JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 24 8 – 17 Augustus 2018 OUERS: GRONDSLAGFASE: Graad 1 en 2 verdaag op Woensdag, 15 Augustus om 11:00 en die graad 3-klasse verdaag op Donderdag, 16 Augustus om 11:00 as gevolg van Departementele kursusse wat die leerkragte moet bywoon. REVUE: BAIE STERKTE aan ons Revue-groep wat op Donderdag, 16 Augustus aan die Revue-fees in die Sand du Plessis Teater deelneem. Elke lid van die groep het ‘n finale inligtingsbrief met al die reëlings op ontvang. Juffroue Delene Da Camara, Deandri van Vuuren en Rozanne Meyer vergesel die groep. Maak ons trots! BUITEMUURS: Daar sal op Donderdag, 16 Augustus geen buitemuurs plaasvind nie, aangesien ‘n groot groep leerders Bloemfontein toe gaan. NOORDKAAP KUNSTEFEES - KORE: [AFSKEURSTROKIE] Ons kore (Junior- en Seniorkoor) tree op Maandag, 27 Augustus om 13:00 by Newton Laerskool op. Koorlede moet reeds om 12:30 by die afrigters by Newton wees. Ouers moet asseblief almal die afskeurstrokie invul (Junior- en Seniorkoorlede) sodat hulle vervoer bevestig kan word. Die bus vertrek om 11:30 vanaf die skool. R30 busgeld is vooraf betaalbaar. Drag van Senior koor: Skoollangbroek met wit langmouhemp. Das en windjakker. Hare mooi netjies. Merk asseblief al jou klere. Drag van Junior koor: Skoollangbroek met wit langmouhemp. Geen das. Trek jou windjakker aan en sorg dat dit gemerk is, want julle gaan dit daar uittrek. Onderbaadjies en koordassie word deur die skool voorsien. JAARBLAD 2018: Belangstellendes en instansies het weer die geleentheid om hierdie jaar ‘n advertensie in ons Jaarblad te plaas. Dit is ‘n pragtige kleur glansblad wat oor ons hele distrik versprei word. Dit is werklik die moeite werd om in hierdie blad te adverteer. Kostes is as volg: Volblad: R2000 Halfblad: R1000 Kwartblad: R500 Agsteblad: R250 U is self verantwoordelik om u advertensie te ontwerp of te laat ontwerp. Anica Weideman doen die ontwerp van ons Jaarblad en kan ook u persoonlike advertensie teen ‘n baie billike tarief doen. Kontak haar gerus by: Epos: [email protected]Tel: 0725282365 LEERDERDEELNAME: TENNIS: UITSLAE TEEN FUTURUM: Gemeng 0/13: Wen 5 – 1 Seuns 0/13C: Wen 3 – 0 Seuns 0/13B (2): Wen 5 – 1 Dogters 0/13B: Wen 5 – 1 Seuns 0/11B: Verloor 4 – 2 Dogters 0/11B: Gelykop maar verloor met uittel van spelle 25 - 21 Die volgende tennisspanne speel op Woensdag, 15 Augustus tennisliga teen Douglas op die volgende bane.
6
Embed
JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewTrek jou windjakker aan en sorg dat dit gemerk is, want julle gaan dit daar uittrek. Onderbaadjies en koordassie word deur die skool voorsien.
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Transcript
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOLNUUSBRIEF: 24 8 – 17 Augustus 2018OUERS:GRONDSLAGFASE:Graad 1 en 2 verdaag op Woensdag, 15 Augustus om 11:00 en die graad 3-klasse verdaag op Donderdag, 16 Augustus om11:00 as gevolg van Departementele kursusse wat die leerkragte moet bywoon.
REVUE: BAIE STERKTE aan ons Revue-groep wat op Donderdag, 16 Augustus aan die Revue-fees in die Sand du Plessis Teater deelneem. Elke lid van die groep het ‘n finale inligtingsbrief met al die reëlings op ontvang. Juffroue Delene Da Camara, Deandri van Vuuren en Rozanne Meyer vergesel die groep.Maak ons trots!BUITEMUURS:Daar sal op Donderdag, 16 Augustus geen buitemuurs plaasvind nie, aangesien ‘n groot groep leerders Bloemfontein toe gaan.
NOORDKAAP KUNSTEFEES - KORE: [AFSKEURSTROKIE]Ons kore (Junior- en Seniorkoor) tree op Maandag, 27 Augustus om 13:00 by Newton Laerskool op. Koorlede moet reeds om 12:30 by die afrigters by Newton wees. Ouers moet asseblief almal die afskeurstrokie invul (Junior- en Seniorkoorlede) sodat hulle vervoer bevestig kan word. Die bus vertrek om 11:30 vanaf die skool. R30 busgeld is vooraf betaalbaar.Drag van Senior koor:Skoollangbroek met wit langmouhemp. Das en windjakker. Hare mooi netjies. Merk asseblief al jou klere. Drag van Junior koor:Skoollangbroek met wit langmouhemp. Geen das. Trek jou windjakker aan en sorg dat dit gemerk is, want julle gaan dit daar uittrek. Onderbaadjies en koordassie word deur die skool voorsien.
JAARBLAD 2018:Belangstellendes en instansies het weer die geleentheid om hierdie jaar ‘n advertensie in ons Jaarblad te plaas. Dit is ‘n pragtige kleur glansblad wat oor ons hele distrik versprei word. Dit is werklik die moeite werd om in hierdie blad te adverteer.Kostes is as volg: Volblad: R2000
Halfblad: R1000Kwartblad: R500Agsteblad: R250U is self verantwoordelik om u advertensie te ontwerp of te laat ontwerp.Anica Weideman doen die ontwerp van ons Jaarblad en kan ook u persoonlike advertensie teen ‘n baie billike tarief doen. Kontak haar gerus by: Epos: [email protected] Tel: 0725282365
LEERDERDEELNAME:TENNIS: UITSLAE TEEN FUTURUM:Gemeng 0/13: Wen 5 – 1 Seuns 0/13C: Wen 3 – 0 Seuns 0/13B (2): Wen 5 – 1 Dogters 0/13B: Wen 5 – 1 Seuns 0/11B: Verloor 4 – 2 Dogters 0/11B: Gelykop maar verloor met uittel van spelle 25 - 21Die volgende tennisspanne speel op Woensdag, 15 Augustus tennisliga teen Douglas op die volgende bane. 0/13A en B, seuns en dogters: Landboudal0/11A en B, seuns en dogters: Jacobsdal Primêr0/9A, seuns en dogter: DorpsbaneWedstryde begin om 14:30
INTER AFRICA TENNISTOERNOOI:Sterkte aan die 0/13 seuns en dogters tennisspanne wat aan die toernooi in Bethlehem gaan deelneem.
NOVALS TENNISTOERNOOI: [AFSKEURSTROKIE]Spelers het tot Maandag, 13 Augustus om vir hierdie toernooi in te skryf. Inskryfwingsvorm: By nuusbrief 22 aangehegVul asseblief die afskeurstrokie in om u kind se vervoer te bevestig. Daar sal ‘n bussie ry indien dit die moeite werd is.
SWEM: [AFSKEURSTROKIE]Ouers wat wil hê dat hulle kinders swemafrigting moet ontvang, (skool en klub) moet die afskeurstrokie invul en op Maandag, 13 Augustus na die klasonderwysers terugstuur.Let wel:Ouers vul slegs die onderste gedeelte in as swemmers by NOCASA geaffilieer moet word. Dit is vir swemmers wat Age Group gala’s in
Kimberley wil swem. Ons benodig ouers se eposadresse op die afskeurstrokie sodat inskrywingsvorms vir u gestuur kan word.
LANDLOOP: [AFSKEURSTROKIE]Die Vrystaat Landloopkampioenskappe vind op Saterdag, 18 Augustus in Bloemfontein plaas. Atlete wat aan vier liga’s deelgeneem het, mag inskryf.Ouers moet asseblief die afskeurstrokie invul en op Maandag, 13 Augustus na die klasonderwysers terugstuur. Sorg asseblief vir ‘n kospakkie en sakgeldjie vir u kind. Busgeld van R80 is vooraf betaalbaar.
SKIET:Sterkte aan CJ Oertel en Bekker Schutte wat hierdie naweek aan die SASkietkampioenskappe deelneem. Hou ons naam hoog!
GENIET DIE LANGNAWEEK EN RY VERSIGTIG AS U WEGGAAN.
…………………. Mnr PW TaitSKOOLHOOF
GEBEDSLYS:Oom Giel de Beer
BEKENDSTELLINGSDAG:
Vrydag, 21 September 20189:00 vir 9:30
Indien u weet van ouers wat volgende jaar hulle kinders na ons skool wil stuur, kan u hulle besonderhede aan die
skool verskaf sodat ons vir hulle ‘n uitnodiging na ons Bekendstellingsdag kan stuur.
Vrydag 7 September 2018Jakkies Opwaarts Sentrum het LOSLIT plakkers vir ‘n donasie van R10 beskikbaar, dit is deel van ons jaarlikse fondsinsameling (‘n gedeelte van die
geld kry Jakkies Opwaarts Sentrum vir elke plakker wat verkoop word).
Die Loslit tema vir 2018 is “wees elke dag ‘n Held “
Plakkers is beskikbaar by Jakkies Opwaarts Sentrum of dit kan gekoop word by tannie Maryke
by die boekstoor.
AFSKEURSTROKIE: NOVALS TENNISTOERNOOI (12 & 13 Okt – De Aar)