JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 9 8 – 15 Maart 2019 OUERS: SKOOL- EN KOSHUISGELD: Daar is heelwat ouers wat reeds agterstallig is met hulle kinders se skool- en koshuisgelde. Bring dit asseblief so gou as moontlik op datum. Die eerste oorhandigings, by invorderaars, word reeds in April gedoen. SKOLE SLUIT: Die skool sluit op Vrydag, 15 Maart om 10:00. JAKKIES SPORTDAG: ‘n Groot dankie aan ons Ouerleierkomitee wat met die Jakkies Sportdag baie hard gewerk het om verversings te verskaf. Dankie aan die ander ouers wat hulle gehelp het. Dankie aan ons ouers wat hulle kinders met die dag kom ondersteun het. Baie geluk aan Adéle Lübbe met ‘n uiters suksesvolle en goed georganiseerde Sportdag. SPORT- EN OPVOEDKUNDIGE TOER: Ons wens ons onderwysers en leerders voorspoed toe met die toer na Hartenbos. Ons bid dat die Here julle sal beskerm en bewaar en veilig na ons toe sal terugbring. Geniet dit! BUITEMUURS: Daar sal volgende week geen buitemuurs plaasvind nie. KWARTAALPROGRAM EN BUITEMUURSE ROOSTER: ‘n Voorlopige kwartaalprogram en buitemuurse rooster word by die nuusbrief aangeheg. Dit is ‘n baie besige kwartaal en ouers moet seker maak dat hulle kinders weet hoe laat hulle elke dag buitemuurs het. D6 / NUUSBRIEWE: [AFSKEURSTROKIE] Ouers kan die d6 toepassing (“app”) solank op hulle fone aflaai. Ons gaan stadig maar seker die uitgee van nuusbriewe uitskakel. Dit sal elke week op die toepassing beskikbaar wees, asook op ons webtuiste by www.jakkies.com Ouers wat in besit is van fone wat nie die toepassing kan aflaai nie, moet asseblief vir ons die afskeurstrokie invul. “JAKKIES GOT TALENT”: “Jakkies got talent” vind reeds vroeg in volgende kwartaal plaas en leerders wat wil deelneem, moet solank hulle liedjies regkry. SMS-WEB: Ouers wat nog nie SMS-geld vir die jaar betaal het nie, se skoolgeldrekening is met R60 gedebiteur. Alle ouers moet elke jaar R60 aansluitingsfooi betaal. SWEMBAD: Die swembad word op Saterdag, 9 Maart vir ‘n privaatfunksie uitverhuur. Geen toegang vir enige persoon vir die hele dag. SEÑOR CHEF-PROJEK: [LYS VAN PRODUKTE] Ons skool loods volgende kwartaal die SEÑOR CHEF-PROJEK wat vanaf 17 Mei tot 3 Junie sal duur. Ons sluit ‘n lys van produkte by die nuusbrief in sodat u solank daarna kan kyk.