Gaan loer gerus ook op Facebook Kingdom Ambassadors NPC We formed Kingdom Ambassadors with the main objective to help orphaned, abused, neglected and vulnerable children in the Overberg region. Most of the children we work with, come from previously disadvantaged and poor families in rural areas and are greatly affected by substance abuse. Unfortunately the children of these parents are often the victims of neglect. Many of them are exposed to emotional & physical traumas in their homes. We started a children’s village to provide safe and foster care for these children. We started with 4 children in June 2016 and now have over 40 children in our care. Op 8 Desember gaan ons hande vat met paar ander organisasie en vir Kingdom Ambassadors se kinders ‘n pretdag hou! Daar word reeds hotdogs, koeldrank en roomys geborg. Elke kind sal ‘n lekkergoed pakkie op die dag ontvang. Ons as Gemeente gaan sorg dat hierdie kinders elkeen ‘n geskenkie het om oop te maak! Ons kort nog 32 mense om elk net een kind se hartjie bly te maak asseblief. Geskenke moet asseblief 25 November terug wees, sodat die laaste aangekope gedoen word voor die groot dag. Ons is baie dankbaar al die kaartjies is geneem om ‘n dierbare bejaarde se Kersdag ekstra spesiaal te maak. Ons vra wel indien daar mense is wat wil bydrae tot die Kersdag ete vir bejaardes op Kersdag om ons asseblief te kontak. Daar is ongeveer +/- 30 bejaardes. Kontak gerus vir Natasha - 0824635796 Kersboom projek 3 Ons het nog slegs 18 kaartjies om vir hierdie Jongmense te wys ons gee om veral op Kersdag! Indien dit moontlik is help ons groot asseblief om ‘n jongmens se Kersdag ekstra kosbaar te maak. Kersboom projek 4 Elke jaar doen ons net ‘n gee projek vir Kinders, jongmense en bejaardes. Hierdie jaar wil ons geleentheid gee vir ons diere liefhebbers om ook te kan gee. Daar is nog kaartjies oor, jy kan gee net wat op jou hart is. Dit kan kat of honde kos wees, komberse, speelgoed of leibande. Hier is geen perfekte mense in ons gemeente nie. Ons sal jou nie oordeel nie, nie op jou gevoel speel en jou manipuleer nie. Jy kan net jouself wees! “Waar elkeen iemand is” EREDIENS (09:00) TEKS: Rom 12 Kliek hier vir meer inligng oor gemeente werksaamhede: www.ngkerktableview.co.za Onthou asseblief die spesiale Oktobermaand dankoffers. Bring die koeverte kerk toe of doen EFT betalings. Dis ‘n baie belangrike dankoffer want dit help ons om Desember en Januarie ons verplignge na te kom. Help ons dink… Ons gemeente se leuse sê, ons is ‘n gemeente “waar elkeen iemand is”. Dit beteken onder andere, almal is welkom en almal word ingesluit. In ‘n omgewing wat al hoe meer veren- gels moet ons dus vra hoe ons Engelssprekendes gaan verwelkom. Ons kan nie sê, hier by ons is elkeen iemand, maar dan sluit ons mense uit op grond van taal nie. Soos Paulus ook skryf, maak nie saak wie ons is nie, in Christus Jesus is ons almal een (Gal 3: 28). Taal (soos ook ras) mag dus nooit ‘n kwessie wees in die kerk van Christus nie. Daarom doen ons hierdie proefneming met Engelse dienste. Tans is ons Gemeenteraad besig om beplanning te doen vir die toekoms. Hoe ons die En- gelse mense gaan akkomodeer, sonder om Afrikaans in gedrang te bring, is deel van hierdie beplanning. As jy dus enige posiewe bydrae het wat ons kan help hiermee, laat ons asseblief weet. Stuur ‘n email (voor 12 November) na johan- [email protected]. Almal se insee is belangrik en word waardeer. ____________________________________________________ GEBEURE IN DIE WEEK Gemeenteraads vergadering Maandag @18:30 Gemeenskapsete: Maandae @ 18:30 Dames Bybelstudie: Dinsdae @ 10:00 TEKSTE OM DIE WEEK TE LEES MA – DI: RUT 3: 1-5; 4: 13-17 WO – DO: PSALM 127 VRY – SAT: MARKUS 12: 38-44