Maart 2015 ier glo ons aan SELFWERKSAAMHEID. In ons sentrum by die ingang van Kleinfontein, is die Uit&Tuis Winkelsentrum, wat KBK Administra- sie kantoor, Spookasem onderneming, Klein- fontein Veiligheid en Werke departement se kantore, Mini- mark, Kleinfontein Spaar en Krediet, „n kitsbank vir die in- woners se gerief, Uit&Tuis Vleismark, KBK Raadsaal en die Koöperasie Koffiewinkel en Tuisnywerheid insluit. Beweeg jy verder in Kleinfontein, kry jy die rugbyveld, Ge- meenskapsaal en sy geriewe, Woonwa terrein, CVO Skool (lees meer in die uitgawe), omheinde swembad, woongebied en ons Sorgsentrum. Alles bestuur en onderhou deur ons Afrikaner Kultuurgemeenskap. Hier kan jy stap, visvang, wildkyk, jukskei of rugby speel, Bybelstudie doen, by die leserskring aansluit, aan prettige konserte meedoen en jou talente aanwend ten bate van JOU gemeenskap en JOU mense. Lees in hierdie uitgawe meer oor alles en nog wat hier in ons Afrikaner Kultuurgemeenskap ............. Kleinfontein Om die eiendom in sy besit in 'n leefruimte vir vry- heidsliewende lede van die Boere-Afrikanervolk te ontwikkel, waar hulle alle fasette van hulle eiesoortige volksbestaan, waarvan hulle Christe- like geloof, taal en kultuur die be-langrikste is, vrylik, onbedreig en onverhinderd kan uitleef in 'n plaaslike welvarende ekonomie wat op volkseie arbeid gevestig is.
Die jongste nuus oor dié Afrikanerdorpie oos van Pretoria.
Welcome message from author
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Transcript
Maart 2015
ier glo ons aan SELFWERKSAAMHEID. In ons
sentrum by die ingang van Kleinfontein, is die
Uit&Tuis Winkelsentrum, wat KBK Administra-
sie kantoor, Spookasem onderneming, Klein-
fontein Veiligheid en Werke departement se kantore, Mini-
mark, Kleinfontein Spaar en Krediet, „n kitsbank vir die in-
woners se gerief, Uit&Tuis Vleismark, KBK Raadsaal en die
Koöperasie Koffiewinkel en Tuisnywerheid insluit.
Beweeg jy verder in Kleinfontein, kry jy die rugbyveld, Ge-
meenskapsaal en sy geriewe, Woonwa terrein, CVO Skool
(lees meer in die uitgawe), omheinde swembad, woongebied
en ons Sorgsentrum. Alles bestuur en onderhou deur ons
Afrikaner Kultuurgemeenskap. Hier kan jy stap, visvang,
wildkyk, jukskei of rugby speel, Bybelstudie doen, by die leserskring aansluit, aan prettige konserte meedoen en
jou talente aanwend ten bate van JOU gemeenskap en JOU mense.
Lees in hierdie uitgawe meer oor alles en nog wat hier in ons Afrikaner
Kultuurgemeenskap ............. Kleinfontein
Om die eiendom in sy besit in 'n leefruimte vir vry-
heidsliewende lede van die Boere-Afrikanervolk te
ontwikkel, waar hulle alle fasette van hulle eiesoortige volksbestaan, waarvan hulle Christe-
like geloof, taal en kultuur die be-langrikste is, vrylik, onbedreig en onverhinderd kan uitleef
in 'n plaaslike welvarende ekonomie wat op volkseie arbeid gevestig is.
Dr Deon Lombard MB Ch B MED Reg Unisa Pr 1401017 MP0314579
Die Redaksie behou die reg voor om artikels af te keur, te redigeer of te verkort. Stuur enige bydraes asseblief aan alete@kleinfontein. net
Redaksioneel
'n Besonderse woord van dank aan Marisa Haasbroek wat die af-gelope paar jaar met haar kundigheid die Nuus vir die Kleinfon-teiner 'n lus vir die oog van elke leser gemaak het. Ook vir ons as redaksiespan was dit 'n verfrissende ervaring! Ons wens jou en jou gesin seën en voorspoed toe in die buiteland.....en sien vooruit na jul tuiskoms wan-neer die tyd reg is!
ierdie uitgawe gaan oor Kleinfontein se mense. In 1988 toe ek die eerste keer hier gekom het.....was dit net bome en veld. Daarna was „n
paar feesgeleenthede hier gehou wat ons met die woonwa kom uitkamp het. Vandag is dit 'n gemeenskap met wonings vir jonk en oud, mooi tuine, kinders by die CVO skool, kleinvee by die hoewes. Ons behoud in vandag se tyd is saamstaan, omgee en om dankie te sê vir ons hemelse Vader dat ons deel kan wees van Kleinfontein! „n Tyd gelede lees ek die volgende op „n sosiale mediablad ........woorde wat jy telkemale sien, deur Kleinfonteiners uitgeleef word. MOENIE MOED OPGEE NIE. As jy nie kan vlieg nie, hardloop. As jy nie kan hardloop nie, loop. As jy nie kan loop nie, kruip, maar moenie tot stilstand kom nie. Moet nooit daal nie, styg altyd. As jy nie kan lag nie, glimlag. As jy nie kan glimlag nie, wees dan ten minste bly. As jy nie kan bly wees nie, wees dan tog tevrede. Maar moet nooit moed opgee nie. STREEF ALTYD VORENTOE!
NUUS VIR DIE KLEINFONTEINER 3
CVO Kleinfontein woel reeds vroeg in die jaar!
Een, twee Drie
Een twee Drie! Waar is Marié?
Vier vyf ses, Sy leer haar les!
Sewe, agt, nege, tien! Môre kry sy tien uit tien!!
Bessie Kotzé
BLAFBOUTIQUE MOBIELE HONDESALON
Ons is hondeliefhebbers!
Ons mobiele eenheid sal jou hond by jou huis kom was en skeer.
* Gerieflike en professionele diens in die gemak van jou huis * Personeel opgelei deur die “Pet Groomers Guild of South Africa” * Jou hond ontvang individuele aandag in ‘n bekende omgewing * Geen lang wagtydperke in hokke nie * Ons is Afrikaans en ons werk self
CVO Kleinfontein se atlete het op 21 Februarie 2015 deelgeneem aan die streeksbyeenkoms by CVO Pretoria. Die atlete het be-sonder goed presteer en die meeste van hulle dring nou deur na die SA atletiek byeenkoms in Sasolburg op 20 Maart 2015.
iewe Vriende, ek is gevra om „n oordenking vir hierdie blad te skryf. Ek doen dit graag. Wat hier volg is wel „n preek, maar nie my preek nie. Dit is „n preek van die Here Jesus self. Jy kan dit lees in Lukas 6:27 en daarop volgende verse. Sy woorde dra oneindig meer gewig as my powere pogings om iets van belang te sê of te skryf! Daarom van man tot man (vrou) gelowige tot mede gelowige, hierdie vriendelike, dog ernstige beroep op u. Lees die preek van Jesus met aandag en as dit nodig is meer as een keer, dink daaroor na; neem daaruit wat op jou van toepassing is; doen selfondersoek en handel daarvolgens.
Doen dit met „n gebed in die hart en op die lippe, sodat dit sal dien tot Sy eer en vir jou tot troos en saligheid en hou in gedagte met Wie jy te doen het. Hy is ondeurgrondelik goed en groot sonder end. (Ps 145). Moet asseblief nie my doel met hierdie „oordenking‟ met ander woorde my versoek, my beroep op jou hierbo, sonder meer in die wind slaan of ignoreer nie! Ter nagedagtenis, lees sommer ook 1 Kor 6:1-11. Mag die genade van onse Here Jesus Christus, die liefde van God die Vader en die gemeenskap van die Heilige Gees met elkeen van ons wees. Amen
Vir die instandhouding
van huisbedrading
Nuwe installasies en fout
-nasporing
Installasietoetsing vir die
uitreiking van sertifikate
BEN MOOLMAN
072 243 4297
012 802 1111
HO
OG
LAND
ELEK
TR
IES
Uitroepfooi: R100
Ons bou vir jou toekoms
Meer as 15 jaar ondervinding in residensiële konstruksie
Weeksdae van 07:00 tot 17:30 Saterdae van 07:00 tot 14:00
“ALL ROAD HAZARD” 155/80R13 R 510 165/80R13 R 560 175/70R13 R 590 175/65R14 R 630 185/60R14 R 750 185/65R14 R 700 185/65R15 R 890 195/65R15 R 870 205/55R16 R 950
4x4 BANDE 215R15 R 1200 245/75R15 R 1480 245/70R16 R 1480 265/65R17 R 2350
“STANDAARD WAARDE”
155/80R12 R600
165/65R13 R 540 165/60R14 R 620 195/70R14 R 830 195/50R15 R 650 195/60R15 R 700 205/45R16 R 890 205/40R17 R 740
LIGTE KOMMERSIEEL 195R14CV2000 R 950 205/75R14WSW R 1000 205/75R15WSW R 1240 195/70R15 R 950
In hierdie uitgawe kyk ons bietjie na die mense agter die instrumente!
Annetjie Coetzee
Ek het groot geword skoolgegaan en getrou op Witbank .
Ek het later verhuis en tot my aftrede in Kempton Park
gebly, waar ek my oudste seun in 1989 verloor het in „n
motorfiets ongeluk . In 2014 het ek „n aftree-oord oorweeg
en uiteindelik op Kleinfontein afgekom, waar ek tans heel gelukkig in Wag „n Bietjie woon.
As kind het ek vir twee jaar klavierlesse geneem en na my troue vir my „n trekklavier
gekoop, maar nooit waffers gespeel nie. Na sy dood het ek my seun se elektriese kitaar
gekry en op „n dag gevra dat Christo Wolmarans...bekende boeremusiek musikant.. vir my
die kitaar moet instel.Hy het toe ook vir my „n paar drukke op die baskitaar sowel as banjo
gewys..So het my loopbaan in Boeremusiek begin.
Christo het eers dat net „n paar dames saamspeel, later het ons ingeskryf by die Gulde en as „n damesorkes in die Paarl
2de plek verower. Mettertyd het die damesorkes opgebreek en het ek my by Christo se orkes gevoeg, waar ek nog steeds
speel wanneer nodig.
Op Kleinfontein het Daan Kruger my genader en speel ek tans in die Kleinfontein orkes. Na die heerlike Oujaarsdans
geleentheid hoop ek dat ons benewens ons optrede by KIA (Kleinfontein Inwoners Aksie) ook „n herfs en lente dans kan hou.
Johnny Mc Clintoc
Ek het opgegroei en skoolgegaan in Heidelberg Tvl. My naskoolse opleiding het ek by die
Pretoriase Tegniese Kollege asook by verskeie winter- en somerskole gekry . Ek was
ontwerper by die projekspan vir „n nuwe staalfabriek in New Castle en ek was by die
dorpsontwikkeling en uitbreiding aldaar betrokke. Vir „n kort tydjie het ek ook met vrugte
geboer, maar later van tyd „n lektor in wiskunde by Kollege Tzaneen geword asook
projekbestuurder. Ek het my ook as atletiekafrigter bekwaam.
Tans woon ek op „n hoewe in Kleinfontein waar ek Bestuurder van Werke is.
Ek het groot geword in „n huis met baie musiektalent met „n pa wat enige insrument kon
bespeel en my geleer het. Ek het ook formele opleiding in klasieke klaviermusiek ontvang
en is lief om my eie musiek te komponeer. Menige Saterdag het ons as familie musiek
gemaak tot dagbreek toe.
Ek is met Joeye getroud en ons deel die liefde vir musiek ........ en die liefde vir musiek is ook oorgedra na ons
kinders ...........ons dogter en seun bespeel ook verskeie musiekinstrumente.
Joeye Mc Clintoc
Ek het in Heidelberg grootgeword en skoolgegaan en daarna by dieTegniese Kollege in Pretoria „n sekretariële kursus
gevolg. Vir jare was ek „n skoolsekretaresse en het terselfdertyd met swemafrigting en musiek gehelp. Ek het my eie
swemskool bedryf en lesse in swem, lewensredding, water aerobiese oefening en waterterapie aan gestremdes gegee.
Klawers en Snare, trekklavier en banjo
= Kleinfontein Orkes
Jy kan Nuus vir die Kleinfonteiner in
volkleur lees by
www.issuu.com.
Tik Kleinfontein
in die soekvenster en kies die uitgawe. Volg
ons ook op Facebook by Kleinfontein se
Afrikaners en op Twitter by @Kleinfontein-
KBK.
A FLAIR FOR HAIR Heleen Lizell
Rayton Village Sentrum no 10 Rayton Tel 012 734 4743
Materiaalwinkel
Hannetjie en Bets
(012) 734-4751
Winkel 8
Rayton Park Plaza
Koop of verkoop, ek loop die pad saam met u
Irene Groenewald EIENDOMME
083 228 8572
Mobiele salon beskikbaar
vir tuisbesoeke, ook op Saterdae
30 jaar ondervinding, ook van verswaktes
Baie bekostigbaar
Nuwe haarkapper
Anne Loggenberg
072 965
4133
Wie Wie ry ry saam?saam?
Op soek na ’n saamrygeleentheid na Rayton, Pretoria winkelsentrums, hospitale, Gautreinstasie, skool of OR Tambo lughawe? Skakel Dan by 076 137 3637 en tref ’n reëling. Pryse billik, diens puik, bestuurder opgelei en gelisensieer vir openbare vervoer.
Ek het klavierlesse geneem tot matriek en my eksamens deur Unisa gedoen en
later het ek privaat musieklesse gegee vir kinders en volwassenes en sal dit nou ook
graag doen. As u belangstel kontak my by 0824664079.
Joeye sorg dat die klank van die orkes in harmonie bly!
Koos Erasmus
Koos het grootgeword in die Ermelo distrik. As kinders het my
pa vir ons mondfluitjies gekoop, vandaar ons belangstelling in
musiek. My pa het graag vertel hoe hy vervloë dae by „n
buitedeur moes staan en kitaar en mondfluitjie speel om asem te kry a.g.v. die stof soos die
mense op die misvloere gedans het. Self het ek nooit formele musiekopleiding gekry nie en
eintlik in die weermag regtig begin kitaar speel .Sedert 1966 het ek periodiek in boereorkeste
gespeel.
Ek woon in Kareepark in Kleinfontein waar ek tans in die Kleinfonteinorkes speel. Die orkes
groei en verbeter namate ons oefen en gewoond raak aan mekaar. My wens is dat die mense
die musiek wat ons aanbied sal geniet.
Daan Kruger
Ek het in Pretoria grootgeword, aan die Technikon studeer en by die poskantoor en
Stadsraad van Pretoria gewerk. In standerd vier het ek begin om mondfluitjie te speel en later
by my pa kitaar en viool leer speel. In die sestiger jare het ek saam met my twee broers „n
orkes begin, mettertyd het die orkes uitgebrei.
Ek het benewens die mondfluitjie, kitaar en viool ook die trekklavier, mandolien, klawerbord,
Boere en Engelse konsertina en penniefluitjie leer speel. Ek hou van ligte Afrikaanse musiek
asook Country en Engelse liedjies asook ligte klassieke musiek met mooi melodië.
Ek het my Engelse konsertina by Willie van Wyk (bekende konsertina bouer) van Kleinfontein
laat herstel .Hy het my oorreed om op Kleinfontein te kom woon. Sedert my aankoms was dit „n
droom om hier „n orkes tot stand te bring. In November 2014 het dit gerealiseer en kan ons nou
met trots vir Kleinfontein optree. Ons speel hoofsaaklik vir fondinsamelingsprojekte vir
Kleinfontein. Ek sal graag in die toekoms ook, soos met die oujaarsdans, dat die orkes „n
positiewe bydrae kan lewer.
12 NUUS VIR DIE KLEINFONTEINER
NUUS VIR DIE KLEINFONTEINER 13
Geloftefeeskomitee soek lede
Die Geloftefeeskomitee wil graag alle belangstellende volks-
genote uitnooi om die vergadering te kom bywoon op die 6de
Mei 2015 om 19:00 uur in die Raadsaal (Uit en Tuis Sentrum)
Ons benodig nog lede om te sorg dat daar „n volhoubare ken-
nis basis is wat kan sorg dat ons fees hier kan aanhou groei om ons Afrikaner kultuur met trots uit te dra.
Enige navrae kan gerig word aan Charel Bezuidenhout per e-pos by
klein gr 1 Carli, teenoor „n baie hartseer gr 1 knapie op die
voorblad.
Al is daar soms tye van saamhuil in die Wilcocks-
huishouding, is en bly Carli se humorsin baie spesiaal. Dus
word daar ook baie gelag – vir mekaar, en saam met
mekaar.
Carli is altyd hulpvaardig. Sy is veral gretig om haar ouma
met alles te help –selfs die koppie tee vir ouma se gaste.
D i e p r a g t i g e
verhouding wat sy met
haar boetie, Cyle, het,
is werklik noemens-
waardig. Een van
deernis, begrip, liefde
en beskerming!
Sy is baie lief vir
perde. Mens sal haar
gereeld nog by haar
perdrysessie kry, wat
sy dan ook met
oorgawe geniet.
Carli se deursettingsvermoë laat mens stom staan. Ten
spyte van haar fisiese gestremdheid het sy Majuba al
uitgeklim, sy het graad 4 blokfluit agter haar naam, het
teorie-eksamens 100% geslaag, meegedoen aan swem en
atletiek, en ook 2 balleteksamens geslaag!
Dis nog nie al nie. Sy is „n goeie raadgewer oor verskeie
aspekte. Veral as dit by „n geskenk vir haar ouma kom.
Carl bieg ruiterlik: “Hiermee is sy telkens in die kol!”
Kleinfontein-biblioteek se bibliotekaresse is uiters
dankbaar teenoor Carli wat haar help om van die biblioteek
se boeke op rekenaar te kry. Sy doen ook privaat tikwerk op
die rekenaar vir mense.
Sy het sedert die stigting van die APK gemeente
Kleinfontein, gereeld verbondsonderrig bygewoon en kon
met die besondere prestasie van nooit afwesig te wees nie,
ook belydenis van geloof aflê in die APKerk op Kleinfontein.
Sy is tans reeds vir 3 jaar verbondsonderrigvoorganger vir
die kleuters wat baie erg is oor hulle “juffrou Carli”.
Baie geluk Carli! Mag ons Hemelse Vader jou
dra en seën op jou pad vorentoe. Jy is pragtig en
is voorwaar „n inspirasie vir Kleinfontein se ge-
meenskap !
Verrassing van die dag: Carli vra geleentheid om
haar “spiets” aan die teenwoordiges voor te hou en
neem stelling in by die mikrofoon.
“Toe hierdie program opgestel is,
was ek nog minderjarig, maar
nou is ek vandag mondig en mag
ek seker ook nou „n „spiets‟ lewer
– soos oupa sal sê. Vandag is „n
baie spesiale dag in my lewe. As
ek so rondom my kyk, lyk alles so
asemrowend mooi. „n Dag wat
ek in my hart sal koester, solank
ek leef.
„n Hele paar mense het hard gewerk om hierdie dag
moontlik te maak. Maar daar is twee wat ek wil uitsonder:
MY OUPA EN OUMA!
„Dankie‟ is so „n klein, kort woordjie; tog vul dit my hele
hart vandag. Julle het geen moeite ontsien, om vandag so
ongelooflik spesiaal te maak nie. Baie dankie!!
Dankie dat julle jul lewe opoffer vir my. Soos Paulus, giet
Carli Wilcocks word 21
NUUS VIR DIE KLEINFONTEINER 15
julle julself as drankoffer uit. Nooit sal ek genoeg kan dankie
sê nie. Dankie vir julle algehele toewyding. Dankie vir al die
jare se versorging, ondersteuning en bemoediging. Waar
sou ek wees sonder julle? Ek is my lewe aan Oupa en Ouma
verskuldig. Julle is die beste en ek is baie lief vir julle. Ek
dank ons Hemelse Vader vir my Oupa en Ouma.”
Sy sluit toe af met „n spesiale versoek- „n Lied spesiaal vir
haar Ouma: “DANKIE LIEWE OUMA” gesing deur Nadine.
(Wie kan nou help as daar by so „n besondere mooi geleent-
heid „n traantjie weggepik moet word?)
Ria Pretorius
“Carli en haar Pappa wat hulle reeds in haar kleuterjare ontval het.”
“Gert en Tereza Myburgh (Carli se “Kleinfontein peetouers”), Boetie Cyle, Carli en haar Peetma, Rykie Louw, (Wat haar die dag uit Australie kom verras het!), Carli se oupa en ouma (Carl en Sylvia Wilcocks)”
“Carli en haar Ma, Venessa.”
NUUS VIR DIE KLEINFONTEINER 17
eserskring het 28 Januarie vir die eerste keer hierdie jaar vergader. Die boek
“Die Begenadigdes” van Francine Rivers is deur Marietjie Fourie behandel.
Die boek handel oor die vyf vroue in Jesus se geslags-register volgens Josef se geslagslyn. Tamar, Ragab, Rut, Batseba en
Maria was gewone vroue wat deur God uitverkies was om die voorsate van Jesus te wees. God het hulle elkeen toegerus vir
die taak wat hul op aarde vir Hom moes verrig. So doen Hy dit vandag nog vir elke vrou wat Hy as moeder geroep het om Sy
kinders op te voed. Elke vrou kan met elkeen van hierdie vyf vroue identifiseer want haar taak is nie minder moeilik of minder
verantwoordelik nie. Die boek inspireer die leser en dwing jou terug na die Bybel.
Leserskring word elke laaste Woensdag van die maand om drie uur by Houtkapperlaan 2 gehou .
Leserskring
Die nuwe ontvangsdame met die groen oë en mooi kuiltjies is Amelia Terblanche. Sy is
getroud met Danie Terblanche wat by Wipronet werk en hulle het twee pragtige
seuntjies J P (8) en Vian (4) wat in Kleinfontein CVO is en hulle woon in Dagbreekpark
10 .
Met haar vriendelikheid en hulpvaardigheid is sy „n ware staatmaker in KBK Ontvangs.
Ons hoop sy en Danie deel nog vele vreugdes hier saam met ons op Kleinfontein.
Marietjie Fourie.
Ina was in Patryssingel woonagtig . Sy was 81 toe sy ons op 24 Januarie ontval het. Mens kon
haar altyd deur „n ring trek en die laggie was byderhand.
Sy was „n sagte dierbare mens wat haar swaarkry moedig gedra het.
Mooi van binne en van buite . Die kinders praat van haar “sagte wysheid en stil liefde” .
Wat „n mooi nalatenskap! Aan Fiona sterkte vir die pad vorentoe !
Ons dink aan julle !
Ons “nuwe” ontvangsdame Amelia Terblanche
Bärbel en Andries woon in Patrys singel.
Hulle het geboer op die plaas Zoetfontein in die Bylsteel omgewing ,
Noord van Pietersburg. Bärbel was „n onderwyseres maar het na hulle
huwelik, op die plaas met die beesboerdery gehelp. Sy is baie lief vir tuin-
maak.
Andries het tydens al sy jare in die boerdery ook vyf en twintig jaar as
bemarkingsbeampte by Vleissentraal gewerk. Hy sê hy verstaan nie eint-
lik baie van tuinmakery nie. In sy vrye tyd sit hy liewer sy hand op pa-
pier. Partykeer met kwassies en soms met „n pen.
Hulle sê hulle behoort by Kersfees klaar af- en uitgepak te wees waarna hulle dan weer sal begin aandag gee aan hulle
tydverdryf hier op Kleinfontein.
Ontmoet vir Bärbel en Andries Smit.
Ter nagedagtenis aan Ina Bird
Sorgsentrum bied ‘n opleidingskursus vir gesondheidswerkers aan. Dit is nie ‘n geakkrediteerde kursus nie en kan dus
nie vir verdere opleiding gebruik word nie. Die nut van die kursus is daarin geleë dat persone wat hierdie kursus doen in die
Sorgsentrum kan werk indien daar vakante poste is. Verder kan hierdie studente ook tuisversorging in Kleinfontein se
gemeenskap doen.
Wanneer vind die kursus plaas?...... Elke Donderdag in Februarie en Maart 2015,
met aanvang op 5 Februarie en afsluiting op 26 Maart.
Praktiese opleiding sal op ander dae gereël word.
Tye: Vanaf 8:00 tot 13:00
Plek Wipronet raadsaal.
Koste: R1,500.00 per persoon.
Eksamen word in April afgeneem
08h00— 17h00
08h00— 14h00
Veeartsenykundige Spreekkamers
Veterinary Consulting Rooms
Donkerhoek Konsultasies alleenlik op afspraak Consultations by appointment only