opdrag uitgevoer het om die oop toilette in Rammulot- si toe te bou en ’n sesmaandelikse vorderingsverslag in te dien nie. “Dit is onaanvaarbaar dat die mu- nisipaliteit nie verslae oor die toilet- te aan die MRK verskaf het soos hul- le moes nie. “Hulle het dit net nie gedoen nie. Die gemeenskap van Viljoenskroon voel dit is nou genoeg. Die burge- meester moet aan die mense gaan verduidelik hoekom dit so lank duur,” het Patricia Kopane, DA-lei- er van die Vrystaat, aan Kroonnuus gesê. “Ons (die DA) tree nou namens die mense van Viljoenskroon teen die munisipaliteit op.” Inwoners van Viljoenskroon is verder verneder omdat ’n nuwe uit- breiding, Northleigh, die emmer- stelsel moet gebruik omdat beloftes om toilette aan die rioolstelsel te koppel nie nagekom is nie. Sowat 750 sinkstrukture is toegelaat om op die Northleigh-gebied opgerig te word met die belofte dat toilette hier spoe- dig opgerig sou word. Dit is nie ge- doen nie. Inwoners van Viljoenskroon is keelvol vir die herhaaldelike sken- ding van menseregte om basiese dienste en waardigheid te herstel in- gevolge die MRK se beslissing dat die nagenoeg 2 300 oop toilette toege- bou moet word. Verlede week het die DA minister Tokyo Sexwale en die LUR Olly Mlamleni selfs gedagvaar om oor die oop toilette voor die parlement te verskyn. Verder eis die DA amptenare wat nie hul werk met die toilette se toe- bou gedoen het nie, moet aangetree word. “Die munisipaliteit gee nie vir die mense om nie en het geen respek vir die gemeenskap nie.” Sy het ook gesê die toestand van die paaie is ’n gemors. “Die munisipaliteit moet sakege- leenthede deur ’n goeie infrastruk- tuur skep, maar dit word nie gedoen nie. Die munisipaliteit doen nie sy werk nie.” Voorts wil die DA Mohapi dwing om ’n forum te begin om inwoners se probleme aan te hoor en op te los. “Ons wil binne 14 dae ’n verslag oor die toilette op ’n spesiale raads- vergadering ter tafel sien,” eis Kopa- ne. Colbert het gesê hy gaan die me- morandum aan die burgemeester oorhandig, wat dan later daarop sal reageer. ) Kyk na ’n video van die optog by www.volksblad.com. DA dik vir oop toilette WENNERS. Die Kroonstad-rugbyklub is die oorkruisliga- wenner vir 2013. Hier vier die span die sege met die antieke uit- daagbeker wat sedert 1902 bestaan. Dié be- ker is deur die Wan- derers-rugbyklub aan die Griffons geskenk, nadat die klub ontbind het. Lees bl.12 vir die aksieberig en besoek www.kroonnuus.co. za vir aksiefoto’s. Die spelers en belang- hebbendes is van links, voor: John-Ver- non Masuret, Corné Cronjé en Jacques Labuschagne; eerste ry: Jan du Toit, CJ Schlebush, DJ Cor- nelissen, Lucas Bou- cher, DH Botha, Pe- trie Kunz en Nelis de Kock; tweede ry: Al- wyn Hugo, Christiaan Cornelissen, Fran- cois de Jonge, Kobus Klopper en Theo Erasmus; agter: Coe- nie Westraadt, Nico Posthumus, Ruan Gagiano, Hannes van Schalkwyk, Bryan Meyer, Deon Slab- bert, Luan Kleyngeld en Tiaan van Wyk; heel agter: Pieter Cockeran. Foto: Martin Venter Kroonstad bo! Kroonnuus Kroonnuus
12
Welcome message from author
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Transcript
Page 1: Kroonnuus 9 April 2013

KroonnuusKroonnuusTEL (056) 212 3171 DINSDAG 9 APRIL 2013 GRATIS

Tharine Geldenhuys enMarlene Jordaan

MOQHAKA se uitvoerende burge-meester het Donderdag weer nie ge-sig gewys om ’n versoekskrif van dieDA tydens ’n protesoptog oor die ooptoilette in Rammulotsi, Viljoens-kroon, te ontvang nie.Donald Colbert, voormalige DA-

lid en nou ANC-lid in die uitvoeren-de burgemeesterskomitee vanMoqhaka, moes instaan om die ver-soekskrif te ontvang.Die Menseregtekommissie (MRK)

het symisnoeë te kenne gegee omdatMoqhaka nie sy opdrag uitgevoer

het om die oop toilette in Rammulot-si toe te bou en ’n sesmaandeliksevorderingsverslag in te dien nie.“Dit is onaanvaarbaar dat die mu-

nisipaliteit nie verslae oor die toilet-te aan dieMRK verskaf het soos hul-le moes nie.“Hulle het dit net nie gedoen nie.

Die gemeenskap van Viljoenskroonvoel dit is nou genoeg. Die burge-meester moet aan die mense gaanverduidelik hoekom dit so lankduur,” het Patricia Kopane, DA-lei-er van die Vrystaat, aan Kroonnuusgesê.“Ons (dieDA) tree nounamens die

mense van Viljoenskroon teen die

munisipaliteit op.”Inwoners van Viljoenskroon is

verder verneder omdat ’n nuwe uit-breiding, Northleigh, die emmer-stelsel moet gebruik omdat beloftesom toilette aan die rioolstelsel tekoppel nienagekomisnie. Sowat 750sinkstrukture is toegelaat om op dieNorthleigh-gebied opgerig te wordmet die belofte dat toilette hier spoe-dig opgerig sou word. Dit is nie ge-doen nie.Inwoners van Viljoenskroon is

keelvol vir die herhaaldelike sken-ding van menseregte om basiesedienste enwaardigheid te herstel in-gevolge die MRK se beslissing dat

die nagenoeg 2 300 oop toilette toege-bou moet word.Verlede week het die DA minister

Tokyo Sexwale en die LUR OllyMlamleni selfs gedagvaar omoor dieoop toilette voor die parlement teverskyn.Verder eis die DA amptenare wat

nie hul werk met die toilette se toe-bou gedoen het nie, moet aangetreeword.“Die munisipaliteit gee nie vir die

mense om nie en het geen respek virdie gemeenskap nie.”Sy het ook gesê die toestand van

die paaie is ’n gemors.“Die munisipaliteit moet sakege-

leenthede deur ’n goeie infrastruk-tuur skep, maar dit word nie gedoennie. Die munisipaliteit doen nie sywerk nie.”Voorts wil die DA Mohapi dwing

om ’n forum te begin om inwonersse probleme aan te hoor en op te los.“Ons wil binne 14 dae ’n verslag

oor die toilette op ’n spesiale raads-vergadering ter tafel sien,” eisKopa-ne.Colbert het gesê hy gaan die me-

morandum aan die burgemeesteroorhandig, wat dan later daarop salreageer.) Kyk na ’n video van die optog bywww.volksblad.com.

DAdik vir oop toilette

WENNERS. DieKroonstad­rugbyklubis die oorkruisliga­wenner vir 2013. Hiervier die span die segemet die antieke uit­daagbeker wat sedert1902 bestaan.Dié be­ker is deur die Wan­derers­rugbyklub aandie Griffons geskenk,nadat die klub ontbindhet. Lees bl.12 vir dieaksieberig en besoekwww.kroonnuus.co.za vir aksiefoto’s. Diespelers en belang­hebbendes is vanlinks, voor: John­Ver­non Masuret, CornéCronjé en JacquesLabuschagne; eerstery: Jan du Toit, CJSchlebush, DJ Cor­nelissen, Lucas Bou­cher, DH Botha, Pe­trie Kunz en Nelis deKock; tweede ry: Al­wyn Hugo, ChristiaanCornelissen, Fran­cois de Jonge, KobusKlopper en TheoErasmus; agter: Coe­nie Westraadt, NicoPosthumus, RuanGagiano, Hannes vanSchalkwyk, BryanMeyer, Deon Slab­bert, Luan Kleyngelden Tiaan van Wyk;heel agter: PieterCockeran.

Foto: Martin Venter

Kroonstad bo!

KroonnuusKroonnuus

Page 2: Kroonnuus 9 April 2013

2 KROONNUUS, DINSDAG 9 APRIL 2013

FOKUSOP BRANDSTRAAT

Tharine Geldenhuys

BRANDSTRAAT is waarskynlik die straatop Kroonstad met die minste slaggate.Dié straat is veral bekend vir die talle

dokterspreekkamers wat hier te vinde is.Hier kan jy jou eerste skooltree by die

Sentrale Volkskool gee en tersiêre opleiding

by die Flavius Mareka-kollege ontvang.As jy wil glimlag, besoek die tandartse

wat etlike dekades hier praktiseer.Om nie eens te praat van die haarkap-

pers wat hier jou haredos kan tooi nie.Lus vir ’n nuwe motor? Dan is ’n besoek

aan die westekant van die straat ’n moet.Kommer oor jou diere op die plaas kan

blitsig opgelos word deur die staatsveeartsewat kennis kan uitdeel.Jy sal nie spyt wees as jy jou spuittoerus-

ting by waarskynlik die grootste spuittoe-rustingvervaardigers in die land te kry nie.Siek en sat vir net vier kanale op die

televisie? Maak ’n draai by die mense vanDStv.Met gevestigde vleismarkte is plattelandse

diens en vars vleis op rekening beskikbaar.Vul kantoorvoorraad by die gevestigde

winkelier wat in dié ware spesialiseer aan.Onttrek of bank geld by die takkantore

op die dorp.Stukkende radio? Loer in by die oudste

winkel wat in herstel en verkoop vanhuisraad spesialiseer.Alte fyn leer meisies balletdans en

ander dansvorme langs die Presbeteriaansekerk.

Straat bied verskeidenheid

DIE Presbeteriaansesandsteenkerk op diehoek van Oranje­ enBrandstraat opKroonstad is ná dieAnglo­Boereoorlogvoltooi. Lord Milner,hoë kommissaris, hetdie inwyding byge­woon en het ook diehoeksteen op 13 Au­gustus 1904 onthul.Die gemeente is in1898 gestig.Foto’s: Tharine Geldenhuys

BRANDSTRAAT is na ’n Oranje­Vry­staatse president, pres. J.H. Brand, ge­noem.

BELOW: Thousandsof bikers joined in thefun at the Fox Rally,held in Kroon Parkthis weekend. Take aspin on the web atwww.kroonnuus.co.za for more bikeaction.

Photos: Rian Odendaal

LEFT: A splash in thekiddies pool with abike.

A DOUGHNUT without sugar.

Fox RallyFox Rallyreallyreallyhothot

DIE eerstydse munisipale bestuurdervanMoqhaka, Victor Duma, en ’n direk-teur van diemaatskappy Fire and Emer-gency Vehicles van Edenvale, Gauteng,Desmond Moloto, gaan beslis vervolgword. Die departement van openbarevervolging (DOV) het gister in diestreekhof op Kroonstad dié besluit ge-neem. Dié aanklag spruit uit vermeendegeldwassery waarby glo meer asR2,8 miljoen betrokke is.Dit spruit uit die beweerde transaksie

om vir die munisipaliteit ’n padskraperen ’n kompakteermasjien vir ’n stor-tingsterrein van altesaamR2 892 180 vanFire and Emergency Vehicles te koop.Duma enMolotomoet weer op 27 Augus-tus in die streekhof op die dorp verskyn.Die staat beweer kort nadat Duma by

diemunisipaliteit weg is en ’n nuwemu-nisipale bestuurder by hom oorgeneemhet, het ’n ondersoek getoon die masjie-ne is nooit afgelewer nie en is dus ooknie in gebruik nie. Die kontrakte is ge-kanselleer en Absa het die paaiementewat die munisipaliteit al betaal het, te-rugbetaal.Absa het ’n verlies van meer as R2,8

miljoen gely. Die staat beweer Duma het’n lening vir die koop van die twee ma-sjiene sonder die goedkeuring van dieMoqhaka-stadsraad aangegaan en na-mens die munisipaliteit die kontraktegeteken toe die transaksies op 29 Julie2009 beklink is.Die padskraper het R1,3 miljoen en die

kompakteerder R1,4 miljoen gekos. Diemaandelikse paaiement wat die munisi-paliteit betaal het vir die finansieringvan die masjiene was onderskeidelikR47 404 en R50 509.

Duma enMolotowelvervolg

Page 3: Kroonnuus 9 April 2013

KROONNUUS, DINSDAG 9 APRIL 2013 3

saamheid, dankbaarheid, sportmanskap envriendskap.Hoewel die stories kinders vanal-le ouderdomme sal vermaak, behoort leerlin-ge in gr. 2 en ouer dit self te kan lees.Die boekie word ook teen R40 by Volksblad

se kantoor en al sy takkantore te koop aange-bied. Bel Bianca Prins by 051-404-7721 om be-stellings te plaas.

boekie bevat vyf kort stukkies:) Huberta, die wandelende seekoei) Dollie en die honger wesie) Dirk se beste, beste baadjie) Die waterkuilwedren) Krokkie Krokodil se geheimDie stories leer kinders op ’n prettige ma-

nier waardevolle lewenslesse soos mededeel-

TharineGeldenhuys

WAT ’n rubriek metverhale oor Dollie enDirk se doen en latein Kroonnuus opDinsdae was, het uit-gebrei om vir Sus enDaan by die SentraleVolkskool op Kroon-stad met ’n leesreeksvir junior primêreleerlinge te vervang.Verder is die lees-reeks ook op Over-vaal Stereo voorge-lees. Dit word selfs inAustralië in ’n Afri-kaanse tydskrif ge-plaas.Annelize Bester is

’n raakvatter om virkinders verhale met’n lessie te verwoord.Sy spog met talle eer-bewyse vir haar kin-derboeke wat ondermeerATKV-veertjiesinsluit.Volksblad het pas

’n kinderboekie, Vat5 met Dollie en Dirk,uitgereik.Vat 5 met Dollie en

Dirk word op Vrydag12 April om 14:30 inExclusive Books indie Mimosa Mall inBloemfontein be-kendgestel.Kinders kan hier

naAnnelize Bester sevoorlesings kom luister.Heerlike eetgoed sal vir die kinders bedien

word, terwyl hulle vir Dollie en Dirk se mane-wales kan kraai van die lag.Die boekie handel oor die avonture van ’n

groep diere en dan veral Dollie en Dirk, tweevriendelike seekoeikinders wat die wêrelddeur hul onskuldige kinderoë verken. Die

Rubriek in boek saamgevat

KROKKIE KROKODIL op pad hospitaal toe. Illustrasie: Jurgens van Aswegen

Tharine Geldenhuys

“PAYyourdebt to theMoqhakaMunicipality orI relieve you as a councillor.”Moqhaka councillors owe the municipality

more than R1,2 million for services and taxes.Municipal officials owe more than R1,6 millionin services and taxes.JihadMohapi, executivemayor, said in coun-

cil that officials and councillors must makearangements for arrears or a deduction equal tothe amount owed will be done from salaries.A list of the councillors have been submitted

in an annexure to the agenda. The council resol-ved that a list of all councillors and officials indebt must be provided at the next council mee-ting in May.Some 36 of the 50 councillors are up to date

with their municipal services and taxes. Regar-ding the 14 councillors indebt at themunicipali-ty, from as little as R72,30 to an astonishingR94 152,01 are owed by individuals.In the provitional budget for 2013-’14 the 50

councillors benefit in the annual expenditure ofR15 799 678 for councillor salaries, contribu-tions and allowances. Some 784 officials will be-nefit from the R179 984 000 provitional budgetfor salaries, allowances and benefits.Mncedisi Mqwathi’s salary package amounts

to a staggering R1 318 750 per annum, whilst hisdirectors of technical services, community ser-vices, corporate services and chief of financewill get a R1 107 750 package.

Mohapitackles debt

Tharine Geldenhuys

“WHAT are the Moqhaka councillors pushingfor us at the district council meetings? Council-lors must prioritize meetings and put Moqhakafirst,” Disebo Nakedi, speaker of the MoqhakaCouncil, saidat thecouncilmeetingonTuesday.Of the 50 councillors, several leave of absence

were submitted. Mncedisi Mqwathi, municipalmanager, was also absent. Debbie Shahim, DAcouncillor, wanted to knowhowmanymeetingshe has missed. She was silenced on a point oforder by Jihad Mohapi, executive mayor.

Councillors absent

Page 4: Kroonnuus 9 April 2013

4 KROONNUUS, DINSDAG 9 APRIL 2013

meng.Verkoel dit

en bedien dan.

Selae tsa mokopu (butternut)1 kotikoti pynapole e kgabetsweng4 kopi mokopu (butternut) tse ras-

perilweng1 paki tsa peach jellieleswaiMokgwa:Paka pynapole, mokopu, leswai.

Tshela peach jellie hodimo.Nolofatsahantle. Kena ka fridge.

KOUE pampoen? Gerasperde botter-skorsie opgedolliemet pynappel is ’nverrassende slaai.

Maak dit vooraf, dan word dit netlekkerder.Bestanddele:1 blikkie fyngemaakte pynappelsowat 4 koppies grofgerasperde

rou botterskorsiesout na smaak1 pakkie perskejelliepoeierMetode:Meng al die bestanddele.Strooi die jelliepoeier oor en

Hy het al die 7’s gery: OM7; OM77, OM 777, ensomeer.

Toe hy oorlede is, het sy tuinwer-ker, Jerry, OM 7 by hom geërf. Ditwas ’n tweedeur-Mazda.

gespan en die spotprent ook gepubli-seer.

Jaap Grobbelaar vertel OM 7 hetaan wyle dr. Dirk Klopper vanKroonstad behoort.

DIE meegaande spotprent oorKroonstad se haglike paaiemet slag-gate is op 3 April in Volksblad gepu-bliseer.

Marlene Jordaanhet Facebook in-

Woorde sonderdade niks werdONGEAG verskonings wat oor swakdienslewering opduik, is dit nood-saaklik om die woord by die daad tevoeg.

Jihad Mohapi, uitvoerende burge-meester van Moqhaka, het op dieraadsvergadering erken die diensle-wering in Moqhaka is nie na wensenie.

Om aan te beveel dat die finansiëleafdeling van die munisipaliteit her-gestruktureer word, kan dalk netwoorde wees.

Waarom het die hoof van finansiesglo 24-uurkennis aan die einste mu-nisipaliteit gegee? Waarom het dieMoqhaka-munisipaliteit sedert 1994nog geen skoon verslag van die oudi-teur-generaal ontvang nie? Wie te-ken wild en wakker tjeks vir onge-oorloofde betalings wat vir vrugtelo-se projekte betaal moet word?

Verlede week hetKroonnuus berigoor fakture wat vir die betaling vanadvertensiekoste deur MncedisiMqwathi, munisipale bestuurder,goedgekeur is. Wie kyk na diegenewat betalings forseer?

Op voetsoolvlak moet munisipalewerkers met die minimum oor dieweg kom om noodsaaklike diens telewer. ’nMenskandie frustrasie van’n munisipale amptenaar verstaanas hy of sy aanhoudend moet smeek

vir goedere om diens te kan lewer.Hoeveel vragmotors van Moqhaka

is nie gelisensieer nie en hoeveelboetes word deur die verkeersbe-amptes van Moqhaka vir ongeldigevoertuiglisensies uitgereik?

Hoeveel chloor het die watersui-weringsaanleg werklik beskikbaarom skoon drinkwater ingevolge ge-sondheidsregulasies toe te dien?

Hoeveel teer is beskikbaar om dietalle slaggate op die dorp te lap?

Hoeveel bestuurders is verant-woordbaar as die “papaja die waaiertref”? Ek, meneer, en jy, meneer, endie wa is nie gesmeer?

Volgens Mohapi is die verkeerdemense met die verkeerde verant-woordelikhede in poste. Hy is besorgoor inligting wat “uitlek”.

Ingevolge wetgewing is munisipa-le inligting openbare inligting watwetlik op ’n webtuiste gepubliseermoet word. Die munisipaliteit sewebtuiste is 11 keer vir besprekingaan die stadsraad voorgelê. Besoekwww.moqhaka.gov.za. ’n IT-afdelingword hoogs besoldig om dié webtuis-te te hanteer. Feitlik niks tenders ofwetlike dokumente word hier vir diepubliek se insae geplaas nie.Die IT-bestuurder verdien glo dieselfde sa-laris as ’n posvlak 1-bestuurder. Ditis nagenoeg R1,1 miljoen per jaar.

Skool se versorgde terrein ’n riem onder die hartKRIEK VAN NIEKERK, Kroon-stad:

AS ouers van leerlinge aan dieAfrikaanse Hoërskool is ons gereeldbetrokke by sportdae wat by dieskool aangebied word.

Hetsy dit in die somer of winter is,dit was vir my nog altyd ’n riem on-der die hart om die terrein te betreeen te sien hoe netjies en goed versorgdie velde en geriewe altyd vertoon.

Op die Yield-sportdag wat op 16Maart plaasgevind het, het ons baiebesoekers van ander skole en dorpe

op Kroonstad ontvang. Soos voor-heen het vriende van ons van Bethle-hem die terrein besoek en weer aanmy oorgedra hoe besonder mooi ennetjies die Rooiskool se terrein is.

Dít is waarom ek die behoefte ge-had het om die brief te skryf om dieskool en die betrokke personeelledevir die terrein se voorkoms te be-dank.

Dit verg baie tyd en kennis om palso ’n mooi Rooi Eiland te skep endaar te hou.

Dae voordat die terrein benodigword, hardloop Danie van Wyk van

die Rooiskool al rond om alles vir diedag of sportweek wat voorlê, reg tekry.

Dankie, julle, vir die mooie RooiEiland in die hartjie van Kroonstad.

KroonnuusPosbus 309, Kroonstad, 9459

HOOFARTIKEL

Hou gou dié truuk dop

LIZ, Kroonstad:

NA aanleiding van die mens watkla oor eetplekke op Kroonstad.Wat van die sakeondernemings watdeesdae nie eens betyds oopmaaknie?

Personeel daag vyf minute voor

oopmaaktyd op (soos in ’n bekendeapteek). Dan moet jy as kliënt wagtotdat hulle reg is, of jy nouhaastig is of nie. Dit is ongelukkighoe ondernemings op die dorp sakedoen. Wie is verleë oor wie?

Dan word gevra hoekom mensein naburige dorpe gaan inkopies

doen. Waar is die dae toe perso-neellede betyds opgedaag het omalles reg te kry sodat die onderne-ming betyds oopmaak en kliëntenie verontrief word nie?

Mense praat van die munisipali-teit, maar ondernemings lewer ookál swakker diens.

Ondernemings nie reg vir diens teen oopmaaktyd

GEBRUIK ’n eierdop om ’n kleiner stukkie eierdop uit dieeier wat jy oopgebreek het te skep. Dit het skynbaar ’n“magnetiese” krag en werk altyd goed.

Skrik nie virkoue pampoen

’n Storie agter OM 7

SAKELUI is keelvol vir dietalle slaggate in die dorpse paaie. Hier maakJohannes Jama van ’nmotorherstelplek ’n slag­gat in Reitzstraat toe.

Besoek ons by www.kroon-nuus.co.za vir nuus en foto’s.

Page 5: Kroonnuus 9 April 2013

KROONNUUS, DINSDAG 9 APRIL 2013 5

Laat weet ons bywww.kroonnuus.co.za of laat ’n boodskapopKroonnuus se Face-book-blad.

die geval te kry blykonmoontlik te wees.) Watterproblemeer-vaar jy by die plaasli-ke verkeerskantoor?

te vra by die skoolwaaraan ek ’n onder-wyser is,” sê sy.

Om kommentaarvan die kantoor oor

dig,” sê Odendaal.Toe sy Woensdag

weer onverrigter sakeomdraai, het sy be-sluit: “Genoeg is ge-noeg. Ek sal nie weerdie foto’s en lang ryeaandurf vir ’n foutwatnie myne is nie.”

Sy het al verledejaar in Mei haar rybe-wys in die Kroonstad-se verkeerskantoorhernu. Die tydelikerybewys is net sesmaande geldig.

“Die verkeersbe-ampte aan die hoofdaar belowe my elkekeer my rybewys salas “teruggaan om ditaf te haal” beskikbaarwees.Dit is lykmy netleë beloftes. Ek weierom nou enigsins ’nsent te betaal en tyd af

TharineGeldenhuys

ELSA ODENDAALvan Kroonstad sit methaarhande inhaarha-re.Wanneersyeendaghaar wettige rybewysgaan kry, bly ’n opevraag.

“Ek het nie vinger-afdrukke nie. Dit isnou maar so. Ek is ’nwettige landsburgermet ’n wettige identi-teit. Ek voel kwaad enteleurgestel in die pro-vinsiale verkeerskan-toor opKroonstad om-dat ek ná byna 11maandeniemyhernu-de rybewys het nie.

“Ek moes drie keernuwe foto’s laat neemen al die toetse oordoen. Dit is onregver-

Saterdag,27 April 2013

KorrektieweDienste Gholfbaan,

Kroonstad

BBAAIIEE GGRROOOOTTPPRRYYSSEE!!!!!!

Gholfdagten bate vaten bate van Liefdadighn Liefdadigheideid

KKoommppeettiissiiee::AAffssllaaaannttyyee:: 0077::3300 -- 1133::0000IInnsskkrryywwiinnggss:: RR112200..0000 ppeerr ssppeelleerr((pplluuss 11 nniiee--bbeeddeerrffbbaarree pprroodduukk))

IIPPSS

IInnsskkrryywwiinngg sslluuiitt iinn::HHaallffwweegg--hhuuiiss lliiggttee--eettee kkaaaarrttjjiiee,,iinnsskkrryywwiinnggssggeesskkeennkkiiee,, NNaattggaatt oopp bbaaaann

BBeesspprreekkiinnggss::KKoorrrreekkttiieewwee

DDiieennssttee GGhhoollffkklluubb

KKooffffiiee NNeell((005566)) 221155 11771144

GGEELLUUKKSSTTRREEKKKKIINNGG

WWEENN 11 VVAANN 22

DDRRAANNKKHHAAMMPPEERRSS

KKAAAARRTTJJIIEESS @@ RR1100 eellkk

BAIE GROOTPRYSE!!!

GELUKSTREKKING

WEN 1 VAN 2

DRANKHAMPERS

KAARTJIES @ R10 elk

KOM KYK DIE RUGBY OP DIE GROOT SKERM!

ten bate van Liefdadigheid

Kompetisie: IPSAfslaantye: 07:30 - 13:00Inskrywings: R120.00 per speler(plus 1 nie-bederfbare produk)Inskrywing sluit in:Halfweg-huis ligte-ete kaartjie,inskrywingsgeskenkie, Natgat op baan

Besprekings:Korrektiewe

Dienste Gholfklub

Koffie Nel(056) 215 1714

Rybewys hernu nie pret

BYNA 11 maande al wag Elsa Odendaal virhaar nuwe rybewys. Sy moes al drie keer in dieplaaslike provinsiale verkeerskantoor in langrye staan en is steeds sonder haar wettige ry­bewys. Foto: Tharine Geldenhuys

WOENSDAGNAG is talle verkeerstekens op Kroonstad deur ver­meende kwajongens beskadig. Sowat vier stoptekens is in Marais­straat omgestoot. Foto’s: Tharine Geldenhuys

Verniel verkeerstekens

DIESELFDE is met die stoptekens in Klompstraat gedoen.

A GROBLER,Ringerstraat 47,Heilbron:

KROONNUUS is’n hoogtepunt inmy vaal lewetjie.Vergunmy die geleentheid om kommentaar telewer opCogta in diepwater van 26Maart 2013.As dit jou tweede taal is, is dit nie maklik omdie regte woord te gebruik nie.

Olly Mlamleli, die Vrystaatse Cogta-LUR, sêons voorouers het op die Drommedaris hieraangekom en die land gesteel.

As ek Sondag van die kerk af komenmy tele-visie is uit die huis, dan is dit gesteel. ’n Paarweke gelede het ek ses arbeiders voorHeilbronSpar opgelaai. Toe ek hulle wou betaal, vindek uit iemand het my beursie gevat. In albeigevalle was die goed weg. Dit is steel.

Wat mev. Olly wou gesê het, is ontwikkel.Al die grond wat ons voorouers hier gekry

het, is nog hier. Dit is ontwikkel. Dit is nie ge-steel nie. Apartheid het vir julle ’n erfporsienagelaat. Julle steel daardie erfporsie by julnageslag omdat julle sulke groot salarisse vat.

Dít is steel

Page 6: Kroonnuus 9 April 2013

6 KROONNUUS, DINSDAG 9 APRIL 2013

2 x Monster Energy Drinks 473mlR28.90

MUFFINMONDAY

Buy 2

muffinsfor R12

and get a 300ml

Yogi Sipfor R6

and get a 300ml

Yogi Sipfor R6

Promotion consists of any 2 regular muffins and get a 300ml Yogi Sip for R6. Product may differ from image shown. This promotioncannot be used in conjunction with any other promotion. While stocks last. Terms and conditions apply.

CROISSANTKICK START

Vetkoek& mince

with a

500ml Tropikafor

R17.50FEELINGHUNGRY?

500ml Tropika

.50R17

Promotion includes a 500ml Coke and 40/50g Takis biltong for R26.50 and get a free 40g packet of Willards Big Korn Bites. Promotion runs from 11 April 2013 to 07 May 2013. While stocks last.Terms and conditions apply.

500ml Coke & Takis BiltongR26.50

Buy a Takis Snack PackBiltong and a 500ml Coke

for R26.50 and get aFREE 40g Willards Big

Korn Bites.

2 x Party Bags, Simba & Niknaks 200g & Doritos 250g

R27.50

Promotion includes 2 x Party Bags, Simba & Niknaks 200g & Doritos 250g for R27.50. Promotion runs from 11 April 2013 to 07 May 2013. While stocks last.Terms and conditions apply.

SMS THE WORD ‘BP’ AND THE LAST FOURDIGITSOFTHEBARCODETO45075TOENTER

SMS charged at R1.00, free SMS’s do not apply.Terms and conditions apply.

Promotion includes 2 x Monster Energy Drinks (473ml) can at R28.90. Win instant Monster prizes each day (bags, t-shirts, caps and many more). SMS: Monster to 45048 to enter.Please retain your till slip for redemption purposes on all POS. Promotion runs from 11 April 2013 to 07 May 2013. While stocks last. Terms and conditions apply.

Promotion consists of a Vetkoek with mince and 500ml Tropika for R17.50. Product may differ from image shown.This promotioncannot be used in conjunction with any other promotion. This promotion is only available to Gauteng and Western Cape sites.Promotion runs from 11 April 2013 to 07 May 2013. While stocks last. Terms and conditions apply.

It’s what we do 24/7

Promotion includes 2 x Party Bags, Simba & Niknaks 200g & Doritos 250g for R27.50. Promotion runs from 11 April 2013 to 07 May 2013. While stocks last. Promotion consists of a Vetkoek with mince and 500ml Tropika for R17.50. Product may differ from image shown.This promotion Promotion consists of a Vetkoek with mince and 500ml Tropika for R17.50. Product may differ from image shown.This promotion cannot be used in conjunction with any other promotion. This promotion is only available to Gauteng and Western Cape sites. cannot be used in conjunction with any other promotion. This promotion is only available to Gauteng and Western Cape sites.

Spend R49.90

or more in-store and

get a free Sea-Matey.or more in-store and

Sea-Matey.

Promotion includes 2 x Party Bags, Simba & Niknaks 200g & Doritos 250g for R27.50. Promotion runs from 11 April 2013 to 07 May 2013. While stocks last.

R49.90

or more in-store andR49.90

or more in-store andSpend R49.90R49.90

7259

5B/E

Croissantwith

cheese and tomato

and a 250ml

Liqui Fruit for

R 18.5018

Promotion consists of a croissant with cheese and tomato and a 250ml Liqui-Fruit for R18.50. Product may differ from image shown.This promotion cannot be used in conjunction with any other promotion. Promotion runs from 11 April 2013 to 07 May 2013.While stocks last. Terms and conditions apply.

500ml40/50g

+

=

FREE

40g

200g 250g

473ml

Tharine Geldenhuys

PROJEK OUVOLK is ’n projek vanHART (Helping Animals Recover fromTrauma) om ’n stem vir die ouvolk(Smaug giganteus) te wees.Dié reptiel is die stille slagoffer van

onwettigehandel virmoetie endie troe-teldierhandel, asook habitatverliesweens mielie-, koring- en sonneblom-boerdery, mynbou en stedelike uitbrei-ding, sê dr. Yvette Pozyn van HART.ProjekOuvolk hou op 16April ’n stig-

tingsvergadering in die Willem Preto-rius-natuurreservaat (net buite Ven-tersburg). Dit sal om 10:00 begin en be-langstellendesword genooi omhier hulinsette in die voortbestaan en besker-ming van die ouvolk te verseker.Die projek se doelwitte is om inlig-

ting te bied oor die ouvolk, faktore wathul voortbestaan bedreig en pogings

van individue en groepe om ouvolk tebewaar.Pozynsêbewusmakingvandieonwettige handel in ouvolk en bespre-

kings tussenbelanghebbendes inbewa-ring, navorsing en besigheid deur teg-nieke, toerusting, sagteware en die uit-ruil van inligting is noodsaaklik.“Projek Ouvolk wil ’n gesamentlike

projek met wildorganisasies, regering-instansies, die private sakesektor, boe-re en die algemene publiek wees. Onswil ook potensiële gevaargebiede iden-tifiseer wat die voortbestaan van ou-volk bedreig. Ontwikkeling striem diehabitat van die ouvolk,” sê Pozyn.Met die nodige toestemming en per-

mitte sal die ouvolk in veilige gebiedehervestigword.HARThou ’nsensusop-name van waar ouvolk voorkom, hoe-veel op spesifieke plase is, in wattergrondsoort hul gate is en of die gate ingevaar is.Inligting oor die projek is op

www.projectsungazer.co.za. te kry. Rignavrae aan Pozyn by 082-448-7860.

Help red ouvolkmet jou bydrae

OUVOLK (smaug giganteus).Foto: Tharine Geldenhuys

Page 7: Kroonnuus 9 April 2013

KROONNUUS, DINSDAG 9 APRIL 2013 7

SY e-posadres begin met die woordpietpriester. Manne wat saam bid enGod loof, kan gerus op Dinsdag 16April om 18:30 ’n gratis manne-aand

met Piet Jacobs van Welkom as gas-prediker bywoon.

Jacobs het onlangs ’n landwye man-nebyeenkoms saam met Angus Bu-

chan aangebied.Toegang is gratis. Bel die Selkerk by

Reitzstraat 6, Kroonstad, in kantoor-ure by 056-212-4308.

Mans kan hul geloof deurmanne-aand uitleef

Page 8: Kroonnuus 9 April 2013

8 KROONNUUS, DINSDAG 9 APRIL 2013

Alwaysthereforyou

WEEKLYWINNERS

Pick n Pay endeavours to meet the demand for these promotional items, but stocks are limited. Somestoresmaynotstocksomeoftheseproducts. Please check availability: 0800 11 22 88 (toll free landline only. Cellphone rates apply). We strive to ensure all printed information is correct, but will not be liable for any print errors thatmay occur. Advertised prices are inclusive of VAT where applicable. We reserve the right to limit quantities. smartshoppertermsandconditionsapply. Certain products are excluded from the smart shopper programme, please see in store or go online for more details.

1177049B_E

PleaseRecyclewww.picknpay.co.za

TOLL FREE: 08001122 88(LANDLINE ONLY. CELLPHONE RATES APPLY)

CUSTOMERCARE

5699Nescafé Ricoffyin Tin 750g

3199PnP no nameTM

Frozen ChickenBraaipak 2kg

3299Bulk Pork Pack(Consists of Roast,Chops, Rashers &Stew Cuts)

per kg

Producst have been styled for photography

PRICESVALID9-14APRIL2013AT ALL PICK N PAYSUPERMARKETS, FAMILY STORES, MINIMARKETS AND HYPERSIN GAUTENG, FREE STATE, NORTHWEST, MPUMALANGA, LIMPOPO, UPINGTON, KIMBERLEY, KURUMAN AND VRYBURG.EXCLUDING BOTSWANA, NAMIBIA, SWAZILAND, LESOTHO AND EXPRESS STORES.smart shopper points will still apply in Express and Daily Stores.

4989EverFresh Full Cream,Low Fat or Fat FreeLong Life Milk6 x 1 litre

Each

PLUSEARNPOINTS

PEP

1579Sasko Cake WheatFlour 2.5kg

1799Tastic Rice2kg

3499Nescafé CappuccinoAssorted 12s, 10s,8s or 6s

Each

9995SAVE25.00N

OW

ONLY

per pack

Huggies Dry ComfortBulk Pack Mini 66s,Midi 58s, Maxi 50sor Junior 44s

7599Olof BerghBrandy750ml

13699Castle LagerNon-returnable Bottles24 x 340ml or Cans24 x 330ml

per case

CASE PRICE

4999Bulk Beef Mince

per kg

Page 9: Kroonnuus 9 April 2013

KROONNUUS, DINSDAG 9 APRIL 2013 9

MATHEMATICS &PHYSICAL SCIENCEPRIVATE LESSONS.

Individual and specializedContact Marthinus van der

Walt at 072 300 4831

GESPESIALISEERDEINDIVIDUELE

WISKUNDE & FISIESEWETENSKAPPRIVAATLESSE.Skakel

Marthinus van der Waltby 072 300 4831

1989 JURGENSCLASSIC WOONWAte koop - R 35 000Skakel 082 575 3455

30% AFSLAGOP ALLE BLINDERS

Top Carpets056 212 5507

KLEIBAKSTENE ISBETER -

BERT'S BRICKS(Potchefstroom)KleipleistersteneKleisierstene

KleiplaveiselsteneSement-Maxi-Stene

Sement PlaveiselsteneMinimum vragte in

Kroonstad en omgewing10 000 bakstene.018 292 1615

www.bertsbricks.co.za

HOT SPOT:(oorkant Clicks)

GROOT UITVERKOPING!!Kom loer gerus

Vir meer inligting skakelSylvia 082 908 9555

KAPPIE TE KOOPvir langbak IsuzuKB 250 2002 model -

R 5 000Skakel 079 692 4433

KROONHEUWELBAZAARS -056 212 7222Is u opsoek na

yskaste, hardeware,speserye (Freddy Hirsch)

kombuistoebehore.Kom kyk gerus.

SHOETIQUE:(langs ou Cyril Smiedt)

GROOT UITVERKOPING!!Gesondheid &sommerskoene

asook "Crocs & Aerosoft"nou beskikbaar

Vir meer besonderhedeskakel

Sylvia 082 908 9555

POOLWELLSPECIAL!! (GROENSWEMBADDENS)

4 kg "Two Ten" Chloor +"Two Ten" Algeacide virR 240 - Aanbod geldig tot12 April - 056 215 2144

SOEK, KOOP, VERKOOP

Page 10: Kroonnuus 9 April 2013

10 KROONNUUS, DINSDAG 9 APRIL 2013

BESPAAR OP JOUVERHITTINGSKOSTES• Eko-vriendelik• Brandbestand• Knaagdier- en insek-weerstandig

• Nie-toksies• Nie-allergies• Alle dak tipes• Puik insulasie waardes

Tel. 056 212 [email protected]

ComFizonePLAFONINSULASIE

Ons vervaardig:

Skakel058 303 1680

PophuiseStoor- en

huishulpkamersasook

hondehokke!

Trendy Wendy

EK KOOPTWEEDEHANDSE

BREEKWARE, eetgerei enornamente. Ek besoek u tuisSkakel Jenny 083 290 0255

TE KOOP GEVRA:enige elektriese of

handgereedskap asookhoutwerk gereedskap entoerusting, meubels,

yskaste, antieke goedere enenige ander artikels. Skakel056 212 5418 of 076 168 1921

AFSAAG ENVERWYDERING

van bome en "clean-ups"(huishoudelike/ industriële)erwe. Skakel 083 465 9018

LEKKENDE DAK? Skakeldie spesialiswaterdigter.

Gratis kwotasie. Meer as 21jaar ondervinding. 10 jaar-waarborg. Skakel Luther

Cronje 082 891 4052

ROCK STEADY TRADING(Pty) Ltd - 084 714 8925

Seal leaking roof,devils fork, maintenance,

restoration of houses , tiling,paint jobs, drains, carports.

Lightning Conductor.Guarantee given

LOODGIETERLOODGIETER24-UUR-DIENS24-UUR-DIENS

14 JAAR

ONDERVINDING

GEBARSTE PYPE

GEISERS

VERSTOPTE RIOLE

056 215 1515

078 383 8897

KDP DIENSTE

RCS Kaarte ennuwe rekeninge

ook noubeskikbaar.

056 212 2977056 212 2977Noodnommer:Noodnommer:

StefanStefan082 653 6222082 653 6222

OndergrondseOndergrondseelektrieseelektriesekabelfoutkabelfoutopsporingopsporing

Was vansitkamerstelle,

volvloermatte enmotorsitplekke.

Uitsuig van water.Gratis kwotasies.

Skakel

Ronel 082 788 1483

MOJOPLUMBING

Vir alle loodgietersdiensteen verstopte riole is ek daar!

Tertius 073 2700 311 a/u

RESTOUREER ENHERSTEL

van houtmeubelsSkakel Tertius073 2700 311

RE-ENAMEL EXPERTHeremalje van ou

staalbaddens. Ons gebruikegte emalje. Werk

gewaarborg. 071 196 2953.www.jgexpert.co.za

VIR teëlwerk, staalwerk,verfwerk, bouwerk,

loodgieter- enalgemene herstelwerk en

grasdakke.Skakel gerus 083 255 6773.

TAXI DIENSTE:Vir u en u pakkies

( Skakel076 215 2914

TIP TOPProfessionele

skoonmaak van

matte, meubels en

motors.

Gratis

kwotasies.

Navrae:Louis Keyser by

056 215 2306 a/uof 083 282 8184

tipto

p/k

n/1

7m

aart

2009/jurg

WAS VAN VOLVLOER-los matte en

SITKAMERSTELLETop Carpets056 212 5507

24 HOURSSERVICE

24 HOURSSERVICE

38 President Street, Kroonstad

of056 215 1515078 383 8897

VIR ALLE:

GOEIE VERWYSINGS

BOUWERK, DUIWELSVURK,STAALWERK, AFDAKKE,

TEËLWERK, DREINERING,LOODGIETERSWERK,

VERFWERK

RCS Kaarte ennuwe rekeninge

ook noubeskikbaar.

VIR ENIGENAALDWERK

Skakel084 595 2820

VIR HOUTMEUBELSKontak

Dave Jordaan082 573 9927

HARNO VERVOER4 & 8-ton-trok beskikbaar vir

die verwydering vanbourommel en algemene

vervoerwerkSkakel 073 157 7248

JEF'S ALGEMENEVERVOER & NUTSMAN

Verwydering vanbourommel, takke en enige

iets uit erwe ens.083 494 5877 Faks 056 212 1322

FME WEDDING &PARTY PLANNEROnthaal, dekor,

spyseniering, kerse,tafels & stoele, stoelcoverskandelare,"underplates",breekware, tafeldoeke,

Rooimat,ens.Skakel 079 515 8814.

HOUSE OF DÉCORVir die huur van

uitsonderlike items:Tafeldoeke, servette, silwerkandelare groot en klein,

gekleurde glase,onderborde, silwer bakkeens. Skakel 082 554 5852

KAMERS TE HUURAAN

KONTRAKWERKERSSkakel 082 556 6869

ROOMS TO LETContact

082 908 9555

WINSKOOP!!!!50cc YAMAHA JOG

(SCOOTER) met bagasietassie agterop. Goeie

toestand. Padvaardig engelisensieer. R 2 000Skakel 083 7611 236

1989 JURGENSCLASSIC WOONWA

te koop - R 35 000Skakel 082 575 3455

Ek koop byna alle

tweedehandse

voertuie, bakkies,

kombi’s en Ventures

vir kontant.

Ek is bereid om

voertuie te gaan haal.

Skakel

Unis 082 959 9120

of 072 203 1614.

VOERTUIE IN GOEIE

TOESTAND TE

KOOP GEVRA.

Vir die beste

kontantpryse,

skakel Chris

082 800 3270 of

056 212 8328.

HUIS TE HUUR INTUINHOF: Moderne 3 slpk,2 badk, dubbel motorhuis,elektriese omheining. Grooterf. Begin Mei. R 4 400 p m

Steenbokstr. 26.Deposito betaalbaar.Skakel 083 337 3568

TE HUUR3 SLPK WONING met

dubbel afdak op Kraalkophoewe - 1 Mei 2013

Kontak agent 082 264 6222

MÔREWAG: Ruim 3slaapkamers,ingangsportaalsit, eet, komb, badk, stort,

aparte toilet, baie ingeboudekaste, motorhuis, afdak vir4 motors, plesseymeter,

buitegebou met krag/ water,beton omhein. Onmiddelikbeskikbaar. R 3 500 p mSkakel 078 446 6818

PERSELE TE HUURSkakel

082 908 9555of 056 212 3561

2 SLPK WOONSTELte huur. Midde-dorp.

R 1 800 p m.Veilige parkering.Skakel 078 446 6818

Page 11: Kroonnuus 9 April 2013

KROONNUUS, DINSDAG 9 APRIL 2013 11

SY naam is Victor vir Victory. Die polisiemanVictor Malejoane (48) het werklik getriomfeerdeur ná ’n operasie in Oktober 2012 om ’n pas-aangeër vir sy hart te kry sy tweede medalje

in die jaarlikse TweeOseane-ultramara-thon verwerf.Hy het dié ultrama-

rathon in 5:16.00 vol-tooi. Dit is ’n bietjiestadiger as die 4:35wat hy verlede jaargehardloop het.Hy is ’n bekende

marathonatleet vandie Kroonstadse poli-sie en het al begin omvir die Comrades-ul-tramarathon oor so-wat twee maande teoefen. Dit sal die se-wende keer wees dathy daaraan sal deel-neem.Hy het in Januarie

begin oefen, omdat hyhom ná die hartope-rasie vir drie maandestil moes gedra.

TharineGeldenhuys

DIE eerste Rhino Ri-ver-bergfietsren hetonlangs bydie Inloop-plaas in die distrikHeilbron op die R34-roete van Kroonstadaf plaasgevind.Avontuurlustiges

het aan die bergfiets-ren deelgeneem

waarvandie roete oorruwe terrein en spesi-aal ontwerpte paaievir die doel van berg-fietsrenne gestrekhet. Uithouvermoë,fietsryvaardighedeen selfvertroue wasonder meer beslishier getoets. Tegnieseafdraandes en rivier-bruggies het deel vandie roete gevorm omdit interessant vir diebergfietsryers temaak. Die roete hetagterpaaie, brandba-ne, bosse, bulte enveld ingesluit.Die renne is oor

5 km, 10 km, 30 km en60 km aangebied.Peuters het ook ’n1 km-ren gratis geryen ’n nutsgeskenk-pakkie as beloning

gekry.Sowat 94 bergfiets-

ryers het deelge-neem. Die bergfiets-ren het sy ontstaan tedanke aan ’n plaasli-ke Christelike skoolvan Heilbron wat gel-delik sukkel om kopbo water te hou.Die ren is geregi-

streer by FietsrySuid-Afrika en die or-ganisasie se reëls enregulasies wordstreng nagekom.Willie Stoman van

Kroonstad, wat dieondervoorsitter vanFietsry Suid-Afrikase Vrystaatstreek is,het die ren gemoni-tor. Die algeheel eer-ste plek in die 30 km:1) Tyd: 01:38:41 ;Co-

bus van denBerg (17);

junior klas.2) Tyd: 01:50:41;

Evert Kleynhans(17); junior klas.3) Tyd: 01:53:38;

Cornè Calitz (17); ju-nior klas.Die algehele wen-

ners op 60 km:1) Tyd: 03:24:37; Ca-

meron McNeil (34);sub-veteraneklas.2) Tyd: 03:27:51; De-

rik Grobler (32); sub-veteraneklas.3) Tyd: 03:43:51; Ja-

co Calitz (22); seniorklas.Die volgende ren

vind op 27 Aprilplaas. Bergfietsryersspring al om08:00 eer-ste vir die 60 km-renweg. Vir meer inlig-ting skakel 082-837-8880.

Fietsren verg vaardigheid

Victor(y)krybrons

VICTOR MALEJOA­NE van die polisie opKroonstad met sybronsmedalje wat hyvanjaar in die TweeOseane­ultramara­thon verwerf het.

Foto: Tharine Geldenhuys

THE 2012 Workers League netball winner is the SAPS team in Kroonstad. Receiving thetrophy on 23 March are, front: Pulane Motsapole (team manager); from the left, first row:Anna Motsoari, Tseleng Msibi, Tshidi Sekonyela, Cinah Shale, Tshidi Nala, Mase Letsabo,Nono Letsoenyo (secretary), Lucia Rodgers and Betty Moqhae; back: Pricilia Mokoteli.Transnet’s netbal team is the runner­up.

SHOPRITE’S soccer teamis the winner of the WorkersLeague for 2012. From theleft are, front: Tlanyane Neo,Mzankwa Bongani, TsoeuMalei, Tsoeu Katleho andMonokoane Serame; firstrow: Rakhetsi Philip, Thabi­so Platlane, MoroenyaneTsholofelo, Nala Sello andMontsioa Modise; back: Mo­nyobo Jimmy, MophosoSentle, Rantheti Buti, Mbe­se Papi andMogojeModupi.The Moqhaka Municipality’ssoccer team is the runner­up.

KOPPIES -'N NUUTGEBOUDE2 SLAAPKAMER

WOONSTEL in kompleksby Opstal op

RoodepoortdamKoppies.

Baie veilig - sekuriteit.Slegs gesonde betroubareegpaar sonder kinders.Finansieël onafhanklik.

R 2 200 p m.Krag en water ingesluit.

Sel: 082 824 7263

TUINWOONSTEL:1 Slaapkamer, Sitkamer,kombuis, badkamer,

parkeerplek vir 1 motor virsober enkellopende persoon.Beskikbaar 1 Mei. R 1 700

Skakel 078 446 6818

TWEE SLAAPKAMERwoonstel te huur vanaf1 Mei - R 3 000/ maandSkakel 079 692 4433

HOEWE TE KOOP5 Ha hoewe, grens aan

Edenville pad met boorgatsonder verdere verbeterings

R 230 000.00Skakel 083 262 0511 (S.A)

HUIS TE KOOP3 Slaapkamer huis.

SuidrandSkakel 082 908 9555

HUIS TE KOOP OF TEHUUR - Dadelik beskikbaar.Versfeldstr. 31, Wilgenhof.

4 Slaapkamers,2 badkamers.

Groot leefareas + spa.Kontak Johan 083 379 8734

MAN MET vorige koerierondervinding is dringendopsoek na werk. Kan

onmiddelik diens aanvaar.Skakel 073 199 0564

ARBORETUM SENTRUMVIR BEJAARDES

Vakature virINGESKREWE

VERPLEEGSTERPosvereistes:

* S.A.V.R Registrasie* Minstens 5 jaar toepaslike

ondervinding* Bejaardesorg ervaring* Goeie leierseienskappe* Goeie kommunikasie en

menseverhoudinge* Afrikaans magtigStuur u CV aan:Die BestuurderFaks: 056 215 1930

Epos:[email protected]

Sluitingsdatum:26 April 2013 - 12:00

Indien u nie binne 30 dae nasluiting 'n antwoord

ontvang het nie, aanvaar datu onsuksesvol was.

BEMARKER METbewese ondervinding in

landboubedryf, verkieslikmelkerye, gesoek met vorigeverwysings. Moet doelwit

gedrewe en goeiemenseverhoudinge

handhaaf. Woonagtig teKroonstad. Vergoeding opkommissiebasis gekoppel

aan prestasie.Faks CV na 086 666 6153

DOEN ADMIN WERKvanaf jou huis.

SMS naam/ Adresvir volledige infona 071 511 6597

OPSOEK NAELEKTRISIËN -

Moet elektriese planne kanlees. Bereid wees omin Afrika te werkop kontrak basis.Skakel 082 097 4794

REKENMEESTERSPRAKTYK verlang diedienste van data invoer

klerk. Kennis van Pastel enExcel sal voorkeur geniet.Faks CV na 086 628 0256.Sluitingsdatum 12 April2013. Meld salaris verlang.

THE BED SHOPis opsoek na 'n drywer met

geldige rybewys enPDP sertifikaat. Handig CVin by The Bed Shop te H/V

Reitz & Murraystraat.

122 MAGDALENAJOHANNA BERGHBoedelnommer:2821/2013

G v RKENNISGEWINGIn die boedel van wyleMAGDALENA JOHANNABERGH,gebore 16 Augustus 1928,identiteitsnommer280816 0008 086datum van afsterwe6 Maart 2013Huwelikstatus: ongetroudAdres: Huis Edelkroonwoonstel no. 6, Meyerstraat,KroonstadBoedelnommer: 2821/2013

Kennis geskied hiermee aankrediteure en debiteure indie bogemelde boedel om huleise in te dien en skulde tevereffen ten kantore van dieondergemelde binne dertig(30) dae vanaf datum vanpublikasie.

EKSEKUTEURGrimbeek,Van Rooyen & Vennote IngPosbus 1282Kroonstad9500.Tel. 056 212 5197Verwysing:Rachelle Minnie

MALE EXTRA

VIAGRA

056 212 7448

NOU IN

KROONSTAD

BESKIKBAAR

VERBETER LIBIDO

100%

STERKER, LANGER

EREKSIE

100% VEILIG

WERK BINNE 30

MIN.

SPLINTERNUUT OP

DIE MARK

R150 VIR 10

100% DISKREET

African Herbal Store

Reitzstraat 12A

Kroonstad

WARRIORVIAGRA

Steeds in KroonstadbeskikbaarR150 vir

6 Supersterk pille100% veilig, medies

getoets.100%-geld-terug-

waarborg

Beskikbaar by:African Herbal Shop

Reitzstraat 12aWelkom 072 182 2937Gepos word, skakelJandre 073 894 5273

Page 12: Kroonnuus 9 April 2013

12 KROONNUUS, DINSDAG 9 APRIL 2013

A TOTAL of 11 medals in the bag.Barbara Fraatz, master swimmer from

Kroonstad, participated in the South AfricanNational Masters Swimming Championshipsheld in Port Elizabeth, Eastern Cape, from 12 to17 March.Shebagged11medals – threegold, in the200 m

intermediate, 100 mbutterfly and1 kmopenwa-ter swim; five silver, in100 mfreestyle, 50 mbut-terfly, 200 m freestyle and two relays; and threebronze, in 50 m freestyle and two relays.SozetNel clincheda silvermedal for the 200 m

breast stroke and a bronze in the 100 m breaststroke. Sozet swims for the Free State MastersSwimming Club in Bloemfontein in the agegroup 25 to 29 years.Barbara swims for the Coelecaths Swimming

Club in Pretoria in the age group 45 to 49 years.

Master wins11medals

SOZET NEL Photos: Supplied

BARBARA FRAATZ in action.

Danie Swanepoel

KROONSTAD en die Tjisas van die SentraleUniversiteit vir Tegnologie (SUT) van Bloem-fontein het Saterdag kragte gemeet in die Uit-daagbeker-eindstryd tussen die Vrystaat-Chee-tahs en Griffons se klubspannewaar Kroonstadas kampioen met ’n telling van 23-20 uitgetreehet. Indieuitspeelrondeshet dieTjisashul enig-ste nederlaag van 26-30 teen Kroonstad gelywaar Kroonstadweer onoorwonnewas en daar-deur het albei spannehulle verseker van ’n tuis-halfeindstryd. Die Tjisas het deurgedring na dieeindstryd deurmet Bloemfontein-Weermag 60-6af te reken.Kroonstad het vir ’n tuiseindstryd gekwalifi-

seer deur Hennenman met 52-10 te klop. Kroon-stad, wat vanjaar steeds onoorwonne is, en die

Tjisas, wat ’n naby verloor teen Kroonstad ge-had het en die bordjies graag wil verhang, hetverseker dat die eindstryd ’n taai een sal wees.Die eindstryd was vol hoogtepunte aan albei

kante. Die Tjisas het dadelik aangeval en in dievierde minuut ’n strafskop oorgeklits wat ge-volg is deur ’n vervyfde drie omvoor te loopmet’n telling van 10 punte teenoor die nul vanKroonstad wat geantwoord het met ’n drie en ’nsuksesvolle doelskop en net voor rustydweer ’nvervyfde drie om die rustydtelling op 14-10 testaan te bring.’n Strafskop teen die Tjisas het Kroonstad die

kans gegee om sy voorloopkussing met 3 puntete vergroot. Die besoekers het geantwoord entwee strafskoppe in die gebied van Kroonstadoorgeklits omweer die voorlopersmet ’n tellingvan 20-17 te wees. Kroonstad se doelskopper, Ti-

aan vanWyk, het in die laaste kwartier van diewedstryd twee strafskoppe suksesvol oorgejaagom so die eindtelling vir Kroonstad op 23-20 testaan te bring.Kroonstad-puntemakersvir diewedstrydwas

Francios de Jonge met al twee drieë en Tiaanvan Wyk met twee suksesvolle doelskoppe endrie strafskoppe.Met die wen van die eindstryd bly Kroonstad

dus onoorwonne in die 2013-seisoen envermeer-der sy trofeëna tweebekersnadatKroonstaddiesewestoernooi op Hennenman vroeër vanjaargewen het, asook die Uitdaagbeker reeds Sater-dag.Die Tjisas speel in die Stad- en Rowanbeker-

klubrugbyliga van die Vrystaat wat op 13 Aprilbegin. Vanjaar sal die Shimlas die Stadsbekerteen die Ixias, Irawas, Crusaders, Tjisas enBloemfontein-Polisie verdedig.Kroonstad se Griffonliga begin Vrydag teen

Welkom-Rovers in Welkom op die teenstandersse veld. Twee spannevanKroonstad sal die dorpse nuwe rugbynaam teenHennenman,Welkom-Rovers en Welkom-klub in die liga verdedig.) Besoekwww.kroonnuus.co.zavir aksiefoto’s.

Kookwater-rugby gespeel

HARRYPIENAAR (hoof van afrigting by dieGriffons) oorhandig die uitdaagbeker aan LuanKleyn­geld, kaptein van die Kroonstad­rugbyklub. Foto: Martin Venter